South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 81

| Noteup | LawCite

S v D (90/86) [1986] ZASCA 81 (26 August 1986)

Download original files

PDF format

RTF format



Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid.   

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)


In die appèl van:

M. D.                                                   appellante

teen
DIE STAAT                                               respondent


Coram: CORBETT, AR, BOSHOFF et NESTADT, Wn. ARR. Datum van verhoor: 22 Mei 1986 Datum van uitspraak: 26 Augustus 1986


UITSPRAAK


CORBETT, AR:

Die appellante, n 25-jarige blanke vrou, het in die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hoogge-regshof tereggestaan op twee aanklagtes, nl.

/ (1) dat......... 2

(1) dat sy J. D., 'n blanke dogter

5 jaar oud ("die oorledene") vermoor het deur-dat sy haar op 23 Februarie 1983 en te of na-by Doornkloof in die distrik Pretoria aange-rand het en haar daardeur sekere wonde, Ietsels of beserings toegedien het as gevolg waarvan sy op 24 Februarie 1983 oorlede is; en

(2) dat sy art. 18(1) gelees met art. 18(5) van die Kinderwet 33 van 1960 oortree het deurdat sy (appellante), synde 'n persoon in wie se be-waring 'n kind, t.w. J. D., was, gedurende die tydperk Oktober 1982 tot 23 Februa-rie 1983 en te Pretoria wederregtelik genoemde kind mishandel het, welke mishandeling waarskyn-lik tot gevolg sou gehad het dat genoemde kind onnodig sou ly of dat enige deel of funksie van

/ haar3

haar gees of liggaam beskadig of nadelig aan-

getas sou word. Die appellante het t.o.v. beide hierdie aanklagtes on-skuldig gepleit. Sy is egter skuldig bevind soos aan-gekla en die hof (THERON R) het bevind dat versagtende omstandighede by die pleging van die moord aanwesig was. Sy is gevonnis tot sewe jaar gevangenisstraf op aanklagte (1) en een jaar gevangenisstraf op aanklagte (2). Dit is gelas dat die twee vonnisse gesamentlik uitgedien word. Verlof om te appelleer na hierdie hof teen beide skuldig-bevinding en vonnis is deur die verhoorregter toegestaan.

Dit blyk uit die getuienis wat aan die verhoor-hof voorgelê is dat ten tyde van die gebeure wat aanlei-ding tot hierdie vervolging gegee het appellante met ene E. D. getroud was. Die egpaar het 'n huis in Doornkloof, Pretoria bewoon. Hulle gesin het bestaan uit drie kinders, nl. die oorledene, wat die kind

/ was.................... 4

was uit 'n vorige huwelik tussen mnr D. en ene M. G., O. F., toe 'n twee-jarige seun, wat gebore is uit die appellante se vorige huwelik met ene O. F., en die egpaar se eie kind, C. D., wat op 19 Junie 1982 gebore is. Ek sal eers handel met die feite wat betrekking het op die moordaanklag.

Volgens die onbetwiste getuienis wat deur die

Staat aangevoer is, was mnr D. op 23 Februarie 1983

soos gewoonlik by sy werk in Johannesburg. Om en by 15h40

het die appellante hom geskakel en gesê dat "iets ver-

skrikliks" gebeur het - die oorledene het van die dubbel-

dekkerbed waarop sy gewoonlik geslaap het, gespring en

haar kop gestamp. Die oorledene het daarna gekla dat sy

"nie lekker voel nie". Mnr D. het die appellante aan-

geraai om indien nodig onmiddellik mediese hulp te kry, en

het ook belowe om so gou moontlik huis toe te kom. Hy is op

die ou end ietwat vertraag en het om l8h30 by die huis

/ aangekom............. 5

aangekom. Hy kry toe vir die oorledene op haar bed. Sy was toegemaak met komberse en die kussing was met 'n handdoek bedek. Die oorledene was bewusteloos en het kreungeluide gemaak. Die appellante het blykbaar tot op daardie stadium geen poging aangewend om mediese hulp te verkry nie. Mnr D. het onmiddellik hulle huis-dokter gebel (maar kon hom nie in die hande kry nie) en vir n ambulans gereel.

