South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 149
| Noteup
| LawCite
S v Booi and Others (131/87) [1987] ZASCA 149 (30 November 1987)
Download original files |
ANNELE BOOI EN ANDERE teen DIE STAAT
SMALBERGER, AR:-
131/87 N V H
131/87
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
ANNELE BOOI Eerste Appellant
DAVID TSWELE Tweede
Appellant
GOVERMENT SOGELLA Derde Appellant
ABEL
MOEKETSI Vierde Appellant
MONDE NOSE Vyfde Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM; GROSSKOPF, SMALBERGER, ARR, et STEYN, Wn
AR
VERHOORDATUM: 10 NOVEMBER 1987 LEWERINGSDATUM: 30 NOVEMBER
1987
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR:-
Gedurende die nag van 23 November 1985 is
Vuyisile Ntlangano (die
oorledene), wat 'n gevangene was in
2
sel 5 van die Goedemoed Gevangenis in die.distrik Rouxville, deur van sy medegevangenes wreed aangerand en om die lewe gebring. Voortspruitend uit hierdie gebeure het die vyf appellante (as beskuldigdes 1 tot 5 onderskeidelik) , tesame met die voormalige beskuldigde 6, in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling voor EDELING, R, en twee assessore, tereggestaan op 'n aanklag van moord. Na afloop van die verhoor is die vyf appellante aan moord skuldig bevind, terwyl beskuldigde 6 onskuldig bevind en ontslaan is. By ontstentenis ván versagtende omstandighede is elk van die appellante die doodvonnis opgelê. Verlof is deur hierdie Hof aan die vyf appellante verleen om teen hulle skuldigbe= vindings en vonnisse te appelleer nadat die hof a quo hulle
sodanige /
3
sodanige verlof geweier het. Gerieflikheidshalwe sal
ek
voortaan na die appellante verwys soos hulle by die verhoor
bekend gestaan het.
Dit is gemene saak dat daar, insluitende die oor=
ledene, een en twintig bewoners was van die betrokke sel waarin
die tragiese gebeure hulle afgespeel het. Van hulle was
dertien lede van die 28 bende, en agt lede van die 26 bende
Hulle was reeds sedert die vorige maand saam in die sel, en
hulle is daar geplaas nadat hulle, op navraag van 'n gevangenis=
amptenaar, voorgegee het aktiewe bendelede te wees. Die 26
en 28 bendes is blykbaar geswore vyande, en die plasing in een
sel van aktiewe lede van beide bendes het 'n gespanne en
potensieel plofbare atmosfeer tot gevolg gehad. Die be=
skuldigdes is almal lede van die 28 bende; die oorledene was
'n lid /...
4
'n lid van die 26 bende. Die lede van die 28 bende in die sel was
verdeel tussen die sogenaamde "bloedlyn" (bestaande uit "offisiere"
met
verskillende range, sowel as "soldate") en die sogenaamde "privaatlyn"
(bestaande uit "wyfies")- Dit is gemene saak dat beskuldigdes
1, 2 en 4 lede van
die bloed= lyn is, en onderskeidelik 'n "draadloos" , 'n "inspekteur" en 'n
"sekretaris" is, en beskuldigdes 3 en 5 "wyfies" is.
Die skuldigbevinding
in die onderhawige saak is gegrond op die aanvaarding deur die verhoorhof van
die getuienis van die getuie Samuel
Meyers, 'n lid van die 28
bende wat
beweer het dat hy 'n wyfie, of 'n voormalige wyfie,
is. Sy getuienis kom
kortliks op die volgende neer. Op 25 Julie 1985, terwyl hy 'n bewoner van sel 4
was, is daar
'n lid /
5
'n lid van die 28 bende deur sy medebendelede vermoor.
Meyers was 'n ooggetuie tot die pleging van die misdaad-
In blykbare afwyking van die aanvaarde reëls van die bende
het hy 'n verklaring afgelê ten opsigte van die voorval.
Volgens Meyers het sy medebendelede hom daarvoor verkwalik,
en is hy met die dood gedreig. Die aand van die oorledene
se dood het beskuldigde 1 Meyers na sy slaapplek ontbied.
