South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 3
| Noteup
| LawCite
S v Sekgobela (309/86) [1987] ZASCA 3 (3 March 1987)
Download original files |
Saak nr 309/86 MC
ELMON SEKGOBELA
- en -
DIE STAAT VIVIER AR.
Saak nr 309/86
MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
ELMON SEKGOBELA Appellant
- en -
DIE
STAAT Respondent
Coram: BOTHA, VIVIER ARR et STEYN Wn AR Verhoor: 23 Februarie 1987 Gelewer: 3 MAART 1987.
UITSPRAAK
VIVIER AR:
Die appellant is in die Rondgaande Hof op Phalaborwa deur DE VILLIERS R en twee assessore aan moord
en /
2.
en aan diefstal van geld en klerasie skuldig bevind. Op die moordaanklag is geen versagtende omstandighede gevind nie en is die appellant ter dood veroordeel. Weens die diefstal is die appellant tot een jaar gevange= nisstraf gevonnis. Met verlof van die Verhoorregter appelleer hy na hierdie Hof slegs teen die bevinding dat daar by die pleging van die moord geen versagtende omstan= dighede was nie en teen die gevolglike doodvonnis wat hom opgelê is.
Die saak spruit uit die gebeure van Sondagoggend, 1 September 1985 op die plaas Harmonie in die distrik Gravelotte waar die appellant en sy houvrou, Paulina Mahtole, gewoon het. Die appellant was as voorman in diens van die eienaar van die plaas terwyl Paulina op die lande by die huurder van die plaas gewerk het. Die oorledene, 'n 31-jarige Swart vrou, het die vorige middag by die plaas aangekom met 'n sak vol klere wat sy aan die werksmense verkoop het. By die land waar hulle besig was, het Paulina 'n romp van die oorledene gekoop terwyl die appellant, volgens Paulina, dagga en 'n drankbrousel
bekend /
3. bekend as tot-tot of mampoer by die oorledene gekoop het.
Later die dag is die oorledene weer weg van die plaas.
Volgens Paulina, wie
se getuienis deur die verhoor= hof aanvaar is, het die appellant kort na
sonsopgang die Sondagoggend hulle hut
verlaat om op die naburige plaas te gaan
kuier. Hy was nugter en het normaal opgetree. Sy is kort daarna ook weg van die
hut. Gedurende
die oggend het die appellant teruggekeer en was alleen by die hut
toe die oorledene daar aankom. Dit is nie duidelik wat presies
tussen die
appellant en die oorledene gebeur het nie omdat die enigste getuienis
daaromtrent, dié van die appellant, in sekere
opsigte onvolledig was en
in ander wesenlike opsigte nie deur die verhoorhof aanvaar is nie. In ander
opsigte weer, is dit nie duidelik
wat die verhoorhof presies bevind het nie. Die
appellant het getuig dat hy twee dagga-sigarette van die oorledene vir R2,00
gekoop
het. Hy het 'n RlO-noot aan haar oorhandig. Hy het een van die
dagga-sigarette gerook en sy het hom van haar drankbrousel gegee om
te drink. Sy
het daarna geweier om sy kleingeld te gee en 'n argument het onstaan. Hy
het /
4. het kwaad geword en die geld uit haar hand gegryp. Sy
het hom met die agterkant van haar hand op sy mond geslaan
sodat hy op die
grond geval het. Sy tand is los geslaan
met die hou wat sy hom gegee het. Dit
is gladnie duidelik
of die verhoorhof hierdie deel van die appellant se
weergawe
aanvaar het nie. Die verhoorhof het die appellant se verdere weergawe dat hy die oorledene daarna slegs twee houe met 'n kierie geslaan het, uitdruklik verwerp.
Die verhoorhof het wel bevind dat die appellant
op
'n stadium daarna die oorledene se hande voor haar liggaam
met 'n paar
handboeie, wat hy van sy werkgewer ontvang het
om wilddiewe mee te vang,
geboei het voordat hy haar met 'n
panga aangeval het. Die mediese getuenis
was dat diep
kneuswonde en wrywingsmerke aan die oorledene se
polsge=
wrigte, veroorsaak deur die boeie, daarop dui dat sy geboei
was,
en gestoei en gespartel het, voordat die appellant
haar twee diep kapwonde
met 'n panga op die kop toege=
dien het wat die brein binnegedring en haar
dood veroor=
saak het. 'n Derde hou met die panga het die oorledene
se
regterduim afgekap en dieselfde, of 'n vierde
hou met die panga het 'n diep
snywond oor die dorsum
van /
5. van die regter middelvinger veroorsaak. Tekens van
'n hewige
worsteling is na die tyd in die appellant se hut gevind: klere het oral
rondgelê, die bed was deurmekaar, water het
uit 'n drom vol water gestort
en daar was bloedspatsels teen die mure, die deur, die mat, die kombers en die
beddegoed.
