South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 22

| Noteup | LawCite

Strydom v Staatpresident van Replubliek van Suid Afrika and Another (23/87) [1987] ZASCA 22; [1987] 4 All SA 334 (AD) (26 March 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


Saaknommer: 399/85 WHN

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant

en

DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Eerste Respondent

ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

JOUBERT AR :
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

In die saak tussen:

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant

en

DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Eerste Respondent

ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Responden

Coram: JOUBERT, TRENGOVE, GROSSKOPF, JACOBS ARR.

et BOSHOFF Wn AR. Datum van Verhoor: 4 November 1986

Datum van lewering: 26 Maart 1987

UITSPRAAK

JOUBERT AR :

/Die

2

Die appellant („Strydom") het in die Transvaalse Provinsiale Afdeling 'n hersieningsaan= soek teen die respondente aanhangig gemaak ingevolge waarvan hy gevra het vir 'n bevel wat die eerste res= pondent (die „Staatspresident") se goedkeuring aan die tweede respondent („Evkom") in terme van art 43(1) van die Elektrisiteitswet No 40 van 1958 om 'n

serwituut vir 'n transmissielyn vir die geleiding van elektrisiteit oor 'n gedeelte van Strydom se plaas Olifantsfontein No 410, Registrasie Afdeling J.R., Transvaal, by wyse van verpligte koop te verkry, hersien en tersyde stel asook vir h

/bevel ....

3

bevel om die kennisgewing van verpligte koop, ge= dateer 16 Februarie 1984, wat Evkom uit hoofde van gemelde goedkeuring aan Strydom gerig het, tersyde te stel. Op 27 Augustus 1985 het MacARTHUR R Strydom se aansoek met koste afgewys. Met verlof van die hof a quo kom Strydom tans in hoër beroep teen daardie uitspraak na hierdie Hof.

Evkom is 'n statutêre regspersoon wat

op 1 Maart 1923 in die lewe geroep is deur art 2

van die vorige Elektrisiteitswet No 22 van l922 wat deur art

2(1) van die huidige Elektrisiteitswet No 40 van

1958 („die Wet") vervang is. Sedert sy

/totstandkoming

4

totstandkoming is Evkom 'n gemagtigde ondernemer
wat gemagtig is om 'n onderneming vir die voor=

siening van elektrisiteit te dryf en wat minstens
'n bepaalde hoeveelheid elektrisiteit per jaar ver=

koop. Vergelyk die woordomskrywing van „gemag=

tigde ondernemer" in art 1 van die Wet. Insgelyks

het 'n Elektrisiteitsbeheerraad sedert Evkom se tot=

standkoming beheer uitgeoefen oor die voorsiening van

elektrisiteit deur Evkom of deur 'n private onder=

neming (art 22(4) van die Wet). Die lede van die

Elektrisiteitsbeheerraad word deur die Minister van

Mineraal- en Energiesake (die „Minister") aangewys

volgens art 22(1) van die Wet. Afgesien van die

/feit

5.
feit dat Evkom geen aandeelhouers het nie het sy struktuur sekere veranderings ondergaan. Aan= vanklik het dit bestaan uit lede wat deur die Goewerneur-generaal aangestel is. Die Wysig= ingswet op Elektrisiteit No 50 van 1985 met sy inwerkingtreding op 24 Mei 1985 het egter voorsiening gemaak vir 'n Elektrisiteitsraad waarvan die meeste lede deur die Minister aangestel word (art 3 van die Wet) om beheer uit te oefen oor die uitoefening deur Evkom van sy bevoegdhede (art 3(1) van die Wet) terwyl 'n Bestuursraad die bestuur van 2vkom.se sake behartig (art 3(4) van die Wet). Volgens art 3 E van die Wet word die Bestuursraad deur die

/Elektrisiteitsraad

6

Elektrisiteitsraad saamgestel. Ofskoon Evkom op
hierdie wyse van owerheidsweë beheer word en toesig
oor sy bedrywighede uitgeoefen word,is dit egter

gêensins 'n staatsliggaam wat aan die Staat behoort

en deur staatsfondse gefinansieer word nie. Sy

begroting word nie deur die Parlement bekragtig nie.

Dit bekom sy eie fondse deur die aangaan van lenings

en deur die verkoop van elektrisiteit as 'n gemagtigde

ondernemer (art 12 van die Wet). Evkom is verplig

om sy eie jaarlikse balansstate op te stel (art 17

van die Wet) wat geoudit word deur rekenmeesters

deur die Staatspresident aangestel (art 18 van die

Wet).

/7

7

Die agtergrond van die relevante gebeure wat aanleiding tot die instel van Strydom se hersienings= aansoek gegee het, is in hooftrekke die volgende. Gedurende 1976 het die Elektrisiteitsbeheerraad aan= beveel dat Evkom 'n behoefte het aan die Minerva -Lombardy - craighall transmissielyn waarvan die roete o.a. oor 'n gedeelte van die plaas Oliiantsfontein no 410 sou loop. Dit het meegebring dat Evkom 'n

serwituut moes verkry oor 'n serwituuutarea van 42,0638 ha van die plaas Olifantsfontein no 410. Volgens art 4(e) van die Wet is Evkom bevoeg om „grond of regte of belange in of op grond - - - en regte op eiendom van watter aard ook al te verkry" deur aankoop.

