South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 49
| Noteup
| LawCite
S v Jama (49/87) [1987] ZASCA 49 (22 May 1987)
Download original files |
THEMBILE JAMA
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPELAFDELING)
In die saak tussen:
THEMBILE JAMA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: HEFER, AR, NICHOLAS et BOSHOFF, Wn ARR
Verhoor: 12 Mei 1987
Gelewer: 22 Mei 1987
UITSPRAAK BOSHOFF, Wn AR :
Die appellant kom in hoër beroep teen die
doodstraf wat hom opgelê is in die Suid-Oos Kaapse Plaaslike
Afdeling /2
-2-
Afdeling toe hy skuldig bevind is aan die moord op 13 Mei
1985 op Stefanus Beyers de la Rey du Preez (oorledene)
en daar bevind is dat daar geen versagtende omstandighede
aanwesig was nie. Mnr Huisamen, namens die appellant;
betoog dat die verhoorhof gefouteer het deur nie te be-
vind dat daar wel versagtende omstandighede aanwesig
was nie. Hy voer aan dat die verhoorhof misgetas het
in 'n opsig waarna later meer volledig verwys sal word.
Vir die beantwoording van die vraag of daar
wel versagtende omstandighede was, moes die verhoorhof
vasstel of daar omstandighede was wat op die geestes-
vermoëns of die geestestoestand van die appellant
betrekking /3
-3-
betrekking kon gehad het, indien wel, of sodanige om-
standighede hom inderdaad beïnvloed het, en of volgens
die oordeel van die verhoorhof die beïnvloeding sodanig
was dat sy daad daardeur minder laakbaar of verwytbaar
beskou kan word, kyk S v Babada 1964(1) SA 26(A)
27H-28A.
Die appellant was saam met 3 ander beskuldigdes
aangekla. Hy was beskuldigde 4 en die ander 3 beskul-
digdes 1, 2 en 3. Beskuldigde 2 is onskuldig bevind
en /4
-4-
en ontslaan. Die oorledene was 'n plaasbestuurder op
die plaas Brandwag en beskuldigde 3 het 'n huis op die
plaas gehuur. Daar was 'n slegte gevoel tussen die twee
en beskuldigde 3 het ook pogings aangewend om die posisie
van die oorledene op die plaas te ondergrawe aangesien
hy self agter die pos van plaasbestuurder was. Be-
skuldigde 1 is 'n 19 jaar oud swartvrou wat by beskuldigde
3 'n huisbediende was. Beskuldigde 3 het haar gevra om
vir hom iemand te kry om vir die oorledene om die lewe
te bring. Appellant is 'n 22 jaar oud swartman wat
lemoene gepak het by die Kirkwood Kooperasie. Be-
skuldigde 1 het hom genader en na beskuldigde 3 gebring,
Hulle het die Sondagaand voordat die moord op die Maan-
dagoggend /5
-5-
dagoggend gepleeg is in beskuldigde 1 se kamer bymekaar
gekom en al die reëlings is toe getref hoedat die oorledene
die volgende oggend voorgestaan moes word en hoe hy
om die lewe gebring moes word.Daar was aan gedink
om sy huis aan die brand te steek maar hulle het van
hierdie idee afgesien omdat die oorledene honde op sy
werf gehad het en omdat die skade aan die huis groot sou
wees. Daar was daardie tyd onluste in die swartwoon-
buurt en dit was toe besluit dat die oorledene doodgesteek
moes word en dat sy liggaam daarna verbrand moes word;
waarskynlik om die indruk te skep dat die oorledene die
slagoffer van swartonluste was. Appellant wou R20
gehad het vir sy dienste maar beskuldigde 3 het gesê
dat /6
-6-
dat hy hom R30 sal betaal.
