South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 17
| Noteup
| LawCite
S v Swarts and Another (385/86) [1987] ZASCA 17 (26 March 1987)
Download original files |
385/86/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak
tussen:
JOHN SWARTS 1ste Appellant
MOEGAMAT MANSOER LEE 2 de
Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
CORAM: GROSSKOPF, SMALBERGER, ARR en KUMLEBEN, Wnd
AR
VERHOOR: 19 Maart 1987
GELEWER: 26 Maart 1987
UITSPRAAK GROSSKOPF, AR
Die twee appellante is saam met twee ander persone in
die . .'
2.
die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop
aangekla van moord en menseroof. Die appellante was onderskeidelik be-skuldigdes
2 en
3, en ek sal voortgaan om so na hulle te verwys. Aan die einde van die
verhoor voor VAN SCHALKWYK WR en twee assessore is beskuldigde
1 onskuldig
bevind en ontslaan op albei klagtes. Beskuldigde 4 is skuldig be— vind as
begunstigde op die moordaanklag en onskuldig
op die aanklag van menseroof.
Beskuldigdes 2 en 3 is skuldig be-vind op albei klagtes. Ten opsigte van die
moordklag is geen versagtende
omstandighede bevind nie, en is hulle ter dood
veroordeel. Op die klag van menseroof is 'n vonnis van gevangenisstraf
opgelê.
Met verlof van die verhoorregter kom hulle nou in hoër beroep
teen hul skuldigbevinding aan
moord
3 moord en teen die bevinding dat daar geen versagtende
om-standighede teenwoordig was nie.
Die feite van die saak is soos volg. Die
twee appel-lante het gedurende die Paasnaweek van 1985 in Atlantis gaan kuier.
Beskuldigde
3 het heelwat familie daar, asook
'n vrou. Gedurende die oggend van Goeie Vrydag, 5 April-1985, het dit tot sy kennis gekom dat iemand by die woonstel wat deur sy vrou bewoon word, ingebreek het, en die krane oopge-draai en laat loop het met die resultaat dat heelwat water-skade aangerig is. Daarbenewens is die bande van sy motor, wat buite die woonstelgebou gestaan het, stukkend gesny. Toe die skade aangerig is, en toe dit ontdek is, was beskul-digde 3 nie by die woonstel aanwesig nie. Toe hy daarvan
verneem
4 verneem, het hy, saam met beskuldigdes 1 en 2 en die
staats-getuie Anthea Smith (beskuldigde 3 se suster), gaan onder-soek instel.
Beskuldigde 3 het tot die slotsom geraak dat dit Joseph Fredericks,alias
Sorrows,(die oorledene) was wat vir die molés verantwoordelik
was. Die
oorledene was vroeër in diens van beskuldigde 3 in sy besigheid as
dwelmhandelaar. Daar het egter moeilikheid tussen
hulle gekom omdat, volgens
beskuldigde 3, die oorledene nie behoorlik rekenskap gegee het van geld wat hy
namens beskuldigde 3 besit
het nie. Die sakeverhouding tussen hulle het as
gevolg daarvan tot 'n
einde gekom.
Toe beskuldigde 3 die skade waargeneem het, het hy en beskuldigde 2 onmiddellik vir die oorledene gaan soek.
Hulle
5 Hulle kon hom nie vind nie. Kort daarna het beskuldigde 3 vir beskuldigde 4, wat sy motor by hom gehad het, raakge-loop, en met hom gereël dat hy vir hulle sou vervoer om vir die oorledene te soek. Gedurende die soektog was die vier beskuldigdes en Anthea Smith in die motor. Beskuldigde 4 het bestuur. Mense het aan hulle gesê dat die.oorledene besig is om Kaapstad toe te ryloop. Uiteindelik, naby die Tedelex fabriek, het hulle die oorledene gevind. Beskuldig-de 3 het uit die motor geklim (en miskien beskuldigde 2 ook) en die oorledene oorreed om agter in die motor in te klim.
