South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 41
| Noteup
| LawCite
S v Nyhwagi (250/87) [1988] ZASCA 41; [1988] 4 All SA 518 (AD) (31 March 1988)
Download original files |
RICHARD MBELE NYHWAGI APPELLANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
Saaknommer 250/87 mp
IN DIE H00GGEREGSH0F VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
RICHARD MBELE NYHWAGI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HOEXTER, STEYN et KUMLEBEN ARR
VERHOOR: 8 Maart 1988 GELEWER: 31 Maart 1988
UITSPRAAK
STEYN, AR
2. STEYN, AR
Appellant en 11 ander beskuldigdes het op
Queenstown in die Rondgaande Hof
voor VAN RENSBURG, R en
twee assessore tereggestaan op 'n aanklag van moord
op
Wowo Maphetshana (die oorledene) by huis 592 in die Swart
woonbuurt van
Queenstown op Saterdagaand, 23 Oktober 1982.
Appellant was beskuldigde no 6.
Beskuldigdes 2, 5, 11 en
12 het op hierdie aanklag skuldig gepleit aan
aanranding
met die doel om ernstig te beseer en beskuldigdes 4, 8 en
10 aan gewone aanranding. Appellant het onskuldig gepleit.
Die mindere
pleite van sy mede-beskuldigdes is nie deur die
Staat aanvaar nie. Uiteindelik is al die beskuldigdes aan
die moord
skuldig bevind. Die verhoorhof het bevind dat
daar versagtende omstandighede was ten aansien van al die
beskuldigdes behalwe appellant. Hy is gevolglik ter dood
veroordeel. Aan die ander is vonnisse van verskillende
termyne gevangenisstraf opgelê.
Die
3.
Die 12 beskuldigdes is ook van twee ander misdade aangekla, t w
aanranding met die doel om ernstig te beseer op Nopinki en Bonisile
Maphetshana,
onderskeidelik oorledené se suster en broer. Die eerste aanklag was
dié van moord en die tweede en derde
dié betreffende Nopinki en
Bonisile respektiewelik. Dit is deur die Staat beweer dat albei aanrandings ook
op dieselfde aand,
23 Oktober 1982, en in dieselfde woonbuurt, gepleeg is.
Volgens die getuie= nis is die aanranding op Nopinki gepleeg 'n rukkie voor
die
moord op oorledene en dié op Bonisile terwyl die moorddadige aanval op
oorledene reeds aan die gang was en baie kort voor
die doodslag. Al die
beskuldigdes het op hierdie twee aanklagte onskuldig gepleit. Almal van hulle is
onskuldig bevind op die tweede
aanklag (Nopinki) maar appellant en beskuldigdes
1, 3, 4, 9 en 12 is op die derde aanklag (Bonisile) skuldig bevind. Op hierdie
aanklag
is appellant gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf.
Appellant
4. Appellant en sy mede-beskuldigdes is
skuldig bevind en gevonnis na 'n
lang verhoor wat in September
1983 begin het en 'n paar keer weens
verstryking van hofrol=
tyd uitgestel moes word. Onmiddellik na die oplegging
van
vonnis op 14 Desember 1983 is aansoek gedoen namens appellant
en
beskuldigde no 9, die destyds 20-jarige swart meisie Sindiswa
Dakada, om
verlof om te appelleer teen hul skuldigbevindings
en vonnisse op albei
aanklagte. Daar was ook 'n gelyktydige
aansoek namens appellant om verlof
ooreenkomstig art 316(3)
van die Strafproseswet no 51 van 1977 om verdere
getuienis
te mag aanbied. Dié aansoeke is op versoek van
die
advokaat van die aansoekdoeners toe slegs ter rolle geplaas
en daarna sine die uitgestel. Om verskeie redes is
die
voorbereiding vir en beredenering van die aansoeke toe vir
meer as 3
jaar vertraag. Gedurende Augustus of September
1985 was daar sprake dat die Staat 'n tydlimiet vir die
voortsetting van appellant se aansoeke oorweeg by verstryking
waarvan hy tereggestel sou word. Nóg appellant nóg die
verhoorregter
5
verhoorregter is enigsins vir daardie feitlik ongehoorde vertraging
verantwoordelik. Dit is nie nodig vir doeleindes van hierdie uitspraak
om verder
daarop in te gaan of uit te weinie behalwe om te sê dat die vertraging vir
appellant, wat in h dodesel sit en wag
het, geestelik uitmergelend moes gewees
het. Sy aansoeke is uiteindelik op 2 Februarie 1987 afgehandel toe verlof aan
hom verleen
is deur VAN RENSBURG, R om te appelleer teen sy skuldigbevinding en
vonnis op albei voormelde aanklagte en om verdere getuienis aan
te bied vir
oorweging deur hierdie Hof. Daardie getuienis is deur die geleerde regter
aangehoor en hy het kommentaar daarop gelewer
in sy uitspraak ter verlening van
die aangevraagde verlof. Ek sal later daarmee handel. Hierdie Hof is nie ingelig
oor wat van die
aansoek deur beskuldigde no 9 (Sindiswa) geword het nie.
Die voorval wat op die aand van 23 Oktober 1982 gelei het tot die aanrandings op Nopinki en Bonisile en die moord op oorledene het afgespeel in die omgewing
van
6.
van huise 576 - 596 in die Swartwoonbuurt van Queenstown. Die moord is gepleeg in huis 592 en die aanranding op Bonisile iewers tussen huise 592 en 591.
Die hooffigure in die gebeure nou ter sprake was in daardie omgewing woonagtig, en wel soos volg (Ek noem eers die persoon en gee dan die nommer van die huis): appellant = 581; oorledene, Nopinki en Bonisile, asook Mzwandile Vazi = 582; Sindiswa Dakada (besk no 9) en Wowo Bece (besk no 12) = 579; Notayiti en Nozithulele Appolis, asook Nomonde Tshembeyi = 592; Mongezi Futshane = 591; wykshoofman Themba Ganca = 577. Ook van belang is huis 588, plaaslik bekend as "Worcester", die woning van Lizi Gondlo, ouma van besk no 5, Mutunaye Klaas. Die volgende uittreksel uit bew A, die kaart van daardie deel van die Swartwoonbuurt, dui aan die ligging van bovermelde persele in verhouding tot mekaar:
( Bls 7)
SEE ORIGINAL JUDGEMENT PAGE
7.
Appellant ontken nie dat die oorledene daardie aand in huis 592 vermoor is nie, ook nie dat Bonisile aange= rand is nie. Sy verweer was deurgaans slegs dat hy geen deel daaraan gehad het nie. Die verhoorhof het egter anders bevind en hom veroordeel soos hierbo beskryf.
