South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 157
| Noteup
| LawCite
S v Maree (515/88) [1989] ZASCA 157 (27 November 1989)
Download original files |
CG SAAKNOMMER: 515/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèL AFDELING)
In die saak tussen:
WESSEL JACOBUS MAREE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, VIVIER et STEYN, ARR. VERHOOR: 6 NOVEMBER 1989 GELEWER: 27 NOVEMBER 1989
UITSPRAAK STEYN, AR.
2
Appellant kom met verlof van hierdie Hof op verdere appèl teen 'n
vonnis van 7 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar voorwaardelik
vir 4 jaar
opgeskort is, wat op 7 Oktober 1987 aan hom opgelê is in die Streekhof te
Welkom op 7 aanklagte van bedrog waarby
R309 187,00 betrokke was. Die aanklagte
was saamgeneem vir doeleindes van vonnis.
Aanvanklik het appellant en ene
G.C.J. de Bruyn (De Bruyn) saam op gemelde aanklagte tereggestaan as
beskuldigdes 1 en 2 onderskeidelijt,
maar hul verhore is geskei nadat appellant
skuldig en De Bruyn onskuldig gepleit het op al die aanklagte. Daar is toe
voortgegaan
met die verhoor van appellant. 'n Geskrewe verklaring. ter
verduideliking van sy pleit is namens appellant ingehandig en deur hom
bevestig.
Daarop is hy ooreenkomstig art 112 (2) van Wet 51 van 1977 skuldig bevind op al
7 aanklagte sonder aanhoor ván getuienis.
Vir doeleindes van vonnis het
vyf persone egter getuig,
3
appellant self en drie ander namens hom ter versagting van vonnis en een
namens die Staat. Geen vorige veroordelings is teen appellant
bewys nie. Hy het
sonder welslae na die Vrystaatse Provinsiale Afdeling teen sy vonnis
geappelleer.
Die voormelde klagtes het onderskeidelik gegaan oor sewe
fiktiewe kooptransaksies. Soos aangevul deur die nadere besonderhede op
appellant
se versoek verstrek, lui diê klagtes samevattend soos volg. Op
22 Maart 1985 by Trust Bank op Welkom het appellant mondelings
en deur lewering
van sewe fakture uitgereik deur Gerrie de Bruyn Motors, Hertzogville, en deur
appellant en De Bruyn onderteken,
aan Gideon Lochner 'n beampte in diens van
dié bank, valslik en bedrieglik voorgegee dat op gemelde datum te
Hertzogville
die volgende goed deur Gerrie de Bruyn Motors namens Trust Bank
teen die ondergenoemde onderskeie koopsomme aan hom verkoop en gelewer
is,
t.w.:
4
(i) 'n Nuwe Mazda 1985 model
B2000 bakkie R11 853,00
(ii) 'n Nuwe 1985 model padver=
voerbare massa-opbergingswa 74 770,00
(iii) 'n Nuwe 1985 model Wilton
9-skaar ploeg met reeksno 1913 ..... 13 000,00
(iv) 'n Nuwe 1985 model John Sheerer
"Airseeder" met reeksno 155 328 ... 76 184,00 (v) 'n Nuwe 1985 model John Sheerer
"Airseeder" met reeksno 155 795 ... 76 184,00 (vi) 'n Nuwe 1985 model Vetsak oor=
laaiwa met reeksno 017HBJ024 12 400,00
(vii) 'n Nuwe 1985 model volledige
John Sheerer "Tandem" met
reeksno 9464 44 796,00
Toe appellant gemelde voorstellings gemaak het, het hy geweet dat voornoemde transaksies fiktief was en dat die betrokke goed nie aan hom gelewer was of gelewer sou
5
word nie. Hy het dié voorstellings aan Lochner gemaak met die
bedoeling dat Trust Bank daardeur beweeg moes word om tot die
bank se verlies en
nadeel huurkoopooreenkomste ten aansien van voormelde transaksies met hom aan te
gaan en om die totaal van voormelde
koopsomme te betaal. Trust Bank was aldus
beweeg, het sulke ooreenkomste op 30 April 1985 met appellant aangegaan en op 2
Mei 1985
die voormelde kooppryse d.m.v. sewe tjeks aan Gerrie de Bruyn Motors
betaal. Die totaal van daardie betalings het die som van R309
187,00
beloop.
Dit was gemene saak dat De Bruyn handel gedryf het op Hertzogville as
Gerrie de Bruyn Motors die firma). In sy pleitverduidelking
het appellant onder
andere verklaar dat hy destyds h boer in die Hertzogville distrik was, dat hy 25
jaar daar geboer het maar weens
droogtes en misoeste finansieël agteruit
gegaan het, dat hy gedruk is deur sy skuldeisers, onder andere deur die
6
verbandhouers oor sy eiendom en Volkskas Bank, en dat die doel van sy
voormelde bedrieglike optrede was om geld te bekom ten einde
die skuldeisers wat
hom gedruk het te betaal.
