South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 46

| Noteup | LawCite

S v Hengari and Another (577/1986) [1987] ZASCA 46 (21 May 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


LL
Saak No 577/1986

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPëLAFDELING

In die saak tussen:
PIETER HENGARI
Eerste Appellant


BENNIE NAVILI
Tweede Appellant

en
DIE STAAT
Respondent


CORAM:
BOTHA, HEFER et VIVIER ARR


VERHOORDATUM: 11 MEI 19 87

LEWERINGSDATUM: 21 MEI 1987

UITSPRAAK

/BOTHA AR

2. BOTHA AR:-

Die twee appellante is in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika deur STRYDOM R en assessore skuldig bevind aan moord en aan roof. Met betrekking tot die moord het die Verhoorhof bevind dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie en gevolglik is die appel= lante ter dood veroordeel. Ten opsigte van die roof is elk van hulle gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf. Die Verhoorregter het aan die appellante verlof toege= staan om na hierdie Hof in hoër beroep te kom teen die bevinding dat daar met betrekking tot die moord geen versagtende omstandighede aanwesig was nie en teen die gevolglike doodvonnisse wat die appellante opgelê is.

Vir die doeleindes yan hierdie uitspraak hoef die omstandighede waaronder die moord plaasgevind het slegs in die breedste trekke geskets te word, aan. die hand van die onaanvegbare feitelike bevindings waartoe die Verhoorhof geraak het, gegrond op die getuienis en

/die ...

4.

wonde op sy kop opgedoen, wat met 'n redelike mate van krag toegedien was. Die aanranding op die oorledene het bloeding en kneusing van sy brein tot gevolg gehad, wat sy dood veroorsaak het. Nadat die appellante die oorledene se geldsak gebuit het, het hulle die toneel verlaat, en daarna die geld wat in die sak was tussen hulle verdeel en die sak self in 'n rioolpyp versteek, tesame met party van die bloedbevlekte kledingstukke wat hulle aangehad het.

Die betoog aangaande versagtende omstandighede wat die appellante se advokate in hierdie Hof voorgedra het, het berus op 'n tweeledige grondslag: enersyds, op die bevinding van die Verhoorhof dat die opsetvorm wat by die appellante aanwesig was, dolus eventualis was, en andersyds, op die aanvaarding deur die Verhoorhof dat albei die appellante "drank ingehad het en tot 'n mate daardeur beïnvloed was". Wat die eerste aspek betref, is daar betoog dat, naas die feit dat die appel=

/lante ...

3.
die afleidings wat daaruit voortgespruit het. Die oorledene in die saak was 'n petroljoggie wat gewerk het
by 'n vulstasie op Gobabis. Albei die appellante was aan hom bekend gewees. Die appellante het vooraf be= plan dat hulle die oorledene sou gaan beroof van sy geld sak. Hulle moes besef het dat daar 'n gevaar bestaan het dat die oorledene hulle tydens die uitvoering van die roof sou herken. Ter voorbereiding van die roof= tog het die appellante hulleself bewapen, die een met 'n knopkierie en die ander waarskynlik met 'n stuk yster= pyp. Hulle het besef dat daar 'n moontlikheid was dat geweld gebruik sou moes word om hulle plan uit te voer, wat lewensgevaar vir hulle slagoffer ingehou het, en hulle het hulle daarmee versoen. Ter uitvoering van hulle gemeenskaplike doel het hulle in die nag na die vulstasie gegaan en daar die oorledene toegetakel met hulle wapens, deurdat elkeen van hulle die oorledene op sy kop geslaan het. Die oorledene het 12 afsonderlike

/wonde ...

5.

lante nie die direkte oogmerk gehad het om die oorledene dood te maak nie, die aanranding op die oorledene van so 'n aard was dat, gemeet volgens die graad van voorsien= baarheid, daar slegs maar 'n geringe moontlikheid was dat sy dood daardeur veroorsaak sou word. Wat die tweede aspek betref, is daar gesteun op die getuienis van die appellante self dat elkeen van hulle aangetas was deur die drank wat hulle voor die rooftog gedrink het. Ge= samentlik beskou, so is daar betoog, het hierdie omstan= dighede versagting daargestel.

Die voorgaande betoog is in wese dieselfde as dié wat aan die Verhoorhof voorgehou was, en wat deur die Verhoorhof verwerp is om die redes wat uiteengesit is in die uitspraak van die Verhoorregter oor hierdie aangeleentheid. Om dit kortliks saam te vat: wat die eerste aspek betref, het die Verhoorregter daarop gewys dat 'n bevinding van dolus eventualis op sigself nie noodwendlg dui op die aanwesigheid van 'n versagtende

/omstandigheid ....

