South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 155
| Noteup
| LawCite
Reck v Mills and Another (153/89) [1989] ZASCA 155; [1990] 1 All SA 560 (A) (27 November 1989)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
RECK Appellant
en
MILLS Eerste
Respondent
en
HARTMAN . Tweede Respondent
Coram:
JOUBERT, HEFER, NESTADT, EKSTEEN et
F H GROSSKOPF ARR.
Verhoor: 6 November 1989 Gelewer: 27 November 1989
UITSPRAAK
JOUBERT AR:
/Hierdie
2
Hierdie appèl is gerig teen die geheel van die uitspraak
van BURGER R in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling in die
saak
gerapporteer as Mills v Reck & Others, 1988(3) SA 92 (C). Op 2 Mei
1988 is verlof deur die Hoofregter aan Reck as appellant verleen om in hoër
beroep na hierdie Hof
te kom. Hartman as tweede respondent het nie aan die
appèl in hierdie Hof deelgeneem nie. Mills as
eerste respondent het
wel die appèl in hierdie Hof bestry.
Reck doen aansoek om kondonasie van die
laat-indiening van die kennisgewing van appèl en die oorkonde
van
die saak. Hierdie aansoek word ondersteun deur 'n beëdigde
verklaring
van sy prokureur W P Strauss. Volgens Reël
5(1) van hierdie Hof moes die kennisgewing van appèl voor
of op 1 Junie 1988 ingedien gewees het. Die kennisgewing
van appel is eers op 27 Junie 1988 deur prokureur Strauss
/3
3
onderteken. Dit word nie in prokureur Strauss
se
ondersteunende beëdigde verklaring vermeld wanneer dit by
die
Griffier van hierdie Hof ingedien is nie. Volgens navraag
by die Griffier is
dit eers op 29 Junie 1988 ingedien.
Dit is ook op laasgenoemde datum beteken
aan Mills se prokureur
Kurz soos dit blyk uit laasgenoemde se antwoordende
beëdigde
verklaring. Eers op 31 Augustus 1988 het prokureur
Strauss
die aangeleentheid van sekuriteit vir koste afgehandel.
Die oorkonde moes volgens Reël 5(4)(b) binne 3 maande na 2
Mei 1988 by die Griffier van hierdie Hof ingedien gewees het
en aan die prokureur van Mills gelewer gewees het. Prokureur Strauss vermeld nie wanneer hy gepoog het om aan die voorskrifte van Reël 5(4)(b) te voldoen nie. Volgens navraag by die Griffier van hierdie Hof is die oorkonde eers op 12 September 1988 alhier ingedien terwyl dit uit die beëdigde verklaring van prokureur Kurz blyk dat die oorkonde stuksgewys eers op
/4
4
6 en 14 Desember 1988 aan hom gelewer is.
Kondonasie om aan
die voorskrifte van hierdie Hof se Reëls betyds te voldoen, word nie by
wyse van 'n blote formaliteit verleen
nie. Hierdie Hof het telkemale reeds
beklemtoon dat die betrokke voorskrifte nougeset en betyds nagekbm moet word.
Waar 'n party
(of sy prokureur) besef dat hy nie binne die voorgeskrewe tydperk,
soos deur hierdie Hof se Reëls neergelê, in staat sal
wees om aan die
voorskrifte van die betrokke Hofreël te voldoen nie, behoort
hy so gou
doenlik om kondonasie aansoek te doen.
In die onderhawige geval is dit
duidelik dat Reck self hoegenaamd geen skuld gehad het aan die versuim van
prokureur Strauss om aan
die voorskrifte van die vermelde Hofreëls betyds
te voldoen nie. Dit blyk ook dat hy geensins kennis gedra het van die prokureur
se versuim nie en dat hy hom geensins met sodanige versuim vereenselwig het
nie.
