South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 112

| Noteup | LawCite

Prokureur-General, Noord-Kaap v Hart (248/88) [1989] ZASCA 112; [1990] 1 All SA 352 (A) (22 September 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


DIE PROKUREUR-GENERAAL : NOORD-KAAP Appellant
en
ALEX HART Respondent

Saaknommer 248/88 - mp

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:-

DIE PROKUREUR-GENERAAL : NOORD-KAAP Appellant
en
ALEX HART Respondent

CORAM: HOEXTER, BOTHA, HEFER, SMALBERGER, ARR et FRIEDMAN, Wnd AR

VERHOOR: 28 Augustus 1989 GELEWER: 22 September 1989

UITSPRAAK

HOEXTER, AR
2 HOEXTER, AR,
Dit is 'n strafappèl teen vonnis. Die appellant is die Prokureur-generaal van die Noord-Kaap. Die respondent is 'n dertigjarige manspersoon wat op 25 Maart 1986 in die landdroshof te Kimberley aan 'n oortreding van art 2(b) van die Wet op die Misbruik van Afhanklikheidsvormende Stowwe en Rehabilitasiesentrums No 41 van 1971 ("Wet 41 van 1971") skuldig bevind is. Die Staat het bewys dat die respondent dagga met 'n massa van 3 gram besit het. Op dieselfde datum ("die datum van vonnis") het die land-dros die respondent 'n vonnis van 12 maande gevangenisstraf, die helfte waarvan vir 'n tydperk van 5 jaar voorwaardelik opgeskort is, opgelê.

Teen sy skuldigbevinding en vonnis het die respondent na die Noord-Kaapse Afdeling van die Hoogge-regshof appèl aangeteken. 'n Hof bestaande uit VAN RHYN, RP

en

3
en ERASMUS, R het die appèl gedurende Mei 1987 aangehoor.
Die appèl teen die skuldigbevinding het misluk maar die
hof a quo het die vonnis deur die verhoorhof opgelê ("die
oorspronklike vonnis") vernietig en deur 'n ander vonnis

("die gewysigde vonnis") vervang. Ingevolge die gewysig-
de vonnis is die respondent 'n boetestraf van R150 (by wan-
betaling waarvan 4 maande gevangenisstraf), tesame met 'n
verdere 4 maande gevangenisstraf wat vir 'n tydperk van 5
jaar voorwaardelik opgeskort is, opgelê. Die hof a quo
het die oorspronklike vonnis versag omdat hy dit as buiten-
sporig swaar beskou het. In die loop van die uitspraak
van ERASMUS, R (waarmee VAN RHYN, RP saamgestem het) word
o a gesê:-

"Onder al die omstandighede is hierdie Hof van
mening dat die vonnis onredelik swaar
is, en is hierdie Hof geregtig om in te gryp
in die vonnis wat gevel is."

Met
4 Met verlof van die hof a quo kom die appellant voor hierdie hof in hoer beroep.
Op die datum van vonnis was die strafbepalings van Wet 41 van 1971 ten opsigte van die wederregtelike besit van dagga sodanig dat by skuldigbevinding daaraan 'n hof verplig was om 'n vonnis van gevangenisstraf op te lê. 'n Boetestraf daarvoor was destyds nie 'n bevoegde strafvorm nie. Eers op 24 September 1986 (d w s ná die datum van vonnis maar alvorens die respondent se appèl deur die hof a quo bereg is) is by art 1 van Wet No 101 van 1986 ("die 1986 wysigingswet") vir die oplegging van 'n boetestraf vir die oortreding waaraan die respondent hom skuldig gemaak het, voorsiening gemaak. Die vraag wat by hierdie appèl na vore tree, maar wat ten tyde van die beredenering van die respondent se appèl in die hof benede nie aangeroer is nie, is of in die omstandighede hierbo aangedui die respondent voor die hof a quo 'n geldige aanspraak

