South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 15
| Noteup
| LawCite
S v Burger and Others (130/86) [1987] ZASCA 15 (25 March 1987)
Download original files |
Saak nr 130/86 MC
S.J. BURGER Eerste Appellant
J.G. SCHEEPERS Tweede Appellant
J.V.A. MATTHYSEN Derde Appellant
D.A. DU RANDT Vierde Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
VIVIER AR.
Saak nr 130/86
M C
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
SCHALK JOHANNES BURGER Eerste Appellant
JOSEPH GEORGE
SCHEEPERS Tweede Appellant
JOHANNES VALENTINE ADRIAAN
MATTHYSEN Derde Appellant
DANIEL ARNOLDUS DU RANDT Vierde
Appellant
- en -
DIE STAAT Respondent
Coram: VILJOEN, GROSSKOPF et VIVIER
ARR.
Verhoor: 16 Maart 1987.
Gelewer: 25 MAART 1987.
UITSPRAAK
VIVIER AR /
2.
VIVIER AR:-
Die vier appellante, na wie ek hierna as beskuldigdes 1, 2, 3 en 4 onderskeidelik verwys, het in die Westelike Rondgang Plaaslike Afdeling op Klerksdorp voor SCHABORT R en twee assessore tereggestaan op drie aanklagte: een van roof met verswarende omstandighede, een van verkragting en een van moord. Op die aanklagte van roof en verkragting is al vier skuldig bevind en op die moordaanklag is slegs beskuldigdes 1 en 2 skuldig bevind. Geen versagtende omstandighede is t o v die moordaanklag bevind nie en beide beskuldigdes 1 en 2 is op hierdie aan= klag ter dood veroordeel. Op die roofaanklag is elke beskuldigde tot 12 iaar gevangenisstraf gevonnis. Op die aanklag van verkragting is beskuldigdes 1 en 2 die dood=
vonnis /
3.
vonnis opgelê en is beskuldigdes 3 en 4 elk tot 16
jaar gevangenisstraf gevonnis. Dit is gelas dat 10 jaar van elk van beskuldigdes
3 en 4 se vonnis op die roofaanklag saamloop met die vonnis op die aanklag van
verkragting. Met verlof van die Verhoorregter appelleer
beskuldigde 1 nou na
hierdie Hof teen sy skuldigbevinding en vonnis op al drïe aanklagte.
Beskuldigde 2 appelleer teen die bevinding
dat daar by die pleging van die moord
geen versagtende omstandighde was nie en teen die gevolglike doodvonnis wat hom
opgelê
is,sowel as teen die doodvonnis wat hom opgelê is op die
aanklag van verkragting. Beskuldigdes 3 en 4 appelleer slegs teen
hul vonnisse
op die roof- en verkragtingaanklagte..
Die /
4.
Die aanklagte spruit uit die gebeure van die nag van 1 tot 2 Februarie
1985 op Klerksdorp. Vroeer die aand het beskuldigdes 1 en 2,
wat bevriend was,
vir beskuldigdes 3 en 4, wat mekaar goed geken het, voor die Tivoli Hotel op die
dorp raakgeloop. Beskuldigde 4
het beskuldigde 2 gevra of hy kon saamry huis
toe, en daar is toe afgespreek dat beskuldigde 4 eers vir die ander 'n drankie
sou
gaan koop by die Constantia Hotel. Van die Tivoli Hotel is al vier in
beskuldigde 1 se Colt Galant motor na die Constantia Hotel,
waar hulle saam
gedrink het. Ongeveer 11 uur die aand het die vier beskuldigdes saam die
Constantia Hotel verlaat. Voor die hotel
het beskuldigde 2 onverwags 'n
verbygaande motor gestop, in die motor
gespring /
5. gespring en die bestuurder, ene Johannes Mophuting, gevra
om hom huis toe te neem. Mophuting het tot by die polisiestasie gery
en
stilgehou. Beskuldigde 2 het uitgeklim en weer by die ander, wat hom in
beskuldigde 1 se motor gevolg het, ingeklim. Hy het aan
hulle gesê dat hy
n aantal kassette voor in Mophuting se motor gesien het, en hulle het in
beskuldigde 1 se motor, bestuur
deur homself, agter Mophuting aangejaag tot waar
hy by sy huis in Jouberton, 'n woonbuurt vir Swartes naby Klerksdorp, gestop
het.
Uit vrees vir sy agtervolgers het Mophuting in sy motor bly sit, die deure
gesluit en aanhoudend op die toeter gedruk. Beskuldigde
2 en nog een, wat die
verhoorhof bevind het waarskynlik beskuldigde 3 was, het na Mophuting se motor
gekom en beskuldigde 2 het die
ruit
van /
6.
van die linker-voordeur met 'n klip stukkend geslaan en 'n
speelgoed-rewolwer op Mophuting gerig. Gelukkig vir Mophuting het hulp
op
daardie stadium opgedaag en hy het kans gekry om weg te kom. Die
speelgoed-rewolwer het beskuldigde 4 oorspronklik vir sy kleinboet
gekoop en hy
het dit gedurende die agtervolging van Mophuting aan beskuldigde 2 oorhandig.
Die verhoorhof se bevinding dat die vier
beskuldigdes Mophuting agtervolg het in
'n ge= samentlike poging om hom te beroof,is nie op appèl aangeveg
nie.
Vanaf Mophuting se huis is die vier beskuldigdes in beskuldigde 1 se
motor na 'n sjebeen in Jouberton waar hulle sonder sukses probeer
het om drank
te koop. Hulle het daarvandaan vertrek en net buite Jouberton afgekom
op /
7. op die klaer in die roofaanklag, Jacob Wessie en sy vriendin
Ginny Goitseone, na wie ek hierna as die oorledene sal verwys, waar
hulle voor
in Wessie se BMW motor langs die pad gesit het. Die vensters van die BMW was toe
en die deure gesluit. Beskuldigde 1 het
langs die BMW gestop. Beskuldigde 2 het
na die BMW gegaan, met die speelgoed-rewolwer geklop teen die ruit waar Wessie
agter die
stuurwiel gesit het, aan Wessie geskree dat dit die polisie is en hom
beveel om die deur oop te maak. Toe wessie gehoorsaam, het
beskuldigde 2 die
motorsleutels gegryp en gevra om sy rybewys te sien. Terwyl hy na Wessie se
bewysboek kyk, het hy verklaar dat
die voertuig gesteel is en dat hy Wessie na
die polisiestasie gaan neem.
