South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 63
| Noteup
| LawCite
GJO Boerdery Ondernemings (Edms) Bpk v Stadsraad van Munisipaliteit van Bloemfontein (181/87) [1988] ZASCA 63 (27 May 1988)
Download original files |
Saak nr 181/87 /MC
G J O BOERDERY ONDERNEMINGS (EDMS) BEPERK
- en -
DIE STADSRAAD VAH DIE MUNISIPALITEIT VAN BLOEMFONTEIN.
VIVIER AR.
Saak nr 181/87
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
G J O BOERDERY ONDERNEMINGS (EDMS) REPERK ...
Appellant
- en -
DIE STADSRAAD VAH DIE MUNISIPALITEIT
VAN BLOEMFONTEIN. ... Respondent
Coram: RASIE Wn HR et JANSEN, HOEXTER, GROSSKOPF
et VIVIER ARR.
Verheer: 9 MEI 1988 Gelewer-: 27 Mei
1988.
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2. VIVIER AR :-
Die appellant, na wie ek as die eiser sal verwys,
is die geregistreerde eienaar van oewergrond aan 'n openbare
stroom, die
Modderrivier. Die Stadsraad van Bloemfontein,
na wie ek as die verweerder sal
verwys, het reeds in 1904
ingevolge die bepalings van Met 19 van 1896 'n damwal in die
bedding van
die Modderrivier by Mazelspoort, stroomaf van
die eiser se grond, gebou ten
einde water vir die gebruik
van die inwoners van BloemEontein op te dam en op
te gaar.
Ingevolge art 1 van dié Wet was die verweerder gemagtig om
teen betaling van vcrgoeding "waterwerken daar te stellen en
in stand te houden ten nutte en gerievc der inwoners van de
stad
Bloemfontein" en om vir hierdie doel die water of soveel
daarvan as wat nodig
is van enige openbare stroom op te dam
en / ...
3. en te onttrek. Die nodige onteiening van regte sou deur die staat op verweerder se koste gedoen word.
Die eiser se grond, bekend as die resberende gedeelte van Onderverdeling 2 van die plaas Bergkraal no 2213, is 'n onderverdeling van die oorspronklike uitgifte bekend as Klipdrifb no 10. 'n Ander gedeelte van Klipdrift no 10, tans bekend as Waterworks Lot B, wat stroomaf van eiser se gedeelte maar stroomop van die onderste gedeelte van Klipdrift no 10 geleë is, is deur verweerder benodig vir die bou van die damwal, en hierdie gedeelte is gedurende 1903 deur die staat onteien. Nadat ooreenkoms bereik is oor die vergoeding betaalbaar deur verweerder vir die ont = eiende grond sowel as vir sekere ander regte wat deur
verweerder benodig is, is die onteiende gedeelte ingevolge
Transportakte / ...
4. Transportakte no 10710, geregistreer op 26
Oktober 1904, deur die destydse eienaar, Johan Heinrich Richter, aan verweerder
oorgedra.
Volgens gemelde transportakte is daarmee saam oorgedca :-
"the water rights in and on the Modder River to which the said portion of the farm hereby transferred is entitled with the right to dam the said river subject to the obligation on the part of the Town Council to fence and keep fenced the aforesaid piece of ground in good and substantial manner
and to maincain same and all gates givinq access thereto in good and proper repair and order. The rights hereby transferred to be registered as a perpetual servitude against the farm, Klipdrift No 10 District Bloemfontein, binding on the present owner as weil as all future owners, possessors or occupiers thereof."
Die / ...
5.
Die serwituut was daarop gemik om voorsiening te maak dat die
opgegaarde water in die bedding van die rivier kon opstoot en die restant
van
Klipdrift no 10 oorstroom. Geen waterregte van Klipdrift no 10, behalwe
dié van Waterworks Lot B,is egter onteien nie.
Na 1904 is die damwal
van tyd tot tyd verhoog. Ten einde voorsiening te maak vir die verdere
oorstroming van die restant van Klipdrift
no 10 as gevolg van die verhogings van
die damwal, is twee verdere serwitute van opgaring by ooreenkoms verkry, wat
teen die titelaktes
van eiser se voorgangers in titel geregistroer is. In
Serwituut-akte no S 15 van 1923, geregistreer op 7 Pehruarie 1923, word verwys
na 'n vorige verhoging vanaf die oorspronklike hoogte van 14 voet tot 20 voet en
word die verweerder
gemagtig / ...
