South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 145

| Noteup | LawCite

S v Maseko (145/89) [1989] ZASCA 145; [1990] 1 All SA 532 (A) (20 November 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

PAULOS MASEKO Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: HOEXTER, MILNE et EKSTEEN, ARR Verhoor: 24 Augustus 1989 Gelewer: 20 November 1989

Uitspraak deur: J.P.G. EKSTEEN, AR
4

UITSPRAAK

EKSTEEN, AR :

Die appellant was tesame met agt ander persone aangekla van moord en van brandstigting. Op die eerste aanklag was dit hulle ten laste gelê dat hulle vir Linah Ramasela Mphela op 1 Januarie en te Mamelodi in die dis-trik Wonderboom vermoor het. Tweedens was hulle daar-van aangekla dat hulle op dieselfde tyd en plek die woon-huis van Linah Ramasela Mphela opsetlik en wederregtelik aan die brand gesteek het. Aan die einde van die ver-hoor was al die appellant se medebeskuldigdes onskuldig bevind op albei aanklagtes, en ontslaan. Die appellant is ook onskuldig bevind op die aanklag van brandstigting, maar hy was skuldig bevind aan die moord op Linah Mphela.

2

Die hof het bevind dat daar geen versagtende omstandig-hede was nie, en die appellant is gevolglik ter dood ver-oordeel. Hy kom nou. in hoër beroep teen beide sy skul-digbevinding en vonnis.
By die verhoor het die Staat in hoofsaak gesteun op die getuienis van Freddy Mphela, die seun van die oor-ledene, wat by haar ingewoon het. Hy het getuig dat beskuldigdes 6 en 7 die oggend van 1 Januarie 1986, met beskuldigde 6 se opgeskote dogter, by sy moeder se huis opgedaag het. Hulle het beweer dat die oorledene deur haar towerkuns die meisie aangehou het en kranksinnig ge-maak het. Hulle het ook ge-eis dat die oorledene voor 12 uur daardie oggend die kind gesond moes maak, anders sou hulle haar verbrand. Freddy sê dat die oorledene

3

vir die kind medisyne gegee het, en dat hulle toe daar weg is. Later het al die ander beskuldigdes opgedaag en die oorledene na die huis van beskuldigde 6 en 7, wat so-wat drie huise van die oorledene se huis geleë is, geneem. Daar was dit besluit om die oorledene te verbrand. Sy was gevolglik na die straat getrek waar twee motorbuite-bande om haar lyf gesit was, brandstof oor haar gegooi was, en sy aan die brand gesteek was. Hy sê dat die oorledene daarin geslaag het om van die buitebande om haar lyf ont-slae te raak, en dat sy daarna na haar huis gevlug het. Die huis was toe ook aan die brand gesteek. Freddy het in sy getuienis al die beskuldigdes voor die hof by die gebeurde van daardie dag betrek.

Onder kruisverhoor het dit spoedig geblyk dat
4

Freddy 'n onbevredigende getuie was. Talle weersprekings en onwaarskynlikhede is in sy getuienis uitgewys. Die geleerde verhoorregter was terdeë bewus van hierdie swak-hede, en hy het hulle breedvoerig in sy uitspraak behandel. Hy verwys ook na 'n moontlike motief by Freddy on valse ge-tuienis af te lê, nl. om vergelding te soek vir die moord op sy moeder. In die lig van hierdie oorweginge het die hof besluit dat dit slegs op sy getuienis sou kon staat-maak waar dit deur ander getuienis gestaaf word, en waar sodanige stawing die beskuldigdes met die misdaad verbind.
Die Staat het Freddy se minnares, Jane Lungu, ook as getuie opgeroep. Sy het getuig dat sy op 1 Janua-rie 1986 al die beskuldigdes, behalwe beskuldigdes 2 en 5, by die oorledene se huis gesien het en gehoor het dat hulle

5
hul voorneme uitspreek om die oorledene te "brand", om-dat sy 'n kind "na 'n zombi verander het". Sy sê dat sy toe daar weg is om vir Freddy "by die plein" te gaan roep. Sy was nie teenwoordig toe die oorledene later aan die brand gesteek was nie. Haar getuienis bots met die van Freddy, en alhoewel dit nie uitdruklik uit die uitspraak van die geleerde regter a quo blyk nie, wil dit tog voor-kom dat die hof haar getuienis verwerp het. Geen steun vir enige van die hof se bevindinge word by haar getuie-nis gesoek nie.
Sersant Moolman was op 1 Januarie 1986 saam met agt ander polisiemanne in 'n Caspir voertuig op pa-trollie in die betrokke woonbuurt toe hy die rook van die oorledene se brandende huis opgemerk het. Hy het

