South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 120
| Noteup
| LawCite
Landboukredietraad v Vrystaat Lewendehawe and Others (121/89) [1989] ZASCA 120 (28 September 1989)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPÉLAFDELING
In die saak tussen:
DIE LANDBOUKREDIETRAAD Appellant
en
VRYSTAAT LEWENDEHAWE
KOOPERASIE BPK J Eerste
Respondent
en
HENDRIK JOHANNES PHILIPPUS DE KLERK
en
HAROLD ZINMAN NNO Tweede Respondente
Coram: JOUBERT, HEFER, NESTADT, KUMLEBEN ARR et NICHOLAS Wn AR.
Verhoor: 19 September 1989
Gelewer: 28 September 1989
2
UITSPRAAK
JOUBERT AR.:
Hierdie appèl is gerig teen 'n uitspraak van
BESTER R in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling wat gerapporteer is as
die Vrystaat Lewendehawe Kooperasie Bpk. v De Klerk en Zinman NNO en 'n
Ander, 1989(1) SA 632 (O). Met verlof van die Hof a quo kom die
Landboukredietraad as appellant in hoër beroep na hierdie Hof. Omdat die
uitspraak van die Hof a quo die relevante feite van die saak besonder
karig vermeld, ag ek dit gerade om hulle ter wille van 'n behoorlike begrip van
die agtergrond
wat tot die saak aanleiding gegee het, kortliks weer te gee. Die
relevante feite is gemene saak.
D C J Keyter ("Keyter sr.") en sy seun M G
Keyter ("Keyter jnr.") het vir hul eie rekening in die Oos-Vrystaat geboer.
Hulle was lede
van die Eerste Respondent
/3
3
(die "Vrystaat Lewendehawe Koöperasie Bpk") wat 'n
primêrele.
landboukooperasie, soos bedoel in art 173(1) van
die
Kooperasiewet 91 van 1981 (die "Kooperasiewet") is. Van
tyd tot tyd
tot omstreeks einde Februarie 1983 het beide
Keyters met kredietfasiliteite
wat die Vrystaat Lewendehawe
Koöperasie Bpk aan hulle verskaf het,
lewende hawe vir hul
onderskeie boerderye gekoop.
Dit was deurgaans gemene saak tussen die
partye dat die Vrystaat
Lewendehawe Koöperasie Bpk uit hoofde
van art 173(1)(c) van die
Koöperasiewet (voordat dit met ingang
van 12 April 1985 deur art 20(a)
van Wet 42 van 1985 gewysig
is) 'n statutêre pandreg oor al die lewende hawe van beide
Keyters
verkry het. Die relevante bepalings van art 173(1)(c)
het tot 12 April 1985
soos volg gelui:
"Solank 'n bedrag deur 'n lid aan 'n primêre landboukorporasie — verskuldig is ten
/4
4
opsigte van- lewende hawe — deur die
kooperasie aan hom verskaf
(a)
(b)
(c) word alle landbouprodukte waarvan daardie lid op die datum waarop
die skuld ontstaan die eienaar is of wat binne 18 maande na
daardie datum deur
hom geproduseer of verkry word, of, indien 'n Staatsgewaarborgde kredietskema
ten opsigte van daardie skuld van
toepassing is, wat binne enige tydperk na
bedoelde datum deur hom geproduseer of verkry word, geag aan die kooperasie
verpand te
wees so volkome en werkdadiglik asof daardie produkte aan die
kooperasie gelewer is." Volgens art 1(1) se omskrywing van die woord
"landbouproduk"
alvorens dit gewysig is deur art l(a) van Wet 80 van 1987
het dit beteken:
"'n artikel in Deel A van Bylae 1 genoem of kragtens subartikel (2) van hierdie
/5
5
artikel tot 'n landbouproduk verklaar." Op sy beurt vermeld Deel A van Bylae 1 tot die Kooperasiewet
(voor dit deur Wet 80 van 1987 gewysig is) onder item 13:
"Lewende Hawe."
