South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 67
| Noteup
| LawCite
S v Jansen (480/87) [1988] ZASCA 67; [1989] 3 All SA 439 (AD) (27 May 1988)
Download original files |
HENDRIK JANSEN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Saaknommer 480/87
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
HENDRIK JANSEN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HOEXTER, KUMLEBEN, ARR et NICHOLAS, Wnd AR
VERHOOR: 5 Mei 1988
GELEWER: 27 Mei 1988
UITSPRAAK
HOEXTER, et KUMLEBEN, ARR....
2.
HOEXTER, et KUMLEBEN, ARR,
Dit is 'n strafappèl teen vonnis alleen. Die feite van die geval is betreklik eenvoudig. Op die aand van 30 September 1986 en in die omgewing van die Ou Lokasie, Postmasburg, is 'n skraalgeboude 19-jarige vrou (hierna "die oorledene" genoem) deur 'n manspersoon oorrompel en daarna agtereenvolgens eers deur hom en onmiddellik daarna deur twee ander manspersone verkrag. Onmiddellik voor gemelde verkragtings of in die loop daarvan is die oor= ledene 'n noodlottige steekwond toegedien wat haar hart binnegedring het. Aan hierdie steekwond het die oorledene, kort nadat sy vir die derde keer verkrag is, beswyk.
Die nasleep van hierdie gebeure was die vervolging van drie manspersone in die Kalahari Rondgaande Plaaslike Afdeling voor 'n hof bestaande uit VAN RHYN, RP en twee assessore. Die drie beskuldigdes het gesamentlik op klagtes van (1) verkragting (2) roof op die oorledene
en
3.
en (3) moord tereggestaan. By die verhoor was ene Piet
Molouly ("Molouly") beskuldigde no l en die appellant was
beskuldigde no
2. Beskuldigde no 3 by die verhoor is op
al drie klagtes vrygespreek.
Molouly en die appellant is
op die klagtes van roof en moord vrygespreek.
Ten opsigte
van die verkragtingklagte het sowel Molouly en die
appellant
skuld beken en die verhoorhof het albei aan verkragting van
die oorledene
skuldig bevind. Ofskoon beskuldigde no 3
op die verkragtingsklagte onskuldig
bevind is, staan dit
vas en was dit by die verhoor gemene saak (a) dat
die
oorledene inderdaad agtereenvolgens deur drie
verskillende
manspersone verkrag is en (b) dat die appellant tweede
en
Molouly derde aan die beurt gekom het.
Ten tyde van die pleging van die misdaad
waaroor dit in hierdie
appèl gaan, het Molouly so pas
leeftyd van 21 jaar bereik en die appellant was amper 27
jaar oud. Albei beskuldigdes het 'n lang lys vorige
veroordelings erken.
Dit is veral die
vorige
4
vorige veroordelings van die appellant wat tesaam
'n
beeld van verdorwenheid skep. Meer nog: Die appellant
is voorheen
weens verkragting 'n vonnis van vyf jaar
gevangenisstraf opgelê. VAN
RHYN, RP het Molouly tot
tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Die appellant
is
ter dood veroordeel. Met verlof van hierdie hof kom
die appellant teen sy
doodvonnis in hoër beroep. Aan
mej Fouche, wat namens die
appellant 'n weldeurdagte
betoog gelewer het, is hierdie hof dank
verskuldig.
Namens die appellant het sy advokaat aangevoer
dat die verhoorregter by
straftoemeting in twee opsigte
'n mistasting begaan het. Die vernaamste
mistasting, so
het sy in oorweging gegee, was die oorbeklemtoning van
die appellant se
vorige veroordelings. Ten tweede het
sy betoog dat die verhoorregter onvoldoende aandag gegee
het "aan die rol
wat drank" by die pleging van die misdaad
sou gespeel het.
5.