Hy /
8. Hy het terselfdertyd vir Wessie uit sy voertuig geruk.
Beskuldigde 2 het die oorledene beveel om die agterdeur oop te maak, wat
sy
gedoen het. Hy het beskuldigde 4, wat intussen nader gekom het, aangesê om
links agter die oorledene, wat in die passasiersitplek
voor gesit het, in te
klim. Op beskuldigde 2 se bevel het Wessie agter langs beskuldigde 4 ingeklim.
Beskuldigde 2 het die speelgoed-rewolwer
aan beskuldigde 4 oorhandig met die
opdrag om Wessie te skiet as hy iets sou probeer doen. Beskuldigde 2 het agter
die stuurwiel
ingeklim en die BMW het daarvandaan vertrek, gevolg deur
beskuldigdes 1 en 3 in die Colt. Soos die verhoorhof sal ek na hierdie plek
as
punt A verwys.
Die verhoorhof het bevind dat al vier die
beskuldigdes /
9. beskuldigdes met die gemeenskaplike opset om Wessie van
sy BMW te beroof, by punt A gehandel het, en dat Wessie
reeds daar besit van sy voertuig ontneem is. Wat die
gebeure by punt A betref, sowel as die verdere gebeure
totdat Wessie
daarin geslaag het om te ontvlug, het die
verhoorhof Wessie se getuienis op alle wesenlike aspekte
aanvaar. Dit is nie voor ons namens enige van die
beskuldigdes betoog dat die verhoorhof in hierdie opsig
fouteer het nie.
Vanaf punt A het beskuldigde 2 die BMW tot by
'n afgeleë plek op 'n grondpad in die Ariston-buurt van
Klerksdorp, ongeveer 14,6 km vanaf punt A, bestuur.
Soos die verhoorhof sal ek na hierdie plek as punt B
verwys. Op pad na punt B het beskuldigde 4 die speelgoed-rewolwer
teen /
10. teen Wessie se nek gehou en met sy ander hand die oorledene
se borste betas. Op 'n stadium het beide voertuie by 'n afdraaipad
gestop en
beskuldigde 2 het aan die insittendes van die Colt gesê dat hulle hom by
die polisiestasie moes kry. Beskuldigde
2, gevolg deur die Colt, het egter na
punt B i p v die polisiestasie gery. Net voor hulle by punt B aangekom het, het
beskuldigde
2 aan beskuldigde 4 gevra "Nou wie gaan met die meisie begin",
waarop beskuldigde 4 geantwoord het dat hy eerste sou begin. Die twee
voertuie
het langs mekaar by punt B gestop. Beskuldigdes 2 en 4 het onderskeidelik vir
Wessie en die oorledene uit die BMW getrek.
Beskuldigde 2 het geld geeis van
Wessie,wat aan hom R20,00 gegee het. Beskuldigde 2 was nie hiermee tevrede nie
en het Wessie
deursoek /
11.
deursoek en nog R40,00 en sy sigaret-aansteker en polshorlosie van hom afgeneem, terwyl hy hom met die oop hand in die gesig slaan. Intussen het beskuldigdes 1 en 3 reg agter beskuldigde 2 kom staan en het beskul= digde 4 die oorledene die bosse in geneem, vanwaar Wessie haar hoor gil het. Beskuldigde 2 het toe wessie se lyfband afgehaal, sy arms daarmee agter sy rug vasge= bind en hom na 'n draadheining 'n entjie weg van die motors gedwing. Daar het beskuldigde 2 die speelgoed-rewolwer teen sy kop gedruk en hom beveel om nie te beweeg nie. Beskuldigdes 1 en 3 het ook daar gekom, en beskuldigde 2 het hom met die kop gestamp sodat hy op die grond beland het, waarna hy op die kop en bene geskop is. Wessie was seker dat al drie persone wat op daardie stadium by
hom /
12. hom was, deelgeneem het aan die aanranding op hom. Nie
tevrede met die middels tot sy beskikking nie, het beskul=
digde 3 'n
hamer in die bagasiebak van die BMW gaan haal en
Wessie, wat intussen weer
opgestaan het, met 'n hou teen die
kop neergevel. Volgens die mediese getuienis, het hierdie
hou 'n ingedrewe
skedelfraktuur veroorsaak. Terwyl hy op die
grond gelê het, het beskuldigde 2 Wessie se broek en
onderbroek van sy lyf geskeur terwyl beskuldigdes 1 en 3
hom aan sy hemp beetgekry en dié ook afgeskeur het, sodat
hy nakend, met slegs sy sokkies en skoene aan, bly lê het.
Vanaf waar hy met die oorledene besig was, het
beskuldigde 4 die ander geroep, en beskuldigdes 1 en
3 het Wessie en beskuldigde 2 alleen by die draadheining
agtergelaat en na eersgenoemde twee gegaan, Beskuldigde 2
het /
13. het 'n houer transmissie-olie by die BMW gaan haal en dit oor
wessie se lyf, veral sy privaat-dele, gegooi. Op hierdie stadium
het beskuldigde
4 opgedaag en aan beskuldigde 2 gesê dat die meisie "lekker" is. Kort
daarna het die oorledene gegil en uitgeroep
dat sy dit nie meer kon verduur nie,
waarop beskuldigde 2 na haar gehardloop en beskuldigde 4 alleen by Wessie
agtergelaat het. Dié
twee het na die BMW gegaan waar beskuldigde 4 vir
Wessie in die kattebak probeer indwing het. Wessie het egter daarin geslaag om
weg te kom, en alhoewel beskuldigdes 1, 3 en 4 agter hom aangehardloop het, kon
hulle hom nie inhaal nie. Hy het die volgende oggend
sy uitgebrande BMW aan die
polisie uitgeken.
Om terug te keer na die gebeure by punt B.
Beskuldigdes /
14. Beskuldigdes 3 en 4 het in hul getuienis by die
verhoor erken dat hulle daar die oorledene verkrag het. Die verhoorhof het
bevind
dat dit nie bewys is dat beskuldigdes 1 en 2 met die oorledene gemeenskap
gehad het nie, maar dat hulle as medepligtiges aan verkragting
skuldig is
deurdat beide bewustelik aan beskuldigdes 3 en 4 hulp verleen het ten einde die
pleging van die misdaad deur laasgenoemde
twee te bevorder. (In die geval van
beskul= digde 1 is 1g bevinding dié van die meerderheid van die
verhoorhof.) Wat die roofaanklag
betref, het beskuldigde 1 erken dat hy by punt
B, terwyl die ander met wessie en die oorledene besig was, die BMW se
radio-bandspeler
uitgehaal en dit die volgende dag, vergesel van beskuldigde 2,
gaan verkoop het. Die verhoorhof het bevind dat al vier
die /
15. die beskuldigdes deelgeneem het aan die roof van die BMW sowel
as die radio-bandspeler, maar dat dit moontlik is dat slegs beskuldigde
2 die
geld en ander persoonlike besittings van Wessie geroof het.
