South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 65
| Noteup
| LawCite
S v Beukus (198/87) [1988] ZASCA 65 (27 May 1988)
Download original files |
198/87 /mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen
JEFFERY BEUKES APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : HEFER, STEYN, ARR et VILJOEN, WnAR
DATUM VERHOOR : 13 MEI 1988
DATUM GELEWER : 27 MEI
1988
UITSPRAAK
VILJOEN, WnAR/....
1.
VILJOEN, WnAR
Met verlof van hierdie Hof kom die appellant
in hoër beroep teen die verwerping van 'n appèl deur
die
Kaapse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof teen sy
skuldigbevinding voor 'n landdros van Kaapstad op 'n hoof-
aanklag van openbare geweld en teen sy vonnis van twaalf
maande
gevangenisstraf wat die landdros hom opgelê het
maar waarteen hy nie na
die Kaapse Provinsiale Afdeling
geappelleer het nie.
Die belangrikste bewering in die hoofaan-
klag teen hom was dat hy op 14 Oktober 1985 op die hoek
van Dupperstraat en 14de Laan in Kensington, Kaapstad,
alleen of saam met andere die openbare rus en vrede ver-
steur het deur wederregtelik en opsetlik n motorfiets,
die eiendom van die Stadsraad van Bellville aan die
brand/
2. brand te steek en die bestuurder van die motorfiets,
ene Hector Gideons, met klippe te gooi. Hy het met
die aanvang van die
verhoorverrigtinge die grondslag
van sy verdediging geopenbaar deur te
verklaar:
"Ek en 'n vriend kom van die swembad af. Ek sien 'n klomp skoolkinders kom oor die veld en steek vullis in die pad aan die brand. Ek het niks gedoen het."
Hector Gideons, 'n diensnemer van die Stads-
raad van
Bellville het hom op 14 Oktober 1985 met die
Stadsraad se aflewerings-motorfiets op die hoek van
Dupperstraat en 14de
Laan, Kensington, bevind op pad
terug van "n sending om posstukke af te lewer. Toe
hy by die gemelde kruising stilhou kom die appellant
oor die pad in sy rigting gehardloop met 'n klip van on-
geveer twee vuis groottes in sy hand en vra vir hom
of/....
3. of hy ook een van die varke is. Die appellant gooi
toe die skerm van die fiets stukkend. Gideons skrik
en nadat hy die fiets gebalanseer het hardloop hy
weg na die kantore waar hy die stukke afgelewer het om
vir die polisie te
bel. In sy vlug daarheen het hy
omgekyk en gesien daar kom nog twee persone
aan na die
fiets. Daar was skoolkinders "aan die agterkant" (blyk-
baar 'n afstand
daarvandaan maar hulle was nie betrokke
by die insident nie.) Dit is nie
duidelik of hy gesien
het dat die drie persone die fiets van die
stopteken
tot binne in die kruising sleep nie - sy getuienis in
die opsig
is weersprekend - maar toe hy uit die gebou kom
was die fiets in die kruising
en sien hy dat die fiets
brand. Daar was toe baie mense in die rondte.
Van
die/
4. die kinders wat daar gestaan het was ook by die
fiets.
Altesaam was daar toe ongeveer 20 mense daar. Toe
"hulle" (blykbaar hy en ander persone van die kantore
waarvandaan hy
geskakel het) nader gaan na die toneel
het die polisie net daar aangekom. Die
brandstoftenk
van die motorfiets was oopgedraai en die hele fiets
was aan
die brand.
Gideons is na die gebeure geneem na die
polisie-kantore. Toe hy daar
aankom saam met die ge-
tuie Perry het hy die appellant daar gesien en
hom
onmiddellik geëien as die persoon wat 'n klip na sy Eiets
gegooi
het en van wie hy, voordat hy hom by die polisie-
stasie gesien het, 'n beskrywing aan Perry gegee het.