kon

5

kon maak op die straftemperende bepalings wat ná die datum van vonnis by die 1986 wysigingswet afgekondig is. Namens die appel-lant is áangevoer dat die hof a quo nie by magte was om die oor-spronklike vonnis deur die gewysigde vonnis te vervang nie terwyl die respondent se advokaat betoog het dat die hof a quo die betrokke wysiging van vonnis regmatig aangebring het.
By die uitleg van ons wette bestaan daar 'n algemeen erkende vermoede dat, tensy die teendeel blyk, die wetgewer alleen toekomstige aangeleenthede wil raak, en nie reeds ver-rigte sake nie. Hierdie vermoede kom dan ook ter sprake wanneer 'n statutêr-voorgeskrewe straf wat ten opsigte van 'n bepaalde misdryf geld, verander word by 'n wysigingswet deur die wetge-wer afgekondig ná die datum waarop die misdryf gepleeg is (of waarop die veroordeelde daaraan skuldig bevind word) maar voor die datum waarcp die veroordeelde daarvoor gevonnis word. Ra-kende die trefwydte van dusdanige wysigingswette maak een van

ons

6

ons ou skrywers 'n duidelike onderskeid tussen strafverskerpende
en strafverligtende bepalings. Glück, Pandecten 1 1 par 21
verklaar (op bl 144):-

"Die Regel, das positive Gesetze nicht auf vorher geschehene, sondern nur auf zukunftige Handlungen angewendet werden durfen, gehet ubrigens auch auf Strafgesetze. Man hat daher bei Bestimmung der Strafe eines begangenen Ver-brechens darauf zu sehen, was zu der Zeit, da das Verbrechen begangen wurde, fur eine Strafe in den Gesetzen bestimmt gewesen, denn nur diese hat der Missethater eigentlich verwirkt, nicht aber diejenige, so erst nachher durch ein neues Gesetz, wenn auch noch vor geendigter Untersuchung, ist eingefuhret worden.
Es giebt indessen Ausnahmen von unserer Regel.
Hierher gehort,
1 )
2)
3)
4)

(op bl 146)

5) Wenn das neue Gesetz eine Handlung
erlaubt, die das altere verboten
hatte, oder die Strafe des altern
Gesetzes mildert, so kommt ein solches
Gesetz auch demjenigen Uebertreter zu
statten, an welchem die verwirkte

Strafe,

7

Strafe, zur Zeit der Publication des
neuern Gesetzes, noch nicht vollzogen
war. Das neue Gesetz ist in diesem
Falle gleichsam als eine allgemeine
Begnadigung anzusehen "

In R v Mazibuko 1958(4) SA 353 (A) het hierdie hof verwys na
die algemene reël wat Gluck, op cit, op bl 144 verkondig.
In daardie saak het dit gegaan oor 'n wysiging van die Straf-
proseswet No 56 van 1955 deur die Strafproses-wysigingswet
No 9 van 1958 waarkragtens, indien dit by skuldigbevinding
aan roof bevind word dat verswarende omstandighede aanwesig
was, 'n diskresie om die doodstraf op te lê aan die verhoorhof
verleen word. Mazibuko het gedurende November 1957 roof
gepleeg en hy is gedurende Mei 1958 tot die dood veroordeel.
Hy het geappelleer en hierdie hof moes oorweeg of dit die
verhoorhof vrygestaan het om die doodvonnis op te lê vir 'n roof
wat voor die inwerkingtreding van die betrokke wysigings-
wet gepleeg is. Sy appèl het geslaag. Die hof het beslis

dat

8

dat die betrokke wysigingswet nie bedoel is om terugwerkend
van toepassing te wees nie. Bygevolg is die straf ver-
nietig en die saak na die verhoorhof vir oplegging van h
ander straf terugverwys. STEYN, AR, wat die uitspraak
van die hof gelewer het, het 'n onderskeid getref tussen
wetsbepalings betreffende die strafmaat en prosesregtelike
bepalings wat gewoonweg alle daaropvolgende prosesse raak.
Met verwysing na Gudelinus, de Jure Novissimo, 5,2 bl 215,
het STEYN, AR verklaar (op 356F/H):-

"Volgens Gudelinus sou 'n hof dus by bepaling van die toelaatbare strafmaat of strafsoort ag moet slaan op die wetsbepalings wat tydens die pleeg van die misdaad van krag was. Hier-voor is bevestiging te vind in Voet, Ad Pandectas 1.3.17. Hy sê nl. in verband met die reël teen terugwerkendheid dat indien 'n straf opgelê moet word vir 'n misdryf wat ge-pleeg is voor 'n nuwe wet wat die strawwe verskerp, dan moet die dwangmiddel nie luidens die voorskrif van die nuwe daaropvolgende wet toegemeet word nie, maar luidens dié van die vroeëre wet. Glück, Pandecten 1.1 par 21 bl 144,

spreek

\ m

9

spreek in 'n dergelike verband dieselfde siens wyse uit. Die reël, sê hy, dat positiewe wette nie op reeds verrigte maar slegs op toe-komstige handelinge aangewend kan word, slaan ook op strafwette. Daarom moet by die bepalings van die straf vir 'n begane oortreding daarop gelet word welke straf in die tyd toe die oor-treding begaan was, in die wette bepaal was, want eintlik het die misdadiger hom slegs dié straf op die hals gehaal, en nie die straf wat eers later, al is dit dan nog voor die end van die ondersoek, deur 'n nuwe wet ingevoer is nie."