Kort nadat Wessie
ontvlug het, het die beskul= digdes vanaf punt B vertrek met die Colt vooraan,
gevolg deur die BMW. Beskuldigdes
1, 3 en 4 het in die Colt gery en beskuldigde
1 het bestuur. Beskuldigde 2 het die BMW bestuur en die oorledene was lewend
agter
in die bagasiebak toegesluit. Die verhoorhof het bevind dat dit
beskuldigde 2 was wat die oorledene in die bagasiebak ingedwing het
en dat
beskuldigde 3 daarvan bewus was reeds toe hulle vanaf punt B vertrek het. Wat
verder gebeur het voordat hulle by die plek
aangekom het waar die BMW
aan /
16. aan die brand gesteek is, is nie heeltemal duidelik nie omdat
botsende getuienis daaromtrent deur die beskuldigdes gegee is. Die
verhoorhof
het bevind dat beskuldigdes 1 en 2 twee keer gestop het vir beraadslaging oor
hul verdere optrede en dat die vernietiging
van die BMW ter sprake was. Die
verhoorhof het verder bevind dat beskuldigdes 1 en 4 op hierdie stadium ook
geweet het dat die oorledene
in die BMW se bagasiebak was en dat dit
beskuldigdes 1 en 2 se bedoeling was dat die oorledene nie gespaar sou word by
die vernietiging
van die BMW nie.
Uiteindelik het die vier beskuldigdes in die twee voertuie aangekom by 'n punt op die grondpad na Swart= koppies, ongeveer 11 km vanaf punt B, waar die BMW, met die nog lewende oorledene in die bagasiebak, van die pad
afgetrek /
17. afgetrek en aan die brand gesteek is. Soos die
verhoorhof, sal ek na hierdie plek as punt C verwys. Dit is vir huidige
doeleindes
net nodig om op die optrede van beskul= digdes 1 en 2 by hierdie
toneel te konsentreer.
In sy verklaring aan 'n landdros,wat by die verhoor as getuienis ingehandig is, het beskuldigde 1 gesê dat net nadat hy by punt C uit sy voertuig geklim het, hy gille van die oorledene uit die BMW se bagasiebak gehoor het. In sy getuienis by die verhoor het hy bygevoeg dat dit duidelik angstige gille was. Sy weergawe van die gebeure by punt C was dat hy sonder sukses vir beskuldigde 2 probeer oorreed het om die oorledene vry te laat en om nie die BMW aan die brand te steek nie. In sy verklaring aan die landdros het beskuldigde 1 gesê dat beskuldigde 2
die /
18.
die Colt se enjinkap oopgemaak en petrol uit 'n pypie gesuig het, dat
hy (beskuldigde 1) die pypie teruggedruk en die enjinkap toegemaak
het om te
vertrek, maar dat voordat hy kon ry, beskuldigde 2 reeds die petrol in sy mond
op die BMW se bekleedsel uitgespoeg en die
motor aan die brand gesteek het. In
sy getuienis by die verhoor het beskuldigde 1 gesê dat die verklaring
verkeerd is in dié
opsig dat hyself die enjinkap oopgemaak het ten einde
vas te stel of die induksieklos wat vroeër die aand losgeraak het, nog
vas
was. Die verhoorhof het beskuldigde 1 se getuienis oor die foutiewe induksieklos
as 'n versinsel verwerp en bevind dat beskuldigde
1 die enjinkap oopgemaak het
ten einde petrol aan beskuldigde 2 te verskaf. Die verhoorhof het ook
beskuldigde 1 se getuienis dat
hy
beskuldigde /
19. beskuldigde 2 probeer oorreed het om nie die BMW aan
die brand te steek nie, as vals verwerp.
Beskuldigde 2 het in sy verklaring aan 'n landdros erken dat hy petrol met 'n pypie uit die Colt se enjin gesuig, dit op die BMW gespoeg en die motor met 'n vuurhoutjie aan die brand gesteek het. In sy getuienis by die verhoor het beskuldigde 2 van sy verklaring afgewyk en gesê dat beskuldigde 1 ook petrol gesuig en op die BMW gespoeg het en dat hý eintlik die een is wat die BMW aan die brand gesteek het. Beskuldigde 2 se getuienis is deur die verhoorhof verwerp wat bevind het dat beskuldigde 1 nie self petrol gesuig het nie. Die
verhoorhof /
20.
verhoorhof se bevinding was dat beskuldigdes 1 en 2 saamgespan het om
die BMW met die oorledene en al te verbrand en dat in hul gesamentlike
optrede
beskuldigde 2 as dader die petrol uitgesuig en die BMW daarmee aan die brand
gesteek het, en dat beskuldigde 1 as medepligtige
die petrol verskaf het aan
beskuldigde 2. Dit was gemene saak dat die oorledene nog gelewe het toe die BMW
aan die brand gesteek
is en dat haar dood veroorsaak is deur vergassing
afkomstig van die brandende BMW.
Nadat die BMW aan die brand gesteek is,het
die beskuldigdes haastig die toneel in beskuldigde 1 se motor verlaat. Op 'n
brug daar
naby het hulle gestop en beskul= digdes 1 en 2 het uitgeklim om te kyk
of die BMW brand. Hulle kon niks sien nie. Later die nag het
beskuldigdes
1 en 2 /
21.
1 en 2 in laasgenoemde se motor teruggekeer na die BMW en toe
vasgestel dat dit uitgebrand het. Beskuldigdes 1 en 2 het die volgende
dag saam
na ene Solly Ballin gegaan om die radio-bandspeler te verkoop en het die R30,00
wat Ballin aan hulle geleen het teen die
sekuriteit van die radio, tussen hulle
verdeel. Later het hulle saam uitgewyk na Durban waar hulle gearresteer is.