Hierdie beskrywing
was dat die betrokke persoon lig van
kleur/
5. kleur was, skralerig, met 'n baard en geklee in 'n blou
klinknaelbroek ("jean"). Die beskrywing van sy persoon-
like voorkoms het gestrook met die landdros se waarne-
ming van die
appellant in die hof.
in die loop van die klaer se hoofgetuienis,
blykbaar omdat die appellant
in persoon verskyn het, en
omdat die aanklaer dit sy plig geag het, het hy
aan die ge-
tuie sy verklaring wat hy voor die polisie afgelê
het,
en wat oënskynlik met sy getuienis gebots het, gestel.
Dit was
klaarblyklik nie die aanklaer se bedoeling om
die getuie te diskrediteer nie.
Die verklaring wat
die getuie gemaak het, lui soos volg:
"Toe ek omkyk sien ek dat drie kleurlingmans besig is om my fiets weg te sleep na die middel van die pad te hoek van 14de Laan en Dapperstraat. Ek sien toe dat daar rook trek
en/
6.
en ek gaan toe nader. Ek sien toe dat die fiets aan die brand gesteek word. Die een kleurlingman sal ek weer herken, dit is die ligte kleur een met "n effense baard."
Na aanleiding van hierdie verklaring het
die aanklaer
die getuie wesentlik onder kruisverhoor ge-
neem. Die getuie het bevestig dat
sy verklaring reg
is in die opsig dat hy omgekyk en gesien het dat
drie
kleurlingmans besig was om sy fiets weg te sleep na
die middel van
die pad. Die aanklaer het hom daar-
op gewys dat sy getuienis dat hy eers toe
hy terugkom
gesien het dat die fiets brand, bots met sy verklaring
dat hy
in sy vlug omgekyk het en gesien het hulle sleep
sy fiets na die middel van
die pad waar hulle die fiets
aan die brand gesteek het. Hy het verskeie
antwoorde
verstrek op die vrae van die aanklaer sowel as van die
landdros./
7. landdros. Een van sy antwoorde was:
"Soos ek gehardloop het meneer het hul mos die fiets nou weggesleep, die drie stuks want ek het nog, ek het gehardloop, maar die ander twee wat oorgekom het meneer."
Die landdros wou van die getuie weet waarom hy nie
in
sy vorige getuienis vertel het dat hy gesien het wie
die motorfiets aan
die brand gesteek het nie. Geen
direkte antwoord is hierop verstrek nie. Die
getuie
het slegs volgehou dat die appellant die persoon was.
Hy was een
van die persone, het hy getuig, die ander
twee het hy nie geken nie.
Die appellant het die geleentheid om die
getuie te kruisondervra benut
deur aanvanklik slegs
een vraag te vra, naamlik hoeveel skoolkinders daar
was, waarop die
antwoord was: omtrent tien. Die
landdros/
8.
landdros het daarna die ondervraging van die
getuie
oorgeneem. Die getuie het toe weer in besonderhede
en duideliker
oor die gebeure soos volg getuig:
"Nou wanneer het jy dan nou gesien dat die beskuldigde die fiets sleep vanwaar dit was,
waar was jy toe? Kyk Edelagbare dis die
tyd wat ek gehardloop het. Ek het gehardloop 'n entjie..
Ja. Wat ek sien die twee manne kom oor
die pad, toe hardloop ek.
Ja. Ek het 'n jakkal draffie soos hulle sê,
jakkelsdraffie, so 'n ligte draffie gegee.
Ja waarheen.. Wat ek sien..
Waarheen hardloop jy toe? Toe hardloop ek
na die kantore toe, daar wat ek afgelewer het. Hoe ver is die kantore toe nou daar vanwaar jy die fiets gelaat het? —-- Dis omtrent so 300.
300 meter? 300, meer as 300.
En dit was terwyl jy op pad was soontoe dat jy nou die twee ander manne gesien aankom het.
Ja dis reg toe sleep hulle die fiets na die..
Nou wanneer het u dan nou gesien dat hulle die
fiets sleep? Soos ek nou gehardloop het
Edelagbare, toe kyk ek mos nou so om.
So/
9.
So dit was in die omkyk en was dit eers nadat u die polisie gebel het, dat jy nou gesien
het hierdie fiets brand? Dis reg.