6. gemagtig om, teen betaling van die vergoeding vermeld,
die damwal verder na 24 voet te verhoog en om soveel grond as wat nodig
is op
die plaas Bergkraal no 2213 ('n gedeelte van Klipdrift no 10) en die restant van
Klipdrift no 10 te oorstroom en onder water
te plaas.
As gedeeltelike
vergoeding vir die verlening van die serwituut, het die verweerder onderneem om
langs die hele lengte van die rivieroewer
van Bergkraal no 2213 en die restant
van Klipdrift no 10 'n vyfdraad-heining te span met drie hekke daarin ten einde
toegang te verleen
tot drie veesuipings, en om drie veesuipings na die laagste
stand van die water te hou ten einde die veilighein van vee te verseker.
In / ...
7.
In 1934 is die damwal verhoog na 26 voet en in Serwituutakte no S 106 van 1934, geregistreer op 24 Junie 1934, is aan die verweerder die reg verleen om 'n verdere gedeelte van Bergkraal no 2231 te oorstroom. Teen betaling van 'n sekere bedrag is die verweerder onthef van alle aanspreeklikheid vir skade en verlies as gevolg van die verhoging van die damwal tot 26 voet.
Die huidige geding spruit uit die onteiening van
eiser se waterregte deur verweerder op 16 Februarie 1984.
Ingevolge 'n kennisgewing van onteiening van daardie dag
het die
verweerder kragtens act 76 van Ord 8 van 1962 (OVS)
vir doeleindes van
watervoorsiening aan die inwoners van
Bloemfontein alle regte wat eiser as
eienaar van sy gemelde
eiendom gehad het om water uit die Modderivier te
onttrek
vir / ...
8.
vir gebruik vir besproeiingsdoeleindes, onteien. Alleen
die reg om water uit die gemelde rivier te onttrek ten einde
'n maksimum
oppervlakte van 2000 vk meter te benat vir die
onderhoud van 'n huistuin, is uitgesonder. Nadat verweerder
die houding ingeneem het dat eiser op geen vergoeding vir
die onteinde regte geregtig is nie, het eiser 'n aksie in
die
Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling teen die verweerder
ingestel vir betaling van die becrag van R460 000 as
vergoeding ingevolge die bepalings van die Onteieningswet 63 van 1975. In die Besonderhede van Vorderinc beweer die
eiser dat sy reg om water uiL die Modderrivier te onttrek
vir gebruik vir besproeiingsdoeleindes,onaangetas gelaat is
deur die gemelde drie serwitute, en verder dat hy geregtig
is om hierdie reg te benut uib die water wat verweerder in
die gemelde dam opgaar en wat in die bedding van die rivier
tot / ...
9.
tot op 'n gedeelte van eiser se eiendom opstoot. In die Verdere Besonderhede word bygevoeg dat eiser se waterregte op die Modderrivier die reg op die gebruik van 'n redelike deel van die normale stroming insluit sowel as die reg om soveel van die surpluswater te gebruik as wat in die Modderrivier vloei of daarin aangetref word en die eiser voordelig vir huishoudelike doeleindes, as suiping vir sy vee en vir landbou- en stedelike doeleindes kan gebruik. Dit word verder beweer dat die water wat in die bedding van die rivier aldus opgegaar word en tot op die eiser se grond opstoot, beide die eiser se deel van die normale stroming en surpluswater van die Modderrivier insluit. Teen die eiser se Besondechede van Vordering het die ver= weerder eksepsie aangeteken, aanvanklik alleen op gcond
daarvan dat die eiser sy reg om water uit die Modderrivier
vir / ...
10. vir besproeiingsdoeleindes te onttrek, verloor het
vanweë
die gemelde drie serwitute. Later is 'n aansoek om deurhaling
bygevoeg van
dié bewering in die Besonderhede van Vordering
dat die eiser die water
waarop hy geregtig is, kan onttrek
uit die opgegaarde water wat in die bedding van die rivier tot op sy eiendom
opstoot. By die verhoor van die eksepsie is slegs met
die aansoek om deurhaling
voortgegaan, wat met koste deur LICHTENBERG R toegestaan is. Die uitspraak is
gerap= porteer in 1987(2)
SA 678(0). LICHTENBERG R het daarna aan die eiser
verlof verleen om na hierdie Hof te appelleer.
Beide in die Hof a guo
en in hierdie Hof het mnr Blignault, namens die verweerder, die houding
ingeneem dat die verweerder vir huidige doeleindes die eiser se substan-tiewe
regte op die gebruik
van beide normale stroming en
surpluswater uit die Modderrivier erken, en dat verweerder
aanvaar / ...
