South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 28
| Noteup
| LawCite
S v Makasi and Others (251/87) [1988] ZASCA 28 (29 March 1988)
Download original files |
251/87 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHNSON MXOLISI MAKASI 1ste Appellant
DAVID TEMBA KEKANA 2de Appellant
JACOBUS KONZI 3de Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: GROSSKOPF, KUMLEBEN, ARR et BOSHOFF Wn AR
VERHOOR: 14 Maart 1988
GELEWER: 29 Maart 1988
UITSPRAAK GROSSKOPF, AR
Die
2 Die drie appellante is in die Provinsiale Af-deling Kaap die Goeie Hoop aangekla van moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede. Die eerste appellant is net skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede, en is gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf. Die tweede en derde appellante is skuldig bevind op al drie klagtes. Die hof (LATEGAN R en twee assessore) het geen versagtende omstandighede ten opsigte van die moord bevind nie, en die tweede en derde appellante is ter dood veroor-deel. Daarbenewens is hulle gevonnis tot tien jaar gevange-nisstraf op elk van die klagtes van poging tot moord en roof, d.w.s., twintig jaar gevangenisstraf vir elk van hierdie twee appellante. Met verlof van die verhoorregter kom al
drie
3 drie appellante nou in hoër beroep teen hul
skuldigbevindinge en vonnisse.
Al die klagtes spruit uit die gebeure van 'n
enkele aand, t.w. Donderdagaand 30 Oktober 1986. Op daardie aand was Mnr. en
Mev. Louis
Hirshon alleen in hul woonstel in Kenilworth, Kaap. Mnr. Hirshon was
79 jaar oud en sy vrou 72 jaar. Ek sal na Mnr. Hirshon verwys
as die oor-ledene,
en na Mev. Hirshon as die klaagster.
Wat die aand daar gebeur het is deur die
klaag-ster in getuienis beskryf. Om ongeveer 9 n.m. het die voor-deurklokkie
gelui. Die oorledene
het die voordeur oopge-maak. Die drie appellante, drie jong
Swart mans, het binne-gekom. Die derde appellant is die seun van die
Hirshons
se
4 se huishulp en het voor hulle grootgeword. Hy het ook by
geleenthede vir die oorledene gewerk en het onder meer ge-help om 'n brandkluis
in 'n muur in hul woonstel in te bou. Die oorledene het dus nie geaarsêl
om die deur vir hom en sy makkers oop te maak nie.
Toe die drie appellante
inkom, het die eerste appellant op 'n bankie by die voordeur gaan sit. Die
ap-pellante het aan die oorledene
gesê dat hulle motor gaan staan het. Dit
was 'n leuen. Hulle het hom gevra om 'n
insleepdiens te bel. Hulle het die
nommer aan hom verskaf. Hy het tevergeefs probeer deurkom. Inderdaad was die
nom-mer fiktief. Die
oorledene het toe voorgestel dat die drie appellante hul
motor by die gronde van die Hirshons se woon-
stel
5 stel instoot. Die klaagster het hierdie voorstel beaam,
maar die drie
appellante het onder mekaar gepraat, en blykbaar daarteen besluit, want die
oorledene het toe inge-stem om vir hulle
geld vir 'n taxi te gee. Hy het 'n rol
note uitgehaal en vir hulle 'n paar gegee. Toe maak hy die voordeur oop en vra
die appellante
om te loop. Op daardie oomblik het die derde appellant die
klaagster, wat 'n entjie weg gestaan het, bespring. Hy het sy vinger in
haar oog
gedruk. Sy het geskree, en hy het haar gewurg, blykbaar om haar stil te maak.
Gedurende die worsteling het hy haar in 'n
kleedkamertjie ingestoot. Sy het drie
harde houe op haar kop gevoel, en op die grond beland. Die klaagster het toe
gemaak of sy dood
was, en was waarskynlik in 'n beswyming.
'n
6 'n Rukkie later het sy opgemerk dat die derde appellant weg was. Sy
het op haar knieë na die deur van die kleedkamer gekruip
en dit gesluit.
Vermoedelik het sy toe haar bewus-syn verloor. Later het sy bygekom, die venster
oopgemaak en om hulp geskree. Hulp
het inderdaad 'n rukkie later op-gedaag in
die persoon van Mnr. Lurie, wat haar hulpkrete in sy woonstel ongeveer 100 meter
ver gehoor
het.
Dit is duidelik dat die klaagster nie 'n volledige
herinnering van die gebeure het nie, want dit blyk dat sy in die loop van die
aanranding
26 snywonde opgedoen het. Die oorweldigende waarskynlikheid is dat sy
by rukke gedurende die aanranding nie by haar volle bewussyn
was nie.