Die groep het eers teruggery na 'n woonstelblok ge-naamd Lark's Place, waar 'n ander suster van beskuldigde 3
gewoon
6 gewoon het. Daar het beskuldigde 4 brandstof in die motor
gegooi. Anthea Smith het uitgeklim en nie teruggekeer nie. Beskuldigde
1 (en
miskien ook beskuldigde 3) het vir 'n ruk-kie by die woonstelle ingegaan. Die
oorledene het egter in die motor gebly, en so
ook beskuldigde 2. Nadat die vier
beskuldigdes weer almal in die motor was, het hulle voortge-ry. Beskuldigde 3
het die rigting aangedui.
Hulle het eers met die pad na Silwerstroomstrand
gery,maar toe in 'n grondpad afgedraai en uiteindelik aan die verkeerde kant van
die pad stilgehou. Hierdie punt was 'n afstand van 8,6 km vanaf Lark's
Place.
Toe die motor stilgehou het, is die oorledene uit die motor geneem na 'n punt 110 treë in die bosse in. Daar is hy met 'n piksteel geslaan totdat hy inmekaar gesak het. Tak-
ke
7 ke is op sy liggaam geplaas en aan die brand gesteek. Hy
is in die aanranding dood.
Die vernaamste lykskouing-bevindings was dat die
oor-ledene se arms, gesig en anterior toraks verkool was, en dat daar 'n
fraktuur
van die skedel was vanuit beide oogholtes asook vergruising van die
regter maksilla. Volgens die senior distriksgeneesheer van Paarl,
Dr. M C
Muller, was die oorsaak van dood die fraktuur van die skedel met brein-skade,wat
deur stompgeweld veroorsaak is. Die aanduidings
was dat die oorledene reeds dood
was toe sy liggaam verbrand is.
Oor die gebeure by die misdaadtoneel was die verhoor-hof aangewese op die weergawes van die vier beskuldigdes.
Beskuldigde
8 Beskuldigde 1 en beskuldigde 2 het in hul getuienis al die
blaam vir die aanranding op beskuldigde 3 gepak. Beskul-digde 3, daarenteen,
het
getuig dat beskuldigde 2 alleen die aanranding gepleeg het. Beskuldigde 4 het
getuig dat be-skuldigde 2 en beskuldigde 3 albei
deelgeneem het.
Die hof a
quo het hierdie feite-dispuut as volg be-nader. Eers is beskuldigde 3 se
getuienis oorweeg. Om redes genoem in die uitspraak is sy weergawe
verwerp.
Daar-na is beskuldigde 4 se getuienis behandel. Hy is as 'n
medepligtige beskoú, maar daar is bevind dat sy getuienis nogtans aanvaar kon word. Daarna is die getuienis van be-skuldigde 1 en beskuldigde 2 oorweeg. Daar is bevind dat geen waarde aan die getuienis van beskuldigde 1 oor die ge-
beure
9 beure by die toneel geheg kon word nie. Beskuldigde 2 se weergawe is ook
oorweeg en verwerp. Die resultaat was dus dat beskuldigde
4 se weergawe aanvaar
is, en dat die ander beskuldigdes se weergawes verwerp is.
Beskuldigde 4 se
getuienis oor wat op die kritieke stadium gebeur het kan soos volg opgesom word.
Terwyl hul-le op die grondpad gery
het, het beskuldigde 3 vir hom gesê -om
stil te hou. Hy het die opdrag gehoorsaam. Beskuldig-de 3 het uitgeklim, gevolg
deur
beskuldigde 2. Beskuldigde 2 het 'n piksteel saamgeneem wat agter in die
motor gelê het. Beskuldigde 2 en beskuldigde 3 het
die oorledene saam met
hulle geneem. Beskuldigde 1 en beskuldigde 4 het later ge-volg.
'n Ent van die motor het beskuldigde 2 die oorledene
begin
10 begin slaan met die piksteel. Die oorledene het gestruikel en
teen 'n boom geleun. Beskuldigde 3 neem toe die piksteel by beskuldig-de
2, en
slaan die oorledene een hou teen die kop. Die oorledene het inmekaar gesak.