Na die aanval het die appellant die oorledene oor 'n afstand van
ongeveer 70 meter tot onder 'n boom in die veld gesleep waar haar
liggaam laat
die Sondag= middag nakend, met die hande steeds geboei en met 'n swaar klip van
ongeveer 50 kg bo-op die kop, gevind
is. Onder die oorledene se kop was 'n groot
plas bloed wat volgens die mediese getuienis daarop dui dat sy nog geleef het
toe sy
daar gebring is. Dit is nie duidelik hoe dit gebeur het dat die oorledene
nakend was nie. Die appellant het ontken dat sy nakend
was toe hy haar in die
veld gelaat het.
Die appellant het 'n noukeurige beskrywing
van /
6. van sy bewegings nadat hy die oorledene aangerand het, gegee. Voordat hy
die oorledene die veld ingesleep het, het hy eers sy bebloede
hemp gaan uittrek
en sy hande gewas. Nadat hy die oorledene se liggaam in die veld gelos het, het
hy paulina se klere, wat vol bloed=
spatsels was, in n kopdoek toegedraai en dit
saam met sy kapmes onder die ashoop begrawe. Die mat en kombers, wat ook
bloedbevlek
was, het hy in die dam gegooi en die regterduim van die oorledene,
wat hy op die toneel opgetel het, het hy weggegooi. Op die toneel
van die
aanranding het hy R140,00 opgetel wat aan die oorledene behoort het, en hy het
besluit om die geld na sy werkgewer te neem.
Op pad daarheen het hy vir Paulina
teengekom en die geld vir haar gegee om te hou. Sy broek was vol bloed toe hy by
haar kom. Sy
het hom nie daaroor uitgevra nie en hy het haar niks van die
voorval vertel nie. Paulina het die geld in 'n babadoek toegedraai en
hulle het
saam na sy broer, Johannes, se huis op die
naburige /
7 . naburige plaas geloop waar Paulina die geld in 'n kamer
gebêre en hy sy broek uitgetrek en dit bo-op Johannes se klere in
1g se
kamer gesit het.
Paulina se getuienis was dat toe sy die appellant ongeveer
12 uur die betrokke oggend teenkom, hy aan haar verduidelik het dat hy
die
R140,00 in 'n dobbelspel gewen het en dat die bloed aan sy broek afkomstig is
van 'n
wildsbok wat hy geslag het.
Die appellant se getuienis was dat die dagga wat hy die Sondagoggend by die oorledene gekoop het, die eerste is wat hy in sy lewe gerook het en dat dit hom aangetas en sy optrede tydens en na die voorval beinvloed het. Hy het ontken dat hy die vorige dag drank of dagga by die oorledene gekoop het. Paulina, daarenteen, het getuig dat in die drie jaar wat sy en die appellant reeds saamwoon, hy daagliks dagga rook.
In die uitspraak oor die vraag van versagtende omstandighede, het die verhoorhof Paulina se getuienis
dat /
8 . dat die appellant daagliks dagga rook, aanvaar. Die uitspraak
bevat geen uitdruklike bevinding oor die vraag of die appellant
die betrokke
Sondagoggend drank en/of dagga gebruik het nie, en indien wel, of hy enigsins
daardeur beïnvloed was nie. Die appellant
se berekende optrede tydens en na
die voorval en sy vermoë om in die fynste besonderhede te vertel wat gebeur
het, toon nie
enige beïnvloeding deur dagga of drank nie. Verder het beide
Paulina en johannes onomwonde verklaar dat die appellant heeltemal
nugter was
toe hulle hom kort na die voorval gesien het. Paulina het 'n goeie indruk op die
verhoorhof gemaak en haar en Johannes
se getuienis is op verskeie aspekte, waar
dit met dié van die appellant bots, deur die verhoorhof aanvaar. Ek meen
dat dit
uit die uitspraak in sy geheel gelees, duidelik is dat die verhoorhof
tot die gevolgtrekking gekom het dat dagga en/of drank nie
die appellant se
optrede beïnvloed het nie.
Die verhoorhof het verder bevind dat selfs
al /
9.
al sou aanvaar word dat die appellant in 'n "woedebui"
gehandel het, dit,
sowel as die feit dat hy maar 21
jaar oud was, in die huidige saak nie
as versagtende
omstandighede beskou kan word nie.
Dit is reeds herhaaldelik in uitsprake van hierdie Hof beklemtoon dat dit in die eerste plek die verhoorhof se taak is om oor die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede te beslis, en dat hierdie Hof slegs sal inmeng indien die verhoorhof 'n mistasting of ander onreelmatigheid begaan het, of indien sy bevinding, in die lig van al die getuienis beoordeel, van so 'n aard is dat hy nie redelikerwys daartoe kon gekom het nie. Sien o a S v Mongesi en Andere
1981(3) SA 204(A) op 207H - 208A.