Toe Mnr. Lurie by die woonstel kom, het die erg
beseerde
7
beseerde klaagster die voordeur vir hom oopgemaak.
Hy het
die woonstel deursoek, maar die aanvallers was weg. Hy het
die lyk
van die oorledene agter in die gang gevind. Die oor-
ledene het neëntien steekwonde gehad waarvan drie sy dood
kon
veroorsaak het. Die aanvallers het die woonstel geplunder,
en daar was
onder meer h video-opnemer gesteel. Hoewel die
rowers duidelik ook die kas
oopgemaak het waarbinne die deur
van die ingeboude brandkas was, het hulle
nie die brandkas self
oopgemaak nie. Vermoedelik was die oorledene dood
voordat
hy aan hulle die kombinasie kon gee.
Die getuienis wat ek tot dusver opgesom het staan
bo twyfel verhewe en lei
myns insiens tot die onweerstaanbare
afleiding dat minstens een van die drie
appellante na die Hirshons
se woonstel gegaan het met die doel om hulle te beroof, soos
inderdaad
8
inderdaad gebeur het. Dit is myns insiens ook duidelik dat die persoon of persone wat die oorledene met 'n skerp in-strument gesteek het, die opset, hetsy direk, hetsy by moont-likheidsbewussyn, gehad het om hom te dood. Wat die klaag-ster betref, was die meeste van haar snywonde oppervlakkig. Dit is egter duidelik dat die aanval op haar bedoel was om haar buite aksie te stel, en daar kan bo redelike twyfel af-gelei word dat haar aanvaller besef het dat die toediening van 26 snywonde, al was die meeste van hulle oppervlakkig, saam met die ander geweld wat op haar toegepas is, hierdie 72-jarige vrou nie net bewusteloos kon maak nie maar moont-lik, of selfs waarskynlik, haar dood sou veroorsaak. Dit is dus myns insiens duidelik dat die drie misdrywe wat die
appellante
9 appellante ten laste gelê word, t.w. moord op die
oorledene, poging tot moord op die klaagster, en roof met verswarende
omstandighede,
wel deur iemand gepleeg was. Die enigste vraag is of elk van die
appellante se skuld bo redelike twyfel bewys is. Ek behandel hulle
een vir
een.
Die eerste appellant het getuig dat hy die aand besig was om te studeer
toe die derde appellant hom oorreed het om 'n bier saam met
hom te gaan drink.
By die drinkplek het die derde appellant hom gesoebat om saam met hom en die
tweede appellant na Wynberg-stasie
te gaan om die derde ap-pellant se vriendin
daar te ontmoet. Hy het ingestem en hulle is per taxi soontoe. Die vriendin het
egter
nie opge-daag nie, en die derde appellant het toe voorgestel dat hulle
na
10 na haar werkplek gaan. Onder hierdie voorwendsel het die eerste appellant saam na die Hirshons gegaan. Tot sy veras-sing het no 3 daar die leuens vertel waarna ek hierbo ver-wys het, en ook die klaagster aangeval. Volgens no 1 het no 3, na sy aanval op die klaagster, vir no 2 aangesê om die oorledene te steek, en het no 2 gehoor gegee. No 1 was toe so geskok, getuig hy, dat hy onmiddellik weggehardloop het. Dit is egter gemene saak dat hy saam met die ander twee ap-pellante (en die gesteelde video-opnemer) per taxi terug na hul wonings in Guguletu was. Die video-opnemer was in no 1 se oorjas toegedraai, maar hy het getuig dat hy die oorjas 'n week voor die insident aan die derde appellant geleen het. Dit is ook gemene saak dat die eerste appellant teenwoordig
was
11
was daardie aand toe daar by 'n huis in Guguletu gepoog is om
van die video-opnemer ontslae te raak. Die eerste ap-pellant sê
egter dat
hy in die motor bly sit het, en nie ge-weet het wat die ander appellante in die
huis gaan maak het nie.
Die hof a quo het die eerste appellant se
ge-tuienis verwerp en bevind dat hy met die ander appellante saamgesweer het om
die Hirshons te beroof.
