South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 47
| Noteup
| LawCite
S v Lewis (354/87) [1988] ZASCA 47 (17 May 1988)
Download original files |
ZAIN LEWIS en DIE STAAT SMALBERGER, AR -
354/87
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ZAIN LEWIS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, SMALBERGER, ARR,
et VILJOEN, Wn AR
VERHOORDATUM: 9 MEI 1988 LEWERINGSDATUM: 17 MEI 1988
UITSPRAAK SMALBERGER, AR :-
Die appellant (beskuldigde 1), wat saam
met twee medebeskuldigdes (beskuldigdes 2 en 3) aangekla
is, is /
2 is, is in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling deur
NEL, R en twee assessore op klagtes van moord, roof en poging tot roof
skuldig
bevind. By ontstentenis van versagtende omstandighede is hy op die moordaanklag
die doodstraf opgelê; ten opsigte van
die ander skuldig= bevindings is hy
tydperke van gevangenisstraf opgelê. Met verlof van die hof a quo
kom die appellant in hoër beroep slegs teen die bevinding van afwesigheid
van ver= sagtende omstandighede, en die opgelegde
doodstraf wat dié
bevinding ten gevolge gehad het.
Die appellant se skuldigbevindings spruit
voort uit gebeure wat op 6 Julie 1985 naby die Heideveld-spoorwegstasie in die
distrik Wynberg
plaasgevind het.
Die /
3 Die verhoorhof het die volgende feite as bewese gevind. Om
ongeveer 12h30 die betrokke dag het vier Swartmans, onder wie die oorledene
(Philipol Mthetheleli Kibito), na 'n winkel bekend as Ocee Stores gegaan om
inkopies te doen. Toe hulle die winkel verlaat, is hulle
deur die appellant en
beskuldigde 2, wat albei met messe gewapen was, gekon= fronteer. Dit was
blykbaar die bedoeling van die appellant
en beskuldigde 2 om die oorledene en sy
metgeselle te beroof. Die vier Swartmans het oor die pad voor die winkel
agteruitbeweeg.
Die oorledene het oor die randsteen ge= struikel en geval.
Terwyl hy weerloos op die grond gelê het, is hy herhaaldelik deur
die
appellant en beskuldigde 2 gesteek. Hy is altesame sewe steekwonde toegedien.
Een
daarvan / ...
4 daarvan het sy hart binnegedring, en sy dood veroorsaak.
Dit is gemene
saak dat die dodelike wond deur die appellant toegedien is. Die appellant en
beskuldigde 2 sou waarskyn= lik met die
aanval op die oorledene voortgegaan het
as ene Leonard May nie tussenbeide getree het en hulïe verhinder het om die
oorledene
verder aan te rand nie.
Skaars 'n halfuur later het die appellant
ene Darin Murtz, 'n groentesmous, van R20-00 beroof. Hy het 'n R20-00 noot uit
Murtz se
hand geruk, en toe Murtz sy geld terugvra, het die appellant hom met 'n
mes gedreig. Beskuldigdes 2 en 3 het bystand aan die appellant
kom verleen, en
Murtz het in sy voertuig gaan skuiling soek. Daar is hy deur die appellant en
beskuldigde 3 met messe geterrori=
seer /
5 seer. Die appellant het die volgende persoon wat verby= gekom
het met 'n mes probeer voorkeer, maar dié persoon het daarin
geslaag om
te ontvlug. Kort daarna het ene Moneeb Dreyer op die toneel verskyn. Die
appellant het hom van agter vasgegryp, en terselfdetyd
het hy 'n mes in sy
regter= bors ingedruk. Met die mes steeds in sy bors, het die appellant met
Dreyer aangestap gekom terwyl hy
sy linker= broeksak deurvoel het. Murtz het
Dreyer te hulp gesnel, maar is deur beskuldigdes 2 en 3 verdryf. Hy het wel
later daarin
geslaag om die beseerde Dreyer in sy voertuig op te laai en van die
toneel te verwyder. Dit blyk uit die getuienis dat tydens die
gebeure waarna
reeds verwys is, die appellant deurgaans berekend en koelbloedig opgetree
het.
