South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 123
| Noteup
| LawCite
Du Plooy v Sasol Bedryf (Eiendoms) BPK (125/87) [1987] ZASCA 123; [1988] 1 All SA 417 (A) (30 September 1987)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING
Insake die appèl van
ADRIAAN MARTHINUS FRANCOIS DU PLOOY Appellant
en
SASOL BEDRYF (EIENDOMS) BPK Respondent
Coram: JOUBERT, VILJOEN, VAN HEERDEN, SMALBERGER ARR et STEYN Wn AR.
Verhoor: 27 Augustus 1987 Gelewer: 30 September 1987
UITSPRAAK
JOUBERT AR:
/Terwyl
2
Terwyl die appellant die geregistreerde
eienaar van die plaas Goedgedacht
West No 1693, groot 250, 1958 morge, geleë in die distrik Heilbron, was,
het hy op 13 Maart
1974 'n skriftelike prospekteerkontrak (Aanhangsel "A" ) vir
'n periode van 5 jaar vanaf 13 Maart 1974 met die respondent (hierna
"Sasol" genoem) aangegaan. 0p dieselfde datum het die weduwee Anna
Francina Venter (gebore Viljoen voorheen du Plooy), die geregistreerde
eienares
van die plaas Hard-Op ('n gedeelte van Goedgedacht) No 1694, groot 250, 1958
morge, geleë in die distrik Heilbron,
'n skriftelike
prospekteerkontrak (Aanhangsel "B" ) vir 'n periode van 5 jaar vanaf 13 Maart
1974 met
Sasol aangegaan. Hierdie twee skriftelike prospekteerkontrakte
/is
3
is mutatis mutandis gelykluidend. Na die oorlyde van
weduwee Venter op 14 Augustus 1975 is haar plaas Hard-Op
No 1694-op 4 Mei 1976 aan die appellant as haar erfgenaam ge=
transporteer. Op 12 Februarie 1979 het die appellant
en Sasol 'n skriftelike ooreenkoms tot verlenging van beide
prospekteerkontrakte (Aanhangsel "C") vir "n periode van
5 jaar vanaf 13 Maart 1979 aangegaan. Sedertdien het
die appellant die oppervlakregte van beide plase met voor=
behoud van die mineraalregte verkoop en getransporteer sodat
hy kragtens Sertifikaat van Mineraalregte No K 746/1979 RM,
geregistreer op 20 November 1979, die geregistreerde houer
van die mineraalregte oor beide plase is
/Die....
4
Die relevante gedeeltes van die skriftelike prospekteerkontrak
(Aanhangsel "A") waarin "eienaar" na die appellant,
"prospekteerder" na Sasol en "eiendom" na die plaas Goedgedacht
West verwys, lui soos volg :
"EN NADEMAAL die eienaar ingestem het dat
die prospekteérder die reg sal hê om na
steenkool te prospekteer sn te soek, in
en op die eiendom, en ook die reg en op=
sie besit om die eienaar se steenkoolregte
in erf op die eiendom aan te koop:
WQRD DAAR NOU DERHALWE SOOS VOLG OOREENGEKQM:
"1. Die eienaar gee en verleen hiermee aan die prospekteerder die enigste en uit= sluitlike reg om na steenkool te pro= spekteer en te soek in en op die eiendom
„2. Genoemde prospekteerregte en die ander regte kragtens hierdie ooreenkoms toe= geken (hierna gesamentlik die ,prospek= teerregte' genoem), sal 'n aanvang
/neem.....
5
neem op 13 Maart 1974 en sal vanaf daardie datum voortduur vir 'n tydperk van vyf jaar(hierna die ,prospekteer= tydperk' genoem), met dien verstande dat die prospekteerder geregtig sal wees om hierdie ooreenkoms te eniger tyd gedurende die prospekteertydperk te kanselleer deur 'n skriftelike kennisgewing aan die eienaar van minstens dertig(30) dae na welke tydperk hierdie ooreenkoms sal verval en van geen verdere waarde of krag sal wees nie.
