South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 99

| Noteup | LawCite

S v Mahlangu (59/86) [1986] ZASCA 99 (22 September 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


Saaknommer: 59/86 WHN

PETRUS THEMBA MAHLANGU Appellant
en
DIE STAAT Respondent

JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

In die saak tussen:

PETRUS THEMBA MAHLANGU Appellant

DIE STAAT Respondent

Coram: JOUBERT, GROSSKOPF ARR et. BOSHOFF Wn AR.

Datum van Verhoor: 28 Augustus 1986 Datum van Uitspraak: 22 September 1986

UITSPRAAK JOUBERT AR :

/Die

2

Die appellant, 'n Swartman, is in die Springs Rondgang Plaaslike Afdeling deur LEVESON R en twee assessore eenparig skuldig bevind aan moord deurdat hy op 28 November 1984 ene Zondi Nhlongothi („die oorledene") in die distrik van Springs vermoor het. Die verhoorhof het ook eenparig bevind dat daar geen versagtende omstandig= hede aanwesig was nie en gevolglik is die appellant op 20 Mei 1985 die verpligte doodvonnis opgelê. Met verlof van die verhoorregter kom die appellant na hierdie Hof in hoër beroep teen sy skuldigbevinding sowel as die doodvonnis.

Die lyk van die oorledene is die oggend van

28 November 1984 in 'n voor naby 'n spoorlyn gevind nie ver

van die Welgedacht-kampong nie waar die appellant en die

/oorledene

3

oorledene as man en vrou 'n kamer met ander pare bewoon het.

Op 29 November 1984 het die distriksgenees= heer dr Bowden 'n nadoodse ondersoek op die liggaam van die oorledene gedoen. Die oorledene het veelvuldige beserings opgedoen wat die oorsaak van haar dood was. Haar hele liggaam het skaafwonde gehad. Van die meer ernstige beserings was o.a. gekneusde skeurwonde (contused lacerations) ten aansien van die hele gesig gepaard met frakture van die neusbene tot in die bokake asook die onderliggende okselbene wat waarskynlik deur 'n harde hou met 'n stomp voorwerp of deur 'n skop met 'n geskoende voet veroorsaak is. Dit het aanleiding gegee tot

/subdurale

4

subdurale bloeding van die brein. Die hoofbeserings
kon op sigself noodlottig gewees het. Die intrede van
die dood is egter bespoedig deur 'n droë tak, 3cm dik en
ongeveer 55 cm lank, wat die privaatdele binnegedring
het en deur die ingewande tot by die galblaas gedring het.
Hierdie ernstige besering kon op sigself ook noodlottig
gewees het. Dit kon te wyte wees aan perversiteit of uit
vergelding vanweë iets uit die verlede. Daarbenewens
het die oorledene ook skaafwonde aan haar polsgewrigte
gehad wat met heelwat geweld toegedien moes gewees het.
Dit kon toegedien gewees het om die oorledene te beteuel
tydens die aanval op haar.

/Daar

5

Daar was geen ooggetuies wat die noodlottige aanslag op die oorledene aanskou het nie. Die Staat het getuienis aangebied van die appellant en die oorledene, wat minnaars was,se aktiwiteite gedurende die aand van 27 November 1984, van 'n rusie en 'n geveg tussen die appellant en die oorledene, hoe die appellant én die oorledene die kamer in die vroeë oggendure van 28 November 1984 saam verlaat het, hoe die appellant daarna alleen terug gekeer het en watter verduideliking die appellant toe in die teenwoordigheid van twee staatsgetuies gegee het. Die verhoorregter het blykbaar by implikasie hierdie getuienis aanvaar sonder om dit te vermeld en te ontleed en boonop sonder om enige geloofwaardigheids=

/bevindinge

6

bevindinge omtrent die betrokke staatsgetuies te maak,

soos dit sy plig was om te doen. 'n Verhoorhof het
immers die voordeel om getuies te sien en te hoor getuig.
Sy taak is om met inagneming van die waarskynlikhede 'n
bevinding met redes te maak aangaande die aanvaarbaarheid al dan nie
van getuienis. In 'n uitermate kriptiese uitspraak oor
die meriete het die verhoorregter hom krities toegespits
op 'n baie bondige weergawe van die appellant se getuienis
wat volgens die verhoorhof nie redelik moontlik waar kon
wees nie d.w.s. sy verduideliking was so onwaarskynlik dat
dit bo redelike twyfel as vals verwerp is. Die appellant
het alleen vir sy verdediging op die meriete getuig.