In een van die meer onlangse beslissings van hierdie Hof oor wat die ondersoek na die bestaan van
versagtende /
10. versagtende omstandighede behels, het CORBETT AR die volgende in S v Ngoma 1984(3) SA 666(A) op 673 G-I gesê:-
"The determination of the presence or absence of extenuating circumstances involves a three-fold enquiry: (1) whether there were at the time of the commission of the crime facts or circumstances which could have influenced the accused's state of mind or mental faculties and could serve to constitute extenuation; (2) whether such facts or circumstances, in their cumulative effect, probably did influence the accused's state of mind in doing what he did; and (3) whether this influence was of such a nature as to reduce the moral blame= worthiness of the accused in doing what he did. In deciding (3) the trial Court passes a moral judgment."
Namens die appellant is betoog dat die verhoor=
hof
se verwysing in sy uitspraak oor versagting na die
aantal houe wat die
appellant die oorledene toegedien het
en die feit dat hy haar geboei en toe
aangerand het,
daarop dui dat die verhoorhof die moontlike
versagtende
omstandighede opgeweeg het teen, en uitgesluit het weens
die
aard van die misdaad en die wyse waarop die appellant
te werk gegaan het, en
dat die verhoorhof sodoende 'n
mistasting begaan het. Die versagtende
omstandighede
wat /
12. bevind het dat die appellant wel in n "woedebui" gehandel het
nie. vanweë die ander feitebevindings van die verhoorhof, wat
die appellant
as 'n volslae leuenaar toon, en sy onoortuigende getuienis op hierdie aspek, is
ek in die eerste plek van mening dat
so 'n
bevinding nie geregverdig sou
gewees het nie. Wat alles tussen die appellant en die oorledene gebeur het, het
hy nie aan die verhoorhof
openbaar nie. So is daar geen verklaring vir die feit
dat die oorledene se lyk nakend gevind is nie.
Selfs al sou egter aanvaar
word dat die appellant wel in 'n "woedebui" gehandel het, meen ek nie dat die
verhoorhof fouteer het deur
dit nie as versagting te beskou nie. Dit is
natuurlik so dat die aard, of die feite van n bepaalde moord, soos die erns
daarvan,
die wyse waarop dit uitgevoer is, die wreedheid of afskuwelikheid of
onnodigheid daarvan, opsigself nie n bevinding van versagting
uitsluit nie.
Sodanige /
13. Sodanige feite van die moord bly egter steeds relevant.
So kan die grusaamheid van die moord aanduidend wees van die beskuldigde
se
geestestoestand gedurende die pleeg van die daad en van sy morele skuld, en kan
die wyse waarop die beskuldigde te weck gegaan
heb, aantoon dat hy nie deur
drank of provokasie beïnvloed is nie. Sien S v Petrus 1969(4) SA
85(A) op 92 D-H en 97 A-B, S v Maarman 1976(3) SA 510(A) op 512 'n en
S v Ndwalane 1985(3) SA 222 op 228 F-H.
In die huidige saak is ek van
mening dat daar nie sprake is van 'n opweging van versagtende teen verswarende
omstandighede deur die
verhoorhof nie. By die beoordeling van die vraag of die
moontlikheid dat die appellant in 'n "woedebui" gehandel het, 'n invloed
op sy
gemoed kon gehad het, was die verhoorhof heeltemal geregtig om al die feite van
die misdaad in ag te neem. Die wyse waarop
die appellant te werk gegaan het deur
die oorledene te boei voor hy haar met die panga geslaan het, dui na my mening
eerder op kóue,
gevoellose optrede
as /
11.
wat namens appellant aangevoer is, is beïnvloeding deur drank en/of
dagga, sy onvolwassenheid en die feit dat hy sonder voorafbeplanning
en in 'n
"woedebui" gehandel het.
Wat die moontlike beïnvloeding deur drank en/of
dagga betref, het ek reeds hierbo daarop gewys dat die verhoorhof tereg bevind
het dat appellant nie daardeur beïnvloed was nie en dat dit geen rol in sy
optrede gespeel het nie. Wat onvolwassenheid as 'n
moontlike versagtende
omstandigheid betref, was die appellant 'n voorman op die plaas met
verantwoordelike pligte, en het hy die
lewe van 'n volwassene gelei. Daar is in
sy optrede geen teken van onvolwassenheid te bespeur nie. Na my mening het die
verhoorhof
tereg nie onvolwassenheid as 'n versagtende omstandigheid aangemerk
nie.
Wat betref die afwesigheid van voorafbeplanning en die provokasie waarop ter versagting gesteun is, het ek reeds daarop gewys dat die verhoorhof nie uitdruklik
bevind /
14. as dat hy deur 'n woedebui beïnvloed is. Na my mening
het die verhoorhof nie misgetas in sy bevinding dat provokasie nie
as versagting
beskou kan word nie, en kan nie gesê word dat die bevinding een is waartoe
nie redelikerwys gekom kon gewees
het nie.
Gevolglik word die appèl van die hand gewys.
W. VIVIER AR.
BOTHA AR ) Stem saam. STEYN Wn AR)