South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 127
| Noteup
| LawCite
S v Demas (127/87) [1987] ZASCA 127 (9 November 1987)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen
HARRY DEMAS Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: VAN HEERDEN, JACOBS ARR et BOSHOFF, Wn AR
Verhoor: 3 November 1987
Gelewer: 9 November 1987
REDES VIR UITSPRAAK
JACOBS, AR :
Nadat Adv Vermeulen, namens die Staat, die Hof mee-
gedeel het dat hy die skuldigbevinding nie kan ondersteun nie.
is die appèl gehandhaaf en die skuldigbevinding en vonnis
ter ..../2
2
ter syde gestel met 'n aanduiding dat skriftelike redes
later in-gehandig sal word. Daardie redes volg nou.
Appellant en twee ander,
tw Charles Duimpies en Jool Williams (ek verwys hierna na hulle as Duimpies en
Jool) is op 17 April 1986
in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop deur
Tebbutt R en twee assessore skuldig bevind aan moord sonder versagtende
omstandighede
en al drie is ter dood veroordeel.
Slegs Jool het aanvanklik aansoek gedoen om verlof om teen die skuldigbevinding en vonnis te appelleer en die Verhoorregter het sodanige verlof aan hom toegestaan. Op 13 November 1986 is Jool se appèl deur hierdie Hof aangehoor en op 25 November 19.86 het hierdie Hof uitspraak gelewer en is die skuldigbevinding en vonnis, vir sover dit hóm betref, ter syde gestel. In voormelde
uitspraak word deurgaans na appellant verwys as Demas.
Uit ...../3
3
Uit die stukke blyk dit dat appellant, nadat hy
destyds skuldig bevind is, in 'n ander moordverhoor namens die
Staat moes getuig en dat hy daarna na Pretoria oorgeplaas is waar
hy in die gevangenis aangehou is. Op een of ander stadium het
hy vanuit die gevangenis in Pretoria aan Adv Marlow, wat by sy
verhoor namens hom opgetree het, 'n brief gerig waarin hy die wens uitgespreek het om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appel-leer en die advokaat gevra het om die nodige stappe namens hom te doen. Op 21 November 1986 het Adv Marlow, namens appellant, 'n versoekskrif ingedien waarin verlof om te appelleer aangevra is. Soos vroeër vermeld,is Jool se appèl intussen deur hierdie Hof aangehoor en is uitspraak op 25 November 1986 gelewer. Op 28 November 1986 het appellant se aansoek om verlof om te appel-
leer voor Tebbutt R gedien. Die geleerde regter het kondonasie
aan .... / 4
4
aan appellant toegestaan vir die laat indiening van sy aansoek
en verlof aan hom verleen om teen sy skuldigbevinding en vonnis
te appelleer.
Die feite van die saak en die getuienis wat deur die
staatsgetuies en deur appellant en sy twee mede-beskuldigdes
tydens die verhoor afgelê is word volledig uiteengesit in hierdie
Hof se uitspraak van 25 November 1986 in Jool Williams v Die
Staat (ongerapporteer) en dit kan geen doel dien om daardie feite en die redes waarom die skuldigbevinding en vonnis van Jool ter syde gestel is te herhaal nie. Soos Tebbutt R tereg aangetoon het toe hy verlof aan appellant verleen het om te appelleer en soos trouens ook duidelik blyk uit hierdie Hof se uitspraak in Jool se saak, was die getuienis waarop laasgenoemde deur die
Verhoorhof skuldig bevind is presies dieselfde as dié waarop
appellant .... / 5
5
appellant se skuldigbevinding berus het. Hierdie
Hof het reeds
bevind dat daardie getuienis nie bo redelike twyfel bewys dat
Jool enige aandeel gehad het in die aanval op die oorledene wat
aanleiding tot die aanklag gegee het nie. Dieselfde geld vir
sover dit appellant betref.
Die skuldigbevinding en vonnis is gevolglik ter syde
gestel.
H.R. JACOBS, AR
Ek stem saam
H.J.O. VAN HEERDEN, AK
Ek stem saam
W.G. BOSHOFF, Wn AR