Die /
6 Die appellant was 18 jaar en 20 dae oud ten
tyde van die
pleging van die betrokke misdade. 'n Welsyns= verslag is aan die verhoorhof
voorgelê alvorens dit oor die aanwesigheid
al dan nie van versagtende
omstandighede beslis het. In dié verslag is daar behandel, onder andere,
die appellant se sosio-kulturele
agtergrond en omstandighede, sy skool- en
werksgeskiedenis, asook sy gedrag en leefwyse. Dit kan geredelik aanvaar word
dat die verhoorhof
gedagtig was aan wat in die welsynsverslag bevat is, en
rekening gehou het met die appellant se jeugdigheid. Desondanks het die
verhoorhof
bevind dat daar geen versagtende omstan= dighede was nie, en wel om
die volgende redes soos uiteenge= sit in die verhoorhof se uitspraak:-
"Daar /
7
"Daar is geen getuienis dat drank enige invloed gehad het nie. Daar was geen getuienis dat beskuldigde 1 onder die invloed van enige ander persoon opgetree het nie. Hy self het dit nie gesê nie. Daar is geen getuienis dat sy huislike omstandighede 'n effek op sy gemoed gehad het nie. Hy het na eie keuse gemeng met ongure elemente. Hy het 'n leidende rol gespeel in die voorval wat tot die oorledene se dood gelei het asook in die misdaáe kort daarna ge= pleeg. Die aanval op die oorledene was nie 'n onbesonne daad op die ingewing van die oom= blik nie. Dit was gepleeg in die uitoefening van 'n poging om 'n onskuldige persoon wat sy inkopies kom doen het, te beroof. Hy was fisies verhoed om voort te gaan met die aanval op die oorledene. Indien dit 'n onbesonne daad was gepleeg op die ingewing van die oomblik, sou hy nie kort daarna weer voortgegaan het om ander onskuldige persone te probeer beroof en weer sy mes gebruik het nie. Van berou is daar geen sprake nie. As persoon het hy nie in die Hof die indruk van onvolwassenheid geskep nie en 'n waarskynlikheid van beïnvloed= ing van sy gemoed deur andere om hierdie misdaad te pleeg, bestaan ook nie. Die opsweping van
emosies /
8
emosies deur 'n bende of groep het ook nie
bestaan nie. Sy optrede na hierdie voorval dui ook daarop dat hy nie die aanranding op die oorledene gepleeg het as gevolg van jeugdige onvolwassenheid nie, maar uit inherente boosheid."
Op appèl is daar betoog dat die verhoorhof
nie voldoende ag op die
appellant se jeugdigheid en die
inhoud van die welsynsverslag geslaan het
nie. Ek stem
nie saam nie. Die verhoorhof het die appellant se
jeug=
digheid in behoorlike perspektief gesien. Dit is nie
soseer
jeugdigheid alleen nie, maar onvolwassenheid wat
gewoonlik daarmee gepaard
gaan, wat sterk na vore tree
as 'n versagtende omstandigheid. In die
onderhawige geval
het die verhoorhof noukeurig gelet op tersaaklike
aspekte
rakende die vraag of die appellant se optrede toe te skryf
was /
9 was aan onvolwassenheid aan sy kant. In iedere geval is daar
bevind dat hy uit inherente boosheid gehandel het. Gesien die omstandighede
rakende die oorledene se dood, en die appellant se latere optrede, was die
verhoorhof geregtig om tot so 'n gevolgtrekking te kom.
Die inhoud van die
welsynsverslag doen nie afbreuk daaraan nie.
Myns insiens het die verhoorhof
geen mis= tasting begaan nie, en die bevinding waartoe gekom is, is sekerlik nie
een waartoe geen
redelike hof kon gekom het nie. Gevolglik bestaan daar geen
grondslag vir inmenging met die verhoorhof se bevinding nie.
Die appèl word van die hand gewys.
J W SMALBERGER APPèLREGTER