South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 16

| Noteup | LawCite

S v Nel and Another (372/1986) [1987] ZASCA 16 (26 March 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 372/1986

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

In die saak tussen:

PIERRE ANDRé NEL Eerste Appellant

en

SAREL GABRIëL PETRUS VAN STADEN Tweede Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, SMALBERGER ARR et NICHOLAS WN AR
VERHOORDATUM: 5 MAART 1987 LEWERINGSDATUM: 26 MAART 1987

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.

BOTHA AR:-

Die twee appellante het in die Rondgaande Hof op Nylstroom voor GROSSKOPF R en assessore tereggestaan op aanklagte van moord en verkragting. Die eerste appel= lant is skuldig bevind op die moordaanklag. Die Ver= hoorhof het bevind dat daar geen versagtende omstandig= hede aanwesig was nie en die eerste appellant is ter dood veroordeel. Die tweede appellant is skuldig bevind op die aanklag van verkragting en is gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf. Die eerste appellant het verlof van die Verhoorregter verkry om in hoër beroep te kom teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie en dië doodvonnis wat hom opgelê is. Die tweede appellant kom in hoër beroep teen die vonnis van 12 jaar gevangenisstraf wat hom opgelê is, uit hoofde van verlof wat hom toegestaan is ten gevolge van 'n versoekskrif wat gerig was aan die HOOFREGTER.

Die gebeure wat aanleiding gegee het tot die

/saak ...

3.

saak teen die appellante kan kortliks saamgevat word soos volg. Op 5 November 1985, om ongeveer half-elf die aand, het die appellante hulle bevind op 'n brug in die nasionale pad net buitekant Nylstroom. Hulle was albei dienspligtiges in die Weermag en hulle was besig om te ryloop na hulle basis op Phalaborwa. Terwyl hulle aan die een kant van die pad gewag het op 'n geleentheid, het 'n Swart vrou (die oorledene) aan die oorkant van die pad verby geloop. Die tweede appellant het na haar ge= loop en haar geklap - so gewelddadig dat sy plat neerge= slaan het op die pad. Die eerste appellant het ook nader gegaan en die oorledene geskop - so gewelddadig dat sy onder die relings van die brug deur is en aan die buitekant daarvan beland het. Daar het sy gelê op 'n stukkie gelyke gruisoppervlakte, bokant 'n steil afdraande aan die kant van die brug. Die tweede appellant het na haar gegaan en van haar klere verwyder. Toe het hy haar verkrag. Nadat hy klaar was, het die eerste

/appellant ...

4.

appellant sy broek laat sak en die oorledene betas, maar tog nie met haar gemeenskap gehou nie. In stede daarvan, het hy sy Weermag-knipmes uitgehaal en die oorledene daar= mee gesteek. Hy het haar ses houe in die borskas toege= dien, drie waarvan 'n long binnegedring het en die oorsaak van haar dood was. Die eerste appellant het ook probeer om haar keel-af te sny, maar in die proses het hy haar net oppervlakkige snywonde toegedien. Die eerste appellant het die oorledene langs die steil grondwal afgesleep, en ten dele deur 'n draadheining aan die onderkant daarvan. Daar is haar lyk die volgende dag aangetref.

Ek behandel eers die appèl van die eerste appel= lant. Daar is nie namens hom aangevoer dat die Verhoor= hof se bevinding aangaande die afwesigheid van versagtende omstandighede aanvegbaar is op grond van enige mistasting wat blyk uit die Verhoorregter se uitspraak in dié verband nie. Wel is daar betoog dat, aan die hand van die feit= like bevindings vervat in die Verhoorregter se uitspraak,

/die ...

5.

die Verhoorhof nie redelikerwyse tot die bevinding kon gekom het dat daar nie versagtende omstandighede aan= wesig was nie. Die feitlike bevindings waarop daar gesteun is, is die volgende: (1) die eerste appellant was ten tye van die gebeure net 19 jaar en 'n paar maande oud; (2) die eerste appellant was ten tyde van die ge= beure in 'n mate onder die invloed van sterk drank; (3) die misdaad was nie vooraf beplan nie, maar is amper op die ingewing van die oomblik gepleeg; en (4) die moord van die oorledene was 'n onbesonne daad. Al hierdie faktore, gesamentlik beskou, so is daar betoog, moes die Verhoorhof genoop het om te bevind dat daar wel versag= tende omstandighede aanwesig was, en wel op die grondslag dat die waarskynlikste verklaring vir die eerste appel= lant se optrede geleë is in sy jeugdige onvolwassenheid en gebrek aan lewenservaring en insig, gekoppel aan die verdere vertroebeling van sy oordeelsvermoë as gevolg van die inname van drank.

/Uit ...

6.

