South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 170

| Noteup | LawCite

S v Louw (344/88) [1988] ZASCA 170 (1 December 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


Saaknommer 344/88

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

JAN LOUW Appellant

DIE STAAT Respondent

CORAM: HOEXTER, BOTHA et EKSTEEN,ARR

VERHOOR: 22 November 1988 GELEWER: 1 Desember 1988

UITSPRAAK

HOEXTER, AR

2

HOEXTER, AR
Dit is 'n strafappèl. In die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling is die appellant, 'n 27-jarige manspersoon, deur 'n hof bestaande uit BURGER, R en twee assessore aan o a die misdade van strafbare manslag en verkragting skuldig bevind. Ten opsigte van eersgenoemde skuldigbevinding is die appellant 'n vonnis van tien jaar gevangenisstraf opgelê. Weens die verkragting is hy ter dood veroordeel. Op aansoek van die advokaat wat by die verhoor namens die appellant opge-tree het, het die verhoorregter verlof om teen die doodvonnie te appelleer, verleen. Daarna is adv Wittenberg versoek om die appellant se appèl pro Deo te behartig. In die afwesigheid van die verhoorregter (wat inmiddels afgetree het) het adv Wittenberg by 'n ander lid van die betrokke provinsiale regbank verder verlof verkry dat die appellant ook sowel teen die skuldigbevinding aan strafbare manslag as die vonnis van tien

jaar

3

jaar gevangenisstraf mag appelleer. Vir die deeglike betoog wat hy namens die appellant gelewer het, is hierdie Hof die advokaat dank verskuldig.
Gedurende die voormiddag van 25 April 1987, en te Worcester, het die appellant deur die agterplaas van hul erf tot die woonhuis van die bejaarde egpaar Gouws toegang verkry. Of mnr Gouws toe tuis was, is onseker. Mev Gouws (na wie ek as "die klaagster" sal verwys) was egter binne in die huis. Die appellant het die klaagster kwaai aangerand en hy het haar ook verkrag. By die waarskynlike volgorde waarin die twee misdade gepleeg is asook die aard en omvang van die klaagster se beserings sal ek aanstons kom. Teen ongeveer 12h00 is die klaagster half-bewusteloos op die vloer van die bloedbe-vlekte badkamer gevind. Die klaagster is aanvanklik in die Eben Donges Hospitaal te Worcester opgeneem. Haar toestand het aldaar geleidelik versleg en sy is op 27 April 1987 na

die

4

die Tygerberg Hospitaal oorgeplaas waar sy op 6 Mei 1987 aan
haar beserings beswyk het.

Ten tyde van die klaagster se opname in die hospi-

taal te Worcester was dr G D le Roux die geneesheer aan diens

by die ongevalle-afdeling. Volgens hierdie getuie was die

klaagster -

"....erg aangerand en haar oë toegeswel en haar hele gesig was blou-pers. Sy het baie gekla
van pyn en het onduidelik gepraat Sy het
blou kneusmerke aan haar bors en skouers gehad."

Op 7 Mel 1987 het dr T.G Schwär, 'n geregtelike patoloog, 'n

lykskouing op die klaagster uitgevoer. Dr Schwär het die

oorsaak van dood as "hoofbesering met skoklongbeeld" aange-

merk. Die skoklongbeeld het die patoloog in sy getuienis

met veral bloedverlies en infeksie in verband gebring. Af-

gesien van die skoklongbeeld was dr Schwär se vernaamste

bevindings (1) verskeie skedelfrakture en in besonder een

(waarna

5

waarna verwys sal word as fraktuur "A") in die neusbruggebied en 'n ander (waarna verwys sal word as fraktuur "B") in die regter temporale gebied; en (2) veelvuldige en verspreide kneusings. Gemelde kneusings het o a op die volgende lig-gaamsdele voorgekom: (i) die regter oor en onderkaak; (ii) die ken; (iii) die linker mond; (iv) die linker oog; (v) die regter en linker skouers; (vi) die regter bo-arm; en (viii) die linker bo-arm en voorarm.