Appellant het in sy getuienis bogenoemde bewerings
in die klagstate en pleitverduideliking grootliks bevestig en selfs aangevul
maar
ook in 'n betekenisvolle opsig daarvan afgewyk. Hy het ter aanvulling
getuig dat hy persoonlik voormelde tjeks van Trust Bank ontvang
het en in De
Bruyn se teenwoordigheid aan die bestuurder van Volkskas oorhandig het. Die
tjeks is inbetaal op die firma se rekening
by daardie bank. Ter afwyking het hy
egter beweer dat dit sy bedoeling was dat al die betrokke items spoedig aan hom
gelewer sou
word. Hoekom hy verwag het dat dit sou gebeur, het hy soos volg
verduidelik.
Appellant het vroeg in sy landboukundige loopbaan die B.Comm graad verwerf en deur die jare met
7
welslae geboer. Hy het sy aktiwiteite op dié gebied so uitgebrei dat
hy uiteindelik 5000 hektaar bewerk het op
eie en gehuurde grond. Weens
herhaalde grootskaalse misoeste veroorsaak deur die ongekende droogte-toestand
van die vroeë en
middel tagtigerjare het hy egter in ernstige
finansiële moeilikheid beland. Om dit die hoof te bied, het hy hom om raad
na deskundiges
gewend. Hy het daarin geslaag om 'n volledige verslag en
aanbeveling oor sy boerdery aktiwiteite te verkry van die landbou-adviseur
van
die destydse Barclays Bank. Met behulp daarvan het appellant 'n sogenaamde
"meester-finansieringsplan" bedink om hom finansieël
weer op gesonde voet
te plaas. Die kern-element daarvan was dat hy sy boerdery nog verder moes
uitbrei en sy bestaande toerusting
vir groter doeltreffendheid moes moderniseer
om daardeur die opbrengs en winsgewendheid van sy boerdery te kon vergroot en sy
finansiële
verknorsing sodoende te bowe te kom. Dié plan het onder
andere "'n
8
projek van R2,3 miljoen ten opsigte van plaaseiendomme" en 'n konsolidasie van skulde behels. Hy het besluit om vir dié doeleindes gebruik te maak van finansiering deur Trust Bank. Na besprekings met appellant, het dié bank besluit om hom 'n voorskot van R1 000 000,00 toe te staan, hoofsaaklik vir die beoogde konsolidasie van skulde. Maar daarvoor het die bank 'n dekkingsverband oor appellant se vaste eiendomme geverg as sekuriteit. Daar was egter reeds ander verbande oor daardie eiendomme en die toestemming van die bestaande verbandhouers was nodig vir die registrasie van dié dekkingsverband. Hulle het sekere betalings deur appellant vereis as voorwaarde vir die verlening van daardie toestemming. Dié betalings het die totale bedrag van R240 000,00 beloop. Volkskas was een van daardie verbandhouers. Appellant het destyds 'n ooreenkoms met Volkskas gehad om sy lopende rekening tot op die perk van R400 000,00 te oortrek en was toe reeds oortrokke met R230 000,00. Daarbenewens het hy Volkskas
9
ook die bedrag van R200 000,00 geskuld ten aansien van huurkoopooreenkomste. As voorwaarde vir die voormelde toestemming het Volkskas geverg dat appellant R140 000,00 op sy huurkoopverpligting aan hom betaal. Hy kon weliswaar genoegsame sekuriteit aan Trust Bank bied ten aansien van die dekkingsverband omdat die waarde van sy vaste eiendomme R2 500 000,00 was, wat R1 400 000,00 meer was as die totale bedrae van die bestaande verbande, 'n surplus waarmee Trust Bank tevrede was, maar hy moes dringend elders gaan soek om korttermyn finansiering vir betaling van die"toestemmingsbedrag" van R240 000,00. Daarvoor het hy hom tot De Bruyn gewend. Hulle het mekaar goed geken en appellant het reeds tevore met De Bruyn sake gedoen. De Bruyn was gewillig om appellant te help maar het nie self oor genoegsame fondse beskik nie. Hulle twee het toe gesamentlik die voormelde bedrieglike projek bedink en deurgevoer. Die R309 000,00 wat De Bruyn aldus in die firma se naam van Trust Bank bekom
10
