South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 76

| Noteup | LawCite

S v Sallem (170/1986) [1987] ZASCA 76 (26 August 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 170/1986

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

In die saak tussen:

STANLEY SALLEM Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: CORBETT, VILJOEN ARR et STEYN WN AR

VERHOORDATUM: 21 MEI 1987 LEWERINGSDATUM: 26 Augustus 1987

UITSPRAAK

/STEYN WN AR ...

2.

STEYN WN AR:

Dit gaan hier oor regterlike ongeduld en die kwade gevolge daarvan- Appellant, 'n kleurlingman van die Kaap, het op 31 Januarie 1984 in 'n Johannesburgse landdroshof tereggestaan op 'n aanklag dat hy op 14 Feb= ruarie 1983 in kamer 2109 van die Carlton Hotel, Johan= nesburg, ter oortreding van art 2 (a) van Wet 41 van 1971 handel gedryf het in 6 724 tablette bevattende metakaloon, ('n verbode afhanklikheidsvormende medisyne). Hierdie soort tablette is algemeen bekend as Mandrax. Appellant het onskuldig gepleit. Aanvanklik het hy in persoon opgetree 2aar later gedurende die loop van die verhoor is hy agtereenvolgens verdedig deur twee advokate, mnre Duvenhage en Roux en deur 'n prokureur, mnr Goldstein. Op 2 Februarie 1984 is hy skuldig bevind soos aangekla en gevonnis tot 7 jaar gevangenisstraf.

Hy het aanvanklik teen sy skuldigbevinding en vonnis geappelleer na die Transvaalse Provinsiale Afdeling

/van ...

3.

van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, maar het later sy kennisgewing van appèl gewysig. Daarin het hy sy appèl teen. die vonnis laat vaar maar die gronde van dié teen skuldigbevinding uitgebrei. Die aangevulde gronde was toe soos volg:

"1. Die Agbare Landdros het fouteer deur te bevind dat die getuienis van LESKE vol= doende was om die Appellant met die pleging van die misdaad te verbind.

2.Die Agbare Landdros het fouteer deur te bevind dat die getuienis van LESKE, as enkel getuie, bevredigend was in alle wesenlike opsigte.
3.Die Agbare Landdros het fouteer deur:

(a) Appellant nie voldoende geleentheid
te gun om 'n regsverteenwoordiger

behoorlik aan te stel nie;

(b) Appellant nie voldoende geleenheid

te gun om sy verdedeging voor te berei nie;

(c) Appellant se regsverteenwoordiger

nie die geleentheid te gun om getuie LESKE behoorlik te kruisverhoor nie;

(d) Appellant nie toe te laat om getuies

te herroep nie;

(e) Appellant nie by te staan met die
verdediging van sy saak nie.

4. Die Agbare Landdros het onreëlmatig opge=

/tree ...

4.

tree deur die arena te betree en daardeur sy vooroordeel teenoor Appellant te betoon.

5.Die Agbare Landdros het fouteer deur Appel= lant nie die geleentheid te gun om met des= kundiges te konsulteer om die getuienis van SQUIRE te probeer weerlê nie.

6. Die Agbare Landdros het fouteer deur die
getuienis van SQUIRE te aanvaar as voldoende
bewys van die teenwoordigheid van metakaloon
in die tersaaklike tablette."

Die appèl is aangehoor en afgehandel op 22 Okto= ber 1984. In die beredenering daarvan het mnr Strydom,wat daar sowel as hier namens appellant opgetree het, hom be= paal by die onreëlmatigheidsgronde en die meriete nie be= handel nie. Die rede daarvoor blyk uit die volgende pas= sasie in die uitspraak van GROSSKOPF R:

"Wat die appèl teen die skuldigbevinding betref, hoef ek nie veel te sê nie. Mnr Strydom het trouens toegegee dat bp die oorkonde, soos dit staan, dit voorkom asof die appellant tereg skuldig bevind is. Hy het egter betoog dat as die onreelmatighede nie voorgekom het nie, en die appellant behoorlik deur 'n regsverteen= woordiger bygestaan was, die oorkonde moontlik heelwat anders mag gelees het, en dit mag ge= blyk het dat die appellant inderdaad nie skuldig is nie."

/Maar ...

5
Maar die appèl het uiteindelik tog op die rif van die meriete gestrand want in weerwil daarvan dat die Hof a quo appellant grootliks gelyk gegee het op die on= reëlmatighede is bevind dat geregtigheid weens die meriete nietemin geskied het. Die uitspraak in daardie verband lui so:

"Die probleem wat die appellant, myns insiens, in die onderhawige saak het, is dat hy self deurgaans die wesentlike feite waaruit sy medepligtigheid blyk, erken het, en dit eint= lik reeds op 'n vroeë stadium van die saak. Gedurende sy kruisondervraging van die getuie Leske stel die appellant self die volgende vraag en kry hy die verlangde antwoord daarop op bladsy 29:

'Is dit korrek dat ek u voorgestel het
aan die verkoper van hierdie Mandrax-
tablette? Korrek.

Na sluiting van die Staatsaak, en nadat die landdros vir die eerste maal aan die appellant sy regte met betrekking tot die aflê van ge= tuienis verduidelik het, en voordat mnr. Duven= hage nog op die toneel verskyn het, maak die appellant die volgende ongevraagde toegewings op bladsy 42:

"Now, do you want to give evidence or do

/you ...

6.

you want to remain silent? I rather

remain silent, because there is nothing that I can say. All what they said, is they told the right story.

So are you satisfied that they all told

the truth? What they said, yes it

was the truth.'

In hierdie omstandighede is ek gevolglik van mening dat geregtigheid, ten spyte van die on= reëlmatighede waarna ek verwys het, wel geskied het.Na my mening moet die appèl gevolglik van die hand gewys word en die skuldigbevinding en vonnis bekragtig word."

Ek kom later terug na hierdie aspek.

Verlof om verder na hierdie Hof te appelleer is deur die Hof a quó onmiddellik na afwysing van die appèl verleen op die volgende gronde:

"1. Die Agbare Regters het fouteer deur te

bevind dat die Agbare Landdros korrek die aansoeke vir uitstel deur Appellant en sy regsverteenwoordigers geweier het wat daartoe gelei het dat Appellant nie aan= vanklik regsverteenwoordiging gehad het nie.

2.Die Agbare Regters het fouteer deur nie te bevind dat die gemelde weiering tot uitstel 'n growwe onreëlmatigheid was wat

/Appellant ...

7.

Appellant uitermatiglik benadeel het nie.

3.Hoewel die Agbare Regters korrek bevind het dat die Agbare Landdros onreëlmatig opgetree het, deur nie (a) Appellant se regsverteenwoordiger voldoende tyd te gee om te konsulteer nie; (b) Appellant se regsverteenwoordiger geleentheid te gee om volledig te kruisondervra nie; en (c) Appellant die geleentheid te gee om die deskundige getuie se getuienis behoorlik te toets nie, het die Agbare Regters fouteer deur nie te bevind dat hierdie onreëlmatighede Appellant benadeel het in so 'n mate dat daar nie geregtigheid ge= skied het nie.
4.Die Agbare Regters het met respek fouteer deur nie te bevind het dat die selferkende kruisondervraging deur die Agbare Landdros nie 'n onreëlmatigheid is wat veroorsaak het dat geregtigheid nie geskied het nie.
5.Die Agbare Regters het met respek verkeer=

delik nie die skuldigbevinding tersyde ge= stel, alternatiewelik, tot niet gemaak nie,

6. Die Agbare regters het verder fouteer deur
te bevind dat Appellant as gevolg van sy
eie bewerings tydens die verhoor in elk
geval skuldig is en dat geregtigheid in
ieder geval geskied het."

Die volgende persone was direk by die saak be=

trokke:

/d) ...
8
(1)Appellant, wat destyds 'n 36-jarige musiekonder=

wyser was en ongeveer R200 per maand verdien het
deur vir eie voordeel onderrig te gee. Hy is getroud; sy vrou het toe ook gewerk en R100 per maand verdien. Hulle het toe reeds vyf kinders gehad.
(2) Willie Martin Leske, 'n Kaapse voedselsmous wat
'n polisie-beriggewer was. In die onderhawige
geval was hy ook 'n polisie lokvink wat opgetree
het as "koper" van die Mandrax tablette en hom=
self onder die skuilnaam van "Martins" aan appel=
lant voorgestel het.
(3)Hans Schafheute (Hansï, 'n Duitser, wat die verkoper van die tablette was.
(4)Law Kong Gee Pong, 'n Chinees, wat die ver= skaffer van die tablette was en met Hans saam= gewerk het.

/Die ...

9.

Die Staat se saak teen appellant was dat hy vir Leske en Hans aan mekaar voorgestel het, aanvanklik per telefoon te Kaapstad en daarna persoonlik te Johannesburg. Die bewering teen hom was dus slegs dat hy as tussenganger by die transaksie betrokke was.

Die ander vier persone wat ook betrokke was by die saak was almal lede van die Suid-Afrikaanse Polisie, te wete, speurder adjudant-offisiere Slabbert van die Narkotikaburo (SANAB), Kaapstad, en Welgemoed van SANAB Johannesburg, kaptein Bornman,en luit Squire van die Forensiesewetenskap-laboratorium, Pretoria. Almal van hulle behalwe kapt Bornman, het tydens die verhoor getuig, Slabbert en Welgemoed namens die Staat. Die landdros het luit Squire geroep om te getuig ter aanvulling van sy beëdigde verklaring oor die aard en samestelling van die tablette.

Oorspronklik was appellant gesamentlik met Pong en Hans en 'n sekere Sotirakis aangekla. Pong was die

/eerste ...

10.

eerste beskuldigde, Hans die tweede, appellant die derde en Sotirakis die vierde.

By die beredenering van die appèl voor hierdie Hof was die partye dit eens dat die verloop van die ver= rigtinge in die landdroshof korrek uiteengesit is in die uitspraak van GROSSKOPF R. Daardie uiteensetting lui soos volg:

"Die vier beskuldigdes het die eerste maal op 17 Februarie 1983 voor 'n landdros in Johan= nesburg verskyn. Volgens 'n nota in die lêer is die saak op daardie dag na 29 April 1983 vir verdere ondersoek uitgestel- Die uitstel was dus op versoek van die Staat. Op 29 April 1983 het die appellant in persoon verskyn, ter= wyl die ander drie beskuldigdes deur prokureurs verteenwoordig was. 'n Nota op die lêer toon aan dat die saak op daardie dag uitgedruk is en dat die saak toe na 29 Junie 1983 uitgestel is. Weer eens was die uitstel dus nie aan die be= skuldigdes te wyte nie. Op 29 Junie 1983 het die appellant weer in persoon verskyn, terwyl die ander drie beskuldigdes deur prokureurs verteenwoordig was. Die rede vir hierdie verdere uitstel blyk nie uit die stukke wat aan my voorgelê is nie, maar daar is geen aanduiding dat die uitstel aan die appellant te wyte was nie. Volgens 'n aantekening op die lêer was die appellant in persoon teenwoordig, maar is dit

/moontlik ...