/Evkom .......

8

Evkom het onderhandelings aangeknoop met die grond= eienaars langs die beplande roete vir die vrywillige aankoop van die serwitute. Dit het Strydom se vader ingesluit wat tot sy dood gedurende Julie 1978 die eienaar van die plaas Olifantsfontein no 410 was. Mynhardt en Zondagh het as werknemers van Evkom die onderhandelinge namens Evkom gevoer. Eersge= noemde het reeds 25 jaar se ervaring by dergelike onderhandelinge vir die verkryging van regte oor grond wat Evkom benodig. 'n Uitgebreide korrespondensie het gevolg tussen Strydca se agente en Evkom. 'n Groot deel van die relevante korrespondensie is

aangeheg by die stukke voor hierdie Hof. Ek

/sal

9

sal daarmee volstaan om na enkele van die belangrike briewe te verwys ten einde die verloop, strekking en resultate van die korrespondensie aan te toon :

1. Op 28 Junie 1979 het Parker Ellis (Edms) Bpk namens
Strydom aan Evkom geskryf om oor die vergoeding vir die
transmissielyn se serwituut te onderhandel. Dit is
duidelik gestel dat Strydom geen beswaar teen die
beplande roete van die transmissielyn het nie. Daar
is aan die hand gedoen dat 'n prys van Rll 670 per ha
redelik is. 'n Totale vergoeding van R452 835 is
voorgestel (Aanhangsel "AA" band 1 p 96-101).

2. Uit 'n brief gedateer 17 Augustus 1979, van Evkom

/aan

10

aan Parker Ellis (Edms) Bpk blyk dit dat Strydom op

R758 467 vergoeding aanspraak maak terwyl Evkom

R50 000 aanbied. Evkom doen aan die hand dat Strydom

aan hom 'n opsie in terme van art 43(5) van die Wet gee aangesien Strydom geen beswaar teen die roete het nie terwyl die vergoeding volgens die betrokke bepalings van die Onteieningswet no 63 van 1975 vasgestel kan word (Aanhangsel "BB" band 1 p 102-103).

3. Evkom en Parker Ellis (Edms) Bpk het mondelings 'n

ooreenkoms met mekaar oor die quantum van die ver= goeding bereik. Daarom het Evkom op 14 Augustus 1980

'n brief aan Strydom gerig vir die ondertekening deur

/hom

11

hom van die ingeslote „nuwe opsie" in duplikaat waarvolgens die vergoeding bereken teen 80% van die

grondwaarde van R4 000 per ha vir 46,62 ha die totale

beloop bedrag van R149 184 beloop (Aanhangsel "CC" band 1 p 104).

Strydom het egter geweier om die dokument te onder=

teken omdat die vergoeding vir hom nie meer aanvaar=

baar was nie. voortaan het prokureur Krogh van die

prokureursfirma H.P. Krogh & de Wet namens Strydom met

Evkom oor die vergoeding onderhandel. Krogh het ter

aanvang aan Evkom geskryf om te verneem of Strydom

geregtig sou wees om die serwituutgebied te gebruik.

Dit het geen probleme opgelewer nie.
4.0p 11 Desember 1980 skryf Krogh aan Evkom dat Strydom

/op

12 op 'n hoër vergoeding geregtig is as wat 'n jaar gelede bepaal is omdat daar 'n opbloei in die eiendomsmark sedert Oktober 1979 plaasgevind het. Daar was bowendien 'n vermindering in die koopkrag van geld as gevolg van in= flasie. Strydom verwag dat Evkom 'n hoër vergoeding sal aanbied. (Aanhangsel "FF", band 1 p 111-114). 5. Op 14 April 1981 het Evkom in 'n skrywe aan Krogh dit op rekord geplaas dat die vergoeding wat met Parker Ellis (Edms) Bpk ooreengekom is vir Strydom nie aanvaarbaar is nie. . Strydom is ook nie op daardie stadium bereid om aan Evkom regte te verleen soos in art 43(5) van die Wet bepaal word nie (Aangangsel "GG', band 1 p 115-118).

/Krogh
13

Krogh se reaksie was om 'n brief, gedateer 20 Mei 1981, aan Evkom te skryf waarin hy meld dat Strydom nie bereid was om R4000 per ha as basis vir vergoeding te aanvaar nie. Strydom meen dat R12 500 per ha meer realisties is. Daar is verwys na ander verkooptransaksies van grond in die onmiddellike omgewing. Evkom word versoek om die hele aangeleentheid in 'n nuwe lig te sien en die „opsieprys" te heroorweeg. (Aanhangsel "B" tot Strydom se beedigde verklaring, gedateer 29 November 1982, band 2 p 154-158).

6. Die volgende belangrike stap in die onderhandelings

was toe Evkom op 26 November 1981 aan Krcgh skryï êat

'n waardasie van Boshoff ontvang is. (Hierdie waardasie

is Aanhangsel "HH", band 1 p 119-122). Dienooreenkomstig

/bied

14

bied Evkom Strydom R175 000 aan en versoek hom om voor of op 11 Januarie 1982 Evkom van sy besluit in kennis te stel. Daar word daarop gewys dat „indien hierdie voor= stel ook nie vir u klient aanvaarbaar is nie sal Evkom genoodsaak wees om die aangeleentheid na die Elektrisiteits= beheerraad te verwys met die oog op 'n moontlike verpligte koop". (Aanhangsel "JJ", band 1 p 123-124).