het, is deur hom aangewend om die voormelde som van R240 000,00 aan Volkskas en die ander betrokkenes te betaal. Die vereiste toestemming is daarna van hulle verkry en Trust Bank se dekkingsverband is uiteindelik geregistreer. Die balans van bykans R70 000,00 is deur De Bruyn aan appellant oorhandig as bedryfskapitaal om sy boerdery mee voort te sit. Appellant het die som van R309 000,00 beskou as "'n korttermynlening" deur die firma aan hom wat hy spoedig sou kon terugbetaal op die volgende wyse. Die totale waarde van sy bestaande boerderytoerusting (voertuie, implemente, ens.) was R1 000 000,00. h Bedrag van R650 000,00 was egter nog daarop verskuldig ingevolge verskeiê huurkoopooreenkom-ste. Appellant sou met die Trust Bank-voorskot van R1 000 000,00 dié huurkoopverpligtings aflos en die R309 000,00 aan die firma terugbetaal. Dan sou hy sy bestaande toerusting aan die firma lewer. Deel daarvan sou ingeruil word op nuwe, beter toerusting en die res
11
sou deur De Bruyn herbou word in verbeterde vorm. Die nuwe en omgeboude
toerusting sou dan deur die firma aan appellant verkoop en
gelewer word. Die
items genoem in die fiktiewe ooreenkomste sou deel vorm van die toerusting aldus
deur die firma aan appellant verkoop
en gelewer. Op hierdie wyse sou die bedrog
nie ontdek word nie en sou Trust Bank die sekuriteit van die betrokke items
verkry ten
aansien van elkeen van die voormelde transaksies wat dan nie meer
"fiktief" sou wees nie. Appellant sou dan met verdere beoogde finansiering
voortgaan met betaling van die paaiemente ooreenkomstig elkeen van daardie
transaksies en Trust Bank sou derhalwe nie benadeel word
nie.
Die beoogde
lewering van die nuwe en herboude toerusting sou na appellant se verwagting
spoedig geskied. De Bruyn sou ten volle met
hom saamwerk om dit te
bewerkstellig. Appellant was vir 'n geruime tyd voor 22 Maart 1985 reeds in
besit van sekere van die
12
implemente betrokke by die fiktiewe transaksies. Dié implemente het dus in werklikheid bestaan en sou deur hom aan De Bruyn gelewer word vir die beoogde herbouing. Die twee John Sheerer Airseeders (d.w.s. planters) en die John Sheerer 25" Tandem (klagtes 4, 5 en 7) was die implemente wat aldus herbou sou word. Daar was nog h totale bedrag van R210 000,00 verskuldig op huurkoopoor-eenkomste wat appellant ten aansien van dié drie implemente met J.I. Case SA (Edms) Bpk aangegaan het. Anders as aanvanklik beplan, het hy sy persoonlike tjeks vir daardie bedrag aan Case gestuur ter aflossing van dié huurkoopooreenkomste sodat hy gouer die betrokke implemente aan De Bruyn kon lewer vir herbouing. Weens die balans van die oortrekkingsfasiliteit wat nog tot sy beskikking by Volkskas was, en die saldo van R350 000,00 wat hom sou toekom na lewering van sy bestaande implemente aan die firma vir herbouing en inruil op nuwe implemente, het appellant gemeen dat
13
Volkskas sy Case-tjeks sou honoreer. Volkskas het dié tjeks egter dishonoreer, beslag gelê op sekere van sy los bates en hulle in eksekusie laat verkoop. Alhoewel appellant dit nie gesê het nie, moes hierdie beslagleggings en verkopings klaarblyklik geskied het ingevolge hofbevele wat dié bank teen appellant verkry het. Weens die moeilikheid met Volkskas kon appellant se reëling met De Bruyn nie op dreef kom nie. In 'n poging om dit weer te laat vlot het hy met welslae by Fidelity Bank aansoek gedoen om "plaasvervangende finansiering" van R600 000,00. Die fiktiewe ooreenkomste met Trust Bank het toe egter aan die lig gekom en die Fidelity Bank reëling het skipbreuk gely. Appellant se hele meesterplan is daardeur verongeluk. Op aansoek van Volkskas is sy boedel gedurende Oktober 1985 gesekwestreer en het hy alles verloor. Trust Bank het weens die bedrog ook verliese gely.
