South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 105
| Noteup
| LawCite
S v Mokgethi and Others (16/1989) [1989] ZASCA 105; [1990] 1 All SA 320 (A) (18 September 1989)
Download original files |
LL Saak No 16/1989
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRÏKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
ISMAIL MOKGETHI Eerste Appellant
GODFREY NENE Tweede
Appellant
STPRO MODIS Derde Apellant
MOSES MODIBANE Vierde Appellant
JULIAN THOKE Vyfde Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, VIVIER, STEYN, KUMLEBEN
ARR et FRIEDMAN Wn AR
VERHOORDATUM: 22 AUGUSTUS 1989
LEWERINGSDATUM: 18 SEPTEMBER 1989
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR:
2.
Op 19 November 1986 het die vyf appellante in 'n gesteelde voertuig na die
middedorp van Rustenburg gereis. Al vyf was gewapen en
hul oogmerk was om die
tak van Eerste Nasionale Bank (destyds Barclays Bank) in Pleinstraat te beroof.
Die vyfde appellant was die
bestuurder van die voertuig (die Toyota) en het dit
naby die bankgebou (die bank) geparkeer. Hy het in die Toyota sit en wag terwyl
die ander vier appellante die bank binnegegaan het.
Omstreeks 9 vm het een
van die tellers, William Moloto (die oorledene), die hoofdeur van die bank
oopgemaak. 'n Aantal persone het
toe binnegekom. 'n Ander teller, ene Ndluvu,
het in sy hokkie gestaan, gereed om klante van diens te wees. bie
personeelgedeelte
van die bank was deur 'n toonbank geskei van die area wat deur
klante benut is. Toegang tot bedoelde gedeelte is verkry deur 'n deur
in die
toonbank. Ndluvu kon die deur ontsluit deur 'n knop in sy hokkie te druk. Terwyl
hy besig was om geld van
3. die voorste klant in ontvangs te neem, het die
oorledene by die deur in die toonbank opgedaag. Ndlovu het die deur ontsluit.
Toe
die oorledene egter daaraan vat om dit oop te trek, het 'n Swart man, wat
tweede in die ry voor Ndluvu gestaan het, eersgenoemde
weggestamp. Daarna het
die man self tot in die deuropening beweeg. Dit was een van die eerste vier
appellante (X) maar sy identiteit
is nie verder bepaalbaar nie. X het vanuit die
opening 'n skoot afgevuur wat die glasvenster van Ndluvu se hokkie getref het.
Hy
en nog een van die eerste vier appellante het later tot agter die toonbank
beweeg alwaar hulle meer as R5 000 buitgemaak het en ook
vir Ndluvu van 'n
rewolwer beroof het.
Ene Kgomo het net agter X in die ry voor Ndluvu se
hokkie gestaan. Toe X die venster raakskiet, sien Kgomo die oorledene na die
hoofdeur
van die bank hardloop. X skiet weer en die oorledene val.
'n Ander klant, Harmy Mokwalasi, probeer agter
4. Kgomo skuil. X rig sy
vuurwapen op hulle en Kgomo val plat. Eersgenoemde vuur 'n derde skoot. Dit tref
Mokwalasi.
Nadat die geld en die rewolwer buitgemaak is, ontvlug die rowers
in the Toyota. Nie lank daarna nie is die voertuig deur adjudant-offisier
Prinsloo-Pollock voorgekeer. Die resultaat was dat een of meer van die
appellante skote op Prinsloo-Pollock gevuur het. Hy is deur
een van die skote in
sy been getref en het teruggevuur, maar sy dienspistool het onklaar geraak. Een
van die appellante stap toe
na die gewonde Prinsloo-Pollock en eis sy
dienspistool. Hy gee gehoor waarna die persoon 'n pistool teen sy kop druk en
twee keer
die sneller trek. Gelukkig verseg die pistool om te vuur. Daarna
verwyder van die appellante
'n Rl-geweer en ammunisie uit sy voertuig.
Beide die oorledene en Mokwalasi het gedurende 1987 beswyk. Dit, en die
gebeure hierbo
5. geskets, het meegebring dat die appellante in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling op 'n reeks aanklagte tereg gestaan het. Hulle
is naamlik aangekla van moord op die oorledene en Mokwalasi (aanklagte 3 en 5);
diefstal van die Toyota (aanklag 1); roof van die
voornoemde bedrag en rewolwer
in die bank (aanklag 2); poging tot moord op Ndluvu (aanklag 4); poging tot
moord op Prinsloo-Pollock
(aanklag 6); diefstal van vuurwapens en ammunisie uit
die besit van Prinsloo-Pollock (aanklag 7), wederregtelike besit van 'n aantal
vuurwapens (aanklag 8), en wederregtelike besit van ammunisie (aanklag 9). Hulle
is ook aangekla van 'n
verdere beweerde misdaad wat egter nie direk met
bogenoemde gebeure verband gehou het nie, nl ontsnapping uit bewaring (aanklag
10).
Al die appellante is skuldig bevind op aanklagte 2, 3, 4 en 6. Op aanklag 7 is slegs die eerste appellant skuldig bevind en ook net aan diefstal van die pistool. Betreffende aanklagte 8 en 9, is
6.
elke appellant aanspreeklik bevind ten opsigte van die wederregtelike besit
van een of meer vuurwapens en 'n hoeveelheid ammunisie.
Slegs die vierde
appellant is op aanklag 10 skuldig bevind.
Op aanklag 5 is al die appellante
skuldig bevind aan poging tot moord. Die verhoorhof kon naamlik nie buite
redelike twyfel konkludeer
dat Mokwalasi se dood in 1987 te wyte was aan die
skietwond wat hy in die bank opgedoen het nie.
Wat aanklag 3 betref, het die
skuldig-bevinding aan moord daarop berus dat al vyf appellante die moontlikheid
voorsien het dat iemand
tydens die rooftog noodlottig verwond kon word en
onverskillig teenoor die intrede van hierdie gevolg gestaan het, asook dat die
oorledene se dood kousaal na sy skietwond teruggevoer kon word. By gebreke aan
'n bevinding dat versagtende omstandighede bestaan
het, is al die appellante
gevolglik ter dood veroordeel.
Op die oorblywende aanklagte is elk van die
7. appellante ten opsigte van elke klag waarop hy skuldig bevind is tot
tronkstraf gevonnis. Sekere gedeeltes van die onderskeie vonnisse
is samelopend
gemaak. Dit is slegs nodig om te meld dat die appellante effektief en kumulatief
soos volg gevonnis is: eerste appellant
54 jaar; tweede appellant 48 ½
jaar; derde appellant 48 ½ jaar; vierde appellant 56 ½ Jaaf en vyfde
appellant 55 ½
jaar.
'n Aansoek om verlof om teen hul vonnisse en
sommige van hul skuldigbevindings te appelleer is deur die verhoorregter
afgewys. 'n
Soortgelyke aansoek na hierdie hof was egter gedeeltelik suksesvol.