Uit die Verhoorregter se uitspraak aangaande versagtende omstandighede blyk dit dat die Verhoorhof sorgvuldige oorweging geskenk het aan elkeen van die bogenoemde faktore as moontlike versagtende omstandighede. Wat die eerste appellant se ouderdom en beweerde onvol= wassenheid betref, het die Verhoorregter opgemerk dat hy alreeds twee en 'n half jaar militêre diens agter die rug gehad het, dat hy al vir 'n geruime tyd die lewe van 'n grootmens betree het, en dat hy nie op die Hof die in= druk van 'n onskuldige jongeling gemaak het nie. Wat die eerste appellant se inname van drank betref, het die Verhoorregter in besonderhede ontleed wat die inhoud was van die getuienis wat voor die Verhoorhof was in verband met die eerste appellant se drinkery gedurende daardie dag en sy toestand soos waargeneem deur verskeie getuies kort voor en na die betrokke gebeure, asook sekere mediese getuienis. Dit is onnodig om op al die beson= derhede in te gaan. Onder meer het die Verhoorregter

/daarop ...

7.

daarop gewys dat op verskillende geleenthede deur die loop van die dag, toe die eerste appellant erger onder die invloed van drank moes gewees het as toe die moord gepleeg is, hy 'n goeie oordeelsvermoë geopenbaar het deur= dat hy die tweede appellant telkens daarvan weerhou het om deur sy weerbarstige optrede in die moeilikheid te be= land, en dat dit nie aanvaarbaar was dat die eerste appel= lant se oordeelsvermoë laat daardie aand, toe die invloed van die drank reeds afgeneem het, hom skielik in die steek sou gelaat het nie. In die lig van al die getuie= nis kan daar nie fout gevind word met die Verhoorhof se bevinding dat, in dïe mate wat die eerste appellant ten tyde van die moord onder die invloed van drank was, dit nie op sigself 'n versagtende omstandigheid uitmaak nie. Wat betref die afwesigheid van voorafbeplanning en die onbesonnenheid van die moord, het die Verhoorregter daar= op gewys dat die Hof nie die eerste appellant se optrede kort voor en na die moord uit die oog kon verloor nie.

/Deur ...

8.

Deur die oorledene vir geen verklaarbare rede nie met sy stewels onder die relings deur te skop, het hy reeds ge= toon dat hy nie vir brute aggressie terugdeins nie, en agterna het hy daarvoor gesorg dat die oorledene met die steil wal langs af tot onder by die draadheining beland het. In verband met die rede vir die eerste appellant se hele optrede, het die Verhoorregter gemeld dat hy in sy getuienis op 'n stadium voorgegee het dat die tweede appellant na die verkragting aan hom sou gesê het: "Maak haar klaar", maar dat die eerste appellant in sy verklar= ing aan 'n landdros geen woord gerep het van daardie be= langrike beweerde opmerking van die tweede appellant nie, en dat hy in 'n ander stadium van sy getuienis voorgegee het dat hy geskok was deur die tweede appellant se ver= kragting van die oorledene, maar dat dit ook geen aanvaar=
bare verduideliking van sy optrede gebied het nie.

In die geheel gesien, blyk dit uit die Verhoor=

regter se uitspraak dat die Verhoorhof met nougesette

/versigtigheid ...

9.

versigtigheid oorweeg het of die faktore hierbo genoem 'n verklaring vir die eerste appellant se optrede verskaf het wat sy morele verwytbaarheid ten opsigte van die moord kon verminder het, maar dat die Verhoorhof nie op 'n oorwig van waarskynlikhede kon bevind dat dit wel die ge= val was nie, eerder as dat die eerste appellant maar net die enigste ooggetuie van die appellante se optrede uit die weg wou ruim en dat hy bloot uit "innerlike boosheid" opgetree het nie. Na my oordeel is daar geen gronde waarop hierdie Hof kan bevind dat die Verhoorhof nie redelikerwyse tot die bevinding kon gekom het dat daar geen versagtende omstandighede bewys is nie.

Volledigheidshalwe moet ek meld dat die eerste appellant se advokaat aangevoer het dat die Verhoorhof self intwyfel verkeer het oor die kwessie van versagtende omstandighede; in dié verband is ons verwys na 'n vraag wat die Verhoorregter aan die advokaat van die Staat ge= stel het tydens die betoog oor versagtende omstandighede

/(dit ...

10.

(dit het hierop neergekom: in hoeverre is die daad ver= oorsaak deur drank en jeugdigheid en gebrek aan lewens= ervaring en insig?) en na 'n opmerking van die Verhoor= regter in sy uitspraak op die aansoek om verlof om te appelleer (naamlik dat sy prima facie gevoel was dat verlof wel toegestaan moes word en dat 'n ander Hof moont= lik tot die gevolgtrekking kon kom dat die kumulatiewe effek van die reeds genoemde faktore versagtende omstan= dighede uitmaak). Na my mening is hierdie betoog klaarblyklik sonder enige verdienste hoegenaamd. Die gemelde vraag is gestel bloot in die loop van debatvoer= ing tydens die betoog en die gemelde opmerking was perti= nent tot die besluit om verlof om te appelleer toe te staan. Dit spreek vanself dat nog die een nog die ander afbreuk kan doen aan die Verhoorhof se bevinding.

Die appèl van die eerste appellant moet dus

misluk.

Ek kom nou by die appèl van die tweede appellant.

/Die ...

11.

