South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 85
| Noteup
| LawCite
Santam Versekeringsmaatskappy Bpk. v Swart (90/86) [1986] ZASCA 85 (1 September 1986)
Download original files |
90/86
N v H
SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK en
B J P SWART
SMALBERGER, AR:-
90/86
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Appellant
en
BAREND JACOBUS PETRUS SWART Respondent
CORAM: VILJOEN, JACOBS, et SMALBERGER, ARR
VERHOORDATUM: 20
AUGUSTUS 1987
LEWERINGSDATUM: 1 SEPTEMBER 1987
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Op 12 Mei 1982 het daar 'n botsing op die
Buffelsdrift/Sentrumpad
plaasgevind toe 'n bakkie bestuur
deur die respondent agter teen 'n
stilstaande vragmotor en
sleepwa /
2 sleepwa vasgery het. Laasgenoemde voertuig was deur die
appellant verseker kragtens die bepalings van die Wet op Verpligte
Motorvoertuigversekering
No 56 van 1972 (die ver= sekerde voertuig).
Voortspruitend uit beserings deur hom in die botsing opgedoen, het die
respondent (as
eiser) 'n eis om skadevergoeding teen die appellant (as
verweerder) in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel. By die verhoor
was
alleenlik die meriete van die respondent se eis in geskil aangesien daar vooraf
deur die partye op die kwantum van sy skade ooreengekom
is. Die verhoorregter
(HARTZENBERG, R) het bevind dat die bestuurder van die versekerde voertuig sowel
as die respondent nalatig
was met betrekking tot die botsing en hulle onderskeie
grade van nalatigheid op 70% en 30% bepaal.
Gevolglik /
3 Gevolglik het hy die respondent se ooreengekome skade met
30% verminder, en hom skadevergoeding in die bedrag van R57 999-20 toegeken.
Met
verlof van die verhoorregter kom die appellant nou in hoër beroep na
hierdie Hof. Die uitspraak van die hof a quo is gerapporteer in 1986(2)
SA 377 (T).
Die botsing het skuins na 11 uur die oggend op 'n sonskyn en betreklike windstille dag plaasgevind. Die betrokke pad het 'n los gruis oppervlakte. Dit is gemene saak dat die pad by die ongelukstoneel 14.8 meters breed, reguit en vir alle praktiese doeleindes gelyk is. Insgelyks is dit gemene saak dat die versekerde voertuig ten tyde van die botsing stilstaande was en dat dit, onmiddellik voordat dit tot stil= stand gekom het, in dieselfde rigting as die respondent se
voertuig /
4
voertuig beweeg het. Die getuienis regverdig die afleiding dat die versekerde voertuig min of meer in die middel van die linkerkantste helfte van die pad gestaan het.
Die omstandighede wat die botsing onmiddellik voor= afgegaan het, en wat daartoe aanleiding gegee het, word op bl 379 G - J van die gerapporteerde uitspraak uiteengesit. Gerieflikheidshalwe word dit hierin herhaal.
"Volgens die eiser se getuienis was hy die oggend op pad na Sentrum met sy Peugeot bakkie. Daar was vier Swart vrouens agterop die bakkie wat vir sy werkers inkopies wou doen. Omtrent vyf kilometer noord-wes van die punt van botsing sluit die Cumber= land pad by die Buffelsdrift/Sentrum pad aan. Daardie aansluiting word deur 'n toegeeteken beheer. Toe hy die aansluiting nader, was daar op die Buffels= drift/Sentrum pad 'n beesvragmotor met sleepwa en hy het toegelaat dat die vragmotor voor hom in die pad inval. Hy het vir ongeveer vyf kilometer agter
hierdie /
5
hierdie vragmotor gery. Volgens hom het hy op so 'n afstand gery dat die stof hom nie meer gepla het nie en dat hy 'n redelike afstand voor hom kon sien. Hy sê egter dat die stof somtyds vlagies gemaak het wat 'n bietjie dikker was en dat ofskoon jy nog daardeur kon sien hy dan in die stof gery het en nie, soos hy vir die grootste deel van die vyf kilo= meter, agter die stof gery het nie. Volgens hom het hy op 'n afstand van ongeveer 35 meter skielik die obstruksie voor hom in die pad opgemerk. Hy het gerem en probeer draai maar het nie daarin geslaag nie en die bakkie het agterin die sleepwa ingeskuif.
