South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 152
| Noteup
| LawCite
Ellispark Stadion Bpk v Minister van Justisie (158/89) [1989] ZASCA 152 (24 November 1989)
Download original files |
Saaknommer 158/89
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ELLISPARK STADION BEPERK Appellant
en
DIE MINISTER VAN
JUSTISIE Respondent
CORAM: HOEXTER, HEFER, VIVIER, MILNE, ARR et NICHOLAS, Wnd AR
VERHOOR: 5 September 1989
GELEWER: 24 November 1989
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2
HOEXTER, AR,
Kragtens art 46(3)(a) van die Wet op Binnelandse
Veiligheid, 74 van 1982, en by
Staatskennisgewing No 621
van 1988 ("die kennisgewing") het die Minister van
Justisie
'n verbod geplaas op:-
"...enige byeenkoms in die Republiek gedurende die tydperk 1 April 1988 tot en met 31 Maart 1989, behalwe enige byeenkoms vir die doelein-
des van 'n bona fide-sportgeleentheid of wat in
'n begraafplaas plaasvind vir die doeleindes
van 'n begrafnis of wat binne 'n gebou gehou word..."
Luidens die kennisgewing was gemelde verbod nie van toepas-
sing nie op enige byeenkoms wat die Minister van Justisie
of die landdros van die distrik waarin die byeenkoms gehou staan te word, te
eniger tyd uitdruklik magtig.
Die appellant is 'n maatskappy wat sake doen
onder meer as 'n aanbieder van sportbyeenkomste en allerlei ver-maaklikheid.
Gedurende
Januarie 1989 was die appellant, in
medewerking
3
medewerking met drie ander instansies, van voorneme om op 4 Maart by die Ellispark-Stadion h musiekfees ("die konsert") wat onder die naam "The Human Rainbow Concert in the Park" bekend sou staan, aan te bied. Die konsert sou van 10 vm tot 10 nm duur en in die loop daarvan sou vele orkeste asook individuele kunstenaars beur-telings nommers voordra. Een van die appellant se medewerkers was die "South African Musicians Alliance" ("SAMA"). Toegangs-kaartjies teen R12 stuk is aan die publiek verkoop en 'n gedeelte van die toegangsgelde sou ten bate van SAMA aangewend word met die oog op die stigting van 'n pensioenfonds, h mediese fonds, en versekering van sy lede se musiekinstrumente. Gedagtig aan die verbod in di'e kennisgewing vervat ("die verbod") het die appel-lant geglo dat magtiging vir die hou van die konsert regtens 'n voorvereiste was; en op 30 Januarie 1989 het die appellant se bestuurder namens die appellant h brief aan die hoofland-. dros van Johannesburg gerig waarin magtiging vir die hou van die konsert aangevra is. Op 21 Februarie 1989 het die
hooflanddros
4
hooflanddros die appellant in kennis gestel dat hy nie bereid was om
magtiging vir die hou van die konsert te verleen nie. Op dieselfde
dag het die
appellant regsadvies ingewin. Deur sy regsadviseurs is die appellant meegedeel
dat die verbod nie die hou van die konsert
raak nie; en dat geen uitdruklike
magtiging daarvoor nodig was nie.
Vervolgens het die appellant 'n dringende
aansoek geloods. By kennisgewing van mosie het die appellant op 23 Februarie
1989 by die
hof a quo aangeklop. Teen die Minister van Justisie (as
eerste respondent) en die hoof-landdros van Johannesburg (as die tweede
respondent)
het die appellant o a 'n verklarende bevel aangevra dat die verbod
nie op die konsert van toepassing is nie en dat die hoofland-dros
se weiering om
magtiging te verleen regtens op 'n nietigheid neerkom. Die respondent het die
aansoek bestry. Na aanhoor van argument
het die hof a quo (PUCKRIN, Wn
R)
beslis
5
beslis dat die konsert wel 'n "byeenkoms" is soos by art 1 van Wet 74 van 1982 bedoel, en hy het die aansoek met koste van die hand gewys. Die kostebevel het die koste van twee advokate ingesluit. Die uitspraak van die hof benede is sub nom "Ellis Park Stadium Ltd v Minister of Justice and Another" in 1989(3) SA 898 (T) gerapporteer. Met verlof van die hof a quo kom die appellant voor hierdie hof in hoër beroep.
Kort voordat die appellant se aansoek aangehoor is, het die tweede respondent
'n beantwoordende verklaring
ingedien. Die hoofinhoud daarvan kom op die
volgende neer.
Die laaste oortgelyke musiekfees wat in die Ellispark-
Stadion gehou is, het op 11 Januarie 1986, met toestemming
van 'n
voormalige waarnemende hooflanddros van Johannesburg,
plaasgevind. Die tweede
respondent het inligting bekom
dat laasgenoemde musiekfees deur grootskaalse
dwelmmisbruik,
drankmisbruik
6
drankmisbruik, rassekonflik, bakleiery en openbare onrus gekenmerk is. Mense wat nie toegang tot die stadion kon verkry nie, het buite die stadion saamgedrom en by vier geleenthede was dit noodsaaklik om traanrook te gebruik. Na deeglike oorweging van al die relevante inligting, aldus die tweede respondent, was hy bevrees dat die konsert dieselfde of selfs nog 'n groter versteuring van die openbare rus tot gevolg sou hê. Na sy mening het die feite daarop gedui dat by die konsert 'n uiters plofbare situasie sou kon ontstaan wat selfs die gevaar van lewensverlies sou inhou. By sy beantwoordende verklaring het die tweede respondent 'n beëdigde verklaring van 'n brigadier in die Suid-Afrikaanse Polisie gevoeg waarin die verklaarder die mening uitgespreek het dat die hou van die konsert waarskyn-lik 'n ernstige versteuring van die openbare rus tot gevolg sou hê. Die appellant het verkies om geen repliserende
beëdigde
7
beëdigde verklaring ter weerlegging van die bewerings in
die
beantwoordende verklaring vervat, in te dien nie. Hy
het ook nie die
toelaatbaarheid daarvan betwis nie. In
die lig hiervan het PUCKRIN, Wn R die
feite van
die geval soos volg (op 901F) benader:-
"I must emphasise that as a consequence of the aforegoing I am bound to accept as correct the version of the facts put forward by the second respondent."