11.

moontlik dat beskuldigde 2 nie teenwoordig was nie, want sy naam is op 'n stadium in die hof uitgeroep. Dit blyk verder nie duidelik na watter datum die saak toe uitgestel is nie, maar wat wel vasstaan is dat die saak weer op 28 November 1983 voorgekom het. Op daardie dag het die Staat die saak teen beskuldigdes

1en 4 teruggetrek en gemeld dat beskuldigde 1 as Staatsgetuie gebruik gaan word. Die aan= klaer het verder aangedui dat die Staat nie op daardie stadium gereed was om met die saak voort te gaan nie, vermoedelik omdat die aan= klaer nog met beskuldigde 1 wou konsulteer. Daar is geen aanduiding wanneer die Staat ge= reed sou wees om voort te gaan nie en die staatsaanklaer het ook geen beswaar teen 'n uit= stel geopper nie. Dit blyk dat beskuldigde 2 se advokaat toe om 'n uitstel gevra het. Na 'n lang diskussie tussen die landdros en die advokaat vir beskuldigde 2 is die appellant ge= vra of hy ook 'n uitstel wil hê. Die appellant het toe te kenne gegee dat hy ook vir 'n uitstel vra sodat hy 'n prokureur kan aanstel. Die saak is toe na 31 Januarie 1984 uitgestel en die landdros het die appellant en beskuldigde
2gewaarsku dat dit 'n finale uitstel sou wees. 'n Mens het begrip vir die landdros se besorgd= heid dat die saak toe reeds so lank gesloer het, maar dit moet nie uit die oog verloor word nie dat die meeste uitstelle tot op daardie stadium aan die Staat en die vol hofrolle te wyte was. Die appellant was in ieder geval tot op daardie stadium nie verantwoordelik vir enige uitstel nie. Die verdere uitstel op 28 November was

in die eerste instansie ook nie deur die appellant

/aangevra ...

12.
aangevra nie, maar hy het hom wel met die uit=
stel vereenselwig.
Op 31 Januarie 1984 was beskuldigde 2 nie
teenwoordig nie en is daar 'n lasbrief vir sy
inhegtenisname gelas. Die appellant het toe
weer uitstel gevra, maar die landdros het die
saak tot 1lhl5 dieselfde dag laat afstaan. Dit
het naamlik geblyk dat die appellant, wat in
Kaapstad woonagtig was, eers die vorige dag in
Johannesburg aangekom het en toe vir die eerste
maal 'n prokureur aangestel het. Om 11h15 was
daar slegs 'n prokureursklerk in die hof teen=
woordig en het die appellant weer vir uitstel
gevra sodat hy 'n advokaat kon aanstel. Die
Staatsaanklaer het die aansoek om uitstel teen=
gestaan en die landdros het die appellant se
aansoek om 'n uitstel geweier. Die landdros
het daarop gewys dat die appellant die landdros
se waarskuwing by die vorige uitstel geïgnoreer
het, en, volgens die landdros het die appellant
se versuim om betyds 'n prokureur aan te stel
getoon dat die appellant nie regrig bedoel het.
om 'n prokureur te kry nie.
Daar is daarna 'n skeiding van verhore ge=
las en die saak teen die appellant het voortge=
gaan. Na verskeie verdere onsuksesvolle aan=
soeke om uitstelle deur twee advokate en 'n

prokureur is die appellant op 2 Februarie 1984
aan 'n oortreding van Artikel 2 (a) van Wet 41
van 1971 skuldig bevind en tot sewe jaar ge=

vangenisstraf gevonnis...."
Die uiteensetting deur die Hof a quo word hier deur my

onderbreek om die wyse waarop die verrigtinge op 28

/November ...

13.

November 1983 verloop het in groter besonderheid te skets. Hans (besk no 2) was destyds verteenwoordig deur adv Joseph wat op 'n laat stadium opdrag ontvang het om sy verdediging waar te neem.

Mnr Joseph se aansoek om 'n uitstel het gegaan oor nadere besonderhede tot die klagtestaat wat kort te vore van die Staat aangevra was maar nog nie verskaf was nie. Die landdros se houding was dat die beskuldigde en/of sy prokureur nalatig was deur só met'die versoek te talm. Die kwessie van 'n ondersoek na sulke moontlike nalatigheid was toe bespreek en volgens die notule het sake daarna soos volg tussen mnr Joseph en die landdros verloop:

"But you must give the Court the facts

If your Worship wants me to go and investi=
gate that, I will investigate that, but I
don't believe for one moment sir, with the
utmost respect

I am not interested in what you believe

Mr Joseph. I want the facts. Let me

make my submission to your Worship, it is a simple submission. It is that my experience

/in

14.

in these courts, I am not talking about my experience in front of your Worship, and I do not mean to be facetious or anything, but I am involved in a matter now ...

If you try that, there will be difficul=

ties. I am involved in a matter now,
a far more serious matter than this, where something like 15 witnesses have been called by the State over a period of 18 months and that case is not yet concluded. I am getting no oppositíon from the State, I am getting no opposition from the police officers and the only opposition with respect, comes from your Worship. Your Worship is motivated by the fact that your Worship must see that matters that come before your Worship are dealt with as expeditiously as possible. Here we have a man, who faces the prospect of not less than

Mr Joseph, please. The case will stand
down until ¼ past 11, so that you can get
those facts the Court wants. The law makes it
very clear that the discretion is in the
Court's hands to decide whether a remand will
be granted or not, and not in the State's hanads,
and not in the hands of the investigating of=
ficer, and not in the hands of the advocate or
attorney, and that is all- The Court will
give you a remand if the Court feels that it is
justified in this case. If you cannot justify
it, the Court will refuse it and if you then
withdraw, the Court will go on without Counsel
or without an attorney and then you can appeal
on those grounds. You know what your rights
are. As your Worship pleases."

/Na

15.
Na afhandeling van mnr Joseph se betoog het die

landdros hom na appellant gewend. Daarna het hy dié
twee beskuldigdes se versoeke om uitstel soos volg afge=
handel:

"COURT TO ACCUSED NO 2: It seems to me that this application for the particulars was only done to get a remand, that is how it seems to the Court. And it also seems as if the attor= ney could have had another appointment, and he then gave the Counsel instructions to appear to get out of his problems. But of course the Court is not sure, that you are negligent in this case. The Court will grant this application.
But the Court wants to make it clear now . that ... on the next hearing the case will pro= ceed. And if your Counsel is not ready by then, if you change attorneys or change Counsel again in the interim, the Court will just excuse that attcrney or excuse that advocate and will go on without cne. You must be ready to prcceed.
COURT TO ACCUSED NO 3: . You are in the same
position. Yes.
This application of yours to get an attor= ney seems to me to be done just to stretch out the case unnecessarily, because if a person really wanted to get an attorney in 10 months, he would have been able to do so. And you must realise that this is the final remand.

/If...

16.

If your attorney or counsel is not available next time, the Court will proceed without him. So if you see an attorney or if you see coun= sel, you must tell him that the Court said the case will proceed on that day and he must not come and tell the Court he is not available or he is not prepared, it will not help him at

all- Do you understand this? Yes

My Lord, I don't wish to be here all day."

Dit moet nie uit die oog verloor word nie dat die landdros hierdie houding teenoor die beskuldig= des ingeneem het nadat die Staat reeds te kenne gegee het dat dit nie in staat was om met die saak te begin nie en geen indikasie gegee het wanneer dit sou kon voortgaan nie.

Ek gaan nou voort met die uiteensetring deur die Hof a auo.

/"Nadat ...

17.

"Nadat die landdros die appellant se aansoek om uitstel op 31 Januarie 1984 geweier het, het die verhoor voortgegaan en het die Staat sy saak later gesluit. Op die stadium toe die appellant die geleentheid gegee is om self te getuig, het hy gedurende die etensverdaging tyd gehad om daaroor na te dink of hy self getuienis wou aflê. Na die verdaging het 'n advokaat, mnr Duvenhaqe, namens die appellant verskyn. Mnr Duvenhaqe het weer eens aansoek om uitstel gedoen, maar daardie aansoek is soos die vorige een ge-weier. Die hof het toe verdaag sodat mnr Duvenhage instruksies kon kry. Terwyl mnr Duvenhage nog besig was om met die appellant te konsulteer, het die landdros weer teruggekeer na die hof. Mnr Devenhage het toe aansoek gedoen dat die enigste getuie van die Staat wat die appellant met die pleging van die misdaad verbind het, naamlik ene Willie Leske, herroep word vir verdere kruis-ondervraging. Die landdros wou weet hoekom die getuie herroep moes word, aangesien die appellant reeds die ge-leentheid gehad het om die getuie te kruisondervra. Dit blyk uit die oor-konde dat die appellant inderdaad net drie vrae aan die getuie gestel het. Mnr Duvenhage het verduidelik dat hy, in die tyd tot sy beskikking, nie in staat was on behoorlike instruksies van die appellant te kry nie. Die landdros het egter beslis dat mnr Duvenhage sonder verdere vertraging moes voortgaan met sy kruisondervraging van die getuie Leske

indien/...

18.

indien hy hom wou kruisondervra. Aangesien Leske van Kaapstad afkomstig was, en hy die volgende dag terug moes wees vir sy besigheid in die Kaap, het die landdros verder beslis dat die kruis-ondervraging van die getuie Leske daar-die dag afgehandel moet word, al 'sit ons tot 20h00 vanaand'.

Die landdros se benadering in hierdie ver-band blyk uit die volgende passasie op bladsy 54 van die oorkonde:

'En as die beskuldigde nie grof
nalatig was nie, dan het ons met
die getuie klaargemaak en kon hy
teruggegaan het Kaap toe, maar nou
word die getuies benadeel omdat die
beskuldigde grof nalatig was.'

Die landdros het verder aangedui dat die saak in ieder geval die volgende dag sou aangaan en dat enige ander staatsgetuies dan herroep sou moes word vir verdere kruisondervraging, ondanks die feit dat mnr Duvenhaqe te kenne gegee het dat hy nie die volgende dag beskikhaar was nie. Hoewel mnr Duvenhage aan die landdros gesê her dat hy nie volledige instruksies kon kry "van die appellant nie, wou die landdros weet presies waaroor die kruisondervraging van die getuie Leske sou gaan, en het die landdros soos volg op bladsy 57 opgemerk:

'Want die hof gaan nie toelaat dat u van A tot Z kruisverhoor nie, want die beskuldigde het 'n geleentheid gehad van kruisverhoor. Die Hof

sal/ ...

