South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 4

| Noteup | LawCite

S v Mtshali (7/1988) [1988] ZASCA 4 (10 March 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


SIPHO MTSHALI Appellant

en

DIE STAAT Respondent

Saaknommer 311/86 mp

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING
SIPHO MTSHALI
Appellant

en
DIE STAAT
Respondent

CORAM: HOEXTER, VAN HEERDEN ARR et NICHOLAS, Wnd AR

VERHOOR: 26 Februarie 1988
GELEWER:
10-03-1999


UITSPRAAK

HOEXTER, AR

HOEXTER, AR,

Dit is 'n strafappèl. In die Springs
Rondgang Plaaslike Afdeling het die appellant op die volgende vier klagtes tereggestaan: moord (klagte 1); poging tot moord (klagte 2); en twee klagtes (klagtes 3 en 4) van oortreding van die Wet op Vuurwapens, 75 van 1969. Op klagtes 3 en 4 het die appellant skuldig gepleit. Op klagtes 1 en 2 het hy onskuldig gepleit. By sy verhoor het die appellant regsverteenwoordiging gehad en na afloop van die staatsaak het die appellant self getuig. Die verhoorhof (STEGMANN, R en twee assessore) het die appellant ten opsigte van klagte 1 aan strafbare manslag en ten opsigte van klagte 2 aan poging totmoord skuldig bevind. Op die orige klagtes is die appellant skuldig bevind soos aangekla van wederreg= telike besit van onderskeidelik 'n pistool (klagte 3) en drie patrone (klagte 4). Op elkeen van klagtes 1 en 2 is die appellant gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf, drie jaar

waarvan

3.

waarvan voorwaardelik opgeskort is. Vir doeleindes van vonnis is klagtes 3 en 4 saamgeneem en is die appellant 'n vonnis van een jaar gevangenisstraf opgelê. Die Verhoorregter het voorts gelas dat al drie voormelde vonnisse moet saamloop, Met verlof van die Verhoorregter kom die appellant in hoër béroep teen sy skuldigbevinding op klagtes 1 en 2; asook teen die vonnis van een jaar gevangenisstraf ten opsigte van klagtes 3 en 4 opgelê. Aan mev Loubser wat pro Deo die appèl namens die appellant beredeneer het, is hierdie Hof dank verskuldig.

Die tersaaklike feite is die volgende. Die appellant is-'n 52-jarige Zoeloe manspersoon, wat geen skoolopleiding gehad het nie, van Wattville, Benoni. Hy is egter uit die Masinga-gebied in Natal afkomstig. Sy tuisland is die terrein van nimmereindigende stamgevegte waarby die strydende partye vrylik van vuurwapens gebruik maak. In Oktober 1985 wou die appellant 'n vuurwapen koop.

Deur
4.

Deur die bemiddeling van die staatsgetuie Madonsela is die appellant aan die 35-jarige oorledene voorgestel.'n
Kontantbedrag van R700 is deur die appellant se oom voorgeskiet en ter afhandeling van die transaksie het die appellant, sy oom, Madonsela en die oorledene byeengekom. Die appellant se oom het die geld gebring en die oorledene het 'n rewolwer in sy besit gehad wat hy aan die appellant getoon het. Die besigheid het egter skielik 'n wending geneem wat die appellant hie verwag het nie. Die oorledene was in werklik= heid 'n swendelaar en Madonsela was sy lokvoël. Dit is

gemene saak dat hulle die appellant verneuk het. Nadat hul
die appellant se geld geneem het, het die oorledene en Madonsela, met sowel die geld as die rewolwer in hul besit,
voete in die wind geslaan.

Met die oog op die feitebasis waarop die
verhoorhof die ,saak uiteindelik benader het, is dit dienstig om in hierdie stadium die appellant se relaas van die

daaropvolgende

5.

daaropvolgende gebeure aan te stip.

Volgens die appellant het hy en Madonsela

voorheen by dieselfde plek gewerk en sou die appellant reeds gedurende Julie 1985 'n vuurwapen ("die pistool") by Madonsela gekoop het. 'n Tien dae of wat na die bedrogspul in Oktober 1985 toe die oorledene hom met R700 vasgetrek het, het die appellant Madonsela op straat raakgeloop. By hierdie geleentheid het die appellant die pistool te voorskyn gebring, Madonsela daarmee gehendsop en gedreig om Madonsela "seer te maak." Hierop het Madonsela onderneem om die appellant se geld aan hom terug te betaal. Toe die appellant die pistool egter weer in sy sak sit, het Madonsela 'n mes uitgepluk en weggehardloop. Die appellant het hom agterna= gesit, ingehaal, en hom op sy neus gebyt. Madonsela het egter daarin geslaag om weer van die appellant weg te kom.