Om te bepaal of hierdie Hof behoort in te meng in die verhoorhof se veroordelings van appellant is dit nodig om die getuienis en daardie hof se evaluering daarvan in oënskou te neem en die aangebode verdere getuienis te evalueer. Dit moet egter nie uit die oog verloor word nie dat hierdie Hof slegs 'n beperkte bevoegdheid het om met die veroordelings in te meng en dit alleen sal doen as dit
oortuig
8.
oortuig is dat die veroordelings op die oorspronklike aangebode getuienis verkeerd is of dat hulle weens die verdere getuienis nie kan bly staan nie. In 'n geval soos die onderhawige waar verlof nie alleen aan 'n appellant verleen is om op die getuienis aan die verhoorhof voorgelê teen sy veroordeling te appelleer nie maar om daarbenewens ook nog verdere getuienis voor te lê vir oorweging deur hierdie Hof, sal die afhandeling van die appèl soms mees gerieflik in twee fases kan geskied. Dis eerste fase bestaan dan uit 'n oorweging van die veroordeling in die lig van die getuienis by die verhoor aangebied. Indien daar op daardie grondslag geen genoegsame rede bestaan om daarmee in te meng nie sal die tweede fase dan volg, waarin die verdere getuienis oorweeg word en hierdie Hof dan besluit of die veroordeling in die lig daarvan moet bly staan al dan nie. Hierdie is só 'n geval. Ek sal gevolglik nou eers net handei met die getuienis by die verhoor aangebied en die feitebevindings van die verhoorhof daaromtrent sovêr
dit
9.
dit appellant raak. Die verloop van die gebeure sal sovêr dienlik kronologies geskets word en ek sal afwisselend verwys na die Staatsgetuienis, dié van appellant en die bevindings van die verhoorhof. Weens die feit dat verdere getuienis nou aangebied is sal dit 'n redelik breedvoerige uiteensetting moet wees.
Nopinki het om ongeveer 8 nm in huis 582
vir oorledene en sy vrou, Lindiwe Mahashe, kos voorberei
en toe na huis 584 gegaan om na beeldradio te gaan kyk. Toe
sy daar aankom is sy aangerand, is haar linker wysvinger
met 'n mes gesny en is sy teen die kop met 'n baksteen getref.
Sy het beweer dat dit beskuldigdes nos 3 en 10 is wat haar
te lyf gegaan het. Sy het geskree en oorledene het uit
huis 582 gekom om vas te stel wat aan die gang was. Terwyl
sy hom voor die hek van 582 van die aanranding op haar vertel
het, kom 'n groep mense in die straat na hulle aan. Sy het
sommige van hulle uitgeken. Nopinki het toe gevlug en toe
sy
10. sy omkyk sien sy dat daardie groep vir oorledene straatlangs
jaag. Lindiwe het daardie agtervolging ook gesien. Nopinki se getuienis
betreffende die identiteit van die persone wat haar aangerand het en wat die
oorledene gejaag het is nie deur die hof aanvaar nie.
Maar haar getuienis dat
sy. aangerand is en dat 'n groep persone oorledene straatlangs gejaag het is
aanvaar, asook dié van
Lindiwe wat haar daarop gestaaf het.
Oorledene het gevlug tot by huis 592, daar ingehardloop en die deur agter hom toegemaak om sy agter= volgers uit te hou. Nomondo Tshembeyi, 'n destyds 20-jarige swart meisie, was in die huis saam met ander vroue insluitende Nozithulele Appolis en haar twee klein kinder= tjies. Volgens haar was die oorledene bebloed toe hy daar inkom. Sy agtervolgers het buite gestaan en praat. Nozithulele het hulle gevra om haar en haar twee kindertjies uit te laat sodat sy die eienares van huis 592, 'n bejaarde dame by name van Notayiti Appolis, kon gaan roep. Sy is
deur
11.
deur hulle toegelaat om te gaan. Notayiti is geroep en toe sy daar aankom was van die aanvallers besig om op die deur te slaan. Daar was ook vroue onder hulle. Notayiti het slegs een van die groep herken. Hy was beskuldigde no 12, Wowo Bece. Sy het hom goed geken want hy het voor haar groot geword en sy het sy moeder, Boniwa, ook geken. Sy het by die groep verbygedruk en daarin geslaag om by haar huis in te gaan. 'n Paraffien"glas lamp" (d w s 'n lamp met 'n glas skoorsteen) het binne-in gebrand en die area buitekant die huis was goed belig deur 'n nabygeleë stel ligte op 'n hoë mas. Sy het oorledene daarbinne aangetref maar het in haar opgewondenheid nie gemerk dat hy beseer was nie. Die groep aanvallers wou inkom maar oorledene het haar gehelp om die deur toe te kry. Klippe is van buite af teen die huis gegooi en op daardie stadium het Bonisile (ook bekend as Gqazatyi) by die voorvenster ingekom. Hy het getuig dat hy op pad huis toe was van 'n partytjie af toe hy 'n geraas by huis 592 hoor. Dit is die huis van sy tante
Notayiti
12.
Notayiti. (Sy is ook Nomonde en oorledene se tante). Bonisile gaan toe soontoe om uit te vind wat daar aangaan. Hy het verneem dat oorledene in die huis vasgekeer is. Sekere van diegene wat buitekant die huis saamgedrom het het klippe in hul hande gehad. Hulle het voor die deur gestaan en van hulle het geskree dat hulle die oorledene wil doodmaak. Hy wou ingaan om sy broer te gaan help. Die deur was gesluit en hy is toe deur die venster na binne. Van die mense wat buite was het aan die deur gestoot om dit oop te kry. Notayiti en Bonisile het albei getuig dat oorledene sy broer toe gevra het om die polisie te ontbied en dat Bonisile by 'n "agter venster." uit is om dit te gaan doen.
Die aanvallers het steeds gepoog om in te kom. Notayiti het aan beskuldigde no 12 geskree "wat is dit, Wowó, Boniwa se kind?" Van diegene buitekant het geantwoord dat oorledene moes uitkom sodat hulle hom kon doodmaak. Op ietwat ongevoelige wyse sê sy daarop aan no 12 "julle moet hom nie hier kom doodmaak nie. Asseblief, maak hom in die
straat
13. straat dood, nie in my huis nie." Iemand het toe van buite af
die voor-venster met 'n klip oopgegooi en sy is deur beskuldigde
no 12
aangesê om "haar arm deur die venster te wys" sodat hulle haar daardeur na
buite kan trek. Sy het dit gedoen en beskuldigde
no 12 en twee ander het haar
deur die venster getrek en "daar gegooi". Sy het opgestaan en weggehardloop.
Beskuldigde no 12 se twee
makkers het messe gehad, maar by hom het sy geen wapen
opgemerk nie. Nomonde is ook toe deur die venster uit getrek en het daarna
buitekant gestaan en die gebeure binne-in na 592 gade geslaan. Sy het die indruk
gekry dat beskuldigde no 12 die "kaptein" of leier
van die groep aanvallers was.
Om redes wat later sal blyk handel ek nie verder met haar weergawe van die
gebeure nie.