Die belese regter het voorts verwys na Dig 48.19.1 pr.,

(op 356 in fin/357A.) en Brunneman (op 357 A/C). Daarna,
en rakende "die onderliggende beginsel dat waar 'n verskil

in straf verband hou met die onderskeie tye waarop die
misdaad gepleeg en bereg word, die tydstip van die misdaad
die deurslag moet gee" (op 357 B/C), het hy verder gesê (op

357C):-

"Dit skyn in ons reg veral die geval by 'n strafverhoging te wees. By 'n strafvermin-dering word ander oorwegings erken wat tot 'n ander gevolgtrekking kan lei."

In

10

In die loop van sy uitspraak het STEYN, AR (op 357 E/F) verder

die volgende opmerkings gemaak:-

"Hoewel ons strafwette veelal lui dat die oor-treder by skuldigbevinding binne die perke van 'n aangewese maksimum strafbaar sal wees, is dit nie die skuldigbevinding nie maar die mis-dryf waaruit bedoelde strafbaarheid ontstaan. Sodra die misdryf gepleeg is, is die dader aanspreeklik nie slegs vir die sivielregtelike gevolge van sy daad nie maar ook vir die strafregtelike. Hy word onmiddellik aanspreek-lik vir 'n straf binne die perke van die strafsoort of strafsoorte waarmee sy daad alsdan beteuel word."
R v Mazibuko (supra) was 'n geval van 'n misdaad

gepleeg voordat 'n strafverskerpende wysiging in werking
getree het. Kort daarna, in R v Sillas 1959(4) 305 (A),
het hierdie hof aandag geskenk aan die geval van 'n straf-
temperende wysiging wat ná pleging van die betrokke misdaad
in werking getree het. Gedurende Maart 1959 het die beskuldigde
verkragting gepleeg. Die straftemperende bepaling het in
werking getree op 1 September 1959, die dag waarop die be-

skuldigde

11

skuldigde skuldig bevind is; en drie dae voor hy gevonnis is. Die beskuldigde se vorige veroordelings was sodanig dat inge-volge die bepalings van die Strafproseswet 56 van 1955, soos dit gelui het op die datum van die pleging van die misdaad, die hof se verklaring van die beskuldigde tot gewoontemisda-diger verpligtend was. Was die wysiging egter op die beskuldigde van toepassing, sou die verklaring tot gewoonte-misdadiger nie verpligtend gewees het nie; en die verhoorregter het aangedui dat hy in daardie geval die beskuldigde slegs 'n vonnis van gevangenisstraf en lyfstraf sou opgelê het. Die verhoorregter het tot die slotsom geraak dat die datum van pleging van die misdaad deurslaggewend was. Hy het die be-skuldigde derhalwe tot gewoontemisdadiger verklaar, maar uit eie beweging die regspunt betreffende die korrekte wetsuitleg vir beslissing deur hierdie hof voorbehou. Hierdie hof het

eenparig

12

eenparig die regspunt ten gunste van die beskuldigde uitgewys
en beslis dat die vonnis van die beskuldigde ooreenkomstig
die bepalings van die Strafproseswet, soos op 1 September
1959 gewysig, bepaal moes gewees het.

Sowel SCHREINER, AR as BOTHA, Wn AR het uitsprake

gelewer. Die ander drie lede van die hof het met albei
uitsprake saamgestem. In sy uitspraak het SCHREINER, AR

(wat 'n lid van die hof in R v Mazibuko (supra) was) dit
dienstig geag om aan te dui presies waarop die ratio decidendi
van die beslissing in R v Mazibuko (supra) neerkom. Op
311 C/H het hy hom as volg uitgelaat:-