Ons het die voorreg gehad om die uitspraak
van ons kollega NICHOLAS te
lees. In die loop van sy
insiggewende oorsig rakende die wyse waarop ons
howe oor
die afgelope eeu verkragting as halsmisdaad benader het
word
daar o a na die volgende twee toonaangewende beslis=
sings van hierdie Hof verwys. In R vs Ramanka 1949(1)
SA 417 het
CENTLIVRES, AR op 420 gesê:-
"The Legislature therefore intended that
the death penalty should, in appropriate
circumstances, be imposed for the crime
of rape. What those circumstances are
is left to the discretion of the trial
In S v Tshomi en h Ander 1983(3) SA 662(A) het hierdie
Hof m b t
S v K en 'n Ander 1972(2) SA 898(A) waar op
902A verwys word na 'n
-
" gevestigde praktyk dat die doodvonnis
slegs in uiterste gevalle opgelê word."
by monde van hoofregter
RABIE verklaar (op 666E/H):-
"Hierdie frase 'uiterste gevalle', of
'uiterste geval', wat ook al in ander
sake gebruik is, kan nie letterlik opgevac
5(a).
word nie, want as 'n Verhoorregter die
doodvonnis slegs in 'n letterlik, of werklik,
uiterste geval kan oplê, sal hy waarskynlik
altyd moet besluit dat die doodvonnis nie 'n
gepaste vonnis sal wees nie, want hy sal hom
waarskynlik altyd 'n erger geval kan voorstel
as die een wat voor hom dien. 'n Verhoorregter
se diskresie kan nie op so 'n wyse aan bande
gelê word nie Hierbenewens moet in
gedagte gehou word dat hierdie Hof ook al
gesê het dat dit die funksie van die
Verhoorregter is om te beslis of die geval
voor hom as 'n uiterste geval beskou moet
word of nie en dat hierdie Hof nie sonder
meer sy mening oor die aangeleentheid vir dié
van die Verhoorregter kan substitueer nie
Die stelling dat die doodstraf net in
uiterste gevalle opgelê kan word, hou dus, in
'n geval soos die onderhawige, niks meer m nie
as dat 'n Verhoorregter nie die doodstraf moet
oplê nie tensy hy van oordeel is dat die
misdaad van so 'n ernstige aard is dar die
doodstraf die gepaste straf sal wees. Hiermee
word niks nuuts gesê nie want dit is bekende
reg dat die Verhoorregter, wie se taak dit
is om te besluit oor wat 'n gepaste straf sal
wees, in die lig van die ernstigheid van die
misdaad wat gepleeg is en al die ander feite
van die betrokke geval moet besluit wat 'n
gepaste straf sal wees."
Dat gemelde riglyne by die beoordeling van die onderhawige
appël deeglik voor oë gehou moet word, spreek
vanself.
6.
Wat egter verder opgemerk moet word is die volgende.
Die
appellant se advokaat het nêrens aangevoer dat die
ver=
hoorregter by sy oorweging van die moontlikheid van die
oplegging
van die doodvonnis enigsins van die benadering
in Tshomi se saak (supra) afgewyk het nie. By nalees van
sy uitspraak is dit inteendeel duidelik dat die verhoor=
regter se
benadering suiwer en korrek was.
Soos in Tshomi se saak (supra) aangedui, sal
'n
verhoorregter se beslissing of die doodvonnis die gepaste
straf is aan die hand van elke saak se eie omstandighede
oorweeg moet
word. Tensy dit egter bewys kan word dat
die verhoorregter wat die
doodvonnis in 'n verkragtingsaak
oplê 'n mistasting begaan het, is in
'n appêl teen daardie
vonnis die eindelike en deurslaggewende vraag
vir hierdie
Hof slegs die volgende:-
" kon die verhooregter redelikerwyse
die doodstraf opgelê het?"
(per BOTHA, AR in S v Pieters 1987(3) SA 717(A) op
7.
Die betoog namens die appellant dat
VAN RHYN, RP oormatige klem op die
appellant se vorige
veroordelings laat val het, berus hoofsaaklik op die
vol=
gende terloopse stelling wat die verhoorregter ten tyde
van die
betoë m b t vonnis gemaak het:-
" ek sou nie die doodstraf oorweeg het
as dit nie was dat hy sulke ernstige
veroordelings het nie."