Voordat ek verder met Meyers se getuienis handel, sal dit
gerieflik wees om 'n beknopte beskrywing van die betrokke sel
te gee. Toegang tot die sel word deur 'n staal traliedeur
verkry. Hierdie deur is na aandie een punt van die sel
geleë. Regs van die deur, soos die sel binnegegaan word,
is daar 'n wasbak teen die dwarsmuur van die sel. Agter die
wasbak /....
6
wasbak, in die hoek skuins teenoor die deur, is daar
'n
afskorting waarin die stort- en toiletgeriewe geleë is.
Links van die deur, oor 'n afstand van omtrent driekwart van
die lengte van die sel, tot teenaan die verste hoek, is die
slaapplekke van die lede van die 28 bende langs die muur
geleë. Langs die muur aan die teenoorgestelde kant van die
sel strek die slaapplekke van die lede van die 26 bende oor
naasteby dieselfde afstand. Tussen die slaapplekke van die
28 bendelede aan die een kant, en die 26 bendelede aan die
ander, is daar 'n oop spasie of gang. Van die 26's se slaap=
plekke was dié van die oorledene die naaste aan die toilet=
gedeelte van die sel. Ene Joseph van Wyk se slaapplék was
langs dié van die oorledene.
Nadat /...
7
Nadat hy deur hom ontbied is, het Meyers .na
beskuldigde 1 se slaapplek gegaan. Beskuldigdes 2 en 4
was ook daar. Meyers is deur hulle daarvan beskuldig dat
hy 'n verklaring in die vorige moordsaak afgelê het.
Ofskoon die beskuldiging waar was, het hy ter wille van sy
eie veiligheid dit ontken. Hy is terug na sy eie slaapplek,
Dit is nie nodig om die verdere gebeure in die sel wat die
aanval op die oorledene voorafgegaan het (soos getuig deur
Meyers) in detail te behandel nie. Ek volstaan met te sê
dat, ofskoon daar aanduidings was dat die 28 bende voornemens
was om die 26 bende aan te val, Meyers beweer dat hy deuren=
tyd gevrees het dat dit net 'n skyn was, en dat hy die skyf
sou wees van enige aanval wat in die sel geloods sou word,
Gevolglik /...
8
Gevolglik het hy beskuldigdes 1, 2 en 4, versigtig dopgehou.
Op 'n stadium het hy opgelet hoedat een van die 28 lede,
Simon Andries, na die toilet-gedeelte van die sel gegaan
het en met 'n versteekte voorwerp (of voorwerpe) teruggekeer
het wat hy aan beskuldigdes 1, 2 en 4 oorhandig het. Op
'n latere tydstip het beskuldigdes 1 tot 5 hulle klere aan=
getrek, 'n aanduiding dat daar moeilikheid aan die kom was
Beskuldigde 1 het toe na die toilet-gedeelte van die sel
gegaan, en Meyers geroep om na hom te kom. Meyers het eers
geweier, maar het tog nader gegaan om te hoor wat beskuldigde
1 vir hom wou sê. Beskuldigde 1 bring toe 'n tuisgemaakte
mes te voorskyn. Meyers het min of meer dieselfde tyd opgelet
dat beskuldigde 2 agter hom is. Bevrees vir sy eie veiligheid
het /..
9
het Meyers skuiling gaan soek agter Joseph van Wyk. Die vyf beskuldigdes
het hom genader, en beskuldigde 1 het gesê dat hulle
hom (Meyers) soek. Hy
het agter van Wyk bly skuil totdat laasgenoemde padgegee het. Met dié het
Meyers agter die oorledene
inbeweeg - dieselfde tyd toe die oorledene voor hom
inbeweeg het. Hierdie gebeure het op die 26's se kant van die sel plaasgevind.
Die oorledene sê toe vir beskuldigde 1 dat as hulle met Meyers wou baklei
hulle dit op die 28 's se kant van die sel moes doen.
