South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 72
| Noteup
| LawCite
Nieuwoudt v Meester van Hooggeregshof en Andere (504/1986) [1988] ZASCA 72; [1988] 2 All SA 556 (A) (1 June 1988)
Download original files |
LL Saak No 504/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
ADRIAAN ALETTUS NIEUWOUDT Appellant
teen
DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF,
KAAPSTAD Eerste
Respondent
J.J. ROUSSEAU N O Tweede Respondent
J.H.J. VAN
RENSBURG N O Derde Respondent
D.H. RHEEDER N O Vierde Respondent
CORAM: CORBETT, VAN HEERDEN, KUMLEBEN ARR
NICHOLAS et BOSHOFF WND ARR
VERHOORDATUM: 11 MEI 1988 LEWERINGSDATUM: 1 JUNIE 1988
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN AR ...
2. VAN HEERDEN AR:
Die appellant was die enigste aandeelhouer in Kubus Kwekery (Edms) Bpk ("die maatskappy") wat in Maart 1985 gelikwideer is. In Oktober van dieselfde jaar is die boedel van die appellant gesekwestreer. Die tweede, derde en vierde respondente (hierna kortweg die respon-dente genoem) is die gesamentlike likwidateurs van die maatskappy. Gedurende November 1985 het hulle die eerste likwidasie- en verdelingsrekening van die gelikwideerde maatskappy ingedien. Op 23 Desember 1985 het die appel-lant se prokureurs 'n skrywe aan die eerste respondent ("die Meester") gerig. Daarin is 'n beswaar teen die rekening geopper. Die vernaamste grond van die beswaar was dat vorderings van sogenaamde kwekers teen die maat-skappy op n verkeerde grcndslag aanvaar en toegelaat is.
Op 6 Januarie 1986 het die Meester die appellant se prokureurs by wyse van 'n skrywe verwittig dat weens die sekwestrasie van die appellant se boedel hy nie die nodige
/locus ...
3.
locus standi gehad het om teen die rekening beswaar te maak nie.
Gevolglik, aldus die skrywe, was die Meester nie bevoeg om die brief van die
appellant se prokureurs as 'n beswaar ingevolge art 407 (1) van die
Maatskappy-
wet (61 van 1973) in aanmerking te neem nie.
Hierna het die appellant 'n hersieningsaansoek in die Kaapse Provinsiale Afdeling aanhangig gemaak. Die smeekbedes was primêr gerig op 'n tersydestelling van die Meester se genoemde beslissing en 'n terugverwysing van die aangeleentheid na hom sodat hy die meriete van die appel-lant se beswaar kon oorweeg. Koste is teen die Meester aangevra, of teen die respondente indien hulle die aansoek sou bestry. In 'n bestrydende verklaring ten behoewe van die Meester is slegs die smeekbede gerig op 'n kostebevel teen hom bestry. Wat die ander smeekbedes betref, het die Meester hom berus by die uitspraak van die hof.
Die appellant het in sy funderende verklaring beweer dat die kurator van sy insolvente boedel, ene
/Joubert ...
4 . Joubert, bewus was van sy voorneme om bogenoemde beswaar
te maak en mondelings daartoe toegestem het. In 'n aan-vullende verklaring
is
verwys na 'n skrywe wat Joubert aan die appellant gerig het. Daarin sê
Joubert dat hy en sy mede-kurator oorweging gegee
het aan die appellant se
versoek dat hulle òf as mede-applikante óf as mede-respon-dente
tot die aansoek gevoeg word,
maar dat so 'n voeging geen doel sou dien nie en
slegs kostes onnodiglik sou verhoog. Ook bekragtig Joubert daardie gedeelte van
die funderende verklaring waarna hierbo verwys is.
Die aansoek is bestry deur die respondente en, soos reeds aangedui, tot 'n beperkte mate deur die Meester. Die hof a quo het bevind dat die appellant inderdaad nie locus standi gehad het om ingevolge art 407 (1) van die Maatskappywet teen die rekening beswaar te maak nie en het gevolglik die aansoek met koste afgewys. Daarna is verlof aan die appellant verleen om na hierdie hof te appelleer.