/Geen

7

Geen getuienis is deur of namens hom t.o.v. versagtende omstandighede afgelê nie.

Emmanuel Sithole het getuig dat hy gedurende
November 1984 by 'n spoorweghostel gewoon het. Ongeveer
7 nm op 27 November 1984 was hy besig om bier by 'n ander
kampong te drink. Die appellant en die oorledene was
ook daar. Hy en die appellant het gedrink maar nie die
oorledene nie. Daar het 'n woordewisseling tussen die
appellant en die oorledene ontstaan omdat sy wou loop
terwyl die appellant wou bly om nog te drink. Volgens
hom het die oorledene en die appellant saam die drink=
plek na 8 nm verlaat. In kruisondervraging het hy

ontken dat die oorledene na die toilet gegaan het en nie

weer haar verskyning gemaak het nie.

/Justice

8

Justice Piet Sibiya het dieselfde kamer in
die Welgedacht-kampong saam met die appellant en die
oorledene gedurende November 1984 bewoon. Hy het getuig
dat die appellant en die oorledene omstreeks 7 nm op
27 November 1984 die kamer saam verlaat het. Volgens
hom is daar ongeveer 4 vm die oggend van 28 November 1984
aan die kamerdeur geklop. Christina wat in die kamer
slaap, het die deur oopgemaak en die oorledene binnegelaat.
Die oorledene het gaan slaap. Heelwat later het die
appellant sy opwagting in die kamer gemaak. Volgens
hom was die appellant gedrink maar nie dronk nie. Sonder
om te praat het die appellant begin om die oorledene aan

te rand deur haar met bottels en 'n bankstoel te slaan.

Hy het die appellant berispe. Die oorledene het gebloei

/en
9

en haar klere was vol bloed. Die appellant het vir haar gesê sy moet kom sodat hy haar na haar mense kon neem. Die oorledene en die appellant is ongeveer 4.45 vm die oggend van 28 November 1984 saam weg. Sibiya het gaan stort en toe hy klaar gestort het, was die appellant reeds terug. Christina het die appellant gevra waar die oorledene is. Sy antwoord was dat hy haar by die spoorlyn gelaat het en 'n ambulans ontbied het. Om 5.30 vm is hy en die appellant saam werk toe.

Apple Masuku het ook dieselfde kamer in die Welgedacht-kampong met die appellant en die oorledene gedurende November 1984 gedeel. Hy was in die kamer toe die appellant en die oorledene omstreeks 7 nm op 27

/November
10

November 1984 saam uit die kamer geloop het. Die appellant was toe nugter. Gedurende die nag het die oorledene na die kamer teruggekeer nadat Patrick Mashabane vir haar die deur oopgemaak het. Daar was niks met die oorledene verkeerd nie. Later het die appellant diê kamer betree. Die appellant het baie gepraat en hy kon hoor dat die appellant gedrink was. In kruisonder= vraging het hy beweer dat die appellant by die oorledene in die bed gaan lê het en toe begin die appellant om met haar rusie te maak. Die appellant het die oorledene begin aanrand deur haar met die vuis te slaan. Daarna het die appellant bottels en 'n bankstoel gebruik om haar mee aan te rand. Die appellant sowel as die

/oorledene

11

oorledene was kwaad. Die appellant het haar beveel om te kom en toe neem hy haar weg. Dit was iets oor 4 vm op 28 November 1984. Ongeveer 4.50 vm het die appellant alleen teruggekom. In sy teenwoordigheid het die vrou met wie hy saamwoon (vermoedelik is dit Christina) die appellant gevra waar die oorledene is. Die appellant se antwoord was dat hy haar by die spoorlyn gelaat het en 'n ambulans vir haar ontbied het. Hy en die appellant is saam werk toe die oggend.

Jappie Welemtsha het destyds 'n kamer net langs die kamer van die appellant en die oorledene bewoon. Hy het die oggend van 28 November 1984 omstreeks 4 vm

wakker geword toe hy 'n persoon hoor skree het in die

/kamer

12

kamer van die appellant en die oorledene. Hy het later die oggend help soek na die oorledene en toe haar lyk in 'n voor naby die spoorlyn sien lê.