Wat betref die aard van die konsert,
die beweegredes van
die musiekliefhebbers wat dit sou wou bywoqn, en die
oogmerke
van die organiseerders, het PUCKRIN, Wn R in billikheid
teenoor
die appellant die volgende aanvaar (op 902I-903A):-
"The second respondent's refusal to grant permission and the effect of my order are such that it is highly improbable that the concert will now be held. Not only have the many musicians who were invited to participate been deprived of an opportunity to perform at the concert, but iiterally thousands of members
of
8
of the public have likewise been dis-appointed. I accept without reservation that the vast majority of such persons had no motive other than the entirely legitimate desire to hear their favourite musicians per- form in a congenial atmosphere. I also accept without reservation the argument by Mr Van Wyk, who appeared on behalf of the applicant, that the organisers of the concert intended to foster harmonious relations between the various population groups and not to cause conflict between them."
Die bepalings van art 46(3) van Wet 74 van 1982 lees soos volg:-
"Die Minister kan, indien hy dit nodig of dienstig ag in die belang van die veiligheid van die Staat of vir die handhawing van die openbare rus of ten einde te voorkom dat vyandiggesindheid tussen verskillende be-volkingsgroepe van die Republiek veroorsaak, aangemoedig of aangestook word -
(a) enige byeenkoms in enige gebied; of
(b) 'n bepaalde byeenkoms of enige byeenkoms van h bepaalde aard, klas of soort op 'n bepaalde plek
of in 'n bepaalde gebied of waar ook
al in die Republiek, gedurende enige tydperk of op enige dag of gedurende bepaalde tye of tydperke binne enige
tydperk
9
tydperk verbied op 'n wyse bepaal in subartikel (2)(a), behalwe in die gevalle wat in die be-trokke verbod deur die Minister bepaal word, of wat die Minister of 'n landdros wat ooreenkom-stig die Minister se algemene of spesiale voor-skrifte optree, te eniger tyd uitdruklik magtig."
(In art 1 van die Wet word "Minister" as
die Minister van Wet
en Orde omskryf, maar kragtens sy grondwetlike magte het
die
Staatspresident die Minister van Wet en Orde se bevoegdhede
ingevolge
die Wet aan die eerste respondent toegewys.)
Die relevante gedeelte van die omskrywing van
"byeenkoms" in art 1 van die Wet lees soos volg:-
"In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken:-
'byeenkoms', by die toepassing van -
(a) artikels 46(3) (b)
enige byeenkoms, toeloop of optog van enige getal persone;
(b) 'n ander bepaling van hierdie Wet,
'n byeenkoms, toeloop of optog
van
enige getai persone met 'n gemeen-
skaplike doel, hetsy so 'n doel
wettig
of onwettig is;"
By
10
By oorweging van art 46(3) van die Wet saam met die verbod, is dit duidelik
dat die enger omskrywing van "byeenkoms" soos in (b) van
die definisie hierbo
bedoel, op die onderhawige geval van toepassing is.
Daar is 'n reeks
beslissings van hierdie hof wat pertinent gaan oor die vraag wat by die
onderhawige appèl ter sprake kom.
In 'n weldeurdagte uitspraak in die hof
benede het PUCKRIN, Wn R sy aandag veral toegespits op 'n trilogie van sake wat
in die tydperk
1955-1963 beslis is; en die belese regter het vervolgens op die
vraag ingegaan in hoeverre die standpunte/daarin gestel herbeskouing
verg in die
lig van 'n daaropvolgende beslissing in die jaar 1980. Vir doeleindes van die
onderhawige appèl is dit nodig om
elkeen van hierdie vier gewysdes onder
die loep te neem.
Die drietal gewysdes bestaan uit R v Kahn 1955(3) SA 177(A); R v Lan 1956(2) SA 246(A); en Dudley v Minister
of
11
of Justice 1963(2) SA 464(A). Elkeen van hierdie drietal was 'n
eenparige beslissing van vyf lede van hierdie hof. Die vierde gewysde is S v
Zigqolo en Andere 1980(1) SA 49 (A), 'n eenparige beslissing van drie lede
van hierdie hof. In die Kahn-saak was die appellant kragtens die
bepalings van Wet 44 van 1950 verbied om vir twee jaar enige byeenkoms in die
land by te woon.
Ter sprake in die saak was die omskrywing van 'n byeen-koms
("gathering") in Wet 44 van 1950 ("enige byeenkoms, toeloop
of optog van
enige aantal persone wat 'n gemeenskaplike doel
voor oë het, hetsy so 'n
doel wettig of onwettig is") welke om-skrywing wesenlik gelykluidend is met die
omskrywing van "byeen-koms"
waaroor dit in die onderhawige saak gaan. In sowel
die Lan-saak as die Dudley-saak het hierdie hof weer te make met
die vraag of h samesyn van persone neerkom op 'n "byeenkoms" soos by Wet 44 van
1950 bedoel.
In die Zigqolo-saak was die Wet op Oproerige Byeenkomste 17
van 1956 ter
sprake
12
sprake, en die vraag was of die appellante 'n "byeenkoms", soos by art 1 van
daardie Wet bedoel, bygewoon het. Weer eens was die omskrywing
van "byeenkoms" -
naamlik: "'n byeenkoms, toeloop of optog van enige getal persone met 'n
gemeenskaplike doel, hetsy so 'n doel wettig
of onwettig is" - wesenlik
gelykluidend met dié in die onder-hawige geval.
Voorts is dit nodig om
elkeen van die hierbo-genoemde beslissings agtereenvolgens breedvoerig te bekyk
en om die ratio decidendi van elkeen te probeer bepaal. (1) DIE
KAHN-SAAK
In die streekhof het die appellant tereggestaan op 'n aanklag
dat hy in stryd met die bepalings van Wet 44 van 1950 'n verbode byeenkoms
bygewoon het. Die streek-landdros het die appellant skuldig bevind en die
appellant se appèl daarteen is deur die Kaapse Provinsiale
Afdeling
afgewys
13
afgewys. Met verlof van laasgenoemde het die appellant na hierdie hof in hoër beroep gekom. Sy appèl het geslaag en sy skuldigbevinding is deur hierdie hof tersyde gestel. Die samesyn van persone waaroor dit in die Kahn-saak gegaan het, was 'n geselligheid by 'n private woonhuis in Kaapstad wat deur ongeveer sestig mense, waaronder ook die appellant, bygewoon is. Die gasheer en gasvrou was 'n egpaar. Sommige gaste is mondeling uitgenooi terwyl ander 'n skriftelike uit-nodiging ontvang het. Laasgenoemde het die plek, datum en tyd (8.15 nm) van die "Party" aangedui en melding gemaak van "Dancing" en "Refreshments". Om 9.15 nm op die betrokke aand het speurders by die geselligheid besoek afgelê. By die appellant se verhoor is die speurders asook drie gaste as staatsgetuies opgeroep. Die getuienis van die speurders het nie veel lig op die aard van die verrigtinge gewerp nie. Die strekking van die getuienis van die gaste is soos
volg
14
volg deur CENTLIVRES, HR (op 182F/G) opgesom:-
"Their evidence was to the effect that the party was what may be described as an ordinary social gathering at which the guests conversed with one another and par-took of refreshments. One of those wit-nesses stated that there was dancing after the detectives had left. There was nothing in their evidence to suggest that the occasion was used for the purpose of delivering speeches."