Appellant erken dat hy op die toneel was en die gebeure in 592 van 'n aangrensende perseel af, no 588, aanskou het. Sy getuienis was dat hy deurgaans op dieselfde perseel as neutrale toeskouer bly staan het, maar het erken
dat
14.
dat hy sy kierie by hom gehad het. Sy verduideliking waarom hy daar aldus bewapen was,lui so. Terwyl hy daardie aand tuis was het hy 'n geraas buite gehoor. Kinders het hom toe kom vertel dat Gala (die oorledene) kinders wat in appellant se straat bly, gejaag het tot in hul huise en hulle daar aan die slaan was. Dit het gereën. Appellant het toe sy baadjie aangetrek, sy kierie gevat en uitgegaan. Hy het die kierie gevat omdat hy verwag het om oorledene teen te'kom terwyl hy nog besig was om die kinders te slaan. Hy was van plan om die kinders te gaan help deur tussenbeide te tree, oorledene met die kierie te konfronteer en homself daarmee teen oorledene te verdedig indien nodig. Toe hy buite kom hoor hy steeds die geraas en het in die rigting daarvan gegaan. Hy het toe by erf 588 ingegaan,blykbaar omdat hy gemeen het die geraas daarvan afkomstig was. Daar was egter niks daar aan die gang nie. Hy het toe om die huis gegaan na die agterkant daarvan. Hy sien toe 'n samedromming van mense op die aangrensende erf, 592.
Terselfdertyd
15. Terselfdertyd merk hy vir beskuldigde no 9, Sindiswa,
op waar sy onder haar sambreel op erf 588 staan. Sy was teen die agterste
grensdraad daarvan en het gekyk na wat op erf 592 aan die gang was. Hy het langs
haar onder die sambreel gaan staan en het die hele
tyd daar gebly totdat hy
teruggegaan het huis toe. Sy het met hom saam gegaan tot by haar woning (579)
waar sy afgedraai het. Sindiswa
het ook so getuig. Daar was egter sekere
verskille tussen hulle weergawes van die ander gebeure. Ek sal later daarna
terugkeer.
Appellant was aanvanklik onder die indruk dat die oorledene besig was om "die kinders" in huis 592 te slaan, maar hoor toe by omstanders dat dit oorledene self was wat daar aangerand word. Kort nadat hy daar aangekom het, hoor hy mense "aan die anderkant" in die straat ophardloop en skree "vang homl vang hom!" Dit het vir hom geklink dat dié mense vanaf erf 592 aan die hardloop was. Van waar appellant was het hy op die agterkant van
huis
16. huis 592 gekyk, en die mense wat in die straat "aan die
anderkant" gehardloop het, was derhalwe in die straat wat voor no's 591
en 592
verbygaan.. (Oorledene en Notayiti het ingegaan by die deur en Bonisile deur die
venster aan die agterkant van huis 592,en
laasgenoemde moes derhaiwe by een van
die voorste vensters weer uitgegaan het, dus "aan die anderkant" van waar
appellant beweer
hy gestaan het).
Bonisile het getuig dat nadat hy by die "agtervenster" uit is, hy deur sekere van die aanvallers agternagesit en aangerand is. Hy is met n baksteen op die neus geslaan en met 'n stuk yster op die bors. Hy het gevlug na no 591, die huis van Mongezi Futshane. Toe hy daarbinne was het sy aanranders die "vensters" van die huis gebreek. Mongezi het hulle versoek om dit nie te doen nie. Hulle het toe geskree "sit hom uit" bedoelende vir Bonisile. Daarop het Mongezi hom beduie hoe om in 'n ander vertrek deur h agtervenster te ontsnap. Bonisile het dit gedoen en die polisie gaan ontbied.
Die
17.
Die verhoorhof het nie Bonisile se getuienis oor die identiteit van diegene wat buite huis 592 saamgedrom het of van dié wat hom gejaag en aangerand het, aanvaar nie. Origens is sy weergawe soos hierbo uiteengesit egter geglo. Notayiti se getuienis is ook klaarblyklik aanvaar.
Daar is geen suggestie dat enigiemand anders op daardie geleentheid vanaf huis 592 gevlug het en agterna gesit is nie. Die mense wat appellant hoor hardloop en "vang homl" geskree het was derhalwe sekerlik dié wat vir Bonisile gejaag het.
Mongezi se beskrywing van die gebeure by huis 591 sluit aan by dié van Bonisile maar gaan verder. Dit is kortliks soos volg: Bonisile het bloeiend by die huis ingehardloop gekom en gesê hy word gejaag. Daar was bloed op sy mond en voor op sy bors. Mongezi het die deur toegemaak en gesluit. Daarna het iemand van buite aan hom gesê: "....maak oop Mongezi; as jy nie wil oopmaak nie (sal) almal van julle in die huis doodgaan". Volgens die
stemme
18. stemme was daar baie mense buite. Hulle was agter Bonisile
aan. In die vertrek waarin hulle was is daar 'n binnedeur na 'n ander
vertrek.
Daardie deur is met 'n spyker toegeslaan. Mongezi het Bonisile beduie hoe om dit
oop te kry en deur 'n agtervenster te ontsnap.
Bonisile het dit gedoen. Terwyl
hy daarmee besig was,is agt ruite in die voorvenster deur iemand van buite af
stukkend gekap met
'n blink instrument wat soos 'n byl gelyk het. Daardeur is
gordyne by die venster ook geskeur. Mongezi het die deur oopgemaak nadat
Bonisile ontvlug het. Wowo, beskuldigde no 12, het toe voor die deur gestaan. Hy
het 'n apmes met 'n blink 15" lange lem, in die
hand gehad en het gesê hy
soek na Gqazatyi. Hy het toe die huis ingekom gevolg deur beskuldigdes 3 en 4 en
appellant. Mongezi
het gesê hulle moet uitgaan want Gqazatyi na wie hulle
soek is reeds weg. Appellant het toe in die deur gestaan met 'n vier
voet-lange
kierie. Hy het gesê Mongezi moet hulle (beskuldigdes 3, 4 en 12) los dat
hulle aangaan om na Bonisile te soek. Mongezi
het nie
geweet
19. geweet wat appellant se naam was nie maar het hom van sien
geken omdat hy "in die tweede straat" gebly het vanwaar Mongezi bly.
Mongezi kon
appellant duidelik sien in die lig van 'n "glas-lamp" wat in die vertrek gebrand
het. 'n Hoëmas-lig het die area
buitekant die huis ook helder verlig; en
alhoewel appellant die uitsig na buite tot 'n mate versper het kon Mongezi die
persone sien
wat net agter hom gestaan het. Hulle was beskuldigdes no 1 (Day
Mkwela) en no 9 (Sindiswa Dakada). Hy het albei van hulle goed geken
en kon
hulle gesigte duidelik sien omdat hulle net agter appellant vlak voor die deur
gestaan het. Nadat die huis deursoek is en
Bonisile nie gevind is nie het
appellant en die ander beskuldigdes vertrek. Die volgende dag het Mongezi vir
beskuldigde no 12 by
dié se huis gaan konfron= teer oor die ruite wat hy
die vorige aand gebreek het en van hom 'n onderneming gekry om die skade
te
vergoed. Wowo het terstond R12.00 aan Mongezi oorhandig en daarna nog R20.00 wat
Mongezi by Sindiswa se moeder gaan haal het.