Die ambulans het gekom en die oorledene is na die

H.F. Verwoerd Hospitaal vervoer. Sy is om en by 19h00 in

die hospitaal opgeneem. Volgens dr Slabbert wat haar be-

handel het, was sy by opname komateus en het aanhoudende

regssydige konvulsies, d.w.s. van haar regterarm en regter-

been, gekry. Daar was veelvoudige kneuswonde aan haar kop

en op haar gesig en liggaam.                               Sy is by die in-

tensiewe sorgeenheid opgeneem en ten spyte van die behandeling

wat toegedien is, het sy op 24 Februarie aan haar beserings

beswyk.

/ Die.............. ó

Die lykskouing is dieselfde dag deur prof J D

Loubser waargeneem. Volgens sy verslag, wat hy in die

getuiebank beaam het, was sy vernaamste lykskouingbevinding:

"'n Wit dogtertjie met 'n beseringsbeeld wat by makroskopiese ondersoek sugges-tief is van repetitiewe gerigte geweld".

Na 'n mikroskopiese ondersoek deur die Instituut vir Patalogie

het hy die oorsaak van dood soos volg bevind:

"Veelvuldige beserings met terminale brongopneumonie".

Die lys van uitwendige en inwendige beserings neem etlike

bladsye van die lykskouingsverslag in beslag. Die uit-

wendige beserings bevat 'n menigte kneusmerke en skaafwonde

wat oor die hele liggaam versprei is. Wat inwendige

beserings betref, het prof Loubser o.a. bevind dat in die

skedelgebied daar uitgebreide onderkopvelkneusing aan die

regterkant was wat oorgestrek het na die agterhoofsgebied;

dat daar aan beide kante van die brein bloeding in die sub-

durale ruimte was; dat daar diffuse swelling van die

/ brein........... 7

brein was met afplatting van die windinge en verspreide

areas van bloeding tussen die sagte breinvlies en die

brein self (subaragnoïedale bloeding); dat daar sub-

aragnoïedale bloeding in verband met die cerebellum was;

dat die longe areas van kollaps getoon het en dat daar

ook tekens van ingeasemde bloed was (die longe het ook

tekens van brongopneumonie getoon); dat die hartsak ge-

kneus was; dat die vrye buikholte 'n hoeveelheid gestolde

bloed bevat het wat afkomstig was van 'n skeur in die derm-

vlies van die dikderm; dat die lewer ook 'n area van kneus-

ing getoon het; dat die regter bynier beseer is; dat

beide niere gekneus was.

Prof Loubser het die mening uitgespreek dat

nie een van hierdie verskeidenheid van beserings met

groot geweld toegedien was nie. Hy het bygevoeg:

"Trouens, die distribusiepatroon en
die aard van die inwendige beserings
laat my vermoed dat die inwerking,
hoewel dit algemeen beskryf kan word
as punttreffende stomp geweld en wat
/ die................................ 8

die borskas en buikorgane betref as same-persende geweld, is die implikasie daarvan in 'n kind van vyf jaar dat byvoorbeeld nie die volle gewig van 'n volwasse persoon toe-gepas word of die volle krag van 'n volwasse persoon toegepas word om die onderskeie let-sels wat wel gevind was, te vooroorsaak nie."

Hy is verder gevra:

"Sou u sê dat daardie beserings moontlik almal met 'n plathand toegedien kon gewees

het of sou u dit uitskakel?-- ........... Nee

ek sal dit uitskakel."

Die brongopneumonie waarvan hy tekens gevind het, was "'n

finale dodelike teenwoordigheid, maar geensins die primêre

mediese oorsaak van dood nie". Die primêre mediese oor-

saak van dood was die kumulatiewe effek van die veelvuldige

inwendige beserings.

Hoewel die appellante aanvanklik beweer het dat die oorledene se beserings te wyte was aan 'n ongeluk (nl. dat sy geval het toe sy van haar bed afgespring het) en hoewel sy by die hospitaal met hierdie storie volgehou het, is dit nou gemene saak dat die beserings waaraan die

/ oorledene............. 9

oorledene beswyk het deur appellante toegedien is.