Beskuldigde 1 het toe "Up"
geskree, en die oorledene gesteek. Die oorledene het teen Meyers geval, wat op
sy beurt weer teen die
muur geval het. Beskuldigde 1 het voortgegaan om die
oorledene te steek. Die oorledene het na die teenoorgestelde hoek van die
sel,
nog /
10
kous. Mettertyd het die oorledene op die vloer inmekaargesak.
nog aan die 26's se kant, gevlug. Hy is deur die vyf beskuldigdes agternagesit. Daar het toe 'n algemene bakleiery in die sel ontstaan. In die hoek is die oorledene deur beskuldigde 3 geslaan met 'n kous wat 'n beker ingehad het. Toe die oorledene uit die hoek probeer vlug, het be= skuldigde 1 hom beetgekry en weer begin steek. Beskuldigde 3 het hom aanhoudend op die kop geslaan met die beker in die
Hy het op sy rug gelê. Beskuldigde 2 het toe langs hom kom
kniel en hom verskeie kere gesteek. Beskuldigde 2 was ook
in besit van 'n tuisgemaakte mes. Terselfdertyd het beskuldigde
1 die oorledene se keel probeer sny. Intussen het beskuldigde
4, wat ook in besit was van 'n tuisgemaakte mes, 'n aantal 26
lede /....
11
lede in dië hoek waaruit die oorledene vroeër gevlug het,
vasgekeer, oënskynlik om te verhoed dat hulle hom te hulp
snel. Die oorledene het min of meer in die middel van die
sel gelê. Terwyl hy daar aangerand is, het Meyers opgelet
dat beskuldigde 6 op sy slaapmat gelê het waar hy besig was
om 'n aanval van vallende siekte te kry. Volgens Meyers was
beskuldigde 6 nooit by die aanranding op die oorledene be=
trokke nie. Beskuldigdes 1 en 2 het toe die oorledene aan
sy voete gevat en hom tot voor die toilet se deur gesleep.
Daar het hulle 'n lyfband om die oorledene se nek geplaas,
en aan weerskante van die band getrek terwyl hulle teen sy
kop vasgetrap het. Terwyl hulle dit gedoen het, was beskul=
digde 5 besig om op die oorledene te trap. Beskuldigde 5 was
ook /...
12
ook in besit van 'n kous met 'n voorwerp in waarmee hy voorheen na die
26's geslaan het. Hy het later by beskuldigde 2 oor= geneem
en beskuldigde 1
gehelp om die lyfband om die oorledene se nek styf te trek. Daarna het
beskuldigdes 1 en 5 die oorledene aan die
traliedeur van die sel gaan vasmaak.
'n
Rukkie later het beskuldigdes 1 en 2 hom losgemaak. en hulle het hom tot
by die wasbak gesleep. Daar het hulle hom laat lê
totdat die
gevangenisowerhede opgedaag het. Hy was teen dié tyd reeds dood.
Benewens Meyers het Joseph van Wyk en ene
Christopher Tsewu, wat ook 'n bewoner van die sel (en lid van die 26 bende) was, namens die Staat getuig oor die aanval op
die oorledene, Die verhoorhof het egter bevind dat hulle
leuenagtige/
13
leuenagtige getuies was, en het hulle getuienis by die be=
oordeling van die saak geheel en al buite rekening gelaat-
Gevolglik berus die Staat se saak, wat die gebeure in die sel
betref, uitsluitlik op die getuienis van Meyers.
Die nadoodse ondersoek op die liggaam van die
oorledene dui daarop dat hy 'n menigte beserings opgedoen het
Hy is dood as gevolg van veelvuldige wonde aan die kop en
romp met skedelbreuke, breinbloeding en inwendige bloeding,
Verskeie van sy wonde, onder andere die skedelbreuke, is ver=
oorsaak deur die toepassing van stompgeweld; verskeie ander
wonde was van 'n indringende aard, meesal oppervlakkig, en het
tekens getoon van toediening met 'n tuisgemaakte mes (of messe)
Die nadoodse bevindings strook oor die algemeen met Meyers se
beskrywing /....