6

daarheen gery. In die straat voor die huis het sowat 200-250 mense saamgedrom, en moes hy van traanrook ge-bruik maak om hulle uitmekaar te laat gaan voordat hy by die huis kon uitkom. Daarna het hy die vlamme met brandblussers onder beheer gebring en die huis binne-gegaan. In 'n agterkamer, onder 'n bed, het hy die oor-ledene gekry. Sy was erg verbrand maar nog by haar bewussyn. Sersant Moolman sê dat in die kamer waar sy gevind is daar geen tekens van 'n brand was nie. Die oorledene moes dus die brandwonde op 'n ander plek opge-doen het voordat sy onder die bed ingekruip het. Sy
is van onder die bed uitgehaal, in 'n kombers toegedraai omdat haar klere van haar lyf afgebrand was, en in 'n ambulans hospitaal toe vervoer. Die oorledene het

7

twee dae later, op 3 Januarie 1986, as gevolg van die brandwonde wat sy opgedoen het, beswyk.
In antwoord op 'n vraag in kruisverhoor het ser-sant Moolman ontken dat hy persoonlik daarvan kennis ge-dra het dat die oorledene toorkuns beoefen het, maar, sê hy, dat hy wel "'n sakkie met dolosse in en snaakse been-tjies en kruie en goed" tussen die rommel op die oorlede-ne se erf opgetel het.
Dr. Malan, 'n staatspatoloog te Pretoria, het op 7 Januarie 'n nadoodse ondersoek op die lyk van die oor-ledene uitgevoer, en tot die gevolgtrekking gekom dat haar dood te wyte was aan 'n terughouding van vog in die longe as 'n komplikasie van brandwonde. Hy het diep tweede- en derdegraadse brandwonde oor feitlik die hele romp van die
4 8

oorledene se liggaam gevind, asook aan die boonste en onderste ledemate. Hierdie brandwonde kon, na sy me-ning, veroorsaak gewees het deur petrol wat oor die oor-ledene gegooi en aan die brand gesteek was.

Nog 'n staatsgetuie was Elizabeth Mphela, Freddy se suster. Sy woon op die plaas Stinkwater in Bophuthatswana. Sy sê dat op 2 Januarie 1986 (d.w.s. die dag na die oorledene aan die brand gesteek is) die appellant en vyf van sy medebeskuldigdes by haar huis te Stinkwater opgedaag het. Hulle het aan haar gesê dat hulle haar ma doodgemaak het en dat hulle wou hê dat sy saam met hulle na haar ouerhuis moes gaan omdat hulle tokkelossies daar gekry het. Hulle het haar geneem na die oorledene se huis en daar het hulle na die

9
uitgebrande puin gekyk maar geen tokkelossies gesien nie. Sy sê dat sy die nag by ene Pop oornag het. Die volgende dag het die appellant en dieselfde vyf medebeskuldigdes haar by Pop se huis kom haal en haar oorkant die spoor-lyn geneem. Daar het hulle haar geslaan, en haar gevra om te erken dat haar moeder tokkelossies en mense in haar huis aangehou het.
Later die dag is sy terug na Stinkwater. Die middag van 2 Januarie sê sy het die appellant met be-skuldigdes 2, 3 en 8 by haar huis opgedaag. Uit vrees vir hulle het sy na die polisiestasie te Hammanskraal in Bophuthatswana gevlug. Daar het sy haar broer Freddy gekry. Die polisie het saam met haar na haar huis gegaan en die appellant en beskuldigdes 3 en 8

10

gearresteer. Beskuldigde 2 het ontvlug. By die arres-tasie, sê sy, het die appellant probeer weghardloop. Hy was deur die polisie agternagesit en gevang. Die polisie het hom hierop geslaan en toe hy op die grond neergeval het, het hulle hom geskop en geklap.
Speurder-adjudant offisier Zacharia Charlie, van die Suid-Afrikaanse Polisie, is op 6 Januarie na die Themba polisiestasie in Bophuthatswana waar die appellant aan hom oorhandig is. Charlie sê dat appel-lant se gesig opgeswel was, en dat daar bloed aan sy hemp was. Die appellant het hom meegedeel dat dit die ge-volg was van die aanranding op hom by sy arrestasie. Die appellant was klaarblyklik bly om vir Charlie te sien. Charlie sê dat hy die appellant en sy twee medebeskuldig-

11

des saam met hom na die Mamelodi polisiestasie geneem het, waar hulle aangehou is.
In sy uitspraak meld die geleerde verhoor-regter dat alhoewel dit aanvaar word dat die appellant te Stinkwater deur die Bophuthatswana polisie gearresteer is, die hof nie kan staatmaak op Elizabeth se getuie-nis oor welke van die beskuldigdes erken het dat hulle die oorledene doodgemaak het nie. Daar was derhalwe niks in haar getuienis wat enige van die beskuldigdes pertinent met die moord op die oorledene verbind het nie. Ewe-eens het die getuienis van Moolman, Malan en Charlie ook nie enige van die beskuldigdes . in. die ten laste gelegde misdaad betrek nie, en dit het dus geen stawing vir Freddy se getuienis gebied nie. Om hierdie

