South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 64

| Noteup | LawCite

S v Magongo (26/86) [1987] ZASCA 64; [1987] 2 All SA 342 (A) (2 June 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak nr 26/86 /MC

DIE STAAT

- en -
MPHUMELELO MAGONGO JANSEN AR.

Saak no 26/86 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

DIE STAAT Appellant

- en -

MPHUMELELO MAGONGO Respondent

Coram: JANSEN, VILJOEN, GROSSKOPF ARR et

BOSHOFF, KUMLEBEN Wn ARR.

Verhoor: 22 Mei 1987.

Gelewer: 2 JUNIE 1987.

UITSPRAAK

JANSEN AR /......
JANSEN AR:-

Die respondent is in die Rondgaande Hof

te Nelspruit deur 'n regter en twee assessore verhoor op o a 'n aanklag van moord van 'n tweejarige seuntjie wat hy aan die bene gegryp het, geswaai het en teen 'n lae muurtjie geslaan het.Twee ooggetuies, Kesiah Mashele en Jobe Myburgh, het aan die hof die noodlot= tige aanranding beskryf; die beskuldigde (respondent )
wat onskuldig gepleit het, het ook getuig. Hy het o a

daarvan melding gemaak dat hy nie alles van die gebeure

kan onthou nie, dat hy die betrokke oggend "muti" afkom= stig van 'n toordokter gedrink het en dat hy aan vallende siekte ly maar dat hy nie op die betrokke oggend 'n aanval gehad het nie. Aan die einde van die beskuldigde se

saak /

3.

saak het die hof in sy uitspraak die getuienis uiteen= gesit en ontleed en toe soos volg voortgegaan :-

"Nou is die vraag wat gevra moet word of die beskuldigde toerekeningsvatbaar was toe hy die daad gepleeg het? Want as iemand nie toerekeningsvatbaar is nie dan kan die Hof hom nie skuldig bevind aan 'n misdaad nie. Nou is dit vir ohs duidelik dat wat hier gebeur het geensins die normale optrede van 'n normale persoon is nie. Die beskuldigde het op 'n doodge= wone normale wyse daar aangekom en sy familie gegroet, maar hy vat hulle en dwing in die huis in en hy sluit die deur

en hy begin daarbinne vuurhoutjies trek wat

hy in sy mond steek. Hy gee geen verduide=

liking daarvoor nie. Hy brand 'n stuk koerant of hy brand koeverte. Hy trek 'n stof jas aan. Hy gooi twee slapende kinders deur die venster sonder dat hy enigsins uitgelok is. Hy jaag sy familielid Jobe deur die venster sonder enige rede. Hy gee geen verduideliking daarvoor nie. Hy gooi die kerkstok deur die venster en sonder enige rede jaag hy Jobe met die kerkstok Hy kom buitekant, jaag die kinders, en hy gryp

die /....

4.

die kleintjie beet wat hy doodslaan. Die kleintjie het aan hom niks gedoen nie. Daar is geen rede vir hierdie aanval nie en daar is geen verduideliking voor ons waarom hy soiets sal doen nie.Dit is nie die optrede van 'n persoon wat normaal is nie. Dit is uiters abnormale optrede en dit kan alleen verduidelik word as 'n mens aanvaar dat die beskuldigde kranksinnig was toe hy dit gedoen het. Ons bevind dus dat dit bewys is dat die beskuldigde ontoerekeningsvatbaar was toe hy hierdie daad gepleeg het en in die lig van hierdie bevinding kan ons nie die beskuldigde skuldig vind aan moord nie. Ons is in die lig van hierdie bevinding verplig om hom te verwys na Weskoppies Hospitaal sodat hy daar aangehou word hangende die beslissing van die Staats= president. Die bevinding is dus:

Ooreenkomstig artikel 78(6) van die Straf= proseswet dat die beskuldigde toe hy die handeling verrig het nie vir die handeling strafregtelik toerekenbaar was nie en dat hy onskuldig bevind word vanweë 'n geestes= ongesteldheid of geestesgebrek en dit word gelas dat hy in 'n hospitaal vir sielsiekes, te wete Weskoppies, aangehou word hangende die beskikking van die Staatspresident."

Blykbaar /

5.
Blykbaar het die hof mero motu die vraag gestel en beantwoord, sonder 'n aansoek deur òf die Staat òf die beskuldigde.
Die Staat (appellant) opper voor ons wesenlik die regsvraag of die bevel van die verhoorhof geldig was aangesien die hof nie eers ingevolge art 78(2) gelas het dat die aangeleentheid van die beskuldigde se toerekenings= vatbaarheid "ooreenkomstig die bepalings van artikel 79 ondersoek en oor verslag gedoen word" nie. Die verhoorhof het klaarblyklik bevind dat die respondent ten tyde van die doodslag gely het aan 'n "geestesongesteldheid of geestes= gebrek" soos deur art 78(1) bedoel, en dit is ook nie voor ons aangevoer dat enige ander grond van ontoereke=
ningsvatbaarheid ter sprake was nie. (Vgl S v Chretien

1981 /

6.

1981(1) SA 1097(A), 1106 F-G; S v Bailey 1982(3) SA 772(A), 796 C; S v Campher 1987(1) SA 940{A), 955 A-C, 965H-966D; S V Arnold 1985(3) SA 256(K)).

Soos genoem in S v Mogorosi (1979(2) SA 938(A), 941 G) word die voorskrif in art 78(2) van die Straf= proseswet 1977 gebiedend gestel:-

"Indien dit by strafregtelike verrigtinge beweer word dat die beskuldigde vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie vir die ten laste gelegde misdryf strafreg=

telik toerekenbaar is nie, of indien dit vir

die hof by strafregtelike verrigtinge blyk

dat die beskuldigde vanweë so 'n rede nie aldus toerekenbaar mag wees nie, gelas die hof dat die aangeleentheid ooreenkomstig die bepalings van artikel 79 ondersoek en oor verslag gedoen word."