/Afskrifte ...
5.
Afskrifte van die oorkonde is ingedien na die datum waarop hulle ingevolge A A reël 5 (4) geliasseer moes gewees het. Dit het gelei tot 'n aansoek om kondo-nasie. Die aansoek is aanvanklik deur die respondente bestry, maar by die verhoor van die appèl is ooreengekom dat die aansoek toegestaan word en dat die appellant die koste daarvan betaal. 'n Bevel met hierdie strekking is toe gemaak.
In die betoogshoofde van die respondente is aan-gevoer dat die appel as't ware verval het omdat die ap-pellant dit, insoverre dit op die Meester betrekking ge-had het, teruggetrek het. By die verhoor van die appel is egter, tereg na my mening, nie met hierdie betoog vol-hard nie.
Art 407 (1) van die Maatskappywet lui soos volg:
'"n Persoon wat 'n belang het in die maatskappy wat gelikwideer word kan te eniger tyd voor die bekragtiging van 'n rekening 'n beswaar teen sodanige rekening met vermelding van die redes vir die beswaar by die Meester indien."
/Dit ...
6.
Dit volg dus dat die kernvraag in die onderhawige geval is of die appellant 'n persoon is wat 'n belang in die gelikwideerde maatskappy het. Alvorens ek dié begrip ontleed, is dit egter nodig om te verwys na gesag waarop die hof a_ quo gesteun het. In Edwards v The Master and Others 1966 (3) SA 661 (R), het 'n insolvent, wat die enigste aandeelhouer in 'n gelikwideerde maatskappy was, 'n beswaar teen 'n likwidasierekening geopper. Die sub-artikel van die destyds geldende Rhodesiese Maatskappywet wat op so 'n beswaar van toepassing was, het nie noemens-waardig van art 407 (1) verskil nie. Toe die insolvent se beswaar deur die Meester afgewys is, het hy 'n aansoek aanhangig gemaak. Daarin het hy o a 'n bevel aangevra wat die Meester sou gelas om sy beswaar te handhaaf. Art 171 (2) (a) van die Rhodesiese wet het bepaal dat indien 'n kontribuant insolvent raak "his trustee in insolvency shall represent him for all the purposes of the winding up, and shall be a contributory accordingly." Met 'n
/beroep ...
7 .
beroep op die beslissing van die Engelse Court of Appeal in Re Cape Breton Company 19 Ch D 77, het Goldin R beslis (op pp 663-4) dat die effek van die bepalings van art 171 (2) (a) was "to make an insolvent a scranger to the company as from the date upon which it is wound up", en dat "he is therefore deprived of any right to interfere in regard to the administration of the company's affairs in its liquidation". Goldin R het egter bygevoeg dat sodanige insolvent wel locus standi het "to compel a de-faulting trustee to perform the duties imposed upon him by this section in a proper manner".
Spesifiek wat bogenoemde smeekbede betref, is bevind dat die insolvent nie as "any person incerested in the winding up of the company" binne die raamwerk van art 249 (1) van die Rhodesiese wet beskou kon word nie, en derhalwe nie geregtig was om beswaar teen 'n likwidasie-rekening te maak nie. Volgens Goldin R was hierdie be-vinding 'n onafwendbare uitvloeisel van die bepalings van
/art 171 (2) ...
8.
art 171 (2) waarvolgens die reg wat die insolvent, as sy boedel nie gesekwestreer was nie, sou gehad het om beswaar te maak, op sy kurator oorgegaan het.
Ek het bedenkinge oor die juistheid van Goldin R se vertolking van art 171 (2), maar om redes wat sal blyk, is dit onnodig om daarby stil te staan. Om dieselfde redes hoef nie aandag gegee te word nie aan Cape Breton waarin voorskrifte van die destyds geldende Engelse Maatskappy-wet, met dieselfde strekking as dié van art 171 (2), ter sprake was.