Die waarskynlik-hede steun hierdie bevinding. Dit is,
soos reeds gemeld, duidelik dat daar 'n vooraf beplande roof op die Hirshons
was. Dit is skaars denkbaar dat no 2 en no 3, as hulle die enigste samesweerders
was, 'n niksvermoedende no 1 saam met hulle sou
geneem het. Daarbenewens was sy
optrede toe hulle by die
Hirshons
12 Hirshons kom ook onversoenbaar met die rol wat hy vir
homself toegedig het. Hy het saam met die ander na binne gegaan, en op 'n
strategiese punt by die voordeur gaan sit. Na die roof was hy weer saam met die
ander twee appellante en hul buit. Die moontlikheid
dat hy 'n onskuldige
toeskouer by die roof was, lyk te gering om ernstige oorweging te verg.
Wat
die eerste appellant se geloofwaardigheid betref, het die hof a quo
bevind dat hy "onder kruisverhoor nie 'n baie goeie figuur geslaan het wat
sekere aspekte van sy getuienis betref nie". Hierdie bevinding
skyn, na 'n
deurlees van die oorkonde, geregverdig te wees.
Ten opsigte van die eerste
appellant se geloof-waardigheid is daar twee verdere aspekte waarop gelet
kan
word
13
word. Ten eerste, het hy voor die verhoor 'n verklaring ge-
maak aan 'n landdros. Die eerste deel daarvan lui soos volg:
"Die rede waarom ek hier gekom het om u te sê wat gebeur het is dat ek nie hierdie ding uit my eie gedoen het nie, maar dat ek deur ander mense 'gepush' is om dit te doen. Ek wil ook verder sê dat ek nie gesteek het nie en selfs het hierdie mense my nie gesê wat gedoen gaan word nie. Want op die dag van die voorval het hierdie mense gekom terwyl ek my boeke gelees het en gesê ons moet loop. Ons het toe na Muizenberg gegaan en by aankoms daar vra ek toe wat eintlik hier gedoen moet word. Hulle het my nie gesê wat daar gedoen gaan word nie, maar het gesê ons moet gaan en ons het toe die plek bereik."
In hierdie verklaring het die eerste appellant voorgegee dat
hy nie geweet
het vir watter doel hy na Muizenberg (sic) ge-
neem was nie. In sy
getuienis het hy egter vertel dat dit
die onskuldige doel was om no 3 se
vriendin te besoek. Hier-
die
14 die verduideliking kom as 'n nagedagte voor.
Daar het
'n taxi-bestuurder, Duna, getuig dat hy op 'n tydstip wat kort voor die roof
moes gewees het, die drie appellante van Guguletu
na Wynberg geneem het.
Vol-gens sy getuienis is hy by hul aankoms in Wynberg gevra om in 'n rigting weg
van die stasie en in die
rigting van die oorledene se woonstel te ry. Volgens
hom het hy die appel-lante naby die woonstel afgelaai. Hierdie getuienis werp
ook twyfel op die eerste appellant se weergawe dat hulle eers na Wynberg-stasie
was.
Weens die voorgaande meen ek dat die verhoorhof ten volle geregtig was
om die eerste appellant se getuienis te verwerp en te bevind
dat hy 'n volle
medepligtige in die
roof
15
roof was.
Die basis waarop die verhoorhof die eerste ap-
pellant op die ander
klagtes onskuldig bevind het, blyk uit
die volgende passasie uit die
uitspraak:
"Beskuldigde nr 1, was geargumenteer deur die Prokureur-generaal, het saamgesweer met nrs 2 en 3 om die mense te gaan beroof. In ons oordeel is die Prokureur-generaal reg, maar in ons oordeel is die Prokureur-generaal nie reg wanneer hy sê dat nr 1 saamgesweer en inderdaad voorsien het dat sy makkers hierdie mense gaan doodmaak nie. Vir ons is dit van groot belang om daarop te let dat anders as in nrs 2 en 3 se geval, beskuldigde nr 1 nie be-wese 'n wapen by hom gehad het of bewese bewus was daarvan dat 2 en 3 wapens het nie. Waar ons wel kan aanvaar dat beskuldigde nr 1 en ons inderdaad aanvaar dat beskuldigde nr 1 saamgesweer het om die roof te pleeg is dit vir ons nog net so redelik moontlik ook om uit hierdie omstandighede af te lei dat hy
dit
16
dit slegs as 'n rooftog met geweld wat daarmee gepaard gaan voorsien het en hom daarmee ver-eenselwig het, maar dat dit nie bewys is dat hy voorsien het dat hierdie mense in die proses doodgemaak gaan word nie."
Dit is dus duidelik dat die eerste appellant nie onskuldig bevind is omdat sy
getuienis aanvaar is nie, maar bloot omdat die Staat
nie bewys het dat hy 'n
wapen gehad het, of geweet het dat die ander appellante 'n wapen gehad het nie.
