South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 109
| Noteup
| LawCite
S v Msiza (456/86) [1987] ZASCA 109 (29 September 1987)
Download original files |
456/86/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
ELIAS MSIZA Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
CORAM: GROSSKOPF, SMALBERGER, NESTADT,
ARR
VERHOOR: 18 September 1987
GELEWER: 29 September 1987
UITSPRAAK GROSSKOPF, AR
Die appellant is in die Transvaalse Provinsiale Afdeling aangekla van gewone aanranding en van moord. Hy het skuldig
gepleit
2.
gepleit op die aanrandingklag maar onskuldig op dié
van
moord. LE GRANGE R, wat sonder assessore gesit het, het
die appellant op albei klagtes skuldig bevindl Wat die moord-
klag betref het hy bevind dat daar versagtende omstandighede
aanwesig was en het hy 'n vonnis van agt jaar gevangenisstraf
opgelê. Vir die aanranding is 'n kort termyn gevangenis-
straf opgelê wat gelas is om saam met die vonnis van agt jaar
te loop. Met verlof verleen ingevolge 'n petisie aan die
Hoofregter kom die appellant nou in hoër beroep teen sy
skuldigbevinding en vonnis op die moordklag.
Albei klagtes teen die appellant het hul oorsprong ge-
had in gebeure gedurende die nag tussen oujaarsdag van 1984
en nuwejaarsdag van 1985. Die belangrikste staatsgetuie
was....
3
was ene Martha Winnie Mahlangu, na wie ek kortweg as
Martha
sal verwys. Sy was die klaagster in die aanrandingsklag
en, luidens haar getuienis, 'n ooggetuie van die moord.
Haar getuienis kan soos volg opgesom word. Omtrent sewe
uur die oujaarsaand het Martha en 'n vriendin na 'n sjebeen
in Atteridgeville gegaan. Die vriendin se naam is Beauty
Deliwe Khoza, en ek sal na haar verwys as Beauty. Toe
Martha en Beauty by die sjebeen aankom was die appellant ook
daar saam met 'n vriend. Martha het nie die vriend se naam
geken nie en daar word in die getuienis na hom verwys as
die vriend met die reenjas. By Martha se aankoms by die
sjebeen het die vriend met die reënjas aan haar arm getrek,
blykbaar om toenadering te soek. Sy was egter nie hiervoor
te....
4
te vinde nie. Later in die aand het Martha na buite
ge-
gaan om die latrine te besoek. Die appellant en die vriend
met die reënjas was buite die kombuisdeur, en terwyl sy ver-
bygegaan het, het die vriend weer aan haar arm getrek. Sy
het weer gesê dat hy haar moes los, en bygevoeg: "Kyk, jy
kan nie jou liefde op my afdwing nie, ek het iemand wat ek
lief het." Die vriend met die reënjas het haar toe gelos
en met die appellant, wat daar naby was, gaan praat, blyk-
baar om die appellant te vertel wat tussen hom (die vriend)
en Martha plaasgevind het. Martha kon sien dat die appel-
lant ontsteld was oor die gebeure, en het toe maar liewer
terug na haar huis gegaan. Die huis was, volgens haar uit-
wysing, omtrent 50 meter van die sjebeen.
Nadat....
5
Nadat sy 'n rukkie tuis was, het Martha weer na die
sjebeen teruggekeer om te kyk wat van Beauty geword het.
Sy vind toe vir Beauty by die kombuisdeur. Beauty vertel
haar dat die appellant se broer, ene Paul, na haar probeer
vry het. Martha het toe vir Beauty gewaarsku dat Paul 'n
vrou het wat binne in die sjebeen was en wat sou uitkom en
vir Beauty slaan as sy enigiets met Paul te doen het. Die
appellant was binne hoorafstand en het hierdie gesprek ge-
hoor maar dit blykbaar verkeerd verstaan, want hy het nader
gestap en vir Martha gevra: "Jy vertel vir Beauty dat ek 'n
vrou het?" Martha wou hom reghelp, maar hy het haar nie 'n
kans gegee nie. Hy het summier haar hoed van haar kop af-
gehaal en haar vier klappe met sy oop hand toegedien. Dit
is.....
6
is hierdie klappe wat die onderwerp gevorm het van die
aan-
randingsklag.