19.

sal spesifieke gedeeltes toe-laat'.

Die Hof het toe aan mnr Duvenhage gesê dat die verdere kruisondervraging van die getuie Leske dadelik moet voortgaan, en as die advokaat nie gereed is nie, moet hy onttrek, Toe die getuie Leske daarna deur Mnr Duvenhage onder kruis= verhoor geneem is, het die landdros gedurig tussenbeide getree en verskeie male beslis dat vrae nie toëlaatbaar was nie. Die landdros se houding blyk byvoorbeeld uit die volgende opmerkings van die landdros op bladsy 67 tot bo-aan bladsy 70 van die oorkonde:

'Hof: Mnr Duvenhage, die Hof verstaan u kruisverhoor nie. Dit is vir die Hof duidelik dat u nou net eenvoudig vis, en u het gesê u wil graag die getuie terugroep om sekere stellings te maak aan hom. U het nog geen stellings gemaak nie. U gaan net eenvoudic op fyn kruisverhoor terwyl beskuldigde gesê het hy stem saam met war die man gesê het, behalwe daardie drie aspekte wat hy nie mee saamstem nie.

Met eerbied, Edelagbare, beskuldigde het ook reeds vir my gesê - en ek het u alreeds meegedeel - dat die getuie het in Afrikaans getuig.

Nou gaan u so te kere. U gee nie die tolk 'n kans om te tolk nie. Met

ander/

20.

ander woorde, u is tevrede hy ver-staan Afrikaans. Die getuie is teruggeroep dat u sekere stellings aan hom kan maak. (Die Hof gaan nie toelaat dat u van vooraf kruisverhoor nie. Dit word nie aanvaar nie. = Wel,) Edelagbare, dan is my hande afgekap. As ek nie die getuie se geloofwaardig-heid kan toets nie, dan is my hande afgekap.

Beskuldigde het dan gesê hy erken dat wat die getuie gesê het is die waarheid. Nou hoe wil u dit toets? Met ander woorde wat u later vir die Hof gaan sê is dat beskuldigde sê dit is die waarheid, 'maar dit is

'n klomp leuens, want ek het sy geloof-waardigheid getoets'. Dit is wat u eintlik nou doen.

Wel Edelagbare, onder hierdie omstandig-hede vind ek dit uiters moeilik om met hierdie saak voort te gaan.

Dit is u besluit of u wil aangaan of nie. Kan ek net vir my prokureur iets vra? Ja, sekerlik.

Edelagbare, ek wens net op rekord te plaas dat u het my nou gesê ek moet net sekere stellings aan die getuie maak.

Dit was u aansoek gewees. -Ja.

U het gesê u vra net dat die getuie teruggeroep word om sekere stellings aan hom te maak en om duidelikheid

te/......

21

te kry in verband met die oproep aan die begin. Maar dit is duidelik u het lankal (nie) by daardie onderneming van u gebly (nie). U het nie gesê u wil die getuie terugroep om van A tot Z te kruisverhoor nie. Met ander woorde, u het dan die Hof onder 'n wanindruk gebring.

Ek is dan jammer as ek die Hof onder 'n wanindruk gebring het.

Maar weer eens wil die Hof dit duidelik stel dat u is in hierdie ding ingeprop met 'n baie vinnige spoed omdat be-skuldigde nalatig was, maar die Hof kan nie dat u een oomblik sê dat u wil net sekere stellings aan die getuie maak en dan begin u met die kruisverhoor van vooraf nie.

Die getuie was eintlik nog nooit gekruis- verhoor gewees nie, Edelagbare.

U word by u onderneming gehou. U het gesê u wil hom graag terugroep in verband met daardie skakel aan die begin en om sekere stellings aan hom te maak.

U kan voortgaan daanmee.

Wel, Edelagbare, die stelling wat ek aan hom wou gemaak het in daardie verband, is dat beskuldigde sal ontken dat hy deelgeneem het aan die transaksie.

Waar? In die kamer of oor die telefoon?

In die kamer en oor die telefoon. Kan ek net vir beskuldigde vra?

Ja/

22.

Ja seker.
Mnr Duvenhage: Beskuldigde sal sê dat hy het u nie gebel nie. Dit was Hans wat u gebel het.
Hy het eerste gepraat.
Beskuldigde sal dit ontken, en in die
kamer - kan u vir die Hof sê presies
wat het daar gebeur?
Ja, soos ek gesê het al.

HOF: Mnr Duvenhage, nou begin u weer presies met wat het daar gebeur. U het glad nie gesê u stel belang in wat daar gebeur het nie. U het gesê u wil sekere stellings maak.

Wel Edelagbare, ek wil graag die basis lê vir my stellings, en dit is dat be-skuldigde het nie deelgeneem aan daardie transaksie in die kamer nie.

Hy het so gesê. U sien u is weer nie op hoogte met die getuienis nie, en die Hof kan u nie verkwalik daaroor nie...'"

Die woorde in hakies op bl 20 verskyn in die oorspronklike

notule van die verrigtinge in die landdroshof maar is uitgelaat in die aanhaling deur die Hof a quo.
Die vrae wat die landdros mnr Duvenhage verhoed het om aan Leske te stel weens die vermeende ontoelaatbaar= heid daarvan het gegaan oor 'n telefoongesprek wat Leske met Hans sou gehad het 'n geruime tyd voor 14 Februarie 1983.
Daardie inmenging met die kruisverhoor het so verloop:

"Het/

23.

"Het u vir Hans vantevore al ontmoet,

of was dit die eerste keer gewees?

Nee, ek het nog nooit vir Hans ont-moet nie. Hy het met my gepraat oor die phone al ja.

Ekskuus tog? Hy het al met my van-

tevore oor die telefoon gepraat.

Wanneer het hy met u oor die telefoon

gepraat? Dis 'n lang tyd, lank voor

dit.

Hoe het dit gekom dat u met hom oor
die telefoon praat? Deur Stanley.

Waaroor het u en Hans gepraat oor die
telefoon? Ook oor pille.

En wat het Hans op die ander geleenthede vir u gesê?

HOF: Hoe is dit tóelaatbaar, mnr

Duvenhage? Wel met eerbied Edelagbare,

as daar 'n ooreenkoms tussen hierdie getuie en Hans was, kan dit dalk wees dat beskuldigde glad geen deel in hierdie hele transaksie gehad het nie.

Goed, as hy dan sê die beskuldigde het gesê jy kan Mandrax koop en dan sê jy nee, maar dit is nou hoorsê getuienis, want dit is hou teen die beskuldigde. Op watter grond kan hoorsê-getuienis toelaatbaar wees? Ons weet Hans het verdwyn, daar is 'n lasbrief. Die getuienis is hoorsê, dit is ontoelaatbaar.

Edelagbare, ek vra net die vrae om

die inhoud van die verklaring te bewys.

Dis ontoelaatbaar. Soos die Hof behaag.

Dit/ ...

24. Dit is opmerklik dat mnr Duvenhage aan die
landdros te kenne gegee het dat die doel van die gewraakte vrae o m was om te probeer aantoon dat appellant moontlik "glad geen deel in hierdie transaksie gehad het nie".

In die loop van die verdere kruisonder-
vraging van Leske het mnr Duvenhage te kenne gegee dat hy weens onvolledige opdrag dit moeilik vind om Leske be-hoorlik verder te ondervra. Hy het versoek dat die saak uitgestel word sodat hy homself beter kan voorberei. Sy aansoek is geweier en hy het hom toe aan die saak ont-trek. Volgens die notule van die verrigtinge het sake in hierdie verband só verloop:

"Nee, wat hy eintlik, soos die Hof dit gehad het dat Pong en Hans doen al die

pratery met mekaar. Wel Edelagbare

in verband met hierdie Pong, ek kan glad nie hom plaas in die verhoor nie. Ek het op hierdie stadium soveel probleme dat ek nie kan voortgaan met hierdie saak nie, en ek vra weer eens dat die Hof die saak uitstel na môreoggend toe. Kan ek die getuie net een verdere stelling, vraag aan hom vra?

Die/ ...
25.

Die Hof gaan die saak uitstel tot môre ná hierdie getuie afgehandel is en die Hof gaan hom toelaat om terug te gaan Kaap toe-

MNR DUVENHAGE: Hoekom moet u teruggaan
Kaap toe vanaand? Daar is 5, 6 redes
wat ek kan gee. Dat ek is 'n man wat besigheid het. Ek het 12 mense wat vir my werk. Ek is 'n man wat smous, en môre in die Kaap soos u weet, is die groot mark,is Woensdag. Ek moet klaar my manne gister-aand betaal het, ek het hulle nie betaal nie. Ek het hiernatoe gekom. En ek het 'n vrag prunes wat op Ceres lê wat ek moet in die Kaap kry, 822 kissies prunes, en hy hou nie lank nie, soos u weet,verstaan? Ek kan nie my besigheid laat gaan nie. As meneer my gaan betaal vir die paar dae, Rl 400, dan gaan ek hier bly. Dan sal ek gewillig wees om hier te bly. Maar ek het niks goed nie, om te koop nie.

HOF: Mnr Duvenhage, wil u nog enige vrae oor die saak aan hom stel? Die Hof het klaar 'n besluit gemaak en of u nou die getuie nog 'n duisend vrae vra oor hoekom hy nie kan bly nie, die Hof het klaar 'n be-slissing gemaak en u vraag hoekom hy nie kan

bly nie is ontoelaatbaar Die getuie kan

op 'n latere geleentheid hof toe kom.

U word nie daaroor gevra nie, die Hof het

klaar 'n beslissing daaroor gegee.

Edelagbare, ek kan nie verdere stellings aan die getuie maak nie, ek mag dan die beskuldigde benadeel. Ek dink dit is my plig om op hierdie stadium te onttrek van die saak.

Goed/

26.

Goed, u aansoek word toegestaan om te onttrek." [My onderstreping]

Die volgende dag het mnr Roux namens
appellant opgetree, die landdros meegedeel dat hy onvoor= bereid is om met die saak voort te gaan weens die feit dat hy eers om halfvyf die vorige middag opdrag qekry het, en om 'n uitstel van die saak aansoek gedoen. Sy versoek is deur die landdros geweier, nadat hy 'n breed= voerige uiteensetting aan mnr Roux gegee het van die verloop van die verrigtinge vanaf 17 Februarie 1983, en hy weer eens te kenne gegee het dat appellant grof nalatig was. Volgens die notule eindig die "agtergrond gesprek" toe so:

"Het u nou die agtergrond van die saak?

