South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 153

| Noteup | LawCite

S v Nomnganga and Others (107/1989) [1989] ZASCA 153 (24 November 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak-No_107/1989

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

Insake die appel van:

DILIZAINTABA VALFORD NOMNGANGA Eerste Appellant
HAREBATHO ALBERT SEKESA Tweede Appellant
HARMANS KNOKO Derde Appellant
BANDILE TUSWA Vierde Appellant
NYATHE MATSOSELA Vyfde Appellant
LIPHAPANG MAKGALEMELE Sesde Appellant
MOFFET YEDWA Sewende Appellant

MZIWAMADODA ZULU Agste Appellant
CHRISTOPHER JOLOZA Negende Appellant

teen
DIE STAAT Respondent

CORAM: VAN HEERDEN, VIVIERARR et FRIEDMAN WN AR VERHOORDATUM: 2 NOVEMBER 1989 LEWERINGSDATUM: 24 NOVEMBER 1989

UITSPRAAK

VAN HEERDEN AR:

2.

Die kantoorkompleks van Western Holdings se nommer 6 skag ("die skag") naby Welkom omsluit h área wat bekend staan as die vierkant. Omstreeks 15.45 op Vrydag, 5 Junie 1987, het vyf Swart mynwerkers opgedaag by die kantoor van mnr Heugh, die skag se seksiebestuurder. Die deur van die kantoor ("kantoor 1") gee toegang tot die vierkant maar die vensters daarvan is in die buitemuur. Een van die groepie, Petudi, het vir Heugh gevra of hulle die volgende dag ondergronds kon gaan werk. Heugh het toe vasgestel dat vier van die vyf reeds as werknemers van die myn ontslaan was. Die vyfde was geskors. Uiteindelik het Petudi 'n ultimatum gestel. Heugh is naamlik vyf minute gegun om hom en sy makkers in hul poste te herstel.

Hierna het die groepie in die vierkant gaan sit. Ongeveer vyf minute later het Petudi opgestaan en geloop. 'n Groot aantal Swart mynwerkers het daarop deur verskillende ingange die vierkant binnegestroom. Baie van hulle was gewapen met stokke en 'n

3.
verskeidenheid handgemaakte instrumente. Heugh het op daardie stadium voor sy kantoordeur gestaan. By of naby hom was h aantal ander personeelbeamptes asook vier sekuriteitsbeamptes. 'n Mynkaptein, Botha, en h skagvoorman, Paxton, was aan die ander kant van die vierkant en het ongehinderd deur die skare tot by Heugh geloop. Daarna het die beamptes wat buite die kantore was in opdrag van Heugh kantoor 1 en die aangrensende kantoor ("kantoor 2") binnegegaan. In kantoor 2 was toe twee personeelbeamptes, Du Randt en Wessels, asook h sekuriteitsbeampte, Meyer. Heugh en die oorblywende beamptes was in kantoor 1.

Reeds voordat al die beamptes die twee kantore binnegegaan het, was daar 'n gefluit in die vierkant. Die skare het toe as't ware in beroering gekom. Steyn, 'n personeelbeampte, wat blykbaar die laaste persoon was wat in kantoor 1 skuiling gesoek het, is deur 'n klip teen sy nek getref toe hy die kantoor binnestorm. Beide kantore se deure is deur die
4. beamptes toegesluit en vir ongeveer tien minute daarna is die kompleks vanuit die vierkant asook vanaf die buitekant aangeval. So byvoorbeeld is daar gekap en geslaan teen die deur van kantoor 1 terwyl klippe deur die vensters van beide kantore gegpoi is. Op hul beurt het die sekuriteitsbeamptes deur die vensters skote op die aanvallers afgevuur.
Nadat die aanvallers die aftog geblaas het, het Heugh vanuit kantoor 1 tot in die vierkant beweeg. Naby die deur van die kantoor het mnr Van Dyk, die seksie-ingenieur, gelê. Hoewel hy nog geleef het, was sy kop omring deur 'n poel bloed en was dit duidelik dat hy ernstig beseer was.

Die geweld was egter nie net tot die kantoorkompleks beperk nie. As gevolg van 'n berig wat die betrokke middag net na 16.00 ontvang is, het 'n aantal ander sekuriteitsbeamptes in drie voertuie na die skag gery. Een van die voertuie, bekend as h Land Cruiser, is bestuur deur mnr De Wet. Sy passasier was
5. mnr Muller. Die tweede voertuig ("die Ingwe") is bestuur deur mnr Roets en hy was vergesel van o a mnre Bester, Viljoen en Scott. Hierdie twee voertuie het in die omgewing van h parkeerafdak tot stilstand gekom waarna De Wet, Bester en Muller in die rigting van die skagkantore geloop het. Vanuit daardie rigting het h aantal Swart mans aangehardloop gekom. Hulle was gewapen met pangas en ander voorwerpe. Een van hulle is deur Muller en Bester gevange geneem en in die Land Cruiser toegesluit. De Wet het toe voortgestap na die skagkantóre vanwaar skote weergalm het. Hy het om die hoek van 'n gebou verdwyn en kort daarna is die Land Cruiser en Ingwe met klippe en stukke bakstene bestook. h Mynbeampte, Menin, was die betrokke middag in sy kantoor (wat nie deel van die kompleks is nie). Omstreeks 16.30 het hy 'n lawaai by die skagkantore gehoor. Hy het ook skote gehoor waarna hy h aantal Swart mans vanuit die rigting van die kantore sien weghardloop het. Hy het toe na die kompleks geloop en

6.
gemerk dat tien tot twaalf persone iemand op die grond houe toedien. Dié persoon het gelê by punt J op 'n plan wat later opgestel is.
Mnr Van Vuuren was in beheer van die sekuriteitsbeamptes wat in voornoemde drie voertuie na die skag gery het. Hy was 'n passasier in die derde voertuig, 'n Casper, en het 'n groot aantal Swart persone om die skagkantore sien saamdrom. 'n Aantal van hulle het die kantore met klippe bestook. Toe die voertuie nader kom, het diegene aan die oostekant van die
kompleks weggehardloop. Van Vuuren het uit die Casper
geklim en daarna tot in die vierkant geloop. Afgesien van 'n sporadiese gebreek van glas aan die suidekant was dit toe stil by die skagkantore. Van Vuuren het sekere waarnemings in die vierkant gemaak waarop hy in die rigting van die parkeerafdak geloop het. Hy sien toe 'n persoon by punt J. Hierdie persoon het op sy linkersy gelê en daar was drie Swart mans aan sy rugkant. Die middelste een het steekbewegings na die
7. liggaam op die grond uitgevoer. Hy is deur Van Vuuren geskiet en is later oorlede.
Die persoon wat soos voormeld deur Menin en Van Vuuren by punt J op die grond waargeneem is, was De Wet. Beide hy en Van Dyk is veelvuldige beserings toegedien waaraan hulle betreklik kort na die aanvalle beswyk het. Dié beserings is veroorsaak deur stomp en skerp voorwerpe. Die primêre oorsaak van beide se dood was egter breinbeskadiging.
Voorspruitende uit bogenoemde gebeure het die nege appellante en h aantal ander Swart mynwerkers in die Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling tereggestaan op aanklagte van moord op Van Dyk en De Wet asook 'n aanklag van openbare geweld. Al die appellante is op al drie aanklagte skuldig bevind. Slegs in die geval van die eerste appellant is geen versagtende omstandighede bevind nie. Die gevolg was dat hy op elk van die moordklagtes die doodstraf opgelê is. Sy vonnis op die derde aanklag asook die vonnisse van die
8. ander appellante op al drie aanklagte is nie tans ter sake nie.
Die nege appellante was by die verhoor onderskeidelik beskuldigdes 1, 2, 3, 5, 6, 7, 9, 12 en 13. Gerieflikheidshalwe gebruik ek voortaan hierdie vorm van identifisering wanneer ek na 'n individuele appellant verwys.
Met verlof van die verhoorregter, aangevul deur verlof wat later deur hierdie hof op aansoek van beskuldigde 1 verleen is, is die onderhawige appèlle
gerig teen die skuldigbevindings van beskuldigdes 1, 2,

5, 9,12, en 13 op die eerste aanklag (moord op Van

Dyk); die skuldigbevindings van al die appellante op
die tweede aanklag (moord op De Wet); die

skuldigbevindings van beskuldigdes 2, 5, 9, 12 en 13 op
die derde aanklag (openbare geweld), en die
doodvonnisse wat beskuldigde 1 op die eerste en tweede
aanklag opgelê is.

