South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 20

| Noteup | LawCite

S v Tshoba and Others (186/1987) [1989] ZASCA 20; [1989] 4 All SA 667 (AD) (23 March 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak Nr 186/1987

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

JAN TSHOBA Eerste Appellant
MLANDELI MORRIS KHETYE Tweede Appellant
ELBY JULY Derde Appellant
MICHAEL MASANA GQAMANA Vierde Appellant
BONISE RAYMOND NKABINDE Vyfde Appellant

en
DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, MILNE ARR et F.H. GROSSKOPF Wn A
VERHOORDATUM : 15 FEBRUARIE 1989
LEWERINGSDATUM: 23 MAART 1989

UITSPRAAK BOTHA AR;-

2.

Die vyf appellante in hierdie saak het in 'n

Streekhof tereggestaan op verskeie aanklagte. Hulle
is skuldig bevind en gevonnis soos volg:

Aanklag 1: Appellante 1, 2, 3 en 4 is skuldig bevind aan 'n oortreding van artikel 2 (1) (b) van Wet 83 van 1967 (deelname aan terroristiese bedrywig-hede). Elk van hulle is gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf.
Aanklag 2: Appellante 1, 2, 3, 4 en 5 is skuldig bevind aan 'n oortreding van artikel 54 (1) (a) (ii) van Wet 74 van 1982 (terrorisme). Appellante 1, 2, 3 en 4 is elk gevonnis tot 4 jaar gevange-nisstraf, waarvan 2 jaar saamloop met die vonnis op aanklag 1. Appellant 5 is gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf.
(Op aanklag 3 is al die appellante vryge-spreek.)
Aanklagte 4 en 5: Appellant 1 is skuldig bevind aan oortredings van artikel 2 en artikel 36 van Wet 75 van 1969 (onwet-tige besit van 'n vuurwapen en ammu-nisie). Hy is op dié aanklagte, tesame geneem, gevonnis tot 12 maande gevange-nisstraf, wat saamloop met die vonnis op aanklag 2.
Aanklag 6: Appellant 5 is skuldig bevind aan bedrog en gevonnis tot 6 maande gevangenisstraf.

3. In 'n appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling het appellante 1, 2, 3 en 4 geappelleer teen hulle skuldigbevindings op aanklag 1; al vyf die appellante het geappelleer teen hulle skuldigbevindings en vonnisse op aanklag 2; en appellant 5 het geappelleer teen sy skuldigbevinding en vonnis op aanklag 6. Die Provinsiale Afdeling (die Hof a quo), in 'n uitspraak wat gelewer is deUr HARMS R en waarmee LE GRANGE R saamgestem het, het die appèl in alle opsigte van die hand gewys. Daarna is daar namens die appellante aansoek gedoen by die Hof a quo om verlof om in hoër beroep na hierdie Hof te kom. Die aansoek het egter nie betrekking gehad op aanklag 1 nie. Daar is verlof gevra, namens al 5 die appellante, om te appelleer teen die afwysing van hulle appèl teen die skuldigbevindings en vonnisse op aanklag 2, en namens appellant 5, om te appelleer teen die afwysing van sy appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis op aanklag 6. Die aangevraagde verlof is deur die Hof a quo
4. toegestaan. Vandaar die huidige appèl.
Alvorens daar in die besonder aandag geskenk word aan aanklag 2, is dit gerade om eers na sekere algemene agtergrondsfeite te verwys, wat nie in geskil is nie. Die Staat se saak teen die appellante het voortgespruit uit handelinge wat hulle verrig het, wat verband gehou het met die bedrywighede van die organisasie genaamd die Pan Africah Congress, waarna ek sal verwys as "die PAC". Die PAC is 'n onwettige organisasie wat genoem word in Bylae 4 tot Wet 74 van 1982 (die Wet op Binnelandse Veiligheid); gevolglik moet daar kragtens artikel 69 (7) (a) van daardie Wet geregtelik kennis geneem word daarvan dat dit een van die oogmerke van die PAC is om deur middel van geweld of dreigemente van geweld die staatsgesag in die Republiek omver te werp of in gevaar te stel, soos vermeld in artikel 54 (1) (a) van die Wet. Daardie oogmerk van die PAC het die Staat in ieder geval tydens die verhoor van die appellánte bewys deur middel van
5. die getuienis van twee getuies, Eric Sefadi en David Magwaza. Sefadi was vroeër 'n lid van die PAC, wat as sodanig militêre opleiding in die buiteland ontvang het. Met sy terugkeer na die Republiek in 1982 is hy in hegtenis geneem. Hy het toe sy lidmaatskap en ondersteuning van die PAC versaak en ten volle met die polisie begin saamwerk in hulle optredes teen die PAC. Ten tyde van die verhoor van die appellante was hy in diens as 'n konstabel verbonde aan die veiligheidstak van die polisie. Sy getuienis was dat dit die eerste doelstelling van die PAC was om 'n meerderheidsregering in die land tot stand te bring, op die grondslag van "one man, one vote". Daardie doelstelling het die PAC beoog om te verwesenlik deur 'n "arms struggle", wat die vorm sou aanneem van 'n "people's war", die aanvang waarvan sou bestaan uit die voer van "guerilla warfare". Met die oog daarop het die PAC beplan om wapens in die Republiek in te bring en ook om wapens hier te buit van "die vyand", synde die polisie en die
6. weermag as onderdele van die Regering van die Republiek. Naas die militêre oogmerke, het die PAC egter ook politieke doelstellings gehad, waaroor Sefadi getuig het. Daarop sal ek later terugkom. Magwaza was ook 'n lid van die PAC wat militêre opleiding in die buiteland ontvang het. Soos later sal blyk, het hy aan die begin van 1985 saam met die appellante die Republiek vanuit Botswana binnegekom. Hy is trouens saam met appellante 1, 2 en 5 in Januarie 1985 in Johannesburg gearresteer. Hy is as 'n Staatsgetuie teen die appellante gebruik. In sy getuienis het hy bevestig dat dit die doelstelling van die PAC was om die Regering van die Republiek met wapengeweld omver te gooi. Op ander aspekte van sy getuienis sal ek ook later terugkom.