Na hierdie onaangename episode is Martha weer terug
huis toe. Toe sy by die hek van die sjebeen uitkom sien
sy 'n vriend, David (die oorledene in die moordklag). Hy
vra haar "wat is dit?" Hiervan het sy afgelei dat hy ge-
sien het wat tussen haar en die appellant gebeur het. Sy
merk toe op dat die appellant en die vriend met die reënjas
vinnig agter hulle aangestap kom. Toe die appellant en sy
vriend by Martha en David verbygaan, het die appellant vir
Martha aan haar linkerpols vasgegryp. David vra hom toe:
"Wat maak jy?" Hierop het die appellant vir David 'n paar
beledigings toegevoeg, 'n mes uitgehaal, en vir David ge-
jaag....
7
jaag. Die vriend met die reënjas het 'n
baksreen opgetel
en vir Martha gejaag. Sy het in die agterplaas van 'n huis
ingehardloop. Die vriend met die reënjas het toe die ag-
tervolging gestaak. Martha het oor 'n heining gespring en
by 'n tweede huis gekom vanwaar sy kon sien wat van David
word. Sy sien toe dat David in 'n hurkende posisie val.
Die appellant was net agter hom, en steek hom tweekeer met
die mes in die holte van sy rug. Intussen het die appellant
se vriend by hom aangesluit. David het op sy voete gekom
en voortgestruikel in die rigting van sy huis. Die appel-
lant en sy vriend het eers rondgekyk en is toe weg. Daar-
na is Martha na haar huis. Sy het later verneem dat David
voor 'n huis, wat beskryf is as nommer 10, inmekaargestort
het......
8
het. Sy self het dit egter nie gesien nie, maar net
later
die nag 'n kol droë bloed daar waargeneem. Dit is gemene
saak dat een van die twee steekhoue David se dood veroorsaak
het.
Beauty het ook getuig en staaf Martha se getuienis oor
wat gebeur het terwyl Martha en Beauty bymekaar was. Na
die aanranding op Martha het Beauty binne die sjebeen gebly,
en sy kon alleen getuig dat die appellant en die vriend met die
reënjas toe ook die huis verlaat het. Wat hulle daarna ge-
doen het, kon sy nie sê nie.
Die appellant se weergawe verskil hemelsbreed van Martha
en Beauty s'n. Hy het getuig dat hy die aand ongeveer sewe-
uur by die sjebeen aangekom het. Hy was alleen. Terwyl
hy 'n paar biere gedrink het, het hy in 'n gesprek met Beauty
geraak....
9
geraak. Hulle het oor die liefde gepraat. Terwyl
hulle
aan die gesels was, het Martha daar aangekom, en gesê dat
die appellant 'n vrou het wat vir Beauty sou slaan as sy haar
in die hande kry. Hierdie bewering was onwaar - die appel-
lant het nie 'n vrou nie. Martha se inmenging het die appel-
lant vererg, en hy het Martha skerp aangespreek. Martha is
toe weg, maar het na 'n rukkie teruggekeer. By haar terug-
keer was die appellant en Beauty nog aan die gesels. Martha het
weer vir Beauty gesê sy moenie baie praat nie, want as die
appellant se vrou daar kom sou sy vir Beauty slaan. Die ap-
pellant het opgestaan en weer vir Martha aangespreek. Martha
het geantwoord. "Jy sal my niks vertel nie" en 'n onbeskofte
handgebaar gemaak. Met die beweging van haar hand het sy
per....
10
per ongeluk die appellant se baadjiesak gehak, en dit laat
lostorring. Die appellant het vies geword en vir Martha
twee ligte houe op haar skouer toegedien. Beauty en 'n
ander vriendin van Martha het vir Martha gegryp en in die
huis geneem, en die appellant betig omdat hy haar geslaan
het. Die appellant was toe so ontstoke dat hy sy bier aan
iemand anders gegee het en huis toe gegaan het.
Ten einde die appellant op bogemelde getuienis- skuldig
te bevind aan moord moes die verhoorhof bevind dat Martha
se getuienis bo redelike twyfel verkies moes word bo dié van
die appellant, en die verhoorhof het inderdaad so bevind.
Voordat ek ingaan op die redes vir hierdie bevinding, is
daar 'n paar algemene opmerkings wat ek wil maak.
Die....