Hierdie aspek kom weer ter
sprake by die appel van die tweede appellant.
Om
terug te keer na die skuldigbevinding aan roof: weens die bogemelde redes meen
ek dat hierdie skul-digbevinding onaanvegbaar is.
Ek meen ook nie dat daar enige
gronde bestaan om in te gryp met die vonnis van tien
jaar
17
jaar gevangenisstraf nie.
Dit bring my dan by die tweede appellant. Dit
blyk dat die tweede
appellant op 1 November 1986 'n verklaring
aan 'n vrederegter, Luitenant
D.Segal, gemaak het. Die
verklaring lui soos volg ("Mxolisi" in die
verklaring is die
eerste appellant en "Cpbus" die derde):
"Late on Thursday when I returned from work.
Fristly I should mention that I do private
jobs. I repair T.V's and wirelesses.
On my return from work, I found that I had to
repair a radio cassette.
Whilst I was still busy with the cassette, a
friend of mine arrived by the name of MXOLISI.
We sat together. I was busy repairing the
radio cassette and engaged in a conversation
with him.
We remained there for about an hour. Whilst
we sat, another friend by the name of COBUS
came and we carried on with our conversation
and he told us about his mother's place of
employment
18
employment.
Though he did not actually say so, I became of
the opinion
that he needed money and told us
his mother's employer had money and said
if
we would go there, we would get the money.
He then advised us as to how
to gain entrance.
We did not believe this. He then begged us
and explained
to us and he managed to convince
us that we will in fact get the money.
As
anybody else, we were also tempted.
I did not complete the repairs I was busy with.
He said we should go
whilst it is still early.
We then boarded a taxi and went to that
place.
We got there and stood a metre or so from the
door and he had to go
and knock as he is known
at this place.
He knocked, the door was opened
and they saw him.
We then went in. When we got in, he asked for
taxi money. An European male took out R2,00
and gave it to Cobus.
Cobus then pounched (sic) on that man's wife and grab-
bed hold of her and when she screamed or cried,
he tried to close her mouth.
Her husband was shocked and went in their di-
rection and we were then compelled to grab
hold
19
hold of him.
We then at that stage demanded money of him.
He refused
because he realized his wife had
been stabbed and because we thought that
Cóbus
is known there, we were also compelled to stab
him.
So, as
to obliterate any traces we then stabbed
him.
Now thinking of the cry or
shouting which had
happened earlier before this we panicked and
took a
videp from there and ran out and boarded
a taxi.
Nobody took any notice in
the taxi. We then
went as far as the location.
We then hid the
video.
Mxolisi went home. Cobus had to sleep at my
place. We slept and
about 3 o'clock then the
'Boers', rather put Police.
They came in and gave us orders to dress.
We
then went up to the car where Cobus mother was
as well as Cobus sister.
The younger brother to Cobus came with the police
and knocked. We then all got into the car and
were then all taken to NY 46 where one of my
friends live.
They got in and returned with him.
And from there we were taken to Bishop Lavis.
That is all."
Toe
20
Toe die Staat hierdie verklaring in getuienis aangebied het, het die tweede appellant beswaar gemaak teen die toelating daarvan op grond daarvan dat dit onder dwang gemaak was. Daar het toe 'n verhoor binne 'n verhoor gevolg. Ten spyte van beswaar deur die tweede appellant se advokaat, het die assesore aan die verrigtinge deelgeneem kragtens art. 145 (4)(b) van die Strafproseswet, no 51 van 1977. Ge-tuienis is namens die Staat gelei, en die tweede appellant het self getuig. In sy getuienis het hy hom nie beperk tot die beweerde dwang op hom nie, maar het ook getuienis op die meriete gelewer. Aan die einde van die verhoor binne 'n verhoor is die verklaring toelaatbaar bevind. Hierdie be-vinding word nie aangeveg nie, en dit is gevolglik nie vir
my
21
my nodig om al die getuienis oor hierdie aspek te
oorweeg
nie. Na sommige van die getuienis kom ek egter later vir
ander
doeleindes terug.
Later in die verhoor, nadat die eerste appellant
sy saak gesluit het, het die volgende gebeur:
"MR LOUBSER: M'Lord, I am instructed to inform
Your Lordship and the Learned Assessors that
the accused number 2 is of a view that since
he was not believed during his explanation of
what occurred on the evening of the 30th, that
he will not be believed again if he gives the
same explanation as he has in the court and he
elects therefore not to give evidence and he
closes his case.