12

rede was al die appellant se medebeskuldigdes onskuldig bevind en ontslaan. Die appellant het homself egter in 'n ietwat ander posisie bevind as sy medebeskuldigdes uit hoofde van sekere erkennings wat hy op 6 Januarie 1986 aan luitenant Theron gemaak het. Soos later sal blyk het die appellant getuig dat hy hierdie erkennings uit vrees gemaak het, en nie vrywillig nie. Sonder die erkennings kon die Staat nie sy saak teen die appellant bewys nie. Dit sal dus nodig wees om die getuienis hieromtrent noukeurig te ontleed.
Luitenant Theron was destyds verbonde aan die huisbraak-tak van die polisie te Pretoria Sentraal. Sy getuienis kan soos volg opgesom word. Hy het hoegenaamd niks met die ondersoek van die onderhawige saak te doen

13

gehad nie. Hy is op 6 Januarie gevra om na Mamelodi te gaan. Daar het hy die appellant in speurder-sersant Buys se kantoor ontmoet, en sersant Buys het hom meegedeel dat die appellant sekere uitwysings wou doen in verband met "die necklace moord van 'n swart vrou in Mamelodi Oos." Luitenant Theron is versoek om die appellant te vergesel by hierdie uitwysings. Speurder-konstabel Masegela van die Mamelodi polisiestasie het as tolk opgetree. Luitenant Theron sê dat hy die appellant behoorlik ingelig het oor sy regte, en aan hom verduidelik het dat dit nie nodig was om enige punte uit te wys of om enigiets te sê as hy nie wou nie. Die appellant het egter vrywillig ge-sê dat hy "die plek" wou gaan uitwys, en ook ander uitwys-ings wou doen. Gevolglik is die appellant, luitenant

14

Theron, en konstabel Masegela in 'n polisievoertuig van die Mamelodi polisiestasie weg. Die appellant het vir die luitenant beduie hoe om te ry, en hulle na huis no. 15978, d.w.s na die huis van beskuldigde 6 wat, soos ek reeds gesê het, omtrent drie huise van die oorl dene se huis geleë was. Uit die notas wat luitenant Theron by dié geleentheid gemaak het blyk dit dat die appellant erken het dat hy teenwoordig was toe die oorledene aan die brand gesteek is. Hy het egter aangevoer dat hy nie besef het dat die oor-ledene sou sterf as sy aan die brand gesteek word nie.

15

Luitenant Theron sê dat hy opgemerk het dat die appellant se gesig geswel was en dat daar bloed aan sy hemp was. Sersant Buys het egter vertel van die aanranding op die appellant deur die polisie van Bophuthatswana, en hy het die ap-pellant gevolglik nie daaroor uitgevra nie.
Konstabel Masegela het ook getuig en lui-tenant Theron in alle wesenlike opsigte gestaaf.
Die appellant het in sy getuienis ontken dat hy enigsins gemoeid was met die moord op die oorle-dene. Hy ontken ook dat hy enigsins teenwoordig was by die gebeurde, en sê dat daar soveel mense in die

16

straat om die huis van die oorledene saamgedrom het dat hy nie nader as drie of vier huise van die oorledene se huis kon kom nie, en dat hy niks kon sien wat daar aangaan nie. In kruisverhoor sê hy dat hy nie nader as drie of vier blokke van die oorledene se huis kon kom nie.
Hy sê dat op die oggend van 4 Januarie 'n groep sogenaamde "comrades" na sy huis gekom heten hom verplig het om saam met hulle na Stinkwater te ry om vir Elizabeth Mphela te gaan haal, sodat sy die tokkelossie "in haar ma se goed" kon gaan uitwys. Teen wil en dank moes hy met hulle saamgaan. Met hulle aankoms te Stinkwater, sê hy, is hy tesame met beskuldigdes 3 en 8 deur die Bophuthatswana polisie

17

gearresteer. Hulle is in 'n vangwa gelaai en sonder enige rede met stokke geslaan.
Op 6 Januarie het speurder-adjudant-offisier Charlie hulle kom haal en hulle na die Mamelodi polisie-stasie geneem. Daardie selfde nag, sê hy, is hy uit die selle geneem en deur polisiebeamptes Schultz, Mnisi en Kekana aangerand. Dit was 'n langdurige en ernstige aanranding, en weereens is geen rede daar-voor aangevoer nie. Hy sê dat hy aan sy linker-elm-boog, sy linker-hak en sy linker-knie sodanig beseer is dat hy mank geloop het.
Na die aanranding is hy oor die dood van die oorledene uitgevra en het hulle hom 'n verklaring laat teken. Die volgende dag, d.w.s. die 7de Januarie het

