South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 28

| Noteup | LawCite

S v Koopman (343/1986) [1987] ZASCA 28 (27 March 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 343/1986

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen:

PETER KOOPMAN Appellant

en
DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, SMALBERGER ARR et BOSHOFF

WN AR

VERHOORDATUM: 2 MAART 1987

LEWERINGSDATUM: 27 MAART 1987

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.

BOTHA AR:-

Die appellant is in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop deur ROSE-INNES R en assessore skuldig bevind aan moord. Die Verhoorhof het bevind dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie. Gevolg= lik is die appellant die doodvonnis opgelê. Met verlof van die Verhoorregter kom hy in hoër beroep teen die be= vinding dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig, was nie en die doodvonnis wat hom opgelê is.

Die omstandighede van die moord, soos dit blyk uit die appellant se eie getuienis, kan kortliks saamgevat word soos volg. Die appellant en die oorledene was lede van twee verskillende bendes wat vyandiggesind was teenoor mekaar. Die lede van die twee bendes het dikwels oor en weer mekaar aangeval en aangerand. 'n Mede-bendelid van die appellant was beskuldigde 1 by die verhoor, en ek sal na hom verwys as sodanig. Gedurende die aand van 24 Julie

/1985 ...

3.

1985 het beskuldigde 1 se broer by die appellant gekom en aan hom vertel dat hy 'n boodskap gekry het dat daar mense was by 'n dansplek wat beskuldigde 1 wou steek met 'n mes. Die appellant en beskuldigde 1 se broer het toe gegaan na die betrokke plek en buitekant die danslokaal gestaan en wag. Beskuldigde 1 het uit die lokaal te voorskyn gekom en die appellant meegedeel dat die oor= ledene hom binne die "disko" wou steek met 'n mes. Be= skuldigde 1 is toe weer terug in die danslokaal in. Kort na middernag het die oorledene uit die lokaal gekom, al= leen, en met die straat langs weggeloop. Beskuldigde 1 het ook uitgekom en by die appellant gaan staan. Beskul= digde 1 het aan die appellant gesê, met verwysing na die oorledene: "Gaan ons daardie man so los? Daardie man, hy moet doodgaan". Die appellant het gevra: "Wat kan ek maak, ou boet?", waarop beskuldigde 1 geantwoord het: "Kom, ons gaan, ons gaan steek vir hom met die mes". Beskuldigde 1 en die appellant, elk met 'n oop knipmes in

/die ...

4.

die hand, het toe agter die oorledene aan gehardloop en hom "gevang". Beskuldigde 1 het die oorledene in die nek gesteek en die appellant het hom in die rug gesteek. Daarna het beskuldigde 1 en die appellant weggehardloop.

'n Nadoodse ondersoek van die lyk van die oor= ledene het aangetoon dat die oorledene drie steekwonde opgedoen het, een in die nek en twee in die rug. Die nekwond en een van die rugwonde was dodelike wonde. Die appellant het volgehou dat hy die oorledene net een keer gesteek het, en die Verhoorhof het dit blykbaar ten gunste van hom so aanvaar, alhoewel dit glad nie blyk waar die ander rugwond vandaan kon gekom het nie. Dit is egter nie nodig om daarop in te gaan nie, want dit is duidelik dat beskuldigde 1 en die appellant gesamentlik die oorledene aangeval het met die gemeenskaplike, direkte opset om hom te dood. Die appellant het in die loop van sy getuienis erken dat beskuldigde 1, voordat die aanval op die oorledene plaasgevind het, die woorde

/teenoor ...

5.

teenoor hom (die appellant) gebesig het: "Ons moet daar= die man gaan doodmaak". In die lig daarvan het die Verhoorhof heeltemal tereg die appellant se getuienis verwerp dat hy nie die bedoeling gehad het om die oor= ledene te vermoor nie.