14
beskrywing van die aanranding op die oorledene. Die enigste
uitsondering is in die geval van die oorledene se nekbeserings. Dié
kom
nie volkome ooreen met Meyers se beskrywing van hoe beskuldigde 1 die oorledene
se nek sou gesny het en hoe hy (die oorledene)
later gewurg is nie. In
dié opsig is Meyers se getuienis klaarblyklik oordrewe. Van die nadoodse
bevin= dings kan geredelik
afgelei word dat die oorledene se beserings
aansienlik moes gebloei het.
Majoor van Rooyen, die hoof van die betrokke
seksie van die Goedemoed Gevangenis, het getuig dat toe hy na die voorval op die
toneel
opgedaag het, beskuldigde 4 verskeie
voorwerpe, insluitende drie
tuisgemaakte messe en twee kouse met staal bekers in, aan hom oorhandig het. Dit
is gemene
saak /
15
saak dat die drie messe van beskuldigdes 1, 2 en 4 afkomstig
was. Hy het geen bloed op enige van die voorwerpe opgemerk
nie. By latere visentering van die sel is daar egter
bebloede lyfband gevind. Van die ander gevangenes in die sel
was beseer, en moes later mediese behandeling ontvang.
Majoor van Rooyen was egter nie daartoe in staat om besonderhede
van hulle beserings te verstrek nie.
Volgens adjudant-offisier Haywood van die Suid-
Afrikaanse polisie, wat na die toneel ontbied is, het ses
van die gevangenes, onder wie beskuldigde 2,van beserings
gekla. Een van hulle het 'n sny op sy kop gehad en sy hemp
was volbloed; 'n ander het twee steekmerke op sy kop gehad;
nog 'n gevangene het 'n winkelhaakvormige oop besering op sy kop
gehad /...
16
gehad.'n Vierde gevangene het snymerke, op sy maag, en linker=
arm gehad asook steekmerke op sy nek, regterbors en linkerblad,
terwyl die vyfde een 'n enkele steekwond op sy kop gehad het.
Ofskoon beskuldigde 2 van 'n besering aan sy regterwang gekla
het, kon Haywood geen tekens van 'n besering vind nie. Dit is
gemene saak dat al die gevangenes wat beserings opgedoen het,
lede van die 26 bende is. Haywood het verder getuig dat
"terwyl ek so geskuif het van die een na die ander, het ek
sommer so vlugtig deurgekyk en toe ook aantekeninge gemaak van
die bloedspatsels en die ander merke op die klere wat ek
gemerk het". Hy het op hierdie aantekeninge staatgemaak
toe hy getuig het. Volgens hom het hy opgemerk dat, afgesien
van die gevangene na wie ek reeds verwys het wie se hemp vol
bloed....
17
bloed was,beskuldigde 1 se "broekspype was vol bloedspatsels
en die sitplek was vol eierdoppe", beskuldigde 2 "se broeks=
pype het ook bloedspatsels opgehad", beskuldigde 3 "se
linkerskoen aan die linkerkant bo-op, was vol bloed", en
beskuldigde 6 "het bloed voor op die broek gehad". Meyers
het ook bloedspatsels op sy broek gehad. Haywood het nie
bloed op beskuldigdes 4 of 5, of enige van die ander gevange=
nes, opgelet nie. Hy het egter toegegee dat hy nie noukeurig
hulle klere nagegaan het nie, en dat daar op sommige van die
gevangenes bloedspatsels kon gewees het wat hy nie raakgesien
het nie. Haywood het ook verder getuig oor die aanwesigheid
van wydverspreide bloedkolle en bloedsmere op die vloer en
teen van die mure van die sel. Die fotos wat van die sel
geneem /...
18
geneemis, bevestig sy getuienis in dié verband. Majoor van
Rooyen het die voorwerpe wat hy vroeër ontvang het, aan Haywood
oorhandig.
Aanvanklik het Haywood getuig dat hy nie bloed op enige van die voorwerpe gesien
het nie; toe sy aandag egter later daarop
gevestig is, het hy toegegee dat daar
droë bloed voorkom op een van die bekers wat in 'n kous was. Onder
kruisverhoor het hy
bevestig dat daar geen tekens van bloed op enige van die
drie messe was nie. Op die lyfband wat later gevind is, het hy wel bloed
opgemerk.