18

dieselfde drie polisiebeamptes wat hom die vorige aand aangerand het, na hom toe gekom en vir hom gesê dat 'n "groot baas van die polisie" daardie dag sou kom en dat daardie baas "slaan". Kort daarna daag luitenant Theron daar op, en hy is saam met die luite-nant en konstabel Masegela per motor na die omgewing voor die huis van die oorledene. Hy erken dat hy plekke aan luitenant Theron uitgewys het, en hom dinge vertel het, maar sê dat dit sommer dinge was wat hy self daar en dan uitgedink het. Dit het hy gedoen, sê hy, uit vrees dat luitenant Theron hom sou slaan as hy nie gepraat het nie. Hy gee toe dat luitenant Theron hom geensins gedreig het, of enige druk hoege-naamd op hom uitgeoefen het nie. Daarna is hulle

19

terug na die polisiestasie. Hy ontken dat konstabel Masegela as tolk opgetree het, en sê dat sy gesprek met luitenant Theron deurgaans in Afrikaans gevoer is. Hy ontken ook dat die luitenant ooit die verklaring weer aan hom oorgelees het, of dat hy dit bevestig het, soos wat luitenant Theron getuig het. Dit is gemene saak dat hy nie die verklaring onderteken het nie.
By 'n blote deurlees van die appellant se getuienis blyk dit dat hy geensins 'n bevredigende ge-tuie was nie. Sy hele relaas van die aanranding wat by die polisiestasie te Mamelodi op hom sou ge-pleeg gewees het,klink onwaarskynlik en yergesog. Daarbenewens gee hy toe dat hy op Saterdag 4 Januarie te Stinkwater in hegtenis geneem is, en op Maandag

20

6 Januarie deur adjudant-offisier Charlie na Mamelodi ge-bring is. Daardie selfde aand, sê hy, het die aan-randing, wat aanleiding gegee het tot sy bereidwillig-heid om die erkennings aan luitenant Theron te maak, plaasgevind. Luitenant Theron getuig egter dat hy en die appellant reeds om 13.35 h op 6 Januarie vanaf die Mamelodi polisiestasie vertrek het na die toneel van die misdaad - d.w.s. voordat die aanranding vol-gens die appellant se relaas,kon plaasgevind het. Toe dit onder sy aandag gebring is gedurende kruis-verhoor, het hy beweer dat Charlie hom reeds die Son-dag 5 Januarie kom haal het. Sy advokaat deel hier-op die hof mee dat appellant gedurende die teepouse

21

hom opdrag gegee het dat Charlie hom nie die Sondag kom haal het nie, maar wel die Saterdag - d.w.s. 4 Januarie. Niks hiervan is aan Charlie in kruisver-hoor gestel nie.
Voorts blykdit uit sy getuienis dat hy hom-self op verskeie geleenthede weerspreek het, en deurgaans probeer het om pertinente vrae te ontwyk. Sy hele voor-drag in die getuiebank het blykbaar ook die geduld van die geleerde regter beproef want by twee geleenthede word die appellant deur hom gemaan om nie metsy rug na die regbank te staan nie. Al hierdie faktore het aan-leiding daartoe gegee dat die verhoorregter tot die ondervraging van die appellant toegetree het op so 'n manier dat daar aan die einde van die appellant se

22

saak 'n aansoek van die rekusering van die regter ge-bring is. Die aansoek is deur hom van die hand ge-wys, en dit maak een van appellant se gronde van ap-pèl voor ons uit. Appellant voer aan dat die skul-digbevinding nie kan bly staan nie weens die oënskyn-like partydigheid van die hof a quo ten gunste van die Staat, en die vooroordeel wat die regter tydens die verhoor teen die appellant laat blyk het, wat die indruk gewek het dat die hof, voor uitspraak, reeds oor sy lot beslis het. Om hierdie beswaar behoorlik te oorweeg moet daar nader gekyk word na die verhoor-regter se houding teenoor die appellant in die getuie-bank.

Uit die oorkonde blyk dit dat die geleerde
23

regter vanaf die aanvang van die appellant se hoof-

verhoor tot die ondervraging toegetree het tot n meer-
dere of mindere mate. Ek wil nie voorgee dat enige
van hierdie aanvanklike toetredes onreëlmatig of oor-
drewe was nie. Baie daarvan was om onduidelike as-
pekte van sy getuienis op te klaar, of om die appel-

lant te maan om harder te praat, of nie met sy rug na
die regbank te staan nie. Algaande, egter, het die
geleerde regter se toenemende ongeduld in sy vrae begin
deurskemer. So byvoorbeeld verskyn daar die volgende
passasie gedurende die appellant se hoofverhoor op p.

267-271 van die oorkonde:

"Mnr. Hoof: En kan jy net vir die hof sê wat die rede is volgens jou, waarom die mense wat na Stink-water toe gegaan het om die oorledene se dogter te

24

gaan haal. Hoekom het hulle vir jou saamgevat?

Hulle het aan my gesê dat die oorledene se dogter moet die oorledene se tokoloshe gaan uithaal en baie ander goed.