Art 110 (2) van ons vorige Maatskappywet (46 van 1926) was gelykluidend met art 171 (2) van die Rhodesiese wet. Die huidige Maatskappywet bevat egter nie ooreen-stemmende bepalings nie. Dit is waarskynlik te wyte aan die feit dat weens die afskaffing van gedeeltelik opbetaalde aandele die rede vir die opstel van 'n lys van kontribuante tot 'n groot mate verval het. Sover dit lede van 'n maatskappy aangaan, is dit tans slegs dié van 'n maatskappy
/beperk ...
9.
beperk deur garansie wat nog ingevolge art 337 kontribuante is. Dit volg dus dat die ratio decidendi van Goldin R nie tans hier te lande oorredingskrag kan hê nie.
Die hof a quo was bewus van die feit dat art 110 (2) van Wet 46 van 1926 nie 'n eweknie in Wet 61 van 1973 het nie, maar het bevind dat in die lig van die bepalings van art 20 (1) (a) en (2) (a) van die Insolvensiewet (24 van 1936) die appellant nie locus standi gehad het om sy voornoemde beswaar te maak nie. Want, aldus die uitspraak, die appellant se boedel, insluitende sy aandele in die maatskappy en sy aanspraak op 'n batige saldo daarin, het op sy kurators oorgegaan. Netsoos in Edwards bevat die uitspraak egter 'n caveat: "'n Insolvent is nie sonder 'n remedie nie: Hy kan die kurator onder gepaste omstandig-hede verplig om beswaar te maak".
Ek kom nou by die vertolking van frases soos "'n belang" of "'n persoon wat 'n belang het". Dit is duidelik dat hulle 'n baie wye betekenis kan hê en slegs uitgelê kan
/word ...
10.
word met inagneming van die verband waarin hulle voorkom. Vgl Gartside and Another v Inland Revenue Commissioners 1968 (1) All E R 121 (HL) 134; Re Roehampton Swimming Pool Ltd (1968) 3 All E R 661, 665, en Bearmans Ltd and Another v Metropolitan Police District Receiver (1961) 1 All E R 384 (C A) 391. In die Hoordeboek van die Afrikaanse Taal word "belang" omskryf as o a "voordeel", "gewin", "wat iemand raak omdat sy voordeel daarmee ge-moeid is", "iets wat aandagtige deelneming, nuuskierigheid, ens. opwek". H A T se omskrywing sluit in "wat iemand raak". Die Oxford English Dictionary betrek onder "interest" o a "the relation of being objectively concerned in something, by having a right or title to, a claim upon, or a share in"; "the relation of being con-cerned or affected in respect of advantage or detriment", en "the feeling of one who is concerned or has a personal concern in any thing". Die woord "belang" het dus 'n genoegsame wye betekenis om ook "begaandheid" in te sluit.
/Wanneer ...
11.
Wanneer die woord egter in 'n statutêre bepaling voorkom,
word
normaalweg daaraan die enger betekenis geheg van 'n
reg met betrekking tot,
of a geldwaardige belang in, dit
waarop die woord slaan. Vgl Pretoria Bill
Posting Co v
Hess 1911 TPD 360, 363, waarna met klaarblyklike
goedkeur-
ing verwys is in National Trading Co Ltd v Commissioner
for Inland Revenue 1943 AD 496, 504. In casu was dit
dan ook
uiteindelik gemene saak dat die begrip "'n persoon
wat 'n belang het in die
maatskappy wat gelikwideer word"
in art 407 (1) nie 'n persoon met 'n etiese
of morele belang
insluit nie, maar aan die ander kant nie beperk is tot
'n
persoon wat 'n reg met betrekking tot die maatskappy het
nie. Kortweg,
die begrip sluit ook in 'n persoon wat 'n
geldwaardige belang in die
gelikwideerde maatskappy het; |
dus moontlik ook 'n borg vir die likwidateur
(vgl General
Accident, Fire and Life Association Ltd v Insolvent
Estate
Wiese 1924 CPD 410).