By die getuienis van die vyf beskuldigdes hoef daar nie lank
stilgestaan te word nie. Hulle het almal deelname aan die aanranding
op die
oorledene ontken. Volgens hulle het die lede van die 26's die moeilikheid in die
sel
begin /
19
begin deur die lede van die 28's aan te val. Die oorsaak
daarvan was onmin oor 'n wyfie, ene Bosman. In soverre
hulle oor die aanranding op die oorledene getuig, verbind
hulle Meyers, Simon Andries en ene Louis Johnson daarmee.
Beskuldigde 1 het erken dat toe die moeilikheid in die sel
ten einde geloop het, hy in besit van een van die tuisgemaakte
messe was, maar het verduidelik dat hy dit opgetel het nadat
een van die 26's dit laat val het toe hy deur Simon Andries
geslaan is. Hy ontken egter dat hy ooit iemand daarmee gesteek
het. Beide beskuldigdes 2 en 4 erken dat hulle messe gehad
het. Hulle beweer dat hulle die messe van Simon Andries
ontvang het. Die messe is gebruik om hulle mee te verdedig,
maar niemand is deur húlle gesteek nie. Beskuldigde 3 het
getuig /...
20
getuig dat toe die moeilikheid in die sel begin, beskuldigde
6 'n aanval van vallende siekte gekry het, en hy hom toe be=
hulpsaam was. Beskuldigde 5 het hom later by hulle aangesluit,
en hulle het beskuldigde 6 opgepas totdat die gebeure ten einde
geloop het. Tydens die bakleiery in die sel was sy aandag
hoofsaaklik op beskuldigde 6 toegespits. Beskuldigde 5 se
getuienis kom ooreen met dié van beskuldigde 3. Albei van
hulle ontken dat hulle in besit was van kouse met bekers in,
of enige ander wapens.
Na 'n volledige uiteensetting en ontleding van die
getuienis wat deur die Staat aangebied is, opper die verhoor=
hof in sy uitspraak die vraag "of die Hof, aangesien die Hof
die getuienis van Joseph van Wyk en Christopher Tsewu as on=
betroubaar /...
21
betroubaar verwerp het, tot enige bevinding kon kom met.
betrekking tot die skuld van die beskuldigdes uit hoofde
van die getuienis van getuie 4 (Meyers)". Daarna word oor=
weging aan die getuienis van die beskuldigdes verleen, en om
goeie en aanvaarbare redes, gegrond op die swak indruk wat
hulle as getuies gemaak het en die onwaarskynlikhede in
hulle weergawes, gemeet teen veral die reële getuienis, kom
die verhoorhof tot die slotsom "(h)ul getuienis word verwerp
in alle opsigte waarin dit met die getuienis van Samuel
(Meyers) bots, en die Hof aanvaar die getuienis van Samuel"
Dit is nie vir die doeleindes van hierdie uitspraak
nodig om enige kommentaar oor die verhoorhof se redes vir die
verwerping van die beskuldigdes se getuienis te lewer nie.
Dit /....
22
Dit is voldoende om te sê dat die beskuldigdes klaarblyklik in
baie opsigte ongeloofwaardige en leuenagtige getuies was. Waaroor
dit egter in
hierdie appèl gaan is die verhoorhof se benadering tot die getuienis van
Meyers, en die korrektheid van sy aanvaarding
daarvan.