6.

omstandigheid nie, en voorts onder meer gewys op die volgende tersaaklike feite, naamlik dat dit 'n wrede aan= val was wat die appellante op die oorledene uitgevoer het, dat die oorledene genadeloos toegetakel is en so gelaat is deur die appellante, en dat die oorledene 12 wonde aan die kop toegedien is met 'n redelike mate van geweld en met wapens wat in staat is om te dood; en wat die tweede aspek betref, het die Verhoorhof bevind, onder meer met verwysing na die wyse waarop die appellante opgetree het voor en na die roof, dat drank, indien dit ten opsigte van die aanval 'n rol gespeel het, dit baie gering was en nie van so 'n aard dat dit die morele ver= wytbaarheid van die appellante verminder het nie. In die laasgenoemde verband moet ook vermeld word, sonder dat dit nodig is om op besonderhede in te gaan, dat die appellante se getuienis aangaande hulle drinkery en die uitwerking daarvan in verskeie opsigte vaag en onaanvaar= baar was en dat die Verhoorhof heeltemal tereg bevind het

/dat ...

7.

dat albei die appellante se getuienis in die algemeen leuenagtig was.In die resultaat het die Verhoorhof bevind dat die kumulatiewe effek van die aangevoerde faktore nie versagtende omstandighede daargestel het nie.

Op die keper beskou, is daar geen ruimte hoege= naamd vir 'n bevinding dat die Verhoorhof nie redeliker= wyse tot die slotsom kon gekom het waartoe hy wel gekom het nie.

Namens die appellante is daar egter aangevoer dat die Verhoorhof in sekere opsigte mistastings begaan het.Die argumente wat die advokate in hierdie verband voorgelê het, so goed as hulle kon, is sonder enige meriete.Dit is slegs nodig om kortliks te verwys na die vernaamste punte wat geopper is.Namens die eerste appellant is daar aangevoer dat die Verhoorhof onder 'n wanopvatting verkeer het met betrekking tot die feite ten opsigte van die eerste appellant se aandeel in die

/aanranding ...

8.

aanranding: volgens sy getuienis het hy die oorledene slegs twee houe op sy nek toegedien en is die tweede appellant verantwoordelik vir die dodelike beserings van die oorledene. Daar steek niks in hierdie betoog nie, enersyds omdat die eerste appellant se getuienis as leuenagtig verwerp is, en andersyds omdat die twee appellante met 'n gemeenskaplike doel opgetree het en die eerste appellant hom klaarblyklik vereenselwig het met die optrede van die twëede appellant. Die Verhoor= hof het dan ook volkome tereg bevind dat dit onnodig was om te probeer bepaal wat presies elke appellant se aan= deel in die aanranding was.

Namens die tweede appellant is daar aangevoer dat 'n mistasting opgesluit lê in die volgende opmerkings van die Verhoorregter in sy uitspraak oor versagtende omstandighede:

"... na ons mening was die optrede van die beskuldigdes sodanig dát die bevinding van dolus eventualis gunstig vir hulle is en

/dat ...

9.

dat hierdie 'n grensgeval is waar die voor= deel van die twyfel hulle toegekom het."

Daar kan egter geen fout gevind word met hierdie uit= latings nie.Ek stem trouens daarmee saam, veral met inagneming van die feit dat die appellante terdeë bewus was van die waarskynlikheid dat die oorledene hulle tydens die aanval sou herken het.Gewag is gemaak van die tweede appellant se getuienis dat die oorledene nog gelewe het toe die appellante die toneel verlaat het, wat bestaanbaar is met die mediese getuienis. Die eenvoudige antwoord hierop is dat hierdie getuienis van die tweede appellant waardeloos is in die samehang van die oorweging van versagtende omstandighede, met die bewyslas wat in daardie verband op die appellante rus, in die lig van die Verhoorhof se verwerping van die tweede appellant se getuienis as vals.

Ten opsigte van die ander betoogpunte wat geopper is, is dit voldoende om te sê dat hulle getref

/word ...

10.

word deur dieselfde lot as dié wat ek hierbo by wyse van voorbeeld genoem het.

Daar bestaan gevolglik geen gronde waarop hierdie Hof kan ingryp in die bevindings van die Ver= hoorhof en die doodvonnisse wat die appellante opgelê is nie.

Die appelle van albei die appellante word van die hand gewys.

A.S. BOTHA AR

HEFER AR
STEM SAAM VIVIER AR