Wat 'n maatskappy in likwidasie betref, is belang-
/hebbende ...
12 .
hebbende persone vir die doeleindes van art 407 (1) nor-maalweg lede van die maatskappy of skuldeisers. Die bekragtiging van 'n likwidasierekening mag hulle regte, veral dié van skuldeisers, raak, maar in baie gevalle sal 'n beswaar bloot daarop berus dat dit 'n aandeelhouer of skuldeiser se vermoënsbelange kan tref. Dit sal bv die geval wees indien een skuldeiser aanvoer dat 'n ander se vordering verminder moet word of dat hy nie 'n versekerde skuldeiser is nie. Immers, hoe minder die oorskot van laste oor die waarde van die bates van die maatskappy, of hoe minder die omvang van versekerde skulde, hoe groter die konkurrente dividend wat onversekerde skuld-eisers toekom. En wat lede betref, kan bv die afwysing van vorderings teen die maatskappy meebring dat hulle uit-eindelik in 'n batige saldo kan deel.
Dit is egter onjuis om te konkludeer dat omdat skuldeisers of lede by 'n beswaar kan baat, hulle in alle gevalle as belanghebbendes beskou moet word. Na my mening
/is ...
13.
is dit implisiet dat die belang waaroor art 407 (1) dit het met die beswaar verband moet hou. Dit word bevestig deur art 407 (4) wat bepaal dat die likwidateur of 'n persoon wat veronreg voel deur 'n opdrag van die Meester kragtens art 407 (3) of deur die weiering van die Meester om 'n beswaar ingevolge subartikel (1) te handhaaf, by 'n hof aansoek kan doen om tersydestelling van die Meester se beslissing. Dit is nouliks denkbaar dat die wetgewer kon beoog het dat in-dien 'n belanghebbende se beswaar nie gehandhaaf word nie, hy nie sonder meer kragtens art 407 (4) kan optree nie. (Vgl The Ritz Hotel Ltd v Charles of the Ritz and The Re-gistrar of Trade Marks (appèl 17/88.) Aan die ander kant kan 'n persoon wat 'n beswaar gemaak het nie veronreg voel indien hy nie nadelig deur die Meester se beslissing getref word nie. Vgl Ealing Borough Council v Jones (1959) 1 All E R 286, 289. Weens die samehang van die twee subartikels volg dit dan dat 'n persoon as 'n belanghebbende vir die doeleindes van art 407 (1) beskou kan word slegs indien handhawing van sy beswaar hom sal bevoordeel.
/Neem ...
14. Neem bv die geval van 'n maatskappy in likwidasie wat tien
konkurrente skuldeisers het en slegs een wat op 'n sekuriteit staatmaak.
Gestel
dat in die likwidasiereken-ing laasgenoemde ook as 'n konkurrente skuldeiser
aangemerk word. Ongetwyfeld sou hy die nodige
belang hê om beswaar te
maak, maar nie een van die ander tien skuldeisers nie. Indien so 'n skuldeiser
beswaar sou maak op
die grond dat die elfde skuldeiser inderdaad 'n versekerde
skuldeiser is, kan handhawing van die beswaar tog nie eersgenoemde se
vermoënsposisie verbeter nie, en hy sou dus as't ware ten behoewe van die
"versekerde" skuldeiser trag op te tree. Hieruit blyk
dat 'n persoon nie 'n
belanghebbende is bloot omdat hy 'n skuldeiser van die maatskappy is nie. Vgl
Muller N 0 v Trust Bank of Africa Ltd and Another 1981 (2) SA 117 (N)
129. In bogenoemde voorbeeld sou 'n lid ook nie as belanghebbende die genoemde
beswaar kon opper nie bloot omdat hy as aandeelhouer
regte teenoor die
maatskappy het en derhalwe 'n belang daarin het.
/'n ...
