South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 133

| Noteup | LawCite

S v Letshabu and Others (133/89) [1989] ZASCA 133 (29 September 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen

JOSEPH LETSHABU EERSTE APPELLANT

DAVID MARELETSI TWEEDE APPELLANT

JOHN MELATO DERDE APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM : CORBETT HR, VAN HEERDEN et HEFER ARR. AANGEHOOR : 1 SEPTEMBER 1989. GELEWER : 29 SEPTEMBER 1989.

UITSPRAAK DEUR J J F HEFER AR

UITSPRAAK

HEFERAR :
Tot die datum van sy dood gedurende die nag van 22 Junie 1988 het die 80-jarige Mnr Adolph Claassens al-leen op 'n kieinhoewe in dïe Potchefstroom-distrik gewoon. Daardie dag het die drie appellante mekaar op Carleton-ville ontmoet en afgespreek omMnr Claassens te gaan be-roof. Derde appellant het vroeër vir hom gewerk. Toe hulle die aand by die kleinhoewe opgedaag het, was daar nog lig in die huis. Hulle het gewag totdat Mnr Claas-sens gaan slaap het en toe die agterdeur oopgemaak met behulp van twee skêre wat hulle blykbaar op die stoep gevind het. Met die skêre in hulle besit is hulle die huis binne en reguit na die kamer waar Mnr Claassens ge-slaap het. Laasgenoemde het wakker geword en 'n gestoei

/2

2. het tussen hom en die appellante ontstaan waartydens hy herhaaldelik met een van of albei die skêre gesteek is en ernstige hoofbeserings opgedoen het. Nadat hy oor-rompel en sy hande agter sy rug vasgemaak is, het die appellante 'n aantal artikels uit die huis verwyder. Die volgende dag is eerste en tweede appellante gearresteer nadat hulle 'n swart meisie elders in die omgewing ver-krag het. Die goed wat hulle uit die huis gesteel het, was nog steeds in hulle besit. Tweede appellant het die polisie gaan wys waar hulle dit gesteel het. In die huis is Mnr Claassens dood op sy bed aangetreí. Later is 'n nadoodse ondersoek op sy liggaam uitgevoer en is ge-vind dat hy nie minder nie as vyftien steekwonde in die borskas toegedien is, een waarvan die linkerlong gepenetreer

/3

3. het. Die lykskouer het sy dood toegeskryf aan die bloedíng in die bors wat deur hierdie wond veroorsaak is en brein-bloeding wat veroorsaak is deur die hoofbeserings waarna reeds verwys is.
By hulle iatere verhoor in die hof a quo waar hulle voor HARTZENBERG R en assessore tereggestaan het op aanklagte van huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede (aanklag 1) en moord (aan-klag 2),(en eerste en tweede appellante op 'n verdere aan-klag van verkragting (aanklag 3)),het elke appellant sy eie weergawe gehad van die gebeure in die oorledene se huis die aand van sy dood. Elkeen het erken dat hy op een of ander manier betrokke was by die stoeiery maar nie een van hulle wou erken dat dit hy was wat die oorledene

/4

4. gesteek of die hoofbeserings toegedien het nie. Volgens eerste appellant was dit die ander twee appellante wat hom met die skêr gesteek het; volgens tweede appellant was dit derde appellant en volgens laasgenoemde was dit tweede ap-peilant wat gesteek het. Wat die hoofbeserings betref, was hulle dit ook nie eens nie: volgens eerste appellant het derde appeliant die oorledene aan die voete getrek en het die oorledene op 'n trap by die bed geval; tweede ap-pellant beaam dit maar beweer ook dat eerste appellant die oorledene geskop het; volgens derde appellant het eerste appellant die oorledene op die grond langs die bed laat vai en toe op sy oog getrap.

Hoewel die verhoorhof in die lig van hierdie botsende weergawes nie in staat was om te bepaal wie van

/5
5.

die appellante die oorledene die beserings toegedien het waaraan hy gesterf het nie, is al drie nogtans skuldig be-vind aan moord weens huiie gesamentlike deelname aan die aanval wat, volgens elkeen se subjektiewe besef, noodlot-tig kon wees. Die hof het bevind dat die opsetvorm wat bewys is, dolus eventualis is. Geen versagtende omstan-dighede is bevind nie en op aanklag 2 is aldrie appellante die doodvonnis opgelê. Die verhoorregter het egter ver-lof aan die appellante verieen om te appelleer teen die bevinding dat daar nie versagtende omstandighede was nie en die doodvonnis wat gevolglik op die tweede aanklag op-gelê is.
Die benadering tot 'n appèl soos hierdie is wei-bekend en dit is slegs nodíg om te konstateer dat met die

/6

6. verhoorhof se bevinding oor versagtende omstandighede slegs ingemeng sal word indien die hof misgetas het of indien dit 'n bevinding is waartoe geen redelike hof kon
geraak het nie. Al drie appellante se advokate het aan-gevoer dat die verhoorhof misgetas het maar, aangesien hulle betoë in hierdie verband so klaarblyklik ongegrond is, is ek nie van voorneme om dit te bespreek nie. Wat as versagtende omstandighede aan hierdie hof voorgehou is, is dat die moord nie vooraf beplan is nie, dat die bewese opsetvorm dolus eventualis is en dat sommige ap-peliante 'n minderwaardige rol in die aanval gespeel het. In die geval van tweede appellant is ook op sy jeugdig-heid gesteun (hy was 19 jaar en 7 maande oud ten tyde van die voorval). Al hierdie faktore is deur die verhoorhof

/7

7. oorweeg en in die verwerping daarvan is geen mistasting begaan nie. Ek meen ook nie dat die bevinding onredelik in bogenoemde sin is nie. Wat tweede appellant betref, is dit natuurlik so dat 'n tienderjarige, selfs weens moord, nie ligtelik die doodvonnis opgelê word nie. Maar dit blyk nie dat tweede appellant se jeugdigheid enige rol ge-speel het nie en daar bestaan geen rede om die verhoorhof se beskouing te betwyfel dat hy in al die omstandighede van die saak net so strafwaardig is as die ander appellante nie.

Die appèl word van die hand gewys.

J J F HEFER AR.

CORBETT HR )

STEM SAAM. VAN HEERDEN )