Ek dank u vir die agtergrond Edelagbare.

Nog iets wat u wil sê? Dit is 'n ou

saak, maar soos u nou vir my die geskiedenis
hiervan gegee het, was hierdie beskuldigde
nie op een geleentheid verantwoordelik vir
enige van die uitstelle nie en was daar nie
op een geleentheid enige skuld aan sy kant
nie. Daar was ander beskuldigdes wie nie
hier was nie, wat verdere uitstelle

Hy was ook nie gereed op die 28ste November om aan te gaan nie, dan is dit mos ook sy

skuld

27.

skuld. Edelagbare, dit was met respek,

het hy in 'n tweede asem bygevoeg by 'n

ander beskuldigde hy wil uitstel hê.

Nee. As hy daardie dag gesê het kyk, ek kom van die Kaap af, ek wil met die saak aangaan, en die Staat het gesê kyk hulle is gereed om aan te gaan, dan het

die Hof aangegaan. Die Staat was in

elk geval ook nie daardie dag gereed nie.

Nee, hulle wou net 'n verklaring van nommer 1 vat, en dit kon 'n uur gevat het. So met ander woorde, as dit werklik so noodsaaklik was, kon die Staat homself

gereed gemaak het in 'n kort tydjie.

Edelagbare, die feit bly staan, beskuldigde het nie gekom met die aansoek vir uitstel nie. Hy het agterna gesê, ek het nie beswaar nie, ek sal saam uitstel vra, want ek soek na geld.

Nee, nee, hy heti gevra vir uitstel.

Nadat dit spesifiek aan hom gevra is of hy besware het."

Uiteindelik het mnr Roux betoog dat lt
Squire se voormelde beëdigde verklaring fataal gebrekkig en gevolglik ontoelaatbaar was. Hy het toe weer eens om
'n uitstel van die saak gevra sodat lt Squire geroep kon word om mondelinge getuienis oor die aard en samestelling van die tablette te lewer. Die Staatsaanklaer het mnr

Roux/ ...

28. Roux se versoek om uitstel teengestaan en o a te kenne
gegee dat lt Squire daardie selfde dag beskikbaar sou wees
om te getuig. Toe het die landdros die aansoek om uitstel

in 'n kort uitspraak geweier. Dit lui so:

"Beskuldigde, die Hof het geluister na hierdie aansoek vir uitstel. Die Hof het spesifieke vrae gevra of die finansies nou reg is. Die Hof aanvaar mnr Roux se woord dat dit nie een van die redes is vir uitstel nie.

Nou moet die Hof kyk na beide die Staat en Verdediging om te besluit of so 'n aansoek geregverdig is of nie.

Hierdie getuies was al 'n paar keer by die hof gewees. Jy was spesifiek opdrag gegee om betyds 'n prokureur te bekom. Jy het gisteroggend toe jy uitstel gevra het, het jy net R200 gehad, en dit is dieselfde bedrag wat jy gehad het op die 28ste November verlede jaar. Maar skielik toe die Hof sê hy gaan met die saak aan, toe kon jy op baie kort kennisgewing genoeg geld kry om 'n prokureur en 'n advokaat behoorlik opdrag te gee.

Die Hof bevind dus dat jy grof nalatig was om nie betyds met jou prokureur in verbinding te tree om dan 'n advokaat te kry nie.

Die Hof bevind verder dat jy kón, as jy op so 'n kort kennisgewing genoeg geld gekry het, kon jy lankal plan gemaak het om 'n

prokureur/ ...
29.

prokureur te bekom om met hierdie saak voort te gaan.

Die Hof bevind verder dat dit in belang van regspleging is om 'n saak so spoedig moontlik klaar te maak, en dat dit teen alle belang is dat getuie kort-kort van die Kaap af moet kom om getuienis af te lê sonder dat die saak afgehandel kan word. Die Hof het homself bereid verklaar om sy notas beskikbaar te stel aan enige prokureur of advokaat wat namens jou verskyn, om homself op hoogte te stel, want die Hof het dit gister duidelik gestel dat dit 'n finale uitstel ook na vandag is, vandag gaan die Hof voort met die saak.

Die Hof bevind dat in al hierdie omstandig-hede daar nie 'n goeie saak uitgemaak is vir 'n uitstel nie, die aansoek word geweier."

Daarna het mnr Roux hom ook aan die saak
onttrek met die woorde "'Edelagbare, ek vra dan dat ek onttrek aan hierdie saak. Ek weet niks van híerdie saak nie."

Appellant was toe weer alleen en is o a soos

volg deur die landdros aangespreek:

"Beskuldigde, die Hof het gister jou regte aan jou verduidelik. Jy het toe gesê dat jy wil tyd hê om 'n bietjie te dink wat jy wil doen. Toe het 'n advokaat verskyn en vanmôre 'n ander advokaat.

Die/ ...

30.

Die Hof sal dus jou regte wéér aan jou verduidelik, die Hof sal her-haal soos gister, dat die Hof sal dit vir jou 6, 7 keer herhaal, solank die Hof tevrede is jy verstaan wat jou regte is."

Na die verduideliking het die landdros
gesê dat appellant se aansoek om uitstel geweier is, maar 'n kort verdaging is aan hom toegestaan om sy posisie te bespreek met adv Roux wat nog in die hof was. Daarna het appellant aparte aansoeke een na die ander gedoen om die getuies Leske, Pong en Hans te herroep en om kaptein Bornman as getuie te roep. Die aansoeke om herroeping is een na die ander geweier maar die t o v kaptein Bornman toegestaan met die vermaning dat appel-lant nie toegelaat sou word om hom te kruisondervra nie.

Die verdedigingssaak het volgens die notule toe so tot 'n einde geloop:

"Die/ ...

31.

"Die Hof het ook vir jou verduidelik dat jy kan getuienis aflê, of jy kan besluit om stil te bly.

Wat wil jy maak? Wat sê hy mnr die Tolk?

Edelagbare, hy vra kan hy weer sy verdediging vra.

Nee, die Hof gaan nie weer verdaag nie. Die Hof het netnou 10 minute verdaag, en die Hof kan regtig nie, ons is nou besig vir amper 'n uur net met 'n aansoek vir uitstel en dat jy besluit wat jy wil maak. Gister voor eenuur het die Hof al jou regte aan jou verduidelik. Beskuldigde, dit begin vir die Hof lyk asof jy moedswillig tyd probeer wen, dat die Hof verplig is om die saak uit te stel-Die Hof het uitstel geweier, die Hof gaan nie toe= laat dat jy nou so speel vir tyd nie. As jy nie jou regte verstaan nie, dan sal die Hof dit vir jou weer verduidelik. Maar as jy jou regte verstaan, dan moet jy nou jou keuse uitoefen, want die Hof gaan nie weer verdaag nie. Die advokaat het onttrek en hy het eintlik geen belang meer by die " saak nie, hoewel hy nou sit en notas neem. Die Hof het hom toegelaat om dit te doen, so daar is niks mee verkeerd nie.

HOF AAN AANKLAER: Sou u beswaar hê as ons maar
afstaan, die Hof sien mnr Goldstein het weer ingekom,
mnr Goldstein het nie onttrek nie, en die Hof sal
hom miskien 'n kans gee om met mnr Goldstein te praat.
Soos die Hof behaag, daar is geen beswaar nie.

HOF AAN BESKULDIGDE: Die Hof sal jou 10 minute gee, tensy die Aanklaer my voor die tyd roep.

HOF VERDAAG

/MET.....

32.

MET HERVATTING:

HOF: Beskuldigde, het jy nou besluit wat jy wil
doen? Ja Edelagbare.

Wat? Ek het niks om te sê nie Edelagbare, ek
swyg. Die Hof kan sien wat om te sê, wat om te doen, want die saak, daar is iets aan die gang wat ek nie kan verstaan nie, ek kan niks sê omtrent die saak nie.

Die Hof sien mnr Goldstein sit hier. Het jy gevra

dat hy vir jou moet verskyn of nie? Ek het

hom gister gevra Edelagbare.

HOF AAN MNR GOLDSTEIN: Wil u vir die beskuldigde

verskyn, of nie? Ek onttrek nou die saak

Edelagbare.

Goed, dankie. U word verskoon.

HOF AAN BESKULDIGDE: Mnr Goldstein het onttrek beskuldigde. Nou jy het gesê dat jy niks te sê het nie. Maar die Hof wil vir jou duidelik stel dat jy het gister by jou pleit gesê jy dra geen kennis daar= van nie. Jy het ook ander kere bewerings gemaak in kruisverhoor wat in jou guns kan tel. Die Hof moet jou waarsku dat enige bewering wat jy gemaak het in jou guns, het geen getuieniswaarde nie. Die Hof weet nie wie het vir jou gesê jy moet stilbly nie, maar die prokureur en advokaat het nou beide onttrek. So jy moet nou self jou besluit maak wat jy wil doen.

Verstaan jy dit? Ek verstaan.

Is jy besluit nog om stil te bly, of wil jy getuig?

Of verstaan jy nie mooi nie? Edelagbare, ek

wil niks verder sê nie, want die saak is verkeerd van die begin af. Alles was verkeerd van die begin af.

/Wat bedoel

33

Wat bedoel jy alles was verkeerd?

In die eerste instansie Edelagbare, die eienaar van hierdie tafalette is die 'Chinese'.

Ja die Hof wil nie nou hê jy moet die saak argumenteer nie. Jy het gesê jy wil niks sê nie, maar jy het ook

gesê jy wil kaptein Bornnan roep as getuie.

Edelagbare, ek het gesê ek is nie bereid om getuienis af te lê nie, want ek weet nie wat ek daar moet sê nie.

Die Hof het gesê jy kan jou kant van die saak voor
die Hof plaas. Al wat jy moet sê is wat is jou kant
van die saak. En dan sal jy kruisverhoor word deur
die Staat om vas te stel of jou weergawe korrek is.
Verstaan jy dit? Ek verstaan.

Wat is jou besluit? Verstaan jy nou wat jy moet

sê as jy moet getuig? Ek verstaan Edelagbare,

maar ek wil geen getuienis aflê nie, want die saak was verkeerd van die begin af.

Goed, jy het gesê jy wil 'n getuie roep.

Edelagbare, ek gaan hom nie meer roep nie.

Jy wil nie meer 'n getuie roep nie? Nee, ek

wil hom nie meer roep nie.

Wil jy dan geen getuies roep nie? Nee, ek

het geen getuie om te roep nie, want die saak was verkeerd van die begin af.

Sluit jy dan jou saak? Ek sluit my saak."