Die appellant het die nag in beskuldigde 1
se kamer geslaap. Die volgende oggend is hy vroeg
wakker gemaak en is toe saam met beskuldigde 1 na die
pad waarlangs die oorledene gewoonlik met sy bakkie
ry op pad na die plek waar hy soggens die bokke tel-
Appellant was gewapen met 'n mes en het twee plastieksakke
gehad wat hy oor sy hande moes gehad het om geen vinger-
afdrukke agter te laat nie. Hy het ook sandale aangehad
met gladde sole sodat geen herkenbare spoormerke agter
gelaat word nie. Beskuldigde 1 het saam gegaan met 'n
bottel brandstof wat gebruik moes word om die oorledene
se liggaam te verbrand. Appellant was langs die pad
gewees /7
-7-
toe die oorledene in sy bakkie daar aankom en stilhou
om met die appellant te praat. Die getuienis is nie
duidelik hoe dinge daarna verloop het nie. Appellant
het die oorledene aangeval en verskeie steke met die mes
toegedien en snywonde veroorsaak. Tydens die verloop
van die gebeure het die oorledene twee skote met sy
geweer afgevuur waarvan een vir die appellant in die been
getref het. Die appellant en beskuldigde 1 het nie sover
gekom om die oorledene se liggaam te verbrand nie.
Die bottel brandstof, vuurhoutjies, mes, sandale en twee
plastieksakke is daarna op die toneel van die moord
gevind.Die oorledene is dood aan akute bloedverlies
en het 8 snywonde aan hom gehad.Twee daarvan het deur-
gedring /8
-8-
gedring in die borskasholte in. Daar was 'n 10 cm
snywond in die stygende aorta wat die bloeding veroor-
saak het waaraan die oorledene gesterf het.
Die appellant het verskeie verklarings gemaak in verband met sy betrokkenheid by die moord. Die eerste verklaring het hy op 17 Mei 1985 aan Kaptein Goosen in die hospitaal in Uitenhage gemaak. Op 17 Mei 1985 het hy 'n verklaring aan landdros van Rooyen gemaak. Op 6 November 1985 het hy saam met die ander beskuldigdes voor landdros Willen in die landdroshof in Kirkwood verskyn ingevolge artikel 119 van die Strafproseswet nr 51 van 1977 en onskuldig gepleit. As pleitverduide-liking het hy weer 'n verklaring afgelê. Met die verhoor
van /9
-9-
van die saak op 3 Februarie 1986 het die appellant weer
onskuldig gepleit en 'n verklaring in gevolge art 115(1)
van laasgenoemde wet ingehandig. Na afloop van die
Staatsaak het die appellant self getuienis afgelê en
is gekruisvra deur die advokate van beskuldigdes 1 en 3
asook die advokaat van die Staat.
In sy uitspraak het die verhoorhof bevind dat
daar 'n ooreenkoms tussen die appellant en beskuldigde 3
was dat appellant die oorledene moes doodmaak en verder
dat die appellant uiteindelik gedoen het wat hy onderneem
het om te doen. Hy is gevolglik skuldig bevind aan
moord.
Die /10
-10-
Die appellant het nie self getuienis ter
strafversagting afgelê nie maar gesteun op die getuienis
van Margaret Jeannie Windsor, 'n interne kliniese siel-
kundige van die Donkin hospitaal op Port Elizabeth.
Sy het 'n B A honneursgraad in sielkunde en studeer nog
vir 'n M A graad in sielkunde. Sy het ongeveer 8 maande
se praktiese ondervinding as 'n interne kliniese-siel-
kuiidige in die Donkin hospitaal gehad. Sy is gevra
om die intelligensievlak van die appellant te bepaal
en het hom vir sowat 'n uur lank gesien en sekere toetse
gedoen. Sy het sy intelligensiekwosiënt op 50 vasgestel
wat toon dat hy n intellektuele ontwikkeling van 'n kind
van 7 tot 9 jaar het. Dit beteken dat hy effens tot
matig /11
-11-
matig vertraag is. Volgens haar maag dit vir hom moeilik wees om die volle implikasies van feitlik enige situasie te begryp. Dit sou gevolglik meebring dat hy minder in staat is as die gemiddelde persoon om beslissings te neem. Weens drukte van tyd kon sy haar bevindings nie kontroleer met bykomende inligting verkry van 'n familielid van die appellant nie. Sy kon slegs die appellant se moeder, tante en oupa vir 'n paar minute spreek. Volgens hulle is hy ietwat vertraag. Sy het ook nie insae tot al die verklarings wat die appellant gemaak het, gehad nie. Sy het verder verduidelik dat dit nie vir haar nodig was om van 'n tolk gebruik te maak nie omdat sy bloot meganiese toetse toegepas het en dit
nie /12
-12-
nie nodig was om met die appellant te kommunikeer nie.