COURT: I suppose you explained to him that that
is entirely, was an entirely different matter
and that it doesn't necessarily mean that he
may not be believed when he comes to give that
evidence again.
MR LOUBSER: I have explained to him, M'Lord,
and
22
and he feels that he has given his evidence
and he is not believed, that is exactly as he
would give now again, were he to get into the
box, which would clearly be contrary to the
statement which Your Lordship has found ad-
missible.
COURT: You are his adviser, are you telling me
that he is closing his case?
MR LOUBSER: He is closing his case, M'Lord."
Die posisie aan die einde van die saak was dus
dat die tweede appellant by
die verhoor binne 'n verhoor ge-
tuig het, maar nie op die meriete nie. Voor
hierdie hof het
sy advokaat aanvaar dat die tweede appellant se
verklaring
toelaatbaar was, maar betoog dat die tweede appellant
die
verklaring afgelê het onder omstandighede wat hom verwar het,
en
dat die verklaring dus nie betroubaar was nie. Daarbe-
newens is betoog dat
die relaas wat die tweede appellant in
die
23
die verhoor binne 'n verhoor oor die aand se gebeure gegee
het, in aanmerking geneem moet word vir doeleindes van 'n besluit oor sy
skuld.
Die tweede appellant beroep hom dus nou op ge-tuienis wat bloot oor
die kwessie van toelaatbaarheid aan-gebied is. Hy wil dit egter
gebruik om die
hof se bevinding op die meriete aan te veg. Hierdie prosedure is duidelik nie
toelaatbaar nie. Afgesien van die teoretiese
besware daar-teen, is daar die
praktiese posisie dat die eerste en derde appellante nie 'n geleentheid gegun
was om die tweede appellant
gedurende die verhoor binne 'n verhoor te kruisvra
nie, en dat die prokureur-generaal, wat namens die Staat verskyn het, sy
kruisverhoor
beperk het tot wat hy as relevant beskou het
tot
24
tot die toelaatbaarheid van die verklaring. So het hy feitlik
geen vrae gestel oor die tweede appellant se relaas van wat die aand
van die
roof gebeur het nie, en dit is juis hierdie getuienis waarop die tweede
appellant nou wil staatmaak.
Die hof a quo het die tweede appellant
skuldig bevind op grond van sy verklaring, met inagneming daarvan dat hy
"verkies het om geen verduideliking
in getuienis te gee nadat hierdie verklaring
teen hom toegelaat is nie". Ten spyte van hierdie bevinding het die tweede
appellant
geen aansoek gerig om verdere getuienis te lewer nie. Daar kan geen
twyfel bestaan, soos ek later in meer besonderhede sal aantoon,
dat die tweede
appellant se verklaring op gesigs-
waarde
25 waarde volle regverdiging vir die verhoorhof se bevinding bied
nie, en ek kan gevolglik geen fout met die bevinding vind nie. Nogtans,
vanweë die besondere erns van die saak, is dit miskien wenslik om tog na te
gaan of die getuienis in die verhoor binne 'n verhoor
enigsins afdoen aan die
gewig van die verklaring.
Die tweede appellant se getuienis in die ver-hoor
binne 'n verhoor het begin met 'n relaas, voorgedra ten spyte van die
prokureur-generaal
serbesware en die verhoorregter se bedenkinge, oor wat die
aand van die rooftog gebeur het. Kortweg gestel het die tweede appellant
se
weergawe tot 'n groot mate ooreengestem met dié van die eerste appellant.
Hy het, soos no 1, vertel hoe die drie appellante
eers na die Wynberg-
stasie
26
stasie gegaan het om die derde appellant se vriendin te ont-moet, maar dat sy nie opgedaag het nie. Toe, sê hy, is hul-le op die derde appellant se aandrang na die woonstel van die Hirshons, wat, volgens die derde appellant, sy vriendin se werkplek sou wees. Daar moes die tweede appellant ook tot sy verbasing hoor hoe die derde appellant 'n string leuens aan die oorledene vertel. Hy bevestig dat die oorledene hulle versoek het om die woonstel te verlaat, en dat die derde ap-pellant toe die klaagster aangeval het. Voordat die derde appellant die klaagster in die kleedkamer gestoot het, sê no 2, het die derde appellant die oorledene in die rigting van no 1 en no 2 gestoot, en vir hulle gesê om hom vas te hou totdat hy terugkom. No 2 het gemaak soos hy beveel was.