7. Strydom het nie Evkom se aanbod van R175 000 vergoeding

aanvaar nie. 0p 18 Maart 1982 meld Krogh in sy skrywe

aan Evkom; dat daar onderhandelinge aan die gang is om 'n

nabygeleë gedeelte van die plaas Olifantsfonrein no 410

te verkoop. Met die oog daarop vra Krogh dat die

/onderhandelinge

15

onderhandelinge met Evkom vir 2 of 3 maande afgestel word. (Aanhangsel "KK", p 125-126). Evkom antwoord op 31 Maart 1982 dat hy genoodsaak is om met sy aansoek by die Elektrisiteitsbeheerraad voort te gaan aangesien Strydom nie bereid was om aan hom die regte te verleen soos in art 43(5) van die Wet bepaal is nie. (Aanhangsel "LL",band 1 p 127-128).

Art 43 van die Wet lees soos volg:

Onteiening van grond en belange in grond;

(1) Ondanks andersluidende wetsbepalings kan 'n ge= magtigde ondernemer of iemand wat geregtig is om elektrisiteit binne 'n bepaalde gebied te laat ontwikkel of te voorsien, met goedkeuring van die Staatspresident en onderworpe aan die voorwaardes wat hy mag oplê, deur verpligte

/koop

16

koop grond of 'n reg in, oor of ten opsigte van grond wat so 'n ondernemer of so iemand vir die uitoefening van bedoelde bevoegdheid nodig het, verkry.
(2) Die Staatspresident mag sodanige goedkeuring
nie verleen nie tensy hy oortuig is -
(a) dat so 'n ondernemer of so iemand nie in staat is om sodanige grond of reg op redelike voorwaardes deur ooreenkoms met die eienaar te verkry nie; en
(b) na oorweging van 'n verslag deur die raad, dat so 'n ondernemer of so iemand sodanige grond of reg redelikerwys nodig het vir die uitoefening van die bevoegdheid bedoel in subartikel (1).

(3) (a) Voordat die raad sy verslag ingevolge sub=

artikel (2) (b) verstrek, moet hy by 'n openbare verhoor bepaal of so 'n onder= nemer of so iemand die betrokke grond of reg aldus nodig het.
(b) Die raad moet minstens veertien dae kennis van so 'n verhoor gee aan so 'n ondernemer of so iemand, en aan die betrokke eienaar, wat geregtig is om by sodanige verhoor sy be= sware teen die verpligte koop te opper.

/ (c)

17

(c) Die raad moet bedoelde eienaar en onder=
nemer of persoon van sy bevinding in kennis stel.
(4) Sodra die goedkeuring van die Staatspresident
tot so 'n verkryging verleen is, geld die be=
palings van artikel 7 tot 23 van die Onteienings=
wet, 1975, mutatis mutandis in verband met
sodanige verkryging, en by sodanige toepassing
daarvan word 'n verwysing in daardie artikels -
(a) na die 'Minister' en die 'Staat' as 'n ver= wysing na die betrokke ondernemer of persoon uitgelê;
(b) na 'artikel 2' as 'n verwysing na hierdie artikel uitgelê.
(5) Indien die eienaar van grond inwillig tot die
verkryging van dié grond of 'n reg in/oor of ten op=
sigte van dié grond deur so 'n ondernemer of sc
'n persoon vir die uitoefening van 'n bevoegdheid bedoel in subartikel (1), maar nie bereid is om die vergoeding wat daarvoor aangebied word, te aanvaar nie, kan die partye ooreenkom dat die ondernemer of persoon, na gelang van die geval,

/die

18.
die grond of reg verkry onderworpe aan die vasstelling van die vergoeding wat betaalbaar is ooreenkomstig die bepalings van artikel' 12, 14 en 15 van die Onteieningswet, 1975, na gelang van watter bepalings van toepassing sou gewees het indien die grond of reg ingevolge die bepalings van genoemde Wet onteien was: Met dien verstande dat in so 'n geval die kennis= gewingsdatum, soos in artikel 1 van genoemde Wet omskryf, geag word die datum te wees waarop bedoelde ooreenkoms aangegaan is : Met dien verstande voorts dat indien 'n aansoek om sodanige vasstelling van die vergoeding nie binne ses maande na dié datum by die gepaste hof ingedien word nie, die vergoeding wat deur daardie onder= nemer of persoon aangebied is, die vergoeding is wat betaalbaar is vir die verkryging van daardie grond of reg."