15. 'n Verdere konklusie is dat 'n lid nie 'n beswaar teen 'n
likwidasierekening kan maak bloot omdat handhawing daarvan die maatskappy
se
vermoënsposisie sal bevoordeel nie. Tensy dit tot gevolg het dat die
maatskappy 'n oor-skot toon, kan die beswaar, indien
gegrond, tog slegs
skuldeisers ten goede kom. (Dit mag anders wees indien 'n kompromis oorweeg
word, maar dit is nouliks denkbaar
dat dit die geval sal wees wanneer 'n
likwidasierekening reeds ingedien is.) Omdat 'n lid slegs in 'n oorskot kan
deel, sal hy gevolglik
slegs beswaar kan maak indien handhawing daarvan sou
meebring dat alle vorderings (insluitende likwidasiekoste) bevredig word en
'n
batige saldo oorbly. Daarom is 'n lid nie 'n belanghebbende nie as sy beswaar,
indien gegrond, slegs kan meebring dat die tekort
van die maatskappy van R100
000 na, sê, R90 000 verminder.
Dit beteken nie dat die Meester eers die geldig-heid van die beswaar moet oorweeg alvorens hy kan bepaal of die beswaarmaker 'n belanghebbende persoon is nie. Hy hoef slegs vas te stel of, in die veronderstelling dat
/die ...
16.
die beswaar wel gegrond is, 'n belang soos hierbo uitge-stippel wel
blyk.
Dit is so dat my benadering kan meebring dat eers geoordeel kan word
dat 'n beswaarmaker wel 'n belang het, en dat dit dan uit die
verwerping van die
meriete van die be-swaar kan blyk dat hy dit inderdaad nie het nie. Hierdie
moontlikheid bestaan egter selfs indien
aan "belang" die enger betekenis van 'n
reg gegee word. So bv kan 'n beswaar-maker wat beweer dat hy 'n skuldeiser is
wel locus standi hê, maar indien sy beswaar afgewys word omdat hy
op 'n nie-tige kontrak met die maatskappy steun, volg dit vanself dat hy nooit
'n skuldeiser, en derhalwe ook nie 'n belanghebbende, was nie. Art 407 (1)
vereis dus twee ondersoeke; die eerste een of die beswaarmaker
formeel 'n
belanghebbende kan wees, en die tweede of hy dit materieel wel is omdat sy
be-swaar gegrond is.
Ek oorweeg vervolgens die posisie van 'n insolvente lid van 'n gelikwideerde maatskappy. Ingevolge die bepalings van
/die ...
17.
die Insolvensiewet gaan die regte wat 'n insolvente aan-deelhouer vanwee sy aandeelhouding het, oor op sy kurator. Laasgenoemde kan dus 'n beswaar teen 'n likwidasierekening opper onder dieselfde omstandighede waarin die insolvent, as dit nie vir die sekwestrasie van sy boedel was nie, dit sou kon gedoen het. Die uiteindelike vraag is der-halwe of, benewens die kurator, die insolvent ook 'n belang in die gelikwideerde maatskappy kan hê.
Reeds sedert die vorige eeu word hier te lande sonder teenspraak aanvaar dat 'n insolvent 'n resterende belang in sy insolvente boedel het. Daarom kan hy stappe neem ter inwinning van 'n bate, bestryding van 'n vordering, ensomeer indien die kurator dit nie wil doen nie. Ge-woonlik word egter vereis dat die kurator as party gevoeg moet word. Ook kan die insolvent die kurator aanspreek op grond van wanadministrasie van die boedel. Sien Mars, The Law of Insolvency in South Africa, 7de uitgawe, para 15.2. Die locus classicus in hierdie verband is
/die ...