By die verhoor is 'n verklaring ingevolge art. 115 van

die Strafproseswet namens appellante aan die hof voorge-

lê, waarin die volgende verwere uiteengesit word:

"Die beskuldigde het gedurende die dag van 23 Februarie 1983 en aan haar huis te Doornkloof in die distrik van Pretoria vir die oorledene, J. D., die vyfjarige dogtertjie van haar eggenoot, E. D., basiese lessies gegee en gepoog om haar sogenaamd 'skoolryp' te maak. Gedurende die poging van die beskuldigde het sy haar humeur verloor weens die onvermoe van die oorledene om te vorder, waarop sy die oorledene 'n paar keer met die plathand teen die kop geklap het. Hierdie houe deur die beskuldigde kon nie die dood van die oorledene ver-oorsaak het nie. In die alternatief het die beskuldigde nie subjektief voorsien dat dit die dood van die oorledene kon veroorsaak nie,en in die verdere alter-natief sou n redelike mens nie voorsien het dat die houe deur die beskuldigde die dood van die oorledene kon veroor-saak het nie. Die beskuldigde is nie bewus daarvan dat sy verantwoordelik was vir die wonde en beserings wat met n lykskouing aan die oorledene gevind is nie. Indien die Agbare Hof sou bevind dat die beskuldigde fisies wel vir die

/ beserings........ 10

beserings aan die oorledene verantwoorde-lik was dan het die beskuldigde in 'n toe-stand van amnesie of outomatisme gehandel en is nie regtens vir haar dade verant-woordelik nie. Gedurende enige tydperk voorafgaande die dag van 23 Februarie 1983 het die beskuldigde die oorledene slegs,indien nodig matige lyfstraf toege-dien. Indien getuienis na vore kom dat sodanige lyfstraf op een of meer ge-leenthede op 'n oormatige wyse toegedien is,dan is die beskuldigde nie van sodanige geleenthede bewus nie en nie regtens daar-voor verantwoordelik nie. Die beskul-digde stem toe dat feite wat nie deur haar pleit in geskil geplaas is nie as erkennings ingevolge artikel 220 van Wet Nr. 51 van 1977 aangeteken word en dit is op hierdie dag geteken deur die beskuldigde."

Soos uit hierdie uiteensetting blyk, was appellante se hoofverweer dat sy "in 'n toestand van am-nesie of outomatisme" gehandel het. Dat 'n persoon moont-lik om een of ander rede in 'n toestand van outomatisme kan optree en derhalwe nie toerekeningsvatbaar sal wees t.o.v. 'n handeling wat in dié toestand verrig word nie, word deur ons reg aanvaar (sien S v Chretien 1981 (1) SA 1097 (A) ).

/ Amnesie............... 11

Amnesie aan die ander kant beteken slegs die onvermoë om 'n handeling in die verlede te onthou. Maar die blote feit dat 'n persoon nie kan onthou wat hy in die verlede gedoen het nie, lei nie noodwendig tot die slotsom dat hy toe soos 'n outomaat gehandel het nie (sien Chretien se saak, supra, bl. 1108 C-D). Indien egter die betrokke persoon inderdaad soos 'n outomaat opgetree het, sal hy later sy optrede geen-sins in herinnering kan bring nie want, soos blyk uit die des-kundige getuienis voor die hof, om later 'n geheue te kan hê moet 'n mens bewus wees van wat hy nou doen. Amnesie is dus nie 'n selfstandige verweer nie: dit is slegs 'n simptoom, en 'n onontbeerlike simptoom, van outomatisme.

Die verhoorregter het appellante se verweer van

outomatisme verwerp en het bevind dat

".... sy wel kon onthou het en dat sy

geweet het dat sy die oorledene aange-rand het tot die mate wat die genees-heer beskryf het."

Op appél het appellante se advokaat hierdie bevinding aangeveg.

/ Hy.................... 12

Hy het aangevoer dat die appellante tydens die voorval toe die oorledene beseer is, in 'n staat van outomatisme verval het wat sy oorsprong gehad het in 'n toestand van reaktiewe hipoglukemie, hiperventilasie of persoonlikheids-gebreke of die kumulatiewe effek van al drie bovermelde toestande. Hy het toegegee dat bovermelde toestande dui op patologiese geestesversteurings wat binne die be-tekenis van 'n geestesongesteldheid of geestesgebrek tuis-gebring kan word; en dat die bewyslas om outomatisme op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys derhalwe op die appellante rus.