Namens beskuldigde 1 is eerstens voor ons betoog dat die staat nie bewys het dat beskuldigde 1 by punt A deelgeneem het aan enige wederregtelike optrede deur die ander nie, Daar is betoog dat beskuldigde 1 deurentyd in sy motor gebly het en onbewus was van wat aangaan en dat hy vanaf punt A op onskuldige wyse en niksvermoedend agter beskuldigde 2 aangery het. Hierdie betoog strook
nie /
22.
nie met beskuldigde 1 se eie getuienis nie. Volgens hom het hy feitlik
langs die BMW gestop en moes hy alles gesien het wat daar plaasvind.
Hy self
sê dat hy gesien het dat beskuldigde 2 die speelgoed-rewolwer op Wessie
rig en dat beskuldigde 2 daarna met die BMW
wegry. Hy erken dat hy by punt A
geweet het dat beskuldigde 2 se optrede verkeerd was. Kort vantevore het hy
gesien dat beskuldigde
2 vir Mophuting probeer beroof het met dieselfde
speelgoed-rewolwer. In die omstandighede is slegs een afleiding
geregverdig,naamlik
dat beskuldigde 1 goed geweet het dat beskuldigde 2 by punt
A besig was om Wessie van sy voertuig te beroof en dat hy hom ten volle
daarmee
vereenselwig het. Beskuldigde 2 se opmerking toe hulle op pad na punt B gestop
het: "Kry ons by die polisiestasie" waarop
namens
beskuldigde /
23.
beskuldigde 1 gesteun is, moet gesien word in die lig van die feit dat
beskuldigde 2 hom vroeër die aand tot kennis van beskuldigde
1 as 'n
polisieman voorgedoen het. Hy het geweet dat beskuldigde 2 nie lid van die
polisiemag is nie en dat hy deurentyd die aand
besig was met onwet= tige
optrede. Hy kon dus nie gedink het dat beskuldigde 2 se opmerking letterlik
bedoel was nie.
Dit is verder betoog dat beskuldigde 1 by punt B hom slegs aan diefstal van die radio-bandspeler skuldig gemaak het en dat hy nie deelgeneem het aan enige geweld= pleging of ander wederregtelike optrede nie. Hierdie betoog is gebaseer op die getuienis van beskuldigde 1, wat deur die verhoorhof verwerp is, en hou glad nie rekening met Wessie se getuienis, wat deur die verhoorhof
aanvaar /
24. aanvaar is nie. Volgens Wessie is hy aanvanklik by punt B
deur beskuldigde 2 in die gesig geslaan en is sy arms agter sy rug vasgebind
terwyl beskuldigde 1 bygestaan het. Daarna is hy na die draadheining gedwing
waar daar op hom geskel en hy aangerand is. Benewens
die ingedrewe
skedelfraktuur waarna ek reeds verwys het, het Wessie talle kneus-, skaaf- en
krapwonde oor sy hele liggaam opgedoen.
volgens wessie se getuienis kan daar
geen twyfel bestaan nie dat beskuldigde 1 een van die drie persone is wat hom by
die draadheining
intimideer en aangerand het. Volgens Wessie het beskuldigde 1
eers die toneel by die draadheining verlaat toe beskuldigde 4 geskreeu
het
vanuit die rigting waar hy met die oorledene besig was. Volgens beskuldigde 1,
daarenteen, was hy
glad nie/
25.
glad nie by die draadheining nie en het hy slegs gesien dat Wessie
daarheen geneem en daar aangerand word voordat hy begin het om
die
radio-bandspeler uit die BMW te verwyder. Die feitebevindings van die verhoorhof
toon beskuldigde 1 as 'n volslae leuenaar. Daarteenoor
is die verhoorhof se
aanvaarding van Wessie se getuienis nie op appèl aangeveg nie. Na my
mening is daar uit beskuldigde 1
se optrede by punte A en B, soos deur die
verhoorhof bevind, slegs een afleiding geregverdig, en dit is dat hy as dader
saam met
die ander deelgeneem het aan die roof van Wessie se BMW. Hy is tereg
aan roof skuldig bevind.
T o v beskuldigde 1 se skuldigbevinding as mede= pligtige op die aanklag van verkragting, is betoog dat,
voordat /
26.
voordat die beskuldigdes by punt B aangekom het, beskuldigde 1 onbewus
was van beskuldigdes 2 en 4 se planne omdat hy nie in dieselfde
motor as hulle
daarheen gery het nie. Ek stem met die verhoorhof saam dat die vier beskuldigdes
by die plek waar hulle op pad na
punt B gestop het, waarskynlik met mekaar
gepraat het oor wat hulle, of sommige van hulle, voornemens was om met die
oorledene te
doen. Dat die voorneme was om die oorledene te verkrag, is
duidelik. Maar in elk geval was beskul= digde 4 se optrede by punt B toe
hy die
oorledene die bosse ingeneem het terwyl die ander Wessie in 'n teenoor= gestelde
rigting weggevoer het, vatbaar vir geen ander
afleiding as dat hy voornemens was
om haar te gaan verkrag nie. Die betoog dat beskuldigde 1 moontlik onbewus
was /
27.
was van wat beskuldigde 4 beoog het om met die oorledene te doen, is
gevolglik sonder meriete. Na my mening het die verhoorhof tereg
bevind dat deur
sy optrede teenoor Wessie, beskuldigde 1 hom skuldig gemaak het aan
medepligtigheid by die verkragting van die oorledene
deur beskuldigdes 3 en
4.
Met betrekking tot die moordaanklag is namens beskuldigde 1 betoog dat die
verhoorhof verkeerdelik bevind het dat beskuldigde 1, voor
hul aankoms by punt
C, geweet het dat die oorledene in die bagasiebak van die BMW is. Dit is nie
nodig om hieroor uitsluitsel te
gee nie omdat, soos ek reeds aangetoon het,
beskuldigde 1 self gesê het dat hy kort na hul aankoms by punt C daarvan
bewus
geword het. Sy weergawe was dat hy die
oorledene /
28.
oorledene benoud hoor gil het uit die bagasiebak van
die BMW, dat hy tevergeefs vir beskuldigde 2 probeer
oorreed het om haar
vry te laat en dat hy eers daarna
die enjinkap van sy motor oopgemaak het ten
einde na
die induksieklos te kyk. Gevolglik is daar geen basis
vir die
betoog dat toe beskuldigde 1 die enjinkap van sy
motor oopmaak, hy moontlik
nog onbewus was van die oorle=
dene in die kattebak nie. Die
induksieklos-weergawe is
met reg deur die verhoorhof as 'n versinsel
verwerp.