/5
5
Die blaam vir die versuim om aan die voorskrifte van die
vermelde Hofreëls te voldoen, tref prokureur Strauss alleen. Ek het
reeds
aangetoon dat sy ondersteunende beedigde verklaring in belangrike opsigte
gebrekkig is om die relevante feite volledig te vermeld.
Prokureur Strauss se
verduideliking vir sy pligsversuim kom daarop neer dat hy sy prokureursfirma
man-alleen behartig en dat hy aan
ander belangrike hofwerk sy volle aandag
geskenk het ten koste van die hantering van sy klient Reck se appêl. In
paragraaf
10 van sy
ondersteunende beëdigde verklaring sê hy o.a.
die volgende:
"Ek besef dat my optrede nie voldoen aan
die vereiste standaard en aan die
standaard wat ek gewoonlik handhaaf nie - - - " Trouens sy verduideliking is
geen verskoning vir
sy ernstige
pligsversuim as prokureur in die omstandighede nie. Sy
versuim om betyds
op te tree, kom neer op 'n flagrante skending
van sy beroepsplig as prokureur teenoor sy klient Reck wat
/6
6
sy vertroue as leek geheel en al in hom geplaas het. Dit grens aan growwe nalatigheid en 'n bykans ongeërgde houding aan die kant van prokureur Strauss. Ten einde Reck in die omstandighede nie ernstige skade en moontlike onreg aan te doen nie het hierdie Hof na aanhoor van die aansoek om kondonasie wat nie bestry is nie dit gerade geag om sy diskresie oor die toestaan of weiering daarvan uit te oefen nadat argumente oor die meriete van die appèl aangehoor is.
Ek gaan nou daartoe oor om die meriete
van die appèl te
behandel.
Die Antipolis was 'n tenkskip wat 'n aantal jare gelede digby die strand naby Oudekraal langs die Kaapse kus gestrand het. Die skeepswrak is deur sy oorspronklike eienaars sowel as deur sy versekeraars geabandonneer sodat dit res derelicta en derhalwe res nullius geword het. Die agterstewe van die skeepswrak het bo die oppervlakte van
/7
7
die see uitgesteek terwyl sy masjienkamer onder die
water
was. In die masjienkamer was daar 'n groot kondensor. met
'n massa
van ongeveer 30 ton wat aan die vloer van die
masjienkamer aangeheg is. Die
inhoud van die groot kondensor
het bestaan uit koper-nikkel pype wat aan twee
plate geheg
is. Die massa van die inhoud was ongeveer 18 ton terwyl
die
staalomhulsel van die groot kondensor se massa ongeveer
15 ton was. Verskeie
pogings is in die verlede deur onbekende
duikers aangewend om snitte deur die
staalomhulsel te maak om sodoende toegang tot die inhoud te kry. Bokant die
groot kondensor was
turbines sodat dit prakties uiters moeilik en selfs baie
duur sou wees om die groot kondensor intak te berg. Daar was.ook in die
masjienkamer 'n klein kondensor of "heat exchanger" wat egter nie 'n rol in die
saak speel nie.
Op 27 Augustus 1987 het Mills in die Hof a quo 'n dringende aansoek by wyse van 'n kennisgewing van mosie
/8
8
gebring teen Reck as eerste respondent en Hartman as
tweede
respondent vir 'n bevel nisi in terme van die konsepbevel
"X"
(band 1 p 3-4) wat soos volg lui:
1. "That a Rule Nisi do issue caling upon the First and Second Respondents and all persons interested to show cause, if any, to this Court on the 9th September 1987 at 10h30 why an Order in the following terms should not be made final :-A. That the First and Second
Respondents are ordered forthwith and ante omnia to restore to the Applicant possession of all the Condensors and/or their contents on the wreck 'ANTIPOLIS'
referred to in the Founding Affidavit or any of such Condensors and/or their contents removed from the 'ANTIPOLIS' pending the final determination of an action to be instituted by the Applicant against the
/9
9
First and Second Respondents for a declaratory Order as to ownership and other relief;
B. Restraining and interdicting
the First and Second Respondents
from
in any way interfering
with the Applicant's possession
of the said
Condensors and/or
their contents.