HOF: Nou wat het jy daarmee te doen? Hulle was mos mans genoeg? Hulle was twee motorvoertuie, hulle kon haar mos gaan haal het. Wat het jy

daarmee te doen? Hulle het dwang beoefen op

daardie stadium.

Maar waarvoor moet hulle jou saamvat? Hoe-kom 'pick' hulle op jou? Daar is mos honderde duisende mense daar in Mamelodi wat hulle kon saam-

gevat het? Ek kan nie sê hoekom hulle my kom
haal het nie. Ek was verbaas en is nog steeds verbaas.

Jy ken hulle glad nie eens nie? Nee,

hulle was aan my onbekend.
MNR. HOPF: Was dit in die tyd van die onluste?
Ja, dit was gedurende die tyd van die onluste. Hulle was ernstig gewees. Hulle het 'n persoon gedwing. As hulle 'n persoon gekry het dan het hulle daardie persoon saamgeneem. HOF: Nou wil ek dit aan jou stel - ek moet dit aan jou stel want dit is 'n afleiding wat kan ge-maak word, dat jy het saamgery met hulle omdat julle vir Elizabeth ook wou gebrand het. Julle het haar gaan haal om haar te verbrand en toe het

25
die polisie julle gelukkig daar gevang. Dit is
waarom jy daar was? Nee, hulle het my gedwing
om daarheen te gaan.
En toe julle daar stilhou, wat het hulle ge-
doen daar by Elizabeth se huis? Daar het niks
gebeur want ons was op daardie stadium gearresteer.
Nee man kyk, voor jy nou gearresteer was -Elizabeth moes tog na die polisiestasie gegaan het.
Betwis jy dit? Ek weet nie omdat ek haar nie
gesien het nie.
Ja presies, sy het vir die hof vertel sy het julle gesien en toe hardloop sy na die polisie-stasie toe want sy was bang gewees vir julle. Toe het die polisie gekom. So jy het baie tyd
gehad om weg te hardloop van hierdie mense af.
Dit het skaars twee minute geneem vandat ons daar opgedaag het, het die polisie opgedaag."
Die verhoorregter se ongeduld het algaande

met die kruisverhoor van die appellant oënskynlik ver-
der toegeneem, en laat hy vrae waarin sy ongeduld weer-
spieël word, hom ontval soos byvoorbeeld:

"Nee jy luister nie na die vraag wat ek jou vra nie. Luister nou hoor, ek het nie tyd om te mors met
26

jou nie. Wanneer het jy gehoor dat die oorlede-

ne is verbrand?"

en

"Nee man kyk, moet nou nie onsin praat nie, luister na die vraag .... "

Laer af op dieselfde bladsy verskyn die volgende:

"HOF: Maar jy kon vir hom gesê het 'Man jy lieg. Ek was nooit daar gewees nie, ek het nie jou ma ver-
bránd nie'? Nee ek was nie in staat om met hom
te stry nie want ek het pyne gehad.
Ag nee, jy het so pyn gehad dat jy nie kon praat
nie? Is dit wat jy sê? Ja ek het pyne ge-
had, maar ....
Ek vra vir jou, het jy so pyn gehad dat jy
nie eers kon praat met hom nie? Ek kon
praat, maar ek het nie met hom gepraat nie.
Nou hoekom praat jy sulke nonsens dat jy so-
veel pyn gehad het? Ek het pyne gehad. Ek
was bang dat hulle my sou slaan."
En dan,om mee af te sluit, verskyn die volgen-

de, nog steeds tydens kruisverhoor, op p. 305 van die

27

oorkonde:

"HOF: Ekskuus, Het jy luitenant Theron gesê

van die aanranding? Nee, ek het hom nie ge-
sê nie.
Hoekom nie? Jy was mos op 'n verskriklike
wyse aangerand. Jy kon nie asemhaal nie, jy was
byna dood? Ek was bang om hom te vertel.
Ek sê jy was byna dood gewees, was jy nie?
Ja.
En jy vertel nie vir hom nie? Nee.
Hy het jou vertel hy is 'n vrederegter, is dit
nie? Theron het my nie vertel nie. Ek het
net gehoor toe die ander mense my gesê het.
HOF: Ek sal jou sê, ek moet dit aan jou stel
waarom jy Theron nie vertel het nie is omdat hier-
die aanranding daar bloot 'n versinsel aan jou kant
is. Nee, dit is nie 'n versinsel.
Het jy jou advokaat vertel van hierdie ver-skriklike aanrandings? Voor die staatsaak 'n
aanvang geneem het? Ek het gepraat en hul-
le het gesê dat hulle my X-strale by Kalafong sal gaan haal.
Ek vra jou nou weer. Het jy jou regsver-teenwoordiger vertel voor hierdie saak 'n aanvang geneem het, van die verskriklike aanranding wat