Met die boerdery van beide Keyters het
dit egter nie voor die wind gegaan
nie. Hulle het finansiële
probleme opgedoen o.a. weens droogte en
misoeste. Op
14 Junie 1983 het Keyter sr. by die appellant (die
"Landboukredietraad") uit hoofde van die bepalings van die
Wet op
Landboukrediet 28 van 1966 skriftelik aansoek gedoen
om geldelike hulp vir
die betaling van sy skulde (Oorkonde,
band 3 p 238-269). In sy aansoek het
Keyter sr. egter
geen melding gemaak nie van die feit dat hy op daardie
stadium
R17 228-55 aan die Vrystaat Lewende Hawe Kooperasie Bpk
verskuldig
was en dat laasgenoemde ter versekering daarvan
'n statutêre pandreg
oor al sy lewende hawe het. Op 1 Augustus
/6
6
1983 het die Landboukredietraad kragtens art. 10 van die Wet
op Landboukrediet 28 van 1966 geldelike bystand ten bedrae
van R312
000-00 onderhewig aan sekere voorwaardes skriftelik
aan Keyter sr. aangebied
wat dit op 28 September 1983 skriftelik
aanvaar het. (Oorkonde, band 3 p
272-283). Die aanbod
van die geldelike bystand was onderhewig aan sekuriteit
wat
die Staat verlang het. In terme van klousule 3.1 van die.
aanbod het
die Landboukredietraad as 'n verdere voorwaarde
vereis dat:
"3.1.2: u die eiendomsreg op 750 skape, 240 koeie, Slattery Stroper en twee L M Sleepwaens in u aansoek genoem kragtens artikel 38 van die Wet op Landboukrediet 1966, aan die staat oordra, vir watter doel 'n Memorandum van Ooreenkoms aan u plaaslike landdros gestuur is wat deur u voor hom onderteken moet word nadat dit deur hom ingevul is." Dit is gerieflik om hier die bepalings van art 38 (1) en (2)
/7
7
van die Wet op Landboukrediet 28 van 1966 aan térhaal:
"(1) Wanneer daar ingevolge hierdie Wet 'n voorwaarde gestel word dat die eiendomsreg op roerende goed op die Staat oorgedra moet word as sekuriteit of gedeeltelike sekuriteit vir-
(a) bystand aan 'n persoon verleen; of
(b) enige bedrag ingevolge hierdie Wet verhaalbaar, gaan die Minister en daardie persoon 'n ooreenkoms aan waarby bedoelde eiendomsreg aldus oorgedra word.
(2) Sodra so 'n ooreenkoms aangegaan is, word die roerende goed waarop dit betrekking het, ondanks andersluidende wetsbepalings of bepalings van die gemene reg, die eiendom van die Staat."
Op 14 November 1983 is die skriftelike ooreenkoms ingevolge
art 38(1) van die Wet op Landboukrediet 28 van 1966 deur Keyter
sr. en die
Minister van Landbou aangegaan waarvolgens Keyter sr. die eiendomsreg oor sy
roerende goed (insluitende sy lewende hawe),
soos beskryf in 'n aanhangsel
daartoe, aan die Staat as sekuriteit vir sy leningsbedrag plus rente en
/8
8
koste oorgedra het. In 'n verdere aanhangsel daartoe word
verklaar dat die staatsmerk op sy lewende hawe aangebring is. (Oorkonde,
band 3
p 285-292). Op 23 Augustus 1984 het die Departement van Landbou toegestem dat
Keyter sr. sommige van sy lewende hawe deur
ander lewende hawe vir doeleindes
van sekuriteitstelling vervang (Oorkonde, band 4 p 299-301). Hierdie vervanging
affekteer nie die
geskilpunt in hierdie appèl nie.
Op 16 Junie 1983
het Keyter jnr. skriftelik by die Landboukredietraad uit hoofde van die
bepalings van die Wet op Landboukrediet 28
van 1966 skriftelik aansoek gedoen om
geldelike hulp vir die betaling van sy skulde. (Oorkonde, band 2 p 134 - 161).
Daarin vermeld
hy wel dat hy R36 500-00 aan die Vrystaat Lewendehawe
Koöperasie Bpk verskuldig is waarvoor hy 'n dreigbrief ontvang het. Hy
vermeld egter niks oor versekerde skulde, soos bv pandreg op sy roerende
/9
9
goed nie. (Oorkonde, band 2 p 146). Dog in Lys E waar hy
besonderhede van sy beswaarde lewende hawe moes verstrek,
het Keyter jnr.
wel vermeld dat sy lewende hawe aan die Vrystaat
Lewendehawe Kooperasie Bpk
vir 'n totale skuldlas van
R36 500-00 beswaar is. (Oorkonde, band 2 p 152).