11.
aanvaar dat die drie gemelde serwitute dit nie
geraak het nie. Verweerder erken egter nie die kwantitatiewe inhoud van eiser se
waterregte
nie; meer bepaald ontken verweerder dat eiser geregtig is om enige
water te onttrek uit die opgegaarde water wat tot op sy eiendom
opstoot.
Uit
die uitspraak van LICHTENBERG R blyk dit dat sy bevinding dat eiser nie op
opgegaarde water aanspraak kan maak nie, nie gebaseer
is op die gemelde drie
serwitute nie, maar op die blote feit dat verweerder die dam gebou het. Omdat
verweerder die dam gebou het,
beskou die geleerde Regter die opgegaarde water as
"in wese verweerder se water". Die geleerde Regter bevind verder dat, volgens
die woord= omskrywing van "normale stroming" in art 1 van die Waterwet 54 van
1956 ("die Wet") "normale stroming alleen kan
bestaan / ...
12. bestaan uit water wat nie opgegaar is nie, en die water
in die dam is wel opgegaar". Die geleerde Regter bevind ook dat daar nie
van
opgaring van die normale stroming ingevolge art 9(2) van die wet in die huidige
saak sprake kan wees nie omdat daar nog geen
verdeling van die normale stroming
geskied het nie. Gevolglik, bevind die geleerde Regter, bevat die opgegaarde
water geen normale
stroming nie en kan eiser dus nie sy deel van die normale
stroming daaruit onttrek nie. Wat surpluswater betref, bevind die geleerde
Regter dat alleen water wat reeds opgegaar is, surpluswater is. Omdat eiser nie
self die dam gebou en die water self opgegaar het
nie, is hy nie op enige
surplus= water uit die opgegaarde water geregtig nie.
Daar / ...
13.
Daar is natuurlik geen eiendomsreg op openbare
water
nie (art 6(1) van die Wet en art 9 van Wet 8 van 1912)
en dit is gevolglik
nie heeltemal juis om van die opgegaarde
water as "in wese verweerder se
water" te praat nie. Mnr
Blignault het egter betoog dat die geleerde Regter a guo niks meer wou sê nie as dat die verweerder die alleenreghebbende
op die gebruik van al die opgegaarde water is. Mnr Blignault
het betoog
dat die gewone en natuurlike gevolg van die
verlening van 'n serwituut van opgaring soos die huidige is dat
die eksklusiewe gebruiksreg van die waterwerk wat opgerig word,
die
serwituutreghebbende toekom, sodat die eienaar van die
dienende erf siegs
geregtig sou wees op die gebruik van die
opgegaarde water indien die
serwituutooreenkoms so bepaal.
Hy het betoog dat, behalwe vir sekere beperkte
suipingsregte,
die / ...
14. die onderhawige serwituutaktes geen voorsiening, uitdruklik of
stilswygend,bevat waarvolgens die eienaar van die dienende erf
geregtig is op
die gebruik van die opgegaarde water nie.
Mnr Blignault het, soos ek
hom verstaan het, nie die redes van die geleerde Regter a guo vir die
verwerping van die eiser se aanspraak op die opgegaarde water onder= steun nie,
Reeds in sy betooghoofde het hy toegegee,
na my mening tereg, dat normale
stroming onder sekere omstan= dighede wel opgegaar kan word selfs al het 'n
wettige ver= deling van
die normale stroming nog nie geskied nie. Daaruit volg,
meen ek, dat die bevinding van die Hof a guo dat eiser nie sy deel van
die normale stroming uit die opgegaarde water kan onttrek nie omdat die
opgegaarde water geen normale stroming
kan bevat nie, nie kan standhou nie.
Die / ...
15.
Die omskrywing van "normale stroming" in die Wet bevat
nie
'n verbod op die opgaring van sy deel van die normale
stroming deur 'n
oewereienaar nie, soos die geleerde Regter
a guo skynbaar gemeen het
(J E R de Villiers, The Water Law,
1921 SALJ 262). Mnr Blignault het ook in sy betooghoofde
tereg toegegee dat surpluswater nie slegs uit water wat
reeds opgegaar is, bestaan nie. Ek het verder nie mnr
Blignault verstaan
om te betoog dat verweerder die alleen=
reghebbende van die opgegaarde water is bloot omdat hy die
dam gebou het nie. Dit is gevolglik nie nodig om iets
meer te sê oor die redes van die Hof a quo nie.
Dit bring my by die gemelde drie serwitute
waarop mnr Blignault steun vir sy betoog dat verweerder
die alleenreg op die gebruik van die opgegaarde water het. Soos ek reeds daarop gewys het, aanvaar verweerder vir
huidige / ...