Na
27
Na 'n rukkie het die derde appellant teruggekeer en vir no 2 aangesê om geld van die oorledene te eis. Weer eens het no 2 gehoor gegee, maar no 3 was nog nie tevrede nie, en het no 2 beveel om die oorledene te dreig. No 2 het sy mes uitge-haal en geld van die oorledene geëis. Dit het no 3 ook nie tevrede gestel nie, en hy het die tweede appellant aangesê om die oorledene te steek. No 2 het die oorledene een steek-wond op die skouer gegee. Daarna het no 1 hom geroep, en hy het skielik besef dat hy verkeerd doen. No 2 het toe vir no 3 gesê dat hulle moet ophou, maar no 3 was bereid om op sy eie voort te gaan. No 2 het weggehardloop. Later het hy en no 1 weer vir no 3 by die taxi-staanplek gevind, en die drie van hulle was saam terug na Guguletu toe met die ge-
steelde
28
steelde video-opnemer.
Die tweede appellant se weergawe
gaan mank aan baie van dieselfde gebreke as dié van die eerste appellant.
In sy geval ook
het hy in die hof eers vertel van die beplan-de ontmoeting met
no 1 se vriendin by die Wynbergse stasie. Hoekom no 3 twee vriende
sou saamneem
om sy vriendin te ont-moet, en hulle dan onder valse voorwendsels na 'n woonstel
sou neem waar hy die twee ou mense
wou beroof, is moeilik om te ver-staan. Die
getuienis van die taxi-bestuurder, Duna, oor waar hy die appellante in Wynberg
afgelaai
het, is nie weer-spreek nie, en tel teen die appellant se weergawe. Dit
is ook moeilik om te verstaan hoekom no 2 saam met no 3 by
die woonstel sou
ingegaan het, en hoekom hy so geredelik toege-
stem
29
stem het om die oorledene te dreig en aan te rand. Verder is dit onwaarskynlik dat die drie appellante mekaar later bloot toevallig weer ontmoet het, en die tweede appellant het nie ondubbelsinnig ontken dat hy by was toe hulle van die video-opnemer wou onslae raak nie. Alles in ag geneem is die tweede appellant se weergawe ewe onindrukwekkend as die eerste appellant s'n. In argument voor ons is betoog dat die eerste appellant se getuienis ten dele deur die hof aan-vaar is, en dat dit stawing bied vir die tweede appellant se weergawe. Hierdie betoog berus op 'n mistasting: soos ek reeds aangedui het, was alle aspekte van no 1 se getuienis wat vir no 2 behulpsaam kan wees, deur die verhoorhof verwerp.
Die emstigste beswaar teen die tweede appellant se getuienis is egter
dat
30
dat dit teenstrydig met sy verklaring was. Hoe het hy dit probeer te bowe kom? Die tweede appellant het getuig dat hy kort na sy inhegtenisname op 31 Oktober 1986 gevra is om 'n verklaring te maak oor die moord in Kenilworth. Hy het nie geweet waarna die polisie verwys nie, vermoedelik omdat hy nie geweet het dat een van die Hirshons dood was nie, en het dus geweier. Volgens hom het die polisie hom toe ge-martel om hom te oorreed om te praat. Na 'n ruk het hy uit-eindelik besef dat hulle na die Hirshons verwys, en toe was hy heeltemal bereid om alles te vertel - trouens, hy sou van die begin af bereid gewees het as hy geweet het waaroor dit gaan. Die polisie het toe opgehou om hom aan te rand, en meer as vier-en-twintig uur later is hy na Luitenant Segal
geneem
31 geneem om 'n verklaring te maak. Alles wat luitenant Segal
neergeskryf het, gee die tweede appellant toe, het van hom ge-kom, en
niks is
aan hom voorgesê deur die polisie nie. Dit is korrek getolk. Vanweë
die marteling wat hy vroeër onder-gaan
het, sê hy, was hy egter
verward, en het dinge verkeerd of uit verband gesê.
Dit is nie nodig om
die getuienis oor die be-weerde marteling in besonderhede te behandel nie. Dit
word nou toegegee dat dit nie die
vrywilligheid van die verklaring
beïnvloed het nie, en Mnr. Laubscher, wat namens die appellant
opgetree het, het nie beweer dat die tweede appellant enige liggaamlike
beserings opgedoen het wat sy vermoë
om 'n samehangende verhaal te vertel,
aangetas het nie. Trouens, die getuienis van Dr. Stoch
en
32
en Dr. Visser, wat albei die appellant twee dae later
gesien
het, asook die getuienis van die polisie-getuies, waaronder
luitenant Segal self, laat duidelik blyk dat die tweede ap-
pellant se
getuienis oor die beweerde marteling, ten beste
vir hom, erg aangedik was.
