South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 55

| Noteup | LawCite

S v Somaeb (54/88) [1988] ZASCA 55; [1988] 2 All SA 475 (A) (23 May 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOP VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen

GIDEON SOMAEB APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : HEFER, NESTADT, ARR et BOSHOFF Mrn AR.
AANGEHOOR : 19 MEI 1988.
GELEWER : 23 MEI 1988

UITSPRAAK HEFER AR :
Die appellant is in die hof a quo skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting. Op die eerste aanklag

is 2
2. is 'n vonnis van twaalf jaar gevangenisstraf opgelê en op die tweede is hy ter dood veroordeel. Met verlof van die verhoorregter kom hy nou in hoër beroep teen die von-nis op die tweede aanklag.
Die twee misdade is op opeenvolgende dae op twee jong dogtertjies gepleeg. Op Vrydagaand 4 Julie 1986 het die appellant vir Stella Uchams, wat toe agt jaar oud was, in haaa huis naby Khorixas verkrag. (Die eerste aan-klag het op hierdie voorval betrekking gehad). Sater-middag 5 Julie 1986 het hy vir Selma Blatt, die klaagster in die tweede aanklag wat toe nege jaar oud was, in die veld in dieselfde omgewing verkrag nadat hy haar weggelok het van die huis waar sy gespeel het. Soos te wagte, is

albei......3
3. albei kinders beseer. Stella Uchams was gelukkig nie ten volle gepenetreer nie met die gevolg dat haar beserings nie besonder ernstig was nie. Benewens oppervlakkige skaafmerke aan haar gesig het sy slegs 'n klein skeurtjie aan die ingang van haar geslagsorgaan opgedoen. Selma Blatt was minder gelukkig. Haar geslagsdele was so erg verskeur dat sy 'n maand in die hospitaal moes deurbring en dit daarna weer op drie geleenthede moes besoek vir behandeling.
Die appellant was twintig jaar oud toe hy die oortredings gepleeg het. Op daardie stadium het hy reeds twee vorige veroordelings gehad, een weens 'n onsedelike aanranding wat hy gedurende 1980 gepleeg het en een weens

diefstal.. 4
4. diefstal waarvoor hy gedurende Junie 1986 gevangenisstraf opgelê is. Dieselfde dag waarop hy vrygelaat is, het hy vir Stella Uchams verkrag en, soos reeds aangedui, het Selma Blatt die volgende middag aan die beurt gekom. Daar-by het dit nie gebly nie. Nadat die appellant weens die twee verkragtings gearresteer is, is hy op borgtog vryge-laat. Sy vryheid het hom in staat gestel om, terwyl hy verhoorafwagtend was, gedurende Maart 1987 weer 'n vrou te verkrag. Weens daardie verkragting is hy gevangenisstraf opgelê wat hy besig was om uit te dien toe sy verhoor op die onderhawige aanklagte plaasgevind het.
In sy getuienis het hy te kenne gegee dat hy op 4 Julie 1986 kort nadat hy uit die gevangenis ontslaan is,

begin 5

5. begin drink het en feitlik strykdeur daarmee aangehou het totdat hy die Saterdagaand nadat Selma Blatt verkrag is, gearresteer is. Tydens die twee verkragtings, so het hy getuig, was hy sterk onder die invloed van drank; anders sou hy dit nie gedoen het nie. Die verhoorhof het egter bevind dat sy getuienis in díe verband erg oordrewe was. "Die hof is tevrede (so lui die uitspraak ) dat die be-skuldigde in so 'n toestand was dat hy wel geweet het wat hy doen toe die verkragting plaasgevind het. Alhoewel hy miskien drank ingehad het , het dit hom nie in so 'n mate geaffekteer dat hy nie geweet het wat hy doen nie."
In die uitspraak oor vonnis heb die verhoorregter die appellant se drankinnane soos volg behandel:

"Ek 6

6.

"Ek neem in ag ook die feit dat u wel drank ingehad het toe u die verkragtings gepleeg het, maar soos ek reeds bevind het, u het

dit heeltemal oordryf in u getuienis en ek bevind dat u verantwoordelikheidsin nie so afgestomp was dat u misdaad minder verwyt-baar is nie. Sien S v Babada 1964(1) S A bl 27 en S v Ndhlovu 1965(4) S A bl 692."