Daar is voorts namens beskuldigde 1 betoog dat nie bewys is dat hy die nodige opset gehad het om die oorledene te dood nie, en in hierdie verband is daarop gesteun dat beskuldigde 1 vir beskuldigde 2 probeer oor= reed het om die oorledene vry te laat. Beskuldigde 1 se getuienis dat hy voortdurend die ander daarop gewys
het /.....
29.
het dat hul optrede verkeerd is, en dat hy hulle probeer
oorreed
het om hul verkeerde optrede te staak, is met reg deur die verhoorhof verwerp.
Sy hele gedrag getuig van die teendeel. Dieselfde
geld vir sy verklaring dat hy
vir beskuldigde 2 probeer oorreed het om die oorledene vry te laat, wat ook heel
tereg deur die verhoorhof
verwerp is. Uit die feit dat beskuldigde 1 die
enjinkap van sy motor oopgemaak en petrol uit die enjin vir beskuldigde 2 laat
bekom
het om die BMW, met die oorledene daarin, aan die brand te steek, is slegs
een afleiding geregverdig nl dat beskuldigde 1 die direkte
oogmerk gehad het om
die oorledene te dood. Na my mening is beskuldigde 1 tereg aan mede= pligtigheid
by die moord op die oorledene
skuldig bevind. Ek handel vervolgens met die
appelle teen die
vonnisse /
30. vonnisse. Die beskuldigdes is almal blanke mans. Ten tyde
van die gebeure was beskuldigde 1 twintig jaar oud en beskuldigde 2
een-en-twintig jaar oud; beskuldigde 3 het 'n maand voor die gebeure twintig
jaar oud geword en beskuldigde 4 het 'n maand daarna
twintig jaar oud geword.
Beskuldigdes 1 en 2 is getroud met jong kinders. Beskul= digde 3 is na die
gebeure getroud en beskuldigde
4 is ongetroud. Beskuldigdes 2, 3 en 4 het slegs
std 8 op skool behaal en beskuldigde 1 het blykbaar nie veel verder gevorder
nie.
Ek handel eers met die appelle teen die bevindings dat daar in die geval van elk van beskuldigdes 1 en 2 geen versagtende omstandighede by die moord was nie. Dit is welbekend dat dit in die eerste plek die verhoorhof se
taak /
31. taak is om oor die bestaan, al dan nie, van versagtende
omstandighede te beslis, en dat hierdie Hof slegs sal ingryp indien die
verhoorhof 'n mistasting of ander onreël= matigheid begaan het, of indien
sy bevinding, in die lig van al die getuienis beoordeel,
van so 'n aard is dat
hy nie redelikerwys daartoe kon gekom het nie. Sien S v Mongesi en Andere
1981(3) SA 204(A) op 207 'n - 208 A.
Namens beskuldigde 1 is aangevoer dat
die vol= gende feite of omstandighede afsonderlik of kumulatief versagtende
omstandighede daarstel:
sy jeugdigheid, die feit dat hy onder die invloed van
drank was, die mindere rol wat hy gespeel het by die pleging van die moord,
beinvloeding deur beskuldigde 2 en die feit dat hy slegs as 'n medepligtige
skuldig bevind is.
Jeugdigheid /
32. Jeugdigheid as 'n versagtende omstandigheid by moord
is volledig in uitsprake van hierdie Hof bespreek in S v Lehnberg en 'n
Ander 1975(4) SA 553(A) op 560 'n -561 H; S v Van Rooi en Andere
1976(2) SA 580(A) op 584 A -585 C; S v Mapatsi 1976(4) SA 721(A) op 724 C
- D; S v Ceasar 1977(2) SA 348(A) op 353 B - F en S v Ngoma
1984(3) SA 666(A) op 674 E - G. In die Lehnberg-saak het RUMPPF HR
jeugdigheid as onvolwassenheid, gebrek aan lewenservaring, onbesonnenheid en
vatbaarheid vir bein= vloeding deur
ander, veral deur volwassenes, beskryf (op
561 A). Volgens bogenoemde gewysdes word onvolwas= senheid ens prima
facie by tienderjariges aanvaar sodat die hof huiwerig is om geen versagting
te vind nie, tensy die besondere omstandighede van die saak
hom /
33. hom daartoe dwing om die doodstraf op te lê. In die
geval van 'n 20-jarige soos beskuldigde 1 word onvolwassen= heid ens
nie
prima facie aanvaar nie (vgl die Lehnberg-saak op 561 H) alhoewel
die hof altyd in gedagte hou dat die beskuldigde slegs 20 jaar oud is en daarom
meer geredelik oortuig sal
wees van onvolwassenheid as in die geval van 'n ouer
persoon.
Tydens die verhoor is beide beskuldigdes 1 en 2 vir waarneming en psigiatriese ondersoek na Weskoppies-hospitaal gestuur. Ten opsigte van beskuldigde 1 is 'n eenparige verslag deur twee psigiaters, dr Verster, wat deur die hof aangestel is, en 'n staatspsigiater, dr Olivier, by die verhoorhof ingehandig. Dr Verster het verder namens beskuldigde 1 oor die vraag van versagtende
omstandighede /
34. omstandighede getuig. Volgens hom het beskuldigde 1
'n gemiddelde intelligensie en toereikende oordeelsvermoë. Hoewel nie
'n introvert nie, is hy geneig om teruggetrokke te wees.
Dr Verster het getuig
dat daar 'n geringe graad van onvolwassenheid by beskuldigde 1 te bespeur is,
wat nie op sigself verband hou
met sy optrede die betrokke aand nie, maar wat,
saam met sy verlaagde inhibisies a g v drankgebruik vroeër die aand en die
feit
dat hy in
'n groep opgetree het, sy optrede tot 'n mate kon beïnvloed het. Wat betcef beskuldigde 1 se agtergrond: sy ouers is geskei voordat hy 'n jaar oud was en hy is daarna deur sy moeder, wat weer getroud is, grootgemaak. Op 14-jarige leeftyd is hy na 'n kosskool gestuur en op 16-jarige leeftyd het hy die skool verlaat. Dit is nie
duidelik /
35.
duidelik hoe ver hy toe gevorder het nie. Nadat hy
twee jaar in
diens van die Vervoerdienste was, het hy op 18-jarige ouderdom sy twee-jarige
militêre diensplig begin doen wat
hy in Julie 1984, kort voor sy
twintigste verjaardag, voltooi het. Beskuldigde 1 is op 16 Oktober 1982 getroud
en het 'n twee-jarige
kind. Ten tyde van die gebeure het hy 'n vaste betrekking
beklee. Die verhoorhof het bevind dat hy die lewe van 'n volwassene gelei
het.