Die appellante het naamlik verlof verkry om te appelleer teen
hul
skuldigbevindings aan moord op die oorledene asook teen meeste van hul vonnisse,
insluitende die doodvonnisse. Aangaande die
skuldigbevindings is verlof egter
verleen slegs ten opsigte van die vraag "of die verlangde oorsaaklikheidsverband
tussen die skietwond
deur die oorledene op 19 November 1986
8. opgedoen, en
sy dood op 7 Junie 1987, bewys is."
Dit is dus nodig om uit te wei oor die
aard van die oorledene se skietwond en die oorsaak, of oorsake, van sy
uiteindelike dood. Die
koeël het hom hoog tussen sy skouerblaie getref en
het senuweebeskadiging meegebring. Dit het tot gevolg gehad dat hy geen vorm
van
sensasie onder die vlak van sy tepellyn ondervind het nie. Bowendien kon hy geen
spierbeheer onder die vlak van sy laaste rib
uitoefen nie. By sy opname in die
hospitaal kort na die rooftog het sy blaas en rektum dus nie gefunksioneer nie.
Kortom, hy was
'n parapleeg.
Niks kon gedoen word om die senubeskadiging te
herstel nie, en behandeling in die hospitaal was dus hoofsaaklik gerig op
verbetering
van die oorledene se asemhaling. So bv is deur longterapie slym uit
sy longe verwyder. . Voorts is 'n inblywende kateter in sy blaas
geplaas.
Aanvanklik is die oorledene in 'n bed verpleeg
9. totdat sy longprobleme opgelos was'en sy bloedvaat-stelsel gestabiliseer
het. Hy was onder behandeling van 'n ortopediese chirurg,
dr Louw, wat by die
verhoor getuig het. Volgens dr Louw het die oorledene se al-gemene toestand teen
die einde van November 1986
soda-nig verbeter dat op 1 Desember 'n aanvang met
'n soge-naamde spinale rehabilitasieprogram gemaak kon word. Hy is van vooraf
geleer om te urineer en 'n stoelgang te passeer, terwyl hy ook in
rolstoelvaardigheid onderrig is. Aangesien voorkoming van druksere
in die geval
van 'n parapleeg baie belangrik is, is die oorledene veral geleer hoe om hom
self te draai en van tyd tot tyd vanaf
die sitvlak van 'n rolstoel op te lig ten
einde die druk op drukpunte te versprei. Dit was ook nodig om na die oorledene
se psige
om te sien omdat hy in 'n depressiewe toestand was - 'n toestand waarin
feit-lik alle paraplege aanvanklik verkeer. In die geval
van die oorledene was
die depressiewe fase egter besonder erg en langdurig en 'n ommekeer het eers
begin
10. Pebruarie 1987 plaasgevind. Daarna het die rehabili-tasie sneller
gevorder totdat die oorledene op 19 Februarie in 'n rolstoel
uit die hospitaal
ontslaan is.
Na sy ontslag het die oorledene weer by Eerste Nasionale Bank
begin werk - in welke hoedanig-heid en tot presies wanneer, blyk nie.
Op 20
Maart 1987 is hy as buite-pasient ondersoek. Hy het toe gepresenteer as 'n goed
gerehabiliteerde parapleeg en het gerapporteer
dat hy tuis en by sy werk goed
aange-pas het. Op 31 Maart, d w s elf dae later, is die ap-pellant egter weer in
die hospitaal opgeneem.
Op daar-die stadium het hy erge druksere en septisemie
gehad. Dr Louw verduidelik dat indien 'n normale persoon te lank in een posisie
sit, pyn of ongemak hom van posisie laat verander. 'n Parapleeg soos die
oorledene ondervind egter geen waarskuwingstekens in die
onderste gedeelte van
sy liggaam nie en indien hy te lank in een posisie bly sit, word druksere
veroorsaak. Die rede is dat bloedvoorsiening
na 'n drukpunt sodanig verminder
dat
11.
dooie weefsel gevorm word. Dit kan dan lig gebeur dat infeksie intree en
septisemie ontwikkel. Organismes kan naamlik by die drukseer
of -sere die
bloedstroom binnedring. Sodra die sirkulerende organismes begin afbreek, tree
septisemie in. Die sirkulerende organismes
en toksiene kan omtrent al die
persoon se organe aantas en die septisemie kan so erg word dat medies niks meer
vir die persoon gedoen
kan word nie.
Dr Louw getuig ook dat die appellant by
heropname in die hospitaal baie depressief was. Hy is uitgevra na die oorsaak
van die druksere
maar "kon ons nie presies antwoord nie". Hy het wel gesê
dat hy sy bes gedoen het. Die oorledene en sy familie is voor sy ontslag
behoorlik ingelig oor die gevare verbonde aan die ontwikkeling van druksere. So
bv het die oorledene geweet dat druksere tot komplikasies
kon lei en selfs 'n
noodlottige gevolg kon hê. Die getuie was van mening dat die oorledene
reeds voor sy heropname weer in
'n depressiewe toestand verval het en dat
dit
12.
die rede was waarom hy nie behoorlike selfsorg toegepas het nie. (Hy sê
dat 'n drukseer binne enkele ure kan ontstaan as 'n
persoon op 'n harde
oppervlakte sit sonder om van posisie te verander.) Die oorsaak van die her-nude
depressie, aldus die getuie,
was die omstandighede waaronder die oorledene tuis
oor die weg moes kom; so bv dat hy nie by sy huis kon kom sonder om met die
rolstoel
deur sand te ry nie, en dat sy huis nie 'n
binne-toilet gehad het
nie.
Na heropname is die appellant intensief behandel. Ten spyte daarvan het hy
agteruit gegaan en het die septisemie mettertyd feitlik
al sy organe aangetas.
As gevolg vah die oorweldigende septisemie -wat terug te voer was na die
druksere - is hy op 7 Junie 1987
oorlede.
Dié enigste getuie wat
persoonlike kennis gehad het van die omstandighede waarin die oorledene hom na
sy ontslag uit die hospitaal
bevind het, was die oorledene se moeder. Sy
sê dat die oorledene na sy
13. ontslag in 'n tweekamerwoning buite
Rustenburg gewoon het. Die huis het nie 'n binne-toilet gehad nie en buite was
die oppervlakte
sand. Die oorledene het derhalwe nooit van die kommunale
buite-toilet gebruik gemaak nie, maar wel van 'n kamerpot. Die getuie het
daagliks by die oorledene gekom en sy en die oorledene se vrou het hom gereeld
omgedraai en verskuif sodat hy nie sere moes kry nie.
Gevra of die oorledene
homself ook beweeg het, antwoord die getuie: "Hy het probeer".