Uit art 79 (1) blyk dit o a dat in die geval van 'n lasgewing ingevolge art 78(2), waar die beskuldigde aangekla word

weens /

7.

weens 'n misdryf waarvoor die doodstraf opgelê kan word, 'n geneeskundige superintendent van 'n hospitaal vir sielsiekes deur die hof aangewys (of 'n psigiater deur bedoelde superintendent op versoek van die hof aangestel), asook 'n psigiater wat nie in die heeltydse diens van die Staat is nie (ook deur die hof aangewys) ondersoek moet instel en skriftelik verslag aan die hof. moet doen. Minstens twee deskundiges is dus ter sprake. Ook 'n derde moet bykom as die beskuldigde verlang om self ook 'n psigiater aan te stel (en dié sal uit staatsgelde vergoed word as hy nie heeltyds in diens van die Staat is nie). Hieruit blyk met watter erns die Wetgewer 'n bevinding ingevolge art 78(6) bejeën. Dit is begryplik

aangesien / ....

7(a)

aangesien 'n bevinding van ontoerekeningsvatbaarheid

ernstige gevolge kan hê: vir die Staat, dat moontlik

'n misdadiger verkeerdelik onskuldig ingevolge art 78(6)

bevind word; en vir die beskuldigde, dat hy moontlik

onbepaald aangehou kan word ingevolge 'n bevel kragtens

daardie subartikel. Hiermee is nie te versoen dat 'n hof

'n bevinding ingevolge art 78(6), nl dat 'n beskuldigde

"vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek" ontoe=

rekeningsvatbaar /

8.

rekeningsvatbaar is, sonder die hulp van psigiatriese

getuienis sou kon maak nie. (Vgl ook S v Mahlinza 1967

(1) SA 408(A), 417 F-H. ) Dit verskerp ook die indruk

geskep deur die gebiedende woorde in art 78(2) dat die

navolging van die voorgeskrewe prosedure en verkryging

van die voorgeskrewe verslae van die psigiaters wesenlike

voorvereistes is vir die uitbring van 'n bevinding en

uitreiking van 'n bevel ingevolge art 78(6). Dit volg

dat by ontstentenis van die voorvereistes 'n sodanige

bevinding en bevel nie geldig sal wees nie.

Daar moet egter nog op die volgende gewys word,

In die onderhawige geval is die beskuldigde aanvanklik

in die landdroshof van strafbare manslag aangekla en in

die loop van die verhoor het die landdros reeds die

beskuldigde /.....

9.

beskuldigde ingevolge art 78(2) vir observasie

verwys ten einde die beskuldigde se toerekeningsvat=

baarheid ten tyde van die doodslag te laat ondersoek

'n Enkele psigiater het verslag gedoen. Hy was ver=

keerdelik onder die indruk dat die verwysing van die

beskuldigde ingevolge art 77(1) geskied het en hy het

verslag gedoen dat "tydens die tydperk van observasie

was daar geen teken van psigiatriese siekte nie" en

dat die beskuldigde "in staat is om die betrokke

hofverrigtinge dermate te begryp dat hy sy

verdediging na behore kan voer"; oor die kwessie

van toerekeningsvatbaarheid ten tyde van die doodslag

het hy bondig gesê "as gevolg van gebrekkige

inligting /.....

9(a)

inligting is dit nie moontlik om 'n opinie uit te

spreek oor die beskuldigde se geestestoestand

ten tye van die beweerde misdaad nie". Daarna

het die Prokureur-generaal die verhoor ingevolge

art 123(b) in 'n voorlopige ondersoek omgeskep en die

verhoor van die beskuldigde in die Rondgaande Hof op

'n aanklag van moord het daarop gevolg. Die verslag van

die psigiater is by die verhoor ingehandig. Of dit wel

toelaatbare getuienis' was aldan nie, hoef nie nou

bespreek /...

10

bespreek te word nie. wat wel duidelik is, is dat

hierdie verslag, 'n verslag van 'n enkele psigiater,

hoegenaamd nie voldoen aan die vereistes van art 79(1)

(b) nie. Bowendien kon die inhoud van die verslag

nie juis iets tot die oplossing van die vraag voor die

verhoorhof bydra nie: die psigiater sê uitdruklik dat

dit nie vir hom moontlik was om hieroor 'n opinie uit

te spreek nie.

Aangesien dit vir die verhoorhof geblyk het

dat die beskuldigde vanwee "kranksinnigheid" (d w s

geestesongesteldheid of geestesgebrek) nie toereke=

ningsvatbaar was nie en dit nogtans nie die prosedure

deur art 78(2) voorgeskryf gevolg het nie, was dit nie

by magte om 'n bevinding ingevolge art 78(6) uit te

bring /.....
11
bring nie of om 'n gevolglike bevel.te maak nie.

Die appèl slaag en die volgende bevel word

uitgereik: (1) Die bevinding dat die beskuldigde

ontoerekeningsvatbaar was ten tyde van die handeling

hom ten laste gelê, asook die gevolglike lasgewing,

word ter syde gestel; (2) Die saak word na die

verhoorhof terugverwys sodat die prosedure voorgeskryf

in art 78(2) van die Strafproseswet 1977 gevolg kan

word.

E L JANSEN AR.

VILJOEN AR)

GROSSKOPF AR) Stem saam

BOSHOFF Wn AR)

KUMLEBEN Wn AR)