Die Streeklanddros het appellant se weergawe in
14
wese aanvaar. Die omstandighede waaronder die misdade
deur hom gepieeg is
en sy verwagtinge oor die
uiteindelike verloop van sake, is deur die
landdros
raakgesien en in ag geneem. Hy het met vonnisoplegging
onder meer die volgende daaromtrent gesê:
"Die Hof neem in ag dat die pleging van die misdade in 'nood' gebore was. Die feit is egter dat dit in daardie stadium reeds finansieël met u nie goed gegaan het nie. Luidens u eie getuienis het u skuldeisers veral Volkskas u begin druk. U finansiële probleme in die boerdery het al in 1982 begin as gevolg van die droogte wat Hertzogville-distrik onder andere besonder swaar getref het. U het geld verloor as gevolg van die aanhoudende droogtes daarna ook. U wou graag die agteruitgang finahsieël gesproke wat ontstaan het inhaal."
en
"Luidens u getuienis sou die implimente, en die voertuig wel later gelewer word en u het geen rede gehad om vir mnr De Bruyn te wantrou nie. U sou dan ook die paaiemente op die ooreenkomste met betrekking tot aanklag 1 tot 7 betaal het."
Hy het eweneens die gevolge van die druk waaronder
appellant verkeer het om vinnig 'n korttermynlening te
15
bekom besef, soos blyk uit dié passasie:
"Die sekuriteit wat u volgens u aan Trust Bank kon aanbied, was voldoende. Die eerste stap sou wees om u skuld oor te dra na Trust Bank en dit so te konsolideer. Om die konsolidasie van u skuld te bewerkstellig moes u korttermyn finansiering bekom en die eise van die bostaande verbandhouers soos reeds genoem bevredig alvorens hulle toestemming verleen dat Trust Bank verdere verbande registreer oor die eiendom. Al manier hoe u die geld vir hierdie doel in die hande kon kry was om vir Gerrie de Bruyn van Gerrie de Bruyn Motors te nader vir 'n korttermynlening. Dit blyk voorts dat die geld vir die korttermynlening ... op die bedrieglike wyse soos vermeld in die klagstate van aanklagtes 1 tot 7, deur u met die samewerking van De Bruyn bekom was."
Die landdros het trouens bevind dat appellant
destyds
terdeë bewus was van die dilemma waarin hy geldelik
verkeer
het en dat hy tot die pleging van die bedrog
oorgegaan het omdat sy posisie
toe so hopeloos was dat hy
die benodigde fondse op geen ander manier kon
bekom nie.
Hy het egter ook bevind dat appellant
onverantwoordelik
opgetree het, dat die inisiatief met die beplanning
van
die bedrog van hom gekom het en dat die feit dat De Bruyn
16
die projek saam met hom beplan en deurgevoer het, nie die
graad van sy
blaamwaardigheid verminder het nie.
Handelende met 'n betoog namens appellant dat verlies wat
'n bank ly weens
bedrog deur die gemeenskap in h minder
ernstige lig beskou word as wanneer sulke verlies deur h
arm weduwee gely
word, het die landdros hom onder meer
soos volg uigelaat:
"Die gemeenskap beskou die verlies van geld deur 'n finansieringsinstelling op hierdie wyse seersekerlik in 'n ernstige lig, en ook nie in h minder ernstige lig as waar 'n weduwee byvoorbeeld bedrieg word en skade ly nie."
Daarbenewens het hy bevind dat Trust Bank die
volle
bedrag van R309 187,00 skade gely het en dat dit h
strafverswarende
faktor was. Hierdie bevinding is
gegrond op die getuienis van Mnr F.C.J.
Dysel, 'n Trust
Bank bestuurder wat namens die Staat getuig het. Mnr
Dysel
het beweer dat die bank daardie hele bedrag verloor
het. Hy het getuig dat
geen paaiemente op die sewe
betrokke transaksies betaal is nie. Die eise
is
17
uiteindelik ooreenkomstig 'n bestaande interne reeling deur Trust Bank sedeer
aan Kolektor, 'n filiaal in die Bankkorp groep van maatskappye,
wat dan sou poog
om die verskuldigde bedrag te verhaal. Dysel het nie geweet of enigiets aldus
verhaal is nie. Daar was egter geen
suggestie dat Trust Bank die eise teen
vergoeding aan Kolektor sedeer het nie en Dysel het ook getuig dat die bank die
hele bedrag
gedurende 1986 afgeskryf het.
Mnr van Rooyen, wat in hierdie Hof
namens appellant opgetree het (maar nie ook by die appèl na die
Provinsiale Afdeling of
by die verhoor nie) het die vonnis van twee kante af
aangeval, te wete dié van wanvoorligting en dié van onredelikheid.
Hy het betoog dat die landdros 'n reeks wesenlike wanvoorligtings begaan het as
gevolg waarvan hy appellant se strafwaardigheid te
hoog aangeslaan het en
daardeur beweeg is om 'n onvanpaste vonnis op te lê met die gevolg dat
hierdie Hof daarteen kan ingryp
en die bestraffing temper.