C. That the First and Second
Respondents be ordered to pay
the costs of
this Application.
2. That, pending the return day, paragraph
1 A and B hereof shall operate as a temporary interdict as against the First and Second Respondents and all other interested parties.
3. That, in the event of possession of the
said Condensors and/or their contents
being restored to the Applicant, he
be permitted forthwith to continue to salvage the contents of the said Condensors and that he be ordered to place such contents
/10
10
in the safe custody of the Deputy Sheriff of Cape Town pending the final determination of the said intended action to be instituted by him against the First and Second Respondents."
Nader beskou, is dit duidelik dat bede
1 A gebaseer is op die Mandament van Spolie as regsmiddel
met die
stelreël spoliatus ante omnia restituendus est as
grondslag nl.
die persoon (spoliatus) wie se besit wederregtelik
ontneem is, moet
eers in sy vorige toestand herstel word
deur die spoliator voordat
daar op die meriete van die saak ingegaan word. Treffend word die vereistes vir
die Mandament van Spolie gestel deur LUCAS Wn R in Scoop Industries
(Pty) Ltd v Langlaagte Estate and G.M. Company Ltd (In Vol.
Liq.),
1948(1) SA 91 (W L D) op p 98-99 soos volg:
"Two factors are requisite to found a claim for an order for restitution of possession on an allegation of spoliation.
/11
11
The first is that the applicant was in possession and, the
second, that he has been wrongfully deprived of that possession and against
his
wish. It has been laid down that there must be clear proof of possession and of
the illicit deprivation before an order should
be granted. (See Rieseberg v
Rieseberg, 1926 W L D 59 at p 65). It must be shown that the applicant had
had free and undisturbed possession (Hall v Pitsoane, 1911 T P D 853).
When it is shown that there was such possession, which is possession in
physical fact and not in the iuridical sense, and there has been such
deprivation, the applicant has a right to be restored in possession ante
omnia. On a claim for such restoration it is not a valid defence to set up a
claim on the merits."
(Onderstreping deur my). Dit is duidelik dat die
volgende sinsnede in bede 1 A volkome
onnodig, misplaas en verwarrend is, nl. "pending the final
/12
12
determination of an action to be instituted by the
Applicant
against the First and Second Respondents for a declaratory
Order
as to ownership and other relief." Ek sal daarna
as die kwalifiserende sinsnede verwys.
Soos bede 1 B bewoord is, word 'n permanente
interdik aangevra. Genoemde kwalifiserende sinsnede moes
eintlik hier
aangewend gewees het sodat 'n tydelike interdik
aangevra word hangende
die instel van h aksie om h verklarende
bevel betreffende eiendomsreg van die
skeepswrak se kondensors.
In sy funderende beëdigde verklaring het Mills
daarop gewys dat hy 'n ervare duiker is wat die houer is van 'n geldige
bergingslisensie
uitgereik ingevolge die voorskrifte van die Doeane - en
Aksynswet 91 van 1964. Dit magtig hom om langs die Suid-Afrikaanse kuslyn
na
geabandonneerde skeepswrakke te soek en besit te neem van voorwerpe wat hy
daarvan bekom onderhewig aan die regte van
/13
13
ander persone. (Ek mag in hierdie verband op die volgende wys:
die bepalings van die bergingslisensie is eintlik om die Kontroleur
van Doeane
en Aksyns in staat te stel om vir fiskale doeleindes beheer uit te oefen oor
gebergde voorwerpe wat van skeepswrakke aan
land gebring word. Dit raak geensins
die bepalings van die gemene reg ten aansien van geabandonneerde skeepswrakke as
res derelictae of res nullius nie). In kort, Mills beroep hom op
'n mondelinge vennootskapsooreenkoms wat hy met Reck aangegaan het om die groot
kondensor van die
Antipolis oop te sny en die inhoud
daarvan te
verwyder en te verkoop. Reck was 'n duiker
wat 'n apparaat gehad het om
onderwater snywerk te verrig.