"3(a) As vergoeding vir die prospekteerregte
sal die prospekteerder die volgende - prospekteergelde aan die eienaar betaal:-(i) Vir die eerste twaalf (12) maande van die prospekteertydperk teen R3-00 per morg.
(ii) Vir die daaropvolgende twaalf (12)
maande teen R3-25 per morg. (iii) Vir die daaropvolgende twaalf (12)
maande teen R3-50 per morg. (iv) Vir die daaropvolgende twaalf (12) maande teen R3-75 per morg.
/(v)
6
(v) Vir die daaropvolgende twaalf (12) maande teen R4-00 per morg.
(b)
(c) Indien die prospekteerder versuim om die
prospekteergelde voor of op die verval=
datum te betaal, moet die eienaar die
prospekteerder skriftelik per vooruitbetaald
geregistreerde pos kennis gee om genoemde
prospekteergelde binne veertien (14) dae
te betaal, by versuim waarvan hierdie
kontrak onmiddellik sal verval en van
nul en gener waarde sal wees en geen van die partye sal enige eis teen die ander party hê nie, maar die prospekteerder sal verplig wees om alle prospekteer= bedrywighede te staak en sy masjinerie binne 'n redelike tydperk te verwyder.
4. Gedurende die prospekteertydperk sal die prospekteerder die reg hê -
(a) Op vrye toegang tot, reg van weg oor, en uitgang vanaf die eiendom na en van
die prospekteerder se werkplekke;
/(b)...
7
(b) Om boorgate te boor en/of putte en/of skagte te grawe;
(c) Op soveel water uit bestaande bronne op-die eiendom wat die prospekteerder rede= likerwys mag benodig vir prospekteer= doeleiendes en die huishoudelike gebruik van sy werknemers --------
(d) Om na water op die plaas te soek en dit te verkry deur te boor en/of putte te grawe en/of pompe of dergelike toerusting op te rig;
(e) Op oppervlakregte op agt (8) hektaar, op sodanige plekke wat vir die prospekteerder gerieflik mag wees vir of in verband met sy prospekteerbedrywighede;
(f) Om terwyl hierdie ooreenkoms geldig is sodanige erts, monsters of klippe van die eiendom te verwyder wat nodig of redelik mag wees vir toets - of essaië= ringsdoeleindes;
(g) Om in die algemeen alle sodanige regte uit te oefen oor of onder die eiendom wat nodig mag wees of wat die wet
/toelaat
8
toelaat vir prospekteerdoeleindes.
„5. Die eienaar gee en verleen hiermee aan die prospekteerder die enigste en uitsluitlike reg en opsie (hierna 'die opsie' genoem) om te eniger tyd gedurende die prospekteertyd-perk alle steenkoolregte in en op die eiendom, of enige gedeelte of gedeeltes daarvan aan te koop en oordrag daarvan te neem teen tagtig rand (R80) per morg. Indien die prospekteerder die opsie slegs uitoefen ten opsigte van 'n gedeelte of gedeeltes, moet hy sodanige gedeelte of gedeeltes op 'n sketsplan aandui en moet sodanige sketsplan die skriftelike kennis= gewing aan die eienaar dat genoemde opsie uit= geoefen word, vergesel.
„6. (a)-----------------------(b)----------------------
„7. Indien die opsie uitgeoefen word, moet die volgende klousules by die sessie van die steenkoolregte ingesluit word:
/(a).....
9.
(a) Die prospektesrder is geregtig om
te eniger tyd 'n totaal van hoogstens agt (8) hektaar van die oppervlak van die eiendom aan te koop teen 'n prys wat onderling bepaal sal word. Die ligging van genoemde gebied word deur die prospekteerder na beraadsla= ging met die eienaar bepaal;.