Beskuldigde 2 het toe vir beskuldigde 1 en beskuldigde
4 aangesê om takke
nader te bring. Die takke is op die oorledene se liggaam gepak, en beskul-dige 2
het die piksteel ook o'p
die hoop gegooi. Beskuldigde 2 het daarna vir
beskuldigde 4 petrol gevra,en beskuldigde 4 het 'n kannetjie uit die motor se
bagasiebak
gebring waarin daar nog 'n bietjie brandstof was. Beskuldigde 2 het
dit oor die oorledene leeggemaak. Daarna het beskuldigde 3 (of
be-skuldigde 2,
of albei) vir vuurhoutjies gevra. Niemand het gehad nie, en hulle het per motor
uitgery om daarvoor te gaan
soek
11
soek. Mense langs die pad het aan hulle vuurhoutjies gegee, en
hulle is terug na die toneel waar beskuldigde 2 die takke aan die brand
gesteek
het. Hulle is toe almal daar weg.
Indien beskuldigde 4 se getuienis korrek is
kan daar geen twyfel wees oor die aandadigheid van beskuldige 2 en be-skuldigde
3 nie.
In argument voor ons het Mev Stander, namens beskuldigde 2, dan ook
betoog dat die verhoorhof ge-fouteer het deur beskuldigde 4 se
weergawe te
aanvaar en dié van beskuldigde 1 en beskuldigde 2 te verwerp.
By die beoordeling van die getuienis van beskuldigde 4 was die hof bedag daarop dat, as 'n medepligtige, hy moont-lik ander persone by die misdaad kon betrek om sy eie aan-dadigheid weg te praat. Hierdie oorweging, het die hof be-
vind
12
vind, het egter nie in die onderhawige geval gegeld nie: dit was gemene saak dat beskuldigde 4 nie aan die aanranding deelgeneem het nie, en dit was dus nie vir hom nodig om sy eie rol aan iemand anders toe te dig nie. Daar was dan ook geen klaarblyklike motief om beskuldigde 2 by die aanranding te betrek as die aanranding slegs deur beskuldigde 3 gepleeg is, soos beskuldigde 2 beweer het nie. Mev Stander het aan die hand gedoen dat so 'n motief mag ontstaan het deurdat be-skuldigde 2 in sy getuienis die optrede van beskuldigde 4 in minder neutrale kleure geskilder het as wat deur beskuldigde 4 self gebruik is, en dat beskuldigde 4 derhalwe 'n motief ge-had het om beskuldigde 2 te probeer diskrediteer. Hierdie bespiegeling verloor egter heelwat gewig as in gedagte gehou
word
13 word dat beskuldigde 4 se weergawe in getuienis, wat in Junie
1986 gelewer is, ooreengestem het met 'n verklaring wat hy op 10
Mei 1985 aan 'n
landdros gemaak het.
Daar is ook gewys op sekere swakhede in beskuldigde 4 se
getuienis. Oor die algemeen, meen ek, kan daar gesê word dat beskuldigde
4
deurgaans sy eie rol in die aange-leentheid probeer verklein het deur voor te
gee dat daar niks ongerymds in sy teenwoordigheid
plaasgevind het nie, of, waar
hy sy aanwesigheid of deelname nie kon wegpraat nie, dat
hy deur vrees of dreigemente beïnvloed was. Hy was dus klaarblyklik nie 'n getuie op wie absoluut peil getrek kon word nie, maar die hof a quo het hom ook nie as sodanig be-skou nie. Die hof het sy getuienis met wantroue bejeën,
en
14 en maar alleen sy relaas van die aanranding op die oorle-dene as samehangend en oortuigend beskryf. Die punte van kritiek wat Mev Stander op sy getuienis ten opsigte van die aanranding ge-opper het, is myns insiens nie gewigtig genoeg om af te doen aan die verhoorhof se bevinding nie. En sy getuienis dat beskuldigde 2 aan die aanranding deelgeneem het, is ook nie in, vacuo aanvaar nie. Die hof het in hierdie verband ook gewig geheg aan die verwerping van die getuienis van beskuldigde 1 en beskuldigde 2; aan die feit dat beskuldig-de 2 volgens al die beskikbare getuienis op daardie dag vir beskuldigde 3 bygestaan het; en aan die feit dat, nieteen-staande sy verkondigde onskuld, beskuldigde 2 geen poging aan-gewendhet om die gereg te ken in die moord van die persoon
wat
15 wat hy as sy "spesiale vriend" beskryf het nie. Hierby
kan ek voeg dat beskuldigde 2 na die moord geredelik saam met beskuldigde
3
vertrek het en hul vriendskaplike verhouding voortgesit het.