Rakende die begrip "gemeenskaplike doel
voor oë" het
CENTLIVRES, HR in die Kahn-saak hom op 184A/C soos
volg
uitgelaat:-
"The words 'common purpose' are well known
in the criminal law and connote that there is a purpose shared by two or more persons who act in concert to do something. There may be an express agreement between such persons to achieve some object or there may be an implied agreement to the same end. See Rex v Duma and Another, 1945 A.D. 410 at pp 414 and 415. Directors of a company who call a meeting of shareholders to consider resolutions affecting the company have a common purpose and if the appellant were to
attend
15
attend such a meeting he would be contravening sec 11(f) of the Act. Assassins who way-lay their intended victim in order to kill him also have a common purpose. In these cases the object which the persons concerned have in view is the purpose which those persons share in common with one another. It is interesting to note that the Shorter Oxford Dictionary gives as the first meaning of 'purpose' the following: 'the object which one has in view' and that the Afrikaans version of the definition of 'gathering' (the Afrikaans version of the Act was signed) conveys
the same concept where it uses the words 'n (gemeenskaplike) doel voor oë.' Consequently if persons assemble in order to achieve some common object by concerted action such an assembly would be a gathering within the meaning assigned to that word in the Act."
By
skuldigbevinding van die appellant in die Kahn-saak het
die
streeklanddros hom op die beslissing van hierdie hof in
R v Sachs
1953(1) SA 392 (A) beroep. Met verwysing daarna
het die streeklanddros in sy
redes gesê:-
"If the contention of the defence, namely
that there can be no 'common purpose' unless there is an object to be achieved by concerted action in the future, is correct, the attendance
of
16
of the accused, Sachs, could not have been held to fall within the mischief aimed at by the section, inasmuch as the purpose of the meeting was merely to protest. There was no avowed object to be attained in the future."
Hieromtrent het CENTLIVRES, HR vervolgens in sy uitspraak
(op 184F/185A) verklaar:-
"I do not agree with the magistrate's reasons.
In Sachs' case the common purpose of the
meeting was to protest against the action of
a Minister of State and that meeting was a
gathering within the meaning of the Act because
a number of persons hoped that by their concer-
ted action a resolution of protest would be
passed. That was the object which they had in
view. . In the case of a social gathering there
is no intention to achieve anything by concerted
áction. In the present case the Crown failed to prove
that any of those who were present at the party
in the house of the Buntings desired by concer-
ted action to achieve any object. The persons
who were present at the party met together to
enjoy a social evening and it
cannot be inferred
from the evidence which was led that any of them
hoped
by concerted action to achieve any object.
When a person decides to accept an invitation
to
17
to a social gathering he does so because he individually desires to attend for reasons of his own; there may be many different reasons which induce different persons to accept and there cannot be said to be an intention on the part of those present to act in concert. Every person present is at liberty to please himself in regard to speaking to others who are present."
(2) DIE LAN-SAAK
Kragtens die
bepalings van Wet 44 van 1950 was die appellante, wat die sekretaresse van h
vakunie van werkers in die vissersbedryf
was, verbied om vir twee jaar enige
byeen-koms in die land by te woon. In die landdroshof het die
appellante op
'n aanklag van oortreding van art 11 (h) saamge-
lees met art 9(1)(b) van Wet 44 van 1950 tereggestaan. Voor
die aanvang van die verhoor het die appellante m b t die
klagstaat die volgende nadere besonderhede aangevra:-
"What was the nature of the said gathering and what common purpose did the gathering have?"
Hierop was die antwoord van die aanklaer:-
"The
18
"The gathering was held in the open and the audience consisted chiefly of persons in the fishing industry at Stompneus Bay. The gathering is alleged to have been held for the purpose of discussing conditions apper-taining to persons employed in the fishing industry."
Na afloop van die
verhoor is die appellante skuldig bevind. Sy
het sonder welslae na die Kaapse
Provinsiale Afdeling appèl
aangeteken en haar daaropvolgende
appèl na hierdie hof het ook
misluk. Met 'n beroep op die beslissing
in die Kahn-saak het
die appellante se advokaat aangevoer dat die
klagstaat, soos
deur die verstrekte nadere besonderhede aangevul, nie 'n
misdaad
openbaar het nie. Hierdie betoog is in die volgende woorde
deur hoofregter CENTLIVRES afgemaak (op 251A/B):-
"In that case (die Kahn-saak) it was held that the Crown had failed to prove that any of those who were present at the social party 'desired by concerted action to achieve any object' (p 184). In the present case the particulars do not in so many words allege a common purpose but they do allege that the gathering was attended chiefly
by
19
by persons employed in the fishing industry at Stompneus Bay and that it was held for the purpose of discussing conditions appertaining to persons employed in the fishing industry. In my opinion it is implicit from the particulars that the persons attending the gathering had a common interest and that they had the common purpose of discussing conditions of employment which applied to themselves."
Aan die woorde van sy uitspraak wat so
pas hierbo aangehaal is,
het die belese hoofregter egter die volgende
passasie (waarna
verder as "die Lan-dictum" verwys sal word)
toegevoeg (op 251B):-
"The object which they wished to achieve by their concerted action in attending the meeting was the discussion of their conditions of employment."