Volgens hom (die eiser) was die versekerde voertuig vol stof aan die
agterkant en was die chevrons nie sigbaar nie. Ook die agterligte
was bedek met
stof. Hy beweer dat ás die voertuig beweeg het hy dit sou gesien het maar
omdat dit stilstaande was en dieselfde
kleur as die stof gehad het, hy dit nie
kon sien nie."
Geen getuienis is namens die appellant aangebied nie. Die
getuienis van die respondent en sy getuies is tereg deur die verhoorregter
aanvaar. Aangesien daar geen bewering of getuienis was dat die versekerde
voertuig onklaar geraak het nie, is daar blykbaar niks
wat die bestuurder
daarvan verhoed het om meer na links op die padoppervlakte stil te gehou het
nie. Hy kon
desnoods /
6 desnoods gedeeltelik of heeltemal van die padoppervlakte
afge= trek het, te oordeel na die getuienis en die foto's van die omgewing
wat
as bewysstukke ingedien is. Al het die verseker= de voertuig onklaar geraak en
nie geskuif kon word nie het die bestuurder daarvan
klaarblyklik geen
voorsorgmaatreëls getref nie om enige gevaarsituasie wat daardeur geskep
is, die hoof te bied.
Die vraag wat beide by die verhoor en op appèl ontstaan het, is of die bestuurder van die versekerde voertuig nalatig was en, indien wel, tot welke mate sy nalatigheid tot die botsing bygedra het. Die vraag of die bestuurder nalatig was al dan nie moet beantwoord word aan die hand van die alge= mene nalatigheidskriterium soos in hierdie Hof geformuleer in
Kruger /
7 Kruger v Coetzee 1966(2) SA 428 (A) op 430 E,
en gedagtig aan
die beginsel wat herhaaldelik beklemtoon is dat
"(E)ach case in which it is said that a motorist is negligent must be decided on its own facts. Negli= gence can only be attributed by examining the facts of each case. Moreover, one does not draw inferences of negligence on a piecemeal approach. One must con= sider the totality of the facts and then decide whether the driver has exercised the standard of conduct which the law reguires. The standard of care so required is that which a reasonable man would exercise in the circumstances and that degree of care will vary according to the circumstances. In all cases the question is whether the driver should reasonably in all the circumstances have foreseen the possibility of a collision."
(per GALGUT, Wn AR in Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd v Mtkombeni 1979(3) SA 967 (A) op 972 A - D.)
Waar 'n voertuig op 'n ope pad op die ryoppervlakte stilhou d w s op daardie
deel van die padoppervlakte waaroor ander
verkeer gewoonweg beweeg, en
sodoende 'n hindernis veroorsaak, kan
dit /
8
dit, afhangende van die omstandighede, 'n gevaar vir ander
padgebruikers
skep. Behalwe in uitsonderlike gevalle (vgl Von Wielligh v
Protea Verse=
keringsmaatskappy Bpk 1985(4) SA 293 (K)) sou daar
nouliks bevind kon word
dat 'n bestuurder wat helder oordag op so 'n wyse
stilhou op 'n reguit, gelyk,
stoflose pad nalatig is. (Vgl Du Toit v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk
1975(3) SA 523 (0).) Waar daar egter so stilgehou word, onder meer, om
'n
draai, of net onderkant die kruin van 'n heuwel, of in die nag, of in
omstan=
dighede van belemmerde of swak uitsig, sou dit waarskynlik (weereens
afhangende
van die omstandighede) wesenlike gevaar vir ander padgebruikers
inhou, en sou
'n diligens paterfamilias sodanige gevaar voorsien en
daarteen waak. Versuim
om in so 'n geval redelike stappe te doen om daarteen te waak sou op nalatigheid
neerkom. (Vgl Grobbelaar v Federated Employers Insurance Co Ltd en 'n Ander 1974(2) SA 225 (A); Nkuta v Santam Assuransie Maatskappy Bpk 1975(4) SA 848 (A).) Redelike voorsienbaarheid aan die kant
van 'n motoris wat op die ryoppervlakte stilhou dat sy optrede
skade /
9 skade aan 'n ander kan berokken, is nie beperk tot onmiddellike
aankomende of agtervolgende verkeer nie maar strek ook, afhang=
ende van
die omstandighede en onderhewig aan die beperkings ge=
stel deur die
oorsaaklikheidsleer, tot ander padgebruikers.