By sy verhoor het die appéllant onskuldig gepleit en in sy getuienis (wat die verhoorhof tereg as vals verwerp het) het die appellant ontken dat hy Op die betrokke dag ooit naby die klaagster se huis was. Van die appellant se aan-randing op en verkragting van die klaagster is geen oogge-tuienis aangevoer nie. In die getuiebank het Schwar ver-duidelik dat frakture "A" en "B" nie met mekaar in verband gestaan het nie, en dat die veroorsaking daarvan twee

afsonderlike

6

afsonderlike toedienings van geweld met 'n stomp voorwerp
sou geverg het. Dr Schwär het egter as 'n redelike moont-
likheid toegegee dat die klaagster deur in die badkamer te
val beide frakture "A" en "B" kon opgedoen het:-

" sy kon byvoorbeeld vooroor geval het

teen die wasbak en dan na die kant toe geval het en dan met haar regterkop teen die bad geval het."

Aan die hand van hierdie toegewing het die appellant se
advokaat betoog dat die verhoorhof gefouteer het deur die
appellant aan strafbare manslag skuldig te bevind; en dat
die ietwat karige gegewens hoogstens 'n skuldigbevinding aan
aanranding regverdig.

Met die oog op die moontlikheid dat die klaagster

haar noodlottige hoofbeserings deur 'n val in die badkamer

kon opgedoen het, het mnr Wittenberg die volgende twee

submissies gemaak. In die veronderstelling dat die klaagster

so

7

so geval het as gevolg van 'n harde stamp of stoot deur die appellant, aldus die eerste argument, was die opdoen van die noodlottige beserings nie 'n gevolg wat die appellant redelikerwys behoort te voorsien het nie. Daardie argument kan m i nie opgaan nie. Die klaagster was 'n ou dame van 73. Om deur die toediening van geweld, op watter wysé ookal, 'n bejaarde vrou neer te vel, is na my oordeel 'n handeling wat inherent die moontlikheid van lewensgevaarlike beserings vir die slagoffer inhou. Te meer is dit die geval waar die geweldpleging plaasvind binne 'n beknopte vertrek soos 'n had-kamer wat 'n harde vloer het en wat toegerus is met muur-meublement (soos 'n bad en 'n wasbak) met veelkantige harde oppervlaktes.

Ten tweede het die appellant se advokaat in bedenking gegee dat die volgende sameloop van gebeure nie as redelike moontlikheid uitgeskakel kan word nie. Dit is aan

die

8

die hand gedoen dat die appellant die klaagster dalk elders as in die badkamer te lyf gegaan het; dat die klaagster miskien daarin kon geslaag het om van hom los te ruk en om na die badkamer te ontvlug; en dat in haar angs en haas om haar aanvaller te ontwyk sy op die vloer van die badkamer kon gegly en geval het. Hierdie bespiegeling is vergesog en word na my mening glad nie deur die kernfeite van die saak uitgedra nie. Toe die klaagster na die aanval op haar in 'n beswyming op die vloer van die badkanier aangetref is, was die badkamer met bloed besmeer. Die getuienis bevat nie die geringste aandulding van geweldpleging op die klaagster in enige ander vertrek in die huis nie. Die klaagster se beserings dui op die pleging van 'n volgehoue en wreedaardige aanranding. Selfs wanneer die noodlottige hoofbeserings buite rekening gelaat word, is die geheelbeeld van die orige letsels gruwelik. Volgens die geneeskundige

getuienis

9

getuienis het die appellant die kiaagster pimpel en pers geslaan. Hierdie feit word treffend tuisgebring deur die kleurfotos wat van die beserings aan die klaagster se gesig geneem is. Enige poging om die opdoen van die noodlottige hoofbeserings los te maak van wat klaarblyklik 'n deurlopende en aaneengeskakelde aanranding binne die badkamer was, moet na my mening as 'n onrealistiese verbeeldingsvlug verwerp word.
Na my oordeel is die skuldigbevinding aan strafbare manslag onaanvegbaar. Daar kan m i ook nie aangevoer word dat die opgelegde vonnis van tien jaar gevangenisstraf buitensporig is nie. Die appellant dra die verwyt van 'n lafhartige en meedoëlose aanval op 'n bejaarde en weerlose dame in haar eie huis.