En toe was jy sê van die skoolkinders ook daar
by die fiets, moenie jou kop knik nie. Ja.
Het jy gesien wie die fiets aan die brand ge-
steek het? Ek het gesien Edelagbare die
man het daar gebuk, maar ek kan nie sê of hy die fiets aan die brand gesteek het nie, maar hulle was drie stuks gewees."
Uit hierdie
getuienis blyk dit dat toe die
getuie besig was om te vlug hy omgekyk het en
gesien
het dat die appellant en twee ander die fiets binne
die kruising
sleep. Hoewel hy nie gesien het wie die
fiets aan die brand steek nie, het hy die appellant
sien buk by die fiets. Hy het die fiets eers sien
brand nadat hy die
polisie geskakel het en toe hy te-
rugkeer na die fiets. Hy het blykbaar van
wat hy ge-
sien het die afleiding gemaak dat dit die appellant was
wat/
10.
wat die fiets aan die brand gesteek het. Die appellant
het
hierna die ondervraging van die getuie voortgesit
maar hierdie ondervraging
het alleen om die identifi-
kasie deur die getuie van die appellant gegaan.
Op
aandrang van die landdros dat die appellant sy saak aan
die getuie moet
stel, het hy dit aan hom gestel dat hy
en 'n maat van die swembad daar in die
omgewing op pad
was en 'n blou broek, nie 'n klinknaelbroek nie, bo-oor
sy nat swembroek aangehad het. Die getuie het toegegee
dat dit 'n blou
broek kon gewees het, hoewel hy dit be-
skou het as 'n "jean". Hy het egter geen nattigheid aan
die broek gemerk
nie. Verdere vrae oor die grootte van
die klip wat die getuie beweer die
appellant gehad het,
is gestel maar dit is nie uitdruklik gestel dat hy nie
'n klip gegooi het nie.
Dit/
11.
Dit blyk uit getuienis van konstabel Joey van Heerden dat daar, ongeveer 'n halfuur voor die ge-beure in verband met die fiets, 'n arrestasie plaasge-vind het van oproerige skoolkinders in die omgewing. Die appellant is op daardie stadium opgemerk waar hy in 14de Laan voor 'n huis gestaan het. Toe die polisie "'n vroumens" daar wou arresteer, het die appellant nadergekom en gesê dit is sy suster. Die "dame" is toe gewaarsku en die appellant is aangesê om haar huis-toe te neem. Toe Van Heerden 'n tweede keer na die omgewing waarheen hy saam met andere uitgeroep is, gaan, het hy die fiets op die hoek van Dupperweg en 14de Laan sien brand en het hy die appellant met die band van 'n trapfiets in sy hand na die brandende motorfiets sien
stap./
12. stap. Die appellant het omgekyk, die patrollie-
voertuig sien aankom, die trapfiets se buiteband op
die brandende
motorfiets gegooi en gevlug. Van Heerden
het hom agternagesit. Die appellant
het in 'n huis wat
daar naby geleë is, ingehardloop en sekere
oproeriges
wat voor die huis vergader was, het vir Van Heerden
verhinder
om die appellant in die hande te kry. Die
appellant het toe weggekom. Die
volgende dag het Van
Heerden die appellant by die aanklagkantoor gesien.
Speurder adjudant-offisier Perry van die
speurtak Kensington het op die toneel aangekom terwyl
die motorfiets nog
gebrand het. Hy het daar vir die
klaer Gideons aangetref wat vir hom 'n beskrywing gegee
het van een van die mans wat by die voorval van die
aan-die-brandsteek van die fiets betrokke was as 'n
Kleurlingman,/....
13
Kleurlingman, lig van kleur, effens langerig met 'n
effense baardjie. Hy het vir Gideons na die aanklag-
kantoor te Kensington
geneem waar hy 'n verklaring van
hom wou neem.