M.i. kan daar nie met die verhoorregter se verwerping van hierdie verweer fout gevind word nie. Appellante is op 24 Februarie 1983 gearresteer. Sy het die volgende dag voor 'n landdros verskyn wat haar inge-volge art. 77(1) en 78(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 na Weskoppies Hospitaal vir observasie verwys het.

/ Sy.................... 13

Sy was vir meer as twee maande te Weskoppies aangehou.

Gedurende daardie tydperk is sy deeglik ondersoek.

Die observasie het bestaan uit waarneming in die saal,

kliniese onderhoude, fisiese ondersoek, X-strale, EEG

(elektroencephalogram) toetse, bloedtoetse, psigometrie

en 'n sosiale verslag. In 'n gesamentlikeverslag het die

twee psigiaters wat haar ondersoek het, t.w. dr J P Verster

en dr C le Roux, soos volg bevind:

"Geen tekens van geestesversteuring is in die saal of tydens kliniese onderhoude waargeneem nie. Dit was wel duidelik uit waarneming en geskiedenis dat die pasiënt aan 'n persoonlikheidsversteuring van ge-mengde aard en van 'n matige graad ly, met onder andere die volgende trekke: emosioneel onvolwasse, afhanklik, obsessief-kompulsief, histrionies, lae frustrasietoleransie, ensovoorts. Span-ning was deurgaans n probleem en het ver-al gemanifesteer deur oormatige sweet en hiperventilasie".

Toetse het n geringe graad van reaktiewe hipoglukemie

getoon. Psigometriese toetse het getoon dat sy 'n boge-

middelde intelligensie het. Die psigiatriese diagnose was

/ dat.............. 14

dat appellant nie geestesversteurd was nie maar dat sy

aan 'n gemengde persoonlikheidsversteuring van 'n matige

graad gely het. Sy was in staat om hofverrigtinge te

volg en sinvol tot haar eie verdediging by te dra.

Die verslag eindig met hierdie bevinding:

"Ten tyde van die misdaad was sy nie deur geestesversteuring sodanig beïnvloed dat sy nie die ongeoorloofdheid van haar daad kon besef of haar daarvan kon weer-hou het nie, maar die pasiënt se persoon-likheidsversteuring, die spanning waar-onder sy verkeer het en die moontlike gevolge van hiperventilasie en reaktiewe hipoglukemie behoort in ag geneem te word."

Beide drr Verster en Le Roux het getuienis afgelê. Hulle het met hul gesamentlike verslag volgehou. Beide van hulle het die mening uitgespreek dat dit on-waarskynlik is dat appellante in 'n toestand van outomatisme sou verkeer het toe die aanranding op die oorledene plaas-gevind het. Hulle beredenering was kortliks soos volg: indien n toestand van outomatisme werklik bestaan het,

/ sou.................... 15

sou die appellante aan volkome amnesie gely het wat die ge-

beure ten tyde van die staat van outomatisme betref; maar

inderdaad kon sy wel sekere gebeure onthou; derhalwe

is dit onwaarskynlik dat sy soos n outomaat opgetree het.

Dr Verster veral het getuig dat die verweer van amnesie

nie tydens die observasietydperk deur appellante self na

vore gebring is nie; en met die verskillende onderhoude

het die gedeeltes wat sy goed kon onthou mettertyd meer

en meer na vore gekom. Om sy punt te illustreer het

dr Verster verwys na notas wat hy ten tyde van die verskil-

lende onderhoude met die appellante gemaak het. Ek sal

slegs na die eerste een (op 25 Februarie gemaak) en laaste

een (waarskynlik in April gemaak) verwys. Op die eerste

geleentheid het appellante slegs gesê:

"Ek het my selfbeheersing verloor. Ek het haar geslaan en kan onthou dat ek haar geskop het. Van die moment wat dit gebeur het tot sy bewusteloos geraak het, kan ek vaagweg niks onthou nie."