(3) DIE DUDLEY-SAAK
Die appellant was 'n deeltydse dosent in wiskunde aan
die Kaapse Tegniese Kollege. Kragtens die
bepalings van Wet 44
van 1950 was hy verbied om vir 'n tydperk van vyf jaar
enige
byeenkoms in die land by te woon. In die Kaapse Provinsiale
Afdeling
het die appellant sonder sukses 'n verklarende bevel
aangevra
20
aangevra dat gemelde verbod nie sy bywoning belet het nie van
(a) byeenkomste van die kollege se studente wat byeengekom het om van die appellant onderrig te ontvang; en (b) bestuursver-gaderings rakendé die kollege se sake waarby die kollege se dosente teenwoordig is. Die Provinsiale Afdeling het beslis dat luidens Wet 44 vah 1950 sowel samekomste (a) as samekomste (b) as "byeenkomste" aangemerk moet word. Teen die afwysing van sy aansoek het die appellant hom tot hierdie hof gewend. Sy appèl het gedeeltelik geslaag. Met betrekking tot die samekomste onder (b) hierbo genoem, was hierdie hof van oordeel
dat die antwoord op die vraag of enige bepaalde bestuursverga-
dering van personeellede luidens Wet 44 van 1950 op 'n "byeen-
koms", soos by Wet 44 van 1950 bedoel, neerkom, van die beson-
dere
verrigtinge by die vergadering sou afhang; en dat geen
verklarende bevel ten
opsigte daarvan sou deug nie.
Wat betref die samekomste onder (a) hierbo genoem, het die
appèl
21
appèl egter geslaag. Die bevel van die hof benede is gewysig
deur die verlening van 'n verklarende bevel ten opsigte van (a).
By
formulering van die toepaslike toets in die Dudley-saak het hoofregter
STEYN (op 467H/468A) die vol-gende gesê:-
"In Kahn's case (at p 184) the Court
allowed the appeal because it had not been shown that any of those present at the social gathering there in question 'desired by con-certed action to achieve any object'. This ratio decidendi was accepted and applied in Lan's case, and was not questioned by counsel for the respondent in the present appeal. It was common cause that the test to be applied is whether the persons gathered together, or 'some of them, have a common object which they intend or desire to achieve by concerted action."
Hierby aansluitend het STEYN, HR die begrip van gesamentlike
optrede en
die onontbeerlikheid van die bestaan van 'n oor-
saaklike verband tussen die verwesenliking van die gemeen-
skaplike
22
skaplike oogmerk en die gesamentlike optrede ondersoek,
en daarop gewys
dat die Lan-dictum logies aanvegbaar is.
Op 468A/E hêt
die belese hoofregter soos volg opgemerk:-
"In terms of the definition, the common purpose required, is the common purpose of those who constitute the gathering. It is what they have in mind when they are gathered together. Their minds must at that stage be directed towards a common object and they must contemplate its achievement by concerted action, i.e. concerted action in a causal relation-ship to the achievement of the common object. In Lan's case, which dealt with a meeting of employees called to discuss their conditions of employment, there is the following passage (at p 251):
'The object which they wished to achieve by their concerted action in attending the meeting was the discussion of their conditions of employment.'
As expressing the application of the recog-nized test to the facts, this passage is somewhat confusing and in my opinion the reference to concerted action in attending the
meeting
23
meeting is clearly incorrect. As the concerted action is something which those forming the gathering must have in mind, their attendance as such cannot be the concerted action, except where they intend to achieve something, such as the obstruction of traffic, by the mere act of congregating. Lan's was not such a case. The discussions were, presumably, intended to serve some purpose, and the intended concerted action to achieve that purpose, whatever it was, could, I venture to think, more appropriately have been found in the discussions."
STEYN, HR het vervolgens (op 468E/H)
die implikasies wat die
samekoms in (a) hierbo genoem (studente in die
lesingsaal
wat van die appellant onderrig ontvang) inhou, bespreek. Hy
het
daarop gewys dat dit die oogmerk van elke sodanige student
is om dieselfde onderrig van dieselfde dosent op dieselfde plek
en tyd en d m v dieselfde lesing te ontvang. Voorts het die
belese hoofregter (op 468H/469A) verklaar:-
"I consider, therefore, that the students assembled in the classroom must be taken to be there with a common object.
But
24
But that, according to the decisions mentioned (die Kahn-saak en die Lan-saak), is not enough. It is also necessary that they should be there with the intention of receiving instruction by their concerted action. That means that their minds must be consciously directed to concerted action, deliberately adopted or accepted by them as a means of achieving the object of re-ceiving instruction or acquiring knowledge. If, apart from simultaneous attendance, they have no such action in mind, they have no common purpose in the sense contemplated by the Act."
In die
Dudley-saak het die stukke geen aanduiding bevat dat
die
onderwysmetodes in die kollege se klasse aangewend enige
ge-
samentlike optrede behels het nie. In die veronderstelling
dat die
studente ter verwerwing van kennis gedurende hul klasse
nie doelbewus enige
gesamentlike optrede vooropgestel het nie,
het STEYN, HR die mening
uitgespreek (op 469A/D) dat die hof
nie aan studente wat in die lesingsaal
byeengekom het, enige
gemeenskaplike oogmerk, soos by Wet 44 van 1950 bedoei,
kon
toereken nie.
Met
25
Met die oog op die feite in die onderhawige geval is
dit dienstig om te let op 'n verdere aspek wat in
die uitspraak
in die Dudley-saak aangesny is. Die respondent se
advokaat in
daardie saak het ter oorweging gegee dat die oogmerk en
die
voorgenome gemeenskaplike optrede nie soseer in die gemoeds-
toestand
van die studente wat die klas bywoon, gesoek moet
word nie, maar eerder in
die gemoedstoestande van die studente
en die dosent tesaam. Die studente wat
kennis nastreef sou
dan die gemeenskaplike oogmerk koester en (aldus die
argument)
die gemeenskaplike optrede sou dan te vinde wees in die
oor-
drag van kennis deur die dosent aan die studente. Hierdie
betoog het
om verskillende redes nie by die hof ingang gevind
nie. In verband daarmee
het STEYN, HR (op 469E/H) opgemerk:-
"But even if the receiving of instruction could pass as action for present purposes - which would depend upon some activity on the part of the students, other than mental effort alone - such a construction would bring within the scope of the
definition
26
definition a large variety of daily transactions at which the provisions of the Act could hardly have been aimed. In its ultimate analysis such a construction would be based upon the relationship of the lecturer to each student. Such a rela-tionship is one which is of necessity of a supple-mentary nature, in the sense that the imparting of knowledge would be impossible without the re-ceiving, and vice versa. That would mean that, two persons being sufficient for a gathering in terms of the Act, no two people could come together to conclude any bilateral transaction, in a shop or elsewhere, without forming such a gathering. In every such case it could be said that the object of the parties is to conclude a transaction, and that they intend doing so by the concerted supple-mentary actions required, in the case of a sale, for instance, by buying and selling and tendering and accepting delivery. That, I conceive, could not have been the intention. Such supplementary actions cannot in themselves be the concerted action required for a common purpose in terms of the definition."