Die hof het toe vir die middagete verdaag. Met die

hervatting het ranr Goldstein die landdros meegedeel dat hy nou weer namens appellant optree. Lt Squire is toe deur die landdros

/geroep

34.

geroep om te getuig. Hy het die inhoud van sy beëdigde verklaring bevestig en getuig dat die tablette inderdaad metakaloon bevat. Hy het sy werks- en toetsingsmetode ook beskryf.
Mnr Goldstein het om 'n uitstel gevra sodat hy hom op die ondervraging van Squire kon voorberei en het sy aansoek gemotiveer deur te sê dat hy in die kort tyd tot sy beskikking nie geleentheid gehad het om dit te kon doen nie. Hy het bygevoeg dat hy 'n belangrike mediese afspraak daardie dag om 3 nm het ter voorbereiding op 'n ernstige operasie in die nabye toekoms. Die landdros se antwoord aan hom was

"Then the Court is amazed that you took on this brief, because you know from yesterday already that the Court's attitude is that this case is on the roll for practically a year and the Court is not prepared to give a remand."

Die Staat het die aansoek weer-eens teengestaan. Daarna het die landdros ook hierdie aansoek in 'n kort uitspraak soos volg geweier

/Accused....

35.

"Accused, there is a further application for remand in this case. The attorney knew yesterday already what the Court's attitude is, that this case is on the roll for practically one year, that no remand would be given. The Court even offered to hand over the notes of the Court to facilitate the Defence, but it is now quite obvious to the Court that the attorney is not really interested in going on with the case. All he tries to do is to get a remand in the case, on your behalf.

The Court cannot blame him, because he is a profes= sional person and he must do his best for you, and if the Court was in his position, the Court would have done exactly the same.

But everything comes back to the fact that up to two days ago you had no money to employ an attorney, but yesterday between 1 and 2 after the Court had decided that there was no remand, then the money was suddenly available.

Today the money is available. And the Court feels that you were grossly negligent for not obtaining legal representation long before. And although the Court does not feel that Mr Goldstein in person is negligent, the Court finds that the Defence as a whole is negligent for not being prepared to go on with the matter today.

The application is therefore refused."

Mnr Goldstein was toe verplig om lt Squire tot die
beste van sy vermoë te ondervra, hoofsaaklik oor die betroubaar= heid van die metodes en toerusting in die ondersoek aangewend.

/Dit

36.

Dit was egter heel duidelik dat mnr Goldstein nie oor deskundige inligting beskik het waarmee hy die korrektheid van Squire se antwoorde kon kontroleer nie. Sy kruisondervraging het soos volg ten einde geloop:

"Mr Squire, so in other words as far as you are concerned, you can simply tell us about these tests that you use and you rely on machines, and you do not service the machines and you dont really know

how the machinery itself operates, is that correct?

COURT: Yes, that is on record. It is not necessary to answer, it is on record. That answer is on record, it is not allowed to answer it again.

Are you finished mr Goldstein? Well your

Worship, as I say, I would like to call one of
these

No, you can just say whether you are finished, that is the question by the Court. Are you finished? You just went to sit down. --- I am finished your Worship.

Yes, then you can say you are finished, that would be manners . Thank you."

Die landdros het lt Squire toe verder ondervra en daarna

het mnr Goldstein weer om 'n uitstel gevra, weens sy mediese afspraak maar ook om te probeer om met 'n deskundige getuie oorleg te pleeg. Die landdros het simpatiek gestaan teenoor die

/mediese

37.

mediese noodsaak en het 'n verdaging tot die volgende dag toegestaan.
Op die volgende dag, 2 Februarie 1984, het die stryd van mnr Goldstein net na die aanvang van die verrigtinge toe volgens die notule so tot 'n einde geloop:

"Mr Goldstein, you have said that you wanted to consider whether the defence would call other witnesses on the aspect of the witness called by the Court.

MR GOLDSTEIN: Correct, your Worship. I have counted, there have been five applications for a postponement and all five of them have been refused on the basis of negligence by the accused or whoso= ever's negligence was involved, so I won't again ask for a remand, but simply place on record that I made attempts to get hold of a witness. I am not satisfied as to how this machine operates and I am not satisfied as to how Mr Squire described the machine operates.

COURT: The question is: do you want to call witnesses at this stage or are you closing your case on this aspect?

MR GOLDSTEIN: I can only ask to call witnesses if the Court grants me an adjournment and from the record it appears that five adjournments have been refused, so I won't ask for another adjournment.

COURT: Were there only five? Is it not nearer seven?

/ MR GOLDSTEIN

38.

MR GOLDSTEIN: Seven. So, obviously, I won 't ask for another adjournment, but I will just place on record that I am not satisfied with Mr Squire's evidence.

COURT: Thank you."

Die bogaande breedvoerige uiteensetting van die verrigtinge se verloop was nodig om die mate van regterlike ongeduld wat die saak van begin tot einde gekenmerk het en die reeks onreelmatighede, wanvoorstellings en foutiewe beslissings wat dit tot gevolg gehad het,behoorlik te demonstreer.
Ongeduld is iets wat 'n regspreker waar moontlik moet vermy en in elk geval altyd streng moet beteuel. Dit kan sy insig belemmer, sy oordeel verswak en 'n indruk van vyandigheid of vooroordeel wek by die persoon teen wie dit gerig is. Wanneer daardie persoon 'n beskuldigde is, sal so 'n indruk be= hoorlike regspleging tot meerdere of mindere mate ondermyn na gelang van die geval. Dit kan die regspleging ook heeltemal veron= geluk. Dit is wat hier gebeur het. Die bogaande uiteensetting van die verloop van die verrigtinge spreek trouens vir sigself

in daardie opsig. Daarom is ek dit eens met die Hof

/ a quo ...

39

a quo dat die landdros in verskeie opsigte onreëlmatig opgetree het maar ek stem nie saam met die bevinding dat geregtigheid weens die meriete nogtans geskied het nie.

Die landdros se hantering van die saak vanaf 31 Januarie 1984 was deurgaans beïnvloed deur sy oor= spronklike bevinding dat appellant grof nalatig was deur te versuim om betyds vir behoorlike regsverteenwoordiging te reël. Daardie bevinding was egter verkeerd. Appel=

lant het inderdaad op die vorige dag (dws 30 Januarie 1984) met mnr Goldstein gereel om sy verdediging die volgende dag vaar te neem. Goldstein het die opdrag aan = vaar. Soos hierna in groter besonderheid uiteengesit. het een van sy klerke kort na die aanvang van die verrig= tinge die verhoor bygewoon. Waarskynlik het sy dit ge= doen in 'n poging om'n uitstel met die aanklaer te reël. Sulke laat opdragte is egter iets wat heel dikwels in die praktyk voorkom en die feit dat daar nie 'n gekwalifi=

/ seerde....

40

seerde persoon was om appellant te verteenwoordig nie, is nie iets waarvoor net hy die blaam moet dra nie. Appellant se mededelings aan die landdros oor sy karige verdienste en onvermoë om vroegtydig genoegsame fondse vir sy verdediging te bekom met die gevolg dat hy op 30 Januarie 1984 eers daarin geslaag het om R200,00 vir daar= die doel te leen, is nie deur die Staat weerlê nie en ook nie grondig deur die landdros ondersoek nie. Gesien die groot familie wat appellant en sy vrou op 'n gesamentlike maandelikse inkomste van slegs ongeveer R300,00 moes onderhou, en die vele reise vrat hy op eie koste van die Kaap na Johannesburg en terug moes onderneem vir die her= haalde uitstelle van die saak wat sonder sy roedoen 31 Janua = rie 1984 voorafgegaan het, is dit nie verbasend dat hy in die geldelike verknorsing beland het wat hy in die hof beskryf het nie. Die landdros het die lêer van die saak voor hom gehad en kon maklik vasgestel het dat appellant

/ reeds ...

41

reeds op eie koste minstens vier keer van die Kaap na Johannesburg en terug moes reis (vir die 28 April, 29 Junie, 28 November 1983 en 31 Januarie 1984 verskynings). Aangesien hy met 'n beskuldigde te doen gehad het wat klaar= blyklik onkundig was omtrent die regsproses en sy eie woord moes doen, behoort die landdrps op 31 Januarie 1984 die saak deegliker te ondersoek het om van appellant te verneem watter stappe hy gedoen het na 28 November 1983 om te reël vir sy verdediging en wat van die R200,00 geword het waaroor hy destyds beskik het. Dit is bv moontlik dat daardie geld vir sy verdere reisonkoste gebruik moes

word.

Dit is ook feitlik seker dar appellant op 31Januarie 1984 verwag

het dat die saak teen hom en Hans gesamentlik sou aangaan en dat hy as die tweede beskuldigde minstens tot 'n mate voordeel sou kon trek uit die optrede van Hans se regsver= teenwoordiger. Die skielike en klaarblyklik algeheel

/ onverwagte ...

42
onverwagte wending wat die saak geneem het met die af= wesigheid van Hans, die vertrek van sy advokaat en die skeiding van die verhore wat appellant as die enigste beskuldigde gelaat het, moes hom gewis onkant betrap en onthuts het, te meer so omdat daar tot by die onttrekking van mnr Joseph nog geen regsverteenwoordiger vir appellant opgedaag het nie. Op sy versoek om 'n uitstel (klaarblyklik om uit te vind wat met sy regsverteenwoordiging geskort het) , het die landdros die saak tot 11.15 vm laat afstaan. By die hervatting was daar net 'n prokureursklerk van die betrokke firma in die hof soos reeds genoem. Nadat die landdros hom daarop gewys het dat die klerk nie ver= skyningsbevoegdheid het nie, het appellant gevra om 'n verdere uitstel om met sy regsverteenwoordiger "oor die saak te praat".

Nadat die landdros o a melding gemaak het van

sy vermaning aan appellant op 28 November 1983 oor 'n tydige

/ verkryging....
43. verkryging van regsverteenwoordiging en van die hoë

koste wat die Staat moes aangaan om die Kaapse getuies heen en weer na en van Johannesburg te vlieg, het hy die aansoek om 'n verdere uitstel in die volgende terme ge= weier: -

"Hierdie saak is op die rol sedert die 17de Februarie 1983 en dit is vir die Hof baie duidelik dat jy nie regtig bedoel om 'n prokureur te kry nie, jy speel maar net met die Hof of jy speel vir tyd, maar 'n man wat van die 17de Februarie verlede jaar al tot nou toe eers gister vir die eerste keer 'n prokureur gaan spreek het wil nie regtig 'n prokureur hê nie. Die Hof vind dat daar geen meriete in jou aansoek is nie. Die Hof verwerp jou aansoek vir 'n prokureur".