Dit is dienstig om op hierdie stadium 'n

9. uiteensetting te gee van 'n aantal verdere feite wat òf nie by die verhoor in geskil was nie, òf blyk uit bevindings van die verhoorhof wat tereg nie op appèl aangeveg is nie.
Die vernaamste skakel tussen die skag se Swart mynwerkers en die mynbestuur was 'n komitee van sogenaamde skagopsieners. Die opsieners was verkose verteenwoordigers van die mynwerkers en hulle het blykbaar op hul beurt 'n komitee van 9 lede verkies. Ten tyde van bogenoemde gebeure was die voorsitter van die komitee ongesteld. Die vise-voorsitter was ene Gogelaen die eerste beskuldigde was die sekretaris. Gogela is voor die verhoor in aanhouding oorlede.
Op 4 en 5 Junie 1987 het 'n Transkeise toordokter die skag besoek. Hy het toe 'n hele aantal mynwerkers "behandel" deur o a snymerkies op hul voorkoppe aan te bring. Beskuldigdes 2, 3, 5, 6, 7 en 9 het erken dat hulle aldus behandel was.

Die groep Swart mans wat die vierkant
10.

binnegekom het nadat Petudi geloop het, was gelei deur Gogela en die eerste beskuldigde. Totdat die kantoordeure toegeklap is, was laasgenoemde aan die voorpunt van die skare en baie naby aan kantoor . Onmiddellik voordat die skare in beroering gekom het, het twee van hulle gefluit. Die tweede fluit was afkomstig van beskuldigde 1.
'n Ruk nadat De Wet soos voornoemd uit die gesigsveld van sy makkers verdwyn het, het beskuldigde 1 in daardie omgewing 'n pistool op Muller gerig. Laas-
genoemde se rug was op daardie stadium na beskuldigde 1

gekeer. As gevolg van 'n waarskuwingskreet van Bester het Muller weggespring. Daarna het beskuldigde 1 "skietbewegings" met die pistool uitgevoer. Daar was egter nie getuienis dat hy inderdaad skote afgevuur het nie. Naby hom het 'n ander Swart man, Whitey, gestaan. Hy het 'n Stricker haelgeweer by hom gehad. Skote is deur Roets op beskuldigde 1 gevuur. Die tweede skoot het hom getref en hy het geval. Daarna het hy die

11.

pistool aan 'n onbekende Swart man oorhandig. Voordat De Wet aangeval is, was hy gewapen met 'n pistool en 'n Stricker haelgeweer. Nadat beskuldigde 1 verwond is, is hy na die skag se kliniek geneem. Roets en Bester het toe daar opgedaag. Eersgenoemde het vir beskuldigde 1 gevra "waar hy die pistool gekry het". Sy antwoord was: "Ek het dit by die Wit man gevat".
'n Aantal ander Swart mynwerkers is die betrokke middag verwond deur skote afgevuur deur die sekuriteitsbeamptes. Sommige van hulle is dodelik ver-wond, o a Whitey. Een van die beseerdes was beskuldigde 9. Dit blyk egter nie uit die Staatsgetuienis presies waar hy was toe hy getref is nie.

Beskuldigde 3 was een van die groep wat in die vierkant saamgedrom het. Nadat die aanval begin het, het hy vanaf die buitekant 'n klip deur 'n venster van kantoor 1 gegooi. Later het Menin hom vanaf die skagkantore sien weghardloop. Dit het gebeur voordat
12. Menin die aanslag van tien tot twaalf persone op De Wet waargeneem het.
Beskuldigde 5 was in die vierkant kort voordat die oproer begin het. Heugh het hom naby een van die ingange tot die vierkant sien staan.
Beskuldigdes 6 en 7 is ook die betrokke middag in die vierkant opgemerk. Eersgenoemde het naby beskuldigde 1 gestaan. Later het Meyer hom digby 'n venster van kantoor 2 gesien. Sy hand was in die lug. Meyer het gekoes waarop 'n voorwerp deur die
venster getrek en in die kantoor beland het. In die

proses is 'n ruit of ruite van die venster gebreek.

Beskuldigde 7 het net voor die oproer in die

voorste linie van die skare, maar ietwat weg van die

ander, gestaan. Kort nadat gefluit is, het hy 'n blink

pyp soos 'n spies gewerp. Op daardie stadium was 'n

mynbeampte, Malherbe, besig om die deur van kantoor 1

toe te maak. Die pyp het die deur getref, weggeskram

en in die kantoor beland.

13.

Botha het beskuldigde 9 langs kantoor 2 sien staan. Dit het gebeur toe Botha vanaf sy kantoor in die kompleks na sy motor geloop het om geld vir sigarette te gaan haal. Met sy terugkeer het hy 'n klomp Swart mans in die vierkant waargeneem. Redelik kort daarna het hy gemerk dat die vierkant en die oop ruimte aan die westekant van die skagkantore "vol Swartes" was. Botha het toe soos voornoemd deur die skare na kantoor 1 geloop.
Beskuldigde 12 was een van die groepie van vyf persone wat Heugh om herindiensneming genader het. Hy was dus een van die vier wat in die vierkant bly sit het nadat Petudi opgestaan en weggeloop het.
Beskuldigde 13 was nie die middag by die skag nie. Sy skuldigbevindings berus op 'n ietwat ander grondslag as dié van die ander appellante en gerieflikheidshalwe behandel ek die getuienis teen hom aan die einde van hierdie uitspraak.

Dit is nog nodig om te meld dat beskuldigde 1

14.

die Dinsdag en Woensdag voor diê oproer vergaderings
van onderskeidelik die skagopsieners en lede van die
Swart mynwerkersvereniging op die skag toegespreek het.
Op albei geleenthede het hy gesê dat 'n toordokter later
die week by die skag sou opdaag om die mynwerkers te
behandel. Ene Tsoneli, 'n spanleier, gee die volgende

weergawe van wat beskuldigde 1 die Dinsdag gesê het:

"Hy het gesê 'n toordokter sal kom om die kampong te versterk asook die mense wat daar werksaam is... Een van die redes was dat mehse ontslaan word deur die blankes sonder redes. . . Hy het gesê ons sal versterk word sodat die blankes kan verstaan wat ons sê, ons die shaft stewards asook al die mense ... Hy het gesê indien die blankes nie gehoor wil gee nie om mense so te ontslaan, dan moet hulle aangeval word. Hy het gesê al die mense wat ontslaan is moet die Vrydag by die section manager se kantoor aanmeld. Hulle moet vir hom sê dat hulle aan diens wil gaan. Indien die section manager nie gehoor wil gee aan hulle versoek, moet hulle daar voor sy kantoor sit. En indien die section manager sou besluit om die sekuriteitsbeamptes of die polisie te roep, dan is dit hulle kans om te baklei."

'n Ander spanleier, Mosemi, het die tweede

vergadering bygewoon. Sy getuienis, net soos diè van
15. Tsoleli, is deur die verhoorhof aanvaar en tereg nie op appel in twyfel getrek nie. Wat hy aangaande beskuldigde 1 se mededelings op die vergadering getuig het, blyk uit die volgende uittreksel uit die oorkonde:

"Wat het beskuldigde 1 op die vergader-ing gesê? -- Beskuldigde 1 het gesê hulle, shaft stewards, weet van alles.
Ja? — Hy het gesê dat hulle 'n toordokter gesoek het wat vir die kompongmense snymerke sal toedien.
Goed.en toe? — Hulle het die toordokter gaan soek sodat die blankes se vuurwapens net water sal uithaal, want hulle het baie mense afgedank....