Tot sover die Dudley- saak. Alvorens die Zigqolo-saak in oënskou geneem word, is dit in hierdie stadium nuttig om die redes wat aan die beslissings in die sake van Kahn, Lan en
Dudley
27
Dudley ten grondslag iê, kortliks aan te stip. Samevattend, so kom dit my voor, kan gesê word dat met daardie drietal beslissings (maar miskien meer in besonder die Dudley-saak) hierdie hof die volgende grondstellings verkondig het:
(a) Die wesenskenmerk van 'n "byeenkoms" soos by Wet 44 van 1950 bedoel, word gevind in die bedoeling of begeerte van die persone wat byeenkom om deur gemeenskaplike optrede 'n gemeenskaplike oogmerk te bereik. (b) Die bedoeling of begeerte van die aanwesiges moet gerig wees op 'n gemeenskaplike optrede ás die middel of werktuig vir die verwesen-liking van die gemeenskaplike oogmerk. (c) Algemeen gesproke (maar onderhewig aan die uitsonderingsgeval wat in die Dudley-saak op 468D genoem word) kan die bedoeling of
begeerte......
28
begeerte van die aanwesiges om deur 'n gemeenskaplike optrede 'n doel te
bereik nie uit die blote feit van samekoms afgelei word nie.
(d) Ten einde nie
buite die ratio van Wet 44 van 1950 te gaan nie, en meer te verbied as
wat die Wetgewer self wou verbied het, moet "byeenkoms" inkortend uitgelê
word. (4) DIE ZIGQOLO-SAAK
Kragtens die Wet op Oproerige Byeenkomste
17 van 1956 het die Minister van Justisie van 1 Oktober 1977 tot en met 31 Maart
1978 enige
byeenkoms in die Republiek verbied. (Die verbod is onderhewig aan
sekere uitsonderings wat nie by die beslissing in die
Zigqolo-saak ter
sprake kom nie.) In die vroeë oggendure van
1978 het ongeveer 150 - 200
Swart jeugdiges by die huis van wyle Robert Sobukwe in Graaf-Reinet 'n lykwaak
vir die oorledene byge-woon.
Die lyk van die oorledene sou teen 6 of 7 vm by die
huis aangekom het. Onder die aanwesiges was die 14 appellante, algar inwoners
van Port Elizabeth. In die landdroshof het die appellante tereggestaan op 'n
aanklag dat hulle in stryd met
die
29
die bepalings van Wet 17 van 1956 'n byeenkoms bygewoon het. Die appellante
is soos aangekla skuldig bevind. Hulle appèl na
die Oos-Kaapse Afdeling
het nie geslaag nie. Met verlof van daardie Afdeling het die appellant voor
hierdie Hof in hoër beroep
gekom. Die appèl is afgewys.
By die
verhoor in die Zigqolo-saak het 'n adjudant-offisier in die
Suid-Afrikaanse Polisie wat Xhosa magtig is namens die Staat getuig. Hy was lid
van 'n polisie-span
wat op die lykwaak toegeslaan het. Die aanwesiges is
omsingel en diegene wat van Port Elizabeth gekom het, is in hegtenis geneem.
Toe
die polisie op die toneel verskyn het, het die aanwesiges in die Xhosa-taal
liedere gesing. Volgens die staatsgetuie was hierdie
liedere egter nie lofsange
of troos-liedere nie maar veglustige vryheidsliedere wat die getuie as "erg
opruiend en opswepend" bestempel
het. Voordat die polisie daar weg is, het Swart
vroue die gearresteerdes soos
volg
30
volg toegesihg: "We are the mighty Blacks, we will kill the Whites." Die
verweer sou wees dat die lykwaak nie luidens Wet 17 van 1956
'n "byeenkoms" was
nie. Na afloop van die staatsaak het nie een van die appellante getuienis
afgelê nie, maar is h man wat
as huurder in Sobukwe se huis gewoon het, as
verdedigingsgetuie opgeroep. Hy het getuig dat die jongmense wat die vorige nag
voor
die huis byeengekom het, aan hom vertel het dat hulle gekom het om 'n
lykwaak by te woon. Die singery het om 8.30 nm,begin maar die
getuie het gaan
slaap en eers weer wakker geword toe die polisie hul opwagting gemaak het. Die
singery wat hy wel gehoor het, was
lofliedere ter ere van die oorledene.
In
sy redes vir uitspraak het die landdros verwys na die feit dat die appellante
almal van Port Elizabeth gekom het met die doel om
die lykwaak by te woon; en
daaraan het hy toegevoeg (kyk op 55G/H in die verslag van die
Zigqolo-saak):-
"Die
31
"Die hof is tevrede dat daar wel 'n gemeenskap-like doel was. Die hof sê nie dat dit die enigste doel was nie. Die appellante is almal jong persone; hulle het almal blykbaar sonder hul ouers na die begrafnis van 'n man van 54 jaar oud gekom. Daar is vryheidsliedere gesing en dit is moontlik dat hulle 'n verdere gemeenskaplike doel kon gehad het, bv, om die ander persone op te sweep."
In sy uitspraak was die Oos-Kaapse Afdeing
die mening toege-
daan dat die blote samekoms om die lykwaak te hou, nie
afdoende
bewys van die bestaan van 'n gemeenskaplike doel gelewer het
nie. In die loop van sy uitspraak (kyk op 56A in die verslag
van die
Zigqolo-saak) het die Provinsiale Afdeling gesê:-
"The magistrate was incorrect, in my view,
in finding that the appellants attended a pro-hibited meeting merely because they met with others to hold a wake and to await the arrival of the body of the late Robert Sobukwe. They had a common intention in so doing of showing respect for the deceased, but by so doing, without more, their minds were not directed to the achievement of a common object by concer-ted action. Their 'attendance as such cannot be the concerted action.'"
In
32
In die lig van die aangevoerde getuienis was die Provinsiale
Afdeling
egter tevrede (kyk op 56B/C in die verslag van die
Zigqolo-saak) dat
die aanwesiges, of sommige onder hulle, die
bedoeling gehad het om deur
gemeenskaplike optrede 'n gemeen-
skaplike doel te bereik:
"However, on the evidence mentioned above (die sing van vryheidsliedere), and in the absence of any explanation from the appellants, I am satisfied that the inference that the appellants and those gathered with them, or some of them, intended to achieve a common object by their concerted action may justifiably be drawn ánd that, in the circumstances of the case, it is the only inference which reasonably can be drawn. What is, perhaps, not easy to define, is the exact common object that those gathered intended to achieve by their concerted action in singing these songs. In my view it can best be said to be an intention to arouse the emotions of and to give expression to the political aspirations of those present while awaiting the body of one who had espoused such aspirations."