My verwysing in die voorafgaande opsomming van die
feite na die appellant se drankinname spruit uit die feit
dat dit die spil was waarom die aanval in hierdie hof
teen die opgelegde vonnis gewentel het. Klaarblyklik
bedag daarop dat dit in 'n appèl teen vonnis oor die vraag
gaan of die verhoorhof sy diskresie behoorlik en redelik
uitgeoefen het (S v Pieters 1987(3) S A 717 (A) op 727
G-H), het appellant se advokaat sy betoog toegespits op
wat, volgens hom, mistastings aan die kant van die verhoor-

regter 7
7. regter was. Met betrekking tot die feit dat die appel-lant sterk drank gedrink het voordat hy die misdaad gepleeg het, is aangevoer dat die verhoorregter in twee opsigte fouteer het. Eerstens is aangevoer dat hy die mate waar-toe die appellant aangetas is deur die drank onderskat het omdat hy die getuienis van die klaagster oor die appellant se toestand geïgnoreer het en, tweedens, dat hy verkeerde-lik van oordeel was dat "'n sekere graad van beskonkenheid vereis word" voordat die invloed van drank 'n strafversag-tende effek kan hê. Ek behandel eers die tweede betoog. As uitgangspunt het appellant se advokaat staat-gemaak op 'n uitlating van RUMPFF AR (soos hy toe was) in S v Babada 1964(1) S A 26 (A) op 28C-E wat soos volg lui:

"So-ook .. 8
8.

"So-ook, wat invloed van drank betref, wan-neer 'n Verhoorhof by die uitoefening van sy funksie sy bevoegdheid beperk deur 'n assump-sie dat regtens 'n bepaalde graad van beskon-kenheid vereis word alvorens die beskonken-heid as versagtende omstandigheid kan dien, begaan so 'n hof 'n mistasting omdat regtens geen bepaalde graad vasgestel is nie."

Dit is gesê in die lig van 'n opmerking van die verhoorreg-
ter (in sy uitspraak oor versagtende omstandighede by 'n
aanklag van moord) dat

"die beskuldigde het ons gladnie te-

vrede gestel dat in alle waarskynlikheid hy so onder die invloed van drank was dat hy die daad nie sou gepleeg het as hy nie gedrink het nie en gevolglik moet die be-skuldigde skuldig bevind word weens moord sonder versagtende omstandighede." (My kursivering)

Die beskouing dat so 'n besondere graad van beïnvloeding

voorvereiste 9

9.

voorvereiste was vir 'n bevinding van versagtende omstan-dighede was klaarblyklik 'n mistasting. Maar dit was nie die beskouing van die verhoorregter in die onderhawige saak nie. Die wyse waarop die appellant se inname van drank in hierdie saak behandel is, blyk uit die reeds aan-gehaalde passasie uit die uitspraak oor vonnis en dit is duidelik dat die geleerde regter dit nie as voldoende strafversagtend beskou het nie omdat hy bevind het dat die appellant se verantwoordelikheidsin nie tot so 'n mate deur drank afgestomp was dat sy misdaad as minder verwyt-baar beskou kon word nie. Met so 'n benadering kan nie fout gevind word nie (Vgl S v V 1979(2) S A 656 (A) op 670 A-B).

Wat 10

10.

Wat die mate van aantasting deur drank betref, is die betoog dat, hoewel min waarde geheg kan word aan ap-pellant se eie getuienis wat tereg deur die verhoorregter as leuenagtig bestempel is, die getuienis van Selma Blatt aanduidend is van sy toestand; dat haar getuienis hier-oor geignoreer is hoewel haar getuienis oor die gebeure aanvaar is; en dat die bevinding moes gewees het dat die appellant sterk onder die invloed van drank was ten tyde van die misdaad. Ek stem egter nie saam nie.
Die appellant is 'n bewese en volslae leuenaar. Hy het getuig dat hy die Vrydagaand drank by Stella Uchams gekoop het. Dit was 'n bewese leuen. Hy het getuig dat hy, nadat hy vir Stella verkrag het, die hele Vrydagnag

by ..ll

11.

by 'n huis waar daar 'n bruilof was, gedrink het. Ook dit was 'n leuen; daar was nie 'n bruilof by die betrokke huis nie en die appellant was ook nie daar nie. Saterdagoggend, het hy getuig, het hy nog verder gedrink en toe hy Selma Blatt teen 2 uur die middag verkrag het,was hy dronk; daarna het hy nog meer gedrink totdat hy teen 9 uur die aand gearresteer is; op daardie stadium was hy "heelte-mal van (sy) verstand af" en het hy nie meer geweet wat aangaan nie. Maar volgens die aanvaarde getuienis van die polisiesersant wat hom gearresteer het, het hy wegge-hardloop toe hy die polisie sien en was hy nugter hoewel hy na drank geruik het. En, volgens sy eie getuie Dawid Kauseb wat hom vroeg die Saterdagmôre gesien het, het hy

op ...12

12.