Ja? — Hy het toe gesê die dokter sal tussen vieruur en vyfuur die Donderdag / arriveer.

Goed, gaan voort. -- Dit was toe die einde van die vergadering. Ons het na die kampong toe gegaan.
Stop net 'n bietjie, het beskuldigde 1 gesê wanneer die blankes se wapens net water sal uithaal? -- Wanneer die blankes aangeval word.
Het hy gesê hoekom die blankes aangeval sal word? -- Hy het gesê daar word met die blankes baklei omdat hulle baie mense sonder redes afdank."

Met die uitsondering van beskuldigde 6 het

die ander appellante wat deur die toordokter behandel
16. is òf gesê dat hulle nie geweet het waarom hulle gemerk is nie, òf getuig dat volgens wat hulle meegedeel is die behandeling daarop gerig sou wees dat mynwerkers nie tydens werksure beserings sou opdoen nie asook om 'n einde aan stamgevegte te bring. Hul verontskuldigende verduidelikings is verwerp deur die verhoorhof wat bevind het dat na die wete van die betrokke appellante die oogmerk van die behandeling was om hulle te beskerm

in geval van 'n gewelddadigde konfrontasie met die
mynbestuur. Hierdie bevinding is tereg nie op appèl betwis nie.
Ek het nog nie van beskuldigde 2 melding gemaak nie. Hy is deur slegs Meyer geïmpliseer. Onthou sal word dat Meyer in kantoor 2 was en dat hy op 'n stadium gekoes het toe 'n voorwerp deur die venster gegooi is. Net daarna het hy gesien dat verskeie Swart persone met hul hander aan die staalrame van die vensters vat. Hulle was aan die buitekant van die kantoorkompleks en dit het gelyk asof hulle in die
17. kantoor wou klim. Meyer het beskuldigde 2 as een van
diegene geëien. Ondanks h ontkenning van beskuldigde 2 dat hy die betrokke middag naby die skagkantore was, het die verhoorhof Meyer se identifikasie betroubaar bevïnd. Die is die enigste uitkenningsbevïnding wat deur die appellante se advokate aangeveg is.
Soos reeds uit die voorgaande blyk, was daar geen direkte getuienis dat enige van die appellante fisies aan die aanslae op Van Dyk en De Wet deelgeneem het nie. Die gronde waarop beskuldigdes 1-3, 5-7, 9 en 12 nietemin op die twee moordklagtes skuldig bevind is, kan soos volg saamgevat word. Die getuienis toon aan dat diegene wat die skagkantore vanuit die vïerkant en ook van buite dïe kompleks aangeval het, 'n gemeenskaplike doel gehad het. Die aanvalle was gerig teen die personeel by die skagkantore. Enigiemand wat 'n party tot die gemeenskaplike oogmerk was, sou besef het dat mense doodgemaak kon word. Indien dit nie reeds ten tyde van die voornoemde vergaderings tot hom

18.

deurgedring het nie, sou hy "dit daar op die toneel
besef het". Die oorledenes is gedood "deur deelgenote
tot hierdie gemeenskaplike oogmerk" en hul handelinge
word "van regsweë ook toegeskryf aan die ander
deelgenote ten opsigte van wie die opset om te dood
bewys is".

Hoewel nie bewys is dat beskuldigdes 5, 9 en

12 aktief aan die aanvalle op die skagkantore deel-
geneem het nie, is bevind dat hulle bogenoemde oogmerk
gedeel het en ook opset by moontlikheidsbewussyn ten

aansien van die dood van die twee oorledenes gehad het. Ten slotte moet gemeld word dat volgens die

bevindinge van die verhoorhof Van Dyk in die vierkant
aangerand is tydens die aanvalle op die skagkantore, en
dat De Wet aangerand is deur sommige van die aanvallers
nadat hulle die vierkant verlaat het. Wat Van Dyk
betref, was daar getuienis dat hy kort na die

samedromming in die vierkant sy motor naby die

skagkantore bestuur het. Gevolglik is bevind dát Van
19. Dyk aangerand is toe hy by, of net na, die aanvang van die aanvalle op die kompleks die vierkant binnegegaan het.
Betreffende die toerekening van die handelinge van die aanranders van die twee oorledenes aan die appellante, het die verhoorhof gesteun op die beslissing in S v Sefatsa and Others, 1988 (1) S A 868 (A). Met 'n beroep op die latere beslissing van hierdie hof in S v Mgedezi and Others, 1989 (1) S A 687 (A), is aanvanklik namens die appellante betoog dat die verhoorhof eersgenoemde beslissing verkeerd begryp en toegepas het. Later is egter tereg toegegee dat indien daar 'n voorafgaande afspraak was om geweld aan te wend teeh 'n groep persone wat Van Dyk en De Wet ingesluit het, h deelgenoot tot die afspraak hom wel aan moord op die oorledenes skuldig. sou gemaak het indien ander deelgenote die oorledenes aangerand het en aldus hul dood veroorsaak het, en indien eersgenoemde deelgenoot opset by moontlikheidsbewussyn ten aansien van daardie
20. gevolg gehad het. En hoewel nie uitdruklik aldus uitgestippel nie, is dit duidelik dat volgens die bevindinge van die verhoorhof daar wel 'n voorafgaande afspraak was om geweld teen mynpersoneel te gebruik. Die kernvraag is dus of die appellante nie op grond van daardie afspraak tereg op die moordklagtes skuldig bevind is nie.
Gerieflikheidshalwe behandel ek egter eers die posisie van beskuldigde 2. Dit was gemene saak, en dit is ook duidelik, dat indien sy uitkenning deur
Meyer nie buite redelike twyfel betroubaar is nie, hy

nie op enige van die drie klagtes skuldig bevind moes

gewees het nie. Daar is immers nie ander getuienis wat

hom met enige mate van oorredingskrag met die aanvalle

op die kantoorkompleks of op die sekuriteitsvoertuie
verbind nie.

Ek het reeds vermeld dat Meyer se aandag op 'n

stadium gevestig was op 'n venster van kantoor 2 wat op

die vierkant uitkyk, en dat toe hy hom terugdraai hy
21. verskeie persone aan die staalrame van die buitenste vensters sien vat het. Hy het na hulle geskiet waarop hulle blykbaar gevlug het. Een persoon (X) het egter ietwat later as die ander padgegee. Meyer sê dat hy X toe duidelik kon sien en nog 'n skoot op hom gevuur het. Net daarna het X verdwyn. Laasgenoemde se kop was kaal geskeer en h paar dae later het Meyer op 'n uitkennings-parade beskuldigde 2 as X uitgewys.
Meyer het beskuldigde 2 nie voor die Vrydagmiddag geken of gesien nie. Hoewel hy slegs 3-4 meter vanaf X was toe hy op laasgenoemde geskiet het, is dit duidelik dat hy X slegs vlugtig waargeneem het. Meyer sê trouens dat daar nie kans was om op X te korrel nie. Hy kon slegs X se kop en bolyf sien en het dus nie 'n benul van X se lengte gehad nie. Behoudens die kaalgeskeerde kop vermeld Meyer ook nie enige besondere gelaatstrek van X wat hom opgeval het nie.