Die omstandighede wat as versagtend aangevoer is in die betoog namens die appellant voor hierdie Hof is dieselfde as wat in die Hof a quo geopper is en deur daardie Hof oorweeg en verwerp is. In sy betoog voor hierdie Hof het die appellant se advokaat hom hoofsaaklik toegespits op die volgende twee stelle oorwegings: (1) dit is beskuldigde 1 wat die appellant aangespoor het om deel te neem aan die aanval op die oorledene; beskuldigde 1 was die leidende figuur in die hele optrede; die appel= lant het slegs 'n ondergeskikte rol gespeel in die gebeure; en (2) die aanval op die oorledene het neergekom op wraakneming op die oorledene vir die feit dat hy gedreig het om beskuldigde 1 te steek met 'n mes; en dit het

/geskied ...

6.

geskied binne die verband van bendebedrywighede en -vyandelikhede.

Die appellant se advokaat het eerstens aange= voer dat hierdie Hof geregtig is om in te gryp en die Verhoorhof se bevinding aangaande die afwesigheid van versagtende omstandighede tersyde te stel, vanwee n be= weerde mistasting wat begaan is deur die Verhoorhof. Die beweerde mistasting was dat die Verhoorhof nie die kumulatiewe uitwerking van die bogenoemde omstandighede in oorweging geneem het nie. Die betoog is na my mening sonder enige verdienste. Die Verhoorregter het welis= waar nie in sy uitspraak aangaande versagtende omstandig= hede uitdruklik gesê dat die kumulatiewe effek van die betrokke faktore in oorweging geneem is nie, maar na my oordeel regverdig dit hoegenaamd nie die afleiding dat die Verhoorhof slegs na elke faktor in isolasie gekyk het sonder om die geheelbeeld van die omstandighede in

/aanmerking ...

7.
aanmerking te neem nie. Die deeglike en versigtige wyse waarop die Verhooregter in sy uitspraak aandag gegee het aan elke argument wat namens die appellant geopper is, laat geen ruimte vir die suggestie dat die Verhoorhof nie die totale uitwerking van al die omstan= dighede gesamentlik in oënskou geneem het nie.

Die appellant se advokaat het in die tweede plek aangevoer dat die Verhoorhof nie redelikerwyse tot die bevinding kon gekom het dat daar nie versagtende om= standighede aanwesig was nie. Na my mening is hierdie betoog geheel en al ongegrond. Dit is nodeloos om hier die Verhoorregter se deurtastende bespreking van die be= trokke omstandighede weer te gee. Ek stip slegs enkele aspekte aan van die strekking van sy uitspraak. Beskuldig= de 1 was ten tyde van die moord maar 16½ jaar oud; die appellant was toe 'n man van 27 jaar. Daar is geen sprake daarvan dat beskuldigde 1 in 'n gesagsposisie teen= oor die appellant gestaan het, of dat dit die appellant

/nie ...

8.

nie volkome vrygestaan het om beskuldigde 1 se uitnodig= ing om deel te neem aan die aanval op die oorledene een= voudig te verontagsaam nie. Alhoewel wraakneming in besondere omstandighede 'n versagtende uitwerking kan hê, is dit nie hier die geval nie: dit kon die motief vir die moord gewees het, maar dit maak nie die appellant se optrede minder verwytbaar nie. Die bendeverband in die huidige saak het nie meegebring dat daar enige beinvloed= ing of dwang was wat die appellant genoop het om die oorledene te vermoor nie. 'n Blote gevoel van same= horigheid of lojaliteit tussen bendelede teenoor opposisie-bendelede is nie iets wat die moord minder laakbaar maak of die appellant se optrede moreel minder verwytbaar nie. Die bende-milieu in die huidige geval kan nie as 'n ver= sagtende omstandigheid aangemerk word nie.

Na my oordeel bestaan daar geen gronde waarop hierdie Hof kan bevind dat die Verhoorhof nie redeliker= wyse tot die gevolgtrekking kon gekom het waartoe hy wel

/gekom ...
9. gekom het nie.

Die appèl word van die hand gewys.

A.S. BOTHA AR

SMALBERGER AR
STEM SAAM BOSHOFF WN AR