Hierdie getuies is deur die ver-
hoorhof as geloofwaardig beskou, en ek het
geen rede om hier-
mee te verskil nie.
Sou daar dan enige rede gewees het
waarom die twee-de appellant se geestestoestand, in teenstelling tot sy fisiese
toestand, sodanig
was dat hy nie 'n behoorlike relaas kon lewer nie? Hy gee te
kenne dat hy bang was vir verdere aanrandings, maar dit kan tog nie
waar wees
nie. Hy het geen rede gehad om te vermoed dat die weergawe wat hy in die hof
gegee het, en
wat
33
wat hy sê die waarheid is, nie volkome aanvaarbaar vir
die polisie sou wees nie. Trouens, hy sê ook nie dat hy die saak
vir
homself swarter geskilder het omdat hy gedink het die polisie sou dit so verkies
nie. Sy enigste verduideliking wanneer hy in
'n hoek kom is dat hy verward was.
Ek vind dit heeltemal onoortuigend.
Weens die voorgaande meen ek dat die
tweede appellant se getuienis in die verhoor binne 'n verhoor nie 'n redelike
twyfel geskep het
oor die betroubaarheid van sy ver-klaring nie. Hierdie
gevolgtrekking bied verdere regverdi-ging vir die verhoorhof se aanvaarding
van
die verklaring as grondslag van die tweede appellant se skuldigbevinding.
As 'n mens die verklaring ontleed, bevat dit
eerstens ....
34 eerstens h duidelike erkenning dat die drie appellante
saam beplan het om die Hirshons te gaan beroof, en dat hulle dit inderdaad
gedoen het. Wat die moordklag betref, sê no 2 in die verklaring dat, nadat
no 3 die klaagster aangeval het, die oorledene hulle
gevolg het "and we were
then compelled to grab hold of him. We then demanded money from him". Die
oorledene het geweier om geld te
gee, en omdat no 3 aan die Hirshons bekend was,
"so as to obliterate any trace we then stabbed him". "n Duideliker erkenning van
moord kan skaars bedink word. Dit is 'n onvermydelike afleiding dat no 2 be-sef
het dat die klaagster ook omgebring sou moes word
"so as to obliterate any
trace".
Die verklaring bevat dus duidelike erkennings
dat
35
dat die tweede appellant deelgeneem het aan al drie misdrywe
waarvan hy aangekla was, en hy was myns insiens tereg op al drie klagtes
skuldig
bevind.
Geen gronde is na my mening aangevoer om die verhoorhof se bevinding
oor versagtende omstandighede, of die vonnisse op die klagtes
van roof en poging
tot moord, te bevraagteken nie.
Ten slotte is daar die derde appellant. In
die loop van die verrigtinge het die derde appellant drie verskillende weergawes
van die
gebeure tydens die roof gegee. Eers het hy op 1 November 1986 'n
verklaring voor landdros N.H.Jones gemaak. In hierdie verklaring
het hy vertel
dat hy saam met die ander twee appellante sy vriendin in Wynberg
sou
36
sou ontmoet, maar dat sy nie opgedaag het nie. Hulle het toe na die Hirshons gegaan om treingeld te leen. Die oor-ledene het hulle R3,00 gegee, maar no 1 was nie hiermee te-vrede nie. No 1 het toe die klaagster bespring, en no 2 het die oorledene verwurg. No 3 het net staan en kyk. No 2 het toe 'n mes uitgehaal en die oorledene gesteek. No 3 het egter geen aandeel gehad in die aanranding of roof nie.
Later, in sy pleitverduideliking, het no 3 heel-
temal 'n ander weergawe gegee. Toe het hy gesê dat hulle
die ou mense om geld gevra het, en dat die oorledene hulle
R2,00 gegee
het. No 3 was nie hiermee tevrede nie maar die
klaagster wou nie gehad het
dat die oorledene vir hulle
enigiets meer gee nie. No 3 het haar toe gegryp
en met 'n
mes
37 mes gesteek, hy dink vier keer. Hy het besef dat hy die
klaagster kon dood deur haar te steek. Hy het niks aan die oorledene gedoen
nie,
en weet nie hoe hy beseer geraak het nie. Hy erken dat hy deelgeneem het aan die
neem van die video-opnemer.