Beskuldigde 2 het erken dat sy kop ten tyde van die aanvalle kaalgeskeer was. Soos dit my

22.

voorkom, was dit 'n faktor waaraan die verhoorhof heelwat gewig geheg het. Beskuldigde 2 getuig egter dat dit die gebruik van baie mynwerkers is om hul hare af te skeer. Hierdie brokkie getuienis is nie by die verhoor aangeval nie.
In die oorkonde is daar 'n saamgestelde foto van diegene, insluitende verdagtes, wat aan die uitkenningsparade deelgeneem het. Op hierdie foto is daar nie 'n enkele persoon wie se kop kaalgeskeer vertoon nie. 'n Stuk of twintig van die deelnemers het egter musse of ander bedekkings op hul koppe. Op 'n tweede foto wat aantoon hoe Meyer beskuldigde 2 uitwys, verskyn laasgenoemde sonder'n hoofbedekking. Dit kom dus voor dat beskuldigde 2, en moontlik ook ander deelnemers, aangesê is om sy of hulle hoofbedekking(s) af te haal voordat Meyer eersgenoemde uitgewys het. Die probleem is nou dat 'n mens nie weet of enige van die deelnemers, behalwe beskuldigde 2, 'n kaalgeskeerde kop gehad het nie. Indien dit nie die geval was nie,

23.

word 'n mate van twyfel gewerp op die betroubaarheid van
die uitkenning aangesien Meyer vanselfsprekend op die
uitkyk sou wees vir 'n deelnemer sonder hare op sy kop.

Beskuldigde 2 getuig dat hy ongeveer 15h45

die Vrydagmiddag vanaf die skagkampong na 'n winkel
geloop het. Hy het toe geen samedromming van
mynwerkers waargeneem nie. Met sy terugkeer het hy
skote gehoor. Hy het omgedraai en weggehardloop.
Op daardie stadium was hy nog nie terug by die kampong
nie.

Beskuldigde 2 se weergawe dat hy die Vrydagmïddag nooit by of naby die skagkantore was nie,

is in sigself nie vir kritiek vatbaar nie en is ook nie
deur die verhoorhof gekritiseer nie. Die feit dat hy
deur die toordokter behandel is, is terég ook nie deur

die verhoorhof enigsins sterk aangeslaan nie. Dit is

trouens waarskynlik dat h groot aantal van die duisende

mynwerkers op die skag hulle laat behandel het bloot

omdat hulle deur of namens die skagopsieners aangesê is
24. om sulks te doen. Dit het met Mosemi gebeur en daar was geen suggestie dat hy enigsins by die Vrydagmiddag se voorvalle betrokke was nie. Aan beskuldigde 2 se onware ontkenning dat hy geweet het wat die doel van die behandeling was, kan ook nie veel gewig geheg word nie. Soos die verhoorhof tereg opgemerk het, is beskuldigde 2 klaarblyklik 'n ongesofistikeerde persoon, en sy ontkenning mag dus voortgevloei het uit 'n vrees dat sy behandeling plus bewussyn van die rede daarvoor hom sonder meer by die moordklagtes kon betrek.

Hoewel Meyer se eerlikheid nie te betwyfel is nie, is ek in die lig van bostaande feite en oorwegings nie tevrede dat sy uitkenning van beskuldigde 2 buite redelike twyfel aanvaarbaar is nie. Dit volg dus dat die skuldigbevindings en vonnisse van beskuldigde 2 op al drie aanklagte tersyde gestel moet word.

Ek kom dan by die skuldigbevindings van beskuldigdes 1, 5, 9 en 12 op die eerste aanklag (moord op Van Dyk). Beskuldigde 1 beklee 'n besondere
25. posisie. Hy was een van die twee leiers van die skare wat in die vierkant saamgedrom het. Die geheelbeeld van die getuienis laat dan ook geen twyfel nie dat hy nie net van die volgende plan bewus was nie, maar inderdaad 'n leidende rol in die formulering en uitvoering daarvan gespeel het. Die vyf afgedankte werkers moes hulle die Vrydagmiddag by die seksiebestuurder aanmeld ('n geskorste werker is klaarblyklik oor dieselfde kam as h afgedankte een geskeer). Hulle moes eis om summier in hul vorige diensbetrekkings herstel te word. Indien die bestuurder nie gehoor wou gee nie - en dit is te betwyfel of enigiemand 'n verwagting gehad het dat hy dit wel sou doen - moes h teken gegee word. Inmiddels sou 'n groot aantal mynwerkers naby die skagkantore versamel. Nadat die teken gegee is, sou die skare, of 'n deel daarvan, die vierkant binnegaan. Volgende op 'n verdere teken sou aanvalle vanuit die vierkant asook vanaf die buitekant van die kompleks geloods word op

26.

mynbeamptes wat hulle by die kompleks bevind het.
Die eerste teken is gegee toe Petudi opgestaan en geloop het; die tweede toe daar gefluit is, o a deur beskuldigde 1. Daarna het die aanvalle gevolg. Hulle was primêr gerig teen die beamptes wat in kantore 1 en 2 skuiling gesoek het.
Dit val ook nie te betwyfel nie dat afgespreek is om van 'n verskeidenheid tuisgemaakte wapens asook van klippe en ander voorwerpe gebruik te maak. Dat beplan is om die mynpersoneel by die kompleksaan te val, blyk onder meer daaruit dat gepoog is om die deur van kantoor 1 oop te breek; dat voorwerpe deur die vensters van 'n hele aantal kantore geslinger is, en dat van die aanvallers ook probeer het om ten minste kantoor 2 deur die gebreekte vensters ' daarvan binne te dring. Beskuldigde 1 sou dus as 'n redelike moontlikheid voorsien het dat 'n lid, of lede, van die personeel by die kompleks gedurende die aanvalle daarop so ernstig beseer kon word dat hy, of
27. hulle, sou sterf. Dat hy voortgegaan het om die afspraak in werking te stel onverskillig of so 'n gevolg sou intree, spreek vanself.
Van Dyk het h kantoor in die kompleks gehad. Die verhoorhof het tereg bevind dat hy aangerand is net toe of nadat die skare in beroering gekom het, en dat van die aanvallers daar in die vierkant op hom toegesak het. Hy was gevolglik een van die groep persone teen wie die beplande aanvalle gerig sou word. Hy is ook inderdaad aangerand deur deelgenote tot die afspraak. Al sou beskuldigde 1 nie fisies aan die aanranding deelgenëem het nie, het hy dus deur sy leidende rol in die bedinking en uitvoering van die afspraak tot Van Dyk se dood bygedra, en het hy ten minste opset by moontlikheidsbewussyn ten aansien daarvan gehad. Hy is gevolglik tereg op die eerste aanklag skuldig bevind.

Beskuldigde 5 is, soos reeds gemeld, slegs deur Heugh waargeneem. Eersgenoemde het toe naby een van die vierkant se ingange gestaan. Heugh het nie

28.

gesien dat beskuldigde 5 iets doen of dat hy enige wapen by hom het nie. Trouens, Heugh het slegs getuig dat beskuldigde 5 na hom gekyk het.
Presies wanneer Heugh beskuldigde 5 opgemerk het, is nie duidelik nie. Dit was egter blykbaar nadat die skare reeds die vierkant binnegekom het. Namens die respondent is betoog dat volgens Heugh beskuldigde 5 saam met die skare ingekom het. Ek kan nie akkoord gaan nie. Welisaar antwoord Heugh bevestigend op 'n vraag of hy "any of the people, of the workers that entered ,the quadrangle" herken het, en maak hy dan o a van beskuldigde 5 melding, maar uit sy getuienis gedurende kruisverhoor is dit duidelik dat hy beskuldigde 5 vir die eerste keer waargeneem het toe hy in 'n stilstaande posisie was. Bloot op grond van Heugh se getuienis kan dus nie bepaal word of beskuldigde 5 nie reeds in die vierkant was voor die samedromming of selfs voor die aankoms van die Petudi-groepie nie. In hierdie verband dien in gedagte gehou

29.

te word dat volgens die getuienis van o a Biyana Swart mynwerkers dikwels by die kompleks opdaag.
Beskuldigde 5 het nie ontken dat hy die Vrydagmiddag in die vierkant was nie. Hy sê egter dat hy 'n boodskap gekry het dat hy die mynkaptein moes spreek; dat hy omstreeks 14.00 na die kantoor van die mynkaptein in die kompleks gegaan het, en dat hy geloop het nadat hy ongeveer 5 minute tevergeefs op die mynkaptein gewag het. Hy het gaan was en eet en is toe met 'n huurmotor "dorp toe". By sy terugkeer het hy sekuriteitsvoertuie gewaar, omgedraai en weggehardloop.
Soos blyk uit wat reeds gesê is, is die verhoorhof se aanvaarding van Heugh se uitkenning van beskuldigde 5 nie op appèl betwyfel nie. Laasgenoemde het gevolglik valslik ontken dat hy die Vrydagmiddag omstreeks 16.00 in die vierkant was. Voorts het hy valse redes vir sy behandeling deur die toordokter verstrek.