Na my mening is daar nog in beskuldigde 1 se persoonlike omstandighede en
agtergrond, nog in die psigiatriese getuienis, voldoende
aanduiding van so 'n
mate yan geestelike onvolwassenheid dat beskuldigde 1 se optrede die betrokke
aand met minder verwyt bejeën
kan word.
Namens beskuldigde 1 is betoog dat hy deur
beskuldigde /
36.
beskuldigde 2 beïnvloed is. In hierdie verband is gesteun
op dr Verster se getuienis dat beskuldigde 1 teruggetrokke van geaardheid is, sowel as op sy moeder en vrou se ge= tuienis wat hom as 'n stil persoon beskryf het. Daar is betoog dát beskuldigde 1 nooit so 'n grusame daad sou gepleeg het as hy nie sterk onder die invloed van beskuldigde 2 gehandel het nie. Die verhoorhof het bevind dat daar geen getuienis is dat beskuldigde 1 by die moordtoneel deur beskuldigde 2 oorreed of beïnvloed is om te handel soos hy gedoen het nie. Beskuldigde 1 het nie so getuig nie en daar is geen aanduiding in die res van die getuienis dat hy deur beskuldigde 2 aangesê is om petrol in die hande te kry nie. My indruk is dat beskuldigde 1 op eie
inisiatief en sonder enige aansporing gehandel het, en dat
hy inderdaad die voortou geneem het in die uitvoering van
die plan om die BMW aan die brand te steek. Hy het
geensins 'n mindere rol gespeel, soos namens hom betoog is nie, en heel moontlik sou daar niks van die plan gekom
het /
37.
het as hy nie die petrol voorsien het nie. Hoewél hy as
medepligtige skuldig bevind is, kan die rol wat hy gespeel het, na
my mening nie
met minder verwyt bejeën word as dié van die dader wat die
vuurhoutjie getrek het nie.
Daar is voorts namens beskuldigde 1 betoog dat hy
onder invloed van drank gehandel het. Die verhoorhof het bevind dat, hoewel die
getuienis in hierdie verband oordrewe was, dit aanvaar moet word dat beide
beskuldigdes 1 en 2 die betrokke middag en voor 11 uur
die aand heelwat gedrink
het. Die verhoorhof het egter bevind dat die drank geen, of geen
betekenisvolle,rol gespeel het in beskuldigdes
1 en 2 se optrede by die
moordtoneel nie, waar beide planmatig en met vaardigheid gehandel het.
Dit /
38.
Dit is nie namens beskuldigde 1 betoog dat die verhoorhof in enige
opsig misgetas of 'n onreëlmatigheid begaan het nie, en die
vraag is
gevolglik of die verhoorhof se beslissing een is waartoe nie redelikerwys gekom
kon gewees het nie. Indien daar opgelet
word dat dit 'n
berekende, koelbloedige daad was wat beskuldigde 1 met bedrewenheid uitgevoer het en wat hy in fyn besonderhede daarna kon beskryf, kan nie gesê word dat die verhoorhof se bevinding onredelik is in die sin hierbo genoem nie. Daar is ten slotte namens beskuldigde 1 daarop gesteun dat hy in groepsverband opgetree het. wat die posisie ookal was voor die beskuldigdes se vertrek vanaf punt B, was daar, na my mening, geen sprake van groeps= optrede daarna nie. Die verhoorhof het bevind dat
beskuldigdes /
39.
beskuldigdes 3 en 4 geen deel geneem het aan die moord nie en hierdie
bevinding is nie op appèl betwis nie. Ek is gevolglik
van mening dat daar
nie ingemeng kan word met die verhoorhof se bevinding dat daar in die geval van
beskuldigde 1 geen versagtende
omstandighede bestaan nie.
Namens beskuldigde
2 is op die kumulatiewe effek van die volgende feite en omstandighede gesteun
vir die betoog dat versagtende omstandighede
in sy geval bestaan: sy antisosiale
persoonlikheidsversteuring (psigopatie), die invloed van die drank, sy
jeugdigheid en die feit
dat hy in groepsverband opgetree het.
Volgens die eenparige verslag van dr verster en prof Plomp, 'n staatspsigiater verbonde aan Weskoppies-
hospitaal / .. .
40. hospitaal, het beskuldigde 2 ten tyde van die
misdaad nie aan enige geestesongesteldheid of-gebrek gely wat hom dermate
aangetas
het dat hy nie die ongeoorloofdheid van sy dade kon besef nie of nie
volgens daardie besef kon handel nie. Hy het dus geweet wat
hy doen en kon
homself beheer. Daar is bevind dat beskuldigde 2 'n antisosiale
persoonlikheidsversteuring het wat in ouer terminologie
as psigopatie beskryf
is. Prof Plomp, wat namens beskuldigde 2 getuig het, het hom beskryf as 'n
psigopaat in 'n erge graad. Prof
Plomp het breedvoerig met die hele
lewensgeskiedenis van beskuldigde 2 gehandel en gesê dat sy handelwyse
tipies van 'n psigopaat
is, o a sy onverantwoordelike en abnormaal aggressiewe
gedrag en sy onbestendige werk-rekord.
In /
41.
In die lig van prof Plomp se getuienis het die verhoorhof bevind dat
beskuldigde 2 se antisosiale per = soonlikheidsversteuring nie
as 'n versagtende
omstandigheid beskou kan word nie. Die verhoorhof het bevind dat daar geen
verband was tussen beskuldigde 2 se
psigopatiese toestand en die moord nie,
omdat dit 'n voorbedagte moord ter wille van die beskuldigdes se selfbehoud was,
en nie
'n daad wat gepleeg is omdat beskuldigde 2 weens sy psigopatie nie sy
wil of drange kon beheer nie. Dit is namens beskuldigde 2 betoog
dat die
verhoorhof se bevinding nie geregverdig is uit prof Plomp se getuienis as 'n
geheel gelees nie en dat sy getuienis inderdaad
daarop dui dat beskuldigde 2 se
psigopatiese toestand wel verband hou met die moord. Die gedeeltes uit prof
Plomp se getuienis
waarop/
42.
waarop in hierdie verband gesteun is, handel almal met die gevolge van psigopatie in die algemeen,soos 'n gebrek aan beheer en handel nie pertinent met beskuldigde 2 se optrede na die vertrek vanaf punt B nie. Die moord is te onderskei van die voorafgaande gebeure van die betrokke aand deurdat dit nie op impulsiewe of onbeheersde wyse gepleeg is nie, maar met oorleg en beplanning ten einde die spore van die vorige misdade van die aand uit te wis. Na my mening bevat die uitspraak van die ver= hoorhof 'n korrekte weergawe van prof Plomp se getuienis in hierdie verband, en kan die bevinding t o v beskuldigde 2 se psigopatiese toestand as moontlike versagting nie aangeveg word nie.