Vir etlike dae na hierdie skermutseling met

Madonsela

6.

Madonsela het die appellant vergeefs probeer om Madonsela en die oorledene op te spoor; en dit was eers op die aand van 25 Oktober 1985 dat sy soektog geslaag het. Op die perseel van 'n sekere huis in Rakelestraat, Wattville, is daar 'n motorhuis wat toentertyd 'n shebeen gehuisves het. Hierdie dranklokaal was met 'n tafel en sitbanke toegerus. Op die betrokke aand was Madonsela en die oorledene onder 'n klomp klante wat in die shebeen gesit en drink het; en hier het die appellant op die betrokke aand op die listige tweetal afgekorrw Voordat hy by die huis weg is, het die appellant 'n bottel bier uitgedrink maar hy was nugter. Hy het besef dat òf Madonsela òf die oorledene in besit sou wees van die rewolwer waarmes hul hom gekul het, en as voorsorgmaatreël het die appellant sy pistool, gelaai en oorgehaal, by hom gedra. Die appellant was tot die uiterste gedryf om sy geld terug te kry en by 'n konfrontasie met Madonsela en die oorledene het hy stellig moeilikheid verwag. Vir geval hul sou weier om sy geld aan hom terug te gee, so het die appellant in die

loop ...

7.

loop van kruisondervraging sy eie gemoedstoestand op die

betrokke tydstip verklaar, sou hy hul met sy pistool gedreig

het. Hy sou aan hulle gesê het:

" ek weet julle het wapens, ek het ook

ene, daar gaan 'n lelike ding ontstaan tussen ons."

Toe die appellant by 'n venster van die lokaal verbygestap

het, het hy na binne geloer en gesien dat Madonsela daar

sit. Verder het die appellant opgemerk dat iemand oorkant

Madonsela aan die tafel sit; maar wie hierdie persoon was

kon hy nie sien nie. Deur dieselfde venster het Madonsela

ook vir die appellant gewaar. Verwysende na die appellant het

Madonsela uitgeroep "hier kom Mtshali", en terselfdertyd het

Madonsela na iets in sy broeksak gegryp. Die appellant het

verder beweeg en die shebeen by die deur binnegegaan. Regs

van die deur en langs die ligskakelaar aan die muur, het

die appellant posisie ingeneem. Hy het dit gedoen om te

verhoed dat iemand in die shebeen die lig afskakel alvorens

hy....

8.

hy sy geld sou terugkry. Toe die appellant die shebeen binnekom, was Madonsela besig om die rewolwer vinnig te laai. In die shebeen het die appellant met sy pistool drie skote afgevuur. Die eerste skoot het hy as 'n waarskuwingskoot bedoel en die koeël het teen die oorkantse muur vasgeslaan. Teen hierdie tyd het Madonsela die rewolwer toegeklap en die appellant het toe die tweede skoot afgevuur. Volgens die appellant was die tweede skoot ook as 'n waarskuwingskoot bedoel maar ongelukkig het die persoon wat oorkant Madonsela met sy rug na die appellant gesit het, gelyktydig met die tweede skoot opgestaan. Dié persoon was die oorledene en die tweede skoot het hom agter in sy nek noodlottig getref. Hiermee het Madonsela met die rewolwer onder die tafel ingekruip. Volgens die appellant het hy gemeen dat Madonsela van onder die tafel op hom sou skiet. Die appellant het toe sy pistool op Madonsela onder die tafel gerig en die derde skoot afgevuur. Madonsela is egter nie deur die derde skoot getref nie.

Die

9.

Die eerste klagte van moord gaan oor die tweede skoot wat die oorledene gedood het. Die tweede klagte van poging tot moord slaan op die derde skoot waarmee Madonsela mis geskiet is. Ten opsigte van beide hierdie klagtes is by sowel die verhoor as die betoog in hierdie Hof namens die appellant aangevoer dat hy in noodweer gehandel het.