Ek het reeds in verband met beskuldigde 2
30.

gemeld waarom weinig gewig geheg kan word aan 'n
appellant se onware ontkenning dat hy bewus was van die
ware doelwit van die behandeling. Om dieselfde rede
kan beskuldigde 5 se valse weergawe dat hy kort voor
die áanvalle buite die myngronde was, nie sterk
aangeslaan word nie. Hy kon naamlik lig geglo het dat
'n blote erkenning van sy aanwesigheid in die vierkant
op daardie stadium tot sy skuldigbevinding op een of
meer van die aanklagte kon lei.

Die verhoorhof het bevind dat beskuldigde 5

wel 'n "deelgenoot ... in die aanval" op die kompleks

was. In hierdie verband is gesê:

"'n Gemeenskaplike oogmerk en 'n moorddadige aanval is bewys. Dit is uitgevoer deur 'n groep mense en beskuldigde 5 was deel van die groep. Hy het nie getuienis aangebied dat hy daar was as onskuldigde toeskouer nie, trouens sy alibi word verwerp as vals.
In die omstandighede is die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word dat hy 'n deelgenoot was in die aanval."

Indien bewys is dat beskuldigde 5 as lid van

31. die skare die vierkant binnegekom het, sou moontlik afgelei kon word dat hy 'n deelgenoot tot voornoemde afspraak was. Al wat h mens egter weet, is dat hy in die vierkant gestaan het nadat daar 'n samedromming was. Volgens Heugh was beskuldigde 5 ook nie prominent nie. Hy het hom trouens waargeneem by 'n hoek van die vierkant terwyl kantore 1 en 2 aan 'n ander hoek grens. Die redelike moontlikheid dat beskuldigde 5 later as wat hy sê na die mynkaptein se kantoor gegaan het en dat hy dit om voornoemde rede betwis het, kan dus nie uitgesluit word nie. As dit so is, verduidelik dit natuurlik sy blote aanwesigheid in die vierkant op die stadium toe Heugh hom opgemerk het.

Na my mening blyk dit gevolglik nie buite redelike twyfel dat beskuldigde 5 na die vierkant gegaan het om uitvoering aan die meermaal genoemde afspraak te gee nie. Dit kan trouens nie eens bevind word dat hy bewus was dat 'n aanval die Vrydagmiddag sou plaasvind nie. Hy kon ook nie op grond van die

32.

Sefatsa-beginsels skuldig bevind gewees het nie. So byvoorbeeld blyk dit nie dat nadat hy van die skare se oogmerk bewus geword het, hy enige handeling ter vereenselwiging daarmee verrig het nie. Vgl Mgedezi op p 706.
Uit hoofde van die voorgaande is beskuldigde 5 verkeerdelik skuldig bevind op die eerste aanklag. Dit lei vanselfsprekend tot die gevolgtrekking dat hy ook nie op die ander twee aanklagte skuldig bevind moes gewees het nie.

Behoudens h enkele aspek, is die getuienis

wat volgens die verhoorhof se bevindinge beskuldigde 9 betrek nog swakker as dié teen beskuldigde 5. Onthou sal word dat Botha beskuldigde 9 opgemerk het toe eersgenoemde na sy voertuig geloop het. Dit het gebeur voordat daar h samedromming in die vierkant was. Dit volg dat beskuldigde 9 in die vierkant was voordat die skare, gelei deur Gogela en beskuldigde 1, opgedaag het. Prima facie het hy dus nie 'n verbintenis met die

33.

skare gehad nie. Of hy nog in die vierkaht was toe die samedromming plaasgevind het, weet h mens ook nie.
Beskuldigde 9 het net soos beskuldigde 5 valslik betwis dat hy die Vrydagmiddag omstreeks 16.00 in die vierkant was en dat hy bewus was van die ware oogmerk van sy behandeling deur die toordokter. Wat betreffende die gewig van hierdie valse ontkennings ten aansien van beskuldigde 5 gesê is, geld eweseer vir beskuldigde 9.
Namens laasgenoemde is egter formeel erken dat hy 'n koeëlwond in sy regterbeen opgedoen het. Sy verduideliking was dat hy die Vrydagmiddag naby h myn-hostel verwond is toe "polisie" (sekuriteitsbeamptes?) op h groep voortvlugtende mynwerkers gevuur het. Hierdie verduideliking is deur die verhoorhof verwerp maar dit blyk nie uit die staatsgetuienis waar beskuldigde 9 was toe hy getref is nie. 'n Mens weet dat die sekuriteitsbeamptes in kantore 1 en 2 oor 'n tydperk van nagenoeg 10 minute h hele aantal skote deur
34. die buitevensters van kantore 1 en 2 gevuur het. So 'n skoot kon 'n persoon wat 'n hele ent weg van die kompleks was, getref het. Beskuldigde 9 kon dus verwond gewees het terwyl hy van die kompleks weggeloop het kort nadat die aanvalle begin het. Dit is dan ook insiggewend dat die verhoorhof nie bereid was om uit die feit dat beskuldigde 8 (nie 'n appellant nie) die Vrydagmiddag 'n koeëlwond opgedoen het, af te lei dat hy een van die

aanvallers was nie. Die hof was naamlik van mening dat

beskuldigde 8 op die tersaaklike stadium buite die

vierkant, en "heeltemal wëg van die aanvallers" kon

gewees het. Voorts is tereg gesê dat die getuienis nie

die moontlikheid uitsluit dat sommige van die paar

duisend mynwerkers op die skag "hul heel onskuldiglik"

aan die buitekant van die kompleks kon bevind het nie.

By gebreke aan getuienis wat beskuldigde 9

met die samedromming in die vierkant (of met die

aanvalle vanaf die buitekant van die kompleks) verbind,

blyk dit na my mening nie buite redelike twyfel dat hy
35. 'n deelgenoot aan die afspraak was nie. En ook in sy geval is daar geen getuienis van vereenselwigende optrede nadat die samedromming plaasgevind het nie. Net soos in die geval van beskuldigdes 2 en 5 moet beskuldigde 9 se appel teen sy skuldigbevindings op al drie aanklagte gevolglik slaag.
Ek het reeds vermeld dat beskuldigde 12 nie getuig. het nie. Die enigste ooggetuienis teen hom is dat hy een van die Petudi-groepie was. Hy het egter erken dat hy teenwoordig was op die vergadering wat be-skuldigde 1 twee dae vantevore (die Woensdag) toege-

spreek het. Toe het beskuldigde 1 onder meer gesê wat

die doelwit van die mynwerkers se behandeling deur die

toordokter sou wees, nl dat die "blankes" (klaarblyklik
die mynbeamptes) se wapens "net water sal uithaal" wan-

neer hulle aangeval word. Hy het ook gesê dat die

"blankes" aangeval sou word omdat hulle baie mense

afgedank het.

Beskuldigde 12 was een van die ontslaande

mynwerkers. Die plan was nou juis dat sodanige
36. werkers, of altans sommige van hulle, die Vrydagmiddag vir Heugh moes nader met 'n ultimatum om in hul poste herstel te word. Indien Heugh nie gehoor sou gee nie, sou bogenoemde aanval plaasvind. Die optrede van die Petudi-groepie was dus 'n belangrike skakel in die ketting van die gebeure wat in die vooruitsig gestel is, en dit is heel onwaarskynlik dat enige lid van die groepie nie bewus sou gewees het nie dat geweld sou volg indien hul eise op dowe ore sou val. Trouens, vanweë sy bywoning van die betrokke vergadering het beskuldigde 12 geweet dat h gewelddadige konfrontasie met mynbeamptes beplan was. By ontstentenis van 'n verontskuldigde verduideliking is die enigste redelike afleiding dat hy een van die samesweerders was en as deelgenoot die afspraak tot uitvoering gebring het. Anders as wat die apellante se advokaat betoog het, is dit gevolglik ontersaaklik dat nie bewys is dat hy fisies aan enige aanval deelgeneem het nie.