Met betrekking tot die wydlopige omskrywing van "byeenkoms"
in Wet 17 van 1956 het hoofregter RUMPFF in die Ziqqolo-saak
(op 57S/H)
33
(op 57D/H) dle vogende gesê:-
"In die onderhawige geval het mens nie met dubbelsinnigheid te doen nie. Die woorde 'byeenkoms van persone met 'n gemeenskaplike doel', is nie dubbelsinnig nie. Dit is net gewel-dig wyd. Ek moet my onmag erken om 'n bepaalde restriktiewe vertolking aan die hand te doen wat sou blyk uit die doel of samehang van die Wet, en wat as toetssteen in alle gevalle ge-bruik kah word. En tog moet 'n restriktiewe vertolking toegepas word of anders word resul-tate bereik wat die Wetgewer nooit kon bedoel het nie. As 'n man en 'n vrou 'n kind wil verwek en die natuurlike proses toepas om dit te doen, is daar 'n byeenkoms van twee persone met 'n gemeenskaplike doel en daar is ook h gemeen-skaplike optrede om die doel te bereik. Net so goed is 'n trio met drie verskillende in-strumente wat een komposisie speel, 'n byeenkoms van persone met 'n gemeenskaplike doel. Volgens hierdie Hof (die Dudley-saak te 470) is h byeen-koms van h groep onderwysers wat 'n vergadering hou 'to achieve some common object by discussion or by some other form of concerted action' 'n byeenkoms van persone met h gemeenskaplike doel luidens Wet 44 van 1950. 'n Byeenkoms van mense wat h diskussie wou aanhoor deur lede van h vakbond in verband met vakbondsake is volgens die Lan-saak supra 'n byeenkoms met 'n gesamentlike doel. Waar moet die lyn getrek word? Na my
mening
34
mening moet die hof na die beste van sy vermoë
oordeel of die byeenkoms van so 'n aard was dat,
nieteenstaandê die wye strekking van die woorde,
tog, weens die werklike oogmerke wat uit die
Wette blyk, dit onmoontlik die bedoeling van die
Wetgewer kon gewees het om so 'n byeenkoms te laat
belet. In so 'n geval sou die Wette nie geld nie,
al is die byeenkoms een van persone met 'n gemeen-
skaplike doel. Van toepassing hier is die
bekende saak van Venter v R 1907 TS 910 "
In die loop van sy uitspraak in die Zigqolo-saak het RUMPFF, HR
(op 58D/G) die redenering van STEYN, HR in die
Dudley-saak
ondersoek en bespreek. Daarna het die belese hoofregter
etlike
menings uitgespreek oor die trefwydte van "byeenkoms" soos in
Wet
17 van 1956 omskrywe; en het hy 'n aantal voorbeelde genoem
van samekomste
van persone wat na sy oordeel klaarblyklik binne
die kader'daarvan sou
val:-
"Na my mening is 'n skoolklas 'n byeenkoms van leerlinge wat wel 'n gemeenskaplike doel het, nl om gemeenskaplike onderrig te ontvang. Die doel van die leerlinge is nie om indivi-dueel onderrig te ontvang nie. Hulle weet
dat hulle gesamentlik gaan luister "
(op 58G/H)
en
35
en weer:
"Na my mening is 'n byeenkoms van persone wat gesamentlik wil luister, sing, bid of oor 'n bepaalde onderwerp praat, 'n byeenkoms van mense met 'n gemeenskaplike doel luidens Wet 17 van 1956. Dergelike byeenkomste is byeenkomste van mense met die doel om ge-samentlik iets te doen buite en behalwe die blote byeenkoms."
(op 59A/B)
en weer:
"'n Byeenkoms van mense om h toespraak aan te hoor of iemand te verwelkom is m i by uitstek voorbeelde van byeenkomste wat wel bedoel is om deur h verbod getref te word. Die 'concer-ted action' is die gesamentlike luister. Net so goed as om te kyk h handeling is, is om te luister 'n handeling. Die handeling word nog duideliker as daar gepraat word van 'afloer' en 'afluister'." (op 59G/H)
In die slotparagraaf van sy uitspraak (op 59G/60A) het
RUMPFF, HR hom soos volg uitgelaat:-
"Al sou in die onderhawige saak die appellante byeengekom het net om geeste-like liedere te sing, sou daar na my
mening
36
mening 'n byeenkoms gewees het van mense met.
'n gemeenskaplike doel luidens die bepaling
van Wet 17 van 1956. Die appèl word afgewys."
In die hof a quo het PUCKRIN, Wn R
dit lastig gevind om die
Zigqolo-uitspraak met die beslissings in die
voorafgaande
sake van Kahn, Lan en Dudley te versoen. Die
belese
regter het (op 908G) tot die volgende gevolgtrekking geraak:-
"In my view it is an inescapable conclusion
that RUMPFF, CJ, impliedly at least, overruled the rationes of the earlier three judgments mentioned and that the interpretation placed on the definition of 'gathering' in Ziggolo's case supra is therefore binding on me."
Bygevolg het PUCKRIN Wn R in die eerste plek op die Zigqolo-
saak gesteun vir sy bevinding dat luidens art 1 van Wet 74
van 1982 die konsert op 'n "byeenkoms" neerkom. Die hof a quo
het
egter verder gegaan en bevind dat selfs by toepassing van
die toetse in die
sake van Kahn, Lan en Dudley voorgeskryf die
konsert deur die
verbod geraak word. In dié verband het die
hof
37
hof a quo (op 9091/91OB) die volgende redes aangevoer:-
"Even if I am incorrect in my interpretation of the judgment in Zigqolo's case, supra, I am of the view that the concert in issue constitutes a 'gathering' of persons with a 'common purpose' on the basis of the interpre-tation placed on these phrases in the Dudley, Kahn and Lan cases supra. It appears to me that the persons who would have attended the concert would have had the common purpose, at least, of raising money for the fund to be
established for the South African Musicians' Alliance. Furthermore, the musicians would clearly have had the common purpose of provi-ding entertainment for their audience."