Selfs in die veronderstelling dat hierdie uitlating tot
die status van 'n
oorwoë mening in die uitspraak self
verhef kan word, vind ons in
hierdie woorce geen steun
vir die betoog nie. Daardeur het die verhoorregter
slegs
te kenne gegee uit hoofde waarvan die moontlikheid van
die
doodstraf hoegenaamd in die saak ter sprake kom. Afgesien
van die
vorige veroordelings het egter ander en belangrike
faktore in die saak ook na vore getree en ernstige oorwe=
ging verdien.
Die ander faktore behels o a die feit
dat dit hier gegaan het om 'n
bendeverkragting van 'n
tingerige
8.
tingerige en weerlose jong vrou; en dat toe die
appellant
besef het dat sy dood is hy haar op heel gevoellose wyse
daar
in die veld gelos het om doodluiters by 'n vriend te
gaan kuier. Dat die
verhoorregter al die relevante
faktore in die saak in oënskou geneem het, blyk duidelik
uit die
slotparagraaf van sy uitspraak oor vonnis:-
"Om op te som, in aanmerking genome die
beskuldigde se persoonlike omstandighede,
die erns van die misdaad, sy hervormings=
vermoë, die uitwerking wat lang gevangenis=
straf op hom kan hê wat hervorming betref,
en veral ook die openbare belang, meen ek
dat dit ek pligshalwe my diskresie so moet
uitoefen dat hy die doodstraf opgelê word."
Die beweerde mistasting gegrond op die ver=
hoorregter se evaluering van
die appellant se vorige ver=
oordelings het mej Fouche in haar betoogpunte soos volg
geformuleer:-
"Dit word aan die hand gedoen dat hierdie
vorige veroordelings oorbeklemtoon is
aangesien appellant slegs een vorige ver=
oordeling vir verkragting het."
Vir soverre hierdie betoog inhou dat by oorweging van 'n
gepaste
9.
gepaste vonnis in 'n
verkragtingsaak slegs vorige veroor=
delings weens verkragting, of vorige
veroordelings wat 'n
neiging tot die pleging van geslagsmisdade op vroue toon,
in aanmerking mag kom, is dit onses insiens verkeerd en
regtens
ongegrond. Uiteraard sal die tersaaklikheid en
belangrikheid van vorige
veroordelings afhang van daardie
elemente wat hul met die misdaad waaroor
dit gaan in
gemeen het. So sou dit vir 'n hof wat by n
skuldigbevinding
aan roof 'n gepaste vonnis moet oorweeg potsierlik wees
om
vorige veroordelings aan sowel aanranding met die opset om
ernstige
te beseer as diefstal buite rekening te laat. Om
dieselfde rede, wanneer dit
by verkragting kom, tree by
vonnisoorweging onmiddellik na vore sodanige
vorige
veroordelings wat deur geweldpleging en 'n miskenning van
lyf en lewe gekenmerk word (bv aanranding of moord); en
te meer waar
dusdanige misdade op 'n neiging tot seksafwyking
dui (bv aanranding met die
opset om verkragting of sodomie
te pleeg.) In hierdie verband dien die
volgende opgemerk
10.
te word. Vanselfsprekend is daar tussen verkragting enersyds en aanranding met die opsec om sodomie te pleeg andersyds dié wesensverskil dat by eersgenoemde die slagoffer 'n vrou is en by laasgenoemde 'n man. Die twee misdrywe het daarenteen ook iets in gemeen: die bevredi= ging deur geweldpleging van die aanvailer se seksdrange.