Sy aansoek
om geldelike hulp is op 4 Julie 1983 deur die
Landboukredietraad
geweier. Hy het op 13 Julie 1983 egter aangebied om
50
koeie as verdere sekuriteit te gee. (Oorkonde, band 2
p 163). Op 12
Oktober 1983 het die Landboukredietraad
kragtens art 10(1) van die Wet op
Landboukrediet 28 van 1966
skriftelik bystand ten bedrae van hoogtens R37
200-00 onderhewig
aan sekere skriftelike voorwaardes aan Keyter jnr.
aangebied
wat dit skriftelik aanvaar het. Op 9 Desember 1983 is
die
skriftelike ooreenkoms ingevolge art 38(1) van die Wet
op Landboukrediet 28
van 1966 deur Keyter jnr. en die Minister
van Landbou aangegaan waarvolgens
Keyter jnr. die eiendomsreg
/10
10
oor sy roerende goed (insluitende sy lewendeohawe), -soos
beskryf in 'n aanhangsel daartoe, aan die Staat as sekuriteit vir sy
leningsbedrag
plus rente en koste oorgedra het.
In 'n verdere aanhangsel
daartoe word verklaar dat die staatsmerk op sy lewende hawe aangebring is.
(Oorkonde, band 2 p 179-186).
Dit bring ons nou by die insolvensie van beide
Keyters wat aanleiding tot die ontstaan van 'n dispuut tussen die partye gegee
het.
Op 28 Maart 1985 is beide Keyters se boedels finaal gesekwestreer. Die
tweede respondente (de Klerk N O en Zinman N O) in hierdie
appèl is as
trustees in beide insolvente boedels aangestel. Ek sal voortaan na hulle as die
"trustees" verwys. Hulle het opdrag
gegee dat al die bates van beide Keyters se
insolvente boedels per publieke veiling op 16 April 1985 verkoop moes word. Op
15 April
1985 het die Vrystaat Lewendehawe Kooperasie Bpk
/11
11
as applikant 'n aansoek in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling geloods teen die trustees as eerste respondente en die Landboukredietraad as tweede respondent om te verhinder dat die lewende hawe in die insolvente boedels van beide Keyters op die veiling verkoop word. Die trustees het die aansoek bestry op grond daarvan dat die Landboukredietraad kragtens art 38 van die Wet op Landboukrediet 28 van 1966 eiendomsreg oor die betrokke lewende hawe bekom het. Daar was ook 'n aansoek van ene Stoffberg teen die trustees oor 40 beeste wat hy gedurende 1984 aan Keyter jnr. verkoop het, soos uit die stukke voor hierdie Hof blyk, maar dis van geen belang wat hierdie appèl betref nie. Op 16 April 1985 het MALHERBE R die aansoek van die Vrystaat Lewendehawe Koöperasie Bpk aangehoor. Hy het geweier om die verkoping van die lewende hawe te verbied. Hy het wel gelas dat die trustees die opbrengs van die lewende hawe se verkoop apart belê en dat
/12
12
die aansoek na mondelinge getuienis verwys word "om te beslis
wie geregtig is op die opbrengs van die lewende hawe." (Oorkonde, band
1 p 47 -
48). Dit is die geskilpunt tussen die Vrystaat Lewendehawe Kooperasie Bpk en die
Landbou-kredietraad, ook in hierdie appel.
Volgens paragraaf 7 van die Minuut
van die Reël 37 - samespreking tussen die partye het die Vrystaat
Lewendehawe Kooperasie Bpk
die eiendomsreg van die Landboukredietraad oor al die
verkoopte lewende hawe erken uitgesonderd die eiendomsreg oor 16 koeie wat
Keyter jnr. op 25 Februarie 1983 te Bandolierskop gekoop het. Die Vrystaat
Lewendehawe Kooperasie Bpk het aanspraak gemaak op die
eiendomsreg oor hierdie
16 koeie. Die Landboukredietraad het die Vrystaat Lewendehawe Kooperasie Bpk se
pandreg oor al die verkoopte
lewende hawe erken.
By die verhoor van die aangeleentheid
/13
13
in die Hof a quo is getuienis nie aangevoer nie. a
quo het die aansoek van die Vrystaat Lewendehawe Koöperasie Bpk teen
die Landboukredietraad met koste toegestaan. Die Landboukredietraad
kom teen
daardie uitspraak in hoër beroep na hierdie Hof, soos reeds vermeld. Die
trustees neem nie deel aan die verhoor van
die appèl nie en berus hul in
die uitspraak van hierdie Hof.
Toe die appèl voor hierdie Hof
neergesit is vir verhoor op 16 Mei 1989 is dit op versoek van die partye
uitgestel tot 19 September
1989 ten einde paragraaf 7 van gemelde Minuut te
wysig, aan te vul of te vervang. Koste van die uitstel is voorbehou.