By beoordeling van die appèl teen die bevel van die
hof a quo ontstaan allereers die vraag of hy korrek was by
sy bevinding dat die Zigqolo-saak die beslissings van hierdie hof in voormelde drie sake omvergewerp het. Na my beskeie oordeel is dusdanige bevinding onjuis. Dat daar in die Zigqolo-saak uitlatings voorkom wat op die oog af met die beslissings in gemelde drietal gewysdes teenstrydig is, staan
vas
38
vas. Dit beteken egter nie sonder meer dat die gesag van die drietal gewysdes
ongedaan gemaak is nie. Dit is oorbe-kend dat hierdie
hof homself aan sy vorige
beslissings gebonde beskou tensy die gewraakte beslissing of beslissings op 'n
klaarblyklike vergissing
berus of duidelik verkeerd blyk te wees. Kyk:
Bloemfontein Town Council v Richter 1938 AD 195 op 232. Uiteraard bring
dit mee dat omverwerping deur groot omsigtigheid gekenmerk word. Dit lê
eweseer voor die hand dat,
wanneer 'n vorige beslissing omvergewerp word dit
gewoonweg onomwonde en in onmiskenbare woorde gekonstateer word. Nou val dit
onmid-dellik
op dat die uitspraak in die Zigqolo-saak nêrens
uitdruk-lik voorgee om enigeen van die voorafgaande drie beslissings omver te
werp nie.
Daar is egter 'n verdere faktor in die saak wat op sigself
lotsbepalend is. PUCKRIN, Wn R het weliswaar bevind dat in die
Ziqqolo-saak RUMPFF, HR -
" impliedly
39
"....impliedly at least, overruled the rationes of the three judgments mentioned."
Maar om 'n grondige rede, so meen ek,
kan daar hier in alle
geval nouliks enige sprake van selfs versweë
omverwerping
wees. Daardie uitlatings in die Zigqolo-saak wat met
die
drietal gewysdes (en meer in besonder die Dudley-saak) onbe-
staanbaar skyn te wees, is menings wat obiter uitgespreek
is.
Gesien die feite in die Zigqolo-saak was die geskilpunt
vir
beslegting of 'n samekoms van persone wat opruiende liedere
gesing het
om die veglus aan te wakker deur die omskrywing
van "byeenkoms" in Wet 17 van
1956 getref is. Vir die doel-
eindes van sodanige beslissing, so meen ek, was
elkeen van
die menings uitgespreek oor hipotetiese samekomste bloot terloop-
se opmerkings wat met die afwysing van die appel nie regstreeks
verband gehou het nie; en wat nie as deel van die ratio decidendi
aangemerk kan word nie. Onder die rubriek van obiter dicta
ressorteer
40
ressorteer na my oordeel die volgende stellings in die Zigqolo-saak
wat nie op die wesenlike feite van die besondere geval baseer is nie: die
menings betreffende 'n skoolklas (op 58G/H); 'n samekoms
van persone wat
gesamentlik wil luister, sing, bid of oor 'n bepaalde onderwerp praat (op
59A/B); 'n samekoms om 'n toespraak aan
te hoor of iemand te verwelkom (op
59G/H); en 'n lykwaak waarby die aanwesiges net geestelike liedere sing (op
59G/60A). Bovermelde
stellings is na my eerbiedige oordeel bloot oorredend en
nie gesaghebbend nie. Op die eerste vraag wat by die appèl ontstaan,
is
die slotsom derhalwe
dat die hof a quo aan die toetse aangedui in die
sake van Kahn,
Lan en Dudley gebonde was.
Ten slotte moet oorweeg word of die hof a quo gelyk
het in sy bevinding dat selfs by toepassing
van gemelde toetse
die konsert deur die verbod geraak word. Wat betref
aspirant-konsertgangers het PUCKRIN, WnR as standpunt gestel dat hulle
die
41
die konsert sou bywoon ten minste met die gesamentlike oogmerk om
geldinsameling ten bate van SAMA te bevorder. Realisties beskou,
so wil dit my
voorkom, sou geldinsameling (ten bate van wie ookal) eerder h dryfveer by die
aanbieders van die konsert as by aspirant-konsertgangers
wees. Maar selfs in die
veronderstelling dat konsertgangers 'n gemeenskaplike oogmerk sou koester om
SAMA geldelik te ondersteun,
sou daardie oogmerk reeds by betaling van
toegangskaartjies verwesenlik word. Bywoning van die konsert geskied eers na
sodanige betaling.
Die voor die hand liggende oogmerk van h musieklief-hebber
wat 'n musiek-konsert bywoon, is om na musiek te luister. Die verwesenliking
van
daardie oogmerk sou na my mening egter nie op enige gesamentlike optrede aan die
kant van die gehoor by die konsert aangewese
of gerig wees nie. Die byeengekome
konsertgangers luister wel saam na die musiek wat aangebied . word, maar die
oorheersende feit
bly nietemin dat elke lid van
die
42
die gehoor op sy eie luister. In hierdie verband is daar 'n verdere vraag wat
na vore tree. Of vir doeleindes van die onderhawige
ondersoek die aanhoor van
musiek hoegenaamd as h "handeling" aangemerk kan word, val m i te betwyfel. Vgl
die reeds-aangehaalde opmerkings
van STEYN, HR m b t "the receiving of
instruction" in die Dudley-saak op 469 E/H. Maar selfs in die
veronderstelling dat die luister na musiek wel op h "handeling" neerkom, kan die
hele gehoor se
luister na musiek na my mening nie aan h gesamentlike optrede
gelykgestel word nie. Die behae wat elke lid van die gehoor in die
musiek skep,
vloei
uit sy eie eh afsonderlike gewaarwording van klankgolwe. Die
vermenigvuldiging van sodanige individuele en onafhanklikê
handelinge kan hulle nie tot h gesamentlike optrede verhef nie.
Om
bostaande redes is ek van mening dat ten opsigte van die
lede van die gehoor by die konsert die onmisbare element van
gesamentlike
optrede ontbreek.
Dit
43
Dit is egter onnodig om hieroor verder uit te wei. Die hof a quo se bevinding dat, selfs by aanwending van die toetse in die sake van Kahn, Lan en Dudley aangedui, die konsert deur die verbod getref word, is na my mening uit hoofde van die hiernagenoemde oorwegings aanvegbaar. PUCKRIN, Wnd R het tot daardie gevolgtrekking geraak nadat hy die be-doelings of begeertes (a) van die gehoor en (b) van die kun-stenaars, afsonderlik en los van mekaar beoordêel het. Langs hierdie weg het die belese regter beslis dat een besondere gemeenskaplike oogmerk (geldinsameling ten bate van SAMA) by die gehoor sou bestaan, terwyl 'n ander besondere gemeenskaplike oogmerk (omdie gehoor te vermaak) by die kunstenaars aanwesig sou wees. Inbegrepe by dusdanige benadering is 'n veronder-stelling, so kom dit my voor, dat die hof in casu eintlik met twee afsonderlike samekomste van persone te make het. Na my oordeel is gemelde veronderstelling ongegrond en onjuis.
