South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 27
| Noteup
| LawCite
Kauluma and Another v Minister van Verdediging and Another (28/87) [1987] ZASCA 27; [1987] 4 All SA 320 (AD) (26 March 1987)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:
JAMES HAMUPANDA KAULUMA EN
ANDER Appellante
en
DIE MINISTER VAN VERDEDIGING
EN ANDER Respondente
Coram: RABIE WND HR, JANSEN,
JOUBERT, HEFER ARR et
BOSHOFF WND
AR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:
23 Febraurie 1987 26 Maart 1987
RABIE/
2 RABIE WND HR:
Hierdie saak vind sy oorsprong in
'n aansoek wat die appellante by die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika ge-doen
het om die vrylating
van 36 persone wat in aanhouding verkeer het nadat die
Administrateur-generaal van Suidwes-Afrika ingevolge die bepalings van art.
5
bis (l) van Pro-klamasie AG 9 van 1977 op 25 Mei 1979 bevele vir hulle
"verdere aanhouding" uitgereik het. Hierdie artikel, wat ek later
in die
uitspraak sal aanhaal, is deur Pro-klamasie AG 27 van 1979, wat op 18 Mei 1979
afgekondig is, in Proklamasie AG 9 van 1977
ingevoeg. Teen die tyd toe die
aansoek voor die hof a quo beredeneer is, het nog net 5 van die persone
wat ingevolge die bevele van die Administrateur-generaal aangehou is in
aanhouding verkeer
en/
3
en die aansoek het gevolglik om die vrylating van net daardie 5 persone
gegaan. Dié 5 persone is ook sedertdien vrygelaat,
sodat dit eintlik net
die kwessie van koste is wat nog in hierdie appèl vir die partye van
belang is.
Die aansoek is deur 'n hof van drie regters (Berker RP en Mouton en Strydom RR) aangehoor. Berker RP het 'n uitspraak geskryf waarmee Strydom R saamgestem het. Mouton R het 'n uitspraak van sy eie geskryf. Die uitsprake is gerapporteer: Kyk Kauluma and Others v. Minister of Defence and Others 1984(4) SA 59.
Die feite van die saak blyk volledig uit die uitspraak van Berker RP en dit is gevolglik nie nodig om alles weer te herhaal nie. Sowel Berker RP as Mouton R het bevind dat 'n sertifikaat wat die Minister van Justisie
by/
4.
by die hof ingedien het 'n sertifikaat was wat ooreenkomstig die bepalings van art. 103 ter (4) van die Verdedigingswet, 1957 uitgereik is en dat dit op die aansoek van toepassing was. (Ek haal art. 103 ter (4) later in die uitspraak aan.) Hulle het gevolglik ooreenkomstig die bepalings van art. 103 ter (6)(b) en (c) van laasgenoemde wet bevind dat die aansoek verval het en het geen bevel daaromtrent uitgereik nie. (Kyk 72 F-G en 80 F-G van die hofverslag.) Berker RP het bevind dat die bevele van die Administrateur-generaal wettig was (kyk 68 D van die hofverslag), maar vanweë sy bevinding dat die sertifikaat van die Minister van Justisie die aansoek laat verval het, het hy geen bevel wat die aansoek afwys, en dus ook geen kostebevel, gegee nie. Mouton R het nie pertinent beslis of die bevele van die
Administrateur/
5 Administrateur-generaal wettig was nie. Sy benadering
was dat indien die Administrateur-generaal sy bevele uitge-reik het omdat
hy
oortuig was dat daar omstandighede aanwesig was wat die uitreik daarvan
ingevolge art. 5 bis (l) van Proklamasie AG 9 van 1977 geregverdig het,
hy deur die bepalings van art. 8 (1) van die proklamasie teen enige geding
gevrywaar
was. (Kyk 79 F-H van die hofverslag.)
Die appellante appelleer met die toestemming van die hof a quo, wat die kwessie van die koste van die aansoek om verlof om te appelleer aan die beslissing van hierdie hof oorgelaat het.
Die respondente het die aansoek in die hof a quo op twee gronde teengestaan. Die eerste was dat die
gemelde/
6
gemelde sertifikaat van die Minister van Justisie die aansoek laat
verval het en dat die hof gevolglik geen bevel daaromtrent kon
gee nie. Die
tweede was dat die bevele wat die Administrateur-generaal ingevolge art. 5
bis (l) van
Proklamasie AG 9 van 1927 uitgereik het wettige bevele was en dat die aanhouding van die betrokke persone gevolglik ook wettig was. Die respondente het in hierdie hof op dieselfde twee gronde gesteun. Ek behandel hieronder eers die eerste van hierdie gronde, want indien dit so is dat die gemelde sertifikaat op die aansoek van toepassing was, sou dit beteken dat die aansoek verval het en dat geen be-
vel/
7.
vel daaromtrent gegee kon gewees het nie. Die bevel van
die
hof a quo sal in so 'n geval dus moet bly staan en 'n
bevinding dat
die Administrateur-generaal se bevele wettig
was, sou dan onvanpas en irrelevant wees.