Volgens die
oorledene se moeder het hy na sy ontslag uit die hospitaal nie "lank" by Eerste
Nasionale Bank gewerk nie. Die rede, aldus
die getuie, was dat hy oor pyn gekla
het wanneer hy terug van die werk by die huis kom en dat hy algaande al hoe
swakker geword het.
Toe sy moeder besef het dat die oorledene "ernstiger" word,
hetsy hom na die hospitaal laat neem.
Blykbaar is die vraag of daar 'n
kousale verband, of 'n voldoende sodanige verband, bestaan het
14.
tussen die skietwond wat die oorledene opgedoen het en sy dood meer as 6
maande later, nie by die verhoor pertinent in geskil gestel
nie. Nadat dr Louw
se ge-tuienis behandel is, het die verhoorhof gevolglik kort-weg bevind dat die
oorledene se dood veroorsaak is
deur die beserings wat hy opgedoen het toe hy
tydens die rooftog in die rug geskiet is. Wat die aanspreeklik-heid van die
appellante
betref, is voorts bevind dat dit ontersaaklik was of hulle "die
presiese mediese verloop van die pasiënt se toestand voorsien
het."
Ter
aanvegting van die skuldigbevindings op die moordklag het die appellante se
advokate betoog dat hoewel die skietwond wat die oorledene
opgedoen het 'n
oorsaak van sy dood was, dit nie regtens daardie gevolg veroorsaak het nie.
Alvorens hierdie betoog van nader beskou
word, moet eers vasgestel word waaraan
die oorledene beswyk het en wat die onmiddellike oorsaak of oorsake daarvan
was.
Na sy heropname is die oorledene deur h
15. aantal geneeshere, onder leiding van dr Louw, besoek en behandel.
Alhoewel dit nie duidelik is dat dr Louw altyd uit eersterangse
kennis getuig
het nie, val die volgende nie te betwyfel nie: die oorledene het gesterf weens
oorweldigende septisemie wat terug te
voer was na infeksie wat in druksere
ontstaan het. Hierdie slotsom is dan ook deur die appellante se advokate
aanvaar. Wat het egter
meegebring dat die druksere gevorm het?
Dit is nooit
uitgespel wat die lokaliteit van die druksere was nie. Ten koste van herhaling
moet egter op die volgende gewys word.
Gevra om 'n omskrywing van die
oorlêdene se druksere te gee, het dr Louw gesê dat indien 'n normale
persoon te lank in
een posisie sit, pyn of ongemak op 'n drukpunt hom tot
verskuiwing dwing. By kontras ondervind 'n parapleeg geen waarskuwingstekens
nie. Hy het ook
gesê dat die oorledene veronderstel was om self sy
drukpunte te kon "versorg", en die mening uitgespreek dat hy dit nie
16.
gedoen het nie omdat hy voor heropname in 'n toestand van depressie verval
het.
Daar was in die getuienis nooit sprake van bedsere in teenstelling tot
druksere nie. Selfs al sou eersgenoemde soort sere kon gevorm
het indien bv
iemand nie gesorg het dat die oorledene wanneer hy slaap van tyd tot tyd gedraai
word nie, is die enigste redelike
afleiding uit dr Louw se getuienis dat die
oorledene die druksere kon verhoed het deur self van posisie te verander.
Indien nou voorts gelet word op die getuie se verwysing na die gebrek aan
sensasie wat
'n parapleeg ondervind indien hy te lank in een posisie
sit, moet myns insiens aanvaar word dat die oorledene se druksere op sy
sitvlak gevorm het omdat hy versuim het om hom in sy rolstoel
genoegsaam te
verskuif.
Dr Louw se mening dat depressie die druksere voorafgegaan het, word
egter nie buite redelike twyfel deur die getuienis onderskraag
nie. Dit blyk
eerstens nie of die getuie die oorledene gesien het onmiddellik
17. na sy
heropname of moontlik eers 'n paar dae later nie. Maar selfs al was eersgenoemde
die geval, kon hy slegs waargeneem het
dat die oorledene op daardie stadium in
'n depressiewe toestand verkeer het. Al wat 'n mens dan weet, is dat die
depressie en druksere tussen 20 en 31 Maart 1987 ontstaan
het. Dr Louw se
voornoemde mening berus slegs op die "erkende feit" dat wanneer 'n
parapleeg
depressief raak hy sy selfsorg verwaarloos.
'n Persoon in so 'n toestand
tree nie nalatig op nie, sê die getuie, want die noodsaaklikheid van
selfsorg dring nie meer tot
hom deur nie.
Dat die hernude depressie die
druksere voorafgegaan het, is sekerlik moontlik en selfs waarskynlik. Die
redelike moontlikheid dat
die oorledene se sere terug te voer is na blote
onagsaamheid van hom terwyl sy geestestoestand nog normaal was, kan egter nie
uitgesluit
word nie. Die depressiewe toestand kon dan ingetree het toe sy gestel
vanweë die infeksie aangetas is of toe hy besef het
18.
dat hy weer in die hospitaal opgeneem sou moes word; in beide gevalle dus
voor heropname.
Weliswaar getuig die ooriedene se moedêr dat sy en sy
vrou hom kort-kort omgedraai het sodat hy nie moes bedsere kry nie en
dat hy hom
ook "probeer" beweeg het, maar hierdie getuienis slaan klaarblyklik op tye
wanneer die oorledene tuis op sy bed gelê
het. Die getuie kon
vanselfsprekend nie sê welke selfsorg die oorledene toegepas het terwyl hy
nog in 'n sittende posisie in
sy rolstoel gewerk het nie. Ten gunste van die
appellante moet dus aanvaar word dat die druksere gevorm het weens die oorledene
se
nalatige versuim om ooreenkomstig mediese instruksies gereeld van sitposisie
in sy rolstoel te verander.
Ek kom dan by die vraag of, in die lig van al die
gebeure, die skietwond regtens die oorsaak van die dood van die oorledene was.
Dat
dit wel 'n conditio sine qua non was, val nie te betwyfel nie.
Hierdie hof het egter reeds bevind dat feitlike veroorsaking
19.
nie altyd voldoende is om die handeling die
dader as
regsoorsaak van die gevolg toe te reken nie. In
Minister of
Police v Skosana 1977 (1) SA 31 (A) 34,
waarin deliktuele
aanspreeklikheid ter sprake was, het
Corbett AR die volgende gesê:
"Causation in the law of delict gives rise to two rather distinct problems. The first is a factual one and relates to the question as to whether the negligent act or omission in question caused or materially contributed to .. the harm giving rise to the claim. If it did not, then no legal liability can arise and cadit quaestio. If it did, then the second problem becomes relevant, viz. whether the negligent act or omission is linked to the harm sufficiently closely or directly for legal liability to ensue or whether, as it is said, the harm is too remote. This is basically a juridical problem, in which considerations of legal policy may play a part."