Soos ek reeds
gemeld het, het Mev Stander ook betoog dat die hof gefouteer het deur die
getuienis van beskuldigde 1 en beskuldigde
2 te verwerp. Beskuldigde 1 se
getuienis was direk teenstrydig met 'n verklaring wat hy aan 'n landdros gemaak
het waarin hy beskuldigde
2 en beskuldigde 3 by die moord betrek het. Dit op
sigself sou 'n goeie rede wees om sy getuienis te verwerp dat die aanranding
deur
beskuldigde 3 alleen gepleeg is. Daar is egter ook ander gegronde redes wat
deur die verhoorhof geopper word. Na my mening kan die
juistheid
16 juistheid van die verwerping van beskuldigde 1 se getuienis
ten opsigte van die aanranding nie betwyfel word nie.
Wat beskuldigde 2 se
getuienis betref, is dit verwerp vanweë inherente swakhede; vanweë die
indruk wat beskuldigde 2 in
die getuiebank geskep het; en vanweë
teenstrydighede tussen sy getuienis en die objektiewe waarskynlikhede. Ook
hierdie bevinding
kan myns insiens nie met sukses aangeveg word nie.
Weens
die voorgaande meen ek nie dat daar enige ge-gronde rede is om af te wyk van die
verhoorhof se bevinding dat beskuldigde 4 se
getuienis aanvaar en dié van
beskuldig-des 1 en 2 verwerp moet word nie. Dit volg dus dat beskul-digde 2 myns
insiens tereg
skuldig bevind is aan moord.
Namens beskuldigde 3 het Mnr Malan ook formeel be-
toog
17 toog dat die skuldigbevinding ter syde gestel moet word. By die verhoor van die appèl het hy egter in hierdie opsig volstaan by wat in sy betooghoofde verskyn. Die probleem waarvoor hy gestaan het was nie alleen dat die waarskynlik-hede heelwat sterker teen beskuldigde 3 getel het as teen beskul-digde 2 nie, maar dat beskuldigde 3 in getuienis ten opsigte van versagtende omstandighede erken het dat hy die oorledene die finale hou met die piksteel toegedien het. Ek hoef dus nie meer te sê nie as dat ek met die verhoorhof se bevinding oor beskuldigde 3 se skuldigbevinding saamstem.
Dit bring my dan by die kwessie van versagtende om-standighede. Namens albei appellante is betoog dat die ver-hoorhof gefouteer het deur te bevind dat die beskuldigdes
die
18
die opsetvorm dolus directus, in teenstelling tot
dolus eventualis, gehad het. Ek meen egter dat 'n direkte opset om te
dood die enigste redelike afleiding van die feite is. Beskuldigdes 2 en 3 het
die oorledene gesoek omdat hy vir beskuldigde 3 skade berokken het. Dit is
duidelik dat hulle
'n aanranding op hom wou pleeg. Hulle neem hom toe 'n
af-stand van 8,6 km na 'n onbewoonde gebied, waar hulle hom 'n verdere 110 meter
in die bosse inneem. Klaarblyklik wou hulle 'n onverstoorde geleentheid hê
om hom te lyf te gaan. As wapen gebruik hulle 'n
piksteel, wat klaarblyklik 'n
uiters gevaarlike wapen is, en dien hom houe teen die kop toe. Dit is wel waar,
soos deur Mnr Malan
beklemtoon, dat die piksteel toevallig ter hande was. Aan
die ander kant, as
die .