/Dr Verster........... 16

sy nota oor Dr Verster se getuienis i.v.m./die laaste onderhoud lui

soos volg:

"Toe kom ons weer oor die dag van die

gebeure, toe sê sy:

'Daardie oggend het ek vroeg-vroeg al met my huiswerk begin. Daar was baie te doen en was ek taamlik gespanne. Soos ek nou kan onthou was ek nie kwaad of iets in daardie lyn nie. Dit was 'n dag soos baie dae al vantevore al was. Nooit sou ek kon droom dat so 'n verskriklike ding sou ge-beur nie. Ek weet nie hoe laat dit was wat ek na J. toe gegaan het nie. Dit moes laterig gewees het, want ons eet gewoonlik tussen 12h00 en 13h00 en daardie middag het ons nog nie geëet nie en het ek gedink ons eet weer laat vanmiddag toe ek na die kinders se kamer toe is. O. het buite gespeel en C. was in haar kot in ons kamer. Al was ek alreeds die vorige aand besig met J. weet ek vandag nie hoekom ek weer na haar toe moes gaan nie. Ek het kalm weer alles met haar oorgegaan.'

Dit is basies die syfers en letters wat sy haar leer en laat skryf het.

'Maar kon sy net nie enige begrip toon wat ek by haar wou tuisbring nie. Ek kon nie verstaan hoekom sy nie kon snap nie. Ek onthou dat ek algaande meer en meer ontsteld geraak het. Dit was asof daar 'n bose swart gees oor my gekom het en was dit asof ek in 'n ander mens verander het. Ek onthou dat ek haar herhaaldelik met my plathand

/ teen................... 17

teen die kop geslaan het en haar terself-dertyd gevra het "Verstaan jy dan nie wat ek jou leer nie?" Dit is onmoontlik om te beskryf hoe ek op daardie stadium gevoel het. Ek onthou dat sy 'n keer op die grond gelê het en dat ek haar toe geskop het. Dit staan nie vir my duidelik uit nie, maar ek moes haar seker hardhandig hanteer het, want waar kom sy aan al die kneus-plekke?'

Nou dit is die eerste keer wat sy dus noem dat sy bewus was van die kneusplekke op die kind. Reg in die begin was sy net bewus van 'n merk oor die een oog.

'Hoe lank ek met haar besig was weet ek

nie. Ek weet net dit was om en by 14h30 wat

ek vir die kinders kos gegee het. Daarna

was ek weer met J. in die kamer, maar

onthou ek nie hoe laat dit was nie wat ek

weer daarheen is nie. Ek kan nou glad nie

onthou of C. ooit van haar laat hoor

het nie. Ek het weer alles oor en oor

met J. gegaan en was dit nog steeds asof

ek self nie daar is nie. O. was een of

twee keer in en uit, maar dit is vir my

half vaag. Ek het haar weer teen die kop

geslaan, maar soos ek hier sit kan ek glad

nie onthou of die toneel - kan ek gladnie ont-

hou of die toneel konstrueer nie, so half

asof dit nie gebeur het nie. Dit is vir

my duidelik toe sy skielik inmekaar gesak het

en nie gereageer het toe ek met haar gepraat

het nie.... ' - dit is vir haar duidelik

/ 'Ek................... 18

'Ek onthou dat ek herhaaldelik na haar geroep het. Ek het geweldig geskrik. Ek moes toe seker 'n waslap en water in die badkamer gaan haal het, want ek het in die spieël gekyk en gesien hoe bleek ek is. Dit was toe dat ek gesê het: "O Here, wat het ek gedoen?" Ek het haar gesig afgevee en haar 'n bietjie wa-ter gegee. Haar oë was toe, maar ek het gesien hoe sy sluk. Ek het haar gevra of sy my kan hoor en toe het sy gesê "Ja tannie". Ek het dadelik my man gaan bel en vir hom gesê iets het gebeur, hy moet dadelik huis toe kom."

Dr Verster verklaar verder:

"Die idee wat ek gekry het, is dat sy weet wat sy gedoen het en sy wou dit probeer verdoesel het."

Hy het ook getuig dat sy kliniese indruk was dat die

appellante nie die volle waarheid praat nie; dat sy waar-

skynlik nog meer kon onthou as wat sy aan hulle gesê het.

Aanvanklik het hy die indruk gekry dat iemand appellante

aangeraai het om stil te bly; later het sy inderdaad

bevestig dat sy inligting teruggehou het.