Die landdros het daarmee vir appellant eintlik van kwade trou teenoor die Hof beskuldig. Daar was geen regverdiging vir sulke taal nie. Die teenwoordigheid van die prokureursklerk en die landdros se eie aanvaarding dat appellant inderdaad die vorige dag 'n prokureur gespreek het, weerspreek die

beskuldigings

44

beskuldigings wat hy appellant teen die hoof geslinger het.

Dit is ook heel duidelik dat dit hierdie uitlatings van hom is waarop hy sy latere opmerkings en uitsprake gegrond het dat appellant grof nalatig was, Daar is na my mening egter geen aanduiding dat appellant grof nalatig was deur so lank te neem om 'n regsverteenwoordiger te verkry nie. Die meeste wat in daardie opsig teen hom gesê kan word is dat hy waarskynlik nalatig was , maar nie in 'n ernstige graad nie.

Appellant het tereggestaan op 'n ernstige aanklag en regverdigheid het vereis dat hy onder bogenoemde omstan= dighede simpatiek behandel moet word en d.m.v. 'n langer verdaging as die kort "afstaan" aan hom verleen, die ge= leentheid gegun word om die moeilikheid wat hy met regsver= teenwoordiging ondervind het op te klaar. Die landdros het dit nie gedoen nie. Die rede daarvoor is voor-die-

/ hand....

45

hand-liggend. Sy ongeduld, wat reeds op 2 8 November 1983 so duidelik waarneembaar was, het op 31 Januarie 1984 verskerp. Daardeur het hy die voorraelde faktore ten gunste van appellant misgekyk, verkeerdelik geoordeel dat appellant grof nalatig was (of selfs ter kwader trou gehandel het), en derhalwe die aansoek om uitstel geweier het. Sodoende het hy versuim om die diskresie waarmee hy t.o.v. die gevraagde uitstel beklee was op regterlike wyse uit te oefen. Sy weiering van die uitstel was gevolglik onreëlmatig. Daardie onreëlmatigheid het die hele verdere verloop van die saak ten kwade beïnvloed. Daardeur is appellant tydens die aanhoor van die Staat se saak ook die bystand van 'n regsverteenvoordiger ontsê en, soos dit nou blyk, blywend ernstig benadeel. Hy was na die weiering van die uitstel verplig om vir die duur van die Staat se saak sy eie verdediging waar te neem en tot die beste van sy vermoë op eie houtjie met

/ die ...

46

die staatsgetuies te handel. Dit was egter duidelik dat hy nie die vaagste benul van die tegniek van kruis= verhoor gehad het nie. Aan die kardinaal belangrike getuie Leske het hy, soos reeds gemeld, bv slegs drie lomp bewoorde vrae gestel. Hy het ook klaarblyklik min begrip gehad van die aard en effek van luit. Squire se beëdigde verklaring (bew. A), en toe hy deur die landdros gevra is of hy enige beswaar teen die inhandiging daarvan het , was sy antwoord slegs "I don't know (inaudible)". Die penarie waarin mnre Duvenhage, Roux en Goldstein hul= self agtereenvolgens ten nadele van appellant bevind het, is byvoorbeeld ook grootliks aan daardie aanvanklike on= reëlmatigheid toe te skryf.

Wat egter met hulle gebeur het is op

sigself 'n verwante groep wesenlike onreelmatighede. Die landdros het mnr Duvenhage se versoek om 'n uitstel om hom vir appellant se verdediging voor te berei, geweier en toe openlik behae in sy verleentheid geskep.

/ Dit ...

47

Dit blyk alte duidelik uit die notule:

"Hof aan mnr Duvenhage: Mnr Duvenhage, wat is u posisie nou? Gaan u aan, of gaan u nie aan nie?-- Edelagbare, ek sien u glimlag, maar in elk geval, soos die Hof behaag.
Nee, nee die Hof glimlag omdat u sit daar en u besluit nie wat u gaan doen nie,
maar die Hof is vir niemand kwaad nie.
Soos die Hof behaag, Edelagbare."

Hierdie insident het die voorkoms van 'n grimmige speletjie van die landdros ten koste van die advokaat en derhalwe ook van appellant. Hy het klaarblyklik vergeet van die eise van regverdigheid en veral van die nou reeds eerbied= waardige vermaning deur hierdie Hof in R v Hepworth 1928 (AA) 265 by monde van CURLEWI5 AR op 277:

"A criminal trial is not a game where one side is entitled to claim the benefit of any omission or mistake made by the other side, and a Judge's position in a criminal trial is not merely that of an umpire to see that the rules of the game are ob= served by both sides. A Judge is an administrator of justice, he is not merely a figure head, he has not only to direct

/ and ...

48

and control the proceedings according t'o the recognised rules of procedure but to see that justice is done."

'n Treffende voorbeeld van die landdros se volge= houe ongeduld met appellant is die wyse waarop hy die konsultasie tussen mnr Duvenhage en appellant onderbreek en beëindig het en daarna opgetree het ten aansien van die versoek dat Leske vir verdere kruisondervraging herroep word. Weens die kort tydjie daarvoor gegun moes die konsultasie noodgedwonge in die hofsaal plaasvind. Sonder dat hy herroep is het die landdros na 45 minute in sy ongeduld die hofsaal binnegekom, die konsultasie wat daar aan die gang was onverwags oncerbreek (en mnr Duvenhage as't ware in sy hempsmoue betrap), en summier met dis

/verhoor.....

49

verhoor voortgegaan in weerwil van mnr Duvenhage se mededeling
dat hy nog nie ten volle met appellant gekonsulteer het
nie.

Daarna is die herroeping van Leske vir verdere ondervraging deur mnr Duvenhage geopper. Na 'n lang argu= ment met die advokaat waartydens die landdros herhaaldelik te kenne gegee het dat die moeilike posisie waarin mnr Duvenhage hom bevind aan die growwe nalatigheid van die appellant te wyte is, het hy Leske herroep maar aan mnr Duvenhage te kenne gegee dat hy òf terstond met die verdere kruisverhoor moet voortgaan in weerwil van sy mededeling dat hy nie instaat is "om hierdie getuie nou behoorlik te kruisverhoor op hierdie stadium nie" ,òf aan die saak moet onttrek. Een van die landdros se hoofoorwegings by hierdie besluit was die ongerief wat deur 'n uitstel van die saak, selfs net tot die volgende dag, aan sekere van die Staatsgetuies, en hoofsaaklik aan Leske, veroorsaak

/ sou ...

50
sou word. Dit was onder die omstandighede van hierdie saak egter nie genoegsame rede vir die weiering van 'n behoorlike geleentheid aan mnr Duvenhage om hom vir die kruisverhoor van so 'n kardinaal-belangrike getuie soos Leske was, voor te berei nie. Dat die landdros se voort-gesette ongeduld derhalwe ook hier 'n hoofdryfveer was is duidelik.

In die proses van swig voor sy ongeduld het die landdros die belangrikheid van sulke voorbereiding soos deur hierdie Hof in S v Van Wyk en 'n Ander 1972 (1) SA 787 (A) benadruk, uit die oog verloor. Daar het WESSELS AR die volgende gesê op 796 C-D en 797 A:

"Oor die belangrikheid van die voordeel van regsbystand by die verhoor van beskul= digdes wat weens n ernstige misdaad aan= gekla word, kan geen twyfel bestaan nie. Dit is ewe duidelik dat 'n redelike ge= leentheid tot voorbereiding vir behoorlike regsbystand onontbeerlik is. Na my mening volg dit dat 'n beskuldigde 'n redelike ge = leentheid tot voorbereiding van sy verdedig= ing slegs om gewigtige redes ontsê behoort

te word Dit is 'n voorvereiste

/ vir ...

51

vir doeltreffende kruisondervraging dat die kruisondervraer behoorlik ingelig is betreffende die getuienis wat hy ten gunste van die verdediging kan lei."

Dat mnr Duvenhage onder sulke omstandighede so 'n belangrike kruisverhoor moes waarneem was erg genoeg. Wat sake egter verder vererger het was dat die landdros toe in die loop van daardie reeds moeilike kruisverhoor tot so 'n mate daarmee ingemeng het dat hy dit grootliks verydel het. Hy het so opgetree hoofsaaklik omdat hy onder 'n wanindruk verkeer het oor die doel van daardie

verdere ondervraging. Hy het naamlik gemeen dat mnr

Duvenhage slegs "sekere stellings" aan Leske wou maak en besig was om verder te gaan en hom in die algemeen te kruisondervra. Maar mnr Duvenhage se doel, soos hy dit duidelik uitgedruk het, was om Leske "te kruisver= hoor en om sekere stellings aan hom te maak" . Die bogaande uiteensetting van die verloop van hierdie deel van die saak laat duidelik blyk hoe onreëlmatiglik

/ die

52

die landdros weens sy ongeduld opgetree het teenoor mnr Duvenhage voordat Leske herroep is.

'n Verdere aanduiding van die kwade gevolge van regterlike ongeduld is die voormelde wyse waarop die land-dros mnr Duvenhage oor die voorgenome kruisondervraging toegespreek en probeer beperk het. 'n Deel daarvan is reeds vervat in die bogaande uiteensetting van die Hof a quo,maar duidelikheidsonthalwe word die volle passasie uiteengesit. Dit lui so:

".... die Hof wil weet presies waaroor die kruisverhoor gaan, want die Hof gaan nie toelaat dat u van A tot Z kruisverhoor nie, want die beskuldigde het 'n geleentheid gehad van kruisverhoor. Die Hof sal spe-sifieke gedeeltes toelaat."

Wat daardie "spesifieke gedeeltes" was het die landdros egter nooit laat blyk nie. Hy het waarskynlik ook uit die oog verloor dat appellant slegs drie vrae aan Leske gevra het.

/ Daar ...

53

Daar is by my min twyfel dat die landdros weens daardie volgehoue ongeduld nie behoorlik aandag geskenk het aan wat mnr Duvenhage oor die doel van die verdere ondervraging te sê gehad het nie en sodoende onder die voormelde wanindruk gekom het.

Die aspekte waarop die ondervraging verbied is omdat hulle na die landdros se mening ontoelaatbaar was, blyk nie irrelevant te gewees het nie en slegs in die gewone loop ontoelaatbaar sou wees omdat hulle gegaan het oor gesprekke van Leske met Hans waar appellant nie teenwoordig was nie. Daaromtrent was die landdros dus ook

verkeerd want dit is toelaatbaar vir die verdediging om

daardie soort feite d.m.v. kruisverhoor aan die lig te bring, Selfs 'n andersins ontoelaatbare bekentenis kan op hierdie wyse as getuienis ingebring word. R v Bosch 1949 (1) SA 548 (A), 553-554; S v Minnie 1986 (4) SA 30 (OK); Art 217 (3) van Wet 51 van 1977. So ongeduldig

/ was

54.
was die landdros egter met mnr Duvenhage daaroor dat hy summier die kruisverhoor daarop verbied het sonder om enige betoog te verg of aan te hoor.
Wat hierdie optrede van die landdros betref is ek dit eens met die volgende opmerkings van GROSSKOPF R:

"Die landdros was sekerlik geregtig orn die advokaat te stop as die advokaat bloot be= sig was om tyd te mors. Na my mening was dit egter sinneloos om die advokaat enersyds toe te laat om die getuie terug te roep vir verdere kruisondervraging maar om die advo= kaat dan in dieselfde asem te verhoed om die getuie effektiewelik te kruisondervra en wel op die basis van 'ek gaan jou nie tyd gee om behoorlike instruksies te kry nie, en omdat jy nie behoorlike instruksies het nie, mors jy doelbewus tyd'.