Speurder adjudant-offisier Greeff van Ken-
sington, die ondersoekbeampte
in die saak, het intussen
die appellant gearresteer onder die volgende
omstandig-
hede. Hy het ook op die toneel aangekom, in 14de Laan
afbeweeg en ongeveer 200 - 300 meter van die toneel het
hy die appellant
oor 'n sokkerveld saam met 'n ander man
sien loop. Die appellant het na die
pad geloop tot by
'n woonhuis se tuinhekkie waar Greeff hom voorgekeer
het
en hom ondervra het. Die appellant het verklaar dat hy
wel op die
toneel was maar niks gedoen het nie. Hy het net daar gestaan. Die appellant het
senuagtig voorgekom
14. wat vir Greeff hom laat verdink het en Greeff laat
be-
sluit het om die appellant behoorlik te ondervra. Vir
die doel het hy hom
saamgeneem na die aanklagkantoor
toe. Die appellant het verduidelik dat hy by die swem-
bad was voordat hy deur Greeff voorgekeer is. Dit is
bevestig deur nattigheid aan sy hemp wat Greeff opge-
merk het. Volgens
die verduideliking van die appellant
het hy op pad van die swembad by die toneel van die
brandende fiets verby geloop. Greeff kon nie sê of die
appellant 'n swembroek onder sy lang broek aangehad het
nie.
Toe speurder adjudant-offisier Perry met die
klaer Gideons by die aanklagkantoor opdaag, het die
klaer onmiddellik vir die appellart uitgewys as die
persoon/
15. persoon wat betrokke was by die insident met die motor-
fiets. Dit was die getuienis van sowel Perry as Greeff.
Die appellant het ter verdediging van hom-
self getuig. Hy beweer dat hy en 'n vriend vir wie hy
geken het as Tony of
Tommie van Rooyen, maar wat ook,
vanweë die geloof wat hy aanvaar het
met sy huwelik,
die Maleise naam van Nazeem Samuels gedra het, die
oggend
van die betrokke dag mekaar redelik vroeg raak-
geloop het en saam gaan werk
soek het in Goodwood en
Maitland. Later het hulle teruggekeer na Kensington
en
het hulle gaan swem in die swembad wat nie ver van die
toneel van die oortreding geieë is nie. Hy het sy swem-
broek onder sy broek vanaf die oggend aangehad. Van
Rooyen het by die
swembad 'n swembroek gevind aangesien,
sê hy, daar altyd swembroeke daar op die gras rondlê.
Hulle/
16.
Hulle het by die swembad vertoef van ongeveer 12h00
tot 12h30 of 12h45 en het toe huistoe geloop. Hy het
opgemerk dat daar oproerigheid in die omgewing was -
skoolkinders het in 14de Laan "afgekom" en 'n polisie-
voertuig het hulle gejaag. Sommige het oor 'n oop stuk
veld gehardloop. Ander het in die straat gehardloop,
vullisdromme omgekeer en die inhoud in die straat aan
die brand gesteek. Hy en Van Rooyen het hulle nie daar-
aan gesteur nie en net eenvoudig aangestap. Op een plek
het hy 'n jong meisie teengekom wat in die straat geval
het. Hy het haar opgehelp en oor die straat na veilig-
heid, uit die gevaar van verkeer in die straat, gehelp.
A/0 Greeff het
skielik by hulle opgedaag toe hulle
ongeveer 300 na 400 tree van die toneel was, hulle aan-
gehou en hulle na die aanklagkantoor geneem. Hy en
Van Rooyen/....
17. Van Rooyen het in die aanklagkantoor gestaan vir onge-
veer vyf minute toe die klaer, Gideons, daar inkom en
hom sommer uitwys daar. Die appellant het in sy ge-
tuienis ontken dat hy vroeër tussenbeide getree het en be-
weer het
dit is sy suster toe konstabel Joey van Heerden
'n vrou wou arresteer. Hy het ook ontken dat hy 'n
trapfietsband op die brandende afleweringsfiets gegooi
het. Hy het ontken dat hy ooit in 'n huis ingehardloop
het waar oproeriges vir Van Heerden verhinder het om
hom aan te keer. Hy het ontken dat hy behoorlik uit-
geken is by die aanklagkantoor deur die klaer Gideons.