Dit is opvallend dat
die verhoorhof nêrens in sy uitspraak sê wat sy benadering tot
Meyers se getuienis is nie. Ofskoon
daar in die ontleding van Meyers se
getuienis na aspekte daarvan verwys word as synde aanduidend van sy betrou=
baarheid, lewer die
verhoorhof geen kommentaar oor sy houding in die getuiebank
nie. Daar word ook geen, of geen oortuig= ende, redes verstrek vir die
bevinding
(wat alhoewel nie uit= druklik gemaak is nie nogtans implisiet is in die
uitspraak)
dat /
23
dat Meyers 'n geloofwaardige getuie was, of waarom sy
getuienis aanvaar
is nie. Die verhoorhof se benadering tot Meyers se getuienis word vir die eerste
keer onthul in die verhoorregter
se uitspraak op die aansoek om verlof om
appèl aan te teken waar hy homself as volg uitlaat:
"Die Hof het hom egter voor sy uitspraak daarvan gewaarsku en dit in ag geneem, dat Samuel Meyers in daardie opsig 'n enkelgetuie is, en ook dat hy 'n gevangene is en derhalwe 'n persoon prima facie van swak karakter is, en dat daar 'n baie wesenlike gevaar bestaan dat hy, synde iemand is wat teen= woordig in daardie sel was, maklik getuienis kan fabriseer en dit geloofwaardig kan laat klink, omdat hy wel aspekte moes waargeneem het en dit baie maklik aanpasbaar is om die beskuldigdes nou te impliseer. En daarom dat aldrie die lede van die Hof, gesoek het na inhererite swakhede in sy getuienis en ook aan die anderkant, of daar nie in die ander getuienis betroubare wesenlike feite is wat vir Samuel staaf nie".
Dit /...
24
Dit blyk duidelik uit hier.die benadering tot Meyers
se getuienis, sowel as die verhoorhof se uitspraak, dat die
verhoorhof aanvaar het dat Meyers geen deel gehad het aan die
beplanning of uitvoering van die aanranding op die oorledene
nie - en dat hy dermate 'n onskuldige waarnemer was. Dit is
sterk te betwyfel of Meyers so onskuldig is soos hy voorgegee
het. Sy bewering dat hy nie meer ten tyde van die voorval
'n aktiewe bendelid was nie, strook geheel en al nie met sy
optrede 'n maand vantevore toe hy hom uitdruklik as sodanig
geïdentifiseer het nie. Sy pogings om hierdie optrede te
verskoon en te verduidelik is onoortuigend. Die 28's het
klaarblyklik beplan om die oorledene dood te maak - die áard
en omvang yan die aanranding op hom spreek duidelik hiervan.
Dit /....
25
Dit is onwaarskynlik dat daar ooit beoog was om Meyers aan
te val - as die 28 's met hom wou afgereken het, was daar
ruim geleentheid daarvoor, en dit is insiggewend dat Meyers
hoegenaamd nie aangerand of beseer is nie. Dit is waar=
skynlik dat die voorspel van die aanranding op die oorledene
vooraf beplan was, en dat Meyers deel gehad het daaraan.
Dit is eenvoudig te toevallig dat hy op die kritieke tydstip
in die oorledene se omgewing was en agter hom beland het.
Die omstandighede wek minstens 'n sterk suspisie van deelname
deur Meyers. Hy is duidelik nie bo verdenking nie.
Gevolglik behoort hy nie net as 'n enkelgetuie beskou te
gewees het nie, maar as 'n medepligtige, As bykomende oorwe=
ging moes die verhoorhof dus in gedagte gehou het dat Meyers
moontlik /...
26
moontlik homself probeer beskerm ten koste van een of meer van die beskuldigdes, of die werklike daders, of van hulle, beskerm deur hulle rolle aan die beskuldigdes, of van hulle, toe te dig. Na aanleiding hiervan behoort die verhoorhof die getuienis van Meyers met groter versigtigheid te benader het as wat nodig sou gewees het as hy bloot net 'n enkelgetuie was. Dit het die verhoorhof blykbaar nie gedoen nie. Sy versuim in dié opsig kom op 'n mistasting neer. Gevolglik moet ons die getuienis opnuut in oënskou neem om vas te stel of die beskuldigdes se skuld bo alle redelike twyfel bewys is. Soos reeds gemeld, staan Meyers se getuienis nie bo verdenking nie. Dit is waarskynlik dat hy sy eie betrokkenheid by die aktiwiteite van die 28 bende, en die beplanning van die
aanval /
27
aanval op die oorledene, probeer verbloem het. Hy kan dus nie as 'n
volkome openhartige en betroubare getuie bestempel word nie. Ek
het ook alreeds
daarop gewys, met betrekking tot die nadoodse bevindings, dat sy getuienis in
sekere opsigte oor=) drewe was. Na
aanleiding hiervan, die feit dat hy
waarskynlik 'n persoon van swak inbors is, en dat hy vanweë sy besondere
kennis van die
gebeure maklik enige leuens sal kan inklee sodat hulle die skyn
van waarheid kan verkry, moet sy getuienis noodwendig met wantroue
bejeën
word. Dit is onteenseglik so dat Meyers 'n samehangende relaas gee van
die gebeure wat in die sel plaasgevind het, en dat die nadoodse bevindings en
die toestand van die sel
na die voorval sy waarnemings staaf. Alles dui dus
daarop dat hy 'n goeie waarnemer is. Die vraag
is egter /
28
is egter nie hoe die gebeure in die sel verloop het nie en
hoe die oorledene omgekom het nie, maar wie vir sy dood ver=
antwoordelik is.