(b) Die koopprys van die steenkoolregte
en die koopprys van die oppervlak=
regte, indien enige, is betaalbaar in kontant by die registrasie van sodanic steenkoolregte en/of oppervlakgebied in die naam van die prospekteerder. Die prospekteerder moet aan die eienaar 'n bankwaarborg vir sodanige koopprys gee ------
(d) Die prospekteerder mag spoorweë, paaie vervoerbande, pyp- en kraglyne onder of op die eiendom bou en oprig, en die prospekteerder moet aan die eienaar 'n bedrag, wat onderling bepaal sal
/word
10
word, per hektaar betaal vir die oppervlakgebied aldus gebruik;
(e) Die prospekteerder mag 'n dam op die eiendom bou, waarvan die ligging deur die prospekteerder na oorleg met die eienaar bepaal sal word, en die prospekteerder moet aan die eienaar 'n bedrag, wat onderling bepaal sal word, per hektaar betaal vir die gebied aldus gebruik. - - -
(g)----------------
„9. Die prospekteerder mag alle of enige van sy regte kragtens hierdie ooreenkoms aan enige maatskappy, sindikaat of persoon sedeer, oordra of andersins oormaak, met dien verstande dat die prospekteerder die eienaar in kennis sal stel van sodanige sedering of oordrag."
/'n....
11
'n Geskil het tussen die partye ontstaan oor die
geldigheid van die twee prospekteerkontrakte {Aanhangsels
"A" en "B"). Op 1 Junie 1982 het die appellant se
prokureur 'n skrywe aan Sasol gerig dat die prospekteer=
kontrakte nie aan die vereistes van die Wet op Formaliteite
met betrekking tot die Koopkontrakte van Grond No 71 van 1969
voldoen nie "deurdat daar verskeie wesenlike bepalings in
die prospekteerkontrak vervat is waarop nie ooreengekom is
nie, maar wat oorgelaat word tot latere ooreenkoms tussen
die partye". Die verwysing na die wesenlike bepalings
van die prospekteerkontrak slaan op klousule 7(a), (d) en
(e) . Sasol het nie hiermee saamgestem nie. Op
1 Maart 1984 het Sasol per aangetekende pos aan die
/appellant.....
12
appellant uit hoofde van klousule 5 van beide prospekteer=
kontrakte kennis gegee dat hy sy reg uitoefen om die ,
steenkoolregte oor 'n gedeelte van Goedgedacht West No 1693
en 'n gedeelte van Hard-Op No 1694 teen R80 per morg aan
te koop. (Aanhangsels "I" en "I2"). Dxe wese van
Sasol se standpunt is dat die prospekteerkontrakte deel =
baar en derhalwe regsgeldig is. Vervolgens het die
appellant op 15 Januarie 1985 in die Oranje Vrystaatse
Provinsiale Afdeling aansoek om 'n verklarende bevel teen
Sasol gedoen dat die twee prospekteerkontrakte (Aanhangsels
"A" en "B") asook die verlengingsooreenkoms (Aanhangsel
C") ongeldig is. Op 12 Desember 1985 het VAN COLLER R
/die....
13
die aansoek van die hand gewys met koste. Met verlof van
die hof a quo kom die appellant tans in hoër beroep
na hierdie Hof.
Die vraag is wat die effek van die opname in die
twee prospekteerkontrakte van klousule 7(a), (d) en (e),
waarvan die inhoud onvoltooid is deurdat dit eers deur
latere ooreenkoms voltooi en bindend gemaak kon word, is
Volgens die appellant bevat klousule 7(a), (d) en (e)
wesenlike bepalings wat eers deur latere ooreenkom s
bindend gemaak kan word sodat die opname van klousule
7(a),(d) en (e) in die twee prospekteerkontrakte,
wat aan die vereistes van art 1(1) van Wet No 71 van 1969
/moet....
14
moet voldoen, meebring dat die twee prospekteerkontrakte
in toto ongeldig is. Sien Johnston v Leal, 1980(3)
SA 927 (A) op bl 939 E. Daarenteen volgens Sasol
kan klousule 7(a), (d) en (e) geskei word van die res
van die prospekteerkontrakte, d.w.s. hulle is deelbaar.
sodat die opname van klousule 7{a), (d) en (e) nie die
geldigheid van die res van die prospekteerkontrakte
pro tanto affekteer nie.