Die landdros was korrek toe hy op bladsy 121 beslis het dat die advokaat in hierdie dilemma was, maar na my mening was dit juis die landdros wat die advokaat in hierdie dilemma geplaas het omdat die landdros meer besorg was oor die gerief en belange van getuies en die afhandeling van die saak (wat terloops vir maande lank deur ander persone as die appellant vertraag is) as oor die billike beregting van die

/saak. ...

55
saak. In die proses moes die landdros egter ook toesien dat geregtigheid geskied, veral teenoor die appellant as beskuldigde, en selfs al was hy eenmalig fout by 'n laat aanstelling van 'n prokureur."

Die landdros se hantering van mnre Roux en Goldstein hoef nie vir doeleindes van hierdie uitspraak in detail behandel te word nie. Dat hy in albei gevalle ook on= reëlmatig opgetree het is duidelik. Soos reeds opgemerk spreek die betrokke gedeeltes van die hofrekord hierbo uiteengesit in daardie opsig vir sigself. Dit is egter nodig om kortliks na die volgende aspekte te verwys.

Die landdros se opmerking aan mnr Roux dat die Staar op 28 November 1983 in wese gereed was om met die saak aan te gaan omdat "hulle" slegs 'n verklaring van die gewese eerste beskuldigde wou vat en dat dit slegs 'n uur in beslag sou neem, is ongegrond. Daar is geen aanduiding in die rekord dat dit die geval was nie. Dit was derhalwe blote spekulasie ten nadele van appellant

/ en

56

en sprekend van die landdros se gesindheid teenoor hom. Ek gaan ook akkoord met die volgende opmerkings van GROSSKOPF R:

"Op die stadium toe mnr Roux vroeër daardie dag om uitstel gevrá het, het die landdros soos volg op bladsy 85 opgemerk: 'Die Hof bevind verder dat dit in belang van regspleging is om 'n saak so spoedig moontlik klaar te maak, en dat dit teen alle belang is dat getuies kort-kort van die Kaap af moet kom om getuienis af te lê sonder dat die saak afgehandel kan word'.

Weer eens blyk dit dat die belang van getuies voorop geplaas word. Dit is sekerlik in belang van die regspleging dat 'n saak so spoedig moontlik afgehandel word, maar dan nie ten koste van die beskuldigde nie. Dit moet ook nie uit die oog verloor word dat die saak vanaf 17 Februarie 1933 tot 2-3 November 1983 , d.w.s. vir meer as nege maande lank, sonder enige skuld aan die kant van die appellant vertraag is nie. Selfs daarna is die saak hoofsaaklik op versoek van beskuldigde 2 vir 'n verdere twee maande uitgestel."

Wat die behandeling betref wat mnr Goldstein te beurt geval het is dit op hierdie stadium slegs nodig

/ om

57

om te verwys na wat GROSSKOPF R daaromtrent gesê het.

" Op daardie stadium toe luitenant Squire getuig het, het die appellant se prokureur, ranr Goldstein, namens die appellant verskyn. Luitenant Squire het op kort kennisgewing tegniese getuienis as deskundige getuie op versoek van die Hof afgelê. Mnr Goldstein het toe weer eens aansoek om uitstel gedoen, sodat hy met 'n deskundige van sy eie keuse kon konsulteer alvorens hy luitenant Squire sou kruisondervra. Die landdros het aan die hand gedoen dat die prokureur tussen 13h00 en 14h00 daardie middag navraag omtrent so 'n deskundige kon gedoen het. Die landdros het verder gemeld dat toe die prokureur die opdrag aanvaar het, hy bewus was van die hof se houding aangaande verdere uitstel= le van die saak. In sy weiering van die verdere aansoek om uitstel, merk die landdros soos volg op bladsy 100 op:

'But it is now quite obvious to the Court that the attorney is not really interested in going on with the case. Allhe tries to do is to get a remand in the case, on your behalf.'

Die landdros se uitnodiging daarna aan mnr Goldstein om verdere getuienis namens die appellant op hierdie deskundige aspek te roep, was myns insiens 'n holle gebaar in die omstandighede."

Ek stem daarmee saam.

/ Bo . . .

58

Bo en behalwe die reeds vermelde onreëlmatighede is daar egter 'n sorgwekkende aspek wat op sigself 'n ernstige vergryp teen die behoorlike regspleging is. Dit is die manier waarop die landdros die saak hanteer het - sy woord= keuse, spreekwyse en gedrag (soos bv. sy voornoemde leed= vermakerige glimlag)- Dit gaan m.a.w. nie in hierdie opsig oor wat hy gedoen het nie maar oor hoe hy dit gedoen het. Voorbeelde daarvan hoef nie nou weer eens genoem te word nie. Hulle is duidelik en maklik te vinde in die bogaande uiteensettings. Samevattend kan hulle be= skryf word as die kwade vrugte van sy deurlopende ongeduld. Gesamentlik het hulle só 'n atmosfeer geskep van regterlike weersin in en onverdraagsaamheid teenoor appellant en partydigheid vir die Staat en dié se getuies dat appellant klaarblyklik die indruk gekry het dat die landdros sy saak nie met 'n onbevange gemoed benader en hanteer nie. Die stomme man se vertwyfeling as gevolg van daardie indruk

/ kan . . .
59 kan opgemerk word in hierdie uitlating:

"Ek het niks om te sê nie Edelagbare, ek swyg- Die Hof kan sien wat om te sê, wat om te doen, want die saak, daar is iets aan die gang wat ek nie kan verstaan nie, ek kan niks sê omtrent die saak nie."

En sy herhaalde noodkrete aan die einde van die verdediging= saak dat "Alles .... van die begin af verkeerd (was)", en dat "die saak .... verkeerd (was) van die begin af",

" want die saak was verkeerd van die begin af", is

sprekende bewys van sy onsteltenis daaroor.

Die landdros het deur sy ongeduld en die gedrag wat daaruit voortgespruit het, sy regterlike plig skromelik versuim om toe te sien dar die atmosfeer in sy hof tydens

die verhoor van appellant bevorderlik was vir regverdige en doeltreffende regspleging.

Oor die algemene regterlike plig t.o.v. die behoor= like beregting van sake is die volgende gesê deur TROLLIP Wn AR in S v Rall 1982 (1) SA 828 (A) op 831 - 832:

/ "The

60.

".....the Judge must ensure that 'justice is

done'. It is equally important, I think, that he should also ensure that justice is seen to be done. After all, that is a fundamental principle of our law and public policy. He should there= fore so conduct the trial that his open-mindedness, his impartiality and his fair= ness are manifest to all those who are concerned in the trial and its outcome, especially the accused (see, for example, S v Wood 1964 (3) SA 103 (0) at 105 G; Rondalia Versekeringskorporasie van SA Bpk v Lira 1971 (2) SA 586 (A) at 589 G; Solomon and Another NNO v De Waal 1972 (1) SA 575 (A) at 580 H)."

Hierdie plig het die landdros ook t o v die ander, pertinent prosesregtelike, onreëlmatighede nie nagekom nie.

'n Regspreker kan sy veeleisende en maatskaplik= belangrike pligte slegs na behore nakom as hy ook wagstaan oor homself, aandagtig is aan sy eie swakhede (soos ongeduld) en persoonlike sienings en nukke, en hulle steeds beteuel .

Deur.....

61

Deur te versuim om sy ongeduld te beteuel het die land= dros ook hierdie plig t a v sy eie persoon nie nagekom nie.

Soos reeds hierbo gemeld, is een van die funda= mentele vereistes van ons regspleging en van ons algemene openbare beleid dat geregtigheid nie alleen moet geskied in 'n verhoor nie maar ook duidelik gesien moet word om te geskied. Die aard en omvang van die begrip "geregtig= heid" in hierdie sin is soos volg toegelig deur RUMPFF, HR in S v Mushimba en Ander 1977 (2) SA 829 (A) op 844 H -845:

"Die Strafprosesordonnansie (van SWA) vereis dat indien daar 'n onreëlmatigheid plaasgevind het, 'n skuldigbevinding alleen

/dan....

62

dan tersyde gestel kan word indien gereg=
tigheid inderdaad nie geskied het nie.
Die 'geregtigheid' waarna hier verwys
word, is nie 'n begrip wat veronderstel
dat die beskuldigde noodwendig onskul=
dig is nie. Geregtigheid wat geskied
het in hierdie sin is die resultaat wat

'n bepaaldle eienskap van verrigtinge aandui.

Die eienskap toon aan dat aan vereistes

wat grondbeginsels van reg en regverdigheid

aan die verrigtinge stel, voldoen is.
Die vraag of onreëlmatige of met die
reg strydige verrigtinge in verband
met 'n verhoor van 'n beskuldigde van
so 'n aard is dat dit gesê kan word
dat van daardie grondbeginsels nie
nagekom is nie, en geregtigheid dus
nie geskied het nie. sal afhang van
die omstandighede van elke geval en
sal altyd 'n oorweging van publieke
beleid vereis."

Dat die meriete nie noodwendig oorweeg word by die bepaling van die effek van bewese onreëlmatighede nie blyk ook uit die beslissings van hierdie Hof in S v Seheri en Andere 1964 (1) SA 29 (A) op 36 B-C, en S v Meyer 1972 (3) SA 480 (A) op 484 F. Of die meriete in so 'n geval oorweeg sal word al dan nie sal afhang van die aard en omvang van die bewese onreëlmatighede.

/ In ...

63

In die onderhawige saak is elkeen van die voormelde onreëlmatighede so ernstig dat gesonde regspleging (en dus ook geregtigheid) reeds in elke geval in die gedrang kom. Maar die kumulatiewe effek van almal van hulle tesame is deurslaggewend en vernietigend van die regsgel= digheid van appellant se verhoor. By wyse van vergelyking kan dieselfde van hul gesamentlike effek gesê word as van dié van verskeie stukke omstandigheidsgetuienis, waarvan DAVIS Wn AR, (met verwysing na die vyfde uitgawe van Best on Evidence) die volgende gesê het in R v De Villiers 1944 (AA) 493 op 508:

".... though each taken by itself weigh but as a feather —join them together you will find them pressing on the delin-quent with the weight of a millstone...."