/Op

19

Op 30 September 1982 het Evkom skriftelik aansoek by die Elektrisiteitsbeheerraad gedoen pm goed= keuring deur die Staatspresident kagtens art 43(1) vir die verkryging deur verpligte koop van die regte om
'n transmissielyn oor Strydom se plaas op te rig en in stand te hou. Die Elektrisiteitsbeheerraad word versoek om (i) 'n openbare verhoor kragtens art 43 (3)(a) te belê

ten einde te bepaal of Evkom die regte redelikerwyse benodig vir die voorsiening van elektrisiteit; (ii) versiag ingevolge art 43 (2)(b) aan die Staars=

president te doen; en (iii) Evkom se aansoek aan die Staatspresident voor te lê

/om
20

om sy goedkeuring te verkry.
Die roete van die transmissielyn word op aangehegte kaarte
aangetoon. Dit word ook vermeld dat Evkom nie in
staat is om die regte wat Evkom redelikerwyse benodig op
redelike voorwaardes deur ooreenkoms met Strydom te verkry
nie. Ter stawing hiervan is die beëdigde verklarings,

gedateer 30 September 1982, van Mynhardt (Aanhangsel "AX",

band 1 p 89-91) en Zondagh (Aanhangsel "BX", band 1 p

92-95) aangeheg. Die korrespondensie soos vervat in

Aanhangsels "BB" tot "LL" inklusief waarna ek supra

verwys het, is geheg aan Zondagh se beëdigde verklaring

terwyl Aanhangsel "A" tot Mynhardt se beedigde verklarig

gevoeg is.

/Ek

21

Ek mag daarop wys dat op die stadium toe Evkom sy vermelde skriftelike aansoek gemaak het, hy reeds daarin geslaag het om die benodigde regte oor eiénaars se gronde langs die hele roete van die Minerva -Lombardy - Craighall transmissielyn te bekom met die uit= sondering van Strydom se plaas.

Die Elektrisiteitsbeheerraad het op 12 November 1982 ingevolge art 43 (3)(b) Evkom en Strydom skriftelik in kennis gestel van die datum, tyd en plek van die voor= genome openbare verhoor.

Strydom se reaksie was om sy besware teen Evkom

se verkryging van die betrokke regte deur verpligte koop

te verkry in 'n beëdigde verklaring, gedateer 29 November 1982

(Aanhangsel

22

(Aanhangsel "CX" , band 2 p 129-135), uiteen te sit.
Sy standpunt was dat Evkom se aansoek voorbarig is deur=
dat Evkom nie genoegsame pogings aangewend het om die
regte op redelike voorwaardes deur ooreenkoms met hom
te verkry nie. Hy verklaar dan ook dat hy bereid is

om op redelike voorwaardes 'n ooreenkoms met Evkom aan

te gaan. Hy heg aan Swart se verslag, gedateer 2 Maart

1982, (band 2 p 136-153), Bester se waardasie, gedateer

21 April 1382, (band 2 p 159-160) en Fleck se waardasie,

gedateer 12 Februarie 1982 (band 2 p 161-166). Swart

kritiseer Boshoff se waardasie wat vervat is in Aanhangsel

"HH" (band 1 p 119-122). Bester waardeer Strydom se plaas

teen R4 000 000 terwyl Fleck die plaas teen R600 000

/waardeer

23

waardeer. Strydom maak 'n aanbod om R420 638 vir die verlangde regte oor sy plaas te aanvaar tot 6 Desember 1982. Ek mag daarop wys dat Evkom nie hierdie aanbod aanvaar het nie.

Die openbare verhoor is op 7 Desember 1982

deur die Elektrisiteitsbeheerraad gehou. Strydom en

Krogh asook werknemers van Evkom was teenwoordig. 'n

Verbatim verslag van die verrigtinge by die openbare

verhoor is deel van die stukke voor hierdie Hof. Raad=

pleeg band 1 p 47-72. Krogh het namens Strydom verklaar

dat Strydom geen beswaar teen die roete van die trans=

missielyn oor sy plaas het nie. Strydom het ook

toegegee dat Evkom die serwituut oor sy plaas redelikerwyse

/nodig

24

nodig het. Dit was juis die aangeleentheid wat die
Elektrisiteitsbeheerraad moes bepaal en 'n verslag oor
moes uitbring. Krogh het Strydom se beëdigde ver=
klaring gedateer 29 November 1982, ingehandig en beweer
dat Evkom nie genoegsame pogings aangewend het om die

serwituut op redelike voorwaardes deur ooreenkoms van

Strydom te verkry nie. Evkom het bly vassteek by

Boshoff se waardasie van R175 000 terwyl Strydom aandring

op 'n vergoeding van R10 000 per ha. Strydom was

steeds bereid om op redelike voorwaardes 'n ooreenkoms

met Evkom aan te gaan. Hy was egter nie bereid om toe

te stem tot die prosedure van art 43 (5) om toe te stem

tot die verlening van die serwituut en die vasstelling

/van
25

van die vergoeding deur 'n Onteieningshof nie. Die
Elektrisiteitsbeheerraad het dit nie as sy taak geag

om in te gaan op Strydom se beswaar dat Evkom nie ge=
noegsame pogings aangewend het om die serwituut op

redelike voorwaardes deur ooreenkoms van Strydom te

verkry nie.

Evkom het op 4 Januarie 1983 die Elektrisiteits=

beheerraad skiftelik verwittig dat hy sy aansoek wysig

in die opsig dat die transmissielyn oor Strydom se plaas

'n enkelbaan gaan wees wat slegs 24,9755 ha i.p.v. 42,0638

hs as serwituutgebied affekteer. Vgl. Aanhangsel DX,

band 2 p 167-172. Krogh se reaksie was dat die wysiging

die aansoek so ingrypend verander het dat Evkom nie op

/dieselfde

26

dieselfde aansoek kon voortgaan nie en dat Evkom met Strydom oor 'n kleiner serwituutgebied onderhandelinge moes voer, soos blyk uit Aanhangsels "EX", band 2 p 173-174, en "EX", band 2 p 175-176. Op 8 Maart 1983 het Evkom Krogh skriftelik daarop gewys dat die grootte van die serwituutgebied nie die basiese grondwaarde enig= sins verander nie. Volgens Zvkom is die redelike en billike grondwaarde steeds ongeveer R4 000 per ha en derhalwe rs sy aanbod R70 000 afgerond met inagneming van die kleiner serwituut gebied. (Aanhangsel "FX", band 2 p 179-181).