Om gemelde vraag op te los, is dit nodig om die
waarskynlike bedoeling van die partye, toe hulle met
mekaar gekontrakteer het, uit die prospekteerkontrakte
as geheel af te lei. Sien Vogel N 0 v Volkersz,
/1977....
15
1977(1) SA 537 (T) op bl 548 F. Ek het reeds daarop
gewys dat die twee prospekteerkontrakte mutatis mutandis
gelykluidend is sodat die vertolking van een van hulle
ook vir die ander een geld. Gerieflikheidshalwe sal
ek Aanhangsel "A" neem waarvan ek reeds die relevante
gedeeltes supra aangehaal het.
In die aanhef van die prospekteerkontrak word
beweer dat die partye eenstemmigheid oor twee aangeleent—
hede bereik het, nl. dat:
1) Sasol 'n reg sal hê om na steenkool in en op die plaas
Goedgedacht West No 1693 te prospekteer, en
2) Sasol 'n reg sal hê om 'n opsie uit te oefen om die
/appellant....
16
appellant se steenkoolregte in en op die gemelde plaas
aan te koop. Die res van die prospekteerkontrak
gaan dan daartoe oor om die besonderhede van hul ooreen=
koms te vermeld. Volgens die skema van die prospek=
teerkontrak blyk die volgende. Klousule 1 bevestig
dat die appellant aan Sasol die enigste en uitsluitlike
reg verleen om na steenkool in en op vermelde plaas te
soek. Dit beperk dus die prospekteerreg tot steenkool
en tot Sasol as die houer daarvan. Klousule 2 begin
deur na "Genoemde prospekteerregte" te verwys. Dit
kan in die konteks slegs na die prospekteerreg na steen=
kool in klousule 1 vermeld, verwys. Dog klousule 2
/gaan...
17
gaan dan voort om te verwys na "en die ander regte kragtens hierdie ooreenkoms toegeken (hierna gesamentlik die prospekteerregte genoem) - - -" wat dan op 13 Maart 1974 'n aanvang sal neem vir 'n tydperk van 5 jaar (die prospekteertydperk genoem) met dien verstande dat Sasol die reg sal hê om die prospekteerkontrak te eniger tyd gedurende die prospekteertydperk eensydig te kansel= leer deur skriftelike kennisgewing van minstens 30 dae aan die appellant. Waarop slaan die woorde "en die ander regte kragtens hierdie ooreenkoms toegeken" soos in klousule 2 gebesig ? Suiwer letterlik geneem, is hulle wyd genoeg bewoord om in die eerste plek op die
/volgende ....
18
volgende regte wat aan Sasol deur die prospekteerkontrak
verleen word, betrek te word :
1. Die regte vermeld in klousule 4 wat aan Sasol toegeken
word gedurende die prospekteertydperk vir die uitoefening
van sy prospekteerbedrywighede tot, in en oor die vermel =
de plaas
2. Die uitsluitlike reg (opsie) om gedurende die prospek=
teertydperk die steenkoolregte oor die hele vermelde
plaas, of oor 'n bepaalde gedeelte daarvan, teen R80
per morg aan te koop (klousule 5).
3. Die reg om na die uitoefening van die opsie om die
steenkoolregte aan te koop die bevoegdhede uit te oefen
/wat....
19
wat in klousule 7 uiteengesit word behalwe dat die
aspekte waarna in klousule 7(a), (d) en (e) verwys word
deur latere ooreenkoms tussen die partye gefinaliseer
moet word.
4. Die reg van Sasol om ingevolge klousule 9 sy regte onder
die prospekteerkontrak te sedeer.
Hierbenewens is daar ook in die prospekteerkontrak regte
wat aan die appellant verleen word soos aanspraak op be=
taling van die prospekteergelde (klousule 3(a)), aan=
spraak op vergoeding vir skade wat hy ly as gevolg van
Sasol se prospekteerbedrywighede gedurende die prospek=
teertydperk, die bevoegdheid om na verstryking van
/die....