Die redes waarom opset by moontlikheids-

37. bewussyn ten aansien van Van Dyk se dood aan beskuldigde 1 toegeskryf is, geld eweseer vir beskuldigde 12. Hy is dus tereg op die eerste aanklag skuldig bevind. Aangesien die afspraak primêr op openbare geweld gerig was, kan sy appèl teen sy skuldigbevinding op die derde aanklag vanselfsprekend ook nie slaag nie.
Vervolgens moet gelet word op die skuldigbevindings van beskuldigdes 1, 3, 6, 7 en 12 op die tweede aanklag (moord op De Wet). Die verhoorhof het nie bevind dat enige van hulle aan die aanslag teen De Wet deelgeneem het nie. Die vraag ontstaan egter of die getuienis nie aantoon dat beskuldigde 1 wel een van sy áanranders was nie.

Daar is weinig twyfel dat dit De Wet se pistool was wat beskuldigde 1 op Muller gerig het. Dit is sekerlik 'n aanduiding dat beskuldigde 1 'n lid was van die groep wat De Wet aangerand het. Eersgenoemde kon egter ook op die toneel verskyn het nadat De Wet

38.

reeds neergevel en dodelik verwond was en toe die pistool opgeraap het. Sy aanranders moes op De Wet toegesak het kort nadat hy uit sy makkers se gesigsveld verdwyn het. Volgens Bester was De Wet so 'n 15 treë voor hom toe laasgenoemde om die hoek van 'n gebou gestap het. Net nadat Bester ook die hoek bereik het, het hy hom in 'n horde Swartes vasgeloop. Baie kort vantevóre het Bester vir die eerste keer skote vanuit die rigting van die skagkantore hoor opklink. Op daardie stadium was beskuldigde 1, wat aan die voorpunt van die skare was, waarskynlik nog in die vierkant. Ek kandus nie bevind dat beskuldigde 1 fisies by die aanslag op De Wet betrokke was nie.

Ten einde enige van beskuldigdes 1 , 3, 6, 7 en 12 op grond van die voorafgaan.de afspraak vir De Wet se dood aanspreeklik te hou, moet dit o a blyk dat hy deur deelgenote tot die afspraak aangerand is. Soos dit my voorkom, het die verhoorhof inderdaad sulks bevind. Die hof se konklusie was naamlik dat De Wet

39.

aangerand is deur persone wat vanaf die vierkant na die kampong terugbeweeg het. Die appellante se advokaat het egter betoog dat dit nie afdoende blyk dat De Wet se aanranders deel was van die skare wat die aanvalle op die skagkantore geloods het nie, en ek meen dat hy gelyk gegee moet word.
Aan die een kant moet in ag geneem word dat die groep Swart mans wat De Wet, Muller en Bester
teengekom het kort nadat die Ingwe en die Land Cruiser
tot stilstand gekom het, vanuit die rigting van die skagkantore aangehardloop gekom het. Dit is dus moontlik - en selfs waarskynlik - dat De Wet hom hierna vasgeloop het teen h verdere groep wat vanaf die kompleks weggevlug het. Aan die ander kant blyk dit dat nie net mynwerkers wat aan die aanvalle op die skagkantore deelgeneem het hulle die Vrydagmiddag tot geweld gewend het nie. Roets getuig dat pas nadat Bester en Muller die Swart man wat hulle gevange geneem het na die Land Cruiser geneem het, h groot klomp mans
40. (klaarblyklik Swart mynwerkers) vanaf h hostel op die Ingwe en die Land Cruiser afgestorm en dié omsingel het. Hulle was gewapen met kieries en ysters en' het die voertuie met klippe bestook. Hierdie groep ("die hostelgroep") was klaarblyklik nie deel van die skare wat by die skagkantore opgedaag het nie.
Uit die plan wat by die verhoor ingehandig is, kan nie vasgestel word hoe ver die hostel vanaf
punt J is nie. Ook weet 'n mens nie of al die lede van

die hostelgroep direk na die voertuie gehardloop het

nie. Sommige van hulle kon dus met 'n draai beweeg het

ten eihde die voertuie te omsingel. Die redelike

moontlikheid dat De Wet hom kon vasgeloop het teen lede van die hostelgroep kan dus nie uitgesluit word nie.

Daar is ook ander moontlikhede wat nie vergesog is nie. So byyoorbeeld kon mynwerkers wat nie oorspronklik by die skagkantore opgedaag het nie 'n lawaai daar gehoor het en hulle toe na die kompleks gewend het. Op pad kon hulle De Wet teengekom het en,
41. menende dat hy deur hulle bedreig was, kon hy op hulle geskiet het waarna hulle op hom kon toegesak het.
Namens die respondent is egter betoog dat volgens Menin die aanranders van De Wet persone was wat vanaf die skagkantore weggevlug het. Menin was die getuie wat gesien het hoe tien tot twaalf Swart persone De Wet by punt J brutaal aanrand. Gevra vanwaar die persone gekom het, was sy antwoord "[f]rom ... the shaft office". Dit is vir my egter duidelik dat Menin bloot 'n gevolgtrekking gemaak het. Hy getuig naamlik dat hy pp 'n stadium gedurende die aanvalle op die skagkantore h klomp Swart mans vanaf die kompleks sien weghardloop het. Hy was toe by sy kantoor wat nie deel van die kompleks is nie. Hy het daarop in die rigting van die skagkantore geloop en die aanranding op De Wet waargeneem. Toe was laasgenoemde al op die grond. Menin het gevolglik nie die aanvang van die aanslag gesien nie en daarom kon hy nie weet uit welke rigting die aanranders inisieel op De Wet toegesak het nie.
42. Dit blyk ook nie hoe lank die aanranding aan die gang was voordat Menin op die toneel verskyn het nie. In hierdie verband moet in gedagte gehou word dat toe Van Vuuren naby punt J gekom het nadat hy reeds by die verlate vierkant was, daar nog steeds drie persone by die platgeslaande De Wet was, een waarvan steekbewegings na sy rug uitgevoer het. De Wet kon dus neergevel gewees het 'n ruk voordat Menin hom sien lê het, en selfs voordat Menin persone van die skagkantore sien weghardloop het.

Ek meen dus nie dat as die enigste redelike afleiding bevind kan word dat De Wet deur deelgenote tot die afspraak aangerand is nie. Voorts is daar in die geval van beskuldigdes 3, 6, 7 en 12 nie enige blyke van 'n latere vereenselwiging met die aanranding nie. Wat beskuldigde 1 betref, weet 'n mens weliswaar dat hy De Wet se pistool op 'n onbekende tydstip en wyse buitegemaak het, maar hierdie feit in sigself regverdig nie 'n konklusie dat hy hom met die oogmerke van die
43. aanranders vereenselwig het nie. So byvoorbeeld kon die pistool te lande gekom het 'n entjie weg van die plek waar sy aanranders besig was om De Wet toe te takel. Dit volg dus dat ook beskuldigdes 1, 3, 6, 7 en 12 se skuldigbevindings en vonnisse op die tweede aanklag tersyde gestel moet word.
Ek kom nou by beskuldigde 13. By die verhoor was dit gemene saak dat hy en ene Sitimela op 29 Mei 1987 na die Transkei vertrek het en dat hy, die toordokter en dié se assistent die daaropvolgende Woensdag.(3 Junie) per bus in Welkom gearriveer het. Die volgende dag het hy die toordokter en die assistent na die skag se kampong geneem. Daardie aand het hy tevergeefs by Biyana aangeklop om slaapplek vir die twee persone waarna hy elders huisvesting vir hulle verkry het. Die Vrydag het Biyana op versoek van beskuldigde 13 hom en sy swanger vrou per motor na 'n hospitaal in Bloemfontein geneem. Daarna is Biyana en beskuldigde 3 terug na Welkom alwaar hulle die middag
44. aangekom het. Biyana het beskuldigde 13 omstreeks 15.30 afgelaai en toe na die skag gery. Kort daarna het die samedromming in die vierkant plaasgevind. Beskuldigde 13 was derhalwe nie die Vrydagmiddag naby die skag nie. Gevolglik was dit slegs sy verbintenis met die toordokter wat kon dien om hom by die Vrydagmiddag se voorvalle te betrek.
Beskuldigde 13 getuig dat hy op h stadium 'n werknemer van die betrokke myn was en aldus van die mynwerkers leer ken het. Later is hy ontslaan waarna
hy met klere gesmous het. Aan die begin van 1987 het