Mongezi
20.
Mongezi het appellant direk by die aanranding op Bonisile betrek want op sy weergawe was appellant deel van die groep wat hom agterna gesit het en in die hande wou kry. Appellant is ook by die moord direk betrek deur nog 'n Staatsgetuie, Mzwandile Vazi, 'n neef van die oorledene.
Vazi het getuig dat hy daardie aand by huis 582 was en mense in die straat sien hardloop het. Hy het toe ook die geraas van 'n bakleiery by no 592, die huis van sy tante, gehoor, en het die mense soontoe gevolg. Hy het 'n klomp mense by die deur van no 592 gekry. Onder hulle was Notiti (beskuldigde no 4) en Sindiswa (beskuldigde no 9). Hy het hulle baie goed op hul name geken. Hulle twee en sekere van die ander beskuldigdes het vlak voor die deur van no 592 gestaan en Mzwandile moes by hulle verby druk om in te kom. (Soos reeds hierbo genoem was die area buitekant huis 592 goed belig deur die hoëmasligte). Binne-in die huis was die oorledene, beskuldigdes 3 en 12, wat hy toe ook goed geken het, en appellant, wat hy van
sien
21.
sien geken het. Hy het hulle geëien in die lig van 'n "glaslamp" wat in die vertrek gebrand het en hulle goed belig het. Oorledene het teen die vertek se agtermuur gestaan en het aan die linkerkant van sy kop gebloei. Beskuldigde no 12 het oorledene toe met 'n slagtersmes gekap en no 3 het hom op die linkerskouer met 'n assegaai geslaan. Oorledene het geval. Vazi wou hulle keer om oorledene verder aan te rand maar beskuldigde no 3 en appellant het hom gegryp en neergegooi. Daarna het appellant vir oorledene met 'n handbyl (tomahawk) vier keer op die agterkop gekap. Beskuldigdes 3 en 12 het toe wapens omgeruil en oorledene ook op sy kop gekap. No 12 het drie keer gekap -so hard dat oorledene se harsings gespat het. Vazi het toe uitgegaan om die polisie te gaan ontbied. Beskuldigdes 4 en 9 het nog steeds voor die deur gestaan en Vazi moes by hulle verbydruk om te kan uitkom. Hy het toe opgemerk dat Notiti die boonste stuk van 'n gebreekte bottel vasgehou het en dat Sindiswa in die een hand 'n soortgelyke bottelstuk
en
22.
en 'n klip in die ander hand gehad het.
Appellant is ook deur die wykshoofman, Themba Ganca, indirek maar op betekenisvolle wyse by die moord op oorledene betrek. Dit het so gekom:
Appellant het getuig dat nadat Sindiswa afgedraai het na haar woning hy alleen aangeloop het. Beskuldigde no 12 het van agter af aangekom, na hom geroep en hom gevra om hom te help deur hom na die "hoofman" te vergesel. Beskuldigde no 12 het 'n oop mes vasgehou en sy hande was bebloed. Appellant het hom nie gevra wat gebeur het nie. Hy het egter gemeen dat beskuldigde no 12 in die bakleiery by 592 betrokke was en gedink dat hy hom aan die hoofman wou gaan oorgee sodat dié hom kon "vergewe". Hy het no 12 jammer gekry en hom soontoe vergesel.
Themba Ganca se weergawe van die gebeure by sy huis (577) daardie aand was dat hy voor die beeldradio aan die slaap geraak het en gewek is deur 'n geklop aan sy voordeur. Dit was Notayiti. Hy het haar ingelaat. Sy
het
23. het gehuil en 'n rapport aan hom gemaak. Kort daarna het
Wowo
(besk no 12); 'n meisiekind Notiti" (beskuldigde
no 4) en appellant ook
ingekom. Wowo het bloed aan sy klere en hande gehad. Appellant het 'n kierie en
'n 12"-lange slagtersmes by
hom gehad. Wowo het rapporteer dat hy oorledene
doodgemaak het. Ganca het geantwoord dat hy die saak by die polisie moes gaan
aangee
omdat hy as wykshoofman nie die bevoegdheid het om klagtes waarby bloed
of doodslag betrokke is te ontvang nie. Aan appellant het
Ganca gesê: "Jy
dra 'n kierie en 'n mes" en gevra "hoekom dra jy dit, 'n skerp wapen?".
Appellant het geantwoord: "Ek gebruik
nie 'n mes nie. Ek is 'n Xhosa man, ek dra
'n kierie". Ganca is toe terug om na die beeldradio te gaan kyk en appellant en
sy makkers
het vertrek. Ganca het geen melding gemaak van bloed aan appellant
nie of van die mes wat beskuldigde no 12 volgens appellant in
sy hand sou gehad
het nie.
Appellant
24.
Appellant het ontken dat hy 'n mes by hom gehad het en het beweer dat
Ganca slegs oor die kierie 'n opmerking gemaak het. Beskuldigde
no 12 het erken
dat hy oorledene een keer in die rug gesteek het met sy mes , bewysstuk 4, maar
het ontken dat hy dit by Ganca in
sy hand gehad het en het gesê dit was
toe in sy sak. Hy het wel ontken dat appellant 'n mes by hom gehad het, maar het
ook
ontken dat sy eie hande bebloed was soos deur appellant beweer. Hy het Ganca
ook weerspreek oor die bloed aan sy klere. Hy het ontken
dat hy aan Ganca
gesê het dat hy oorledene doodgemaak het en het getuig dat al wat hy
gesê het was dat die ding wat veronderstel
was om met hom te gebeur, het
met oorledene gebeur. Dit sou hy gesê het met verwysing na 'n voorval toe
die oorledene op hom
sou geskiet het, waarvan Ganca bewus sou gewees het. Aan
Ganca is dit egter namens hom tydens kruisondervraging gestel dat hy aan
die
hoofman gesê het dat "die jongelinge" oorledene dood= gemaak het.
Die
25.
Die mediese getuienis, gelewer deur dr Koopowitz, die distriksgeneesheer van Queenstown, wat die lykskouing op oorledene uitgevoer het, openbaar 'n grusame verminking van die liggaam. Die oorsaak van dood is aangegee as gedeeltelike onthoofding. Oorledene se kop was grootliks inmekaar geslaan, stukke van die skedel was weg en sy harsings het uitgepeul. Daar was altesame ongeveer 20 sny= wonde aan oorledene se kop, insluitende die linkerkant van sy gesig. Die skedel is na die geneesheer se oordeel met skerp wapens soos bv 'n byl of panga-tipe instrument inmekaar geslaan, maar hy het toegegee dat voor die gedeeltelike onthoofding sekere van die kopbeserings ook deur klippe toegedien kon gewees het. Oorledene se skedel was só verbrysel dat stukke daarvan weggespat het. Nopinki het die volgende dag, die Sondag, gaan skoonmaak in die vertrek in huis 592 waarin oorledene vermoor is. Sy het daar van oorledene se harsings en stukke van sy skedel gekry. Die
skedelstukke'
26.
skedelstukke het sy aan die ondersoekbeampte, speurder adjudant-offisier Sydney Mjenscane, oorhandig wat hulle op sy beurt aan dr Koopowitz gegee het. Laasgenoemde was van mening dat sekere van die skedelstukke duidelike insny= merke getoon het wat deur 'n skerp instrument veroorsaak was. Hierdie getuienis is in ooreenstemming met Mzwandile se bewering dat appellant oorledene met 'n handbyl op die kop gekap het.