In S v Daniëls en 'n Ander 1983 (3) SA 275 (A)
331, 'n strafappèl, het Jansen AR hom
soos voig
uitgelaat:
"Daar kan weinig twyfel bestaan dat in ons regspraak die bepaling van 'feitelike' oorsaaklike verband op die grondslag van die conditio sine qua non geskied ... Sonder
20.
sodanige verband tussen die dader se handeling en die beweerde, gewraakte gevolg is daar in die algemeen geen aanspreeklikheid nie. Aan die ander kant is dit ook duidelik dat 'n dader nie aanspreeklik gestel behoort te word vir alle gevolge waarvan sy handeling 'n conditio sine qua non is nie - sy aanspreeklikheid sou dan te wyd strek en die grense van redelikheid, billikheid en regverdigheid oorskry. Beleidsoorwegings verg dat iewers 'n grens gestel moet word."
Alhoewel sommige skrywers van mening is dat, wat oorsaaklikheid betref, die conditio sine qua non toets voldoende is, en dat aanspreeklikheid afdoende beperk word deur die addisionele vereistes van skuld en wederregtelikheid, gee hulle gewoonlik aan laasgenoemde begrippe 'n ander betekenis of trefwydte as wat diè normaalweg dra. Meeste skrywers gaan egter akkoord dat naas die genoemde toets 'n verdere afgrensingsmaatstaf nodig is om juridiese kousaliteit te bepaal.
In die regspraak en die literatuur - hier te lande em in die buiteland - is
daar dan ook voorstanders van 'n reeks kriteria vir die
bepaling van
21.
juridiese kousaliteit; so bv die afwesigheid van 'n novus actus
interviens, "proximate cause", "direct cause", voorsienbaarheid en adekwate
veroorsaking. Sien o a Snyman, Strafreq, 2de uitg, pp 64-69; De Wet en
Swanepoel, Strafreg, 4de uitg, pp 63-64; Hunt, South African Criminal
Law and Procedure, band 2, pp 344-345; Van Oosten, 1983 De Jure 36 e
v; Gordon, Criminal law, 2de uitg, pp 108-112; Hazewinkel-Suringa,
Inleiding tot de Studie van het Nederlandse Strafrecht, 8ste uitg, pp
125-130; Neethling, Potgieter en Visser, Deliktereg, pp 156-172; en Van
der Walt, Delict: Principles and Cases, pp 98-102. Die voorstanders van
dié verskillende kriteria het dit in gemeen: 'n handeling wat 'n
conditio sine qua non van 'n gevolg is, kan te ver verwyderd van die
gevolg wees om regtens as oorsaak daarvan beskou te word. Hulle meen egter dat
'n maatstaf
waarvolgens 'n
genoegsame noue verband tussen die dader se handeling en die gevolg vereis word, te vaag is. Vandaar die
22.
soeke na meer eksakte kriteria.
Dit spreek vanself dat 'n elastiese maatstaf
sy nadele het. Dit het egter ook sy voordele. So bv
sê Gordon, op cit, p 109:
"Remoteness is at once the most difficult and the most useful of the causal criteria, because it is the vaguest."
Ek betwyfel dan ook of 'n regstelsel sonder 'n
oorheersende elastiese maatstaf vir die bepaling
van
juridiese oorsaaklikheid kan klaarkom. Soos blyk uit
die passasies wat
hierbo uit Skosana en Daniëls
aangehaal is, kom
beleidsoorwegings ter sprake en moet
daarteen gewaak word dat 'n dader se
aanspreeklikheid
nie die grense van redelikheid, billikheid
en
regverdigheid oorskry nie. Sodanige oorwegings en
begrippe is moeilik
vatbaar vir nadere omskrywing.
Dit is daarom, meen ek, dat in Blaikie and
Others v
The British Transport Commission 1961 SC 44 op 49,
gesê
is:
"The law has always had to come to some
23.
kind of compromise with the doctrine of causation. The problem is a practical rather than an intellectual one. It is easy and usual to bedevil it with subleties, but the attitude of the law is that expediency and good sense dictate that for practical purposes a line has to be drawn somewhere, and that, in drawing it, the court is to be guided by the practical experience of the reasonable man rather than by the theoretical speculations of the philosopher."
Daar is nog 'n verdere rede waarom nie een van
die (oënskynlik) meer konkrete kriteria in alle gevalle
bevredigend
toegepas kan word nie. Oorwegings wat ter
sprake kom by die bepaling van juridiese oorsaaklikheid
as een van die
vereistes van regsaanspreeklikheid, mag
naamlik van een regsgebied tot 'n
ander verskil. Soos
Gordon, op cit, p 104, dit stel:
"The 'legal cause' is only the legally
significant factual cause, and even the legal cause may vary from one branch of the law to another. A may be regarded as having caused a particular injury for the purposes of determining that he is liable to pay damages in delict to the injured person, but it does not follow that he would be regarded as having caused the injury for the purpose of determining whether he is liable to criminal punishment in respect of the occurrence."
24.
(Sien ook Glanville Williams, (1961) Cambridge Law Journal p
63.)
Wat die onderskeie kriteria betref, kom dit my ook nie voor dat hulle
veel meer eksak is as 'n
maatstaf (die soepele maatstaf) waarvolgens aan die
hand van beleidsoorwegings beoordeel word of 'n genoegsame noue verband tussen
handeling en gevolg bestaan nie. Daarmee gee ek nie te kenne nie dat een of
selfs meer van die kriteria nie by die toepassing van
die soepele maatstaf op 'n
bepaalde soort feitekompleks subsidiêr nuttig aangewend kan word nie; maar
slegs dat geen van die
kriteria by alle soorte feitekomplekse, en vir die
doeleindes van die koppeling van enige vorm van regsaanspreeklikheid, as 'n meer
konkrete afgrensingsmaatstaf gebruik kan word nie.
In die onderhawige geval
moet bepaal word of die toediening van die skietwond as regsoorsaak van die
oorledene se dood beskou moet
word vir doeleindes van
25.
toerekening van strafregtelike aanspreeklikheid. 'n Mens het egter met 'n bepaalde soort geval te doen, nl een waarin die slagoffer se nalate die onmiddellike oorsaak van sy dood was. Die kwessie is nou of so 'n nalate kan meebring dat vir bogenoemde doeleindes 'n te ver verwyderde verband tussen die dader se handeling en die slagoffer se dood bestaan. Indien nie, vanselfsprekend cadit quaestio. Met die oog op die feite van hierdie appèl kan die vraag soos volg verfyn word: Is die dader se handeling ("die verwonding"), wat 'n feitlike oorsaak van die dood van die slagoffer is, ook die regsoorsaak daarvan indien (i) die slagoffer versuim het om mediese bystand te verkry, behandeling te ondergaan of instruksies na te kom en (ii) daardie versuim die onmiddellike oorsaak van sy dood was? (Ten einde herhaling te vermy, verwys ek voortaan na 'n versuim wat aan (i) en (ii) voldoen kortweg as 'n versuim van die slagoffer. Om dieselfde rede gebruik ek soms 'n frase soos "verbreking van die
26.
kousale ketting" ter aanduiding van 'n situasie waarin 'n
tussengebeurtenis meebring dat 'n conditio sine qua non nie as
regsoorsaak van die gevolg geld nie.)