stamgevegte tussen Xhosas en Sothos by h ander myn in

die omgewing van Welkom plaasgevind. Hy het toe van

sy vriende by die skag gehoor van h besluit om 'n

toordokter te verkry ten einde stamgevegte "stop te

sit". Op 29 Mei het hy Gogela en Sitimela in 'n winkel

teengekom. Hulle het hom versoek om saam met Sitimela

na die Transkei te reis. Die doel was om 'n toordokter

op te spoor. en na Welkom te bring. Beskuldigde 13 het

45.

ingestem. Hy en Sitimela het vertrek eh op Saterdag, 30 Mei, in die Transkei aangekom. Dieselfde dag het hulle by die toordokter uitgekom. Hy was egter nie bereid om dadelik na Welkom te vertrek nie. Omdat Sitimela net die naweek vry was, het hy die Sondag teruggekeer. Beskuldigde 13 het aangebly en hy, die toordokter en die assistent het laat die Woensdagaand (3 Junie) in Welkom aangekom. Donderdagmiddag het hy vir Gogela gaan sê dat die toordokter gearriveer het en kort daarna het hy die toordokter na die skag geneem.
Hy was nie teenwoordig toe die toordokter die
mynwerkers behandel het nie. Betreffende die redes waarom hy en Sitimela die toordokter moes gaan haal, is hy slegs meegedeel dat stamgevegte en ondergrondse beserings verhoed moes word.

Biyana sê dat voordat hy die Vrydagoggend na Bloemfontein gery het, beskuldigde 13 hom gevra het om eers twee mans vanaf 'n Swart woonbuurt na 'n voorstad van Welkom te neem. Hy het gesê dat hulle toordokters

46.

was. Gevra wat die doel van hulle besoek was, het
beskuldigde 13 volgens Biyana 'n antwoord gegee wat vir
my taalkundig onverstaanbaar is. Voorts maak Biyana
melding van 'n gesprek tussen hom en beskuldigde 13
gedurende die terugreis na Bloemfontein. Wat volgens
Biyana gesê is, blyk uit die volgende uittreksel uit
die oorkonde:

"Then on the way as we are driving, when we
were just about to Theunissen, we have passed
Theunissen, there is just a small river
there. Then there is a café next to that
river, just when you are coming from
Theunissen. So I was driving, because I was
late and Christopher was urging me to drive
either. There I said to Christopher, no
Christopher, even if I am late, I am hungry.
I must get some meals here in this café.
Then Christopher said, man, haven't you said
that you are going to work and then he said
you better drive. Then we did not get some
meals there either.

So you went past Theunissen? -- We went past there. Then he said as you are so hurried, then when you find your office being congested with people today. Then I asked Christopher, what do you mean Christopher, could you please explain on what you are saying, because my section is a big section, used to have so many people. I know people

47.

are coming to me for their attendance. What do you mean up short.
You asked him what did he mean by saying that you will find your office congested with people? — Yes. Then he did not go further on that."

Beskuldigde 13 se verduideliking vir sy

opmerking lui soos volg:

"Ek het aan hom gesê hy sal kom vind dat daar vol mense is by sy kantoor.... Ek het dit gesê omdat ek van hom gehoor het hy is die senior P A [d w s, personeelassistent].... En hy is veronderstel om al die mense wat van ondergrond af kom te paradeer".

Hy sê ook dat hy verneem het dat heelwat

mense die Vrydagmiddag "geparadeer" sou word.

Die verhoorhof het hoofsaaklik op grond van

Biyana se getuienis bevind dat beskuldigde 13 as

tussenganger geweet het "van die plan om h toordokter

te kry om die werkers te behandel met die oog op 'n
moontlike aanval op die mynpersoneel." Hy was daarom,

aldus die hof, "h medepligtige tot die aanval en die

gebeure by skag nommer 6 op Vrydag 5 Junie 1987". Ook

48.

is bevind dat hy voorsien het dat geweld gebruik sou word en dat mense gedurende die aanval gedood kon word. Vandaar sy skuldigbevindings op al drie aanklagte.
Al sou hierdie bevindings gegrond wees, volg uit wat reeds ten aansien van beskuldigdes 1, 3, 6, 7 en 12 gesê is dat beskuldigde 13 nie op die tweede aanklag skuldig bevind moes gewees het nie. Om die redes wat volg, meen ek egter dat sy appèl ten volle gehandhaaf moet word.
Dit is ongetwyfeld waarskynlik dat toe Sitimela en beskuldigde 13 na die Transkei gereis het een of ander vorm van gewelddadige konfrontasie reeds in die vooruitsig gestel was en dat beskuldigde 13 daarvan bewus was. Wat nie blyk nie, is of toe reeds besin was oor en die aard, omvang en tydstip van so 'n konfrontasie. Die eerste keer dat Tsoleli, die vise-sekretaris van die komitee van skagopsieners, verneem het van die plan wat op Vrydag, 5 Junie, in werking gestel sou word, was toe beskuldigde 1 die vergadering

49.

van die skagopsieners op Dinsdag, 2 Junie, toegespreek

het. Op daardie stadium was beskuldigde 13 egter nog

in die Transkei. Hy het trouens eers na die

Woensdagvergadering in Welkom aangekom. 'n Konklusie

dat hy voor sy aankoms bewus was dat 'n aanval op die

skagkantore béplan was en dat dit die Vrydagmiddag sou

plaasvind, is dus nie te geregverdig nie.

Dit is natuurlik moontlik dat beskuldigde 13

die Donderdagmiddag van die afspraak verneem het. Uit

Biyana se getuienis blyk egter vir my 'n vingerwysing

dat dit nie gebeur het nie. Hy en beskuldigde 13 was

klaarblyklik goed bevriend en hy het hom h groot guns

bewys deur hom en sy swanger vrou die Vrydag na

Bloemfontein te vervoer. Biyana het h kantoor in die

kompleks gehad en indien hy omstreeks 16.00. daarin sou
"wees, kon dit lig gebeur dat hy gedurende die beplande

aanval op die skagkantore ernstig beseer kon word. 'n

Mens sou dus verwag dat beskuldigde 13 sou probeer om

die terugreis vanaf Bloemfontein te vertraag eerder as

50.

om dit te verhaas. Tog, toe Biyana wou stop om te eet,
was dit beskuldigde 13 wat hom as't ware oorreed het om
dit nie te doen nie. En aangesien Biyana kort voor
die samedromming in die vierkant by die skagkantore
gearriveer het, sou hy waarskynlik eers na die
voorvalle daar aangekom het indien hy wel buitekant
Theunissen gestop het.

Beskuldigde 13 se aangehaalde verduideliking

vir sy opmerking teenoor Biyana gedurende die terugreis

na Welkom is vir my ook nie onaanvaarbaar nie. Indien

hy van die afspraak bewus was en nie vir Biyana wou

inlig nie, sou hy nouliks van h samedromming melding

gemaak het. Volgens Biyana het beskuldigde dit ook nie

gehad oor 'n samedromming by die skagkantore nie, maar
wel oor "congestion" in een spesifieke kantoor, nl dié

van Biyana.