Volgens die appellant se getuienis was hy en die oorledene die afgelope 3 jaar minnaars. Hulle het saam in 'n kamer in die Welgedacht-kampong gewoon. Die aand van 27 November 1984 is hulle saam met Sithole na 'n drinkplek waar laasgenoemde 6 biere gekoop het waarvan hy en Sithole saam 3 gedrink het. Op 'n stadium het die oorledene hom vertel sy gaan na die toilet maar sy het nie teruggekom nie. Hy het na haar gesoek maar

/kon

13

kon haar nie kry nie. Op daardie stadium was hy gedrink maar nie dronk nie. Hy is terug na hul kamer waar hy haar aangetref het. Op sy vraag waarom sy hom alleen gelaat en weggegaan het sonder om hom te sê, het sy nie geantwoord nie. In kruisondervraging het hy beweer dat hy bekommerd oor haar veiligheid was omdat daar baie tsotsies in die omgewing was. Hy het voorts getuig dat hy haar twee keer met sy vuis in haar gesig geslaan het. Hy was kwaad vir haar. Hy het haar ook met 'n bankstoel geslaan maar nie met bottels nie. Sibiya het hulle uitmekaar gemaak. Die oorledene en hy het toe 'n woordewisseling gehad. Sy het ook gesê dis beter

/dat

14

dat hy haar terugneem na haar ouerhuis want hy het haar aangerand. Hy het vir haar gesê om haar goed te vat en te kom. Hy en sy het toe die kamer verlaat. Haar mond het gebloei want hy het haar op haar mond geslaan. Op pad het hulle drie Swartmans teengekom wat hom vir vuurhoutjies gevra het. Twee van hulle het die oorledene getrek terwyl hy probeer het om haar ook te trek. Die derde Swartman het 'n mes uitgepluk en gedreig om hom daarmee te steek. Hy het weggehardloop maar hulle het hom agtervolg. Hy het geval en een van hulle het hom op sy rug met 'n voorwerp geslaan as gevolg waarvan hy 'n oopwond opgedoen het wat nog steeds 'n bietjie gebloei het.

/Op

15

Op 'n afstand het hy vir die oorledene geskree om te kom. Haar antwoord was dat sy die mans ken en dat hulle haar niks sou aandoen nie. Hy het toe vir Sithole gaan soek. In kruisondervraging het hy beweer dat dit was om hulp te vra. Hy kon egter Sithole nie vind nie. Hy is toe terug na sy kamer waar die ander persone nog geslaap het. Hy het niemand vertel dat hy die oorledene by die spoorlyn gelaat het en 'n ambulans vir haar ontbied het nie.

Na 'n ontleding en opweeg van die getuienis
moet, na my oordeel, die getuienis van Sithole as sou
die appellant en die oorledene saam die drinkplek verlaat
het, as onaanneemlik verwerp word. Indien Sithole korrek

/op
16

op hierdie aspek is, is dit volkome onverklaarbaar hoe die oorledene eerste na die kamer teruggekeer het terwyl die appellant veel later op sy eie teruggekeer het volgens die getuienis van Sibiya, Masuku en die appellant. Sithole het in kruisondervraging erken dat hy nie gesien het dat die oorledene na die toilet gegaan het nie omdat daar baie mense by die drinkplek was. Hy het baie gedrink en sy getuienis kom vir my op hierdie aspek van die gelyktydige weggaan van die oorledene en die appellant as hoogs onbetroubaar voor wat sy waarnemingsvermoë en geheue betref. Dit geld ook vir sy skatting van tyd.

Wat die gebeure in die kamer betref, is daar

wel klein verskille tussen die getuienis van Sibiya en Masuku

maar hulle is nie wesenlik van aard nie. Na my mening

/toon
17

toon hierdie klein verskille dat hierdie twee staats= getuies nie saamgespan het om 'n opgemaakte verhaal aan die verhoorhof voor te lê nie. Dit word verder versterk deur die feit dat die appellant se weergawe van die gebeure in die kamer na sy aankoms basies met hul s'n ooreenstem behalwe dat hy o.a. ontken dat hy die oorledene met 'n bottel geslaan het. Wat die aard van die aanranding op die oorledene deur die appellant betref, was dit grotendeels gemene saak tussen die Staat en die verdediging.