16.
huidige doeleindes dat die serwitute die eiser se
substan=
tiewe regte onaangetas gelaat het.
Die juiste betekenis van die 1904-serwituut was in
hierdie Hof ter sprake In die saak van Richter
v Bloemfontein
Town Council 1922 AD 57, waar die vraag was of die
serwituut
aan die verweerder die reg verleen het om die damwal van 14
voet na 20 voet te verhoog, met gepaardgaande verdere oor =
stroming van die dienende erf, sonder betaling van addisioneie
vergoeding. Hoofregter IMNES het die woorde "the right
to dam the river" beskryf as "a vague and general servitude of storage as defined in the Irrigation Act" (opbl 72). Weens
die dubbelsinnigheid van die woorde "the right to dam the
river" is getuienis toegelaat wat getoon het dat die
partye 'n damwal met 'n hoogte van slegs 14 voet en daarmee
gepaardgaande /....
17. gepaardgaande oorstroming van die dienende erf
beoog het, en dat addisionele vergoeding betaal moes word vir enige verdere
verhoging
van die damwal en oorstroming van die dienende erf. Dit is sonder
twyfel in die lig van die uitspraak in Richter se saak dat die twee
verdere serwitute van opgaring in 1923 en 1934 geregistreer is toe die damwal
verder verhoog is. Wat die 1923-serwituut
betref, het mnr Blignault op die
bepaling ten opsigte van suipingsregte gesteun asof beperkte waterregte daardeur
verleen is. Na
my mening is daar geen sprake van die verlening van enige
waterregte in hierdie bepaling nie. Daar word slegs voorsiening gemaak
vir die
beveiliging van die vee en 'n veilige toegang tot die rivier ten einde die
primêre reg op die gebruik van die water
moontlik te
maak./...
18.
maak. Dié bepaling is goed te begryp in die lig
van
die feit dat in klousule 1 van die serwituutakte die
eienaar van die
dienende erf die verweerder skadeloos
stel teen enige skade wat veroorsaak word as gevolg van
die verhoging van
die damwal. Na my mening het beide
die 1923- en die 1934-serwitute geen verdere regte aan
die verweerder verleen as om die dienende erf met opgegaarde
water te
oorstroom ten einde die inwoners van Bloemfontein
van water te voorsien nie. Daaruit volg nie dat al die
opgegaarde water die inwoners van Bloemfontein sou toekom
nie.
Die omskrywing van 'n serwituut van opgaring waarna
Hoofregter INNES hierbo verwys, kom voor in art 104(1) van
Wet 8 van 1912,
wat as volg gelui het :-
"'Servitude / ...
19.
" 'Servitude of storage' shall mean the right to occupy the land of another by submerging it with water by means of a dam or weir or other irrigation work, and shall include a right of passage over the land along the boundary of and throughout the particular area subject to the servitude, for the purpose of maintaining and cleansing bhe irrigation work, or for any other purpose necessary for the effective enjoyment of the servitude."
Die omskrywing bevat geen verwysing na waterregte of na
wie op die gebruik
van die opgegaarde water wat die dienende
erf oorstroom, geregtig is nie.
Ingevolge die drie
serwitute van opgaring, of soos dit in die Hollandse
teks
van art 104 van Wet 8 van 1912 genoem is, serwitute
van
waterbewaring, het verweerder die reg verkry om water in
die
Modderrivier op te gaar deur middel van 'n dam en om die
grond / ...
20. grond van die dienende erf met sodanige opgegaarde water
te oorstroom. Die opskorting of beperking van die genots-en gebruiksbevoegdhede
van die eienaar van die dienende erf het gevolglik daaruit bestaan dat 'n
gedeelte van sy grond met opgegaarde water oorstroom kon
word. Die serwitute
meld nie uitdruklik of by implikasie dat die verweerder die alleenreghebbende is
van die water wat die dienende
erf oorstroom nie. Daar is ook nie 'n algemene
reël, waarvan ek bewus is, dat die eienaar van die heersende erf die
uitsluitlike
reg daarop het nie, of dat ander eiendomsbe= voegdhede van die
eienaar van die dienende erf, soos sy waterregte, daardeur ingekort
word nie,
behalwe natuurlik vir soverre die uitoefening van sodanige eiendomsbevoegdhede
die behoorlike uitoefening van die serwituut
van opgaring
sou / ...