In sy getuienis was die derde appellant se
weergawe weer anders. Hy het nog vertel dat hulle tever-geefs vir sy vriendin
gewag het,
en dat hulle toe na die Hirshons gegaan het om geld vir hul vervoer
te kry. Hy sê dat hulle geklop het, en toe die oorledene
oopmaak, het die
derde appellant aan hom gesê dat hulle geld vir 'n taxi benodig. No 1 het
egter gesê dat hul motor gebreek
het, en vir Mnr. Hirshon gevra om 'n
insleepdiens te bel. Op
no 1
38
no 1 se aandrang het no 3 toe ook hierdie leuen vertel. Daarna stem sy weergawe wesentlik ooreen met dié van die klaagster, tot op die punt dat die oorledene vir hulle ge-vra het om te vertrek. Op daardie stadium, sê die derde appellant, het die eerste twee appellante vir hom gesê dat hy nog geld van die oorledene moes kry. Die klaagster het toe gesê: "Kobus is there anything else that you want, can't you leave?" Toe sê no 1 vir hom om die klaagster aan te val sodat no 1 en no 2 die oorledene kon beroof. No 3 doen dit toe, en stoot haar in die kleedkamer. Sy het ge-skree. Terwyl sy skree het no 1 na die kleedkamer gekom, vir no 3 'n mes gegee, en hom aangesê om die klaagster te steek om haar stil te maak. No 3 het haar toe drie of vier
keer
39
keer gesteek. Toe hy klaar was, het no 1 weer sy
mes kom haal. No 3 het toe na die voordeur gegaan, en die verwonde oorledene in
die
gang sien lê. Die ander twee appellante was besig om die woonstel te
plunder. No 3 het uitgegaan, en die ander twee het hom
gevolg. Die eerste
appellant het die video-opnemer gedra.
Nie alleen het die derde appellant
bogemelde drie teenstrydige verklarings gemaak nie, maar, het die ver-hoorhof
bevind, hy "het opsigtelik
hier in getuienis onder kruisverhoor gelieg en telke
male vrae ontwyk of probeer ontwyk waarmee hy deur die advokate vasgekeer was."
Ek stem met hierdie bevinding saam. Daarbenewens was die weer-gawe wat hy in
getuienis gegee het, úiters onwaarskynlik.
Onder ...
40
Onder meer klink dit ongelooflik dat no 1 sommer
op sy eie aan die oorledene leuens sou vertel, en dat no 3 daarby sou inval; en
dat
hy bloot op no 1 se aandrang die klaagster sou aanval. Al waarvan 'n mens
uit die derde appellant se ver-klarings en getuienis seker
kan wees, is dat hy
teenwoordig was by die roof en onder meer die klaagster met 'n mes gesteek
het.
Uit die getuienis as geheel blyk dit dat die derde appellant inderdaad
'n onontbeerlike rol in die ge-beure gespeel het. Hy was, soos
die verhoorhof
dit uitdruk, die sleutel om toegang tot die woning van die Hirshons te kry. Hy
was die een wat geweet het dat daar
waardevolle artikels in die woonstel was, en
wat op die Hirshons se
vriendskap jeens hom staatgemaak het om met leuens die woon-
stel
41
stel binne te kom. Toe die oorledene vir die appellante ge-vra het om die woonstel te verlaat, was dit die derde appel-lant wat onmiddellik op die klaagster gespring het. Hy sou dit nie gedoen het tensy hy geweet het dat sy makkers die oorledene sou oorrompel nie. Aangesien die Hirshons hom goed geken het, kan 'n mens redelikerwyse die afleiding maak dat die plan van meet af aan was dat albei van hulle dood-gemaak sou word sodat hulle hom nie kon uitken nie. Hoe dit ook al sy, selfs al was dit nie die oorspronklike bedoeling nie, moes die derde appellant minstens geweet het dat die beplande aanval op die oorledene tot sy dood sou kon lei, en het hy hierdie moontlikheid op die koop toe geneem. Hy is dus mede-skuldig aan die moord op die oorledene. Wat
die
42
die klaagster betref, het hy geweet dat selfs die paar
mes-steke wat hy by die pleitverrigtinge erken het, haar dood kon veroorsaak.
Des te meer het hy dus besef dat die 26 wat inderdaad toegedien is, noodlottig
kon wees. Na my mening is hy gevolglik tereg skuldig
bevind aan poging tot moord
op haar. Dat hy 'n deelnemer aan die roof was, spreek vanself.
Dit volg dus
dat die derde appellant na my mening tereg skuldig bevind is op al drie klagtes.
Myns insiens bestaan daar ook geen gronde
om in te gryp by die verhoorhof se
bevinding oor versagtende omstandighede, of oor die vonnis-se op die klagtes van
poging tot moord
en roof nie.
Bygevolg word die appèlle van al drie
appellante van die hand gewys.
E M GROSSKOPF, AR