18
Die beweerde wanvoorligtings waarop hy
staatgemaak het, is die volgende:
(i) Die versoeking waarin appellant verkeer het om deur middel van die bedrog die R1 000 000,00 van Trust Bank te bekom het sy blaamwaardigheid ingrypend verminder, maar dié versoeking is geheel en al deur die landdros misgekyk.
(ii) Die landdros het verkeerdelik bevind dat appellant, en nie De Bruyn nie, die bedrieglike skema inisieër het en het appellant se getuienis dat hy die wyse waarop te werk gegaan moes word aan De Bruyn oorgelaat het, ook misgekyk.
(iii) Die landdros het nie besef dat appellant se opset slegs was om Trust Bank net tydelik aan potensiële nadeel bloot te stel maar geen blywende skade te berokken nie, en het ook nie besef dat die situasie as gevolg van
19
registrasie van die dekkingsverband reeds deels "geregulariseer" was nie.
(iv) Die landdros het verkeerdelik bevind dat Trust Bank
die hele bedrag van
R309 187,00 verloor
het en het Dysel se getuienis dat hy nie weet of Kolektor
enige deel daarvan verhaal het nie, misgekyk. (v) Die landdros het verkeerdelik
die hoë en toenemende voorkoms van bedrog in sy hof se regsgebied in ag
geneem omdat
(a) daar geen suggestie was dat daar destyds enige sodanige voorkoms in die Hertzogville area was nie, en (b) hy versuim het om aan die verdediging te openbaar dat dit sy mening was dat daar sò 'n graad van voorkoms was en dat hy van voornemens was om dit in ag te neem.
20
(vi) Die landdros het fouteer deur te bevind dat die gemeenskap 'n verlies gely deur 'n finansieringsinstelling weens bedrog in dieselfde ernstige lig beskou as dié deur 'n weduwee gely.
Na my mening was daar geen sodanige wanvoorligtings nie. Die landdros het die versoeking waarin appellant verkeer het klaarblyklik raakgesien en in ag geneem. Hy het die feite wat daarmee verband hou in sy vonnis-uitspraak duidelik uiteengesit, soos blyk uit die bogaande aanhalings. Hy het ook nie fouteer met sy bevinding dat appellant die bedrog inisieër het nie. Dit blyk uit sy eie getuienis dat appellant nie alleen vir De Bruyn genader het nie, maar ook dat dit hy was wat by Trust Bank in Welkom persoonlik die betrokke wanvoorstellings gemaak het en daarna die tjeks ontvang het en self bank toe geneem het. Appellant is ook geen onkundige op sakegebied nie. Daarvan spreek sy B.Comm
21
graad en die vernuftige wyse waarop hy in die verlede sy
sake hanteer het. Hy het ook as deeltydse saakgelastigde
die
finansiële sake van sy kerkgemeente behartig. Wat
appellant aan De Bruyn
oorgelaat het, was nie die wyse
waarop die bedrog gepleeg moes word nie, maar
slegs die
wyse waarop sy bestaande implemente herbou en dan verder
finansier moes word. Dit blyk duidelik uit die volgende
passasie in sy
getuienis:
"Ek wou die goed nuut oorgebou hê, basies splinternuwe goed; John Sheerer of Case sal dit in elk geval bevestig op hierdie stadium. Ek wou dit nuut oorgebou hê en ek wou die spesifieke items herfinansier kry deur Trust Bank. Ek het glad nie op besonderhede ingegaan nie. Ek het vir hom gesê dit is wat ek wil doen en daarmee het ek volstaan." (Die "hom" was De Bruyn.)