11
Die Staat se saak berus hoofsaaklik op die ooggetuienis van Martha. As 'n mens egter die Opsomming van Wesentlike Feite lees wat die Staat ingevolge artikel 144 (3) (a) van Die Strafproseswet (no 51 van 1977) verstrek het, kom dit duidelik na vore dat die opsteller van hieráie opsomming nie besef het dat Martha ooggetuienis van die werklike stekery kon lewer nie. Die relevante paragrawe lui soos volg. ("Winnie" in hierdie passasie is Martha):
"3. Winnie het toe later besluit om die toneel te verlaat en huis toe te gaan. Die oor-ledene het saam met haar gestap. Langs die pad het die beskuldigde en nog 'n persoon hulle gekonfronteer en aan die oorledene gevra of hy wil baklei. Hierop het die beskuldigde 'n mes uitgehaal. Die oorledene het gevlug en die beskuldigde het hom agter-volg.
4. Die oorledene is later in die straat ver-wond aangetref."
Die
12
Die teenstrydigheid tussen hierdie opsomming en Martha
se getuienis is nie in die hof a quo te berde gebring nie
en is moeilik om te verklaar. Die opsomming berus duidelik
op inligting wat Martha verstrek het. As Martha se polisie-
verklaring nie gemeld het dat sy die stekery gesien het nie,
was dit die aanklaer se plig om die verklaring aan die ver-
dediging beskikbaar te stel. Dit het hy nie gedoen nie
Aan die ander kant, as die opsteller van die opsonïïning 'n
verklaring van Martha voor hom gehad het waarin sy, soos in
haar getuienis, gráfies beskryf het hoe die appellant die oorledene
gesteek het, sou 'n mens verwag het dat die opsomming heelte-
mal anders sou gelui het. Dit is egter nutteloos om hier-
oor te bespiegel - die onverklaarde leemte in die cpsomming kan
nie....
13
nie anders as om 'n mate van agterdog teen Martha se
geloof-waardigheid te skep nie.
Dit is dan ook opmerklik dat Martha nie
spontaan begin getuig het oor die stekery nie. Nadat sy vertel het hoe sy die
sjebeen verlaat
het, agtervolg deur die appellant en die vriend met die
reënjas, lui haar getuienis soos volg:
"Kom die beskuldigde en sy vriend met die
reënjas, ja? Hulle kom nou van agter a£?
... Dit is reg.
Het hulle geloop of gehardloop? ... Hulle
het vinnig gestap.
Hulle het vinnig gestap, ja? ... Dit was
tóé
dat ek die oorledene teëkom waar hy gelê
het,
Sy naam ís David.
MNR. ROBERTS: Waar het hy gelê? ... Hy was
daar, hy het gesien toe ek aangerand was in
die 'yard'.
Nee wag net so 'n bietjie, jy sê lê, waar lê
hy nou? Hoekom lê hy? ... Daar by nr. 10 se
hek het hy gelê."
Soos.....
14
Soos ek vroeër gemeld het, is die oorledeneby nommer
10 se hek gevind nadat hy gesteek was. Die indruk wat
Martha hier skep is dat sy nie die stekery gesien het nie,
maar wel die oorledene voor nommer 10 se hek gesien het
In verdere ondervraging deur die aanklaer en die Hof het dit
egter geblyk dat haar getuienis tot die teendeel was - sy
het toe getuig dat sy wel die stekery gesien het, maar nie
die gewonde oorledene voor nommer 10 sien lê het nie.
Tweede algemene opmerking wat ek wil maak is dat die
Staat in hierdie saak met 'n minimum van ondersoek en getuie-
nis probeer regkom het. Martha het 'n effens verwarde ver-
haal vertel van hoe sy en die oorledene gejaag was, hoe sy
die noodlottige aanranding gesien het en wat toe van die ver-
skillende....