Dit bring my by die appellant se weergawevan
wat gebeur het nadat hy en die oorledene die kamer in
mekaar se geselskap die vroeë oggend van 28 November 1984
verlaat het. Na my mening is sy verduideliking so

/onwaarskynlik

18

onwaarskynlik dat dit nie redelik moontlik waar

kan wees nie weens die volgende redes:

1.Ondanks die feit dat hy bereid was om die oorledene in die geselskap van die drie vreemde Swartmans te laat, het hy tog gegaan om hulp by Sitholo te soek ofskoon die oorledene aan hom geskree het dat sy die drie Swartmans ken en hulle haar niks sou aandoenmie.
2.Waar hy besluit het om hulp te gaan soek waarom het hy dit nie gaan vra by die mans in die kamer wat hy bewoon nie wetende dat hulle in die kamer was en dat die kamer nie ver van die plek was waar hy die oorledene gelos het nie ?
3.Waarom het hy aan Christina in die aanwesigheid van

Sibiya en Masuku verduidelik dat hy die oorledene by die

/spoorlyn

19

spoorlyn gelaat het en 'n ambulans vir haar ontbied het ? Die appellant se ontkenning van die getuienis van Sibiya en Masuku op hierdie aspek moet as leuenagtig verwerp word. Dit is nooit deur die appellant gesuggereer dat Sibiya en Masuku bevooroordeeld of vyandig teenoor hom was of enige grief of wrok teen hom gekoester het om valslik teen hom te getuig nie.

4. Volgens die pleitverduideliking in die landdroshof het die appellant skuldig gepleit op die aanklag van moord. Hy is deur die landdros gevra of hy die oorledene met 'n mes gesteek het. Sy antwoord was dat hy haar met 'n kierie oor haar kop geslaan het en toe hy loop, het sy op die grond gelê en probeer opstaan. Hulle het baklei. Hy

/het

20

het nie bedoel om haar dood te maak nie. Die landdros het toe 'n pleit van onskuldig aangeteken. Raadpleeg Bewysstuk "C" bl 76-77 van die oorkonde.

Op die totalitêit van die aanvaarbare getuienis was die enigste redelike afleiding dat die appellant die oorledene opsetlik gedood het. Hy. is derhalwe op die meriete tereg skuldig bevind aan moord.

Wat versagtende omstandighede betref, het die appellant geen getuienis daaroor afgelê nie. Drie moontlike faktore verdien oorweging, te wete: 1. Die appellant se ouderdom. Hy het getuig dat hy 20 jaar oud is en ook dat hy die vader van 'n 4 jarige kind by 'n ander vrou is. Dit kom as onwaarskynlik voor en strek in

/elk

21

elk geval nie om sy morele skuld te verminder nie.

2. Die appellant was ondêr die invloed van drank. Hy het
erken dat hy gedrink was maar nie dronk was nie. Dit was
ook die getuienis van Sibiya. Die appellant het egter
deurgaans geweet en onthou wat plaasvind sodat dit nie op

sigself sy morele skuld verminder nie.

3. Die appellant en die oorledene het rusie in die kamer gemaak
wat uitgeloop het op die aanranding op haar. Die rusie
sowel as die aanranding was egter afgeloop en beelndig toe
hulle die kamer verlaat het. Die doodslag is nie in die
hitte van 'n rusie of emosionele opwelling gepleeg nie.

Daar het 'n tydsverloop van ongeveer 50 minute volgens Masuku

/verloop
22

verloop totdat die appellant weer alleen na die kamer teruggekeer het.

Selfs wanneer hierdie drie faktore kumulatief geneem word, kom hulle na my mening nie neer op versagtende omstandighede nie. Na sorgvuldige oorweging van die aan= vaarbare getuienis as 'n geheel is ek van oordeel dat daar in die onderhawige geval geen feitebasis is waarvan ver= sagtende omstandighede op 'n oorwig van waarskynlikhede afgelei kan word nie. Dit was die appellant wat die aggressor was tydens die aanranding op die oorledene.

Na my mening kan dit nie gesê word nie dat die verhoorhof verkeerdelik tot die gevolgtrekking gekom het

/dat
23

dat daar in die appellant se geval geen versagtende omstandighede is nie.

Gevolglik word die appèl teen die skuldig= bevinding aan moord asook teen die doodvonnis afgewys.

JOUBERT AR

GROSSKOPP AR)
Stem saam. BOSHOFF Wn AR)