Hoewel hy versoek het dat Tommie van Rooyen as sy getuie
geroep word, kon Van Rooyen nie opgespoor word nie. Hy
het blykbaar die adres waar hy gewoon het, verlaat. Die
appellant het toe verkies dat die saak afgehandel word
sonder/
18. sonder die getulenis van Van Rooyen.
Die landdros het in sy uitspraak die volgende
gesê:
"Dit is baie duidelik dat die klaer nie kon getuig oor wie spesifiek die fiets aan die brand gesteek het nie, maar dit is 'n aspek wat die Hof later na toe sal terugkom. Die Hof moet ook beoordeel of die gedrag van die beskuldigde indien die Hof bevind dat hy ge-ëien is en behoorlik bo redelike twyfel ge-ëien is,op openbare geweld neerkom, omdat daar volgens die klaer op 'n stadium slegs die beskuldigde en twee persone was en dit ondui-delik is of die beskuldigde insigself deel-geneem het aan daardie brandsteek van die voertuig, maar daar is ook getuienis van 'n ander aard, van ander getuies wat daarop neerkom dat daar op 'n stadium 'n toeloop van 'n aantal persone was en dat die optrede inder-daad daar op openbare geweld neergekom het. Tewens dit blyk ook uit die beskuldigde se eie getuienis dat toe hulle van die swembad afge-kom het, daar 'n klomp skoolkinders bymekaar gekom het, en oproerig was en hulle het daar sekere dinge of vuilgoed aan die brand gesteek."
Die/
19.
Die landdros het inderdaad later teruggekeer
na die vraag
wie die fiets aan die brand gesteek het.
Hy bevind:
"Die klaer kan nie getuienis daaroor aflê nie. Hy het dit nie gesien nie, maar dit is ook baie duidelik dat daar nie,of dat die feite van die Hof nie 'n ander afleiding regverdig en 'n ander redelike afleiding regverdig as dat die beskul-digde daar meegedoen het om daardie fiets aan die brand te steek nie. Ek sê dit ook in die lig van die getuienis van konstabel Van Heer-den wat gesien het hoedat die beskuldigde met 'n buiteband na die fiets gegaan het terwyl dit reeds aan die brand was en dit daarop gegooi het,en dit versterk verder die afleiding dat die beskuldigde te doen gehad het met die brand-steek van die voertuig of fiets."
Die landdros het vroeër in die uitspraak hom-
self gewaarsku teen die aanvaarding van 'n enkele getuie
se getuienis,
maar het nietemin die getuienis van die
klaer Gideons se getuienis aanvaar
omdat die hof beïndruk
was/
20. was met die wyse waarop hy getuig het. Wat die land-
dros presies bedoel het met die "wyse" waarop hy getuig
het, is onseker
maar dit moet noodwendig, behalwe sy
gedrag en voorkoms in die getuiebank,
ook die betroubaar-
heid van die inhoud van sy getuienis insluit. 'n
Deur-
lees van sy getuienis wek allermins die indruk dat hy
'n goeie getuie was,
veral ten aansien van die persoon of
persone wat die fiets in die kruising
ingesleep en aan
die brand gesteek het. Die landdros se opmerking dat
hy nie getuienis oor die aan-die-brandsteek kan aflê nie
omdat hy
dit nie gesien het nie, is nie 'n getroue weer-
gawe van die getuienis nie.
Gideons het in die opsig
geweldig rondgespring. In sy getuienis wat ek hierbo
aangehaal het, sê hy dat hy nie gesien het wie die fiets
aan die brand gesteek het nie. Hy het die appellant sien
buk/....
21.
buk by die fiets en het skynbaar afgelei dat hy die
fiets
aan die brand gesteek het. In sy verklaring aan
die polisie het hy
gesê:
"Ek sien toe dat die fiets aan die brand ge-steek word."
In die sin onmiddellik voorafgaande sê hy:
"Ek sien toe dat daar rook trek en gaan toe nader."