Op 24 Julie 1987 is hy en Reck na die
Antipolis waar hy 'n
kraanbalk op die agterstewe daarvan opgerig het. Reck het
'n tou aan die kondensor vasgemaak en 'n boei aan die punt daarvan
geplaas om op die oppervlakte van die see te dryf. Reck het
/14
14
begin om snitte in die staalomhulsel van die groot kondensor
te sny. Slegte weer het hulle werksaamhede onderbreek. Gedurende Augustus
1987
het Hartman en sy helpers ook aan die staalomhulsel van die groot kondensor kom
sny. Reck het kort daarna by Hartman aangesluit
om gesamentlik aan die groot
kondensor te sny. Mills het beweer dat die skeepswrak van die Antipolis res
derelicta is (para 21 band 1 p 10), dat hy en Reck mede-eienaars van die
kondensors en hul inhoud was en dat Reck en Hartman hom wederregtelik
sy besit
van
die kondensors en hul inhoud ontneem het (para 23 band 1 p
11). Dit
was die causa van sy aansoek. Dit is van groot belang om dit in gedagte
te hou by die verdere verloop van die saak.
In sy antwoordende beëdigde verklaring het Reck ontken dat hy en Mills vennote was t.o.v. die bergingsprojek op die skeepswrak. Mills sou slegs in die
/15
15
winste deel vir sy bydrae tot die bergingswerk en
vergoed
word vir sy uitgawes maar Reck sou die uitsluitlike
eiendomsreg
van en besitsreg oor die kondensors hê. Hy het self
nie
'n bergingslisensie gehad nie. Hy het die aanbring van
die kraanbalk
deur Mills erken maar ontken dat 'n tou met
'n boei aan die groot kondensor
vasgemaak is. Omdat Mills
nie sy onderneming om met die berging behulpsaam te
wees,
nagekom het nie, het hy die ooreenkoms met Mills beëindig.
Vervolgens het hy 'n ooreenkoms met Hartman aangegaan om sy
snyapparaat aan hom beskikbaar te stel. Hartman het wel
'n bergingslisensie. Hy ontken dat Mills enige eiendomsreg
oor of besitsreg van die kondensors verkry het.
Hartman het in sy antwoordende beëdigde verklaring vermeld dat hy onbewus was van enige aanspraak van Mills op die kondensors. Hy het by die skeepswrak wel 'n tou opgemerk maar dit was nie vas aan 'n kondensor met 'n
/16
16
boei nie. Hy het nuwe snitte in die groot
kondensor gesny en glad nie aan die ou snymerke gesny nie. Hy het origens Reck
se bewerings
in soverre dit op hom betrekkïng het, bevestig.
Al wat van
belang is aangaande Mills se repliseren.de
beëdigde verklaring is dat hy daarin ontken dat hy in diens van Reck was.
Hy herbevestig die bewerings vérvat in sy funderende
beëdigde
verklaring.
Mills se bewering dat die skeepswrak van
die Antipolis 'n res
derelicta en derhalwe 'n res nullius
was, was gemene saak. In hierdie verband is dit gewens
om daarop te wys dat volgens ons gemene reg word eiendomsreg
oor 'n saak
deur derelictio verloor wanneer 'n eienaar sy saak
prysgee of abandonneer met die bedoeling om nie meer eienaar
daarvan te wees nie. Raadpleeg Inst 2.1.47, de Groot
2.1.52, 2.32.3, Vinnius ad Inst 2.1.46 nr 1, Van Leeuwen
/17
17
C.F. 1.2.1.18, 1.2.3.14, Voet 41.1.10, Van der
Keessel
ad Gr 2.32.3. Sodanige saak is dan 'n res derelicta
sonder 'n eienaar (res nullius). Die persoon wat as
occupator
fisieke beheer (detentio, corpus,
factum) daarvan verkry
met die bedoeling om eienaar daarvan te wees,
word besitter
sowel as eienaar daarvan deur occupatio of
toe-eiening.