"It was suggested that the whole basis of the decision was that in our law the date of the offence fixes the punishment because the accused at that date has incurred the then applicable penalty and no other. Unless, therefore, the later legislation clearly makes the new penalty applicable to past offences the old one must be applied, irrespective of the factor of severity. No

doubt

13

doubt the view that in our law the position at the date of the offence fixes by a kind of logic the penalty to be suffered was important to the reasoning, but it was not decided that it must always be looked at to the exclusion of other considerations. On the contrary, it is clear from p.357 that other considerations which may lead to a different result are taken into account when the new provision reduces the penalty. The ratio decidendi of the judgment is accordingly not simply that the crime logically and necessarily carries its fixed penalty when it is committed but that, where the penalty is increased the accused is entitled to be treated on the basis of the penalty existing at the date of the offence. The whole of the ratio decidendi was that a penalty cannot without express words or clear implication, be increased against a wrongdoer after the commission of the offence.

I have consulted the authorities mentioned in the judgment in Mazibuko's case and those referred to in Voet 1.3.17. They do not in general deal with the reduction of a penalty. The language of Voet, however, in the passage cited shows that, in saying (Gane's translation I, p 47):

'If a penalty has to be imposed for wrongdoing committed before a new

law.

14

law which perhaps sharpens the penal-ties, then it must be inflicted according to the terms of the old and not of the succeeding new law'
he had in mind primarily the case, which is un-fortunately the commonest, of an increased penalty. There appears at least to be no authority supporting the view that past offences are presumed to be excluded from the operation of a new law which reduces the penalty."
Net soos in R v Sillas (supra) gaan dit in die onder-

hawige geval oor 'n straftemperende wysiging wat ná pleging
van die betrokke misdaad in werking getree het. Anders as

R v Sillas (supra), egter, is die posisie hier dat die wysi-
ging ná die datum waarop die veroordeelde skuldig bevind en
gevonnis is in werking getree het. Met die oog op laasge-
noemde het die appellant se advokaat sterk gesteun op 'n
dictum van RABIE, AR in die saak van S v Crawford and Another

1979(2) SA 48 (A) wat later in S v Smith (2) 1987(4) SA 768 (A)
op 771 A/F met instemming aangehaal is. In S v Crawford

(supra)

15

(supra) is die beskuldigdes gedurende 1977 in die landdros-hof ingevolge art 2(a) van Wet 41 van 1971 aan handel in dagga skuldig bevind en is elkeen tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op appèl na die Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling is die skuldigbevindinge verander na skuldigbevin-dinge aan oortreding van art 2(b) van Wet 41 van 1971
(wederregtelike besit van dagga); en dientengevolge is die vonnisse verminder na gevangenisstraf van 2 jaar in geheel voorwaardelik opgeskort. In 'n verdere appèl (deur die Prokureur-generaal) na hierdie hof is die oorspronklike skuldigbevindinge en vonnisse soos deur die landdros aangeteken en opgelê weer herstel. Ten tyde van die verhoor in die landdroshof was howe by 'n oortreding van art 2(a) van Wet 41 van 1971 aan 'n minimum vonnis gebonde. Kragtens Wet No 76 van 1978 ("die 1978 wysigingswet") wat op 9 Junie 1978 in werking getree het, was die minimum verpligte vonnisse nie

meer ..'

16

meer van toepassing op dagga-oortredings ingevolge Wet 41
van 1971 nie. Die appèl na hierdie hof is in November 1978
aangehoor. In die loop van hul betoë het die advokate aan
beide kante hierdie hof gevra om oorweging te skenk aan die
vraag of die 1978 wysigingswet nie 'n ligter straf as die
opgelegde vonnis van 5 jaar gevangenisstraf kon regverdig nie.
Hieromtrent het RABIE, AR (wat die uitspraak van die hof
gelewer het) hom soos volg uitgelaat (op 56 B/C):-

"Counsel drew our attention to the fact that in terms of an amendment introduced by s 1 of Act 76 of 1978 a court is no longer obliged to impose a sentence of five years imprisonment for a contravention of s 2(a) of the Act if such contravention relates to dagga only. Counsel for both parties suggested that a lesser sentence than the one imposed by the magistrate would meet the justice of the present case and that consideration should be given to the question whether the amending provision is applicable to the present case. It seems to be clear, however, that the provision is not of application to the present case, and this Court cannot on appeal impose

a

17

a sentence which would at the time of the respondents' conviction not have been a competent sentence for the magistrate to impose."