Die betoog van sy advokaat voor hierdie Hof was hoofsaak= lik toegespits op beweerde mistastings wat die Verhoor= regter sou begaan het in sy uitspraak met vonnisoplegging ten opsigte van die tweede appellant. Daar is gesteun op die yolgende gedeelte van die Verhoorregter se uit= spraak:

"Afgesien van die getuienis wat beskuldigde nr. 2 oor die toelaatbaarheid van sy bekentenis gegee het, het hy nie verdere mondelinge getuie= nis in die hof afgelê nie. 'n Mens kan jou afvra waarom hy, nadat hy die Swartvrou verkrag het, nie probeer verhoed het dat beskuldigde
nr. 1 verder teen die Swartvrou optree soos hy wel opgetree het nie. Daar is geen getuienis dat hy beskuldigde nr. 1 probeer keer het nie.
'n Aspek wat verswarend is in die geval van beskuldigde nr. 2 is dat hy hierdie hele string van ongelukkige gebeure aan die gang ge= sit het. Dit is hy wat die Swartvrou eerste genader het, en dit is hy wat haar toe onderste= bo geklap het. Volgens sy eie bekentenis het hy nie met die Swartvrou gepraat nie en het sy ook nie met hulle gepraat nie. Daar kan dus geen sprake daarvan wees dat sy hom gevloek het of andersins uitgelok het om op te tree soos hy wel opgetree het nie."

Die betoog was dat die Verhoorregter dit die tweede

/appellant ...

12.

appellant ten onregte toegereken het dat hy nie probeer verhoed het dat die eerste appellant teenoor die oor= ledene opgetree het soos hy wel gedoen het nie, aange= sien daar geen getuienis was dat die tweede appellant bewus was van die eerste appellant se voorneme om die oorledene aan te rand, of van die feit van die aanrand= ing self, of dat die tweede appellant inderdaad by magte was om iets te doen om die aanranding te pro= beer verhoed nie. Dit is waar dat daar geen direkte getuienis te dien effekte was nie. Vermoedelik het die Verhoorregter sy opmerkings gebaseer op die aanvaarding van 'n waarskynlikheid dat die tweede appellant in die onmiddellike nabyheid van die eerste appellant was toe laasgenoemde die oorledene aangerand het. Maar die betoog was verder dat die Verhoorregter ook die uiteinde= like dood van die oorledene die tweede appellant ten onregte toegereken het, al het hy dit dan ook onbewuste= lik gedoen. Dié betoog was gegrond op die Verhoorregter

/se ...

13.

se opmerking dat die tweede appellant "hierdie hele string van ongelukkige gebeure aan die gang gesit het". Die Verhoorregter kon die woorde bloot as beskrywend be= doel het, maar dan was sy woordkeuse ongelukkig, veral met die oog op sy bevinding dat daardie feit "verswarend" was in die geval van die tweede appellant. Dit is nie duidelik wat presies hy daardeur bedoel het nie. Dit is egter onnodig om tot 'n besliste gevolgtrekking te kom oor die vraag of die Verhoorregter 'n mistasting be= gaan het, vanwee wat nou volg.

Die optrede van die tweede appellant, waarvoor hy gestraf moes word, was kort en saaklik dat hy die oorledene sonder enige aanleiding onderstebo geklap het, en dat hy haar daarna, terwyl sy op die grond aan die buitekant van die relings gelê het, verkrag het. Die Verhoorregter het uitdruklik gesê dat hy geen bevinding teen die tweede appellant maak aangaande die vraag of hy meegedoen het aan die eerste appellant se optrede toe

/laasgenoemde ...

14.

laasgenoemde die oorledene onder die relings deur geskop het nie. Na die tweede appellant se verkragting van die oorledene, het sy strafwaardige optrede tot 'n einde gekom. Hy kan nie aanspreeklik gehou word vir wat daar= na met die oorledene gebeur het nie. In hierdie lig beskou, val die tweede appellant se vonnis van 12 jaar gevangenisstraf op as 'n besondere swaar straf. As hier= die Hof in die eerste instansie belas was met die taak van vonnisoplegging, sou hy vir die tweede appellant 'n vonnis van 8 jaar gevangenisstraf as 'n gepaste vonnis beskou het. Daar is gevolglik 'n treffende wanverhouding tussen die vonnis wat hierdie Hof in die eerste instansie die tweede appellant sou opgelê het, en die vonnis wat die Verhoorregter hom opgelê het. In die resultaat is hierdie Hof geregtig en verplig om in te gryp en die tweede appellant se vonnis dienooreenkomstig te verminder.

Die bevel van die Hof is soos volg:
1. Die appèl van die eerste appellant,

/Pierre ...

15.

Pierre André Nel, teen die doodvonnis wat hom opgelê is, word van die hand gewys.

2. Die appèl van die tweede appellant, Sarel Gabriël Petrus van Staden, teen die vonnis van 12 jaar gevangenisstraf wat hom opgelê is, word gehandhaaf in dié mate dat die vonnis verminder word na 8 jaar gevangenis= straf.

A.S. BOTHA AR

SMALBERGER AR

STEM SAAM NICHOLAS WN AR