Raadpleeg Voet 41.1.2, Groenewegen ad Inst 2.1.47. Dit
geld ook waar 'n skeepswrak deur sy eienaar geabandonneer is
met die bedoeling om op te hou om eienaar daarvan te wees.
Dit geld egter nie waar goedere tydens h seestorm oorboord
gegooi word ten einde die skip te probeer red nie. Inst 2.1.48, D 41.1.7, de
Groot 2.1.52, Van Leeuwen C.F. 1.2.3.14.
Bona tempestate ejecta bly
die eiendom van hul eienaars en is nie res derelicta nie. Daar kon
derhalwe onsekerheid wees of goedere wat na 'n seestorm op die see dryf of op
die strand uitspoel res derelictae is of nie. Dit skyn die
/18
18
rede te wees waarom die plundery van skeepswrakke en uitgespoelde goedere op die strande in die Romeinse reg strafbaar gemaak is (D 47 titel 9 asook Cod 11 titel 6(5)). Gedurende die middeleeue het die Grawe van Graafskap Holland hulle op hul regalia beroep om aanspraak te maak op uitgespoelde goedere op die strande indien die eienaars daarvan nie binne 'n jaar en ses weke opdaag om hul goedere op te eis en die bewaringskoste te betaal nie. Raadpleeg Dirk Graswinckel, Speciale Beschryvingh van het Gebruyck, ofte Daadelijcke Bezitting van Opperste Macht der Ed. Groot Mog. Heeren Staten van Hollandt ende West-Vriesland, 1674, boek 2 cap 6 nr 25, de Groot 2.4.36, Van Leeuwen C.F. 1.2.3.15, Voet 47.9.3. Die hele aangeleentheid word breedvoerig behandel deur Boel ad Loenius se Decisien en Observatien, Casus 94 asook deur Van der Keessel ad Gr 2.4.36. Dit is opvallend dat Van der Linden (1756-1835), een van die laaste skrywers oor die Romeins-Hollandse
/19
19
reg, in sy Koopmans Handboek 1.7.2 nr 6 geen melding
daarvan maak dat sulke onopgeëisde goedere as bona vacantia aan die
owerheid toeval nie. Tereg wys de Blécourt-Fischer, Kort Begrip van
het Oud-Vaderlands Burgerlijk Recht, 7e druk, p 146 daarop dat geen
regalium van die owerheid gegeld het t.o.v. res derelictae wat die
eiendom van die occupator geword het nie.
Op 28 Augustus 1987 het die
aansoek voor ROSE-INNES R gedien. Hy het by ooreenkoms die aansoek
op die
"semi-dringende rol" geplaas. Sonder om rekening
te hou met die bepalings van Eenvormige Reël 6(5)(g) het hy
verder beveel soos vermeld in 1988(3) SA op p 94 C-E.
Op 29 Oktober 1987 het die saak voor BURGER
R gedien. Adv. van der Westhuizen het namens Mills daarop
gewys dat hy aansoek om tussentydse regshulp doen (band 2
p 76). Hy het verlof gevra om die getuienis van Mills
/20
20
en prokureur Kurz te lei. Dit is toegestaan en nadat hulle
getuig het, is daar namens Reck en Hartman insgelyks aansoek gedoen om
hul
getuienis af te lê. Die strekking van hul getuienis was in ooreenstemming
met hul beëdigde verklarings behalwe dat
meer besonderhede verskaf is. Ek
sal later slegs na belangrike aspekte van hul getuienis verwys in soverre dit
relevant is vir doeleindes
van hierdie appèl. Nadat
die saak gesluit
is, het adv. van der Westhuizen regshulp
in terme van konsepbevel "X" aangevra. Uitspraak is deur
BURGER R voorbehou na aanhoor van die advokate se argumente. Op 18 Desember 1987 het BURGER R sy
voorbehoue uitspraak gelewer. Ek mag net hier daarop wys dat die Griffier se weergawe van die Hof a quo se bevele, soos vermeld in band 4 p 257, gebrekkig is omdat dit slegs bekragtiging van die interdik teen Hartman en die kostebevel noem terwyl dit die bekragtiging van die interdik teen
/21
21
Reck weglaat. Vergelyk 1988(3) SA op p 98 F-G. Dit vermeld ook nie die bevel wat ten gunste van Mills verleen is om met die berging voort te gaan, sonder onredelike vertraging, hetsy met hetsy sonder Reck. Vergelyk 1988(3) SA op p 98 G-H. Dit is duidelik dat BURGER R finale interdikte teen Reck en Hartman verleen het terwyl Mills gemagtig
is om met die bergingswerk voort te gaan, soos vermeld.