Bogenoemde vraag het nog nie dikwels in
ons regspraak opgeduik nie. In Rooi v R 1952 (2) PH H119 (T), het 'n
toordokter 'n vertraagde meisie nalatiglik 'n
aantal brandwonde toegedien.
'n Geneesheer het die meisie se moeder aangeraai om haar na 'n hospitaal te
neem, maar sy het geweier
om dié advies te volg. Daarna het die meisie
vanweë die wonde beswyk. Die toordokter het later op 'n aanklag van
strafbare
manslag téreg gestaan. Namens hom is by sy verhoor betoog dat
hy nie aanspreeklik was nie in die lig van mediese getuienis
dat, indien die
moeder bogenoemde advies gevolg het, daar 'n redelike moontlikheid was dat die
meisie sou herstel het.
Hierdie betoog is deur die hof verwerp en die toordokter is skuldig bevind aan strafbare manslag. Die grondslag van die beslissing was kortweg dat die
27.
toediening van die brandwonde 'n oorsaak van die meisie se dood was
(conditio sine qua non), en dat geen gesag aangehaal is vir die stelling
dat die moeder se nalate die toordokter van aanspreeklikheid vir daardie
doodsveroorsaking
onthef het nie. In Rooi was natuurlik nie 'n versuim
van die slagoffer ter sprake nie, maar wel 'n nalate van die moeder van die
vertraagde meisie. Dit kom
egter nie voor dat die uitspraak anders sou gewees
het nie indien die meisie nie vertraag was nie en self geweier het om die
geneesheer
se advies te volg.
In R v Loubser 1953 (2) PH H190 (W), het
die beskuldigde 'n Swart man, Pieter, met 'n kierie aangerand. Dit het o a 'n
oop wond op Pieter se kop
veroorsaak. Laasgenoemde se werkgeefster het hom
aangeraai om die wond in 'n hospitaal te laat versorg maar hy het versuim om
sulks
te doen. Die wond het septies geword en klem-in-die-kaak het gevolg.
Laasgenoemde toestand was die onmiddellike oorsaak van
28.
Pieter se dood nege dae na die aanranding.
Rumpff R het beslis dat die
beskuldigde wel skuldig aan strafbare manslag was. Hy het aanvaar dat 'n
beskuldigde nie aanspreeklik
gehou kan word nie "vir iedere voorwaarde wat
aanleiding gee tot die ingetrede gevolg", en dat daar êrens 'n beperking
gelê
moet word. Hoewel hy dit nie as moontlik beskou het nie om 'n
omskrywing vas te lê wat vir alle gevalle geldig is, het hy tog
die mening
uitgespreek dat "h bepaalde handeling in die reg alleen dan 'n oorsaak van 'n
gevolg is wanneer, volgens menslike ondervinding,
die moontlikheid in aanmerking
geneem moet word dat uit die handeling die gevolg soú kon ontwikkel."
Die beknopte Prentice Hall-verslag maak dit
nie
heeltemal duidelik hoe Rumpff R hierdie kriterium
op die feite toegepas het
nie. Die opsomming van sy
beslissing lui soos volg:
"Die advies wat Pieter se werkgeefster aan hom gegee het was nie bevoegde mediese advies nie, en die mediese getuienis het
29.
aangedui dat die tetanus-kiem in enige wond kon kom, veral in 'n wond wat diep is en wat in 'n vuil toestand gelaat word. Dit is dus iets wat volgens menslike ondervinding kan ontstaan na die toebrenging van 'n wond sonder dat daar nalatigheid bykom of hoef by te kom, wat die oorsaak sou wees van die introduksie van die tetanus-kiem."
Dit kom my voor
dat volgens die bevinding van Rumpff R Pieter nie nalatiglik versuim het om die
wond in die hospitaal te laat versorg
nie, en dat die introduksie van die
tetanuskiem ook nie andersins aan sy nalatigheid toegeskryf kon word nie. Hoe
dit ook al sy,
die beslissing bied nie steun vir die standpunt dat 'n versuim
van die slagoffer uit 'n kousale oogpunt altyd irrelevant is nie.
In S v
Taylor 1967 (2) PH H301 (SWA), is die beskuldigde skuldig bevind aan moord.
Hy het die oorledene 'n borswond toegedien wat bloeding in die
borskas
veroorsaak het. Laasgenoemde was vir twee of drie dae in die hospitaal waarna
hy, in stryd met mediese advies, op eie versoek
ontslaan is. 'n Paar dae
30.
later is hy weer in die hospitaal opgeneem en kort
daarna het hy beswyk.
Die mediese oorsaak van sy dood
was massiewe bloeding in sy borsholte. Dit
was
afkomstig van 'n bloedklont wat aan die binnekant van
die borswond
gevorm het. 'n Medikus het getuig dat
hoewel die oorledene in die hospitaal
minder
blootgestel sou gewees het aan stampe of stote wat die
bloedklont
kon "verskuif" het, sy kanse op herstel
binne of buite die hospitaal ewe goed
was, en dat
hernude bloeding baie keer spontaan plaasvind.
Die kriptiese opsomming van Muller R se
beslissing lui soos volg:
"Die wond wat die oorledene opgedoen het was die oorsaak van die dood. Die bloeding wat die dood veroorsaak het, het gekom van die wond voordat die bloedklont, wat gevorm het, behoorlik genees het. Daar is geen bewys van enige nuwe oorsaak nie."
Soos ek hierdie opsomming begryp, het Muller
R bevind dat daar nie 'n voldoende aanduiding was dat
die oorledene se
versuim om ooreenkomstig geneeskundige
31 . advies in die hospitaal te bly
die hernude bloeding veroorsaak het nie. Weer eens bied die beslissing dus nie
steun vir die hierbo
genoemde standpunt nie.
'n Mate van sodanige steun kan
egter wel geput word uit die beslissing van Beadle R in R v Mubila 1956
(1) SA 31 (SR). Die beskuldigde het die oorledene 'n meswond toegedien. Dit het
sy long binnegedring. Nadat hy in 'n hospitaal opgeneem is,
het 'n verpleegster
hom aangesê om stil in sy bed te bly lê. Die oorledene het egter
hierdie instruksie verontagsaam.