Ek meen dus nie dat bewys is dat beskuldigde

13 h deelgenoot tot die afspraak was nie. Hoogstens is

aangetoon dat voordat daar 'n uitgekristalliseerde

51.

beplanning was, beskuldigde 13 na die Transkei gereis
en die toordokter gaan haal het wetende dat een of
ander vorm van geweld op 'n onbepaalde wyse, plek en
tydstip kon losbars. Samevattend blyk dit nie buite
redelike twyfel dat hy bewus was van 'n konkrete
afspraak wat geweld teen die mynbeamptes by die
skagkantore op die Vrydagmiddag (of trouens op enige
tydstip) in die vooruitsig gestel het nie.

Ten siotte moet die appèl van beskuldigde 1

teen sy doodvonnis op die eerste aanklag oorweeg word.
Getuienis ter versagting is gegee deur o a mnr Segal, 'n
kliniese sielkundige. Op grond van 'n konsultasie wat
hy met beskuldigde 1 gevoer het, het hy getuig:

"... it was apparent to me that the accused was clearly aware of the expectations of others around him, whether it be a social interaction or membership interaction and club-meeting, or.., presumably expectations of leadership of one kind or another. He perceived the expectations of others reasonably clearly and so having or being able to perceive these expectations clearly he may have behaved in accordance with what he perceived others wanted him to do. In

52.

other words, behaved in accordance with expectations.
Has this been found in your experience to be a strong motivating factor, the expectations which others have of you? --Well, the leader/follower situation is an interaction situation, it is a mutual kind of interaction situation and the leader can be seen to be as much pushed by the followers as the followers pushed by the leader."

By die verhoor is aangevoer dat die druk wat beskuldigde 1 se leiersrol meegebring het, 'n versagtende omstandigheid daargestel het. Die verhoorhof was egter van mening dat in die afwesigheid van onderskragende getuienis van beskuldigde 1 daar nie "'n feite-basis" was vir 'n konklusie dat beskuldigde 1 vanweë sodanige druk opgetree het nie; byvoorbeeld omdat, soos Segal ook gesuggereer het, hy bang was dat hy as 'n spioen bestempel sou word indien hy nie aan leiersverwagtinge sou voldoen nie.

Op appèl is betoog dat die verhoorhof nie voldoende gewig aan Segal se getuienis geheg het nie. Al wat in verband met hierdie betoog gesê hoef te word,
53. is dat Segal vanweë die indrukke wat hy van die persoonlikheid van beskuldigde 1 gevorm het, slegs moontlikhede geopper het. So byvoorbeeld het hy in antwoord op 'n vraag of beskuldigde 1 deur "the crowd" gelei kon gewees het, slegs gesê: "It seemed a possibility...." En later het hy toegegee dat h mens slegs kon spekuleer of beskuldigde 1 onder druk van sy onderhoriges opgetree het.
Daar is geen getuienis wat daarop dui dat die mynwerkers die skagopsieners aangespoor het om stappe in verband met die ontslag van enige werker te neem nie, of dat beskuldigde 1 die persepsie gehad het dat optrede deur hom en die ander opsieners, anders as deur normale kanale, verwag was. Die verhoorhof kon dus nie bevind dat beskuldigde 1 waarskynlik as gevolg van psigologiese druk die afspraak tot uitvoering gebring het nie.
Die verhoorhof het bevind dat dit moontlik, maar nie waarskynlik, is dat beskuldigde 1 deur Gogela
54. beïnvloed kon gewees het nie. Op appèl is daarop gewys dat beskuldigde 1 die ondergeskikte van Gogela in die.komitee van skagopsieners was en dat hy in die vierkant vlak by Gogela waargeneem is. Ek kan egter nie insien hoe hierdie feite die moontlikheid aanvaar deur die verhoorhof tot 'n waarskynlikheid kan verhef nie. Gogela en beskuldigde 1 het beide leidende rolle in die voorvalle vervul, en oor die vraag of eersgenoemde vanweë sy posisie as waarhemende voorsitter van die komitee beskuldigde 1 as sekretaris kon beïnvloed het en dit inderdaad gedoen het, kan slegs gegis word.
By die verhoor is blykbaar aangevoer dat die ontslag van sekere mynwerkers die oorsaak van die voorvalle was, en dat die optrede van die aanvallers, en spesifiek beskuldigde 1, voortgespruit het uit 'n grief vanweë die ontslag. Desbetreffend het die verhoorhof hom soos volg uitgelaat:

"Hier is geen getuienis dat 'n werker sonder
55.

rede ontslaan is nie en dit is nie aangetoon dat die grief wat bestaan het, gegrond was nie. Die hof is van mening dat die grief wat hier bestaan het ... nie as 'n versagtende omstandigheid beskou kan word nie."

Die vernaamste kapsie wat op appèl teen die

verhoorhof se bevindings aangaande versagtende
omstandighede gemaak is, was teen hierdie passasie
gerig. Namens beskuldigde 1 is betoog dat dit
ontersaaklik is of die betrokke mynwerkers se ontslag
al of nie geregverdig was, en dat die klem moes geval
het op sy subjektiewe persepsie dat 'n onreg teenoor die
ontslaande mynwerkers gepleeg was. In eerste instansie
het beskuldigde 1 nie getuig dat hy so 'n insig gehad
het nie. Bes moontlik was hy bewus dat daar gegronde
redes vir die ontslag was maar het hy die outoritêre
houding ingeneem dat 'n werker nie sonder die
toestemming van die komitee ontslaan moes word nie.
Kortom, 'n mens weet net nie wat sy persepsie was nie.
Tweedens is die vraag of 'n grief gegrond was, nie

irrelevant by beoordeling van die blaamwaardigheid van
56. 'n dader nie. Veronderstel dat X 'n jong meisie wil wegvoer om haar te verkrag. Y kom fisies tussenbei, beskerm die meisie, en fnuik aldus die plan. Weens blote gebelgdheid oor Y se korrekte optrede steek X hom dood. In so h geval mag X se grief diep strek, maar is dit so onredelik en afkeurenswaardig dat dit nie 'n versagtende omstandigheid kan konstitueer nie.
In casu weet 'n mens nie welke inligting beskuldigde 1 aangaande die gronde vir die werkers se ontslag gehad het nie. Dit is derhalwe onmoontlik om te oordeel of sy grief - indien enige - uit h morele oogpunt sy verwytbaarheid verminder het.
Die appellante se advokaat het ook klem gelê op die feit dat beskuldigde 1 nie vir Muller geskiet het toe laasgenoemde met sy rug na beskuldigde 1 gestaan het nie. Dit sou aantoon dat hy nie koelbloedig gehandel het nie. Ek hoef niks meer te sê nie as dat, sover 'n mens weet, dit slegs Bester se tussenbytrede was wat verhoed het dat beskuldigde 1 die
57. pistool se sneller trek.
Ten slotte is betoog dat nie bewys is dat beskuldigde 1 fisies aan die aanranding op Van Dyk deelgeneem het nie, en dat die afwesigheid van dolus directus versagting daargestel het. 'n Identiese argument is by die verhoor geopper en deur die verhoorhof oorweeg. Die hof het nie ten aansien daarvan, of betreffende die ander aspekte waarop gesteun is, wesentlik misgetas nie, en die uiteindelike bevinding dat versagtende omstandighede ontbreek het, is nie een waartoe geen redelike hof kon gekom het nie. Daar kan dus nie ingemeng word met beskuldigde 1 se vonnis op die eerste aanklag nie.
Die appèlle slaag gevolglik tot die mate dat die skuldigbevindings en vonnisse van al die appellante op die tweede aanklag, asook dié van appellante 2, 4, 7 en 9 (beskuldigdes 2, 5, 9 en 13 by die verhoor) op die eerste en derde aanklag, tersyde gestel word.

58.

H.J.O. VAN HEERDEN AR

VIVIER AR
STEM SAAM FRIEDMAN WN AR