Art. 103 ter (4) van die Verdedigingswet lui
soos volg:
"(4) Indien enige geding te eniger tyd in 'n gcregshof teen die Staat, die Staatspresident, die Minister, of 'n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag of 'n ander persoon in diens van die Staat ingestel is en die Staatspresident van mening is -
(a) dat die geding ingestel is op grond van 'n handeling wat te goeder trou deur die Staatspresident, die Minister of 'n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag aangeraai, gebied, beveel, gelas of verrig is vir die doeleindes van of in verband met die voorkoming of onderdrukking van terrorisme in 'n
operasionele/
8
operasionele gebied; en (b) dat dit in landsbelang is dat die geding nie voortgesit word nie, magtig hy die Minister van Justisie om 'n ser-tifikaat uit te reik waarin gelas word dat daar-die proses nie voortgesit word nie."
Díe sertifikaat wat deur die Minister van Justisie uitgereik
is, lui soos volg:
"Nademaal ek ... in my hoedanigheid as Minister van Justisie op die 17de dag van April 1984 deur die Staatspresident kragtens die bevoegd-heid aan hom verleen by art. 103 ter (4) van die Verdedigingswet, 1957, gemagtig is om 'n sertifikaat uit te reik waarin gelas word dat die proses in die sivielregtelike geding van James Hamupanda Kauluma en 22 Ander teen die Minister van Verde-diging en Ander in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika nie voortgesit mag word nie;
SO GELAS ek hiermee, soos bedoel in artikel 103 ter (4) van die Verdedigingswet, 1957, dat die proses in daardie sivielregtelike geding nie voortgesit mag word nie."
Voordat/
9 Voordat ek ingaan op die vraag of hierdie sertifikaat op die
appellante se aansoek van toepassing is, wil ek eers sekere feite van
die saak
vermeld. Die aansoek wat voor die hof a quo gedien het, was 'n aansoek om
die vrylating van 'n aantal persone wat destyds in 'n militêre kamp in
Mariental aangehou was.
Hierdie persone is in Mei 1978 na 'n skietgeveg deur 'n
gevegsgroep van die Suid-Afrikaanse Weermag in Angola gevange geneem en daarna
deur die Weermag in hegtenis gehou. Die respondente het in hulle stukke voor die
hof aangevoer dat die optrede van die gevegsgroep
'n handeling was wat vir die
doeleindes van of in verband met die voorkoming of onderdrukking van terrorisme
in 'n operasionele gebied,
soos in art. 103 ter
(4)/
10
(4) bedoel, verrig is. Hierdie bewering is nie deur
die appellante ontken nie en die saak is gevoer op die basis dat die bewering
juis is. Ná hulle gevangeneming in Angola is die betrokke persone na
Oshakati in Owambo geneem, waar hulle deur die Weermag
aangehou is totdat hulle
op 25 Mei 1979 ingevolge bevele wat die Administrateur-generaal op daardie dag
kragtens art. 5 bis (1) van Proklamasie AG 9 van 1977 uitgereik het na
Mariental geneem is. In elk van die bevele wat die Administrateur-generaal
uitgereik
het, het hy die "verdere aanhouding" van die betrokke persoon "deur of
onder die beheer van 'n offisier van die Suid-Afrikaanse Weermag
te Mariental of
die ander plek wat van tyd tot tyd met my goedkeuring bepaal word,"
gelas/
11
gelas. In 'n beëdigde verklaring van die destydse bevel-yoerende generaal van die Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag van die Suid-Afrikaanse Weermag, generaal G L Meiring, word verklaar dat die aanhouding van die betrokke aange-houdenes deur die Weermag tot 25 Mei 1979 geduur het en dat vanaf daardie datum die persone aangehou is "kragtens skriftelike bevele van die Administrateur-generaal vir die gebied Suidwes-Afrika wat hy ingevolge art. 5 bis van Proklamasie AG van 1977, soos gewysig, uitgereik het." Die betrokke persone is,volgens generaal Meiring, in 'n militêre kamp in Mariental "deur of onder die beheer van 'n offisier van die Suid-Afrikaanse Weermag" en "onderworpe aan die voorwaardes en vereistes" wat in die Administrateur generaal se bevele genoem word, aangehou.