Dit is na my mening so duidelik dat appellant ernstig en onherroeplik benadeel is en geregtigheid weens die gesamentlike effek van die bogemelde onreëlmatighede

/ nie

64.

nie geskied het nie, dat die openbare beleid dit nie
sal duld dat appellant se skuldigbevinding bly staan nie.

Soos vroeër in hierdie uitspraak uiteengesit, het die Hof a quo die appèl van die hand gewys omdat dit bevind het dat appellant se skuld op die getuienis en veral weens sy eie optrede bewys is en dat geregtigheid derhalwe geskied het in weerwil van gemelde onreëlmatighede.
Dit is egter na my mening geensins duidelik op die oorkonde dat appellant inderdaad skuldig is nie. Sy verweer is volgens die vrae tydens die verhoor gestel, asook volgens wat hy aan die landdros gesê het, in wese dat hy onskuldiglik vir Hans aan Leske voorgestel het, dat hy niks van die Mandrax geweet het nie en dat hy in die hotelkamer teenwoordig was omdat hy geld by Leske wou leen. Sy vraag aan laagenoemde en dié se antwoord daarop: "Is dit korrek dat ek u voorgestel het aan die

verkoper van hierdie Mandrax tablette? Korrek", is

nie 'n ondubbelsinnige aanduiding dat hy geweet het waaroor dit gaan nie. Dit is ewe vatbaar vir die vertolking dat

/hy

65

hy Leske onskuldiglik voorgestel het aan die persoon wat later geblyk het die verkoper van die tablette te gewees het. Appellant se kruisondervraging van Pong is 'n duidelike ontkenning van skuld. Dit het só ver= loop:

CROSS-EXAMINATION BY ACCUSED: As I said that I am not guilty. I went there, he found me in the room. I went to a friend, which is Martin, which is I had coffee there, I had breakfast. You see I am in Johannesburg, I came up here to look for work. Saying that he said come up to Johannesburg, I went to go and borrow money there. But I stood up when these gentlemen came, and I wanted to touch, he stopped me, he said those things, they do not con= cern me. So I stayed, I backed out and he left us in the room, not giving me the R200 which I wanted from him. So after he had left ...

COURT TO WITNESS: What the accused really puts to you is that he had nothing to do with these pills whatsoever. Would you agree to that or not, as far as you are concerned?-- Your Honour, as far as I am concerned, I found him there.

So that is all you can say?-- That is all I can say."

/ Daarna ...

66

Daarna het Pong die volgende aan die Hof gesê, wat tot 'n mate stawing van appellant se stelling is:

"COURT TO ACCUSED: Anymore questions?

No.
COURT TO WITNESS: The other question really is that this Martins told him the packet is nothing of his concern?— Yes. I did not hear the exact words, but all I know is that he wanted to touch it and Martin said leave."

Die "Martins" waarna hiér verwys word is, soos reeds tevore hierin aangedui, die getuie Leske. Die verwysing na iets wat appellant wou betas maar toe deur Leske verhinder is om dit te doen; verwys na die volgende antwoord wat Pong in die loop van sy getuienis aan die

Landdros gegee het:

"Accused no 3 '(appellant)' was talking with Martins. And accused no 3 at one stage wanted to touch the packets, and Martins told him to leave it."

Die "packets" waarna Pong verwys het is die pakkies Mandrax

tablette.

/ Hierdie...

67

Hierdie getuienis is vereenselwigbaar daarmee dat appellant nie geweet het wat in die pakkies was nie en dat Leske wou verhoed dat hy uitvind. Dit is een belangrike aspek waarop Leske nie deur Duvenhage ondervra is nie, hoogswaarskynlik weens die Landdros se inmenging.

Appellant se ondervraging van Slabbert het só verloop:

HOF AAN BESKULDIGDE: Enige vrae? Geen vrae nie.
Stem jy saam met alles wat die getuie gesê het? Are you satisfied with the witness's evidence, that he talked the truth? Yes, a little bit, but...

A little bit! But you know. the Court

told you... No, he did not say
the thing as it is. It is that I jumped and I said it is Pong's stuff this.
Yes, he found me sitting as he came into the room and all of them, they found me in that room, because I know this guy Martin as a friend. He used to sell vege= tables to us.

No, no, no. Are you satisfied with this witness's evidence?— No, I just want to sort of tell you something, I am sorry.

/ CROSS-EXAMINATION ...

68

CROSS-EXAMINATION BY ACCUSED: So, I mean he came into the room, he asked whose bag is that? And he searched me, he found nothing in my pocket. I did not know what was in the bag.
HOF: Hy sê jy het gevra wie se tas is dit?-- Ek het nie nodig gehad om te vra nie Edelagbare. Hy het onmiddellik toe ek in die kamer inkora vir my gesê dit is Pong se tas.
Hy sê hy het nie geweet wat is daarin nie?-- Dis nie die afleiding wat ék gemaak het nie."

Daar stel appellant dit in soveel woorde dat hy nie geweet het wat in die sak was waarin die tablette was nie. Alhoewel dit nie Slabbert se afleiding van appellant se gedrag was nie, is hy weerspreek deur Welgemoed op die vraag of appellant enigiets aan hulle gesê het.

Welgemoed het gelyktydig met Slabbert die hotelkamer binnegegaan waarin appellant en die ander toe was. Hy het met appellant saamgestem op dié se stelling dat hy nie gepraat het in die kamer nie.

/ Aan. . .

69

Aan die landdros het appellant weliswaar die volgende gesê:

"Now do you want to give evidence, or do you want to remain silent?-- I rather remain silent, because there is nothing that I can say. All what they said is they told the right story.
So you are satisfied that they all told the truth?-- What they said yes, it was the truth."

Maar in die lig van die voorafgaande uiteensetting van die getuienis en appellant se reaksie daarop kan sy laas= genoemde uitlatings nie as 'n duidelike en ondubbelsinnige erkenning van skuld beskou word nie.

Dit is ook heel duidelik dat die appellant

ontsteld en verward was weens die landdros se ongeduldige en onsimpatieke houding jeens hom. Dit kan nie van iemand wat onder sulke omstandighede in so 'n gemoedstoestand verkeer en daarbenewens onkundig is oor die regsprosedure, verwag word om sy saak behoorlik te stel en sy vrae en

antwoorde duidelik te artikuleer nie . Indien appellant

/ regsverteenwoordiging....

70

regsverteenwoordiging gedurende die loop van die Staatsaak gehad het sou die oorkonde van die verrigtinge ongetwyfeld 'n heelwat ander voorkoms gehad het -

In die meriete is daar gevolglik geen genoegsame aanduiding te vind dat geregtigheid geskied het in weerwil van die onreëlmatighede nie.

Daar is net twee verdere aspekte wat kommentaar verg.

(1) Ter beantwoording van die gewysigde gronde van appêl het die landdros in sy verdere redes o.a. die volgende stelling gemaak:

"In die Landdroshof moet 'n landdros bereid wees om te kruisverhoor. Dié stelling mag kras klink maar ek wil met die grootste respek sê dat geen landdros daarsonder sy plig na regte kan uitvoer nie. Daagliks word sake hier verhoor waarin die hof te kampe het met onervare staatsaanklaers, prokureurs en advokate; dan is dit on-nodig om te sê dat in seker 90% sake die beskuldigde sy eie verweer waarneem. Die Hooggeregshof kry ongelukkig net

/ te ...

71

te doen met gevalle waar 'n hof 'n beskuldigde kruisverhoor en omdat (die) beskuldigde dan as getuie gefaal het, word beweer dat die hof die arena betree het. Ek wil hier herstateer, sonder vrees van teëspraak, dat landdroste elke dag staats-getuies kruisverhoor. Op die hof se kruisverhoor word die beskuldigde later vrygespreek".

Met die gebruik van die woord "herstateer" gee die landdros
te kenne dat hy al voorheen so 'n stelling kwytgeraak

het. Hy gee ook voor om namens die corps van landdroste

te praat en hulle algemene daaglikse optrede te beskryf.

Daardeur matig hy hom 'n bevoegdheid aan wat hy gewis

nie het nie. Hoe weet hy wat landdroste landwyd doen?

Maar al moet hy verstaan word om net na die Johannesburgse

landdroste te verwys, is ek daarvan oortuig dat hy verkeerd

is. Dit is 'n verdoemende aantyging teen sy kollegas. Dit verbaas my dat hy so iets kan kwytraak want dit

druis in teen een van die mees basiese beginsels van

beskaafde en gesonde regspleging.

/ Kruisondervraging...

72

Kruisondervraging hou nie net die element van indringendheid in nie, maar ook van partydigheid. 'n Regspreker moet altyd werklik en sigbaar onpartydig wees. Gevalle kom sekerlik redelik dikwels voor waar 'n regspreker deur die omstandighede genoop is om indringende vrae aan 'n getuie (en soms ook aán 'n beskuldigde) te stel in die belang van geregtigheid. Maar dan moet sulke vrae met omsigtigheid gestel word om nie alleen elemente van kruisondervraging daaruit weg te hou nie, maar om ook die indruk te vermy dat die hof besig is met kruisver= hoor. Dit is die reg van die Staat sowel as van die verdediging om met algehele onpartydigheid deur 'n hof behandel te word. Ek is seker dat die corps van land= droste deurgaans daarna streef. Dit lyk my die landdros het vergeet van die riglyne so duidelik deur hierdie Hof neergelê in Rall se saak. Dit noop my gevolglik om t.o.v. die noodsaaklikheid vir 'n hof om sy onpartydig= heid, onbevangenheid en regverdigheid daadwerklik en

/ sigbaar...

73

sigbaar te handhaaf, die volgende uit Rall se saak aan te haal (op 832 B):

"The Judge should consequently refrain from questioning any witnesses or the accused in a way that, because of its frequency, length, timing,form, tone, contents or otherwise, conveys or is likely to convey the opposite impres= sion (of Greenfield Manufacturers (Temba) (Pty) Ltd v Royton Electrical Engineering (Pty) Ltd 1976 (2) SA 565 (A) at 57OE-F; Jones v National Coal Board [1957] EWCA Civ 3; (1957) 2 All ER 155 (CA) at 159F).

(2) Dit was deur mnr Strydom ook betoog dat die landdros vir Leske onder kruisverhoor geneem het ten nadele van appellant. Na my oordeel was dit egter nie die geval nie.

Die appèl slaag en die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.

M T STEYN

CORBETT AR)

Stem saam VILJOEN AR)