South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 151

| Noteup | LawCite

S v Hoko and Others (375/87) [1988] ZASCA 151 (28 November 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


/MC Saak nr 343-/87

JOSEPH HOKO EN ANDERE

- en-

DIE STAAT

VIVIER AR.
/MC Saak nr 363/87.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)
In die saak tussen
JOSEPH HOKO Appellant nr 1

DICKSON MADIKANE Appellant nr 2

JOHN DANIELS Appellant nr 3

ERNEST SOLOMONS Appellant nr 4

DAVID KETSHEM Appellant nr 5

- en -

DIE STAAT Respondent

CORAM: JOUBERT, HEFER et VIVIER ARR.

VERHOORDATUM: 18 November 1988 LEWERINGSDATUM: 28 November 1988.

UITSPRAAK
VIVIER AR/....

2

VIVIER AR:

Die vyf appellante, na wie ek onderskeidelik as beskuldigdes 1, 3, 5, 6 en 7 sal verwys, is in die Streekhof op George aan openbare geweld skuldig bevind. Beskuldigdes 1, 5, 6 en 7 is elk tot agt jaar gevangenisstraf en beskuldigde 3 tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Drie jaar van die gevangenisstraf van beskuldigde 5 is vir vyf jaar op sekere voorwaardes opgeskort,

Die appellante se appèl teen hulle skuldigbevindings en vonnisse na die Kaapse Provinsiale Afdeling het misluk en met verlof van hierdie Hof kom hulle nou in hoër beroep slegs teen hulle vonnisse.

Die tersaaklike feite vir huidige doeleindes is die volgende. Om ongeveer 8 uur op Vrydagaand 22 November 1985 het ene Mann met sy firma se vragmotor werknemers in Bongulethu, 'n Swart woonbuurt naby Oudtshoorn, gaan aflaai. Hy het in Derdelaan gestop en sy passasiers het afgeklim. 'n

3 /

3

Groot skare oproeriges, waaronder die vyf appellante, het nadergekom, die vragmotor met klippe bestook en 'n slagspreuk geskreeu. Beskuldigdes 1 en 5 het na die vragmotor gegaan en vir Mann uitgeruk en op die grond gegooi terwyl die res van die skare 'n entjie weg gestaan het. Beskuldigdes 1 en 5 het daarna die vragmotor aan die brand gesteek met petrol uit 'n kannetjie wat beskuldigde 1 by hom gehad het. Die vragmotor het heeltemal uitgebrand. Mann het weggehardloop, agtervolg deur o a beskuldigdes 3, 6 en 7. Hy het ontkom en ongeveer 1 km van die toneel die polisie teengekom wat hom gehelp het. Hy is nie beseer nie.

Hierdie Hof se bevoegdheid om met die vonnis van die verhoorhof in te meng, is beperk tot gevalle van

onreëlmatigheid, wanvoorligting of onredelikheid. S v

Buthelezi 1985(2) SA 806(A) op 811H en S v Pieters 1987(3) SA 717(A) op 727F-728D.

4/

4

Mnr Desai, wat namens al die beskuldigdes voor ons verskyn het, het slegs betoog dat die vonnisse onredelik swaar is, en wel in die lig van die beskuldigdes se persoonlike omstandighede, die rol wat elkeen by die gebeure gespeel het en vonnisse wat in ander gevalle van openbare geweld opgelê is.

Die beskuldigdes se persoonlike omstandighede word volledig in die landdros se uitspraak oor vonnis uiteengesit. Behalwe beskuldigde 5, wat 'n 16-jarige skoolseun is, is al die ander jong mans tussen die ouderdomme van 22 en 29 jaar, ongetroud, arbeiders en woonagtig in Bongulethu. Behalwe beskuldigde 3, wat nie minder nie as elf vorige veroordelings het, insluitende vyf vir geweldsmisdade, is almal eerste oortreders of kan as eerste oortreders beskou word.

Beskuldigdes 1 en 5 was die voorbokke van die skare oproeriges en hulle optrede kon maklik die plofbare situasie wat daar geheers het, vererger het. Beskuldigdes 1 en 5 het

5/

5

groot skade aan eiendom aangerig en die man wat hulle uit sy vragmotor geruk het, in lewensgevaar geplaas. Hulle is aangehits deur die gepeupel, van wie beskuldigdes 3, 6 en 7 deel was. Laasgenoemdes het daarna vir Mann agternagesit toe hy ontvlug het. Gelukkig vir almal het hy ontkom.

Geweldpleging van hierdie aard, wat al te dikwels in ons Swart woonbuurte voorkom, moet in 'n baie ernstige lig gesien word. Die aandeel van beskuldigdes 1 en 5 in die gebeure was groter as dié van die ander beskuldigdes.

Wat betref die vonnisse wat in ander gevalle van openbare geweld opgelê is, waarna mnr Desai ons verwys het, is die feite van daardie sake so verskillend van dié in die huidige saak dat dit, na my mening, nie as maatstat vir die huidige saak kan dien nie. Vgl S v Maseko 1988(4) SA 1(A) op 4F-G.

In die omstandighede van hierdie saak meen ek nie dat die opgelegde vonnis van beskuldigde 1 onredelik swaar is

6/

6

nie, of dat nie voldoende gewig geheg is aan die jeug van beskuldigde 5 deur drie jaar van sy vonnis op te skort nie. Vanweë hulle mindere aandeel in die gebeure meen ek dat dit gepas is om 4 jaar van die vonnisse van elk van beskuldigdes 6 en 7 op te skort. In die lig van beskuldigde 3 se vorige veroordelings kan egter nie gesê word dat sy opgelegde vonnis onredelik swaar is nie.

Gevolglik slaag die appèl van beskuldigdes 6 en 7 tob die mate dat elkeen se opgelegde vonnis gewysig word deur vier jaar van die gevangenisstraf vir vyf jaar op te skort op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan openbare geweld, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie. Die appèlle van beskuldigdes 1, 3 en 5 word afgewys.

W. VIVIER AR.

JOUSERT AR)

Stem saam. HEFER AR)