Die/
12
Die kern van die appellante se betoog in die hof a quo - 'n
betoog wat hulle in hierdie hof herhaal het -was dat art. 103 ter (4)
alleen van toepassing is op 'n handeling wat in die verlede verrig is, d.w.s.
voordat die geding waarin die Minister van Justisie
'n sertifikaat uitgereik
het, ingestel is, en nie op 'n geval soos die onderhawige waar 'n mens te doen
het met 'n handeling, t.w
die aanhouding van persone, wat by die instel van die
geding nog bestaan het en wat bestem was om daarna ook nog voort te duur nie.
Ek
meen dat die appellante dit juis het wanneer hulle sê dat die "handeling"
waarna daar in art. 103 ter (4) verwys word 'n handeling is wat reeds
plaasge-vind het wanneer 'n geding ten opsigte daarvan ingestel word.
Dit/
13 Dit blyk duidelik uit die taal wat in die artikel gebruik word: daar word immers gepraat van 'n geding wat ingestel is "op grond van 'n handeling wat te goeder trou deur die Staatspresident, die Minister of 'n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag aangeraai, gebied, beveel, gelas of ver-
rig is. ". (My beklcmtoning.) Dat "handeling" in
art. 103 ter (4) hierdie betekenis het, blyk baie duidelik uit art. 103 ter (5), wat vereis dat daar 'n verslag van die Minister van Verdediging moet wees oor die omstandighede waarin die betrokke handeling "plaasgevind het" voordat die Staatspresident die Minister van Justisie kan magtig om 'n sertifikaat soos bedoel in art. 103 ter (4) uit te reik. (Kyk ook art. 103 ter (2) en (3), wat ook verwys na regsgedinge wat ingestel word op grond van 'n handeling wat deur die Staats-
president/
14
president, die Minister (d.w.s. die Minister van Verdediging) of 'n lid van die Suid-Afrikaanse
Weermag "aangeraai, gebied, beveel, gelas of verrig is.") Die respondente het in die hof a quo aanvaar dat die "handeling" waarvan daar in art. 103 ter (4) gepraat word 'n handeling is wat verrig is voordat die betrokke geding ingestel is (kyk 69 i.f. van die hofverslag), maar hulle het betoog dat indien die Staatspresident die Minister van Justisie magtig om 'n sertifikaat uit te reik omdat hy
(die Staatspresident) van mening is dat die handeling op grond waarvan 'n geding ingestel is 'n handeling is soos in art. 103 ter (4) bedoel, sy mening oor die aangeleentheid
deurslaggewend is, al sou dit ook blyk dat dit foutief is.
Berker RP het hierdie betoog gehandhaaf. (Kyk 72 E van die
hofverslag.) Mouton R het die aangeleentheid op 'n ander
grond/
15 grond beslis. (Kyk 80 F van die hofverslag.)
Die betoog wat deur Berker RP aanvaar is, is ook in hierdie hof voorgedra. Na my mening is dit onaan-vaarbaar. Volgens art. 103 ter (4) moet die Staatspresiden die Minister van Justisie magtig om 'n sertifikaat uit te reik indien hy van mening is (A) dat die handeling op grond waarvan 'n geding ingestel is 'n handeling is wat die kenmerke het wat in paragraaf (a) van die subartikel ge-noem word, en (B) dat dit in landsbelang is dat die geding nie voortgesit word nie. Die vereiste kenmerke is dat die handeling 'n handeling moet wees wat (i) te goeder trou (ii) deur die Staatspresident, die Minister van Verdediging of'n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag aangeraai, gebied, beveel,
gelas/....
16 gelas of verrig is (iii) vir die doeleindes van of in
verband met die voorkoming of onderdrukking van terrorisme in 'n operasionele
gebied. Die Staatspresident se mening het dus net betrekking op die vraag of die
handeling kenmerke (i), (ii) en (iii) het en, daarby,
op die vraag of dit in
landsbelang is dat die geding nie voortgesit word nie. Die handeling moet 'n
handeling wees soos hierbo aangedui,
d.w.s. 'n handeling wat reeds verrig was
toe die geding ingestel is. Hierdie opvatting oor die betekenis van art. 103
ter (4) word gesteun deur subartikel (5 ). Hiervolgens kan die
Staatspresident die Minister van Justisie magtig om 'n sertifikaat uit
te reik
nadat hy oorweging geskenk het aan 'n verslag deur die Minister van Verdediging
oor o.m. die omstandighede "waaronder die
betrokke handeling
plaasgevind/
17
plaasgevind het", en dit is
derhalwe nouliks denkbaar dat die wetgewer kon bedoel het dat die
Staatspresident 'n ander mening oor
die begrip "handeling" sou kon hê as
'n handeling wat reeds verrig was toe die geding ingestel is. Dat "handeling" in
subart.