Toe die verklarings aan haar gestel is, het sy toegegee
dat die uur wat sy met die appellant gehad het miskien
nie lank genoeg was om die appellant se verstandsvermoë
na behore aan te slaan nie.
In sy uitspraak ten opsigte van versagtende
omstandighede het die verhoorregter aanvaar dat Mev
Windsor haar opregte menings uitgespreek het maar be-
vind dat haar menings nie strook met wat die verhoorhof
self in die hof tydens die verhoor waargeneem het en
wat uit die appellant se dade en die verklarings wat
hy van tyd tot tyd gemaak het, blyk nie. Hy het nie
toe hy getuienis afgelê het en sover geoordeel kon word
uit /13
-13-
uit sy verklarings, enige mate van dwaasheid aan die
dag gelê nie soos verwag sou word van 'n persoon met so
'n lae intelligensie as wat 'n intelligensiekwosiënt
van 50 mag aandui nie. Sy antwoorde op vrae in die hof
was stadig maar duidelik en sy verklarings buite die hof
was ook duidelik.
Mnr Huisamen het betoog dat die verhoorhof
misgetas het deur nie meer gewig aan die getuienis
van mev Windsor te heg nie.Volgens hom is haar getuie-
nis en haar gevolgtrekkings 'n belangrike en deurslag-
gewende oorweging wanneer geoordeel moet word of die
appellant se ongeletterdheid, lae intelligensie en
intellektuele vermoëns, geestelike onvolwassenheid en die
moontlike /14
-14-
moontlike invloed wat beskuldigdes 1 en 3 op appellant gehad het, op
versagtende omstandighede kon neerkom al dan nie. Hy het toegegee
dat die
appèl nie kan slaag as bevind word dat die verhoorhof nie misgetas het
ten opsigte van mev Windsor se getuienis nie.
Dit blyk duidelik uit die getuienis en die
verduideliking van mnr Huisamen hoe dit gekom het dat
mev Windsor op die toneel gekom het, dat sy die appellant
nie onder psigiatriese observasie gehad het nie en dat
sy bloot net verstandstoetse op hom uitgevoer het.
Die toetse het afgehang van sy eie reaksies en optrede.
Sy het toegegee dat sy eintlik meer tyd nodig gehad
het om sy verstandsvermoëns behoorlik aan te slaan.
Die /15
-15-
Die verhoorhof, daarenteen, het die geleentheid
gehad om hom te sien en te hoor getuig en vrae beant-
woord, en ook sy verskillende verklarings gelees waarin
hy rnet sy betrokkenheid in die saak handel. Hy het
op elke geleentheid 'n samehangende relaas gegee en
verweer probeer openbaar. Die verhoorhof het sy ge-
tuienis verwerp. Mev Windsor was gevolglik nie in die
selfde gunstige posisie as die verhoorhof om te kon
bepaal of die appellant wel so 'n lae verstandsvermoë
gehad het waarop mev Windsor hom aangeslaan het nie.
Na my oordeel het mnr Huisamen nie daarin
geslaag om aan te toon dat die verhoorhof misgetas
het /16
-16-
het deur nie meer gewig aan mev Windsor se getuienis
te heg nie.
Die appèl word gevolglik van die hand gewys
WAARNEMENDE APPËLREGTER
HEFER , AR)
stem saam NICHOLAS, Wn AR)