Daar was ook 24 indentifiseerbare snywonde en 3 skeurwonde elders aan die lyk en veelvuldige snywonde aan die regterhand wat die vingers daarvan gedeeltelik deurgesny het. Die linker polsgewrig is feitlik afgesny en die linker dybeen is gebreek. Van die snywonde kon deur messe soos dié wat as bewysstukke 1-4 ingehandig is, toegedien gewees het. Dit was klaarblyklik 'n volgehoue aanranding deur meer as een persoon en met 'n verskeidenheid van wapens en voorwerpe.
Bonisile
27.
Bonisile is ook deur dr Koopowitz ondersoek. Dit was op 26 Oktober, vyf dae na die voorval. Hy het 'n skaafwond net onder sy neus gehad en ook een voor op sy bors.
Soos dikwels gebeur in verhore, straf en siviel, het dit in die onderhawige geval uiteindelik uitge= loop op 'n geloofwaardigheidsstryd tussen die twee groepe getuies (hier tussen Staat en verdediging). Appellant het die stryd verloor omdat die verhoorhof die drie kardinale getuies, Mongezi, Vazi en Themba Ganca geglo het en die weergawes van appellant en sekere van sy mede-beskuldigdes (veral nos 9 en 12) verwerp het. Die getuienis van Nomonde is ook aanvaar en as baie belangrik beskou omdat sy beskuldigdes 1, 3, 4, 7, 9 en 12 pertinent as deel van die moordgroep uitgeken het en grafies beskryf het hoe be= skuldigde no 12 die oorledene se skedel met 'n assegaai deurkloof het. Sy het egter nie vir appellant by die aanval
op
28.
op oorledene betrek nie. Omdat sy vir Sindiswa daarby impliseer het, was haar getuienis egter wel ook t a v appellant van belang omdat dit onvereenselwigbaar was met sy bewering dat hy die hele tyd onder Sindiswa se sambreel geskuil het. Daar was ook verskille tussen haar beskrywing van die doodslag en die van Vazi en daar was daarvan gebruik gemaak deur die verdediging om Vazi se geloofwaardigheid aan te val. Die grootste deel van Nomonde se getuienis word, soos reeds genoem, egter buite rekening gelaat vir huidige doeleindes. Die rede daarvoor is dat by die aanhoor van die verdere getuienis in die loop van die aansoek om verlof om daardie getuienis aan hierdie Hof voor te lê, sy deur die Staat herroep is en toe tydens 'n deurtastende en wydlopende kruisondervraging in wesenlike opsigte afgewyk het van haar vorige weergawe van wat gebeur het vandat sy van buite af na die aanval op oorledene in huis 592 staan en kyk het. VAN RENSBURG, R het die effek van die tyds= verloop van meer as drie jaar tussen die twee geleenthede
waarop
29.
waarop sy oor dieselfde gebeure getuig her in ag geneem maar het
nietemin toe ernstige bedenkings oor haar geloof= waardigheid gehad,
maar
eintlik net oor die laasgenoemde deel van haar getuienis. Nomonde se weergawe
van wat binne-in huis 592 gebeur het voordat sy
daaruit gehaal is deur
beskuldigde no 12 is egter nie wesenlik betwis nie. Nozithulele en Notayiti
Appolis, wat albei ook Staatsgetuies
was, staaf haar in groot mate daaromtrent
alhoewel daar in sekere opsigte verskille is tussen haar weergawe en die van
Notayiti.
Nozithulele en Notayiti is deur die verhoorhof geglo. Die geleerde
regter sê in sy uitspraak die volgende van hulle en van
hoofman Themba
Ganca:
"The remaining witnesses upon whom we rely in this judgment namely Notayiti Appolis, Nozithulele Appolis and Themba Ganca, were all in our view good witnesses who gave the impression that they were telling the truth and we have no hesitation in placing full reliance on their evidence."
Daar is na my mening geen rede om van daardie geloofwaardig=
heidsbevinding t a v Notayiti en Nozithulele te verskil nie.
Nomonde
30.
Nomonde se getuienis oor wat in huis 592 gebeur het vandat die oorledene daar ingekom het totdat sy daar uitgehaal is word gevolglik vir doeleindes van hierdie uitspraak aanvaar en in ag geneem in weerwil van die geleerde Regter se latere bedenkinge oor haar geloofwaardigheid in ander opsigte.
Op die weergawes van Nomonde en Notayiti is dit duidelik dat Bonisile uit huis 592 na no 591 gevlug het en by Mongezi gaan skuil het voordat oorledene gedood is. Dié twee huise is langs mekaar en Bonisile moes in 'n baie kort tyd van die een na die ander beweeg het. Volgens Mongezi was beskuldigde no 12 klaarblyklik die leier van die groep wat Bonisile agtervolg het en was appellant en beskuldigde no 9, Sindiswa, ook deel van daardie groep. Op Mzwandile Vazi se weergawe het appellant daadwerklik deel = geneem aan die moorddadige aanranding op oorledene en het Sindiswa hom bygestaan in minstens 'n ondersteuningsrol waarin sy haar klaarblyklik met die doodslag vereenselwig het. Mzwandile se getuienis is direk teenstrydig met dié
van
31. van appellant en Sindiswa en algeheel onversoenbaar daarmee.
Dieselfde geld vir Mongezi, wat hulle albei verbind met die aanval
op Bonisile,
vir appellant tot 'n groter mate as Sindiswa. Op Mongezi se weergawe was albei
van hulle onteenseglik deel van die groep
wat Bonisile gejaag het vanaf huis 592
na no 591. Daardie groep het hom agtervolg met die onteenseglik gemeenskaplike
doel om hom
ernstig aan te rand of selfs te dood, en op Mongezi se weergawe het
appellant hom daarmee vereenselwig. Al het hy nie self vir Bonisile
toe te lyf
gegaan is hy nietemin regtens daaraan aandadig. S v Sefatsa (verkeerdelik
gerapporteer as Safatsa) and Others 1988 (1) SA 868 (A). Dit is na my
mening ook duidelik dat, soos deur die verhoorhof bevind, en hierbo genoem,
daardie gemeenskaplike doel minstens
was om Bonisile aan te rand met die opset
om hom ernstig te beseer, en dat hy inderdaad aldus aangerand was.
Die verhoorhof het Mongezi en Mzwandile geglo. Van Mongezi het die geleerde regter die volgende
gesê:
32.
gesê:
"Mongezi Futshane was an exceptionally good witness. His demeanour was good and he was a satisfactory witness in every material respect. He gave the impres= sion that he was telling the truth. He did not make a wholesale identification of the accused but only identified certain of them whom he could see clearly. Furthermore, all the accused identified by him were well-known to him. He is an independent witness and we are satisfied that full reliance can be placed on his testimony."