(4) kwalik iets anders kan beteken as 'n handeling wat reeds plaasgevind
het toe 'n geding op grond daarvan ingestel is, blyk ook
wanneer daar op die
bepalings van subart. (2) gelet word. Dit belet dat 'n geding inge-stel word "op
grond van 'n handeling wat te
goeder trou deur die Staatspresident, die Minister
of 'n lid van die Suid—Afrikaanse Weermag aangeraai, gebied, beveel, gelas
of verrig is vir die doeleindes van of in verband met die voor-koming of
onderdrukking van terrorisme in 'n operasionele
gebied/
18
gebied". In hierdie subartikel word nie van 'n sertifi-kaat melding gemaak nie. Iemand wat hom op subart. (2) wil beroep, sal dus moet bewys dat die handeling op grond waarvan hy aangespreek word 'n handeling is wat reeds verrig waa toe die geding ingestel is. Dit bring mee dat terwyl "handeling" in subart. (2) 'n handeling moet wees wat reeds verrig was toe 'n geding op grond daarvan ingestel is, "handeling" in subart. (4), volgens die respondente se be-toog, 'n ander inhoud kan hê, d.w.s die inhoud wat dit volgens die Staatspresident se mening het. Dit is on-waarskynlik dat die wetgewer so iets sou bedoel het.
Daar is 'n verdere oorweging wat toon dat die
sertifikaat/
19
sertifikaat wat deur die Minister van Justisie uitgereik is nie in die
onderhawige geval kan geld nie. Volgens subart. (4) kan 'n
sertifikaat uitgereik
word op grond van 'n handeling wat deur die Staatspresident, die Minister van
Verdediging of 'n lid van die
Suid-Afrikaanse Weermag aangeraai, gebied, beveel, gelas of
verrig is. Dit
sluit nie die Administrateur-generaal van
Suidwes-Afrika in nie. Soos ek hierbo aangedui het, is die aangehoudenes ten opsigte van wie die appellante hulle aan-soek gedoen het, tot 25 Mei 1979 deur die Weermag aangehou. Daarna is hulle ingevolge bevele van die Administrateur-generaal aangehou. Dit is wel waar dat hulle onder die beheer van 'n offisier van die Suid-Afrikaanse Weermag ge-plaas is en in 'n militêre kamp aangehou is, maar dit het
ingevolge/
20
ingevolge en ooreenkomstig die Administrateur-generaal
se bevele geskied.
In hierdie omstandighede sou m.i.
nie gesë kan word dat hulle aanhouding
ingevolge 'n handeling
wat deur 'n lid van die Weermag aangeraai, gebied,
beveel,
gelas of verrig i.s, soos in art. 103 ter (4) bedoel,
ge-
skied het nie.
Uit hoofde van die voorgaande meen ek dat die hof a
quo verkeerdelik bevind het dat die sertifikaat van die Minister van
Justisie die appellante se aansoek laat verval het.
Ek gaan nou oor tot die vraag of die aanhouding
van/
21
van die aangehoudenes in Mariental wettig was vanweë
die
aanhoudingsbevele wat die Administrateur-generaal op
25 Mei 1979 ingevolge art. 5 bis (l) van Proklamasie AG
9 van 1977 uitgereik het. Art. 5 bis (1) is, soos hierbo gesê, op
18 Mei 1979 deur Proklamasie AG 27 van 1979 in Proklamasie AG
9 van 1977 ingevoeg. Dit lui soos volg:
"5 bis. (l) Indien die Administrateur-generaal oortuig is dat dit vir die hand-hawing van orde en wet of andersins in die Openbare belang nodig is, kan hy 'n skriftelike bevel uitreik vir die verdere aanhouding -
(a) deur of onder die beheer van 'n offisier van die Suid-Afrikaanse Weermag; (b) op 'n plek in die bevel genoem of die ander plek van tyd tot tyd met die goedkeuring van die Administrateur-generaal bepaal,
ongeag/
22
ongeag of bedoelde plek of so 'n ander plek binne of buíte 'n veiligheidsdistrik geleë is; en (c) onderworpe aan die voorwaardes en vereistes wat in die bevel genoem word of wat van tyd tot tyd deur die Administrateur-generaal in die algemeen of in die besondere geval bepaal word, van 'n persoon in die bevel genoem wat kragtens artikel 4(2)(d) aangehou word of wat andersins as gevolg van optrede ter voorkoming of onder— drukking van terrorisme of vir 'n ander doel deur die veiligheidsmagte ingevolge die Verdedigingswet, 1957 (Wet 44 van 1957), in hegtenis is."