20
die prospekteertydperk boorgate te gebruik wat Sasol
gedurende die prospekteertyd geboor het (klousule 12)
Dit is na my mening eintlik onsinnig om al
hierdie regte gesamentlik as "prospekteerregte" te
bestempel soos klousule 2 aan die hand doen. Dit
getuig minstens van ondeurdagtheid asook slordigheid
en swak vakmanskap by die opstel van hierdie prospek=
teerkontrak. Adv Swart het namens Sasol aan die
hand gedoen dat die uitdrukking "en die ander regte
kragtens hierdie ooreenkoms toegeken" wat in klousule
2 voorkom slegs na die regte in klousule 4 vervat,
verwys en nie na die regte in klousules 5 en 7 vermeld nie
/Hiermee.....
21
Hiermee is ek dit nie heeltemal eens nie. So 'n
benadering is na my mening te eng. Dat gemelde uit=
drukking vertolk moet word om te verwys na Sasol se
regte vir prospekteerdoeleindes gedurende die prospek=
teertydperk is ongetwyfeld so. Na my mening moet
gemelde uitdrukking ook vertolk word om te verwys na
die verlening van die reg (opsie) aan Sasol om gedurende
die prospekteertydperk die steenkoolregte aan te koop
(klousule 5). Hierdie verlening van die reg (opsie
aan Sasol om gedurende die prospekteertydperk die steen=
koolregte aan te koop (klousule 5) is immers onafskeid=
baar aan die reg om na steenkool gedurende die
/prospekteertydperk...
22
prospekteertydperk te prospekteer (klousule 1). Hulle
is onderling van mekaar afhanklik want sodra Sasol die
opsie uitoefen deur die steenkoolregte aan te koop en
houer daarvan te word, is hy voortaan in hierdie hoe=
danigheid bevoeg om te prospekteer. Die prospekteer=
regte wat die prospekteerkontrak aan Sasol verleen,
verval dan en die prospekteertydperk onder die prospek=
teerkontrak is beeïndig. Dit is 'n verdere leemte dat
die prospekteerkontrak nie uitdruklik vermeld dat die
prospekteerregte verval en die prospekteertermyn be=
exndig word sodra Sasol die opsie uitoefen om die
steenkoolregte aan te koop en houer daarvan te word nie
/Dit...
23
Dit moet verder in gedagte gehou word dat die pro= spekteerkontrak nie uitdruklik voorsiening maak vir die betaling van "opsiegelde" soos gewoonlik in prospekteerkontrakte aangetref word nie. Die afleiding is dat die partye se waarskynlike bedoeling was dat die "prospekteergelde" in klousule 3(a) ook die gebruiklike "opsiegelde" noodwendigerwyse insluit. Ek kom derhalwe tot die gevolgtrekking dat klousules 1, 2, 3, 4 en 5 van die prospekteer= kontrak onderling van mekaar afhanklik tydens die prospekteertydperk is. Klousules 7 en 12 daarenteen staan op 'n ietwat ander basis omdat hulle betrekking
/het
24
het op die na-prospekteertydperk d.w.s. nadat die
prospekteertydperk nie meer geld nie, hetsy deur
uitoefening van die opsie om die steenkoolregte aan
te koop hetsy deur verstryking van die prospekteer=
tydperk
Ek het reeds daarop gewys dat die inhoud van
klousule 7(a), (d) en (e) onvoltooid is deurdat dit eers deur latere ooreenkoms voltooi en bindend gemaak kan word. . In klousule 7(a) is dit die koopprys van die 8 ha grond wat onbepaald is. Hierdie koopprys het geen verband met die prospekteergelde van klousule 3
nie en ook nie met die aankoop van die steenkoolregte
/se
25
se prys volgens klousule 5 nie. Insgelyks hou die
bedrae wat ingevolge klousule 7(d) en (e) betaal moet
word geen verband met die prospekteergelde van klousule
3(a) en die prys vir die aankoop van die steenkoolregte
volgens klousule 5 nie. Bowendien strek klousule 7
hoofsaaklik in die belang van Sasol. Daar is die
verdere aspek dat die partye by die aangaan van die
prospekteerkontrak inderdaad besef het dat die inhoud
van klousule 7, wat betrekking het op die toestand
na die aankoop van die steenkoolregte deur Sasol,
op die oppervlak van gemelde plaas betrekking het en
dat daar 'n moontlikheid kon wees dat die appellant
/dan....