Van die gevraagde Mandament van Spolie is daar geen vermelding
nie.
Wat is die ratio decidendi vir BURGER
R se uitspraak ? Hy het hom
gewend tot die occupatio
van h wilde dier (fera bestia) wat 'n
res nullius is. Volgens
die Romeinse reg indien A 'n wilde dier jag en
verwond maar
B slaag daarin om dit te vang dan word B deur occupatio eienaar
daarvan. D 41.1.5.1 en Inst 2.1.13. Die rede is omdat
/22
22
B fisieke beheer oor die wilde dier verkry met die
bedoeling
om eienaar daarvan te word. Hierdie regsbeginsel is
oorgeneem in
die Romeins-Hollandse reg maar de Groot 2.4.31,
Voet 41.1.7 en van der
Keessel ad Gr. 2.4.31 beweer dat
in bogenomede voorbeeld word die vanger B volgens die jagwette
beboet. Van
der Keessel loc.cit. stel dit onomwonde dat
dievanger eienaar word.
Aan die hand van hierdie regsbeginsel
waaraan hy 'n wending gee, formuleer
BURGER R dan die
regsbeginsel wat hy op die onderhawige geval toepaslik maak
soos volg:
"In my view the passages guoted from Voet and De Groot are adequate authority for interdicting the gate-crasher from interfering with the original hunter in his pursuit or with the person working on the wreck to separate a part, provided that he is still so engaged. If the gate-crasher could be 'fined' for
/23
23
interfering, which hardly seems applicable today, there is every reason to interdict him" (p 97 H-I). Ook op p 98 D-E:
"Further the original possessor and the person intervening are engaged on a lawful activity. There is also a competition between the original possessor and the person intervening and in the absence of regulation by the Court the situation could give rise to 'quarrels and brawls'. By analogy the original salvor or hunter should be given preference over the person intervening or gate-crashing."
Die wending wat BURGER R as 'n uitbreiding op ons gemene reg
op hierdie aspek verleen, is volkome in stryd met ons gemene reg. Dit is verkeerd en ongegrond.
Wat BURGER R in die onderhawige geval
moes gedoen het, was om vas te stel of Mills geregtig was op 'n Mandament van Spolie, soos aangevra in bede 1 A met
/24
24
weglating van gemelde kwalifiserende sinsnede. Om daarop
geregtig te wees, moes Mills voldoen het aan die twee vereistes soos
neergelê
in die Scoop-saak (supra). In die eerste plek moes
hy aantoon dat hy fisieke beheer oor die groot kondensor gehad het. Hierdie
fisieke beheer word baie treffend
omskryf deur die beroemde Duitse juris Von
Savigny (1779-1861) in sy Possession, 6e druk, 1848 (vertaling
deur
Sir Erskine Perry) op p 142:
The factum must be such as to place the
person who desires to obtain Possession
in a position which shall enable him,
and him only, to deal with the subject
at pleasure; that is, to exercise ownership
over it."