Mongezi se betroubaarheid was tydens die beredenering van die appel aangeveg o a op'grond van sy uitkenning van Sindiswa omdat hy gesê het dat appellant sy uitsig na buite versper het, en dat hy haar gevolglik nie sou kon gesien het nie omdat sy agter appellant gestaan het. Maar Mongezi het verduidelik, soos reeds hierbo gemeld, dat sy net agter appellant was en hy haar gesig derhalwe kon sien. Dit is 'n heel redelike verduideliking. Na my mening is dit nie 'n gegronde beswaar teen die aanvaarding van Mongezi se getuienis nie.
Die
33.
Die geleerde regter het die hof se geloof= waardigheidsbevinding t a v Mzwandiie só geformuleer:
"He gave his evidence well and stood up well to a lengthy and arduous cross-examination. He was overall a good witness and gave the impression of being truthful. He saw accused numbers 12, 3 and 6 actually assaulting the deceased. Although he identifies all 12 accused as being in house 592 at the time of the assault on the deceased, he did not see any of the others apart from accused numbers 12, 3 and 6 actually participating in the assault. Mzwandile says accused nos 9, 4 and 2 were standing at the door
as he entered. He was a bit uncertain as to the precise stage at which the other 6 accused, namely accused nos 1, 5, 7, 8, 10 and 11, entered the house. This is understandable bearing in mind the commotion there must have been in the room while the deceased was being put to death most brutally. In our view it would be most surprising if Mzwandile were able to remember precisely the movements of those 6 accused at that stage. We consider that full reliance can be placed on Mzwandile's identification of accused nos 12, 3, 6, 9, 4 and 2. In this regard it is significant that he had to push aside accused nos 9, 4 and 2 at the door when he went out of the house."
Daar
34.
Daar was verskille tussen die beskrywings deur Mzwandile en Nomonde van die gebeure binne-in huis 592. Tydens die verhoor was die hof baie gunstig beïndruk met Nomonde as 'n getuie en was sulke verskille gevolglik nie iets wat ligtelik t á v Mzwandile afgemaak kon word nie. Die hof het dit ook nie gedoen en het inderdaad ernstige oorweging daaraan geskenk maar nogtans tot die gevolgtrekking gekom dat Mzwandile se getuienis aanvaar moet word. Die geleerde regter het die hof se benadering en gevolgtrekking daaromtrent soos volg uiteengesit:
"It was argued that there were certain discrepancies between the evidence of Nomonde and that of Mzwandile, especially with regard to the blow which felled the deceased. We have considered the submissions made in this regard but have not been persuaded that there is any merit in these submissions. Any differences which there may have been between the evidence of these two witnesses are only to be expected, having regard to the general commotion and the circumstances which prevailed at the time. We do not consider that any such differences are of sufficient materiality to in any way
detract
35.
detract from the reliability of the evidence of these two witnesses."
Die getuienis van Mzwandile is op versigtige en realistiese wyse deur die verhoorhof benader en ek kan geen fout vind met die hof se bevinding dat sy getuienis geglo moet word nie. 'n Verdere oorweging ter bevestiging van Mzwandile se getuienis dat appellant inderdaad saam met beskuldigdes 3 en 12 binne-in huis 592 was,is die feit dat Mzwandile deur hom daar te lyf gegaan is. So 'n noue fisiese kontak skakel feitlik die gevaar uit dat Mzwandile verkeerd was met sy uitkenning van appellant, 'n mede-wyksbewoner wat hy toe reeds van sien geken het.
Ek het reeds die verhoorhof se bevinding oor die geloofwaardigheid van die wykshoofman, Themba Ganca, hierbo aangehaal i v m die Staatsgetuies Notayiti en Nozithulele Appolis. Daar is na my oordeel geen reverdiging om enigsins daarvan te yerskil nie. Ek het reeds gesê dat Ganca vir appellant op betekenisvolle wyse by die moord
op
36. op oorledene betrek. Die rede daarvoor is dat daar geen
onskuldige rede vir appellant se besit van so 'n dodelike wapen soos 'n
slagtersmes so kort na die moord gesuggereer is nie. Appellant het valslik
ontken dat hy so 'n mes toe by hom gehad het, en hy was
by Ganca in die
geselskap o a van dieselfde twee persone, beskuldigdes 9 en 12, in wie se
teenwoordigheid hy ook deur Mongezi by
huis 591 en Mzwandile by huis 592 gesien
was. Daar is geen suggestie dat daardie deurlopende samesyn onskuldig was nie.
Dit is trouens
aanduidend van 'n aktiewe en volgehoue deelname deur appellant in
die geweldpleging op Bonisile en moord op oorledene.
Tydens die beredenering van die appel is Themba Ganca se getuienis gebruik om dié van Mzwandile mee aan te val. Daar is deur mnr Fourie namens appellant betoog dat indien appellant werklik vir oorledene op die kop gekap het soos deur Mzwandile beweer, hy sigbaar bebloed moes gewees het soos die geval met beskuldigde no 12 was. Die
feit
37. feit dat Ganca geen melding gemaak het van enige bloed
aan
appellant nie moet gevolglik n twyfel laat ontstaan oor die
waarheid
van Mzwandile se bewering en oor sy geloofwaardig=
heid as getuie. Hierdie
betoog gaan na my mening nie op nie.
Ganca is nooit pertinent gevra of hy
bloed aan appellant
gesien het nie en hy het nooit ontken dat daar bloed
aan
appellant was nie. Daardie aspek was eenvoudig nooit
ondersoek nie.
Dit volg na my mening egter ook nie dat
appellant noodwendig bloed aan hom
moes gekry het indien
hy vir oorledene op die kop gekap het soos deur
Mzwandile
beskryf nie. Dit sou afhang van waar hy gestaan het
in
verhouding tot oorledene se liggaam toe hy die kaphoue
toegedien het en
ook van die mate van geweld waarmee die
houe toegedien is. Hierdie aspekte is
ook nie tydens die
verhoor ondersoek nie. Maar daar kon moontlik wel
bloedspat=
sels aan appellant gewees het wat nie deur Ganca opgemerk is
nie. Daar is geen suggestie dat Ganca appellant vir die teen=
woordigheid van bloed aan hom ondersoek het nie. Die feit
dat
38. dat Ganca geen melding gemaak het van bloed aan appellant
nie, is gevolglik geen rede om te twyfel aan die korrektheid
van die
verhoorhof se geloofwaardigheidsbevinding
betreffende Mzwandile nie.