Vervolgens moet die gepastheid van die doodvonnis weens die verkragting oorweeg word. In sy vonnis-uitspraak het die verhoorregter daarop gewys dat indien die appellant

die

10

die klaagster aangerand het met die oogmerk om haar te verkrag, dusdanige aanranding by straftoemeting t o v die verkragting verswarend teen die appellant sou inwerk. Met inagneming van al die feite van die geval het die verhoorhof heel tereg ten gunste van die appellant as redelike moont-likheid aanvaar dat die appellant om 'n ander rede die klaag-ster oorrompel het; en dat die gedagte om haar te verkrag op die ingewing van die oomblik by hom posgevat het eers nadat die klaagster as gevolg van die volgehoue aanranding haar bewussyn verioor het.
Die doodvonnis is in die uitoefening van die verhoorregter se diskresie opgelê. By vonnisoorweging in die onderhawige geval was 'n belangrike oorweging wat uiter-aard na vore getree het die moontlikheid al dan nie van die appellant se rehabilitasie by oplegging van 'n ander straf as die doodstraf. Dit was die verhoorregter se plig om te

oorweeg:-

11

oorweeg:-

"...whether the discipline and training of a lengthy period of imprisonment might have reformative effects, so that the accused's continued existence would not be a real danger to society".

(per HOLMES, AR in S v Matthee 1971(3) SA 769(A) op 771C/D).

Die appellant se advokaat het aangevoer dat aan

hierdie ondersoek die verhoorregter by vonnisoorweging blote

lippediens bewys het, en dat die opgelegde vonnis op h

miskenning'van die appellant se hervormingsmoontlikheid

neerkom. Uit hoofde van wat hieronder gesê word, is ek

van mening dat die verhoorregter by strafopiegging sy dis-

kresie wel op 'n onbehoorlike wyse uitgeoefen het; en dat

hierdie Hof regtens verplig is om opnuut 'n eie straf-diskresie

te laat geid. In sy vonnis-uitspraak het die verhoorregter

m b t die verkragting o a die volgende opmerkings gemaak:-

"By oorweging van die toepaslike vonnis het die
Hof

12

Hof eerstens die ouderdom van die beskuldigde, die vaste werk en dat hy die vader van twee kinders en getroud is, in oorweging geneem. Tweedens, dat daar geen vorige veroordelings vir geweldsmisdade is nie. Derdens, die moontlike rehabilitasie. Die Hof het in dié verband ook in aanmerking geneem dat indien die Hof gevangenisstraf oplê, dit noodwendig sal meebring dat beskuldigde vir 'n lang tydperk in die gevangenis sal verkeer en aangesien hy tans reeds 27 jaar is, hy slegs op gevorderde leeftyd vrygelaat sou word."

In weerwil van bostaande verwysing na die aangeleentheid
van moontlike hervorming het die verhoorregter dit egter nie
nodig geag om een of ander kant toe - òf ten gunste van die
appellant òf teen die appellant - 'n vaste gevolgtrekking te
bereik nie. Hierdie belangrike vraag is op 'n onbevredi-
gende wyse oopgelaat. Wanneer hierdie hof hom tot dieselfde
vraag wend is van kardinale belang die feit dat appellant se

enigste vorige veroordeling met verkragting of gelyksoortige

misdade geen verband hou nie. In Junie 1987 is die

appellant

13

appellant weens huisbraak en diefstal 'n vonnis van ses maande
gevangenisstraf opgelê. Daar kan dus nie as beduidende
moontlikheid aanvaar word dat die appellant na afloop van 'n

lang termyn van gevangenisstraf weer eens verkragting sal pleeg

nie. In gevalle soos diè is die hervormingsmoontlikheid

vanselfsprekend nie die enigste faktor wat in aanmerking kom

nie, maar dit moet altyd as 'n belangrike faktor aangemerk |

word. Na hierdie faktor het die verhoorregter by vonnis-

oorweging 'n terloopse verwysing gemaak sonder dat hy dit òf

vir of teen die appellant in die weegskaal geplaas het. Na

my oordeel het hierdie versuim in die onderhawige geval 'n

onredelike en onbehoorlike uitoefening van die verhoorregter

se strafdiskresie tot gevolg gehad. Met inagneming van al

die omstandighede van die geval tref gevangenisstraf van

vyftien jaar my as 'n gepaste straf.

Die

14

Die appèl teen die skuldigbevinding aan strafbare manslag en die vonnis van 10 jaar gevangenisstraf ten opsigte daarvan opgelê, word afgewys. Die appèl teen die doodvonnis weens verkragting slaag. Die doodvonnis wat opgelê is, word tersyde gestel en deur 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf vervang. Gemelde twee vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

G G HOEXTER, AR

BOTHA, AR ) EKSTEEN, AR ) Stem saam