Die reëls wat op paragraaf (c) volg, lees nie maklik nie
en ek haal
dus die ooreenstemmende reëls in die Engelse
teks, wat duidelik is, ook aan. Dit lui:
"of any person named in the order who is in detention under section 4(2)(d) or who is otherwise in custody as a result of operations carried out by the security forces for the
prevention/
23
prevention or suppression of terrorism or for any other purpose in terms of the Defence Act, 1957 (Act 44 of 1957)."
Proklamasie AG 9 van 1977 is op 11 November 1977
deur die
Administrateur-generaal uitgevaardig ingevolge die
bevoegdheid wat die
Staatspresident kragtens art. 38 van
die Wet op die Konstitusie van
Suidwes-Afrika, 1968 by
Proklamasie 181 van 1977 aan hom verleen het om by wyse
van proklamasie
wette vir Suidwes-Afrika te maak. Dit
maak voorsiening vir die verklaring van
veiligheidsdistrikte
in Suidwes-Afrika en gee wye bevoegdhede aan die Administra-
teur-generaal ten opsigte van sodanige distrikte. Art.
2 van die Proklamasie magtig hom om,
"indien hy oortuig is dat dit vir die veilig-heid van die gebied of die beskerming van die publiek of die handhawing van die openbare orde nodig is",
By/
24
by kennisgewing in die Offisiële Koerant te verklaar dat die bepalings van artikels 3, 4 en 5 van die proklamasie op 'n veiligheidsdistrik van toepassing is. Art. 3 ver-leen aan die Administrateur-generaal die bevoegdheid om sekere bevele t.o.v. veiligheidsdistrikte uit te reik. Dit magtig hom o.m. om 'n persoon te verbied om op 'n plek of in 'n gebied in 'n veiligheidsdistrik te wees; om 'n persoon wat in 'n veiligheidsdistrik is of woon te verbied om daardie plek of gebied te verlaat, en om 'n persoon te beveel om van 'n plek of gebied in 'n veiligheids-distrik na 'n ander sodanige plek of gebied te trek en om nie weer na eersgenoemde plek of gebied terug te keer nie. Art. 4(2)(d) van die proklamasie, waarna daar in art. 5 bis (1) verwys word, lui soos volg:
"4/
25
"4. (2) 'n Offisier of onderoffisier van die veiligheidsmagte wat vermoed dat iemand wat in 'n veiligheidsdistrik is, te eniger tyd 'n misdryf gepleeg het, of van plan is of te.eniger tyd van plan was om 'n misdryf te pleeg, of oor inligting beskik wat op die pleeg van 'n misdryf deur iemand of iemand se bedoeling om 'n misdryf te pleeg, betrekking het, kan sonder 'n lasbrief
(d) daardie persoon arresteer of laat arres— teer, hom ondervra of laat ondervra oor die betrokke misdryf of voorgenome mis-dryf, en hom vir die doel van die onder— vraging aanhou of laat aanhou in enige plek wat die offisier of onderoffisier geskik ag: Met dien verstande dat niemand kragtens hierdie paragraaf vir 'n tydperk langer as dertig dae aangehou word nie."
Art. 5 van die proklamasie het met die hou en bywoning van
vergaderings te
doen en dit is nie nodig om besonderhede
daarvan te gee nie.
26
Dit is duidelik dat 'n mens in art. 5 bis (1) met
veiligheidswetgewing te doen het. Wat sulke wetgewing in Suidwes-Afrika betref,
kan kortliks ook op die volgende gewys word.
Die Suid-Afrikaanse Wet op
Terrorisme, 1967 is by sy aanname ook op die gebied van toepassing verklaar. Dit
is goed bekend dat eenhede
van die Suid-Afrikaanse Weermag in die sewentigerjare
in die noordelike gebiede van Suidwes-Afrika, en soms ook oorkant die grens
in
Angola, in diens gestel is "ter voorkoming of onderdrukking van terrorisme",
soos dit in art. 3 van die Verdedigingswet gestel
word. Die feite van die
onderhawige saak lewer 'n voorbeeld van sodanige optrede. In 1977 is die
bogemelde Proklamasie AG 9 van 1977
uitgevaardig, en in 1978 het
Proklamasie/
27 Proklamasie AG 26 van 1978 gevolg. Dit het aan
die
Administrateur-generaal die bevoegdheid verleen om persone te laat aanhou
ten einde politieke geweld en intimidasie te voorkom. In
Mei 1979, soos reeds
gesê, is art. 5 bis deur Proklamasie AG 27 van 1979 in Proklamasie
AG 9 van 1977 ingevoeg.