Vanwaar het
die rook gekom? Het die fiets
toe al reeds gebrand? As hy gesien het dat die
fiets
aan die brand gesteek word, moes hy ook gesien het wie
dit gedoen
het - die appellant of een van sy twee maats
of meer as een van hulle. Sy
hoofgetuienis was teen-
strydig met sy latere getuienis wat ek aangehaal het
want hy sê
uitdruklik in die loop van sy hoofgetuienis
dat/
22
dat hy nie gesien het wie die fiets aan die brand
ge-
steek het nie en dat hy slegs die fiets gesien brand
het toe hy
later teruggekeer het na die fiets.
Ten spyte van hierdie kritiek is dit egter
my oorwoë mening dat die getuienis van die klaer Gi-
deons dat dit
die appellant was wat die fiets se skerm
stukkend gegooi het en dat dit die appellant en twee
ander persone was wat die fiets vanaf die stopteken tot
in die middel van die kruising gesleep het, tereg aan-
vaar is deur die
landdros. Wat die stukkend gooi van
die skerm betref het Gideons 'n goeie
geleentheid
gehad om die appellant waar te neem. Hy het daarna 'n
raak
beskrywing van die appellant aan speurder adjudant-
offisier Perry gegee en hy het hom onmiddellik in die
aanklagkantoor/....
23. aanklagkantoor uitgeken.Ek meen ook dat dit met
veilig-
heid aanvaar kan word dat Gideons twee persone gesien
naderkom het en dat
hy gesien het dat drie persone die
fiets in die kruising insleep. Hy het herhaaldelik be-
klemtoon dat hy nie
die twee ander sal kan uitken nie.
Dat twee ander vir die appellant gehelp
het, kan na my
mening egter aanvaar word want waarom sal Gideon die
ver-
skyning van twee ander persone versin? Die fiets is aan
die brand
gesteek op 'n stadium, soos ek die getuienis
lees, toe daar nog geen samedromming was nie. Terwyl die
fiets nog brand, het konstabel Joey van Heerden gesien
dat die appellant
'n buiteband op die brandende fiets gooi.
In die afwesigheid van enige aanvaarbare verduideliking
deur die appellant
is die afleiding onvermydelik dat hy
betrokke/
24.
betrokke was by die aan-die-brandsteek van die
fiets.
Indien hy nie was nie, het hy homself heeltemal daarmee vereenselwig
want hy het die verbranding aangehelp deur 'n fietsband op die
vuur te gooi. Sy
uitkenning in die verband deur konstabel Joey van Heerden is nie in
kruis-ondervraging betwis nie. Sy ontkenning
in sy getuienis dat dit hy was wat
die handeling gepleeg het is, na my oordeel, tereg deur die landdros verwerp. Sy
verweer dat hy,
nadat hy van die swembad af gekom het, ewe on-skuldig huistoe
gestap het saam met sy maat Tommie van Rooyen is ook tereg verwerp.
Sy swemmery
by die swembad moet aanvaar word, want sy hemp was nog natterig, maar sy versuim
om te verklaar hoekom dit vir hom so
lank
geneem het om 'n afstand van
ongeveer 400 meter te loop van
die/
25.
die swembad af totdat hy aangekeer is, is
betekenisvol.
Volgens sy getuienis het hulle by die swembad vertoef van
ongeveer 12h00 tot, op die laatste, 12h45. Hy is eers deur Greeff aangehou
heelwat na 14h00. Met die bevinding van die landdros dat dit die appellant was
wat die fiets se windskerm met 'n klip stukkend gegooi
het en dat die appellant
en sy trawante daar aanwesig ver-oorsaak het dat die fiets uitgebrand het, kan
ek nie fout vind nie.
Die kronologie van die gebeure is nie deeglik uitgepluis in die verhoorhof nie - moontlik as gevolg van die feit dat die appellant nie verteenwoordig was nie - maar soos die getuienis staan, is daar niks wat onbestaanbaar is met die Staat se saak nie. Trouens
alles/
26.
alles pas in. Die appellant het gaan swem in die
swembad.