15
skillende spelers in hierdie drama geword het. Met 'n be-
hoorlike plan of behoorlike fotos van die toneel sou dit
makliker gewees het om haar getuienis te verstaan, of, as
dit vals was, te weerlê. Hierdie aspek is veral belangrik
vanweë die lacuna in die Opsomming van WesentLike Feite
waarna ek pas verwys het. Geen plan of fotos is egter
voorgelê nie, met die gevolg dat die hof aangewese was op
Martha se onbeholpe (en, heelmoontlik, onakkurate) beskrywings
van die toneel en skattings van afstande. Ook was daar geen
polisiegetuienis nie, en die verhoorhof was aangewese op die
getuienis van Martha en die appellant oor wat hy
aan die polisie gesê het, wanneer en hoekom hulle sy woning
deursoek het, wat hulle daar gevind het, ens. Behoorlike
polisiegetuienis
16
polisiegetuienis hieroor sou baie onsekerhede uitgeskakel het, hetsy in die guns van die Staat, hetsy van die appel-
lant.
'n Laaste algemene opmerking gaan oor die rol wat die
verhoorregter gespeel het. Dit blyk uit die rekord dat die
verhoorregter heelwat meer vrae aan die getuies gestel het
as albei advokate saam. Ek moet onmiddellik sê dat ek geen-
sins die indruk gekry het dat die verhoorregter enige ver-
keerde motiewe hiervoor gehad het nie, en ek aanvaar volkome
dat sy enigste strewe was om 'n duidelike beeld van die ge-
tuienis te kry. Die resultaat was egter net die teenoorge-
stelde. Die getuie s was heen en weer getrek tussen die
regter en die advokate met die gevolg dat hul weergawes op
die...
17
die rekord onsamehangend en moeilik verstaanbaar is.
Na hierdie inleiding. kom ek nou by die regter a quo se
bevindings. Die twee staatgetuies Martha en Beauty is as
"goeie getuies" beskryf. Wat Martha betref, was die ver-
hoorhof beïndruk deur 'n storie wat sy vertel het oor hoe
buurvrou vir haar 'n glasie wyn gegee het voordat sy na
die sjebeen gegaan het. Hierdie insident was onbenullig
en was glad nie in geskil nie. Dit is, met eerbied gesê,
moeilik om in te sien hoekom die feit dat sy hieroor die
waarheid gepraat het (as 'n mens veronderstel dat sy wel die
waarheid gepraat het) enigsins help om aan te dui dat haar
getuienis oor belangrike omstrede sake ook aanvaar moet word
Trouens, daar is rede om Martha se bewering te betwyfel dat
sy op hierdie oujaarsaand niks meer as hierdie een klein glasie
wyn.....
17 A
wyn gedrink het nie. Sy sê dat, nadat sy dit gedrink het,
sy "nie so helder gewees het van gedagte" nie. Dit klink
onwaarskynlik dat een klein glasie haar so sou geaffekteer
het. Later, onder kruisverhoor, is sy gevra: "Drink u hoe-
genaamd of drink u glad nie?" Haar antwoord was: "Nee,
die aand het ons maar net gedrink omdat ons bly was." Sy
het dus geen beginselbesware teen drank gehad nie, en dit
klink onwaarskynlik dat sy op 'n oujaarsaand feitlik die
hele tyd in 'n sjebeen was vanaf sewe namiddag tot na midder-
nag sonder om enigiets sterker as koeldrank te drink.
Dan...
18
Dan meld die verhoorregter dat Martha se getuienis oor
die stekery ooreenstem met die bevindings in die lykskouings-
verslag. Dit is weliswaar so dat beide die verslag (wat
met toestemming ingehandig is) en Martha se getuienis aandui
dat die oorledene twee steekwonde in sy rug gehad het. Hier-
die faktor is beslis stawend van Martha se getuienis, maar
'n mens kan dit nie te ver voer nie. Ons weet nie wie die
oorledene voor nommer 10 gevind het en wat daarna van hom
geword het nie (dit is ook een van die aspekte waaroor daar
geen getuienis was nie). Dit is dus maklik denkbaar dat
Martha van iemand kon verneem het dat die oorledene twee
steekwonde in sy rug gehad het. Natuurlik, as sy hom self
voor nommer 10 sien lê het, soos sy op een stadium te kenne
gegee.....
19
gegee het, sou die stawing deur die lykskouingsverslag nog
minder gewig gedra het.
Dan beskou die verhoorregter dit as amper ondenkbaar
dat Martha 'n storie in sulke detail kon fabriseer as wat in
haar getuienis voorkom. Hierdie faktor is nie sonder gewig
nie, en 'n mens moet natuurlik in gedagte hou dat die verhoor-
hof beter in staat is as 'n hof van appèl om sulke faktore na
waarde te skat.