28

by Mamelodi plaasgevind het? Ek het aan
hom gesê dat ek aangerand is."
Dit is hoofsaaklik op hierdie passasies

in die getuienis dat die appellant se advokaat ge-

steun het in sy aansoek aan die verhoorregter dat
hy homself moes rekuseer. Uit die oorkonde blyk
dit duidelik dat die verhoorregter deur hierdie aan-

soek verras is. Volgens die oorkonde meld hy dat
dit die eerste keer in sy hele loopbaan as 'n regter
was dat hy gevra word om hom te rekuseer. Hy het
die submissie dat hy deur sy vrae 'n vooroordeel ten
gunste van die Staat getoon het as "die grootste

29

onsin wat ek nog gehoor het" bestempel. Hy kon hom

dit ook glad nie voorstel dat hy dit aan die appel-

lant gestel het dat sy bewerings van aanranding 'n
"blote versinsel" was nie.

In 'n heel kort uitspraak waarin hy die

aansoek van die hand gewys het, het die verhoorreg-

ter die hele aansoek as "absoluut vergesog" afge-

maak en verder daaraan toegevoeg

" .... daar steek geen waarheid in die bewering dat ek alreeds besluit het oor die skuld van die beskuldigde nie. Nog minder kan dit afge-lei word van die vrae wat ek aan beskuldigde nr. 1 of sy vrou of een van die staatsgetuies gestel het."

Mnr. Hopf, wat die appèl namens die appèl
30 30

namens die appellant beredeneer het, het sy betoog op die grondslag gevoer nie soseer dat die verhoor-regter inderdaad bevooroordeeld teen die appellant was nie, maar eerder dat sy uitlatings die skyn ge-wek het.

'n Sterk aanduiding dat die verhoorregter nie inderdaad bevooroordeeld was teen die beskuldigde nie, blyk uit die volgende feite. Die advokaat wat na-mens die appellant se mede-beskuldigdes verskyn het, het haar vereenselwig met die aansoek om rekusering wat die appellant se advokaat geloods het. Sy het aangevoer dat haar kliënte, uit hoofde van die verhoorregter se houding teenoor die appellant, bevrees

31

is dat hulle getuienis, wat met dié van die appellant

ooreenstem, ook summier deur die hof verwerp sou word.

Hulle aansoek om rekusering is insgelyks van die hand
gewys. Wat egter opval is dat aan die einde van die

saak, die hof bevind het dat die Staat se getuienis

so onbevredigend was dat dit onvoldoende was om 'n
skuldigbevinding van die appellant se medebeskuldigdes
te regverdig. Bygevolg is die medebeskuldigdes op
albei aanklagtes onskuldig bevind en ontslaan. Daar
is ook niks in die geleerde regter se uitspraak op die
meriete wat op daadwerklike partydigheid teenoor die
een of die ander kant dui nie.

Die juiste benadering tot die hele aange-

leentheid van rekusering is al telkemale in ons reg-spraak oorweeg en toegelig. Die grondliggende

32

beginsel is dat die regspleging te alle tye sonder enige

sweem van suspisie moet geskied. Nie alleen moet die

voorsittende regspreker die saak voor hom onpartydig, on-

bevooroordeeld en met 'n oop gemoed benader nie, maar daar
moet ook niks in sy optrede of verbintenisse met ander
wees wat 'n redelike persoon aanleiding kan gee om te dink
dat reg en geregtigheid nie in sy hof geskied het nie.
Om die woorde te gebruik van Rumpff, H.R. in Dairy Board
v Imperial Cold Storage and Supply Co. Ltd. 1977 (3) SA

659 (A) op 669 B

"In die onderhawige saak gaan dit oor die uiterlike beeld van onpartydigheid of onbevooroordeeld."

Vgl. ook wat Trollip,. Wn. AR. gesê het in S v Rall 1982

(1) SA 828 (A) op 831 H - 832 A:

33

"According to the abovequoted dictum of Centlivres

J.A. the Judge must ensure that 'justice is done'. It is equally important, I think, that he should also ensure that justice is seen to be done. After all, that is a fundamental principle of our law and public policy. He should therefore so conduct the'trial that his open-mindedness, his impartiality and his fairness are manifest to all those who are concerned in the trial and its out-come, especially the accused." (Ek onderstreep.)
Sekere fasette van die gemeenregtelike grond-

slae van hierdie beginsel word in S v Radebe 1973 (1)

SA 796 (A) en South African Motor Acceptance Corporation

(Edms.) Bpk. v Oberholzer 1974 (4) SA 808 (T) aangeraak.