26
dan nie meer eienaar van die oppervlak is nie. Dit
sou dan noodwendig meebring dat Sasol klousule 7 (a).
(d) en (e) deur onderhandeling en ooreenkoms met die
nuwe eienaar van die oppervlakregte van die vermelde
plaas sou moes voltooi en bindend maak. Na my
mening draai daar (anders as wat adv Plewman vir die
appellant betoog het) niks om die gebruik van die
woord "moet" in die hoofsin van klousule 7 nie. Die
inhoud van klousule 7 bevat geen inperkíngs op of
uitbreidings tot die steenkoolregte as sulks nie en
derhalwe was daar geen rede waarom daar in Sasol se
Sertifikaat van Mineraalregte na aankoop van die
/steenkoolregte...
27
steenkoolregte ook na die inhoud van klousule 7 verwys
moes word nie. Tereg word daar dan ook in Sasol se Sertifikaat van Mineraalregte (Aanhangsel "0"-) geen melding van klousule 7 gemaak nie.
Ons het derhalwe hier nie te doen met die geval waar daar meerdere prestasies is waarvoor daar net één vergoeding beding is nie. Soos ek aangetoon het, is daar meervoudige vergoeding beding nl
1. prospekteergelde vir beide die reg om te prospekteer en die verlening van die opsie om die steenkoolregte aan te koop , 2. aankoopprys van die steenkoolregte ,
/3. onbepaalde
28
3. onbepaalde afsonderlike vergoeding vir elkeen van die prestasies in klousule 7(a), (d) en (e) genoem.
Bowendien het die vergoeding vermeld in nrs 1 en 2 betrekking op prestasies tydens die prospekteertydperk terwyl die vergoeding in nr 3 betrekking het op prestasies na die prospekteertydperk.
In die lig van die voorgaande is klousule 7 (a) , (d) en (e) na my oordeel geensins so onderling afhanklik van die res van die prospekteerkontrak dat die prospekteerkontrak ondeelbaar is nie. Anders gestel, klousule 7(a), (d) en (e) is nie so ineen=
gestrengel met die res van die prospekteerkontrak
/dat
29
dat die prospekteerkontrak ondeelbaar is nie. Na my oordeel is die prospekteerkontrak wel deelbaar sodat die nietigheid van klousule 7(a), (d) en (e) nie die hele prospekteerkontrak nietig maak nie en die res van die prospekteerkontrak kan wel 'n selfstandige regsgeldige bestaan voer.Hierdie gevolgtrekking is na my oordeel in ooreenstemming met die waarskynlike bedoeling van die partye soos afgelei uit die prospekteerkontrak as 'n geheel. Verder geld hierdie gevolgtrekking ook vir die ander prospekteerkontrak (Aanhangsel "B") wat mutatis mutandis gelykluidend bewoord is.
Ek moet daarop wys dat ek Von Glück,
/Ausführliche
30
Ausführliche Erläuterung der Pandecten nach Hellfeld
ein Commentar, band 20, 1819, lib 21 tit 1 para 1110
bl 63-66 wat na D 21.1.33 pr,34,35, 38.12 en .14, 39
en 40 verwys, geraadpleeg het. Insgelyks het ek
Voet 21.1.4 en 5 asook Pothier, Verhandeling van
Contracten en andere Verbintenissen (vertaling deur
Van der Linden) le deel (1804) para 287-321 geraad=
pleeg maar ek kon niks in die gemenereg vind
wat noemenswaardige lig werp op die maatstawwe waarmee
die ondeelbaarheid of deelbaarheid van 'n kontrak
op 'n praktiese wyse vasgestel kan word nie.
/Die.....
31
Die resultaat is dat die appèl van die hand
gewys word met koste wat die koste van twee advokate
insluit.
C.P. JOUBERT AR
SMALBERGER AR)
Stem saam. STEYN Wn AR)