Hernude bloeding het plaasgevind en die
oorledene het as gevolg daarvan gesterf. 'n Geneesheer, wie se getuienis deur
die hof aanvaar
is, het getuig dat dié bloeding op sy beurt waarskynlik
die gevolg was van die oorledene se versuim om in sy bed te bly. (Hy
het
inteendeel opgestaan en rondgeloop.) Die geneesheer was egter. ook van mening
dat al sou die oorledene nie die instruksie verontagsaam
het nie, sy kanse op
oorlewing minder as 50 persent was.
32.
Die beskuldigde se advokaat het betoog dat
die werklike oorsaak van die oorledene se dood nie die
steekwond was nie,
maar wel sy onredelike versuim om
stil te bly lê. Die regter het egter
dié betoog
verwerp en die beskuldigde aan strafbare manslag
skuldig
bevind. Met 'n beroep op Gardiner and Lansdown,
South African Criminal Law
and Procedure, 5de uitg,
band 2, p 1410, het Beadle R gesê (op p
33) "there is
no obligation on an injured complainant to obtain
medical
assistance and thus attempt to alleviate the
gravity of the wound inflicted
upon him". Daarna het
hy soos volg voortgegaan:
"Similarly it seems to me that there can be no obligation upon him to follow rigidly all the advice given by his medical advisers if he doe.s seek that assistance, and provided that in disregarding that advice he does not introduce some new danger which would not have existed had advice never been taken at all, his failure to follow that advice cannot be a factor which can avail the accused in any argument that the original injury was not the cause of death."
Vanselfsprekend het daar nie 'n regsplig op
33. die oorledene gerus om die genoemde instruksie na te kom nie, maar dit is nie vir my duidelik waarom die afwesigheid van sodanige plig in sigself in die weg sou staan van 'n konklusie dat, weens die oorledene se versuim, die steekwond nie regtens sy dood veroorsaak het nie. Dit kom my egter voor dat die regter in 'n latere gedeelte van sy uitspraak die trefwydte van die aangehaalde passasie gekwalifiseer het. Dit het gebeur nadat Van der Linde 2.5.4, waarop die beskuldigde se advokaat gesteun het, aangehaal is. Op die bewuste plek trek Van der Linde 'n onderskeid tussen wonde wat volstrek, en dié wat slegs toevalliglik, dodelik is. Eersgenoemde is wonde waaraan elke persoon, of 'n persoon met die gestel van die slagoffer, in die gewone loop van sake sal sterf. Tree die dood wel in, is die dader skuldig aan doodslag. Dit is egter anders indien die wond slegs toevalliglik dodelik is en die dood van die slagóffer te wyte is aan sy "moedwil of onvoorzichtigheid".
34.
Ten aansien van die toepaslikheid van Van der
Linde se standpunt, het Beadle R die volgende gesê (op
p 33):
"In this case, however, the wound was intrinsically dangerous and likely to cause death... The deceased's act was per se a normal and harmless one. In these circumstances I cannot see that the deceased's failure to follow medical advice and remain immobile can be regarded as a sufficient novus actus interveniens to break the chain of causation between the blow and the death."
Om uit 'n bed op te staan en rond te loop, mag
in die reël normale en onskadelike gedrag wees, maar in
die lig van
die erns van die oorledene se toestand en
die verpleegkundige instruksie wat
hy gekry het, kan sy
versuim om in die bed te bly nouliks as objektief
redelik beskou word. Hoe dit ook al sy, dit kom my
voor dat Beadle R nie
die moontlikheid uitgesluit het
dat 'n onredelike versuim van 'n slagoffer
vir doeleindes
van strafregtelike aanspreeklikheid die kousale ketting
tussen verwonding en dood kan verbreek nie.
35. Gardiner and
Lansdown, op cit, p 1410, waarop Beadle R voortgeborduur het, het hul
standpunt hoofsaaklik op R v Holland (1841) 2 Moo and R 361 , gefundeer.
Nou is dit so dat in die Engelse regspraak 'n versuim van die slagoffer nagenoeg
konsekwent as
irrelevant uit 'n kousale oogpunt beskou is, selfs indien die wond
nie in sigself lewensgevaarlik was nie. Sien bv Hart and Honore,
Causation in
the Law, 5de uitg, p 287. Sover ek kon nagaan, is die jongste tersaaklike
gewysde R v Blaue (1975) 3 All E R 446. 'n Agtienjarige meisie is vier
steekwonde deur die appellant toegedien. Sy is in 'n hospitaal opgeneem waar 'n
chirurg besluit het
dat 'n operasie op haar uitgevoer moes word. Omdat sy egter
heelwat bloed verloor het, was 'n bloedoortapping noodsaaklik alvorens
snykundig
ingegryp kon word. Daartoe was die meisie nie bereid nie. Sy was naamlik 'n
Jehovasgetuie en 'n bloedoortapping sou teen
haar godsdienstige opvattings
indruis. Sy het volhard in haar weiering selfs nadat
36.
sy meegedeel is dat by gebreke aan 'n operasie sy sou sterf. Sy het dan ook
inderdaad gesterf.
By die verhoor van die appellant was dit gemene saak dat
die wonde feitlik die meisie se dood veroorsaak het, maar ook dat indien
sy 'n
bloedoortapping ondergaan het sy nie sou gesterf het nie. Die appellant is
nietemin skuldig bevind aan strafbare manslag (die
rede waarom hy nie aan moord
skuldig bevind is nie, is nie ter sake nie). Op appèl is aangevoer dat
die verhoorregter die
jurie aangaande oorsaaklikheid verkeerd voorgelig het. In
besonder is betoog dat indien die meisie se weiering om 'n bloedoortapping
te
ondergaan onredelik was, die kousale ketting tussen die appellant se aanval op
die meisie en haar dood verbreek sou gewees het.
Hierdie betoog is deur die
Court of Appeal verwerp. Nadat Lawton LJ retories gevra het volgens welke
standaard die al of nie redelikheid
van godsdienstige oortuigings beoordeel moes
word, het hy soos volg voortgegaan (op p 450):
37.
"it has long been the policy of the law that those who use violence on other people must take their victims as they find them. This in our judgment means the whole man, not just the physical man. It does not lie in the mouth of the assailant to say that his victim's religious beliefs which inhibited him from accepting certain kinds of treatment were unreasonable. The question for decision is what caused her death. The answer is the stab wound. The fact that the victim refused to stop this end coming about did not break the causal connection between the act and death."
Met die eerste oogopslag skep hierdie
passasie die indruk dat 'n beskuldigde in 'n strafsaak
hom nooit daarop
kan beroep dat 'n versuim van die
slagoffer, selfs 'n onredelike een, die
kousale ketting
verbreek het nie. Dit mag egter wees dat Lawton LJ
slegs
te kenne wou gee dat 'n versuim, gegrond op
godsdienstige oortuiging, nie as
onredelik beskou kan
word nie. Hart and Honore, op cit, p 361,
sê dan ook:
"Despite R v Blaue ... there remains a case for the proposition that an unreasonable refusal of treatment may negative causal connection between the infliction of a wound and the death which the treatment would have prevented."