In S v Herbst 1980 (3) SA (O.K.A.) 1026 word die toets
wat aangelê moet word op p. 1035 E-F soos volg geformu-

leer:

"It is not necessary to go to the extent of showing that the magistrate was in fact biased against the
34
applicant, nor was this seriously suggested before us, but when sufficient facts are shown to exïst which indicate that a reasonable lay litigant or a reasonable lay observer might think that he was, that will be sufficient to warrant his recusal."
Dieselfde toets het weer ter sprake gekom in

Stadsraad van Vanderbijlpark v Administrateur, Transvaal
and Others 1982 (3) SA 166 (T) op 186 H - 188 B. McEwan R

(met wie Franklin R saamgestem het) het hom op 187 H -

188 A soos volg uitgelaat:

"As I read the reference to the Roman-Dutch law at 812 of Radebe's case the principles applicable in
our law are similar to those of the English law (see especially at 812 B), subject however, to the proviso that trivial or foolish reasons for sus-picion should not be considered."
Wanneer die benadering in bovermelde gewysdes

aangedui, by die feite van die onderhawige saak aangewend

35

word, kan die kernvraag wat hom hier voordoen soos volg gestel word: "Kan die verhoorregter se wyse van onder-vraging van die appellant by 'n regdenkende bystander of gedingvoerder die indruk laat dat die appellant nie reg-verdig verhoor is nie?"
Voorts dien veral daarop gelet te word dat die geskilpunt waarom 'n belangrike deel van hierdie onder-vraging van die appellant deur die verhoorregter gewentel het, van deurslaggewende belang is in die hele saak, naamlik die vrywilligheid al dan nie van die erkennings wat die appellant aan luitenant Theron gemaak het.
Is die antwoord op die vraag hierbo gestel be-vestigend, kom die onbehoorlike ondervraging dan per se neer op 'n onreëlmatigheid wat die hele verhoor ongeldig

36

maak; en is dit onnodig om die skuld van die appellant in die lig van al die getuienis te oorweeg. (S v Moodie 1961 (4) SA 752 (A) op 758 G en S v Mushimba en Andere 1977 (2) SA 829 (A) op 884 G - H.)
'n Verhoórregter is geregtig, en dikwels ver-plig, om tydens 'n verhoor vrae aan 'n getuie te stel. Hy kan ook leidende vrae aan 'n getuie stel (S v Rall (supra) op 831 A - F). Hy moet egter deurentyd waak teen enige optrede wat die indruk kan skep dat hy tot die strydperk neerdaal. Sodanige optrede kan die verdere indruk wek dat hy partydig is, en dat hy geskilpunte wat eers aan die einde van die verhoor beslis moet word, vooruit beoordeel het. (Greenfield Manufacturers (Temba) (Pty.) Ltd. v Royton Electrical Engineering (Pty.) Ltd. 1976 (2) SA

37

565 (A) op 570 E - F.
In die onderhawige saak het die verhoorregter dikwels met vrae tussenbei getree tydens die hoofverhoor van die appellant en ook tydens die kruisverhoor, maar ek kan nie sê dat dit insigself 'n oormatige tussenbeitrede was in die lig van al die omstandighede nie. In hierdie opsig wil dit voorkom dat dit nie vergelyk kan word met dié in sake soos R v Roopsingh 1956 (4) SA 509 (A), of S v Meyer 1972 (3) SA 480 (A), of selfs met S v Rall (supra) nie. Die kritiek teen die verhoorregter se op-trede lê eerder opgesluit in die toenemende ongeduld wat uit sommige van sy opmerkings straal, en die ongelukkige stellings wat hy by twee geleenthede aan die appellant ge-maak het.

38

Ek het goeie begrip vir die gevoel van irritasie en ongeduld wat soms by 'n verhoorregter oplaai waar 'n getuie tydens 'n lang verhoor, onnosele of onlogiese ant-woorde op vrae gee, of 'n irriterende houding in die ge-tuiebank aanslaan. Soos blyk uit die oorkonde was van die appellant se antwoorde aan die advokate onduidelik of onhoorbaar deur die tolk aan die verhoorregter opgedra, en moes hy vra wat die getuienis is. Die appellant moes ook gemaan word om harder te praat sodat sy medebeskuldig-des ook kon hoor wat hy sê. En dan het die appellant blyk-baar die irriterende gewoonte gehad om sy rug op die reg-bank te keer, en moes hy by meer as een geleentheid ge-maan word om dit nie te doen nie. Al hierdie dinge moes 'n beproewing vir die verhoorregter se geduld gewees

39

het. Dit kan egter nie 'n verskoning bied vir die blyke van ongeduld en irritasie wat uit die verhoorregter se uit-latings na vore gekom het nie. Uitlatings soos "Het jy dit vir jou advokaat vertel"; "Nou kyk, wil jy vir my vertel .... " en "Ek vra jou nou weer .... " tydens die appellant se hoofverhoor, is ongevraagd en kan intimide-rend voorkom. So ook om tydens kruisverhoor uitdruk-kings soos " .... ek het nie tyd om te mors met jou" en "Nee man kyk moet nou nie onsin praat nie" te gebruik, is nie alleen die regtersamp onwaardig nie, maar skep dit ook die indruk dat die verhoorregter alreeds die getuie-nis van die appellant as onaanvaarbaar verwerp het.
Hoe ongeduldig 'n regterlike beampte ookal mag raak, is dit sy dure plig om terwille van die onbesproken-