Met die oog op die voorafgaande is ek dit volkome
eens met die bevinding
van die verhoorregter op bl 383 B - E
van die gerapporteerde uitspraak.
Gerieflikheidshalwe haal
ek dit aan:
"In my oordeel sou 'n redelike man voorsien het dat daar gelyktydig verskeie voertuie op die pad kan wees en dat, vanweë die feit dat die pad 'n grondpad is, voertuie stof sou opskop en so die uitsig van ander verkeer kon belemmer. Hy sou verder voorsien het dat onder sulke omstandighede bestuurders soms te naby aan ander voertuie ry, of weens onagsaamheid of weens die feit dat hulle by ander voertuie verby wil gaan, wetende dat dit onveilig is maar waar dit onprakties is om bv vir kilometers agter 'n stadig= bewegende vragmotor te ry. Hy sou verder voorsien
het dat /
10
het dat sy voertuig in 'n stofwolk moeilik sigbaar sou wees vanweë die stof daarop. In my oordeel sou die redelike man besef het dat deur die voertuig op die kruin van die pad in 'n stilstaande posisie te laat, potensiële gevaar vir ander padgebruikers inhou. Hy sou daarteen gewaak het, of deur heelte= mal van die pad af te trek en op die skouer te parkeer of indien dit om een of ander rede nie moont= lik was nie, soos bv omdat die vragmotor nie kon beweeg nie, deur voorsorgmaatreëls te tref deur driehoeke uit te sit of desnoods aankomende verkeer persoonlik te waarsku of deur iemand anders te laat waarsku."
Namens die appellant is daar aangevoer dat die
respondent se optrede
roekeloos of grof nalatig was en dat die
bestuurder van die versekerde
voertuig nie redelikerwys verwag
kon word om teen sulke gedrag te waak nie.
(Vgl Griffiths v
Netherlands Insurance Co of SA Ltd 1976(4) SA
691 (A) op 697
B - C.) Ofskoon, soos deur die verhoorregter bevind, die
respondent /
11
respondent in 'n mate nalatig was met betrekking tot die botsing kan daar geen sprake van roekeloosheid of growwe nala= tigheid aan sy kant wees nie. Inteendeel gee sy getuienis die indruk dat hy deurgaans op verantwoordelike wyse opgetree het behalwe dat hy te naby agter die stofwolk gery het en sodoende veroorsaak het dat sy uitsig belemmer is asook sy kanse om enige gevaar wat voor of in die stofwolk sou skuil, te vermy. Sy optrede is heeltemal te onderskei van dié van die bestuurders in sake soos Wilson v MacKay and Another 1962(3) SA 291 (FSC), R v Times 1941 EDL 38 en Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd v Mtkombeni (supra) waarna ons verwys is. Daar bestaan gevolglik geen grondige basis vir inmenging met die verhoorregter se bevinding dat die bestuurder van die versekerde voertuig
nalatig /
12
nalatig was nie.
Namens die appellant is daar ook betoog dat die
grade van nalatigheid van
die bestuurder van die versekerde
voertuig en die respondent onderskeidelik
te hoog en te laag
deur die verhoorregter aangeslaan is. Die vraag of die
ver=
hoorregter 'n onjuiste siening in die verband gehad het,
moet
beoordeel word aan die hand van die beginsels neergelê in
Santam Versekeringsmaatskappy Bpk en 'n Ander v Strydom 1977(4)
SA 899 (A) op 912 E - 913 A. Daaruit blyk dit duidelik dat
hierdie Hof nie ligtelik sal inmeng met sy verdeling van skade
nie. Na my mening is die verhoorregter se benadering tot die
getuienis, soos blyk uit bl 384 D - G van die gerapporteerde
uitspraak, en die waardebepaling deur hom gemaak, suiwer en
laat dit nie ruimte vir inmenging nie.
Die /
13 Die appèl word van die hand gewys, met koste.
J W SMALBERGER