/Op

27

Op 28 Maart 1983 rig Krogh 'n skrywe aan Evkom

(Aanhangsel "M" tot Strydom se repliserende beëdigde
verklaring, band 2 p 226-228) waarin beklemtoon word

„dat die prys wat Evkom sover aangebied het geensins
redelik is nie"; Strydom is wel bereid om op redelike
voorwaardes 'n ooreenkoms met Evkom aan te gaan. Krogh

stel dan voor "dat 'n konferensie gereël word waar h

finale poging aangewend kan word om vas te stel of

ooreenkoms op redelike voorwaardes bereik kan word of

nie". Evkom antwoord per brief, gedateer 20 Mei 1983,

(Aanhangsel "N" tot Strydom se repliserende beëdigde

verklaring, band 2 p 229-230) dat verdere onderhandelings

onnodig is aangesien Evkom nie van voorneme was om 'n

/hoër

28

hoër aanbod te maak nie. Daar word daarop gewys dat die geskil steeds oor die vergoeding gaan en derhalwe word weereens verneem of Strydom nie bereid is om tot die prosedure van art 43(5) toe te stem nie. Krogh se antwoord op 14 Junie 1983 (Aanhangsel "O" band 1 p 231-232) was dat Strydom beskou die vergoeding wat Evkom aanbied as onredelik.

Dit is gemene saak dat Strydom en Evkom op 24

Augustus 1983 deur die Elektrisiteitsbeheerraad in

kennis ges,tel is van sy bevinding dat Evkom die betrokke

regte op Strydom se plaas redelikerwyse nodig het vir

die uitoefening van sy bevoegdhede. Die verslag van

die Elektrisiteitsbeheerraad is gedateer 26 Augustus 1983

(band

29

(band 1,p 43-46).

Krogh het op 11 Oktober 1983 aan die Elektrisi=
teitsbeheerraad en op 13 Oktober 1983 aan die Minister
briewe (Aanhangsels "L" band 2 p 223-225 en "A" band 1 p

12-14 respektiewelik) met dieselfde strekking gestuur nl.
dat alvorens die Staatspresident homself in terme van art

42 (2)(a) oortuig dat Evkom die betrokke regte nie op

redelike voorwaardes deur ooreekoms met Strydom kon verkry

nie laasgenoemde ooreehkomstig die audi alteram partem be=

ginsel die geleentheid wou hê om op Evkom se voorlegging van.

feite hieroor aan die Staatspresident te antwoord en om

sodanige antwoord aan die Staatspresident voor te lê.

Dit is gemene saak dat hierdie twee briewe se inhoud

/nooit

30

nooit tot die kennis van die Staatspresident gebring

is nie.

Van der Schyff, sekretaris van die Elektrisi=

teitsbeheerraad, is ook 'n amptenaar van die Departement

van Mineraal - en Energiesake. In sy hoedanigheid as

amptenaar is dit sy funksie om aansoeke vir die Staats=

president se goedkeuring ingevolge art 43 (1) te hanteer

en te prosesseer. Op 31 Augustus 1983 het hy die vol=

gende dokumente aan die Minister voorgelê:
1. 'n Toeligting aan die Minister waarin die belangrikste

punte van die agtergrond van die aangeleentheid tot die

plaasvind van die openbare verhoor op 7 Desember 1982

/geskets

31 geskets word (Aanhangsel "X" band 1 p 82-87).

2. 'n Konsep Minuut No 1085 van die Uitvoerende Raad waarby
daar aangeheg is:

(i) die verslag van die Elektrisiteitsbeheerraad

(band 1 p 43-46), (ii) planne van die transmissielyn en omgewing, (iii) die verbatim verslag van die openbare verhoor

(band 1 p 47-72).

3. Afskrifte van die dokumente wat by Evkom se aansoek
van 30 September 1982 aangeheg was nl. Mynhardt se
beëdigde verklaring gedateer 30 September 1982
(Aanhangsel "AX", band 1 p 89-91);

/Zondagh
32

Zondagh se beëdigde verklaring, gedateer 30 September 1982 (Aanhangsel "BX", band 1 p 92-95) asook die korrespondensie vervat in Aanhangsels "AA" tot "LL" inklusief met inbegrip van Boshoff se waardasieverslag (Aanhangsel "HH", band 1 p 119-122).

4. Strydom se beëdigde verklaring, gedateer 29 November 1982
(Aanhangsel "CX", band 2 p 129-135) met aanhangsels waar=
na supra verwys is.

5. Evkom se brief van 4 Januarie 1983 aan die Elektrisiteits=
beheerraad om sy aansoek te wysig, soos gesteun deur
Mynhardt se beëdigde verklarig, gedateer 4 Januarie 1983
(Aanhangsel "DX", band 2 p 167-172).