Die landdros het goed begryp dat appellant nie
die direkte opset gehad het om Trust Bank permanente
skade te berokken nie. Daarvan spreek die bogaande
aanhalings uit, en
opsommings van sekere dele van, sy
uitspraak heel duidelik. Wat die landdros
egter ook
22
ingesien het, was dat appellant onverantwoordelik opgetree het omdat hy weens die haglike stand van sy finansies inderdaad moes besef het dat daar 'n groot gevaar was dat sy sake maklik skeef kon loop, dat sy beoogde reddings-aksies nie deurgevoer sou kon word nie en dat Trust Bank inderdaad permanente skade sou kon ly weens sy bedrog. Hoe haglik appellant se situasie inderdaad destyds was, blyk uit die volgende. Daar was reeds verbande van meer as R1 000 000,00 oor sy vaste eiendomme. (Appellant het getuig dat sy eiendomme R2 500 000,00 werd was en dat daar h onbelaste waarde-oorskot van R1 400 000,00 was, wat Trust Bank beskou het as genoegsame sekuriteit vir die tydelike voorskot van R1 000 000,00.) Hy het aan Volkskas R430 000,00 geskuld (R230 000,00 op sy oortrokke rekening en R200 000,00 ten aansien van huurkope). Die waarde van sy bestaande implemente was weliswaar R1 000 000,00, maar hy het nog R650 000,00 op hulle geskuld kragtens
23
huurkoopooreenkomste. Die R1 000 000,00 wat hy as voorskot van Trust Bank sou kry, sou die felheid van druk op hom miskien in 'n mate tydelik verlig het, maar sou sy skuldlas nie verminder het nie. Die "meester-finansieringsplan" wat appellant se redding moes bewerkstellig, het ook die verkryging van addisionele eiendomme behels en "was gebaseer op h projek ten opsigte van plaaseiendomme van R2,3 miljoen" ten aansien waarvan appellant onder andere gebruik sou gemaak het "van verskeie privaat-finansieringsbronne". Op watter grondslag hy daardie finansiering in die lig van sy uiters swak posisie sou kon bekom, weet nugter. Dat appellant wel bereid was om "'n kans te vat" in die uitvoering van sy projek blyk voorts uit die feit dat die tjeks wat hy aan Case gestuur het die balans van sy oortrekkingsfasiliteit oorskry het. Die registrasie van die dekkingsverband in Trust Bank se guns het nie die fiktiewe ooreenkomste "regulariseer" nie en het geen
24
beskerming aan die bank ten opsigte van hulle gebied nie.
Wat die omvang
van Trust Bank se uiteindelike verlies weens die bedrog betref, is dit duidelik
dat die Bank self werkiik die hele
bedrag skade gely het. Die bank se boeke sal
weens die gemelde afskrywing inderdaad 'n totale verlies aandui. Op daardie
grondslag
het die landdros in hierdie opsig dan ook geen wanvoorligting begaan
nie.
Die landdros se inagneming van die voorkoms van bedrog in sy regsgebied
is nie genoem in die kennisgewing van appèl na die
Provinsiale Afdeling
nie en die landdros was gevolglik nie die geleentheid gebied om daarop te
antwoord nie. Dit kom ook nie voor
in appellant se argumentshoofde nie, en was
slegs geopper in die loop van Mnr van Rooyen se mondelinge betoog. Ek sal
nietemin daarmee
handel. Appellant was verhoor in die streekhof vir die
streekafdeling van die Oranje-Vrystaat. Hertzogville en distrik val binne
die
regsgebied van
25
daardie hof. Die landdros het op sy eie kennis
staatgemaak aangaande daardie voorkoms in sy regsgebied
as geheel, en hy
was nie beperk tot die voorkoms in dié
deel daarvan waar die appellant
gewoon en geboer het nie.
DU TOIT : STRAF IN SUID-AFRIKA 93, S v
RADEBE 1974 (4) SA
248 (T) 251; en vgl R v BOESIGO 1956 (1) 234
(A) 237.
In die onderhawige geval is appellant egter op Welkom
verhoor, en
dit is daar waar hy die bedrieglike
wanvoorstellings aan Lochner gemaak het.
Mnr van Rooyen
het, wat die tweede deel van hierdie beswaar betref
(nl.
die van nie-openbaarmaking aan die verdediging),
staatgemaak op die
volgende passasie in die uitspraak
van Wessels AR. in S v H 1977 (2)
SA 954 (A) op 960 H
ten aansien van die voorkomsaspek:
"In the case where a court intends to rely on its own personal knowledge of facts having a bearing on sentence, those facts should in fairness to the defence be communicated to an accused so as to enable him, if so advised, either to controvert them or to address the court thereon."
26
Hy het betoog dat dit in die onderhawige geval nie gedoen is nie. Daardie
betoog gaan egter mank aan die nodige feite-grondslag. Daar
is geen aanduiding
in die oorkonde dat dit nie gedoen is nie. Die betoë ten aansien van vonnis
is nie transkribeer nie. Mnr
van Rooyen was genoop om toe te gee dat dit
genoegsaam sou gewees het indien die landdros die verdediging gedurende die
betoog ter
versagting van vonnis mondelings van sy voorneme verwittig het om die
voorkoms van die misdaad in sy regsgebied in ag te neem by
vonnisoplegging. Daar
is gevolglik geen meriete in hierdie beswaar nie.