Die
partye het genoemde paragraaf 7 deur 'n nuwe paragraaf vervang waarvan die
strekking soos volg is: 1. Die Vrystaat Lewendehawe
Koöperasie Bpk trek
sy
/14
14
vroeëre erkenning terug dat die Landboukredietraad eiendomsreg oor al die lewende hawe (behoudens die 16 koeie) wat op die veiling verkoop is, gehad het.
2. Die Vrystaat Lewendehawe Kooperasie Bpk se aanspraak op die eiendomsreg van die 16 koeie val weg.
3. Die Vrystaat Lewendehawe Kooperasie Bpk maak aanspraak daarop dat hy kragtens die Kooperasiewet 91 van
1981 se bepalings 'n pandreg gekry het oor al die lewende hawe wat op die veiling verkoop is en dat sodanige pandreg gevestig is voor die datums waarop beide Keyters ooreenkomste met die Minister van Landbou ingevolge art 38(1) van die Wet op Landboukrediet 28 van 1966 aangegaan het. Hierdie aanspraak word erken deur die Landboukredietraad.
4. Die Vrystaat Lewendehawe Kooperasie Bpk erken dat
/15
15
die Minister van Landbou vermelde ooreenkomste met beide Keyters te goedertrou aangegaan het.
By die verhoor van die appèl in hierdie Hof het adv. de Villiers namens die Vrystaat Lewendehawe Koöperasie Bpk aangevoer dat die ooreenkomste wat beide Keyters met die Minister van Landbou ingevolge art 38(1) van die Wet op Landboukrediet 28 van 1966 aangegaan het ongeldig en onafdwingbaar is in soverre hulle op lewende hawe van die Keyters betrekking het. In die alternatief het hy beweer dat die eiendomsreg van beide Keyters se betrokke lewende hawe nie op die Staat oorgegaan het nie. Hierdie betoog met sy alternatiewe betoog kan gerieflikheidshawlwe as een argument beskou word omdat hulle op dieselfde grondslag gebaseer is. Hy het as uitgangspunt daarop gewys dat dit gemene saak is dat die Vrystaat Lewendehawe Koöperasie Bpk se statutêre pandreg oor al die lewende hawe van beide Keyters ingevolge
/16
16
art 173(1)(c) van die Kooperasiewet 91 van 1981 gevestig
is
voordat die Keyters hul ooreenkomste met die Minister
van
Landbou kragtens art 38(1) van die Landboukredietwet 28 van
1966
aangegaan het. Hy het betoog dat kragtens art 173(1)(e)
van die Kooperasiewet
91 van 1981 beide Keyters verbied was
om hul lewende hawe te vervreem of van
die hand te sit.
Volgens sy betoog kon die Staat die eiendomsreg oor hul
lewende
hawe slegs met die toestemming of 'n permit van die
Vrystaat
Lewendehawe Kooperasie Bpk verkry terwyl laasgenoemde nooit
sy
toestemming daartoe verleen het nie. Die relevante gedeelte
van gemelde art
173(1)(e) lui soos volg:
"Solank 'n bedrag deur 'n lid aan 'n primêre
landboukooperasie - verskuldig is ten
opsigte van - lewende hawe - deur
die kooperasie aan hom verskaf
(a)
(b) (c)
/17
17
(d)
(e) mag daardie lid behoudens die bepalings van artikel 64 (2A) of (2B) van die Bemarkingswet, 1968 (Wet No 59 van 1968), nie bedoelde produkte van die hand sit nie en mag niemand behoudens genoemde bepalings daardie produkte anders as van die kooperasie verkry nie behalwe deur bemiddeling van die kooperasie of kragtens 'n permit deur die kooperasie uitgereik op die voorwaardes wat hy bepaal." Die groot struikelblok in die weg van
adv. de Villiers se argument is egter die bepalings van art
176 van die Kooperasiewet 91 van 1981 wat soos volg lui:
"Die bepalings van hierdie Hoofstuk raak nie 'n reg of bevoegdheid van die Staat of die Minister kragtens die Wet op Landboukrediet, 1966 (Wet No 28 van 1966), nie." Ek mag daarop wys dat art 176 is opgeneem in Hoofstuk IX van
/18
18
die Kooperasiewet 91 van 1981 wat arts 172 tot 177 inklusief
beliggaam. In 'n poging om die bepalings van art 176 te omseil, het adv.
de Villiers betoog dat die bedoeling van die Wetgewer in art 176 is "dat waar
daar strydigheid bestaan tussen 'n reg of bevoegdheid
van die Staat of die
Minister soos bepaal in die Wet op Landboukrediet aan die een kant, en die
bepalings van Hoofstuk IX van die
Kooperasiewet aan die ander kant, die
bepalings van die Wet op Landboukrediet voorgaan."