/6. Die

33

6. Die korrespondensie soos beliggaam in Aanhangsel "EX1", "EX", "FX" en "FX" supra.

Die volgende dokumente is deur van der Schyff op 13 Oktober 1983 aan die Uitvoerende Raad voorgelê :

1.Die konsep Minuut(No 1085) van die Uitvoerende Raad nadat dit deur die Minister geparafeer is.
2.Die dokumente wat by die konsep Minuut No 1085 aangeheg is nl (i) die verslag van die Elektrisiteitsbeheerraad (band 1

p43-46), (ii) planne van die transmissielyn en omgewing, (iii) die verbatim verslag van die openbare verhoor (band 1

p 47-72), en

/ (iv)

34
(iv) 'n sertifikaat van die Minister dat bogenoemde dokumente ware afskrifte is en deeluitmaak van die Uitvoerende Raad se Minuut No 1085.

Op 13 Oktober 1983 het die Staatspresident Minuut No 1085 onderteken wat o.a. die volgende belangrike bepalings bevat:

„MINISTERS het die eer om die Staatspresident mee te deel dat die Elektrisiteitsvoorsienings= kommissie, wat 'n ondernemer is soos voormeld, nie in staat was om op redelike voorwaardes deur ooreenkoms 'n serwituut vir die oprigting en instandhouding van en toesig oor 'n trans= missielyn vir die geleiding van eletrisiteit van mnr J.G. Strydom oor sy eiendom wat as volg omskryf word, te verkry nie - - - - -

/„MINISTERS ...

35

„MINISTERS het verder die eer om die Staats= president mee te deel dat die Elektrisiteits= beheerraad 'n openbare verhoor ingevolge artikel 43(3) van voormelde Wet gehou het waarvan 'n verbatim verslag hierby aangeheg is, tesame met die Beheerraad se verslag waarin vermeld word dat hy bevind het dat die Elektrisiteits= voorsieningskommissie die betrokke serwituut redelikerwys nodig het.

„MINISTERS het derhalwe die eer om aan te beveel dat dit die Staatspresident mag behaag om kragtens die bevoegdheid hom verleen by artikel 43(1) van genoemde Wet goed te keur dat die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie die nodige serwituut oor genoemde eiendom by wyse van verpligte koop verkry." (band 1 p 40-41)

Deur sy ondertekening van Minuut No 1085 het die Staats=
president kragtens art 43(1) skriftelik toegestem tot
die verkryging deur Evkom van die serwituut vir 'n trans=
missielyn oor 'n gedeelte van Strydom se plaas deur ver=

pligte koop.

/36
36

Die strekking van die korrespondensie tussen
Strydom en Evkom totdat laasgenoemde sy aansoek by
die Elektrisiteitsbeheerraad op 30 September 1982
gemaak het, is duidelik dat hulle oor 'n
tydperk van 3 jaar onderhandelings oor die quantum
van die vergoeding gevoer het. Die roete van die

beoogde transmissielyn het geen probleme opgelewer nie.

Op 'n stadium het Parker Ellis (Edms) Bpk namens Strydom

mondelings met Evkom ooreengekom op die bedrag van

R149 184 wat op 'n grondwaarde van R4 000 per ha gebaseer
is maar Strydomwou dit nie aanvaar nie. Later het Evkom

sy aanbod opgeskuif na R175 000 ooreenkomstig Boshoff

se waardasie maar Strydom wou dit nie aanvaar nie.

/Strydom

37

Strydom was ook nie bereid om in te stem tot die prosedure van art 43(5) nie.

In sy beëdigde verklaring, gedateer 29 November 1982 (Aanhangsel CX band 2 p 129-135), het strydom beswaar teen Evkom se aansoek by die Elektrisiteits= beheerraad gemaak op die basis dat Evkom wel op redelike voorwaardes deur ooreenkoms die serwituut van hom kon verkry. Hy het 'n aanbod van R420 638 gemaak wat tot 6 Desember 1982 aanvaar kon word maar Evkom wou dit nie aanvaar nie.

Ek het reeds aangetoon wat Strydom se houding op 7 Desember 1982 by die openbare verhoor was, soos

/blyk
38

blyk uit die verbatim verslag van die verrigtinge (band 1 p 47-72).

Die grondslag van Strydom se hersienings= aansoek is dat die Staatspresident „verplig was om my 'n geleentheid te gee om my saak te stel aangaande die vraag of die Tweede Respondent (Evkom) nie in staat is om gemelde serwituut op redelike voorwaardes deur ooreenkoms met my ta verkry nie aangesien die goed= keuring van die verpligte koop my regte as eienaar affekteer". Dit is cebaseer op die bekende audi alteram partem beginsel.

Die wetgewer het nie 'n ongekwalifiseerde ont=

eieningsbevoegdheid aan Evkom verleen om grond of

/serwitute

39

serwitute oor grond te verkry ten einde hom as 'n gemagtigde ondernemer in staat te stel om sy statutêre bevoegdheid om elektrisiteit te voorsien, uit te oefen nie. Volgens art 43(1) kan Evkom slegs met die goedkeuring van die Staatspresident en onderworpe aan voorwaardes wat die Staatspresident mag oplê grond of serwitute oor grond deur verpligte koop verkry. Die Staatspresident se goedkeuring het egter nie betrekking op die terme van die verpligte koop van die grond, of die serwituut oor die grond, nie omdat art 43(4) die bepalings van artikels 7 tot 23 van die Onteieningswet No 63 van 1975 van toepassing op die verkryging van die grond of die serwituut

/oor

40

oor die grond maak. Volgens art 43(2) kan die Staats= president sy goedkeuring tot die verpligte koop alleen verleen indien hy hom van twee aangeleenthede oortuig het nl.