Of daar iemand saam met hom was, is nie belangrik nie. Nadat hy die swembad
verlaat het was hy betrokke gewees by die onluste
in die mate dat hy hom bemoei
het met die gepoogde arrestasie van 'n vrou. Of sy sy suster was is ook nie
belangrik nie. Hy kon daarna
met twee "trawante", soos die landdros hulle
beskryf het, betrokke gewees het by die aflewerings-fiets-insident wat ek reeds
hierbo
ontleed het. Van Heerden kom op die toneel, sien hoedat die appellant 'n
fietsband op die brandende afleweringsfiets gooi en jaag
hom met die bedoeling
om hom te arresteer. Hy ontvlug en daarna, skynbaar nie veel later nie, kom
Greeff hom teë en merk dat
hy erg senuagtig is. Hy
keer/
27.
keer hom en sy maat aan en neem hulle na die aanklag-kantoor.
Perry kom op die toneel terwyl die fiets nog brand en vind die klaer
daar wat
intussen met ander persone van die kantoor waar hy die polisie ge-skakel het,
opgedaag het. Perry ondervra die klaer en
neem hom na die aanklagkantoor waar
die appellant en sy maat, op sy eie getuienis, ongeveer vyf minute van-tevore
deur Greeff daar
aangebring is. Die klaer ken hom onmiddellik uit.
Die
verdere vraag is of die appellant, op die getuienis wat gelei is, tereg skuldig
bevind is aan openbare geweld. Die landdros bevind
aldus op die enkele grond dat
toe Van Heerden op die toneel opdaag daar 'n aantal mense in totaal was rondom
die motor-fiets wat
reeds gebrand het op die stadium toe
die/
28.
die appellant die buiteband daarop gooi. "Dat die
beskuldigde hom dus
vereenselwig het met die optrede
van die persone aldaar ly myns insiens geen
twyfel
nie" besluit die landdros. In die Hof a quo het die
Hof na
die getuienis van die Polisie-amptenare soos
volg verwys:
"It is obvious that the magistrate accepted their evidence and equally obvious why he did so. It was reliable, undisputed, ob-jective evidence, plainly identifying appel-lant as part of the riot situation prevailing in Kensington on that day. This really is the second main point made by Counsel, name-ly, that there was no proof that appellant was in fact part of any riot situation. That point is devoid of merit. He was."
In hierdie Hof is dit betoog dat, selfs
indien
bevind word dat die Staat die feite bewys het
wat die landdros as bewese
bevind het, die Staat nie
die/
29. die oortreding van openbare geweld bewys het nie omdat
die
stukkend gooi van die skerm en die aan-die-brand-
steek van die fiets 'n
geisoleerde handeling deur die
appellant was en hy hoogstens van ót
aanranding óf op-
setlike saakbeskadiging, waarvan hy ook aangekla was,
of albei, skuldig
bevind kon word. Ons is verwys na die
sake van R v Cele and Others 1958(1) SA 144 (N) 152H -
153A; R v Nxumalo 1960(2) SA 442 (T) 443F en 444 D - G;
S v Mei 1982(1) SA 299(0) 301H en ander sake.
Dit is algemeen bekend dat daar in dié betrokke tyds-
gewrig ernstige onluste in die land voorgekom het, veral in
sekere stedelike gebiede. Enige hof, meen ek, kan geregtelike
kennis neem daarvan dat hierdie onluste van rewolusionêre
aard/
30.
aard is, dat dit dikwels gepleeg word deur
skoolkinders
wat óf opgerui word daartoe óf spontaan gesag
uittart om hulle teenkanting te toon teen die huidige politieke bestel
in die
land. Die gebruiklike optrede van groepe in hierdie land bestaan gewoonlik, soos
ook elders in die wêreld, in die oprigting
van pad- of straatblok-kades
deur gebruik te maak van brandende of ander voor-werpe om sodoende die vloei van
die verkeer te belemmer
of te stuit en om dan, wanneer voertuie nie kan
voort-gaan nie, óf stadiger beweeg, hulle met klippe te be-stook of selfs
aan die brand te steek en die bestuurders
of aan te rand of te verwilder.