18.
die volgende dictum van Innes HR in Mears v Rissik and Others 1905 TS 303, 305:
"Now, no doubt the general rule is that an unrehabilitated insolvent cannot, over the head of his trustee, bring actions connected with his estate. ... The reason of the rule is that his estate has been taken out of him and vested in his trustee; and that therefore the person to deal with that estate, to administer it, to sue in respect of it, and to defend actions concerning it, is the trustee, and not the insolvent. But from the fact that the insolvent is under this disability, it does not follow that he has no rights whatever re-garding the estate. In my opinion he has a very real reversionary interest in it. The law provides that if there is any residue after paying the debts it is to be handed to the in-solvent. Not only so, but it is to his interest that as many assets as possible shall be brought into the estate, and the debts reduced to their proper limits. He has an interest in seeing that that is done. An asset may suddenly be-come valuable which has been considered worth-less, or he may have a legacy left to him which may enable him to clear off all his liabilities. Apart from that it is to the interests of the insolvent that his assets should be increased and his liabilities reduced, because in that way the stigma of insolvency rests less heavily upon him; and when he applies for his rehabili-tation he is in a better position than if he had a very large margin of unpaid debts. There-
/fore ...
19.
fore from whatever standpoint we regard it the insolvent has a very real interest in the administration of his estate.
As I have said, generally the trustee is the person to take action in matters connected with the estate; but if the trustee will not do so, or whether boná fide or malâ fide does not see his way to take action, is the insol-vent on that ground to be without remedy? I should say upon general principles he ought not to be; the law should provide some remedy."
Dit is eienaardig dat hierdie hof, sover ek kan nagaan, hom nog nooit pertinent oor die al of nie juist-heid van hierdie opvatting uitgespreek het nie. In Dean v Estate Dean 1938 AD 577, 580-1, was die bevoegd-heid van 'n insolvent om sy kurator op grond van wanadmini-strasie van die boedel aan te spreek, weliswaar indirek ter sprake, maar uiteindelik is slegs veronderstel dat hy dit wel kon doen.
Na my mening is daar egter geen fout te vind met die aanvaarde opvatting dat 'n insolvent'n resterende be-lang in die bereddering van sy insolvente boedel het nie.
/Dit ...
20.
Dit kom my dan ook voor dat die bestaan van hierdie belang deur die wetgewer erken is, want art 111 (1) van die In-solvensiewet bepaal dat o a die insolvent 'n beswaar teen bekragtiging van h kurarorsrekenmg kan voorlê. En reeds voordat hierdie artikel of sy voorganger op die wetboek geplaas is, is beslis dat afgesien van statutêre magtiging 'n insolvent vanweë sy resterence belang wel locus standi het om so 'n beswaar te maak. Sien In re Insolvent Estate W. Storm and Sons 1909 N L R 98, 100-2.
In die verbygaan moet ek egter meld dat ek be-denkinge het of die vermindering van die stigma waaroor Innes HR dit in die hierbo aangehaalde dictum het, 'n be-lang in h regsin aan die insolvent verleen. Dit is egter nie ter sake nie want, afgesien van die klaarblyk-like voordeel wat n insolvent verkry indien sy boedel uiteindelik 'n batige saldo toon, is dit vir hom ongetwyfeld van belang dat die tekort so klein moontlik is. Die om-vang van h verdere dividend wat hy by rehabilitasie gelas
/mag ...
21. mag word om aan sy skuldeisers te betaal, hou immers ver-band
met die tekort in sy boedel.
Dit volg dus dat indien 'n insolvent beweer dat A 'n skuldenaar van die insolvente boedel is, en sy kurator nie akkoord gaan nie en dus weier om stappe teen A te neem, die insolvent uit hoofde van sy resterende belang self teen A kan ageer. (Of hy sy kurator as mede-verweerder moet voeg, of kan volstaan deur te beweer, en indien nodig te bewys, dat sy kurator nie wil ootree nie, kan daarge-laat word.) En indien A se boedel ook gesekwesrreer is, kan die insolvent teen eersgenoemde se kurator optree. As dit so is, val dit nie in te sien waarom die insolvent nie ook ingevolge art 111 (1) van die Insolvensiewet'n beswaar teen 'n kuratorsrekening in A se insolvente boedel kan opper nie. Sy resterende belang ten opsigte van die invordering van die skuld bly immers voortbestaan ongeag of A se boedel al of nie gesekwestreer word nie.