1.dat Evkom „nie in staat is om sodanige grond of reg op redelike voorwaardes deur ooreenkoms met die eienaar te verkry nie" (Art 43(2)(a)), en
2.dat Evkom die grond of die serwituut oor grond redeliker= wyse nodig het vir die uitoefening van sy statutêre be= voegdheid om elektrisiteit te voorsien. Om hom hiervan

te oortuig, moes hy eers 'n verslag van die Elektrisiteits=

beheerraad oorweeg het. (Art 43(2)(b)). Dit is gemene

saak dat die Staatspresident wel aan die vereistes van

/art
41

art 43(2)(b) voldoen het.

Wat art 43(2)(a) betref, bevat die Wet geen
omskrywing van „redelike voorwaardes" nie. In die

samehang van art 43(2)(a) beteken dit na my oordeel op

terme wat redelikerwyse vir beide Evkom en die grondeienaar

aanvaarbaar is. Dit was tereg die vertolking wat die

hof a quo aan art 43(2)(a) verleen het, nl. "section

43(2)(a) simply means that on a proper construction the

State President must be satisfied that Escom and the owner

have not been able to reach an agreement with each other

on reasonable terms. The thrust in this sub-section is

directed towards the . fact that the parties cannot reach

an agreement". Die wetgewer beoog dat die Staatspresident

/hom
42

hom moet oortuig dat Evkom en die betrokke grondeienaar met mekaar onderhandelings gevoer het vir die vrywiilige aankoop van die betrokke grond, of die serwituut daaroor, maar dat hulle nie met mekaar kon ooreenkom op terme wat vir albei redelikerwyse aanvaarbaar is nie.

Dit is van belang om daarop te let dat volgens art 2 van die Interpretasiewet No 33 van 1957, soos gewysig, beteken "Staatspresident" „die Staats= president, en ook 'n waarnemende Staatspresident,

/handelende

43

handelende op en volgens die advies van die Uitvoerende
Raad." (My onderstreping). Dit is in ooreenstemming
met die bepalings van art 16(1) van die Grondwet van
die Republiek van Suid-Afrika, Wet No 32 van 1961,
dat die Staatspresident as hoof van die Republiek se
uitvoerende gesag op advies van die Uitvoerende Raad
handel. Raadpleeg Verloren van Themaat,

Staatsreg, 3 e uitgawe, 1981, p 233 en 239 en Wiechers, Administratiefreg, 1973, p 17.

/Dit

44

Dit is ook hoe die Staatspresident in die onderhawige geval
op advies van die Uitvoerende Raad gehandel het, soos
blyk uit Minuut No 1085 (band 1 p 40-41) wat deur die
Staatspresident en die Eerste Minister P W Botha onderteken

is. Ek het supra verwys na die dokumente wat van der

Schyff op 31 Augustus 1983 aan die Minister voorgelê het.

Daardie dokumente het o.a. al die belangrike korresponden=

sie oor die onderhandelinge wat tussen Evkom en Strydom

se agente cor die quantum van die vergoeding gevoer is,

bevat, nl. Aanhangsels "AA" tot "LL" inklusief. Daar=

benewens was daar ook Evkom se finale aanbod op 8 Maart

1983 (Aanhangsel "FX" band 2 p 179-181) van R70 000 met

die oog op die kleiner serwituutgebied. Strydom se

/beëdigde
45

beëdigde verklaring, gedateer 29 November 1982 (Aan=
hangsel "CX", band 2 p 129-135), die verbatim verslag
van die openbare verhoor op 7 Desember 1982 (band 1 p 47-72)

en die verslag van die Elektrisiteitsbeheerraad (band 1

p 43-46) was voor die Minister geplaas. Na aanleiding

van al hierdie inligting was die Minister in staat om die

inhoud van die konsep Minuut (1085) te kontroleer en te

bevestig deur dit te parafeer sodat die Uitvoerende Raad

die Staatspresident dienooreenkomstig kon adviseer o.a. dat

Evkom nie in staat was om op redelike voorwaardes deur

ooreenkoms 'n serwituut vir 'n transmissielyn oor Strydom se

plaas te verkry nie. Handelende op advies van die

Uitvoerende Raad, soos vervat in Minuut No 1085 het die

/Staatspresident

46

Staatspresident sy toestemming tot die verpligte koop van die serwituut deur Evkom uit hoofde van art 43(1) verleen.

Met beroep op die audi alteram partem beginsel is dit strydom se standpunt dat die Staats= president hom 'n geleentheid moes gegee het om vertoë in sy guns aan die Staatspresident voor te lê en om enige nadelige bewerings teen hom weer te lê alvorens die Staatspresident homself ooreenkomstig art 43(2)(a) oortuig het.