Verder verwys die regter a quo na die stawing wat
Beauty aan Martha se getuienis bied. Hy meld veral Beauty
se getuienis oor die aard van die aanranding op Martha, die
feit dat Martha daarna die perseel verlaat het, en dat die
appellant en sy vriend haar gevolg het (ek veronderstel die
regter....
20
regter bedoel net hierdeur dat hulle min of meer dieselfde tyd vertrek het - Beauty se getuienis was, in die geheel gesien, nie dat hulle agter Martha aangestap het nie).
Ten slotte verwys die regter a quo na 'n skede waaruit die appellant, volgens Martha se getuienis, die mes sou getrek het. Inderdaad is 'n skede later in die appellant se woning gevind. Op die oog af klink hierdie getuienis verdoemend, maar by ontleding blyk dit minder indrukwekkend te wees. Martha het hierdie aspek soos volg na vore gebring:
"MNR. ROBERTS: Waar kom die mes vandaan? ...
Soos ek demonstreer, in sy regtersak het hy
(die beskuldigde) die mes gehad.
HOF: Hy het 'n mes uitgehaal? ... Ja.
Waar het hy dit uitgehaal, uit watter sak,
baadjiesak, broeksak? ... Die polisieman wat
die saak ondersoek ... (tussenbei)
MNR. ROBERTS: Nee, ek wil nie weet daarvan
nie
21
nie, nee. Los dit voorlopig uit. Ek wil
net weet, uit watter sak het hy dit uit-
gehaal, dit is al wat ons wil weet? ...
Uit die skede, die sak wat ek van praat is
'n skede.
HOF: O, 'n skede, ja. Beskuldigde het 'n mes
uit 'n skede ...?... Dit is reg.
... gehaal. Maar waar was die skede gewees?
TOLK: Sy demonstreer hier op haar heup.
MNR. ROBERTS: Aan sy gordel vas? ... (tussenin)
HOF: Aan die buitekant van sy broek of in
die binnekant van sy broek of waar? ... Onder
die broek."
Tussen die aanklaer, die regter en die tolk het dit nooit
heeltemal duidelik geword hoekora sy eers na die appel-lant se regtersak
verwys
het en toe later na 'n skede nie, en wat die "polisieman wat die saak ondersoek"
met haar waarnemings te doen gehad het nie.
Inderdaad het die appellant erken
dat 'n skede in sy woning gevind is, maar 'n onskuldige verdui-
deliking
22
deliking daarvoor gegee. Volgens Martha is 'n skede aan
haar getoon deur die ondersoekbeampte. Hoewel sy sê dit was
"die skede" (vermoedelik bedoel sy die skede wat sy sê sy
by die appellant gesien het) kon haar uitkenning min gewig
dra aangesien sy getuig het dat die skede onder sy broek was
en dat net 'n punt uitgesteek het. Nogtans is daar 'n mate
van stawing vir haar in hierdie getuienis. Ek wil egter net
weer sê dat hierdie hele kwessie baie duideliker kon gewees
het as Martha toegelaat was om sonder onderbreking te getuig;
as die ondersoekbeampte getuig het oor hoe, waar en onder
watter omstandighede hy die skede by die appellant gevind het
en aan Martha getoon het; en as die skede in die hof aanwe-
sig was sodat Martha kon aandui waar dit op die appellant se
liggaam....
23
liggaam was, en waaraan sy dit uitken (as sy dit inderdaad kon
uitken).
Selfs met die leemtes in die staatsaak waarna ek ver-wys het, was
daar 'n prima facie saak teen die appellant. Die gewig wat aan die
appellant se getuienis geheg word was dus van groot belang in die saak. In
hierdie
verband het die hof a quo die volgende gesê:
"Nou-ja, hier het ons te doen met oogge-tuienis wat in alle opsigte bevredigend is en 'n storie wat deur die beskuldigde ver-tel is wat nie geloofwaardig voorkom nie. Altwee die stories kan nie waar wees nie en dit kom my voor dat die beskuldigde se storie so vol gebreke is dat dit eenvoudig net nie die waarheid kán wees nie. Hy het ten volle besef dat Martha die polisie ver-tel het dat sy gesién het dat dit hy was wat die oorledene gesteek het en hy kon nie verklaar hoekom hy nie aan die polisie
die....