Die vernaamste staatsgetuie was Madonsela. Sy
getuienis het bevestig dat hy en die oorledene die appellant oor die rewolwer gekul het. Wat betref die daaropvolgende gebeure tot en met die skietery in die shebeen het Madonsela en die appellant botsende relase gegee. Madonsela ontken die skermutseling op straat tussen hom en die appellant soos ceur laasgenoemde beweer. Rakende die aand van 25 Oktober 1985 ontken Madonsela dat hy enige vuurwapen hoegenaamd by hom gehad het in die shebeen. Madonsela getuig vervolgens dat hy die appellant vir die eerste keer daardie aand gesien het binne in die shebeen en toe die skote reeds begin klap het. Dit is egter onnodig om die verskille tussen die

onversoenliike

10.

onversoenlike verhale van Madonsela en die appellant verder te bespreek. Na omsigtige oorweging van al die aangevoerde getuienis het die verhoorhof tot die slotsom geraak dat hy die saak op die grondslag van die appellant se eie weergawe moes benader.

Die verhoorhof het eenparig bevind dat die
Staat die moontlikheid dat die appellant by die afvuur van die tweede en derde skote in noodweer gehandel het bo redelike twyfel uitgeskakel het. Namens die appellant is aangevoer dat die verhoorhof by hierdie beslissing fouteer het. Met daardie betoog kan ek nie akkoordjgaan nie. By behoorlike beoordeling van al die feite van die geval kom die bevinding van die verhoorhof my as volkome korrek voor. Noodweer veronderstel uiteraard 'n aanval wát wederregtelik is. Ten aansien van 'n regmatige handeling is noodweer onbestaanbaar. Hieruit volg dat noodweer regtens onmoontlik is teen 'n handeling wat self in noodweer uitgevoer is. Dit is met hierdie grondreël in gedagte dat, in die veronderstelling dat

die

11.

die appellant se eie relaas redelik moontlik waar kan wees, daar gekyk moet word na die gebeure wat die tweede en derde skote voorafgegaan het. Die appellant het met die pistool
in sy hand die shebeen binnegegaan. . Madonsela, wat die appellant reeds deur die venster gewaar het, was toe nog besig om die rewolwer te laai. In daardie situasie het die appellant die eerste skoot afgevuur. Namens die appellant het sy advokaat in die loop van haar betoog toegegee dat indien onmiddellik na afvuur van die eerste skoot Madonsela met sy rewolwer die appellant sou doodgeskiet het, Madonsela dan regtens in noodweer sou gehandel het. Daardie toegewing tref my as weloorwoë. Madonsela sou dan 'n geldige beroep op noodweer kon doen vir die eenvoudige rede dat deur sy optrede die appellant daadwerklik die rol van die onregmatige aanvaller vertolk het. Deur sy handelinge het die appellant onmiddellik en onmiskenbaar laat blyk dat hy op Madonsela wou. skiet. Objektief beskou was Madonsela in hierdie

situasie

12.

situasie die aangevallene. By afvuur van die tweede en derde skote deur die appellant kon daar dus aan sy kant geen

sprake van noodweer wees nie; en om te bepaal aan watter
misdade die appellant hom daardeur skuldig gemaak het, moet die gewone toets vir strafregtelike skuld (opset of nalatigheid) toegepas word. Wat betref die tweede skoot het die verhoorhof beslis dat die appellant die moontlikheid van die noodlottige gevolge daarvan behoort te voorsien het; dat hy dus ten aansien van die oorledene se dood nalatig was en aan strafbare manslag skuldig is. Wat betref die derde skoot het die verhoorhof bevind dat, op sy allerminste,
die appellant opset om Madonsela te dood by moontlikheids= bewussyn gekoester het. In die lig va'n die appellant se eie

wêergawe is daar na my oordeel met bovermelde bevinding geen fout te vind nie. Bygevolg kan die appel teen die skuldigbevindinge op klagtes 1 en 2 nie slaag nie.

Rakende

13.

Rakende die appèl teen die vonnis ten opsigte

van klagtes 3 en 4 is geen mistasting deur die verhoorregter

aangetoon nie. Met inagneming ván al die omstandighede van

die geval is die opgelegde vonnis nie so buitensporig dat

ingegryp kan word nie. Mev Loubser en mnr Roberts, wat

namens die respondent betoog het, was dit eens dat in die

omstandighede van die onderhawige geval dit hierdie Hof sou

vrystaan om met die vonnis ten opsigte van klagtes 3 en 4

in te gryp slegs indien die appèl teen die skuldigbevinding

op klagtes 1 en 2 sou slaag. Aangesien laasgenoemde misluk

kan die appel teen vonnis op klagtes 3 en 4 ook nie slaag

nie.

Die appel word afgewys.

G G HOEXTER, AR
VAN HEERDEN, AR) NICHOLAS, Wnd, AR )

Stem saam