South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 79

| Noteup | LawCite

S v Nobel (81/87) [1987] ZASCA 79 (27 August 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


RAYMOND NOBEL Appellant

en

DIE STAAT Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPÉLAFDELING)

In die saak tussen:

RAYMOND NOBEL Appellant

en

DIE STAAT Respondent

Coram: HEFER, AR, NICHOLAS et BOSHOFF, Wn ARR

Verhoor: 20 Augustus 1987

Gelewer: 27 Augustus 1987

UITSPRAAK

BOSHOFF, Wn AR:

Die appellant is in die Kaap die Goeie

Hoop Provinsiale Afdeling deur Marais R en twee assessore

skuldig /2

2

skuldig bevind dat hy op 14 Augustus 1985 in die Pollsmoor-

gevangenis vir David Blankenberg, hierna genoem die oor-

ledene, vermoor het. Omdat daar geen versagtende om-

standighede bevind is nie, is hy die doodstraf opgelê.

Met die verlof van die verhoorhof kom hy nou

in hoër beroep na hierdie hof teen beide die skuldigbe-

vinding en die bevinding van die afwesigheid van versag-

tende omstandighede.

Die nag van 13-14 Augustus 1985 was die oorledene

saam met 36 ander gevangenes, waarvan " die appellant

een was, in sel 57 van die Pollsmoorgevangenis opgesluit

Ongeveer 06h30 op 14 Augustus 1985 het sersant Van Wyk

en /3

-3-

en twee ander bewaarders, Barnard en Murray, die sel

gaan oopsluit en die gevangenes daarin getel. Die

vorige aand was 37 daarin toegesluit en die betrokke

oggend was daar net 36. Barnard het toe in die sel ge-

gaan en opgemerk dat daar iemand nog onder sy komberse

lê. Na verdere ondersoek het dit geblyk dat dit die oor-

ledene was. Hy was dood en het merke aan sy keel gehad

wat daarop gedui het dat hy verwurg was. Van Wyk het

aan die gevangenes gevra wie daarvoor verantwoordelik

was en die appellant en Trevor Johnson het na vore gekom

en sonder om enigiets te sê hulle tronkkaartjies aan

Van Wyk oorhandig. Hulle name, nommers en die straf

wat hulle uitdien verskyn op die kaartjies en die kaartjies

dien /4

-4-

dien as hulle identiteitskaartjies .Van Wyk het die tronk-

kaartjies aan Murray oorhandig en majoor van Sittert,

die hoof van die inrigting, ontbied. Murray het toe die

tronkkaartjies aan hom oorhandig.

Johnson was skynbaar saam met die appellant

aangekla van moord op die oorledene en daar moes toe 'n

skeiding van verhore gewees het want, ten tye van appellant

se verhoor was sy verhoor afsonderlik afgehandel en was hy alreeds

skuldig bevind aan die moord en die doodstraf opgelê. In die huidige

saak teen die appellant het hy vir die verdediging ge-

tuienis afgelê en self volle verantwoordelikheid vír die

dood van die oorledene aanvaar. Hy verbind die appellant

nie met die pleeg van die moord nie. Inteendeel, vol-

gens hom het die appellant geen aandeel daaraan gehad

nie /5

-5-

nie en hom slegs gehelp om die oorledene te dra vanaf

Johnson se bed na die oorledene se bed. Die appellant

was toe nie bewus daarvan dat die oorledene alreeds dood

was nie. Appellant het ontken dat hy betrokke was by

die oorledene se dood en selfs ook dat hy vir Johnson

gehelp het om hom terug te dra na sy bed toe.

Om die betrokkenheid van die appellant by die

pleeg van die moord te bewys, het die Staat gesteun op

die getuienis van 4 mede-gevangenes, nl Jim Douglas,

Anthony Louw, Manie Adams en John Diedericks.

Die moord is in die vroeë ure van die oggend

van 14 Augustus 1985 gepleeg toe die gevangenes veronderstel

was /6

-6-
was om te slaap. Die ligte in die sel brand die heelnag deur en die gevangenes slaap op slaapmatte wat langs die mure van die sel gelê word sodat die gevangenes met hulle koppe by die muur lê en hulle voete weg van die muur is. Die meeste van die gevangenes behoort aan óf bende 28 óf bende 26 en die bendelede van die verskil-lende bendes probeer sover as moontlik naby mekaar te slaap. Die gevangenes wat nie aan enige van hierdie twee bendes behoort nie, word na verwys as "franse". Die appellant en Johnson behoort aan bende 28 en die getuies Douglas, wat bekend is as Kola, en Diedericks is lede van bende 26. Louw en Adams is nie lede van enige bende nie. Die oorledene was ook nie 'n lid

van /7

-7-

van 'n bende nie.