/ By..................... 19

By die verhoor het appellante getuienis afgelê. Wat die gebeure op 23 Februarie betref, het sy in hoof-getuienis gesê dat sy onthou dat sy oorledene begin leer het; dat sy oorledene n paar keer hard teen die kop met die plathand geslaan het; dat sy vaagweg kan ont-hou dat sy na die horlosie gekyk het en dat dit toe onge-veer 14h30 was; dat oorledene op n stadium bewusteloos op die eetkamervloer gelê het; dat sy haar man om en by 15h30 geskakel het; dat sy net voor dit badkamer toe gegaan het, in die spieël gekyk en gesien het hoe bleek sy lyk. Sy het haarself toe gevra, "Wat het jy nou gedoen?" Sy het bevestig dat sy haar man vertel het dat oorledene be-seer is toe sy van die bed afgespring het. Van die gebeure die namiddag kon sy verder niks onthou nie.

Die verhoorregter het bevind dat appellante 'n "geleentheidsgeheue" het en hy het haar getuienis ver-

/ werp........... 20

werp. Ek gaan daarmee akkoord. Onder kruisondervraging het sy baie sleg gevaar. Sy het bv. herhaaldelik be-weer dat sy nie kan onthou dat sy die oorledene geskop het nie. Hierdie bewering, wat klaarblyklik bedoel is om aan die skyn van geheueverlies gestalte te gee, kon net nie versoen word met appellante se mededelings aan die psigiaters tydens haar aanhouding in Weskoppies Hospitaal nie. Dit kan ook nie versoen word met 'n skriftelike verklaring wat appellante op 24 Februarie aan kol. Smit van die Suid-Afrikaanse Polisie gemaak het nie; en ook nie met nog 'n skriftelike verklaring wat sy voor landdros Van Eck afgelê het nie. Appellante se verklaring dat nadat sy die lykskouingsverslag gelees het, sy besef het dat sy n verduideliking moet gee van al die beserings wat die oorledene opgedoen het, gaan eenvoudig nie op nie. Sy kon ook nie verduidelik waarom sy in haar vorige ver-klarings melding gemaak het van twee afsonderlike aan-randings nie. Soos sy keer op keer reageer het wanneer

/ sy.................... 21

sy deur die kruisondervraer in 'n hoek gejaag is, het sy

net maar/geantwoord: "Ek kan dit nie verklaar nie". Trouens,

haar getuienis onder kruisondervraging is deurspek met ant-

woorde soos "Ek kan dit nie onthou nie", "Ek kan nie daarop

antwoord nie", "Ek kan dit nie verklaar nie". Haar getuie-

nis was onsamehangend en vol teenstrydighede. Hier is 'n

voorbeeld daarvan:

"Was die houe harde houe gewees waar-mee u haar geklap het?-- Ek sou sê dit was hard gewees.

Onthou u dit, dat dit harde houe was?--Ek kan nie spesifiek onthou dat dit hard was nie.

Nou hoekom sê u dan dit is harde houe as u dit nie spesifiek kan onthou nie?--Ek kan werklik nie vir u dit verklaar nie.

Ja, maar u sê dit was harde houe gewees?-- Ek sal sê dit was, ja."

Daar moet ook in aanmerking geneem word dat (i) appellante

'n onware weergawe van die gebeure op 23 Februarie aan

haar man, aan die dokter by die hospitaal en aanvanklik

aan die polisie gegee het: (ii) dat sy voorheen nie

/ geskroom ............. 22

geskroom het om onware verduidelikings te gee ten aansien van kneusplekke en ander beserings op die oorledene se liggaam nie; en (iii) dat sy nie vir majoor Brits (die eerste polisie-offissier wat 'n onderhoud met haar gevoer het) gesê het dat sy aan geheueverlies ly nie.