24
die storie vertel het van wat gebeur het tussen hom en Martha die aand nie.
Na my mening moet die storie van Martha aanvaar word en dié van die beskuldigde as vals verwerp word."
Soos blyk uit hierdie passasie het die verhoorregter die appellant se getuienis as "vol gebreke" beskryf, maar net een voorbeeld genoem, naamlik, dat die appellant nie aan die polisie vertel het wat gebeur het tussen hom en Martha die aand nie. Dit is moeilik om te verstaan wat die verhoorregter hierdeur bedoel. Die appellant se on-weerspreekte getuienis was dat hy wel aan die polisie ver-tel het wat tussen hom en Martha gebeur het net soos hy in die hof gedoen het, en hierdie getuienis word vroeër in die uitspraak genoem. Al wat die appellant nie gedoen het
nie
25
nie, volgens sy getuienis, was om die stukkende baadjiesak aan die polisie te wys. As dit al was wat die verhoorreg-ter in gedagte gehad het, sou dit skaars regverdiging bied om die appellant se getuienis te verwerp. En as die ver-hoorregter onder die indruk was dat die appellant glad nie aan die polisie vertel het wat tussen hom en Martha gebeur het nie, was dit 'n ernstige mistasting aan sy kant. Dat daar verwarring aan die kant van die verhoorhof was, blyk ook uit die volgende twee passasies uit die appellant se getuienis, albei in antwoord op vrae van die hof. Die eerste is:
"HOF: Het hulle (d.w.s. die polisie) jou nie gevra wat het jy die vorige nag gemaak voordat jy piekniek toe is nie? ... Ek is gevra wat ek die vorige nag gedoen het by
die
26
die shebeen en ek het gesê ek het net
vir Winnie geklap.
Ja, het jy vir hulle vertel jy het vir
Winnie geklap daar, vir die polisie? ... Ja.
Het jy vir hulle vertel wat Winnie gedoen het
en hoe sy jou beduie het? Want dit is waar-
oor jy haar mos geklap het? ... Ek het aan
die polisie gesê, as gevolg van die handbe-
weging het ek haar geklap.
Ja en toe het sy mos nou jou sak geskeur? ...
Ek het."
Hiermee moet vergelyk word die volgende passasie wat minder as
twee bladsye later in die oorkonde voorkom:
"Ja maar hoekom het jy toe nie vir die polisie gesê, kyk, hier is Winnie, sy lieg, sy het my 'n lelike teken gegee met haar vinger en sy'het my 'background' ,se sak geskeur en toe het ek haar geklap en nou kom vertel sy vir julle 'n belaglike storie van wat sy sou gesien het wat ek doen met daardie oor-ledene? ... Ek het niks aan die oorledene gedoen nie."
Die....
27
Die appellant het klaarblyklik nie hierdie laaste
vraag verstaan nie, en dit is nie verder gevoer nie.
Die een voorbeeld van die gebreke wat die verhoorreg-
ter in die appellant se getuienis gevind het, gaan dus nie
op nie. 'n Deurlesing van sy getuienis skep ook nie by my
die indruk dat dit juis swakker was as dié van Martha en
Beauty nie. Behoorlike beoordeling van sy getuienis word
egter ook bemoeilik vanweë die manier waarop die getuienis
op rekord geplaas is, soos ek reeds aangedui het.
As ek dan die saak as geheel moet opsom wil dit vir my
voorkom dat daar gronde is om agterdogtig teenoor Martha se
getuienis te staan, en dat haar getuienis, gestaaf tot 'n mate
deur Beauty s'n, nie as "in alle opsigte bevredigend" be-
skou....
28
skou kan word soos die verhoorhof bevind het nie. Daarbe-
newens kan ek nie saamstem dat " die beskuldigde se storie
so vol gebreke is dat dit eenvoudig net nie die waarheid
kán wees nie". Objektiewe getuienis, wat die skaal na die
een of ander rigting kon swaai, is nie aangebied nie. On-
der al hierdie omstandighede meen ek dat die verhoorhof 'n
redelike twyfel oor die appellant se skuld behoort te gehad
het.
Bygevolg slaag die appèl, en word die appellant se
skuldigbevinding en vonnis op die moordklag tersyde gestel
E M GROSSKOPF, AR SMALBERGER, JA
NESTADT, JA Stem saam