In die besondere omstandighede van die onderhawige
saak verg die behoorlike toepassing van die versigtigheidsreël
met betrekking tot die getuienis van medepligtiges dat daar
stawing van Meyers se getuienis moet wees wat die vyf beskul =
digdes met die pleging van die misdaad verbind alvorens sy
uitwysing van hulle as die skuldiges bo alle redelike twyfel
aanvaar kan word. (Vgl S v Mhlabathi 1968(2) SA 48 (A) op
51 A). Sodanige stawing is nie te vinde in die getuienis van
enige ander ooggetuie nie, want die getuienis van die enigste
ander ooggetuies, van Wyk en Tsewu, is tereg deur die verhoor=
hof /...
29
'hof verwerp. Daar is betoog dat die aanwesigheid van
bloed op beskuldigdes 1, 2 en 3 sodanige stawing bied.
In 'n gepaste geval kan die aanwesigheid van bloed op 'n
persoon sy betrokkenheid by 'n aanranding bevestig. Hierdie
is egter myns insiens nie so 'n geval nie - ten minste skep
dit nie noodwendig in die geval van beskuldigdes 1, 2 en 3
verbintenis met die aanval op die oorledene nie. Daar is
geen getuienis oor die mate waartoe die aanranders van die
oorledene en die ander beseerdes bloed aan hulle sou gekry het
nie. Die oorledene het duidelik erg gebloei, maar dit is on=
seker tot welke mate die ander beseerdes sou gebloei het
(behalwe dat een van hulle se hemp vol bloed was). Haywood
het vinnig gekyk wie bloed aan hulle het. Hy het geen onaf=
hanklike /....
30
hanklike herinnering van sy waarnemings nie maar maak alleen
op sy aantekeninge staat. Hy gee geredelik toe dat afgesien
van die persone in sy getuienis genoem daar bloedspatsels aan
ander gevangenes ook kon gewees het. Sy aantekeninge is
(heel verstaanbaar) nie baie duidelik presies oor waar bloed
gevind is, en in watter hoeveelheid nie. Dit staan egter vas
dat daar wydverspreide bloedkolle en bloedsmere in die sel
was. Daar moes heelwat beweging, onder andere van die
beseerdes, in die sel gewees het. Na hy die eerste keer
gesteek is, het die oorledene tot die uiterste hoek van die
sel beweeg, en later weer terugbeweeg na die middel van die
sel. Tydens die woelinge in die sel kon persone wat nie by
die aanranding op die oorledene betrokke was nie, bloed=
spatsels /...
31
spatsels (of selfs meer bloed) op hulle gekry het. In=
siggewend is die feit dat van die persone wat Meyers by
die misdaad betrek, beskuldigdes 4 en 5 nie bloed op hulle
gehad het nie, terwyl hyself en beskuldigde 6, wat hy vry=
spreek van aandadigheid, wel bloed aan hulle klere gehad
het. Afgesien hiervan is daar geen getuienis dat die bloed
op beskuldigdes 1, 2 en 3 die oorledene se bloed, of bloed
soortgelyk aan dié van die oorledene, was nie. In die lig
van hierdie oorwegings kan daar na my mening nie gesê word
dat die bloed aan die klere van beskuldigdes 1 en 2, en op
die skoen van beskuldigde 3, hulle noodwendig met die aanval
op die oorledene verbind nie, en dus wesenlike stawing vir
Meyers bied nie. In die geval van beskuldigde 1 was daar
ook /....