Die landdros se
reeds-aangehaalde opmerking aangaande die gemeenskapsbeskouing van verlies weens
bedrog gely deur finansierings-instellings
en weduwees moet in behoorlike
verband beskou en beoordeel word. As 'n algemeengeldende stelling kan dit tereg
as ietwat te sterk
beskou word. Ek sê "ietwat" omdat h bank aangewese
27
is op die goeie trou van h kliënt wat by dit om geldelike steun aanklop. So 'n vertrouensverhouding is noodsaaklik vir die gesonde voortbestaan en werking van die bankwese en van die ekonomie. Bedrog teen h bank is in hierdie opsig derhalwe h ernstige morele vergryp. In die konteks van die onderhawige saak het die landdros hom egter na my mening nie te sterk uitgedruk nie. Mnr van Rooyen het betoog dat Trust Bank as't ware "die tafel gedek het" vir die bedrog deur gewillig te wees om die R1 000 000,00 voorskot aan appellant te bied wetende van die benarde posisie waarin hy verkeer het, en dat die Bank derhalwe "met oop oë" die risiko van verlies aanvaar het. Daardie verlies behoort gevolglik in h veel minder ernstige lig beskou te word as dié op bedrieglike wyse aan 'n arm weduwee berokken. Hierdie betoog gaan nie op nie. Die bank was gewillig om appellant met h baie groot bedrag geld te help in weerwil van die reeds gevaarlike geldelike verknorsing waarin hy verkeer het. Instede
28
daarvan om dankbaarheid teenoor die bank te betoon vir daardie
hulpvaardigheid, bedrieg appellant sy weldoener.
Dit was 'n dubbele morele
vergryp wat die
afkeuringswaardigheid van sy misdaad wesenlik
vergroot
het. Onder hierdie omstandighede kan die landdros nie
kwalik
geneem word vir sy uitlating nie, en het hy geen
wanvoorligting in daardie
verband begaan nie.
Mnr van Rooyen het in sy verdere aanval op die
vonnis voorts betoog dat, gesien die sterk versagtende
omstandighede
waaronder die bedrog gepleeg was, die
bedrag daarby betrokke, die beoogde
beperkte en tydelike
omvang van die nadeel aan die bank daaruit
voortvloeiend
en die gehalte van appellant as persoon, die
opgelegde
vonnis so onredelik swaar is dat dit nie kan bly staan
nie. Hy
het betoog dat "hierdie h gepaste geval sou wees
waar daar deur (hierdie) Hof
agteroor geleun behoort te
word om die appellant h vonnis op te lê wat
sou meebring
dat hy nie effektiewe gevangenisstraf moet ondergaan
/
29
nie". Hy het sterk daarop staatgemaak dat die landdros inderdaad die volgende bevind het. Appellant is 'n basies eerbare en hardwerkende persoon wat oor baie jare sy boerdery voortreflik en met welslae bedryf het, en het as leiersfiguur in sy gemeenskap waardevolle dienste aan die samelewing gelewer en 'n voorbeeldige en nuttige lewe gelei, beide in gesins- sowel as in gemeenskapsverband. Hy is weens omstandighede waaroor hy geen beheer gehad het nie deur rampspoed oorval, het in ernstige finansiële moeilikheid beland en is deur algehele ondergang en die verlies van alles waarvoor hy oor die jare so hard gewerk het in die gesig gestaar. Hy het toe in 'n desperate poging om die dreigende rampspoed te vermy die bedrog gepleeg. Hy het opregte berou oor die misdade wat hy gepleeg het, en daar is geen gevaar dat hy dit weer sal herhaal nie. In die lig hiervan het Mnr van Rooyen betoog dat die opgelegde vonnis in die geheel opgeskort behoort te word, of alternatiewelik, dat h strawwe boete
30
aan appellant opgelê word gekoppel aan 'n mindere en geheel opgeskorte
termyn van gevangenisstraf. As 'n laaste alternatief
het hy betoog dat die
vonnis vervang word met 'n veel korter termyn van effektiewe gevangenissetting.
Mnr van Rooyen het ook verwys
na gevalle waar mindere vonnisse as dié
hier ter sprake opgelê was vir bedrog waarby groot bedrae en h bedoeling
om
blywende skade te berokken betrokke was.
Dit is oorbekende reg dat, waar
moontlik, in die geval van vergelykbare oortredings van dieselfde aard die
bestraffing nie merkbaar
oneweredig behoort te wees nie, maar dat die vonnis
nogtans bepaal moet word na gelang van die besondere omstandighede van elke
afsonderlike
geval. Die bedrog wat appellant gepleeg het, was van groot omvang
en is deeglik beplan. Weens die feite en die oorwegings waarmee
vroeër in
hierdie uitspraak breedvoerig gehandel is, meen ek dat h termyn van effektiewe
gevangenisstraf die enigste gepaste
vonnis
31
in die onderhawige geval is. Weens daardie selfde feite
en oorwegings
aangevul deur die bovermelde bevindings van
die landdros betreffende
appellant as persoon is ek egter
van oordeel dat die termyn van die opgelegde
vonnis
getemper moet word. Ter benadrukking en aanvúlling van
die
landdros se laasgenoemde bevindings is dit in hierdie
verband gepas om die
volgende passasies in die landdros
se uitspraak op vonnis betreffende
appellant pertinent
aan te haal:
"U is tans 45 jaar oud. U is getroud. U het 'n dogter wat tans in matriek op skool is. Daar bestaan 'n hegte gesinsverband tussen u as familie. Beide u dogter en vrou is sensitiewe tipe mense. Hierdie feit is 'n faktor wat deeglik deur die Hoof oorweeg word. ... U is ook 'n eerste oortreder. ...
