South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 104

| Noteup | LawCite

S v Nongogo (5/1986) [1987] ZASCA 104 (25 September 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 5/1986

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

Insake die appel van:

VICTORIA NONGOGO Appellante
teen

DIE STAAT Respondent

CORAM: CORBETT, VAN HEERDEN ARR et NICHOLAS

WAR

VERHOORDATUM: 21 SEPTEMBER 1987 LEWERINGSDATUM: 25 SEPTEMBER 1987

UITSPRAAK

/VAN HEERDEN AR ...

2.

VAN HEERDEM AR:

Die appellante is in 1983 in besit gevind van 32 Mandrax tablette bevattende metakaloon. Sy is in die landdroshof aangekla van 'n oortreding van art 2 (a) , al-ternatiewelik 2 (b), van Wet 41 van 1971. Sy het op die alternatiewe aankïag skuldig gepleit, erken dat sy in besit van die tabiette gevind is, en toe getuienis ge-gee ter weerlegging van die vermoede vervat in art 10 van die wet. Sy is op die hoofklag skuldig bevind en ge-vormis tot 5 jaar gevangenisstraf. Haar appël na die Kaapse Provinsiale Afdeling is afgewys en met die nodige verlof is die onderhawige appêl slegs teen die skuldigbe-vinding gerig.

Die appellante, 'n Swart huisvrou, en haar man was in Guguletu woonagtig. Gedurende die naweek voor Maandag, 22 Augustus 1983, is een of ander partytjie in hulle huis gehou wat eers die Maandagoggend tot 'n einde gekom het. Die appellante se weergawe was dat haar man toe reeds vir 'n tydperk van twee jaar aan verdowings-

/middels ...

3.

middels verslaaf was. Sy het hom voorheen gemaan om van dié middels af te sien maar hy wou nie gehoor gee. nie en gedurende die naweek het hy weer daarvan gebruik. Omstreeks 6 vm op die Maandagoggend het hy gaan slaap. Sy het toe gemerk dat hy 'n plastieksakkie met tablette in sy broeksak steek. Toe hy aan die slaap was, het sy die sakkie verwyder en op haar persoon versteek met die voorneme om dit dié aand in 'n bos oorkant die straat weg te gooi. Omstreeks 12 nm het die polisie egter by hulle huis opgedaag. Sy is deur 'n polisievrou gevi-senteer en die sakkie met tablette is op haar gevind.

Die landdros het nie net bevind dat die appel-lante haar nie van haar bewyslas gekwyt het nie, maar het tot die slotsom gekom dat haar weergawe nie redelik moont-lik wáar was nie. Nadat die landdros hierdie slotsom bereik het, het hy en passant gemeld dat 'n nadelige af-leiding teen die appellante gemaak kon word uit die feit dat haar man nie getuienis ter stawing van haar weergawe

/gegee ...

4.

gegee het nie. Dit was waarskynlik hierdie opmerking wat daartoe gelei het dat die appellante 'n aansoek aan hierdie hof gerig het vir terugverwysing van die saak na die landdros en heropening daarvan sodat haar man ten gunste van haar kan getuig. Dié aansoek is egter by die verhoor van die appèl tereg laat vaar en dit is on-nodig om enigiets verder daaroor te sê.

Die landdros het ook bevind dat die appellante 'n swak getuie was wat haarself weerspreek het en vrae ont-wykend beantwoord het. Voorts is haar weergawe waarom sy nie vroeg die betrokke oggend van die tablette ontslae geraak het nie, as hoogs onwaarskynlik bestempel.

Die appellante se advokaat het enkele oorwegings geopper ter onderskraging van sy betoog dat sy haar van haar bewyslas gekwyt het. Dié is egter so klaarblyklik ongefundeer dat nadere toeligting nie nodig is nie. Ek hoef slegs te meld dat ek die landdros se sienswyse aan-gaande die waarskynlikhede deel. Volgens die appellante

/sou ...

5.

sou haar man vermoed het dat sy die tablette verwyder het wanneer hy agtergekom het dat dit nie meer in sy broeksak was nie. Sy het dus rede gehad om so gou moont lik van die tablette ontslae te raak, te meer aangesien sy geweet het dat die besit daarvan onwettig was. Tog het sy die tablette vir nagenoeg ses uur by haar gehou, terwyl niks haar verhoed het nie om dit byvoorbeeld in 'n asdrom te gooi, in 'n toilet af te spoel, of in die bos oorkant die huis weg te gooi. Die appellante se verduideliking waarom sy dit nie gedoen het nie, is dan ook heeltemal onaanvaarbaar.

Gevolglik word die appèl afgewys.

H.J.O. VAN HEERDEN AR

CORBETT AR

STEM SAAM NICHOLAS WAR