Met betrekking tot die appellant se enkele veroordeling weens sodomie per se kan geredelik aanvaar word dat dié geslagsdaad met toestemming van die ander party daarby betrokke, plaasgevind her en dat die element van geweld derhalwe ontbreek. Dat die verhoorregter egter hierdie besondere vorige veroordeling in 'n behoorlik perspektief betrag het, blyk uit sy volgende opmerkings in die uitspraak voor vonnis:-
"Toe in 1984, terwyl jy in die tronk is, pleeg jy sodomie. Dit is 'n geslagsmisdaad. Maar hier neem ek in aanmerking dat daardie sodomie kon mer toestemming gewees het, want ek sien jy her 'n opgeskorte vonnis gekry. In die gevangenis gebeur dit soms dat iemand anders toelaat om sodomie met hom te pleeg."
Die
11.
Die vonnisse opgelê ten opsigte van die appellant se
vorige veroordelings wat met die misdaad van verkragting glad nie in verband
staan nie (nl vier veroordelings weens huisbraak en diefstal en een veroordeling
weens gewone diefstal) sou gewoonweg ter sprake
kom slegs in 'n
beperkte
opsig en bloot met die oog daarop om vas te stel
of,en indien wel, in welke mate die strafvorms wat by daardie
vonnisse aangewend is vir die appellant in sy loopbaan van
misdadigheid as
effektiewe afskrikmiddel gedien her.
Dergelike misdrywe, afhangende van hul
aard en omvang, kan
miskien verder ook aanduiding bevat dat die appellant
'n
onstuitbare drang tot bandeloosheid het wat sy kanse op
hervorming
verskraal. Die feit dat die verhoorregter in
die loop van sy uitspraak i v m
vonnis laasgenoemde
misdrywe in die verbygaan aangesrip het sonder om
enige
verdere kommentaar daarop te lewer, dui egter op die
ge=
volgtrekking dat hul by die oorweging of die doodvonnis 'n
gepaste
vonnis is geen noemenswaardige rol gespeel het nie.
Die
12.
Die volledige lys van die appellant se vorige veroordelings word in die uitspraak van NICHOLAS, Wnd AR bygehaal. Op sigself spreek die appellant se strafrekord boekdele, maar met die oog op die argument dat die verhoor= regter se beoordeling daarvan onewewigtig was, en dat hy misgetas het, is dit nietemin dienstig om enkele fasette uit die appellant se loopbaan van miscaad uit te lig. Wat veral aandag verdien is die volgende:-
(a) Op veertienjarige leeftyd, en ooreen= komstig gesonde beginsels wat by die bestraffing van jeugdiges toegepas word, is die appellant 'n reeks vonnisse opgelê wat hom uit die gevangenis gehou het. Deur hierdie vonnisse is die appellant nie afgeskrik nie en in 1977 is die appellant op sewentienjarige leeftyd deur verwysing na 'n verbeteringskool vir die eerste keer daadwerklik opgesluit.
(b)
13.
(b) Na sy voorwaardelike ontslag uit gemelde inrigting het die appellant binne die bestek van 'n paar maande drie verdere misdade (insluitende verkragting) gepleeg. (c) By die verkragting in (b) hierbo vermeld, was die slagoffer 'n jong vrou van twintig jaar. Om haar te verkrag het die appel= lant 'n mes en 'n sambok aangewend. In ag genome sy jeugdige leeftyd in Februarie 1980, toe hy weens hierdie verkragting gestraf is, dui die vonnis van vyf jaar gevangenisstraf daarop dat dit 'n ernstige geval van verkragting was. Hierdie stewige vonnis het die appellant ook nie afgeskrik nie. (d) In Junie 1983 is die appellant andermaal 'n vonnis van vyf jaar gevangenisstraf opgelê en by hierdie geleentheid het die hof hom
van
14.
van die vonnis van verklaring tot ge= woontemisdadiger gewaarsku. Ongeveer drie jaar later, op 15 September 1986, is die appellant onvoorwaardelik vrygelaat, maar vyftien dae daarna, op 30 September 1986, verkrag hy die oorledene. Die onontkombare gevolgtrekking is dat die gevangesetting wat hy weens sy vorige misdade (verkragting inkluis) verduur het, geen sigbare afskrikkende of hervormende uitwerking op die appellant gehad het nie. (e) Sou enige bevestiging vir bostaande gevolg= trekking gesoek word, vind mens dit in die feit dat terwyl die appellant in die ge= vangenis sy verhoor in die onderhawige saak (waarin hy skuld aan verkragting beken het) afgewag het, hy skuldig bevind is aan aanranding met die doel om sodomie te pleeg. In die verbygaan kan hier opgemerk word dat
die
15.
die gemeenskap wat op beskerming teen die misdadigheid van 'n boosdoener geregtig is sowel die tronkbevolking as ordeliewende mense daarbuite insluit.