Afgesien.
44 Afgesien van statutêre omskrywings wat in ons wette
voorkom, is "byeenkoms" in gewone taal h woord met 'n breë begripsinhoud.
Ofskoon die bestaan van selfstandige sub-groepe binne die kader van 'n enkele
"byeenkoms" konsepsueel goed denkbaar is, omvat die
woord "byeenkoms" nietemin
intrin-siek 'n eenheidsbegrip. Vir doeleindes van die ondersoek na die bestaan
van h gemeenskaplike oogmerk
by die persone wat in die onderhawige geval die
konsert sou bywoon, is dit na my beskeie mening sowel kunsmatig as logies
verkeerd
om ener-syds die gehoor en andersyds die kunstenaars as
opsigself-
staande onderdele van die byeenkoms te beskou. By nasporing
van
'n gemeenskaplike oogmerk, soos by art 1 van Wet 74 van 1982 bedoel, behoort die
konsert m i vir h enkele en ondeel-bare samekoms
aangesien te word. Wat hier
onder die vergroot-glas geplaas moet word, so meen ek, is die bedoelings en
begeertes van h mensemassa
waarin die gehoor en die kunstenaars
onafskeidelik
45
onafskeidelik aan mekaar verbonde is. By sodanige ondersoek
moet 'n
hof verder gedagtig wees aan die vermaning van,
STEYN, HR in die
Dudley-saak (op 469H) dat bedrywighede
wat bloot 'n bykomstige of
ondergeskikte rol vertolk
("supplementary actions") -
"...cannot in themselves be the concerted action required for a common purpose in terms of the definition."
By bostaande benadering verloor ek nie uit die oog
nie die toets soos in die Dudley-saak (op 468A) geformuleer -
" whether the persons gathered together,
or some of them, have a common object which they intend or desire to achieve by concerted áction." (My onderstreping)
Met die onderstreepte woorde in die
aanhaling hierbo sou
hoofregter STEYN, na my eerbiedige mening, nouliks te
kenne
wou gegee het dat by aanwending van die toets die aard en
wese van
die betrokke samekoms misken mag word. Die
onderstreepte
46
onderstreepte woorde dui hoofsaaklik daarop, so meen ek,
dat vir die
bestaan van h gemeenskaplike oogmerk by die
persone wat byeenkom daar nie as
voorvereiste gestel word
dat ieder en elke aanwesige gemelde oogmerk moet
deel nie.
In die geval van 'n verbode byeenkoms is dit trouens onnodig
dat
die beskuldigde self die vereiste gemeenskaplike
oogmerk moet deel.
Dienaangaande het hoofregter
CENTLIVRES hom in die Kahn-saak (op
183F/G) soos volg
uitgelaat:-
"All that the Crown need prove is that the gathering falls within the statutory defini-tion and that the accused attended the gathering. If, for instance, the accused attended such a gathering with no fixed purpose of his own but merely out of idle curiosity he would nevertheless be guilty of a contravention of sec. 11(f) and it would make no différence whether the common purpose of those present were lawful or unlawful."
In
47 In die
onderhawige geval is dit na my mening nodig om die hele mensemassa wat die
konsert sou daarstel oorkoepe-lend te beskou;
en om eers daarna in die lig van
al die heersende omstandighede die vraag te stel of die aanwesiges as 'n
groepsentiteit 'n gemeenskaplike
oogmerk sou deel. Wat betref die kunstenaars as
een samestellende element van die konsert, kan geredelik aanvaar word dat al die
lede van die orkeste 'n gemeenskaplike oogmerk sou deel om vermaak te verskaf;
en insgelyks dat daardie oogmerk deur gesamentlike
optrede by die voordrag van
musiekstukke verwesenlik sou word. Sodanige gemeenskaplike oogmerk en
gesamentlike optrede, is egter
nie die oogmerk en optrede van die konsert nie.
Dat die wesensaard van die samekoms, as geheel gesien, van kardinale belang is,
kan
met byhaal van 'n menigte denk-beeldige situasies tuisgebring word. Hier kan
met 'n enkele voorbeeld volstaan word. Veronderstel
die hou van 'n
geselligheid
48
geselligheid van dieselfde aard en wese as dié waaroor dit in die Kahn-saak gegaán het. Veronderstel daarby'ook die volgende: dat drie van die genooide gaste vooraf saamspan om by die geselligheid van hul gasvrou se silwer tafelgerei te steel; en dat speurders wat op die geselligheid toeslaan die drie diewe op heterdaad betrap. Hier behoef dit na my mening geen betoog dat die gemeenskaplike oogmerk en die gesamentlike optrede van die drie diewe nouliks tot gevolg het dat die byeenkoms deur die bepalings van Wet 44 van 1950 getref word. In weerwil van die diewe se gemeenskaplike oogmerk en gesamentlike optrede behou die byeenkoms sy essen-siële en onmiskenbare aard as blote geselligheid. Om 'n ander siening na te hou, so kom dit my voor, sou 'n potsierlike uitleg van "byeenkoms" meebring wat in die woorde van STEYN, HR in die Dudley-saak (op 469F):-
"......would
49
"....would bring within the scope of the
definition a large variety of daily transac-tions at which the provisions of the Act could hardly have been aimed."
Die feite wat die
regter in die hof a quo vir doeleindes van die aansoek aanvaar het, bied
na my beskeie oordeel geen behoorlike ruimte vir enige bevinding dat die
aanwesiges
by die konsert, d w s die gehoor en die kunstenaars tesame as
eenheidsgroep beoordeel, enige bepaalde gemeenskaplike oogmerk sou
koester nie.
PUCKRIN, Wnd R het hom dan ook van enige sodanige bevinding weerhou. By
ontstentenis van sodanige bevinding het die
hof a quo na my mening
tên onregte beslis dat die konsert deur die verbod geraak word.
Die
appèl slaag met koste, welke koste dié van twee advokate insluit.
Die bevel van die hof a quo word deur die volgende bevel vervang:-
"The
50
"The application succeeds with costs, such costs to include the costs conseguent upon the employment of two counsel. A declaratory order is granted in terms of paragraph 2.1 of the applicant's notice of motion dated 23 February 1989."
G G HOEXTER, AR
MILNE, AR ) NICHOLAS, Wnd AR ) Stem saam