En op p 147:
"- - viz., the physical power of dealing with the subject immediately, and of excluding any foreign agency over it
/25
25
This physical power, therefore, is the factum which must exist in every acquisition of Possession - - - . " Nie alleen is Mills se bewering dat hy 'n tou met 'n boei aan
die groot kondensor aangebring het deur Reck en Hartman ontken
nie ('n
geskilpunt waaroor BURGER R geen beslissing gegee het
nie) maar al sou dit
argumentshalwe so wees dan kom dit nog
nie neer op die vereiste fisieke
beheer oor die groot kondensor
nie. Daar kan derhalwe geen sprake daarvan
wees dat daar
'n wederregtelike ontneming van die fisieke beheer (wat
hy
nie gehad het nie) kon wees nie. Die getuienis van Reck
dat die groot kondensor so groot is dat daar plek vir meer
persone is om langs mekaar daaraan te werk, is nooit betwis
of verwerp nie. Dit volg dat Mills nie 'n saak uitgemaak
het dat hy op 'n Mandament van Spolie teen Reck en Hartman
geregtig is nie. Mills was nooit 'n spoliatus nie.
/26
26
Insgelyks was Mills nie geregtig op 'n tydelike
interdik teen Reck en Hartman hangende die instel deur hom van h aksie teen
hulle vir h verklarende bevel oor die eiendomsreg oor
die groot kondensor nie
omdat Mills nooit besit van die groot kondensor verkry het nie. Hy het nie bewys
dat hy h prima facie reg oor die groot kondensor het, dat hy met
onherstelbare nadeel bedreig word, dat die oorwig
van gerief hom begunstig en
dat hy geen ander regsmiddel tot
sy beskikking het nie. Tereg het Hartman getuig dat 'n
persoon alleen besit kon neem van voorwerpe wat hy fisies
van die skeepswrak verwyder (Band 3 pp 225, 228, 238-239).
Hy het dan
oók erken dat hy geen regte oor die groot kondensor verkry het nie (band
3 p 238). Reck het tydens kruisondervraging
verduidelik dat hy aanvanklik onder
die indruk was dat hy regte oor die groot kondensor verkry het maar hy het nie
geweet wat die
aard van die regte was nie
/27
27
(Band 3 pp 187, 188). As gevolg van regsadvies wat hy ingewin
het, het hy verneem dat hy geen regte oor die skeepswrak of die kondensors
het
nie (Band 2 pp 153, 154, 155).
Mills was ook nie geregtig op 'n permanente
interdik teen Reck en Hartman nie omdat hy nie daarin geslaag het om te
bewys dat hy 'n duidelike reg (clear right) oor die groot kondensor het,
dat hy deur Reck en Hartman benadeel
is, of deur hulle met benadeling bedreig
word, en dat hy
geen ander regsmiddel tot sy beskikking het nie.
Dit volg dat Mills nie daarin geslaag het om die causa van sy aansoek
te bewys nie. Hy het hom ook nie van die bewyslas gekwyt dat hy op die gevraagde
regshulp geregtig is nie.
Die appèl teen Mills as Eerste Respondent
moet derhalwe slaag.
Met inagneming van al die omstandighede
/28
28
van die onderhawige geval oefen hierdie Hof sy diskresie uit
om die gevraagde kondonasie toe te staan met 'n gepaste kostebevel. Prokureur
W
P Strauss is genader om redes aan hierdie Hof voor te lê waarom hy nie
gelas moet word om die koste deur die kondonasie veroorsaak
de bonis
propiis te betaal nie. Hy het aangebied om dit wel te betaal.
Die
volgende bevele word verleen: 1. Die aansoek om kondonasie word toegestaan en
die koste daardeur veroorsaak moet deur prokureur
W P Strauss de
bonis
propriis betaal word.
29
29
2. Die appèl slaag teen die Eerste Respondent met koste. 3. Die bevel van die Hof a quo word deur die volgende bevel vervang:
"The application is dismissed with costs."
C.P. JOUBERT AR.
HEFER AR)
NESTADT AR) Stem saam.
EKSTEEN AR)
F H GROSSKOPF AR)