Daar is vervolgens namens beskuldigde 2 op
beinvloeding/
43. beinvloeding deur drank as 'n versagtende omstandigheid
gesteun. Soos in die geval van beskuldigde 1, het die verhoorhof bevind
dat
beskuldigde 2 se drankgebruik vroeër die betrokke aand geen, of geen
betekenisvolle invloed op sy gedrag by die pleging
van die moord gehad het nie.
Prof Plomp het nie te kenne gegee dat 'n psigopaat anders geraak word deur
alkohol as ander mense nie.
Soos in die geval van beskuldigde 1, is daar in
beskuldigde 2 se berekende, bedrewe optrede vanaf die stadium toe die
beskuldigdes
punt B verlaat het, geen teken van be= invloeding deur drank te
bespeur nie. Na my mening het die verhoorhof tereg bevind dat die
drank wat
beskul= digde 2 vroeër die aand gedrink het, nie as versagting beskou kan
word nie.
Daar /
44.
Daar is vervolgens namens beskuldigde 2 op
dr
Verster en prof Plomp se getuienis gesteun dat beskul=
digde 2 as 'n
psigopaat tot 'n mate emosioneel onvolwasse
is. Beskuldigde 2 was 21 jaar oud
ten tyde van die
voorval, hy was getroud en het twee kinders gehad. Hy
het
die skool in 1980 verlaat en het drie betrekkings
beklee voordat hy in julie
1983 met sy militêre diensplig
begin het. Die verhoorhof het bevind dat
beskuldigde
2 reeds lank voor die voorval die lewe van 'n volwassene
gelei het. Die
betrokke aand het hy ten mlnste gedurende
die voorval met Mophuting en by punte A en B die leiding
geneem in die onwettige optrede van die vier beskuldigdes.
Na my mening
het die verhoorhof tereg bevind dat
emosionele onvolwassenheid geen rol gespeel het in
beskuldigde /
45.
beskuldigde 2 se optrede die betrokke aand nie.
Daar is voorts namens beskuldigde 2 ter versag=
ting betoog dat hy in 'n groep-situasie opgetree het. Ek het reeds daarop gewys dat daar geen sprake van groeps= optrede by die moord was nie. Na my mening kan die feite
en omstandighede waarop namens beskuldigde 2 gesteun is, nog afsonderlik, nog kumulatief, as versagtende omstandighede beskou word.
Namens beskuldigdes 1 en 2 is ten slotte gesteun op wat die Verhoorregter gesê het by vonnisoplegging op die roofaanklag. Daar is betoog dat, wat dáár t o v straf= versagting gesê is, noodwendig beteken dat versagtende omstandighede op die moordaanklag gevind moes gewees het. Ek verwys later volledig na wat die verhoorregter gesê het. Vir huidige doeleindes is dit voldoende om te sê dat ek nie
met die betoog saamstem nie. Die omstandighede wat dáár genoem word, is almal volledig in ag geneem by die oorweging
van /
46. van die vraag of versagtende omstandighede by die moord
aanwesig was en die verhoorhof het bevind dat dit nie as
versagtende omstandighede by die moord beskou kan word nie. Ek stem met hierdie bevinding van die verhoorhof saam. Ek wys verder daarop dat die roof by punt B gepleeg is, waar die omstandighede verskil het van dié by punt C waar die moord heelwat later die aand gepleeg is.
Ek handel vervolgens met beskuldigdes 1 en 2 se appèlle teen die doodvonnis wat hul opgelê is op die aanklag van verkragting. Die rede waarom beskuldigdes 3
en 4 as daders gevangenisstraf gekry het, terwyl
beskuldigdes 1 en 2 as medepligtiges die doodvonnis
opgelê is, is volgens die verhoorhof se uitspraak te
vind in die verdere geweld wat laasgenoemde twee beskul=
digdes teen die oorledene gepleeg het nadat sy verkrag
is, /
47.
is, wat die verhoorhof as 'n "verlengstuk van hulle rolle as
medepligtiges aan verkragting" beskryf het. Met inagneming van wat in
S v
Witbooi 1982(1) SA 30(A) op 35 E - F en S V Mooi 1985(1) SA 625(A) op
630 G t o v duplisering van vonnisse gesê is, het die verhoor= hof
gevolglik ter verswaring van beskuldigdes
1 en 2 se vonnisse weens verkragting,
in aanmerking geneem dat hulle die motor met die oorledene nog lewend daarin aan
die brand
gesteek het, hoewel die verhoorhof die oorledene se dood buite
rekening gelaat het. Na my mening het die ver= hoorhof homself wanvoorgelig
deur
te bevind dat die gebeure by die moordtoneel (met weglating van die oorledene se
dood) deel vorm van die verkragting en derhalwe
in aanmerking geneem kan word by
vonnisoplegging vir die
verkragting /
48.
verkragting. Die verhoorhof het vroeër in sy uitspraak
bevind dat dit
nie duidelik is met watter doel die oor=
ledene in die bagasiebak van die BMW
gelaai is nie.
Wat wel duidelik is, is dat die verkragting toe
reeds
beeïndig was en dat beskuldigdes 1 en 2 se gewelddadige
optrede
teen die oorledene toe nie meer gemik was op die
pleging van die misdaad van verkragting nie maar op die
misdaad van moord.
Of sodanige optrede nog enige ander
verband gehad het met die verkragting is onseker. Ge=
volglik was die Verhoorregter nie geregtig om dit in
aanmerking te neem by die vonnisoplegging vir verkragting
nie. Beskuldigdes 1 en 2 se vonnisse weens verkragting
moet gevolglik
tersyde gestel word en daar moet
opnuut vonnisse opgelê word. Wat
die
gebeure /
49.
gebeure by punt B betref, het die Verhoorregter vir vonnis-doeleindes
geen onderskeid getref tussen die aandeel van die onderskeie
beskuldigdes aan
die verkragting nie. Gevolglik is die doodvonnis vir die medepligtiges onvanpas
in die lig daarvan dat gevangenis=
straf vir die daders opgelê is. Wat 'n
gepaste vonnis is, word aan die einde van die uitspraak genoem.