(In S v Smith (supra) het dit gegaan oor die 1986 wysigingswet.
Die appellant in daardie saak is meer as 'n jaar voor die in-
werkingtreding van die wysiging in die landdroshof ingevolge
Wet 41 van 1971 skuldig bevind en gevangenisstraf opgelê;
en op appèl na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling is
die appèl sowel teen die skuldigbevinding as die vonnis afge-
wys. Voor hierdie hof is die geldigheid van die vonnis deur
die landdros opgelê nie aangeveg nie.)

Die beroep wat die appellant se advokaat op die dictum

in S v Crawford (supra) hierbo aangehaal, gedoen het, is m i mis-
plaas. Dit verloor uit die oog die noodwendige regsgevolge in die
onderhawige geval van die hof a quo se inmenging in die oorspronk-

like vonnis. By vernietiging van die oorspronklike vonnis, so

kom

18

kom dit my voor, moet die status van die respondent in/daardie^: stadium van die strafregtelike verrigtinge juridies gesproke as dié van 'n ongevonnisde veroordeelde aangemerk word. Hierdie toedrag van sake bied 'n aanknopingspunt met een van die voor-beelde wat Gluck, op cit, in sy vyfde uitsonderingsgeval op bl 146 noem: 'n straftemperende wysiging toegepas tot voor-deel van 'n misdadiger wat 'n straf op die hals gehaal het wat by afkondiging van die wysiging egter nog nie voltrek is nie. Toe die hof a quo die oorspronklike vonnis vernietig het, was die posisie van die respondent na my oordeel wesenlik dieselfde-as wat dit sou gewees het indien die verhoorhof op 25 Maart 1986 onmiddellik na die skuldigbevinding die verhoor van die respon-dent tot 'n datum later as 24 September 1986 sou uitgestel het.
In verband met die geskilpunt wat in die onder-hawige appèl opduik kan verder met nut gekyk word na die benadering aangedui in twee beslissings van die Kaapse

Provinsiale

19

Provinsiale Afdeling. Die eerste beslissing is S v Innes 1979(1) SA 783 (K). In daardie geval het 'n landdros gedurende Mei 1978 die beskuldigde aan 'n oortreding van art 2(a) van Wet 41 van 1971 (handeldryf in dagga) skuldig bevind en hom die toentertyd voorgeskrewe minimum vonnis van 5 jaar gevangenisstraf opgelê. By hersiening is die skuldigbevinding bekragtig maar omdat daar oor die ouderdom van die beskuldigde twyfel bestaan het, het die hersienings-regter die vonnis ter syde gestel en die saak na die landdros terug verwys. Inmiddels het die 1978 wysigings-wet op 9 Junie 1978 in werking getree. In Augustus 1978, en nadat bevind is dat die beskuldigde 23 jaar oud was, moes die landdros opnuut vonnis oplê. Die landdros was van oordeel dat die beskuldigde nie deur die 1978 wy-sigingswet geraak is nie en hy het hom andermaal tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis. Toe die saak weer op

hersiening.

20

hersiening deurgestuur is, het 'n voltallige regbank die

landdros met sy beskouing dat die 1978 wysigingswet nie
van toepassing op die beskuldigde was nie in die ongelyk
gestel. Die vonnis deur die landdros opgelê, is vernietig
en met 'n vonnis van 6 maande gevangenisstraf wat voorwaar-
delik opgeskort is, vervang. In sy uitspraak haal die
hof aan (op 784 G) die vyfde uitsondering wat Glück,
op cit, bl 146, noem; en word die beslissings van hierdie
hof in R v Mazibuko (supra) en R v Sillas (supra) op
785 C/F bespreek. Op 787 A/C verklaar BURGER, R:-

"Die Wetgewer het dit in die openbare belang geag dat die Howe bevoeg sal wees om straf minder as vyf jaar gevangenisstraf op te lê. Dit is klaarblyklik in die openbare belang om nie hierdie bevoegdheid tot be-skuldigdes wat nog nie veroordeel is te beperk nie, maar dit tot alle ongevonnisdes uit te brei, behalwe as daar 'n besondere rede tot die teendeel is.
Waar die wysigende Wet die straf verminder

of..

21

of die howe 'n wyer diskresie gee dan is daar twee beginsels albei ten gunste daarvan dat die wysiging so wyd moontlik toegepas moet word; nie alleen is dit in die openbare belang nie maar ook die beginsel dat in straf-sake daar 'n vermoede ten gunste van die onderdaan is in geval van twyfel."