Dit behoef geen betoog dat art. 5 bis (1) aan die Administrateur-generaal 'n bevoegdheid verleen wat, by die uitoefening daarvan, ernstige inbreuk kan maak op die vryheid wat persone normaalweg geniet. Terselfdertyd moet in gedagte gehou word dat die bevoegdheid aan die Administrateur-gene-raal verleen is om uitgeoefen te word wanneer die hand— hawing van "orde en wet" en die openbare belang dit volgens sy oortuiging vereis. Waar die vryheid van die individu
en/
28
en die veiligheid van die publiek op so 'n wyse teenoor
mekaar te
staan kom, het hierdie hof in Rossouw v. Sachs
1964(2) SA 551 (A) op 563H-564A (per Ogilvie Thompson AR)
gesê,
bepaal die hof die betekenis van die betrokke bepaling
"upon an examination of its wording in the light of the circumstances whereunder it was enacted and of its general policy and object."
Kyk ook Nkondo and Others v. Minister of Law and Order and
Another 1986(2) SA 756 (A) op 772 D en State President and
Others v. Tsenoli 1986(4) SA 1150 (A) op 1175 A-1176 C.
Die appellante het in die hof a quo aanvaar,
soos reeds hierbo gesê, dat die aangehoudenes ten opsigte
van wie die aansoek gebring is, gevange geneem is in 'n
operasie wat die Weermag ingevolge die Verdedigingswet ter
voorkoming/
29
voorkoming of onderdrukking van terrorisme uitgevoer het. Die aansoek
is ook op dié grondslag deur die hof a quo oorweeg. Daar is ook
aanvaar dat die betrokke persone as gevolg van dié optrede van die
Weermag in hegtenis was toe die Administrateur-generaal
hulle verdere aanhouding
op 25 Mei 1979 beveel het. Die appellante het egter sowel in die hof a
quo as in hierdie hof betoog dat die Administra-teur-generaal die
aangehoudenes se verdere aanhouding kragtens art. 5 bis (l) alleen sou
kon beveel het indien hulle by die uitreik van sy bevele wettig in hegtenis was
en dat hulle nie wettig in hegtenis
was nie. Berker RP het aanvaar dat die
aanhouding van die gevangenes deur die Weermag nie wettig was nie, maar het
beslis dat wettige
aanhouding nie 'n voorvereiste vir die uitoefening van
die
bevoegdheid
30
bevoegdheid van die Administrateur-generaal was nie. (Kyk 68 B-I van
die hofverslag.) Mouton R het beslis dat selfs indien die aanhouding
van die
aangehoudenes deur die Weermag onwettig was, die Administrateur-generaal se
bevele vanweë die vrywaringsbepalings in
art. 8 van Proklamasie AG 9 van
1977 nie aangeval kon word nie. (Kyk 79 F-G van die hofverslag.)
Die appellante ae betoog is gegrond op 'n wets-uitlegreël of -vermoede wat inhou dat waar daar in 'n wet na 'n handeling verwys word, dit vermoed word 'n verwysing na 'n wettige of geldige handeling te wees. In S v. Mapheele 1963 (2) SA 651 (A) op 655 D-E het Botha AR hieroor die volgende gesê:
"It/
31
"It is a recognised canon of construction of statutes that any reference in any law to any action or conduct, is presumed, unless the contrary intention appears from the statute itself, to be a reference to a lawful or valid action or conduct. (Union Government v. Schierhout, 1925 A.D. 322 at p. 339; Olivier v. Botha and Another, 1960(1) SA 678 (0) at p. 685; Ndhlovu v. Mathega, 1960(2) SA 618 (A.D.) at p. 624; de Kock v. Helderberg Ko-op. Wijnmakerij Bpk., 1962(2) SA 419 (A.D.) at p. 426.)"
In De Kock v. Helderberg Ko-op. Wijnmakerij Bpk, waarna
daar in die
pas aangehaalde passasie verwys is, het Steyn
HR op 426 H gesê dat,
tensy die teendeel blyk, "'n statutêre
verwysing na 'n handeling
vermoed word 'n verwysing na 'n
geldige of regmatige handeling te wees." Hy
het o.a.
na Ndhlovu v. Mathega 1960(2) SA 618 op 624 verwys.
In aansluiting by hulle betoog wat ek hierbo vermeld het,
het/
32
het die appellante aangevoer dat die verwysing in art. 5 bis (1)
na "'n persoon .... wat kragtens artikel 4(2) (d) aangehou word" 'n verwysing is
na 'n persoon wat wettig ingevolge art. 4(2)(d)
aangehou word en dat dit aandui
dat die verwysing na 'n persoon wat "as gevolg van optrede" deur die
veiligheidsmagte in hegtenis
is, ook 'n verwysing is na
persone wat wettig in hegtenis is.