Deur die getuienis van die bogenoemde Staats= getuies te aanvaar volg dit noodwendig dat appellant se weergawe deur die verhoorhof verwerp is. Die hof het appellant se getuienis egter uitdruklik as vals verwerp. Daar was goeie rede daarvoor. Hy was klaarblyklik 'n uiters onbevredigende getuie. Ek het reeds die weersprekings wat op die besoek van Themba Ganca betrekking het, uiteen= gesit. Hy is ook deur Sindiswa weerspreek oor waar hulle as toeskouers van die gebeure by huis 592 sou gestaan het. Sy het gesê hulle het op erf 589 gestaan. Hy het volgehou dat dit op erf 588 was wat as "Worcester" bekend staan en waarmee hy toe reeds goed bekend was. Deur sy advokaat
was
39.
was dit egter namens appellant tydens kruisondervraging aan Nomonde en
Mzwandile gestel dat appellant deurgaans op erf 589 gestaan
het - iets wat hulle
albei ontken het. Indien daar derhalwe 'n moontlikheid is dat appellant verward
kon gewees het oor waar hy gestaan
het, kan verwarring nie as verklaring dien
vir 'n ander belangrike weerspreking tussen hom en Sindiswa nie. Sy het getuig
dat terwyl
sy en appellant so langs mekaar onder haar sambreel gestaan het daar
op groot skaal deur baie mense klippe in en na huis 592 gegooi
is, o a deur
Notiti (beskuldigde 4) en beskuldigdes 5 en 10. Appellant het egter ontken dat
daar toe enige klipgooiery was. As daar
inderdaad 'n klipgooiery was soos deur
Sindiswa getuig, moes appellant dit gesien het en kan dié weerspreking
tussen hulle
nie aan enige verwarring aan appellant se kant toegeskryf word nie.
Toe sy die volgende dag gaan skoonmaak het in die moordkamer
het Nopinki klippe
en bakstene daarin aangetref. Sy het hulle later aan A/0 Mjenscane
oorhandig.
Daar
40.
Daar was 13 van hulle en hulle is as bewysstukke by
die
hof ingehandig tydens die verhoor. Daar is derhalwe sterk
aanduidings
dat klippe inderdaad gegooi was soos deur
Sindiswa beweer, en Notayiti het
ook getuig dat klippe daar
gegooi was. Die verhoorhof het voorts tereg bevind
dat
dit ondenkbaar is dat appellant, wat homself met die kierie
bewapen
het om,indien nodig,teen oorledene te gebruik en by
sy aankoms op 'n erf
aangrensend aan no 592 aanvanklik
gemeen het dat die oorledene besig was om
die jongelinge in
huis 592 te slaan, op 'n aangrensende erf bloot as
toeskouer
sou bly staan en geen poging sou aanwend om na no 592 te gaan
om uit te
vind of hy nie tussenbeide moet tree nie.
Beskuldigde no 9 het weliswaar vir
appellant gestaaf t a v
sy bewering dat hy slegs as 'n onbetrokke toeskouer op 'n
erf aangrensend aan no 592 deurentyd bly staan het,
maar haar getuienis is
in die volgende terme deur die
verhoorhof verwerp:
"We
41.
"We are of the view that accused no 9's version is heavily outweighed by the evidence of the State witnesses implicating her and we reject her evidence as false."
Uit hoofde van wat ek hierbo
uiteengesit het kan ek geen fout met daardie verwerping vind nie.
Weens die
aard, ligging en veelvuldigheid van die beserings aan die oorledene kan daar
geen twyfel wees dat hy aangerand is met die
direkte opset om hom dood te maak
nie. Op die getuienis wat tydens die verhoor gelewer is was appellant na my
oordeel gevolglik bo
enige redelike twyfel skuldig bewys aan die moord op die
oorledene. Hy was insgelyks skuldig bewys aan die aanranding op Bonisile.
Hy is
op daardie grondslag gevolglik korrek deur die verhoorhof aan albei gemelde
aanklagte skuldig bevind.
By die oorweging van die vraag of die verhoorhof fouteer het wat die skuldigbevinding aan moord betref deur te bevind dat daar geen versagtende omstandighede in appellant se geval bewys is nie geld die volgende
uiteensetting
42.
uiteensetting van die regsposisie deur JOUBERT, AR in
S v Mongesi en
Andere 1981 (3) SA 204 (A) op 207 C - D en
207 H = 208:
"Die bewyslas om die bestaan van versag=
tende omstandighede op 'n oorwig van
waarskynlikhede vas te stel, rus op 'n
beskuldigde. Ten einde dit te kan
doen, moet daar 'n feitebasis vir die
Verhoorhof wees waarvan die bestaan van
die versagtende omstandighede afgelei
kan word. (S v Ndlovu 1970(1) SA 430 (A)
te 433 H)
Dit is bekende reg dat dit in die eerste plek 'n Verhoorhof se taak is' om oor die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede te beslis en dat die bevoegdheid van hierdie Hof om 'n Verhoorhof se bevinding dat daar nie versagtende omstandighede is nie te wysig streng beperk is. Soos dit gestel is in S v Bowers 1971(4) SA 646 (A) te 649 A:
'Hierdie Hof kan alleen ingryp en sy eie mening vir dié van die Verhoorhof substitueer indien die Verhoorhof 'n mistasting of ander onreëlmatigheid begaan het, of indien sy bevinding, in die lig van al die getuienis beoordeel, van so 'n aard is dat dit nie redelikerwyse daartoe gekom kon gewees het nie.'"
Ten
43.
Ten tyde van die moord op oorledene was appellant 'n man van 34 jaar
en heelwat ouer as enige van sy mede-beskuldigdes. Hy het deurgaans
ontken dat
hy enigiets met die moord te doen gehad het en het geen getuienis na sy
skuldigbevinding gegee t a v die bestaan van enige
versag= tende omstandighede
nie.
Die verhoorhof het op die getuienis wat
tydens die verhoor deur o a
beskuldigde no 12 gelewer is,
bevind dat no 12 en oorledene handelaars in
dagga was wat
eers in vennootskap handel gedryf het, toe 'n uitval
gehad
het, die vennootskap beëindig het en daarna in mededinging
met
mekaar handel gedryf het. Die hof het ook bevind dat
oorledene se gedrag
besonder uittartend teenoor beskuldigde
no 12 was en dat dié in die
greep van daardie uittarting
die moord gepleeg het en dat daar in sy geval
derhalwe
versagtende omstandighede was. 'n Vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf is gevolglik aan beskuldigde no 12 opgelê
vir die moord.
Ten
44. Ten aansien van appellant het die verhoorhof gevind dat hy ook h
daggahandelaar was. Maar hy was 'n groothandelaar en het nie
sake gedoen in
mededinging met die oorledene nie en was geensins deur hom uitgetart nie. Daar
is egter aangevoer dat daar 'n ander
moontlike motief was wat appellant kon
beïnvloed het om mee te doen aan die moord op die oorledene. Dit is die
volgende. Daar
is getuienis o a deur Bonisile en Vazi dat appellant aandadig
daaraan was dat die oorledene se 18-jarige broertjie, Patrick, ten
onregte
veroordeel was aan handel in dagga wat eintlik aan appellant behoort het,
waarvoor hy 'n paar dae voor die moord gevonnis
is tot 18 maande
gevangenisstraf. Die oorledene was uiters gebelgd daaroor en dit het kwade
gevoelens tussen hom en appellant laat
ontstaan. Appellant het egter ontken dat
hy enigsins vir Patrick se veroordeling verantwoordelik is en het getuig dat
Patrick uit
eie beweging skuld aanvaar het. Selfs indien die aantyging teen
appellant as die waarheid aanvaar word is dit egter eerder iets wat
oorledene
45. oorledene sou kon beweeg om appellant te lyf te gaan as
andersom. Dit is trouens baie moeilik om te dink hoe sulke optrede appellant
se
morele verwytbaarheid vir die moord op die oorledene enigsins sou kon verminder.