By oorweging van 'n gepaste straf vir 'n verkrag= ter wat by 'n vorige geleentheid of by vorige geleenthede reeds aan verkragting skuldig bevind is, is een van die vrae wat ontstaan of sy hervormingsmoontlikhede so skraal is dat, in die geval van 'n ander vonnis as die doodvonnis, die veroordeelde ten tyde van sy uiteindelike vrylating uit die gevangenis vir die gemeenskap 'n gevaar sal daarstel. In verband met die appellant se hervormingsmoontlikhede het die verhoorregter die volgende gesê:-
"Van die beskuldigde se moontlike rehabili= tasie met lang gevangenisstraf kan daar eintlik geen ernstige sprake wees nie."
In die lig van die appellant se droewige voorgeskiedenis van onafgebroke misdadigheid kan die verhoorregter met
bostaande
16.
bostaande beskouing van die appellant se kanse op hervorming nie in die ongelyk gestel word nie.
Uit hoofde van die voorgaande kan die betoog dat die verhoorregter die appellant se vorige veroordelings oorbeklemtoon het nie opgaan nie. In hierdie verband is nie aangetoon dat die verhoorregter in enige opsig misgetas
het nie.
Ek oorweeg vervolgens die tweede beweerde
mistasting waarop gesteun word,
nl dat die verhoorhof aan
die rol wat drank by die pleging van die misdaad gespeel
het onvoldoende aandag geskenk het. In hierdie verband
moet op die
trefwydte van die advokaat se betoog gelet word.
Daar word nie aangevoer dat die verhoorhof die kwessie van
die uitwerking van drank op die appellant uit die oog
verloor het nie. Wat aangevoer word is dat die verhoor=
hof hierdie faktor gering geskat het. In die voorslotpara=
graaf van sy uitspraak by vonnisoplegging het VAN RHYN, RP
gesê:-
"Ek
17.
"Ek het besondere aandag gegee aan mej Fouche se goeie betoog ten aansien van die oplegging van straf en wat die beginsels is wat toegepas word by die oplegging van die doodsvonnis in gevalle waar 'n Regter sy diskresie moet uitoefen. In besonder het sy ook my aandag daarop gevestig dat ons moet onthou dat die beskuldigde gedrink was. Hy kan egter volgens sy getuienis alles onthou wat hy gedoen het."
Die verhoorregter se woorde hierbo aangehaal, hou verband met die onderstaande submissie wat mej Fouche in die loop van haar betoog i v m vonnis aan die verhoorregter gerig het:-
"....hulle (Molouly en die appellant) was
gedrink en toe hulle sien die
ander man doen
dit, toe doen hulle dit ook maar. Nou dit
is geen
verskoning nie, dit is hoegenaamd
geen verskoning nie, maar is dit nie
miskien
presies wat daardie aand gebeur het nie, dit
was 'n gedrink, ek is
nou net by beskuldigde 2,
hy was gedrink, hy sien nou wat doen die
ander
man en op die ingewing van die oomblik omdat
sy lyf vol drank is,
besluit hy maar nou vat
hy ook sy kans "
Die strekking van mej Fouche se submissie aan die verhoor= regter, as ons dit reg begryp, was dat die drank wat die
appellant
18.
appellant vroeër op die betrokke dag gedrink het sy inhi= bisies en sy selfbeheer verminder het en sy oordeelsvermoë verstomp het. In hierdie samehang slaan VAN RHYN, RP se opmerking m b t die appellant se herinneringsvermoë klaar= blyklik op die tersaaklike vraag: in hoeverre het die drank die appellant se geestesgesteldheid inderdaad aangetas?