Die betrokke nag het die oorledene langs

Adams geslaap. Adams het wakker geword toe die oorledene

gedurende die nag opstaan en aan hom stamp. Hy slaap

met sy kop toegetrek. Hy het 'n geroggel gehoor en gesien

dat die appellant en Johnson vir die oorledene met 'n

lyfband verwurg by appellant en Johnson se slaapplek

Hulle twee het hom daarna terug na sy bed gebring.

Louw het- langs Johnson geslaap en die appellant

het aan die anderkant geslaap. Volgens Louw het die

appellant vir Johnson gestuur om 'n "frans" te gaan

roep. Johnson het vir oorledene gaan roep. Appellant

het /8

-8-

het hom toe uitgevra oor sy lidmaatskap van 'n bende.

Johnson het 'n lyfband om sy nek gesit en han verwurg. Die

appellant het 'n handdoek voor die oorledene se mond

gehou sodat hy nie kon skree nie. Daarna het die

appellant en Johnson vir die oorledene teruggedra na

sy bed toe.

Douglas het gehoor dat Johnson vir 'n persoon

roep. Die persoon het na Jóhnson se bed gegaan en

volgens Douglas het hy gesien dat Johnson 'n lyfband

om die persoon se nek sit en dat beide hy en die appellant

dit styf trek. Daarna het hy gesien dat Johnson en

die appellant die persoon terugdra na sy bed toe.

Diedericks het langs Douglas geslaap. Volgens

hom /9

-9-

hom het Johnson die nag die oorledene geroep. Hy het

na die slaapplek van Johnson en die appellant gegaan.

Daar het die appellant die lyfband om die oorledene

se nek gesit en beide die appellant en Johnson het dit

toe styf getrek en die oorledene verwurg. Daarna het

Johnson en die appellant vir die oorledene teruggedra

na sy bed toe.

Al vier hierdie getuies staaf die getuienis

van Van Wyk dat beide die appellant en Johnson na vore

gekom het en hulle tronkkaartjies aan hom oorhandig

het toe hy gevra het wie verantwoordelik vir die toestand

van die oorledene was.

Afgesien /10

-10-

Afgesien van hierdie hoofpunte in die vier

gevangenes se getuienis, is hulle getuienis uiteenlopend

oor wat alles die nag gebeur het en presies hoe die oor-

ledene deur die appellant en Johnson verwurg is.

Die verhoorhof het as volg met die getuienis

wat afgelê is gehandel:

"Die bewyslas is duidelik. Dit is vir die Staat om bo redelike twyfel te bewys dat die beskuldigdes wel skuldig is. Die vraag is of dit redelik moontlik kan wees dat die beskuldigde se ont-kenning waar is. Ons moet in ag neem dat die vier ooggetuies self gevangenes was of is, dat twee van hulle lede van 'n ander bende is en dat daar aller-hande redes kan bestaan waarom hulle valse of oordrewe beskuldigings teenoor 'n mede-gevangene sou maak. Ons moet

ook /11

-11-

ook in gedagte hou dat Trevor Johnson reeds veroordeel is en dat dit nie vir hom voordelig is om beskuldigde valslik te beskerm nie.

Na oorweging van die getuienis in die lig van hierdie benadering, het ons tot die volgende bevindings geraak. Ons aanvaar sersant Van Wyk se getuienis dat beide beskuldigde en Johnson na vore getree het en hulle kaartjies aan hom oorhandig het. Hy het sy getuienis op 'n bevredigende manier afgelê en hy is in wesenlike opsigte deur die getuienis van die ander gevangenes wat namens die Staat getuig het, gestaaf.

Die weergawes van beskuldigde en Johnson aan die ander kant was onin-drukwekkend. Hulle weergawes het in wesenlike opsigte met mekaar gebots en is na ons mening baie onwaarskynlik. Die valse ontkenning van hierdie faset van die Staat se saak deur beide beskul-digde en Johnson maak dit duidelik dat hulle die oorhandiging van die kaartjies as inkriminerend beskou het en ons is

tevrede /12

-12-

tevrede dat hulle dit in dieselfde lig gesien het toe hulle na vore getree het en die kaartjies op die oggend van 14 Augustus oorhandig het.