Ten slotte wil ek verwys na 'n ooreenkoms tussen

die Staat en die verdediging wat na afloop van die getuienis

en nadat appellante verdere toetse ondergaan het, op rekord

geplaas is. Dit lui soos volg:

"Die Staat en Verdediging plaas by oor-eenkoms op rekord dat, na samesprekings tussen regsverteenwoordigers en medici betrokke, die volgende gemeensaak is:

a.   Die pas afgelope mediese toetse korrek
gedoen is.

b.   Hierdie gemelde mediese toetse geen
beeld van chroniese hiperventilasie
en hipoglukemie vertoon het nie.

c.   Dat gedurende die volle tyd van waar-
neming te Weskoppieshospitaal tog aan-
duidings van hiperventilasie was by tye.

d.   Dit moontlik is dat die beskuldigde
ten tyde van die voorval n mate van
hiperventilasie ervaar het. Dit,
tesame met lae frustrasie drempel

/ en.......... 23

en ander persoonlikheidsafwykings reeds op rekord, kan beslis n hoë prikkelbaarheid veroorsaak het wat 'n moontlike invloed op beskuldigde se oordeelsvermoë op tydstip van misdaad kon gehad het.

e. Die chroniese hiperventilasie en reak-tiewe hipoglukemie is nie per se ver-antwoordelik vir die gedragspatroon van die beskuldigde nie. Ter stawing word 'n verslag gedateer 18 Junie 1984 deur prof. R J van Rooyen en prof. P R Bartel (wat die interpretasie van die EEG gedoen het) ingehandig."

Die verdediging se poging om 'n mediese oorsaak vir appel-

lante se beweerde amnesie/staat van outomatisme daar te

stel, word m.i. geheel en al deur hierdie ooreenkoms gekelder.

Om hierdie redes is ek oortuig dat daar op appel-lante se getuienis t.o.v. amnesie geensins peil getrek kan word nie. Ek beskou hierdie getuienis as uiters onbetrou-baar. Die verweer dat appellante weens outomatisme ontoe-rekeningsvatbaar is, kan dus nie slaag nie. 5y was ver-antwoordelik vir haar optrede en moet op daardie grond-slag behandel word.

/ Wat ................. 25

en desnieteenstaande roekeloos met die aanval voortgegaan het nie. Die mediese getuienis bewys, m.i., dat appel-lante die oorledene op 'n wrede wyse aangerand het. Dit kan aanvaar word dat appellante die oorledene geslaan en geskop het. Ernstige uitwendige en inwendige beserings is toegedien. Deel van die aanranding het blykbaar ge-skied toe oorledene weerloos op die grond gelê het. Daar was twee afsonderlike aanrandings. Volgens prof. Loubser het die aanranding, gedagtig aan die beserings wat die oor-ledene opgedoen het, korter as a halfuur, maar sekerlik langer as drie minute, geduur. Hy meld ook die moontlikheid dat die oorledene vroeg in die proses bewusteloos kon ge-word het. Alles inaggenome, is ek nie oortuig dat die verhoorregter tot 'n verkeerde slotsom t.o.v. opset gekom het nie. Die appél teen die skuldigbevinding aan moord moet dus afgewys word.

/ Wat................... 26

Wat aanklagte 2 betref, was daar voldoende bewys dat appellante die oorledene op vyf vroeëre geleenthede wederregtelik aangerand het. Daar was n powere poging om 'n verweer van outomatisme t.o.v. hierdie aanrandings op te werp. Die poging het, m.i., volkome misluk. Appellant se advokaat het toegegee dat indien die verweer van outoma-tisme nie gehandhaaf word nie, die verhoorhof se bevinding korrek sou wees.

Met betrekking tot vonnis het appellant se advo-kaat aan die hand gedoen dat 'n gevangenisstraf van sewe jaar skokkend onvanpas was. Dit moet geredelik toegegee word dat as die appellante se agtergrondsgeskiedehis en haar persoonlikheidsgebreke in ag geneem word, sy heelwat versagting van vonnis verdien. Maar dit moet saam met die erns van die misdaad (en dit is 'n baie ernstige mis- daad) en die belange van die gemeenskap in die weegskaal geplaas word. Na oorweging van al die omstandighede

/ is.................... 27

is ek van mening dat sewe jaar gevangenisstraf inderdaad 'n gepaste vonnis is. Die appél teen vonnis kan dus ook nie slaag nie.

Die appèl word afgewys.

M M CORBETT

BOSHOFF Wr. AR)

NESTADT Wr. AR) STEM SAAM.