op daardie stadium (na die hele nag se gefuif) slegs ge-
kla dat hy "babelaas" was en was hy nie dronk nie. Word
by hierdie leuens oor sy beweerde drinkery gevoeg dat,
toe hy nege dae later voor 'n landdros verskyn het (waar
hy op die aanklagte gepleit het en vertel het wat gebeur
het) hy nie 'n woord oor sy beweerde dronkenskap gerep
het nie, word dit volkome duidelik dat die verhoorhof
alle rede gehad het om nie peil te trek op sy getuienis
nie.

Selma Blatt se getuienis oor die appellant se
toestand is soos volg genotuleer:

"Kon u sien of hy op daardie stadium enige

iets alreeds gedrink het of nie? Hy het

gelyk soos iemand wat dronk is.

Hof: Hoe lyk iemand wat dronk is? Toe hy

saam 13
13.

saam met jou gestap het na die veld toe

Hy het slinger geloop.

Het hy geval of nie? Nee.

Hoe het hy gepraat met jou, het hy mooi ge-

praat? Ja.

Het jy al persone gekry wat sleeptong praat?
Ja.

Het hy daardie dag sleeptong gepraat? Ja.

Goed, gaan maar voort.

VERDEDIGING : Het hy ook na drank geruik?

J a."

Wat dadelik opval, is dat die enigste stukke getuienis
wat nie by wyse van leidende vrae ontlok is nie, is dat
die appellant geslinger het. Hierdie getuienis, komende
van 'n nege-jarige Sub B dogtertjie is geensins indrukwek-
kend nie. Dit is waar dat die geleerde regter nie daar-
na verwys het in sy bespreking van die appellant se toe-

stand nie maar dit dui, myns insiens, nie op 'n mistasting

wat 14

1.4.

wat tot inmenging met die verhoorhof se bevinding kan

lei nie. In S v Pillay 1977(4) 531 (A) op 535 E-F is
aangetoon dat

"as the essential inquiry in an appeal against sentence, however, is not whether the sen-tence was right or wrong, but whether the Court in imposing it exercised its discre-tion properly and judicially, a mere misdi-rection is not by itself sufficient to entitle the Appeal Court to interfere with the sen-tence; it must be of such a nature, degree, or seriousness that it shows, directly or in-ferentially, that the Court did not exercise its discretion at all or exercised it im-properly or unreasonably."

Die verhoorregter het elders in die uitspraak gewys op
die feit dat die appellant vir Selma met 'n sluwe plan
die veld in gelok het. Dat hy in staat was om so 'n plan

uit te dink, spreek van heldere denke; en dat hy volkome

bewus 15
15. bewus was dat hy met 'n gruweldaad besig was toe hy die kind verkrag het, blyk uit die feit dat hy 'n sakdoek in haar mond geprop het om te verhoed dat sy om hulp roep. Boonop het hy daardie selfde aand gevlug toe hy die poli-sie opmerk,wat ook sprekend is van sy kennis van wat hy gedoen het en die boosheid daarvan. Nerens in die getuie-nis is daar die minste aanduiding (behalwe sy eie ver-werplike bewering) van enige aantasting van sy geestes-vermoëns nie. Daarom, selfs al word aanvaar dat die verhoorhof Selma Blatt se getuienis oor appellant se toestand uit die oog verloor het, het die oorsig geen effek nie. Die verhoorhof was van oordeel dat die mate waartoe die appellant wel deur drank aangetas was, nie

voldoende 16

16. voldoende was om sy optrede minder verwytbaar te maak nie en dit kan nie gesê word dat daardie siening onredelik is nie.
Sekere ander beweerde mistastings is ook aan ons voorgehou. Ek is nie van voorneme om dit te bespreek nie en volstaan deur te sê dat geeneen van die punte wat geopper is, enigsins 'n gevolgtrekking regverdig dat die verhoorregter sy diskresie onbehoorlik of onredelik uit-geoefen het by die oplegging van die doodvonnis nie.

Die appèl word van die hand gewys.

J J F HEFER AR.

NESTADT AR BOSHOFF Wrn AR