21. sou belemmer. Een van die eiser se eiendomscevoegchede,
inbegrepe by sy waterregte, is die reg om die wacer uit die rivier waarop
hy
geregtig is, na sy keuse op enige punt op sy eiendom te onttrek, natuurlik
onderhewig aan die gewone beperkings op die gebruik
van openbare water, soos dat
hy dit nie mag verkwis nie. Gevolglik is die betoog namens die verweerder dat
eiser die water waarop
hy geregtig is, elders op sy eiendom moet onttrek, in elk
geval strydig met die erkenning, waarna ek reeds verwys het, dat eiser
se
waterregte onaangetas gelaat is deur die serwitute.
Mnr Blignault het op die
bepalings van art 104(3) van Wet 8 van 1912 gesteun wat, volgens hom, die
algemene beginsel beliggaam dat
die uitsluitlike voordeel van die waterwerk die
serwituutreghebbende toekom. Die Engelse
teks / ...
22.
teks van art 104(3) lees as volg :-
"When a permanent servitude of storage has been acquired by an owner over the land of another owner, the latter-named owner may, before the construction of the storage work and on payment of his proportion of the cost thereof (which shall be determined in case of dispute by the water court), demand, and thereafter shall, so far as is consistent with the provisions of Chapter II, be entitled to receive, the benefit of the storage work in the proportion which the capacity of the part of the reservoir on the land subject to the servitude bears to the total capacity of the reservoir."
Die sub-art maak voorsiening vir die verkryging
van
regte op 'n dam wat deur 'n ander gebou word nadat die
Waterhof'ingevolge die
bepalings van Hoofstuk 7 van Wet 8
van 1912 'n serwituut van opgaring aan
laasgenoemde toegestaan
het. Soortgelyke bepalings word in Hoofstuk 8 van
die
huidige Wet aangetref. Ingevolge art 104(3) van Wet 8
van / ...
23.
van 1912 kan die eienaar van die dienende erf, deur 'n deel van die oprigtingskoste van 'n opgaardam te betaal, aanspraak maak op water uit die dam. Dit is klaarblyklik 'n spesiale reëling deur die wetgewer, en kan, na my mening, nie beskou word as 'n beliggaming van 'n algemene beginsel dat die uitsluitlike voordeel van 'n waterwerk die serwituutreghebbende toekom nie. Die artikel is nie in die huidige saak van toe= passing nie en dit is nie nodig om te beslis of enige regte van die eienaar van die dienende erf hom ingevolge art 104(3) ontneem word nie. Die eiser in die huidige saak maak geen aanspraak op enige voordeel van die dam nie en, wat hom betref, kan die verweerder met die dam en die opgegaarde water na goeddunke handel. Al waarop die eiser aanspraak maak, is water waarop hy geregtig is en wat hy in die bedding
van / ....
24.
van die rivier op sy eiendom aantref, vir solank
dit daar is. Ek kan gevolglik geen steun vir mnr Blignauit se betoog in
art 104(3) vind nie.
Ten slotte het mnr Blignault betoog dat eiser se
onttrekking van opgegaarde water noodwendig inbreuk sal maak op die behoorlike
uitoefening
van die serwitute. Hierdie betoog veronderstel dat verweerder
geregtig is op al die opgegaarde water in die dam. Soos ek reeds daarop
gewys
het, kan dit nòg as 'n algemene reël nòg ingevolge die
bewoording van die serwitute aanvaar word. Verder
is daar geen aanduiding op die
pleitstukke en dokumente tans voor die Hof van wat die omvang van verweerder se
waterregte op die
gebruik van water uit die Modderriviec is of van die
hoeveelheid water wat verweerder geregtig is om uit die
rivier / ...
25.
rivier te onttrek nie. Daar is geen bewering dat
die verweerder as gevolg van die eiser se onttrekking van opgegaarde water
minder
water kry as wat hy andersins op geregtig is of as wat hy uit die rivier
benodig nie. Die eiser beweer ook nie dat hy nou op meer
water geregtig is as
wat andersins die geval sou gewees het nie. Daar kan gevolglik nie gesê
word dat die onttrekking van opgegaarde
water deur eiser noodwendig inbreuk maak
op verweerder se serwituutregte nie.
Vir die redes hierbo uiteengesit is ek
gevolglik van mening dat die Hof a guo verkeerdelik die aansoek om
deurhaling toegestaan het.
Die appel slaag met koste wat insluit die koste
van die aansoek om verlof om te appelleer. Die bevel van
die / ...
26.
die Hof a guo word verander om te lees: "die aansoek om deurhaling van paragraaf 3.6 van die Besonderhede van Vordering word met koste afgewys".
W. VIVIER AR.
RABIE Wn HR )
JANSEN AR )
Stem saam. HOEXTER AR )
GROSSKOPF AR )