Die vermoede waarna daar in S.v. Mapheele en
De Kock v. Helderberg Ko-op. Wijnmakerij Bpk, supra, verwys
word en waarop appellante hulle beroep, is, soos uit daardie
sake self blyk, slegs 'n vermoede. Kyk Ndhlovu v. Mathega,
waarna Steyn HR in De Kock v. Helderberg Ko-op. Wijnmakerij
Bpk. verwys het, en Abbott v. Commissioner for Inland
Revenue 1963(4) SA 552 (K). In laasgenoemde saak het die
hof/
33
hof na die bogemelde vermoede verwys en tereg gesê (op 556 E-F):
"Such presumptions are, however, merely guides to construction and must give way where other considerations, such as those of language, context and circumstance, indicate a contrary intention on the part of the Legislature".
Na my mening geld die bogemelde vermoede nie in
die onderhawige geval nie. Die verwysing in art.
5 bis (1) na art. 4(2)(d) en persone wat daarkragtens aan-
gehou
word toon ook nie dat die verwysing na persone wat as ge-
volg van optrede deur die veiligheidsmagte aangehou word
'n verwysing na net wettig aangehoude persone is nie.
My mening is op die hierondergenoemde oorwegings gegrond.
Art. 5 bis (1) magtig die Administrateur-generaal
om/
34
om 'n bevel uit te reik vir die verdere aanhouding van persor wat hulle in die een of ander van twee klasse, of kategoriei van persone bevind. Die eerste klas is persone wat kragtens art. 4(2)(d) van die proklamasie aangehou word, en die tweede is persone wat in hegtenis is as gevolg ván operasies wat die veiligheidsmagte ingevolge die Ver-dedigingswet ter voorkoming of onderdrukking van terrorisme of vir 'n ander doel uitgevoer het. (Optrede vir 'n ander doel as om terrorisme te voorkom of te onderdruk, kan buite rekening gelaat word.) Daar is 'n opvallende verskil in die taal wat art. 5 bis (l) met betrekking tot persone van die twee klasse gebruik. In die geval van persone van die eerste klas word bepaal dat hul aanhouding
"kragtens"/
35
"kragtens" art. 4(2)(d) moet wees. Ek sal aanvaar dat dit beteken dat die aanhouding aan die vereistes van art. 4(2)(d) moet voldoen, d.w.s. dat dit wettig moet wees. In die geval van persone van die tweede klas word daarenteer nie bepaal dat hulle aanhouding "kragtens", of "ingevolge", die Verdedigingswet, of enige ander wet, moet wees nie. Daar word bloot verwys na persone wat in hegtenis is "as gevolg van " optrede deur die veiligheidsmagte. Die artikel vereis wel dat die optrede van die veiligheids-magte ter voorkoming of onderdrukking van terrorisme en "ingevolge" die Verdedigingswet moes geskied het, maar daar word nie bepaal, soos reeds gesê, dat die aanhouding "ingevolge" of "kragtens", die Verdedigingswet, of 'n ander
wet/
36
wet, moet wees nie. Die Verdedigingswet, kan hier
byge-
voeg word, bevat, anders as art. 4(2)(d) van die proklamasi
nie
bepalings aangaande die aanhouding van persone nie.
Die posisie is dus dat,
waar art. 5 bis (1) voorsiening
maak vir die aanhouding van persone
wat as gevolg van
optrede deur die veiligheidsmagte in aanhouding verkeer,
dit nie - altans nie uitdruklik nie - vereis dat die aan-
houding ooreenkomstig die een of ander wet moet geskied
nie. Die vraag is of nie nogtans gesê moet word dat waar
art. 5 bis (l) verwys na persone wat as gevolg van optrede
deur die veiligheidsmagte in hegtenis is, dit 'n verwysing
is na persone wat wettig aangehou word nie. Ek meen
van nee. Indien die Administrateur-generaal se bevoegdhei
op so 'n wyse beperk sou wees, sou dit beteken dat hy hom
eers/
37 . eers sal moet vergewis van die wettigheid van die aanhouding
van persone wat deur die Weermag aangehou word voordat hy sy bevoegdheid
ten
opsigte van sodanige persone sou kon uitoefen. Na my mening is dit onwaarskynlik
dat dit die bedoeling van die proklamasie is.