Uit bostaande volg dat n insolvent wat lid van 'n
/gelikwideerde ...
22.
gelikwideerde maatskappy is wel 'n geldwaardige belang in die maatskappy kan hê. Dit is die geval indien die maat-skappy 'n surplus van waarde van bates bo laste (insluit-ende likwidasiekoste) het. Die surplus,of a deel daarvan kom immers sy insolvente boedel toe met die meegaande voordele waarna reeds verwys is. Indien handhawing van 'n beswaar wat hy teen 'n likwidasierekening opper sou meebring dat so 'n sur-plus ontstaan of groter word, kom dit my dus voor dat hy wel beskik oor die belang vereis deur art 407 (1) van die Maatskappywet.
'n Teenargument is dat omdat die insolvent se kurator vanweë die bepalings van art 20 van die Insolvensie-wet die reghebbende ten opsigte van die aandele word, die insolvent se voormalige belang verval. Hierdie argument sou geldig gewees het indien "belang" in art 407 (1) van die Maatskappywet beperk was tot 'n reg met betrekking tot die maatskappy. Soos reeds aangetoon, is'n geldwaardige belang egter voldoende. 'n Kurator word ook eienaar van
/o a ...
23.
o a al die roerende bates van 'n insolvent, maar dit bring nie mee dat laasgenoemde nie meer 'n belang - weliswaar resterend maar daarom nie minder reëel nie - in sulke bates as deel van sy boedel het nie. Dit is juis daar-om dat die insolvent 'n bate in die hande van 'n derde kan opvorder indien sy kurator dit nie wil doen nie. Al het die regte met betrekking tot die aandele op die kurator oorgegaan, het die insolventdus nog steeds 'n resterende be-lang daarin.
Geóurende die verhoor van die appèl is die moontlikheid geopper dat die kurator die aandele mag ver-koop (wat nouliks sal gebeur indien, soos gewoonlik die geval is, die maatskappy gelikwideer is weens 'n onvermoë om sy skulde te betaal). In so 'n geval sal die insol-vente boedel egter klaarblyklik nie meer reghebbende van die aandele wees nie en daarom sal die insolvent se resterende belang ook verval. Immers, geen bedrag kan dan die insolvente boedel uit die maatskappy toekom nie.
/Die ...
24.
Die advokaat vir die respondente het egter betoog dat art 407(1) 'n direkte belang vereis, en dat die appel-lant nie so 'n belang in die gelikwideerde maatskappy het nie. Want, so is aangevoer, die appellant kan nie direk op 'n surplus in die maatskappy aanspraak maak nie maar slegs indirek bevoordeel word via sy eie insolvente boedel. Na my mening omsluit die frase "'n persoon wat 'n belang het" in die gelikwideerde maatskappy na woordlui enige vermoëns-belang, en dus ook 'n "indirekte" een in bogenoemde sin. Volgens normale spraakgebruik het'n insolvent tog 'n geld-waardige belang daarin dat die maatskappy 'n surplus, of groter surplus, toon. Ook in die hierbo gepostuleerde voorbeeld het die insolvent slegs h "indirekte" belang in A se insolvente boedel, maar dit bring nie mee dat hy nie as belanghebbende "n beswaar teen 'n kuratorsrekening in A se boedel kan voorlê indien sy (d i die insolvent se) kurator dit nie wel doen nie.
Op die keper beskou, slaan die woord "belang"
/na ...
25.
na woordlui op o a 'n geldwaardige belang, hetsy 'n direkte, hetsy 'n indirekte een. Indien 'n persoon as gevolg van die handhawing van 'n beswaar geldelik bevoordeel kan word, is dit onwesentlik of die voordeel hom regstreeks of onreg-streeks toekom. Vgl Commissioner for Inland Revenue v Rhodesia Railways Ltd 1943 CPD 481; Re Consumers' Gas Co and Public Utilities Board 18 D L R (3d) 749.