38.
Suid-Afrikaanse skrywers wat hul spesifiek wend tot die vraag onder bespreking, meen dat nalatige of onredelike versuim van die slagoffer kan meebring dat die dader nie strafregtelik vir daardie gevolg aanspreeklik gehou kan word nie. Snyman, op cit , p 77 , is van mening dat waar die wond nie van 'n ernstige aard is nie (d w s, nie in elk geval, met geneeskundige behandeling, die dood sou teweeggebring het nie), en die slagoffer hom op onredelike wyse teen geneeskundige behandeling of advies verset, daar geen oorsaaklike verband tussen die verwonding en die slagoffer se dood behoort te wees nie. As 'n voorbeeld van 'n onredelike verset noem die outeur 'n slagoffer se weiering, weens godsdienstige redes, om 'n bloedoortapping wat sonder twyfel sy lewe kan red, te ondergaan. Van Oosten, Oorsaaklikheid by Mediese Behandelinq as Tussenfaktor in die Suid-Afrikaanse Strafreg, E.M. Hamman - Gedenkbundel, pp 173 ev, huldig
39.
'n soortgelyke mening, hoewel dit vir hom gaan om die
vraag of die
slagoffer se gedrag verhoed dat daar h
wederregtelikheidsverband tussen die
verwonding eh die
dood is. Hy sê (op p 204):
"Waar die beserings wat die beskuldigde die slagoffer toegedien het, ernstig of gevaarlik is sonder dat dit noodwendig dodelik is, sal die bestaan al dan nie van 'n wederregtelikheidsverband daarvan afhang of die weiering van die slagoffer om mediese behandeling te ondergaan of sy verontagsaming van mediese advies objektief onredelik was al dan nie."
Hunt, op cit, pp 351-2, se standpunt kan soos
volg saamgevat word:
1) Indien die wond nie intrinsiek gevaarlik is nie, konstitueer 'n versuim van die slagoffer 'n novus actus mits, met inagneming van sy omgewing, die versuim beskou kan word as (grof?) nalatig of abnormaal en dit in sigself sy dood verhaas. 2) Dieselfde mag geld selfs indien die wond intrinsiek gevaarlik is, maar nie indien dit dodelik is nie.
40.
Hunt meen ook dat indien 'n opgevoede slag-offer weens godsdienstige redes
weier om 'n bloedoor-tapping te ondergaan, en so 'n oortapping
sy lewe sou red,
sy weiering as 'n novus actus ten opsigte van sy dood beskou moet
word.
Bostaande oorsig toon aan in welke verskei-denheid van gevalle 'n
versuim van 'n slagoffer tot sy dood kan bydra, en hoe menings verskil
oor die
vraag of so 'n versuim die kousale ketting tussen die verwonding en die
slagoffer se clood verbreek. Die rede vir die verskil
van mening lê voor
die hand. Soos reéds telkens aangedui, is die uiteindelike vraag of daar
'n genoegsame noue verband
tussen die dader se handeling en die gevolg bestaan.
Hierdie maatstaf is so elasties dat by sy toepassing op feitekomplekse, en
bepaaldelik
dié waarin 'n versuim van die slagoffer figureer, daar wel
ruimte vir ingeligte meningsverskille is. Voorts is dit nie duidelik
nie dat
wanneer juriste dit het oor 'n nalatige of
41. onredelike versuim, hulle
altyd dieselfde konsep in gedagte het. Moet die al of nie redelikheid van die
slagoffer se versuim gemeet
word aan 'n objektiewe standaard? Of is die toets
relatief in die sin dat gevra moet word of, gegee sy omstandighëde,
eienskappe,
oortuigings ensomeer, die slagoffer onredelik opgetree het?
Dit
is nie moeilik nie om te dink aan gevalle waarin die versuim van die slagoffer
so sterk op die voorgrond tree dat die verwonding
as te ver verwyderd beskou
moet word om as regsoorsaak van die dood te geld; anders gestel, gevalle waarin
beleidsoorwegings verg
dat strafregtelike aanspreeklikheid nie aan die
conditio sine qua non as feitlike oorsaak van die gevolg geknoop word
nie. Veronderstel byvoorbeeld dat A met moorddadige opset na B steek.
Laasgenoemde
koes en kry slegs 'n skrams snywond op sy arm. Infeksie tree egter
in en B gaan spreek 'n geneesheer. Laas-genoemde gee hom 'n inspuiting
en deel
hom mee dat die
42. besondere soort infeksie slegs deur twee inspuitings
beheer kan word. B word voorts gewaarsku dat hy binne
'n week 'n verdere
inspuiting moet kry, by gebreke waaraan die infeksie lewensgevaarlik kan word.
Desnieteenstaande verkies B, 'n
uiterste maar onrealistiese optimis, om met
vakansie te vertrek na 'n
afgeleë oord waar daar volgens sy wete geen
mediese fasiliteite beskikbaar is nie. Weens sy versuim om 'n
tweede
inspuiting binne die genoemde tydperk te laat toedien, ruk die infeksie
onomkeerbaar hande uit. Hy sterf, maar deskundiges
is dit eens dat indien hy die
geneeskundige instruksie gevolg het, sy lewe glad nie in gevaar sou verkeer het
nie.
In die gepostuleerde geval sou min, indien enige, juriste aanvaar dat A
nogtans skuldig aan moord is. Hy het wel vir B wederregtelik
verwond; hy het die
direkte opset gehad om B te dood, en dïe verwonding was 'n conditio sine
qua non van B se dood. Nietemin was B se versuim so onredelik en het dit so
'n onnodige
43.
lewensgevaarlike toestand geskep dat die verwonding regtens nie in 'n
genoegsaam noue samehang met B se dood staan nie.
Aan die ander kant van die
skaal val die geval waarin B 'n gevaarlike wond, maar nie noodwendig 'n
noodlottige een nie, toegedien word. 'n Redelike persoon in die plek van B
sou die erns van die wond besef en mediese bystand inroep.
Vanweë sy
primitiewe agtergrond en leefwyse dring dit egter nie tot B deur dat sy lewe
moontlik in gevaar kan wees nie. Komplikasies
tree in en B sterf. Dit blyk dan
dat indien B wel 'n geneesheer geraadpleeg het, wat vir hom prakties moontlik
was, hy nie sou gesterf
het nie. Nieteenstaande B se nalatigheid - volgens 'n
objektiewe standaard - sou meeste juriste waarskynlik nie huiwer om B se dood
oorsaaklik aan A se handeling toe te reken nie.