19
die beskuldigdes net 'n matige aanranding beoog het, sou daar sekerlik heelwat minder gevaarlike wapens soos latte, stokke, ens., op die toneel gewees het, en sou die beskuldig-des in elk geval hul vuiste en geskoende voete kon gebruik het. Ten slotte, nadat die oorledene inmekaargestort het, doen die beskuldigdes stappe om sy liggaam te verbrand, son-der om eers vas te stel of hy inderdaad reeds dood is. Alles getuig myns insiens van 'n daadwerklike bedoeling om hom te dood.
Ten opsigte van beskuldigde 2 is verder betoog dat hy op die betrokke dag onder die invloed van Mandrax en dagga was, dat hy 'n "primitiewe wese" is, en dat hy 'n min-dere rol as beskuldigde 3 in die aangeleentheid gespeel het.
Hierdie
20
Hierdie faktore is almal deur die verhoorhof oorweeg, en na my
mening bestaan daar geen gronde waarop die verhoorhof se bevinding
aangeveg kan
word nie.
Namens beskuldigde 3 is, benewens faktore wat reeds genoem is,
staatgemaak op die omstandigheid dat beskuldigdé 3 onder groot
provokasie
gehandel het. Hoewel dit nie ob-jektief bewys is dat die oorledene inderdaad die
skade aan beskuldigde 3 se motor en die
inhoud van die woonstel veroor-saak het
nie, is betoog dat hy redelikerwyse geglo het dat die oorledene hiervoor
verantwoordelik
was. Gedurende die hele tyd in die motor het die oorledene egter
steeds sy on-skuld bely,' wat verder, so is betoog, beskuldigde
3 se woede moes
laat oplaai het. By die toneel is die voortou geneem
deur
21
deur beskuldigde 2 en, so is betoog, dit sou onmenslike
selfbeheersing aan die kant van beskuldigde 3 gekos het om nie ook deel te
neem
nie.
Beskuldigde 3 se motief is deur die hof a guo oorweeg, en dit is
nie as versagtend beskou nie. Ek stem hiermee saam. 'n Geruime tyd het verloop
vandat beskuldigde 3 die skade
agtergekom het totdat die moord gepleeg is.
Ge-durende hierdie tyd het beskuldigde 3 eers te voet in Atlan-tis gesoek na die
oorledene.
Daarna het hulle per motor ge-ry. Hulle het eers by Lark's Place
aangedoen. Vir die doel van die aanranding het hulle toe 'n hele
ent gery, en
toe ook eers 110 treë in die bosse ingeloop. Sekerlik was daar dus genoeg
tyd vir beskuldigde 3 se woede om af
te koel.
Die
22
Die indruk wat n mens uit die getuienis kry is nie dat be-skuldigde 3 in 'n toestand van onbeheersde woede was nie, maar dat hy koel en berekenend opgetree het. Hy het klaarblyk-lik besluit om behoorlik met die oorledene af te reken. Daar is ook geen getuienis dat beskuldigde 2 se optrede enigsinsdie uitwerking gehad het om beskuldigde 3 aan te vuur nie. Gevolglik meen ek nie dat die hof gefouteer het deur provokasie nie as 'n versagtende omstandigheid te beskou nie.
Ander faktore soos die beskuldigde se persoonlikheid
en die gebruik van
dwelms is behoorlik deur die verhoorhof
oorweeg. Geen voldoende rede is aangetoon om van die ver-hoorhof se bevinding af te wyk nie.
Weens die voorgaande meen ek dat die verhoorhof se
bevindinge
23
bevindinge ten opsigte van skuldigbevinding en die
afwesig-heid van versagtende omstandighede onaanvegbaar is.
Die twee
appellante se appèlle teen hul skuldigbevin-dinge aan moord en die
bevinding dat daar geen versagtende omstandighede
was nie,word van die hand
gewys.
E M GROSSKOPF, AR