Die respondent se advokaat het ook betoog dat erkenning van so 'n indirekte belang tot absurde gevolge kan lei: so bv sou enige skuldeiser van die appellant beswaar teen 'n likwidasierekening van die maatskappy kon maak bloot omdat, indien die beswaar gehandhaaf word, hy 'n voordeel via die insolvente boedel mag bekom. In eerste instansie volg dit nie noodwendig dat n insolvent en sy skuldeisers in die onderhawige verband gelykgestel moet word nie. Die kurator van 'n insolvente boedel tree primêr in belang van skuldeisers op en is in die reël verplig om hul aanwysings te volg. Hulle kan hom dus
/opdrag ...
26.
opdrag gee om beswaar teen 'n likwidasierekening te maak. Hierteenoor
is die kurator nie verplig om aan die wense van die insolvent
gehoor te gee nie.
In tweede instansie, en selfs indien veronderstel word dat my bevinding
mee-bring dat 'n skuldeiser van die appellant
ook bevoeg is om beswaar te maak,
meen ek nie dat dit tot absurde gevolge aanleiding gee nie. Ook so 'n skuldeiser
kan net bevoor-deel
word indien handhawing van sy beswaar daartoe lei dat die
gelikwideerde maatskappy 'n surplus, of groter surplus, toon. Dit sal in
die
praktyk uiters selde die geval wees. Bowendien gaan dit net om die bevoegdheid
om 'n beswaar te maak wat deur die Weesheer oorweeg
moet word. Hoe meer persone
locus standi het, hoe groter mag die Meester se administratiewe las wees,
maar dit sal nie addisionele koste meebring nie. En die Meester sal
geen
probleme ondervind om 'n klaarblyklik ongegronde beswaar te verwerp nie.
Onthou sal word dat beide die hof a quo en
/Goldin R ...
27.
Goldin R in Edwards van mening was dat 'n insolvent in gepaste gevalle sy kurator kan dwing om 'n beswaar teen 'n likwidasierekening te opper. Hierdie "oplossing" sal die insolvent egter niks baat nie indien die rekening be-kragtig word alvorens hy die nodige stappe teen sy kurator kan neem. Bowendien word in ander gevalle nie vereis dat 'n insolvent teen sy kurator moet optree ten einde hom te verplig om stappe teen iemand te neem nie; bv om 'n bate wat na bewering die insolvente boedel toekom, op te vorder. Vanweë sy resterende belang in sy boedel - en gevolglik in die bate - kan die insolvent regstreeks teen die besit-ter optree. Die vernaamste beswaar teen bogenoemde oplos-sing is dan ook dat dit juis voorveronderstel dat die insolvent wel 'n belang daarby kan hê dat ingevolge art 407 (1) opgetree word.
Ek is derhalwe van mening dat die appellant wel die nodige locus standi sou gehad het indien handhawing van sy beswaar sou meebring dat 'n surplus tot voordeel van
/sy ...
28.
sy insolvente boedel beskikbaar is. Die appellant se advokaat het toegegee dat dit uit 'n beswaar moet blyk dat die beswaarmaker wel'n belanghebbende is, en het aanvank-lik ook toegegee dat dit nie uit die appellant se beswaar blyk dat, indien gehandhaaf, dit 'n surplus tot gevolg sal hê nie. Later het hy laasgenoemde toegewing teruggetrek, maar hy kon nie aantoon dat handhawing van die appellant se beswaar, gelees met die likwidasierekening, tot so 'n surplus sal lei nie. Ek vind dit onnodig om die beswaar en die rekening in besonderhede te ontleed. Nie net blyk dit nie uit die beswaar dat 'n surplus kan ontstaan nie, maar op sy beste vir die appellant sal daar nog steeds 'n tekort wees al sou die beswaar gegrond wees. Gevolglik het die appellant nie 'n belang binne die raam-werk van art 407 (1) gehad nie, en het die Meester, weliswaar om 'n verkeerde rede, tot die regte beslissing gekom.
/Die ...
Die appel word met koste afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
CORBETT AR STEM SAAM