Dit is 'n erkende beginsel
by die vertolking van wetgewing dat die woorde van 'n Wetsbepaling in hul
gewone, grammatikale betekenis
verstaan moet word tensy dit uit die samehang van
die betrokke Wet sou blyk dat so 'n vertolking aanleiding tot 'n absurditeit sou
gee of tot 'n resultaat sou lei wat strydig met die duidelike bedoeling van die
Wetgewer sou wees, in welke geval 'n hof bevoeg sou
wees om van die
/19
19
gewone grammatikale betekenis van die woorde af te wyk
ten
einde aan die duidelike bedoeling van die Wetgewer gevolg
te gee. Vgl.
R v Venter 1907 T S 910 op 915, Shenker
v The Master and
Another 1936 A D 136 op 142, Ebrahim v Minister
of the
Interior 1977 (1) SA 665 (A) op 678 A-G.
In die onderhawige geval is die
bewoording ván art 176 na my oordeel volgens hul gewone, grammatikale
betekenis ondubbelsinnig
en glashelder, nl. dat die bepalings van Hoofstuk IX
van die Kooperasiewet 91 van 1981 (wat art 173(1 )(c) en (e) insluit) nie
betrekking
het op 'n reg of bevoegdheid wat die Wet op Landboukrediet 28 van
1966 aan die Staat of die Minister verleen nie. Art 38(2) van laasgenoemde
Wet
verleen aan die Staat eiendomsreg o'or die roerende goed ten aansien waarvan 'n
ooreenkoms uit hoofde van art 38(1) bepaal dat
dit aan die Staat in eiendomsreg
as sekuriteit vir bystand oorgedra word. Daar is geen
/20
20
sprake daarvan dat 'n dergelike betekenis aanleiding
tot'n
absurditeit sou gee of tot 'n resultaat sou lei wat strydig
met die
bedoeling van die Wetgewer sou wees nie. Daar
is ook geen sprake van 'n
"strydigheid" wat die Wetgewer sou
beoog het, soos adv. de Villiers
betoog het, nie. Na
my oordeel is die hele betoog van adv. de Villiers
geheel
en al sonder enige substansie. Dit is ongegrond en
onaanvaarbaar.
Dit kan nie aangewend word om art 176 te
omseil soos hy gepoog het nie. In
die onderhawige geval
het die Staat dus nie sy eiendomsreg oor die lewende
hawe
van die Keyters verloor nie. Bowendien vernietig die
eiendomsreg van
die Staat geensins die statutêre pandreg van
die Vrystaat Lewendehawe
Kooperasie Bpk nie.
In 'n verdere alternatiewe argument het adv. de Villiers betoog dat die vroeërgevestigde statutêre pandreg van die Vrystaat Lewendehawe Kooperasie Bpk behoort
/21
21
voorkeur te geniet bo die reg van die Staat om eerste
aanspraak te maak op die opbrengs van die verkoopte lewende hawe as sekuriteit
vir sy bystand aan die Keyters. Hierdie submissie kom ook neer op 'n totale
miskenning van die effek van art 176, nl. dat die bepalings
van Hoofstuk IX van
die Koöperasiewet 91 van 1981 (wat art 173(1)(c) en (e) insluit) nie
betrekking het op 'n reg of bevoegdheid
wat die Wet op Landboukrediet 28 van
1966 aan die Staat of die Minister verleen nie.
Dit volg dat die appèl
moet slaag. Die volgende bevele word verleen:
1. Die appèl word gehandhaaf met koste. Hierdie koste sluit in die koste verbonde aan die verskyning in hierdie Hof op 16 Mei 1989.
2. Die bevel van die Hof a quo word vervang deur die volgende bevel:
(a) "Die netto opbrengs van die verkoopte
/22
22
vee moet deur die trustees van die insolvente boedels van D C J Keyter en M G Keyter in die eerste instansie aangewend word om die eise van die Landboukredietraad teen gemelde insolvente boedels te delg.
(b) Die Vrystaat Lewendehawe Kooperasie Bpk word gelas om die koste van die eerste en tweede respondente te betaal." 3. Die partye word die geleentheid verleen om binne
14 dae vanaf datum van lewering van hierdie uitspraak skriftelik vertoë aan die Griffier van hierdie Hof te rig, indien hulle dit noodsaaklik vind, betreffende die bevel in paragraaf 2(b) rakende die koste van die eerste respondent in die hof a quo.
C. P. JOUBERT AR.
HEFER AR )
NESTADT AR ) Stem saam.
KUMLEBEN AR )
NICHOLAS Wn AR)