Ons verwerp die beskuldigde se ont-kenning dat hy enige iets met die oor-ledene te doen gehad het. Selfs op Johnson se getuienis het beskuldigde gehelp om die oorledene na sy slaapplek terug te dra. Die getuienis dat twee persone die oorledene gedra het, is oorweldigend en strook ook met die inherente waar-skynlikheid. .... Ons is eenparig van mening dat die beskuldigde wel deelgeneem het aan die pleging van die moord op die oorledene. Ons het nie uit die oog verloor dat daar groot ver-skille in die weergawes van die vier ooggetuies is nie, maar hulle is dit almal eens dat beskuldigde aan die verwurging van die oorledene deelgeneem het. Die gevolgtrekking dat hy wel aandadig was word gesteun deur sy gedrag die volgende oggend toe hy na vore getree het en sy kaartjie oorhandig het, gekoppel aan

sy /13

-13-

sy valse ontkenning daaraan. ...

Die beskuldigde se presiese bydrae in die pleging van die moord is meer moeilik om bo redelike twyfel te bepaal. Ek het reeds verwys na die weersprekings in die weergawes van die ooggetuies. Hulle het nie 'n slegte indruk op die Hof gemaak nie, maar dit is duidelik dat hulle nie almal korrek kan wees nie. Dit is nie moontlik om te bevind wie se weergawe die akkuraatste en die mees waar is nie. Anthony Louw was ietwat meer indrukwekkend as die ander drie ooggetuies en Jim Douglas was ietwat meer indrukwekkend as die ander twee, maar ons het nie genoeg vertroue in enige een van hulle om sy besondere weergawe uit te sonder as die juiste een nie.

Ons bevinding is dus dat die be-skuldigde geweet het dat oorledene verwurg sou word en dat hy aktief deel-geneem het in die verwesenliking van daardie oogmerk óf deur aan die lyfband te trek óf deur die oorledene se kop op te lig sodat die lyfband deur Johnson

om /14

-14-

om sy nek gesit kon word en om deur 'n

handdoek teen sy mond te druk. Hy het ook daarna die oorledene se lyk na sy eie slaapplek teruggedra."

Mnr Goodman namens die appellant het toegegee dat die appellant se getuienis onbetroubaar is en dat hy in sekere opsigte nie die waarheid gepraat het nie veral raet betrekking tot die oorhandiging deur homself van die tronkkaartjie aan Van Wyk. Sy aanval teen die skuldigbevinding was egter in hoofsaak toegespits op die onbetroubare aard van die getuienis van die vier mede-gevangenes wat dit onmoontlik maak om presies vas te stel wat die appellant se aandeel in die pleging van die moord was. Nogtans was hy nie in staat om

aan /15

-15-

aan te toon in welke opsig die verhoorhof misgetas het

met sy benadering van die getuienis met al sy gebreke nie

Myns insiens toon die getuienis bo redelike

twyfel dat die oorledene verwurg is daar waar Johnson

en die appellant geslaap het en dat hulle twee hom

teruggedra het na sy bed toe. Die mede-gevangenes se

getuienis, alhoewel uiteenlopend, het die appellant

verbind met die gebeure toe die oorledene verwurg is en

hulle getuienis word in hierdie opsig gestaaf deur die

feit dat die appellant sy betrokkenheid erken het, al-

hoewel by implikasie, toe hy na vore gekom het en sy

tronkkaartjie aan Van Wyk oorhandig het toe Van Wyk

gevra het wie verantwoordelik is vir die oorledene se

toestand /16

-16-

toestand. Al hierdie getuienis van betrokkenheid

het daartoe aanleiding gegee dat hy sy posisie moes

verduidelik. Hy het 'n verduideliking gegee wat vals

is en deur die verhoorhof verwerp is.

Ek is bygevolg nie oortuig dat die bevinding

van die verhoorhof dat hy deelgeneem het aan die pleeg

van die moord op die oorledene verkeerd is nie.

Mnr Goodman het 'n dappere poging aangewend

om te betoog dat die verhoorhof gedwaal het deur nie

versagtende omstandighede te bevind nie. Inderdaad

het die appellant self nie hieroor getuienis voor die

hof gelê nie en was daar ook geen feitlike basis waarop

so /17

-17-

so 'n betoog gefundeer kan word nie

Die slotsom gevolglik is dat die appel van die

hand gewys word beide ten opsigte van die skuldigbevind-

ing aan moord en die bevinding van die afwesigheid van

versagtende omstandighede.

Waarnemende Appelregter

HEFER, AR)
stem saam NICHOLAS, Wn AR)