Tussen, en waarskynlik ook
aan weerskante van, bogenoemde gevalle kan 'n groot verskeidenheid
44.
situasies voorkom waarin 'n versuim van die slagoffer die onmiddellike of 'n medewerkende oorsaak van sy dood is. Ek betwyfel dan ook of 'n reël geformuleer kan word wat in alle denkbare gevalle beslissend is; d w s,
'n reël aan die hand waarvan altyd bepaal kan wprd of 'n
versuim van
die slagoffer die oorsaaklikheidsverband tussen die verwonding en die slagoffer
se dood vir doeleindes van strafregtelike
aanspreeklikheid ophef. Te veel
faktore kan 'n rol speel; soos byvoorbeeld die erns van die verwonding; die
omstandighede, ontwikkelingspeil,
oortuigings ens van die slagoffer; die mate
waartoe die versuim objektief onredelik is, en selfs die tydsverloop tussen die
verwonding
en die slagoffer se dood.
In die lig van bostaande oorsig en
voorbeelde meen ek nietemin dat die volgende kriterium nuttiglik in 'n aantal
situasies aangewend
kan word: In die reel is 'n dader se handeling wat 'n
conditio sine qua non van die slagoffer se dood is^ te ver verwyderd van
die
45. gevolg om tot strafregtelike aanspreeklikheid daarvoor te lei indien
i) 'n versuim van die slagoffer om mediese of soortgelyke
advies in te win,
behandeling te ondergaan of instruksies na te kom die onmiddellike oorsaak van
sy dood was; ii) die verwonding
nie in sigself lewensgevaarlik was nie of dit
nie meer op die tersaaklike tydstip was nie, en (iii) die versuim relatief
onredelik
was, d w s onredelik ook met inagneming van eienskappe, oortuigings
ens van die slagoffer. Daarmee gee ek nie te kenne dat indien
een of meer van
die vereistes nie bevredig is, die kousale ketting nie verbreek kan wees nie.
Met die oog op die feite van hierdie
appèl is dit egter onnodig om
addisionele of meer uitputtende rigsnoere te probeer formuleer.
Indien
bogenoemde kriterium nou in casu toegepas word, kan die verwonding van
die appellant nie as regsoorsaak van die oorledene se dood vir die doeleindes
van die derde
aanklag beskou word nie. Ek
46. sê dit om die volgende redes:
1) Uit die getuienis kan afgelei word dat die wond aanvanklik lewensgevaarlik was in die sin dat, sonder mediese bystand, die oorledene waarskynlik daaraan sou beswyk het. Daardie attribuut van die wond is egter deur behandeling uit die weg geruim. Die gevolg was dat toe die oorledene uit die hospitaal ontslaan is, daar nie enige onmiddellike lewensgevaar bestaan het nie. Trouens, solank hy ooreenkomstig mediese instruksies druksere sou vermy, sou hy, afgesien van sy verlamming, gesond kon bly. 2) Dit was nou juis die oorledene se versuim om die instruksies na te kom wat die druksere tot gevolg gehad het. Op hul beurt het die druksere tot septisemie en die oorledene se dood gelei. Die septisemie was dus nie 'n direkte uitvloeisel van die oorspronklike verwonding nie. Inteendeel was die druksere en die samehangende septisemie die onmiddellike oorsaak van die oorledene se dood.
47.
3) Die appellant was 'n opgevoede Swart man wat gematrikuleer het en 'n betrekking in 'n kommersiële bank beklee het. Uit die oogpunt van 'n parapleeg was sy geriewe tuis ongetwyfeld haglik, maar die gebrek aan behoorlike geriewe het nie 'n rol by sy nie-nakoming van die instruksies gespeel nie. Presies wat die instruksies was, is nie in die getuienis uitgespel nie, maar dit kom voor dat hy aangesê is om met baie kort tussenposes van sitposisies te verander Dit kon hy doen want hy het volle gebruik van sy arms gehad. Soos reeds genoem, is nie bewys dat sy versuim om soos aangesê van posisie te verander aan 'n voorafgaande depressiewe toestand te wyte was nie. Dit blyk ook nie dat die oorledene enige eienskappe gehad wat 'n noemenswaardige verduideliking vir sy versuim kan bied nie. Ten gunste van die appellante moet dus gekonkludeer word dat die versuim objektief sowel as relatief onredelik was.
In die lig van hierdie gevolgtrekking moet
48.
die appellante se skuldigbevindings en vonnisse op die derde aanklag ter syde
gestel word. Die advokate was dit tereg eens dat die
appellante hulle nietemin
aan poging tot moord op die oorledene skuldig gemaak het. Gevolglik moet die
bevinding van skuldig aan
moord vervang word met 'n skuldigbevinding aan poging
tot moord. 'n Gepaste vonnis is een van 10 jaar gevangenisstraf.
Ek kom ten
slotte by die vonnisse op die ander aanklagte. Wat daardie vonnisse (anders as
die doodvonnisse) betref, is nie aangevoer
dat enige besondere vonnis aanvegbaar
is nie. Wel is betoog dat die totale effektiewe gevangenisstraf wat elke
appellant opgelê
is buitensporig is.
Ek meen dat die appellante se
advokate gelyk gegee moet word. Onthou sal word dat die verhoorregter sekere
vonnisse samelopend gemaak
het, maar dat desnieteenstaande die appellante
effektiewelik gevangenisstraf van tussen 48 ½ jaar en 56 ½ jaar
49.
opgelê is. Hierdie hof het in die jongste tyd aangedui dat sulke lang
vonnisse geheel en al onvanpas is. Trouens, in die
ongerapporteerde uitspraak in
S v Fofo (appèl 312/1987), en weer in S v Morris en 'n Ander
1989 (2) SA 643 (A) 645, is beslis dat 'n totale gevangenisstraf van meer as
25 jaar slegs in enkele, buitengewone gevalle te regverdig is. Weens
die noue
samehang tussen die verskillende aanklagte meen ek dan ook dat elk van die
appellante tot 'n effektiewe termyn van 25 jaar
gevangenisstraf gevonnis moes
gewees het. Aan hierdie beskouing word gevolg gegee in onderstaande
bevele.
Die appèl slaag gevolglik tot die volgende mate:
1) Die
skuldigbevindings van die appellante op aanklag drie en die doodvonnisse wat
hulle daarop opgelê is, word ter syde gestel
en ten opsigte van elke
appellant deur die volgende vervang:
"Op aanklag drie word die beskuldigde skuldig
50.
bevind aan poging tot moord en gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf."
2) Wat elke appellant betref, word die
bevel van die verhoorregter aangaande die
samelopendheid van vonnisse ter syde gestel en deur die
volgende
vervang:
"Dit word beveel dat 3 j aar van die termyn van 10 jaar gevangenisstraf wat die beskuldigde op aanklag drie opgelê is, sowel as al sy ander vonnisse, moet saamloop met die termyn van 18 jaar gevangenisstraf waartoe hy op aanklag twee gevonnis is."
H.J.O. VAN HEERDEN AR
VIVIER AR
STEYN AR
STEM SAAM KUMLEBEN AR
FRIEDMAN Wn AR