32
ook eierdoppe aan sy klere gevind. Dit blyk uit die
getuienis dat daar in die hoek van die sel naaste aan die
deur eierdoppe in 'n hoop was - die gevangenes het blykbaar
eiers vir aandete genuttig. Selfs Meyers se getuienis bied
geen verduideliking van presies hoe die eierdoppe aan
beskuldigde 1 se klere gekom het nie. Al sou die aanwesig=
heid van eierdoppe aan beskuldigde 1 se klere beteken dat hy
op 'n stadium op die vloer naby die deur moes gewees het, dui
dit nie noodwendig op sy betrokkenheid by die aanval op die
oorledene nie.
Stawing is ook nie geleë in die blote feit dat
daar messe in die besit van beskuldigdes 1, 2 en 4 was nie.
Sodanige besit word deur hulle erken, en gevolglik is dit op
sigself /...
33
sigself nie 'n faktor wat Meyers se getuienis versterk of
onderskraag nie. Dit sou stawend van Meyers se getuienis
wees as daar, in weerwil van die betrokke beskuldigdes se
ontkennings in dié verband, aanduidings was dat die messe
deur hulle gebruik is om die oorledene mee te steek.
In die loop van sy getuienis is professor Olivier, wat die
nadoodse ondersoek op die oorledene se liggaam uitgevoer
het, gevra of hy enige bloed kon waarneem op enige van die
drie messe wat as bewysstukke ingehandig is. Met betrekking
tot een mes het hy geantwoord "met die blote oog sou ek sê
daar tog vlekke is wat daarby inpas". Hy het geen
sulke tekens op die ander twee messe bespeur nie. Na aan=
leiding hiervan het die verhoorhof tot die gevolgtrekking
gekom /...
34
gekom dat daar waarskynlik bloed op die een mes was. Professor Olivier
se waarnemings is gemaak meer as tien maande na die voorval
en is nie gegrond op
enige weten= skaplike ondersoek nie. Dit bots met die getuienis van die getuies
van Rooyen en Haywood, wat daarop
neerkom dat
hulle onmiddellik na die
voorval geen tekens van bloed aan
die messe bespeur het nie - welke getuienis
die verhoorhof blykbaar oor die hoof gesien het. In die afwesigheid van
forensiese getuienis
tot dien effek ontbreek daar afdoende bewys dat daar wel
bloed op enige van die messe was. Dit staan vas dat daar meswonde aan die
oorledene en van die ander beseerdes toegedien is. Dit volg egter nie nood=
wendig dat die messe wat gebruik is, dié in die
beskuldigdes
se /
35
se besit was nie. Ofskoon dit die enigste messe is wat aan die owerhede
oorhandig is, bestaan die redelike moontlikheid dat, ondanks
visentering van die
sel, daar ander messe was wat versteek is. Alhoewel Haywood aan= wesig was, het
hy nie self die sel deursoek
nie, en die persoon of persone wat dit gedoen het,
het nie getuig nie.
By ontstentenis van stawing van Meyers se getuienis wat
die beskuldigdes impliseer, ontbreek die nodige waarborg van sy betroubaarheid,
en kan sy getuienis nie bo alle rede= like twyfel aanvaar word nie. Gesien die
gevare inherent in 'n aanvaarding van Meyers se getuienis
bestaan daar twyfel of
al vyf die beskuldigdes, of indien nie al vyf nie, welke van hulle, deel gehad
het aan die aanranding op die
oorledene,
Daar /
36
Daar bestaan wel sterk suspisie, selfs 'n waarskynlikheid,
dat minstens sommige van die vyf beskuldigdes vir die dood
van die oorledene aanspreeklik is, maar hulle aandadigheid
is nie bo alle redelike twyfel bewys nie.
Die appèlle slaag, en die appellante se skuldig=
bevindings en vonnisse word tersyde gestel.
J W . SMALBERGER APPèLREGTER.
GROSSKOPF, AR - Stem saam