/Die
47

Die pertinente vraag is of die audi alteram partem beginsel deur die Staatspresident toegepas moes word alvorens hy homself ooreenkomstig art 43(2)(a) oortuig het dat Evkom en Strydom met mekaar onderhandelings gevoer het vir die vrywillige aankoop van die betrokke grond, of die serwituut daaroor, maar dat hulle nie met mekaar kon ooreenkom op terme wat vir albei redeliker= wyse aanvaarbaar is nie. Ona reg in soverre ter sake in die onderhawige geval betreffende die audi alteram partem beginsel is deur RUMPFF AR in Publications Control Board v Central News Agency Ltd., 1970(3) SA 479 (A) soos volg saamgevat op bl 488 in fine - 489 A:

/"It

48

"It is of course, firmly established in

our law that when a statute gives judicial or quasi-judicial powers to affect pre= judically the rights of person or pfoperty, there is a presumption, in the absence of an express provision or of a clear inten= tion to the contrary, that the power so given is to be exercised in accordance with the fundamental principles of justice. One of these principles is that the person affected should be given an opportunity to defend himself or of being heard. If, however, on a proper construction of the statute, it appears that the Legislature did not intend the person affected to have the right of being heard, the implied right will be held to be excluded."

Dit is opvallend dat die wetgewer art 43(2) (a) en (b) nie oor dieselfde kam skeer nie. In art 43 (2)(b) word verlang dat die Staatspresident 'n verslag

/van
49

van die Elektrisiteitsbeheerraad moet oorweeg alvorens hy homself oortuig dat Evkom die betrokke grond of ser= wituut redelikerwyse nodig het vir die voorsiening van elektrisiteit. Die wetgewer skryf nie voor wat die inhoud van die verslag moet wees nie omdat dit uit die aard van die saak van die omstandighede van elke besondere geval sal afhang. Dat dit sou slaan op inligting van 'n tegniese aard is blote bespiegeling. In die onderhawige geval is die betrokke verslag geensins tegnies van aard nie. 'n Openbare verhoor soos art (43)(3)(a) voorskryf is nie per se 'n geskikte forum vir die bespre= king van tegniese data nie. Wat van belang is, is

/dat
50

dat art 43(2)(b) die wyse van verkryging van die feite= materiaal waarop die Staatspresident sy oortuiging moet fundeer, voorskryf. Daarenteen bevat art 43(2)(a) nie 'n dergelike of soortgelyke bepaling aangaande 'n
verslag of enige ander prosedure nie. M.a.w. art 43 (2)(a) skryf nie voor die wyse van verkryging van die feitemateriaal waarop die Staatspresident homself moet oortuig nie. Nergens vind ek in die Wet enige aanduiding dat die wetgewer die toepaslikheid van enige kwasi-judisiële prosedure t.o.v. die Staatspresident se uit= oefening van sy cortuiging uit hoofde van art 43(2)(a) voorskryf nie. Die wetgewer verg nie van die Staatspresident om 'n ondersoek van 'n kwasi-judisiële

/aard

51

aard in te stel om homself ingevolge art 43(2)(a) te oortuig nie. Dit strook met die feit dat die Staats= president op en volgens advies van die Uitvoerende Raad handel, soos ek supra aangetoon het, en dat die wet= gewer bewus van hierdie prosedure is. Wat art 43(2) (a) betref, kan daar nie sprake wees van 'n kwasi-lis tussen Evkom en Strydom nie. Daar is geen sprake van enige aantasting van 'n bestaande reg van Strydom nie. Die quantum van Strydom se vergoeding is nie in die gedrang nie. Waar dit nie deur onderhandelinge vir 'n vrywillige koop vasgestel kan word nie, sal dit in die geval van 'n verpligte koop of onteiening volgens art 43 (4) ooreenkomstig die bepalings van die Onteieningswet

/No

52

No 63 van 1975 vasgestel word. Die uitoefening van die Staatspresident se oortuiging volgens art 43(2)(a) hou geen regsgevolge vir Strydom in nie. Daar is geen saak wat Strydom aan die Staatspresident kon stel nie. Die Staatspresident is nie verplig om te oordeel of Evkom of Strydom se terme in sake die vrywillige aankoop van die betrokke grond of serwituut redelik is nie soos,supra aangetoon. Strydom se aanspraak dat hy steeds bereid is om op redelike voorwaardes 'n ooreenkoms met Evkom aan te gaan, is irrelevant in die lig van die feite in die onderhawige geval. Strydom en Evkom het in hul onder= handelinge oor 'n tydperk van 3 jaar skaakmat oor die

/aankoopprys

53

aankoopprys bereik. Dit is volgens die objektiewe feite derhalwe maklik vir die Staatspresident om homself te oortuig dat Evkom se aansoek om goedkeuring vir n verpligte koop nie voorbarig is nie en dat Evkom nie in staat is om die betrokke grond of serwituut op redelike voorwaardes te verkry nie, soos supra verduidelik. Na my oordeel is Strydom se beroep op die toepaslikheid van die audi alteram partem - beginsel derhalwe ongegrond.
Dit volg dat die appèl afgewys word met koste wat die gebruikmaking van twee advokate deur die Eerste Respondent sowel as deur die Tweede Respondent insluit.

C.P. JOUBERT AR. JACOBS AR ) BOSHOFF Wn AR ) Stem saam.