In die getuienis en verklarings van Molouly en die appellant praat hulle van 'n aansienlike hoeveelheid wyn wat hulle, saam met ander persone, op die betrokke dag gedrink het. Oor presies hoeveel die appellant self gedrink het, oor watter tydperk hy aldus gedrink het, en wanneer hy vir die heel laaste keer voor die verkragting gedrink het is die getuienis van die appellant egter vaag en onduidelik. Volgens die getuienis van die oorledene se metgesellin, Patricia Seekoei, is die verkragting eers omstreeks 9 nm die aand gepleeg. Op die appellant se eie relaas het dit in alle geval na 8 nm plaasgevind. In hierdie omstandighede moet die vraag ln welke mate die
appellant
19.
appellant ten tyde van die verkragting nog deur drank aangetas was aan die hand van sy optrede, asook sy herinne= ring daarvan, gemeet en getoets word. By nalees van die appellant se getuienis is dit opvallend hoe duidelik en samehangend sy kroniek is van alles wat onmiddellik voor, gedurende en na die verkragting plaasgevind het. Die appellant kon bv die volgende in herinnering roep: (a) die wyse waarop die oorledene oorrompel, weggesleep en op die grond neergegooi is; (b) die presiese volgorde van die drie verkragtings; (c) dat terwyl hy self die oorledene verkrag het sy hom op sy naam genoem het; (d) dat voor hy die toneel van die verkragting verlaat het hy besef het dat die oorledene reeds dood is; (e) dat hy daarna gaan kuier het by die huis van Israel Jantjies alwaar die appellant en Molouly dit nie nodig geag het om Jantjies omtrent die voorafgaande gebeure in te lig nie; (f) dat hy en Molouly daarna na die Ou Lokasie gegaan het en aldaar uitmekaar gegaan het; (g) dat hy daarna huis-toe gegaan
het
20.
het waar hy uitgetrek het en sy vuil klere weggebêre het voordat hy gaan slaap het.
In sy hoofgetuienis het die appellant gesê:-
"Ek het 'n goeie klompie drank gedrink, maar ek was nie so dat ek nie weet wat gaan aan nie."
Gedurende kruisondervraging is dit aan die appellant gestel
of hy nie
bekommerd geraak het dat die oorledene hom kon
aangee nie. Hierop was sy
reaksie:-
"Nee, ek was nie eintlik bekommerd daaroor, hoekom ek was gedrink gewees, daarom was ek nie bekommerd nie, ek was bekommerd die anderdagmôre gewees."
Wat betref die rol wat drank by die pleging van die misdaad gespeel het, bestaan daar na ons oordeel geen ruimte vir die betoog dat daar aan die kant van die verhoorregter enige wanvoorligting of mistasting was nie.
Al die oorwegings en Eaktore wat by vonnis= oorweging ter sprake kom, is sorgvuldig deur die verhoor= regter oorweeg. Daar kan na ons mening ook nie aangevoer
word
21.
word dat daar enige treffende ongelykheid bestaan tussen die appellant se doodvonnis en die vonnis van tien jaar gevangenisstraf wat Molouly opgelê is nie. In weerwil van sy slegte strafrekord was Molouly ten tyde van die verkragting 'n jongeling van 21 jaar wat geen vorige ver= oordeling weens verkragting op sy kerfstok gehad het nie. Die appellant was 'n volwasse manspersoon wat reeds ver = kragting gepleeg het.
VAN RHYN, RP was daaraan gedagtig dat die doodstraf slegs in 'n baie ernstige geval van verkragting opgelê behoort te word. Na sy oordeel was die onderhawige wel so 'n geval. Met deeglike inagneming van al die omstandighede van die geval is ons nie daarvan oortuig nie dat die belese verhoorregter nie redelikerwyse die vonnis van doodstraf kon opgelê het nie.
Die appèl word afgewys.
G G HOEXTER, AR M E KUMLEBEN, AR