40

heid van die regspraak wat hy moet bewaar, nie op die regbank uiting aan sy ongeduld te gee nie. Openlike tekens van ongeduld is altyd 'n vergryp teen die vlekke-lose onpartydigheid wat van hom wat die weegskaal van geregtigheid tussen gedingvoerende partye moet bewaar, verwag word.
Die mees ernstige beswaar is egter teen die stellings wat die verhoorregter aan die appellant gemaak het - een tydens sy hoofverhoor en een in kruisverhoor. In ons howe is dit die gebruik dat die advokaat van die teenparty 'n getuie se getuienis sal aanval deur dit aan
hom te stel dat wat hy getuig het nie waar is nie en dat 'n ander toedrag van sake inderdaad die waarheid is. Dit is trouens 'n erkende en toelaatbare vorm van kruisverhoor

41

veral waar die geloofwaardigheid van 'n getuie aangeval word. Maar waar so 'n aanvallende stelling uit die mond van die voorsittende verhoorregter kom, betree hy nie slegs die strydperk van die gedingvoerderis nie, maar skep hy die indruk dat hy as kruisvraer optree; en dat hy nie die getuienis van die getuie aanvaar nie maar wel die juistheid van die feite wat hy aan hom stel - d.w.s. die feite waarop die teenparty steun. Dit is waar dat die geleerde verhoorregter in albei gevalle waar hy sulke stellings aan die appellant gemaak het, dit gekwalifiseer het met die woorde "ek moet dit aan jou stel", en by die eerste geleenthëid daarby gevoeg het "want dit is 'n af-leiding wat kan gemaak word". Selfs hierdie kwalifika-sies kan m.i. nie die kruisverhorende stempel van "Ek

42

wil dit aan jou stel .... " uitwis nie. Die geheel-indruk wat deur so 'n stelling redelikerwyse gelaat word is dat die verhoorregter nou as kruisvraer optree en hom vereenselwig met die Staat se saak teen die appellant.

Soos ek reeds daarop gewys het, is dit nie voor ons betoog dat die verhoorregter inderdaad partydig vir die Staat en teen die beskuldigdes was nie. Dit word geredelik aanvaar. Ongelukkig kan ek nie ontkom aan die gevolgtrekking dat hierdie stellings by 'n redelike aan-hoorder die indruk kan laat dat die verhoorregter die getuienis van die appellant reeds verwerp het en sy ge-dagtes gesluit het vir sy moontlike onskuld. Die be-ginsel wat hier geld, word deur Lord Denning M.R. in Metropolitan Properties Co. (F.G.C.) Ltd. v Lannon and

43

and Others; Regina v London Rent Assessment Panel Commit-

tee, Ex parte Metropolitan Properties Co. (F.G.C.) Ltd.

(1969) 1 Q.B. 577 op 599 C - P pertinent soos volg gestel:

"The court looks at the impression which would be given to other people. Even if he was as impartial as he could be, nevertheless if right-minded persons would think that, in the circumstances, there was a real likelihood of bias on his part, then he should
not sit
The court will not inquire whether he did, ih fact, favour one side unfairly. Suffice it that reason-able people might think he did. The reason is plain enough. Justice must be rooted in confidence: and confidence is destroyed when right-minded people go away thinking: 'The judge was biased.'"
Waar die optrede van die verhoorregter in hier-

die opsig saamgeneem word met die ongelukkige openbaring
van sy stygende ongeduld waarna ek reeds verwys het,
meen ek dat die verrigtinge nie voldoen het aan die ver-
eistes wat deur ons howe gestel word vir 'n billike en

44

regverdige verhoor nie - 'n verhoor waar reg en geregtig-heid nie slegs geskied het nie, maar waar dit ook vir enige aanhoorder daarvan moes geblyk het dat dit wel ge-skied het. Die openbare beleid vereis dat dit as 'n onreëlmatigheid bestempel moet word wat per se die ver-rigtinge ongeldig maak. Dit is derhalwe onnodig om die meriete van die saak enigsins te oorweeg en die appellant kan dus ingevolge die bepalings van Artikel 324 van die Strafproseswet weer aangkla word (S v Naidoo 1962 (4) SA 348 (A) op 354 D - F).
Hierdie gevolgtrekking waartoe ek geraak het is nie ligtelik bereik nie maar eers na sorgvuldige en noukeurige oorweging van al die omstandighede. Die fundamentele vereiste dat die bron van onpartydige en

45

regverdige regspraak te alle tye suiwer en onbevlek be-waar word, dwing my egter daartoe.

Om bostaande redes kan die skuldigbevinding

en vonnis nie bly staan nie.

Die appèl slaag en die skuldigbevinding en vonnis word ter syde gestel.

J.P.G. EKSTEEN, AR

HOEXTER, AR )
stem saam MILNE, AR )