Dit sou na my mening eerder die teenoorgestelde
uitwerking hê. Die
verhoorhof het tereg, na my mening, die Patrick-geval nie as 'n versagtende
omstandigheid beskou nie. Daar
is voorts geen suggestie dat appellant deur enige
van sy mede-beskuldigdes of deur enigiemand anders beïnvloed is om aan die
moord op oorledene mee te doen nie en hy het ontken dat hy daardie aand dronk of
noemenswaardig onder die invloed van sterk drank
was. Daar is gevolglik geen
feitebasis vir 'n bevinding dat daar in appellant se geval enige versagtende
omstandighede was nie. In
die lig van die feite wat voor die verhoorhof was ten
tyde van vonnisop= legging was die doodstraf dus verpligtend, en is dit regtens
korrek aan appellant opgelê. Ek kan op die grondslag van die getuienis
tydens die verhoor gelewer en die hof se
bevindings
46. bevindings daaromtrent, ook geen fout vind met die vonnis
aan appellant opgelê t a v die aanranding op Bonisile nie.
Op dieselfde grondslag kan dié appèl na my mening derhalwe nie slaag nie.
Die effek van die bykomende getuienis moet nou oorweeg word. Daar hoef nie veel daaromtrent gesê te word nie want na my mening openbaar dit geen rede om met die skuldigbevindings en vonnisse in te meng nie. Daardie getuienis is trouens slegs teen die skuldigbevindings gerig en handel nie met enige moontlike bykomende feite wat as versagtende omstandighede beskou kan word nie.
Die verdere getuienis is gelewer namens appellant deur die meisies, Nobhantu Gwaza, Fikiswa Malotana, albei destyds ongeveer 19 jaar oud en Nosipho Gwaza, wat destyds 14 jaar oud was (tydens die aanhoor van hul getuienis aan die begin van Februarie 1987 was die twee oudstes 23 jaar en Nosipho 18).
Die
47.
Die beskrywing van die gebeure deur Nobhantu en Fikiswa wyk in wesenlike opsigte af van dié gegee deur appellant en Sindiswa. Nobhantu het getuig dat sy en Nosiphu saam met appellant en Sindiswa onder dieselfde sambreel gestaan het saam met nog 'n persoon by name van Nkululo. Hulle moes gevolglik teen aan mekaar gestaan het en van mekaar se teenwoordigheid bewus gewees het. Tog maak appellant en Sindiswa geen melding van so h-raamesyn nie en het hulle glad nie van die twee meisies gepraat nie.
Nobhantu het egter ook getuig dat terwyl hulle almal so saam was Sindiswa vir beskuldigde no 12 wou keer om oorledene aan te rand deur aan hom te skree dat hy"die ding moet los waarmee hy besig was." Beskuldigde no 12 was met 'n assegaai gewapen en volgens Nobhantu was sy reaksie op Sindiswa se versoek die volgende dreigement aan haar:
" los
48.
" los daardie ding wat jy doen en as
jy nie ophou nie sal ek omgaan na daardie perseel waar jy is, dan sal ek jou kap met hierdie assegaai".
Volgens haar het appellant toe ook die volgende raaisel= agtige vermaning aan no 12 gerig:
" los hierdie ding waarmee jy nou besig
is, en as jy nou nie dit los nie sal ons jou hier laat en dan gaan ons weg".
Ek noem dit raaiselagtig omdat dit eerder klink soos iets wat een lid van 'n span aan 'n ander sou sê as soos iets wat 'n onbetrokke toeskouer sou sê aan iemand wie se geweld= pleging op h ander hy besig is om te aanskou.
Fikiswa het gelykluidende getuienis gegee maar het nog die volgende ook bygevoeg oor 'n gesprek wat Sindiswa met appellant sou gehad het, waar hulle almal onder die sambreel gestaan het:
"Wowo se meisie het met Richard gepraat en hom gesê hy moet gaan keer daar. Toe sê hy nee, hy kan nou nie daar gaan tussen daardie baie skerp goed nie."
Nóg
49. Nóg appellant nóg Sindiswa het enige
melding gemaak van hierdie versoeke, dreigemente en gesprekke. As dit werklik
gebeur het is dit ondenkbaar dat hulle daaroor sou geswyg het, veral in
appellant se geval as hy werklik geweier het om enigiets
met die geweldpleging
op oorledene te doen te hê soos deur Fikiswa beweer. Ook van Fikiswa het
appellant en Sindiswa geen melding
gemaak nie.
Nosipho wat ook bygestaan het onder die sambreel het ook geen melding van die beweerde gesprekke ens gemaak nie en het gesê dat sy vir Sindiswa onder die sambreel aangetref het maar dat sy niks anders as net daar te staan, gedoen het nie. Nosipho het egter ook getuig dat toe sy daar aangekom het die "bakleiery" by no 592 reeds aan die gang was. Die moontlikheid dat sy daar opgedaag het eers nadat die woordewisselings tussen beskuldigde no 12 en Sindiswa en appellant reeds verby was is egter deur Nobhantu uitgeskakel. Sy het getuig dat Nosipho toe ook onder die sambreel saam met hulle gestaan het.
Daar
50.
Daar is sekere ander gronde waarop hierdie verdere getuienis gekritiseer kan word. Dit blyk uit die kommentaar op daardie getuienis deur die geleerde regter. Daardie kommentaar lui so:
"As regards the further evidence adduced in these proceedings, I should mention that the three witnesses called on behalf of the defence, namely Nobantu Gwaza, Fikiswa Malotana and Nosipho Gwaza gave evidence exculpating the applicant of complicity on both the counts on which he was convicted.
No adverse findings can be made regarding the manner in which these three witnesses
gave their evidence. There are, however, certain unsatisfactory features surrounding their evidence, such as why they only came to the assistance of the applicant at such a late stage and then again in the case of Fikiswa Malotana, she remembered certain things when she gave evidence in these proceedings which she did not remember in January 1985 when she attested her affidavit in support of the applicant's application for leave to lead further evidence. It is also significant that the evidence of these three witnesses does not agree with that of the applicant given at the trial in all respects."
Dit
51.
Dit is nie nodig om verder oor hierdie getuienis uit te wei nie. Weens die aard en inhoud daarvan vergeleke met dié van die getuienis tydens die verhoor gelewer is ek tevrede dat daar geen rede daarin openbaar is om enigsins te twyfel oor die korrektheid van die skuldig= bevindings en vonnisse nie.
Die appel word gevolglik afgewys.
M T STEYN, AR
HOEXTER, AR)
Stem saam KUMLEBEN, AR)