In die gemeenskap waar u gewoon het asook geboer het was u 'n gesiene persoon en van voorbeeldige karakter. Mense het na u opgesien en kon u yoorbeeld navolg. U was dan ook h leierfiguur reeds op skool. Na skool was u betrokke op landbou, kulturele en kerklike gebied, waar u u kant gebring het. Die feit dat u finansieël ondergegaan het, en alles verloor het was 'n besondere harde slag vir u en daarbenewens het u nog die misdade gepleeg en
32
het u uself onttrek van die gemeenskap en is u volgens mnr Van der Westhuizen 'n geknakte riet. Dit insigself is reeds 'n straf vir u. Die Hof neem dit in ag.
Die Hof neem verder in ag dat juis vanweë u agtergrond en posisie in die gemeenskap, dit vir u 'n harde val sal wees tot op die vloer van die tronk, indien die Hof u vandag gevangenisstraf sal oplê. Verdere faktore rakende u persoon wat in ag geneem word is dat u tans werkloos is en nie 'n vaste betrekking kan bekom nie, so lank die saak teen u hangende gewees het nie. U is 'n persoon met 'n B.Com graad en die Hof aanvaar dat u van bruikbare mensemateriaal is.
U het, soos u dit stel, niks en die kans om 'n boete te kan betaal is nul. U word onderhou deur u familie wie u alreeds R40 000,00 skuld daarvoor. Die Hof aanvaar verder dat u berou het oor die misdade wat u gepleeg het, en dat u berou opreg is wat dui op 'n hartsverandering. ... Dat u van goeie mensemateriaal is, lei geen twyfel nie. Dat u rehabiliteerbaar is word aanvaar. Die Hof glo dat u reeds besig is om te rehabiliteer. U is dus nie h persoon wat nie wil rehabiliteer en daarom daarvoor gevangenis toe gestuur moet word nie."
Die beeld wat duidelik na vore kom in die
landdros se bevindings aangaande appellant as persoon en
die aard en
omstandighede van die misdade deur hom
gepleeg is dié van 'n goeie,
nuttige mens wat deur h groot
33
natuurramp in ernstige moeilikheid beland het en toe die vergryp begaan het
in 'n poging om ondergang te vermy. Die landdros het trouens
pertinent bevind
"dat die pleging van die misdade in 'nood' gebore was". Appellant was
klaarblyklik in 'n toestand van ernstige emosionele
wanbalans toe hy die misdade
gepleeg het.
Na my oordeel is 'n vonnis van 7 jaar gevangenisstraf derhalwe
onder al hierdie omstandighede buite verhouding swaar met appellant
se
strafwaardigheid. Weens die feit dat hy reeds aan die rehabiliteer is, 'n
opregte hartsverandering ondergaan het en gevolglik
nie van verdere misdadigheid
weerhou hoef te word deur 'n deels opgeskorte vonnis van gevangenisstraf nie, is
opskorting van enige
gedeelte van die vonnis onnodig. Die landdros het inderdaad
al die relevante strafversagtende faktore raakgesien. Dit was egter slegs
deel
van sy plig by die bepaling van h gepaste vonnis. Sy verdere plig was om h
waarde-oordeel oor daardie
34
faktore te vel en sodoende hul inwerking op appellant se strafwaardigheid te
bepaal. Na my oordeel het die landdros, in 'n baie deeglike
uitspraak oor
vonnis, ongelukkig die strafversagtende werking van daardie faktore tot so 'n
mate te gering evalueer dat hy appellant
se strafwaardigheid opmerklik te hoog
aangeslaan het. Ek meen dat vier jaar gevangenisstraf 'n gepaste bestraffing vir
appellant
sal wees.
Die appèl slaag en die volgende bevel word
gemaak:
Die vonnis deur die streeklanddros opgelê word tersyde gestel en met die volgende vervang:
Vier (4) jaar gevangenisstraf.
M T STEYN
VAN HEERDEN, AR.) VIVIER, AR.)