Ek het reeds daarop gewys dat die
Verdedigingswet nie bepalings bevat wat vir die aanhouding van persone
voorsiening maak nie, en
dit is problematies of so 'n bevoegdheid stilswyend in
die wet inbegrepe is. Die appellante betoog dat daar nie so 'n bevoegdheid
in
die wet te vinde is nie. Hulle het ook voor ons betoog dat die aanhouding van
persone soos in die onderhawige geval geheur het
teen die beginsels van die
internasionale reg indruis. Waar daar sulke probleme met betrekking tot die
wettigheid al dan nie van
aanhoudings
deur/
38
deur die Weermag bestaan, of kan ontstaan, kom dit my as onwaarskynlik
voor dat dit die bedoeling van art. 5 bis (1) is dat die
Administrateur-generaal eers moet ondersoek instel na en hom vergewis van die
wettigheid van die aanhouding van 'n
persoon wat as gevolg van optrede van die
veiligheidsmagte in hegtenis is voordat hy kan besluit of hy die bevoegdheid wat
die artikel
aan hom gee ten op-sigte van so 'n persoon kan uitoefen.
Daar is nog 'n verdere oorweging. Art. 5 bis gee aan die Administrateur-generaal die bevoegdheid om persone wat as gevolg van optrede deur die veiligheids-magte in hegtenis is aan te hou indien dit, volgens sy oortuiging, nodig is om dit te doen om die orde en wet te
handhaaf/
39
of om die belange van die gemeenskap te beskerm. Waar die noodsaaklikheid om orde en wet te handhaaf en die ge-meenskap te beskerm die toets is wat geld wanneer die Administrateur-generaal moet besluit of hy iemand wat as gevolg van optrede deur die veiligheidsmagte aangehou word, verder aan te hou, skyn die vraag of hy tevore wettig of onwettig aangehou is nie relevant of van belang te wees nie: al wat ter sake is, is of die betrokke persoon volgens die oortuiging van die Administrateur-generaal iemand is wie se verdere aanhouding "vir die handhawing van orde en wet of andersins in die openbare belang nodig is." Ek besef dat wat ek so pas gesê het nie ten volle geld ten opsigte van persone wat ingevolge art. 4(2)(d) van die proklamasie aangehou word nie. Art. 5 bis (1) verwys na persone wat
"kragtens"/....
40
"kragtens" art. 4(2)(d) aangehou word, wat waarskynlik aandui dat hulle
in wettige aanhouding moet wees. Ek meen egter nie dat, omdat
die verwysing na
aanhouding kragtens art. 4(2)(d) 'n verwysing na wettige aanhouding is, die
verwysing na die "inhegtenis is" van
persone wat "as gevolg van" optrede deur
die veiligheidsmagte geskied het, ook 'n verwysing na wettige "hegtenis" moet
wees nie.
Art. 5 bis (1) het met twee heeltemal afsonderlike klasse van
persone te doen en dieselfde oorwegings geld nie noodwendig in albei gevalle
nie.
In die geval van art. 4(2)(d) het 'n mens bv. te doen met aanhoudings wat
ingevolge die bepalings van die proklamasie geskied en
waarvan die wettigheid al
dan nie, anders as in die geval van aan-houdings deur die veiligheidsmagte,
betreklik maklik be-
paal/.
41 paal kan word. En dan, soos ek reeds gesê het, het 'n
mens die opvallende verskil in taalgebruik waar daar in art. 5 bis (1) na
die twee klasse persone verwys word: in die een geval word daar verwys na
persone wat "kragtens" art, 4(2)(d) aangehou word,
en in die ander geval na
per-sone wat "as gevolg van" optrede deur die veiligheidsmagte in hegtenis is,
sonder dat bepaal word dat
die aanhouding "kragtens" of "ingevolge" die
Verdedigingswet, of enige ander wet, moet geskied.
Uit hoofde van die voorgaande is ek van mening dat die Administrateur-generaal se bevele van 25 Mei 1979 wettig was ook al sou die aanhouding van die betrokke per-
sone tot op daardie tydstip nie wettig gewees het nie.
Dit/
42
Dit volg uit wat hierbo gesê is dat die appèl nie
kan slaag nie, maar in die lig van my bevinding dat die
hof a quo
fouteer het deur te beslis dat die aansoek vanweë
die sertifikaat wat
deur die Minister van Justisie uitge-reik is, verval het, kan die bevel van die
hof a quo nie bly staan nie en moet dit vervang word deur 'n bevel wat
die aansoek afwys.
Daar word soos volg beveel:
(1) Die appèl word met koste afgewys, insluitende die koste van twee advokate. (2) Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en deur die volgende bevel vervang, nl. "Die aansoek word met koste afgewys, insluitende
die/
43 die koste van twee advokate." (3) Die koste van die aansoek om verlof om te appelleer moet deur die appellante betaal word.
P J RABIE
WND HOOFREGTER.
JANSEN AR
JOUBERT AR
HEFER AR Stem saam
BOSHOFF WND AR