Dit bring my ten slotte by beskuldigdes 1, 3 en 4 se appelle teen hul vonnisse op die roofaanklag en beskuldigdes 3 en 4 se appelle teen hul vonnisse op die aanklag van verkragting. Wat betref die gebeure by punt B, het die Verhoorregter in sy uitspraak by vonnisop= legging ter strafversagting in ag geneem dat die beskul= digdes die betrokke aand toevallig in mekaar se
geselskap /
50. geselskap beland het en dat daar nie vooraf
saamgesweer
is om die misdade te pleeg nie, maar dat dit spontaan
en
impulsief geskied het. By punt B het die beskuldigdes opgetree
in 'n
groepsituasie waarby beskuldigde 2 die leidende rol
gespeel het. Die
Verhoorregter het verder
bevind dat elke beskuldigde vroeër die aand heelwat gedrink het,wat sy optrede by punt B tot 'n mate beïnvloed het. Die Verhoorregter het ook die swak huislike agtergrond van elke beskuldigde in ag geneem. Beskuldigdes 1 en 4 het geen vorige veroordelings nie en beskuldigdes 2 en 3 het elk een vorige veroordeling vir diefstal. Ek het reeds voorheen besonderhede van die beskuldigdes se ouderdomme, huwelikstatus en skoolopleiding verstrek.
Dit is bekende reg dat hierdie Hof nie ligtêlik
met /
51.
met die uitoefening van 'n Verhoorregter se diskresie t o v vonnis inmeng
nie. Slegs wanneer die Verhoor= regter misgetas of homself
waningelig het, of 'n
onreëlmatigheid begaan het of waar die vonnis buitensporig is (of soos dit
soms gestel word, treffend
onvanpas is), is inmenging geregverdig. Sien S v
Lekaota 1978(4) SA 684(A) op 689 A - B en S v M 1982(1) SA 589(A) op
592 G.
Namens beskuldigde 1 is betoog dat, wat die roofaanklag betref, hy 'n
mindere rol gespeel het as beskuldigde 2, en dat hy 'n ligter
vonnis as
beskuldigde 2 moes gekry het. Ek het reeds met beskuldigde 1 se deelname aan die
roof gehandel. Hoewel hy moontlik 'n mindere
rol as beskuldigde 2 gespeel het,
het hy nogtans
ten /
52. ten volle meegedoen met alles wat plaasgevind het: hy het een
van die twee voertuie bestuur, hy het die radio-bandspeler uit die
BMW geneem,
hy het vir Wessie intimideer en aangerand by die draadheiding en hy het vir
Wessie probeer vang toe laasgenoemde ontsnap
het. Na my mening het die
Verhoorregter nie sy diskresie verkeerd uitgeoefen toe hy beskuldigdes 1 en 2
oor dieselfde kam geskeer
het by vonnisoplegging op die roofaanklag
nie.
Namens beskuldigde 3 is betoog dat die Verhoor= regter misgetas het
deurdat hy die gebeure by punt C in aanmerking geneem het by vonnisoplegging
vir
verkragting en roof. Dit is duidelik uit die
uitspraak /
53. uitspraak van die Verhoorregter dat hy dit nie in
aanmerking geneem het by die vonnisse van beskuldigdes 3 en 4 vir verkragting
nie. Die Verhoorregter het juis 'n onderskeid getref tussen beskuldigdes 3 en 4
aan die een kant, en beskuldigdes 1 en 2 aan die
ander kant, en aan laasgenoemde
twee beskuldigdes die doodvonnis vir verkragting opgelê, met inagneming
van die verdere lotgevalle
van die oorledene. Ek het reeds daarop gewys dat die
Verhoorregter in hierdie opsig fouteer het wat beskuldigdes 1 en 2 betref. Ten
opsigte van die roof kan beskuldigdes 3 en 4 nie verwyt word vir die ver=
nietiging van die BMW by punt C nie. Aan die ander kant,
egter, was hulle
optrede teenoor wessie by punt B roekeloos en onverskillig of hy sy voertuig
weer sou
terug /
54. terug kry. Na my mening het die Verhoorregter nie misgetas
in die opsigte namens beskuldigde 3 betoog nie.
Namens beskuldigde 3 is
betoog dat die Verhoorregter te min gewig geheg het aan beskuldigde 3 se
onvolwassenheid, beïnvloeding
deur die ander, die feit dat hy deur drank
aangetas was en sy ander persoonlike omstandighede. wesenlik dieselfde argument
is namens
beskuldigde 4 geopper. Daar is min aanduiding van onvolwassenheid,
beinvloeding deur ander of beinvloeding deur drank in beskuldigde
3 en 4 se
optrede by punt B. Beide het 'n groot rol gespeel in, en heelhartig meegedoen
aan die pleging van die roof en die verkragting.
Beskuldigde 3 het op eie
inisiatief vir Wessie die mees ernstige van al sy beserings toegedien en
beskuldigde 4
het /
55.
het die voortou geneem in die verkragting van die oorledene en het daarna, ook op eie inisiatief,vir Wessie in die kattebak van die BMW probeer indwing. Beide beskuldigdes 3 en 4 het probeer verhoed dat Wessie ontvlug. Die misdade is, vanwee die omstandighede waaronder dit gepleeg is, van besonder ernstige aard. Wanneer na al die feite van die saak gekyk word, kan na my mening nie gesê word dat die Verhoorregter te min gewig geheg het aan die faktore en omstandighede waarop namens beskuldigdes 3 en 4 gesteun is nie.
Die uitslag van die appél is soos volg: (1) Beskuldigdes 1 en 2 se appelle teen die dood= vonnis ten opsigte van die verkragting waaraan hulle skuldig bevind is, slaag. Instede
daarvan /
56.
daarvan word 'n vonnis van 16 jaar gevangenis= straf vir elk van beskuldigdes 1 en 2 opgelê, en dit word gelas (soos in die geval van beskuldigdes 3 en 4) dat 10 jaar van elkeen se vonnis weens roof saamloop met sy vonnis weens verkragting. (2) Al die ander appèlle,insluitende beskuldigdes 1 en 2 se appèlle teen die doodvonnis op die aanklag van moord, word afgewys.
W. VIVIER AR.
VILJOEN AR)
Stem saam. GROSSKOPP AR)