Kyk verder: S v Thekiso 1978(4) SA 646 (0); en S v Williams
1979(3) SA 1270 (K).
Tweedens verwys ek na die beslissing in S v Mpendokana 1987(3) SA 20 (K). 'n Landdros het die beskul-digde skuldig bevind aan 'n oortreding van art 2(a) van Wet 41 van 1971 en hom tot 2 jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte voorwaardelik opgeskort is, gevonnis. Teen sy vonnis het die beskuldigde na die Kaapse Provinsiale Afdeling appèl aangeteken. Na aanhoor van die appèl is uitspraak voorbehou, en terwyl die hof nog besig was om oor die aangeleentheid te besin, het die 1986 wysigingswet in werking getree. Op 23 Oktober 1986 het die hof 'n uitspraak gelewer waarvolgens

hy

22

hy die opgelegde vonnis vernietig en vervang het deur 'n
boetestraf van R200, by wanbetaling waarvan 12 maande ge-
vangenisstraf, en 'n verdere 12 maande gevangenisstraf wat
vir 3 jaar voorwaardellik opgeskort is.

MARAIS, R (met wie se uitspraak BURGER, R saam-

gestem het) het die hof se handelswyse soos volg gemotiveer

(op 23 A/G):-

"Ek besef dat 'n Appèlhof seer sekerlik nie 'n vonnis kan of sal verander bloot omdat 'n nuwe en meer gepaste vonnis as gevolg van 'n wysiging moontlik geword het nie. As die landdros se vonnis 'n gepaste een was met inagneming van die keuses wat destyds bestaan het of, soos in 5 v Crawford and Another 1979(2) SA 48(A) en S v Loate 1983(3) SA 400(T), die enigste moontlike straf, kan 'n Hof van appèl dit natuurlik nie met 'n vonnis vervang wat destyds nie bestaan het nie. Hierdie geval is egter nie so 'n geval nie. Dit is 'n geval waar die opgelegde vonnis onvanpas was selfs met inagneming van die meer be-perkte keuses wat destyds bestaan het, en die enigste oorblywende vraag was watter van die alternatiewe strafmaatreëls gebruik moes word.

As

23

As die keuse deur 'n wysiging intussen uitgebrei of vergroot is, meen ek dat die Hof geregtig is om die nuwe strafmaatreël in aanmerking te neem. Die Appèlhof se magte kan nie meer beperk wees as die verhoorhof s'n wanneer dit by vonnis-oplegging kom nie. Indien die hof a quo se aanvanklike vonnis geheel en al ongeoorloofd sou gewees het, sou die opgelegde vonnis in wese 'n nulliteit gewees het. Met ander woorde, die beskuldigde se posisie sou soort-gelyk aan die van 'n beskuldigde wees wat nog nie gevonnis is nie. Die beginsel neergelê in Innes se saak sou van toepassing wees en 'n strafmaatreël wat sedert die aanvanklike 'vonnisoplegging' beskikbaar geword het, sou opgelê kon word. Waarom sou dit anders moet wees slegs omdat die aanvanklike vonnis, hoewel onvanpas, 'n geoorloofde vonnis was? Ek glo nie dat die Wetgewer ietwat kunsmatige onder-skeidings van hierdie aard beoog het nie.

Na my mening is 'n Hof van appèl nie genoop om 'n minder paslike vonnis op te lê slegs omdat dit nie bestaan het ten tye van die aanvanklike vonnis-oplegging nie. As hierdie Hof die saak na die landdros sou terugverwys het vir vonnisoplegging opnuut, sou die landdros geregtig gewees het om van die nuwe vonnis gebruik te maak. Myns insiens sou dit absurd wees om te bevind dat 'n Hof van appèl nie self van die nuwe strafmaatreël gebruik gebruik kan maak nie en dat die enige wyse waar-

volgens

24

volgens so 'n resultaat bereik sou kon word, sou wees om die saak na die hof a quo terug. te verwys vir vonnisoplegging opnuut."

Ek volstaan deur te sê dat bostaande redenasie na my beskeie mening suiwer is, en ten volle versoenbaar met die grondbeginsels van ons reëls van wetsuitleg betreffende straftemperende wysingingswette.
Die slotsom is derhalwe dat die hof a quo regtens bevoeg was om die oorspronklike vonnis deur sy gewysigde vonnis te vervang. Die appèl word afgewys.

G G HOEXTER, AR

BOTHA, AR )

HEFER, AR )
SMALBERGER, AR ) Stem saam
FRIEDMAN, Wnd AR )