Op hierdie betrokke dag was daar ook kinders
wat, volgens die polisie-getuies, aan oproer deelge-
neem het. Die polisie moes vroeër die dag reeds
optree./
31. optree. Die appellant sê self dat hy gesien het dat
kinders
vullis-dromme omkeer in die strate en dit aan die brand
steek. Weliswaar is daar nie getuienis dat behalwe die
appellant daar
ander was wat klippe gegooi het nie. Maar
waarvoor is die straat geblokkeer?
Klipgooiery is heel
waarskynlik voorkom deur die optrede van die
polisie.
Die appellant is vroeër opgemerk waar hy staan en
blykbaar
die gebeure dophou. Daar is nie getuienis dat hy hom op
daardie
stadium, behalwe sy bemoeiing waarna ek reeds ver-
wys het, openlik met die
groepsoptrede vereenselwig het deur
mee te doen aan enige waarneembare
handeling nie maar,toe
die klaer Gideons op die toneel verskyn, het hy wel
opgetree.
Hy het Gideons glad nie geken nie. Daar was geen provo-
kasie
van Gideons se kant nie. Hy vra aan Gideons of
hy ook een van die varke is, h
aanmerking wat, in die
samehang van die gebeure en die klimaat wat geheers het,
alleen/....
32.
alleen kan beteken: behoort jy ook aan of is jy ten
gunste
van die gesagstruktuur, die bestaande orde?
Hy het hom dus, met sy daad,
heeltemal vereenselwig
met die openbare geweld wat op daardie dag gepleeg
is.
Dit is waar dat, wat die algemene geweld betref, dit
nie van 'n
besondere ernstige aard was nie, in die sin
dat daar nie getuienis van enige
skade was nie, maar
dit het die bekende patroon aangeneem wat ek reeds
be-
skrywe het en hy self het aansienlike skade aangerig.
Na my mening is hy
tereg skuldig bevind aan openbare
geweldpleging.
Die appellant is ook verlof verleen deur
hierdie Hof om teen sy vonnis van een jaar te appel-
leer. Die appellant het egter nie teen sy vonnis na
die Hof a quo geappelleer nie, 'n feit wat nie vermeld
is in die aansoek om verlof om te appelleer, gerig aan
die/
33.
die Hoofregter nie. A 21(1) van die Wet op die
Hoog-
geregshof 59 van 1959, verleen 'n bevoegdheid aan
die
Appèlhof om 'n appèl van 'n beslissing van die
provinsiale
of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof aan te hoor
en te
beslis. Aangesien daar geen appél teen vonnis
was na die Hof a.
quo nie, kan daar geen appêl op vonnis
van daardie Hof na
hierdie Hof wees nie.
Ek het oorweeg of die beginsel van perempsie
nie geld nie. Daar is egter
'n beslissing, R v Marwane
1981(3) SA 588(B) 590G - 591A,dat sodanige beginsel nie
ten aansien van
skuldigbevinding in die geval van straf-
appelle geld nie. Die saak het nie
gehandel met appèlle
teen vonnis nie. Ek vind dit egter nie nodig om
te beslis
of Marwane se saak reg beslis is nie. Indien hierdie
Hof
gevoel het dat die vonnis versag moes word, sou
hierdie/
34. hierdie Hof die appellant moontlik tegemoet gekom het.
Ek
meen egter nie dat 'n vonnis van een jaar onder die
omstandighede 'n
buitensporige vonnis is nie, en die
appellant se advokaat het my ook nie
oortuig dat die
landdros enige dwaling begaan het nie. Daar word dik-
wels in die
landdros- en streekhowe vonnisse van een
jaar, soos in hierdie geval, of swaarder vonnisse vir
hierdie tipe
oortreding opgelê. Regter Baker wat die
uitspraak van die Hof a_
quo gegee het, het hom wel oor
die vonnis uitgespreek soos volg:
"There is no appeal against the sentence
which is too light, in any case, in my opinion."
Ek weerhou my daarvan om 'n soortgelyke mening
uit te spreek en volstaan met op te merk dat daar geen
grond/
35. grond is waarop die Hof kan ingryp nie.
Die appèl word afgewys.
WAARNEMENDE REGTER VAN DIE APPeLHOF
HEFER )
- ARR - stem saam