Alhoewel aanklag 1 nie regstreeks in die gedrang is in hierdie appêl nie, is dit nodig om kortliks daarna te verwys, in die samehang van die agtergrondsfeite wat ter sake is tot die oorweging van
7. aanklag 2. In aanklag 1 is dit die appellante ten laste gelê dat hulle wederregtelik in die buiteland opleiding ontvang het "wat van nut sou kon wees vir 'n persoon wat die ingevaarstelling van wet en orde in die Republiek of enige gedeelte daarvan beoog". Hierdie aantyging is teen appellante 1, 2, 3 en 4 bewys deur die getuienis van Sefadi en Magwaza, wat van tyd tot tyd saam met die vier appellante in verskeie opleidingskampe in die buiteland opleiding ondergaan het, onder meer in Tanzanië, China, Joegoslawië en Guinië. Appellante 2, 3 en 4 het ook in bekentenisse wat hulle na hulle arrestasie gemaak het, bevestig dat hulle sodanige opleiding ontvang het. Dit is nie nodig om op die besonderhede van die getuienis in hierdie verband in te gaan nie. Dit is genoeg om te sê dat dit daaruit blyk dat hierdie vier appellante langdurige buitelandse opleiding ontvang het, van 'n politieke sowel as 'n militêre aard, met die oog daarop om hulle toe te rus om die doelstellings van die PAC in

8.
die Republiek te verwesenlik. Appellant 3 het trouens, soos hy in sy bekentenis dit stel, teenoor die polisie van Bophuthatswana, deur wie hy en appellant 4 in hegtenis geneem is, na homself en sy makkers verwys as "trained freedom fighters of the PAC". Uit die getuienis met betrekking tot aanklag 1 blyk dit ook dat appellante 1 , 2, 3 en 4 lede van die PAC was. Daar was egter geen getuienis dat appellant 5 òf 'n lid van die PAC was of buitelandse opleiding ontvang het nie; maar die strekking van 'n paar briewe wat hy na sy arrestasie geskryf het, regverdig wel die afleiding dat hy 'n aktiewe ondersteuner van die PAC was. Ter afsluiting van die bespreking van aanklag 1 wil ek terloops daarop wys dat die getuienis ten opsigte van die buitelandse opleiding wat appellante 1 tot 4 ontvang het, hoofsaaklik toegespits was op die jare 1980 en 1981. Dit verklaar waarom aanklag 1 ingeklee was as 'n oortreding van artikel 2 (1) (b) van Wet 83 van 1967, alhoewel die betrokke bepalings van daardie
9. Wet herroep is deur Wet 74 van 1982.
Teen die voorgaande agtergrond gaan ek nou oor tot 'n bespreking van aanklag 2. Dit het die appellante 'n oortreding ten laste gelê van artikel 54 (1) (a) (ii) van die Wet op Binnelandse Veiligheid, No 74 van 1982 (hierna genoem "die Wet"). Die kernvraag wat ondersoek sal moet word, is of die handelinge van die appellante wat die Staat teen hulle beweer en bewys het, tuisgebring kan word binne die trefwydte van die bepalings van die genoemde artikel. Dit is daarom gerade om 'n beskouing van die Staat se bewerings en getuienis teen die appellante onmiddellik vooraf te laat gaan deur 'n aanhaling van die tersaaklike bepalings,wat soos volg lui:

"54.(1) Iemand wat met die opset om -

(a) die staatsgesag in die
Republiek omver te werp of in
gevaar te stel;

(b)

(c)

(d)

in die Republiek of elders -

(i) 'n daad van geweld pleeg of
10.

dreig of poog om dit te doen; (ii) 'n handeling verrig wat daarop gerig is om so 'n daad of dreigement van geweld te veroorsaak, te bewerkstellig of te bevorder of om daartoe by te dra, of poog, inwillig of stappe doen om so 'n handeling te verrig;

(iii)

(iv)

is skuldig aan die misdryf terrorisme en by skuldigbevinding strafbaar met die strawwe wat by wet vir die misdryf hoogverraad bepaal word."

Volgens die woordomskrywing van artikel 1 van die Wet

beteken "geweld"

"ook die besering of doding van, of die ingevaarstelling van die veiligheid van, iemand, of die beskadiging, vernietiging of ingevaarstelling van goed."

Die klagstaat bestaan uit 'n algemene

inleiding, 'n kort stelling van elke afsonderlike
aanklag, 'n formulering van elke afsonderlike aanklag,

en 'n bylae (Bylae A tot die klagstaat). In die

algemene inleiding word daar onder meer verwys na die

bestaan van die PAC; die doelstelling van die PAC; 'N

11.

sameswering tussen lede van die PAC, die appellante en
ander onbekende persone om die doelstelling van die PAC
te verwesenlik; en die feit dat die appellante lede
en/of aktiewe ondersteuners van die PAC was. Die

laaste gedeelte van die algemene inleiding lui soos
volg:

"EN NADEMAAL in die uitvoering en/of bevordering van die voormelde doelstellings van die sameswering " die samesweerders gesamentlik en/of afsonderlik die volgende dade en/of handelinge verrig het of gepoog het om dit te doen -
(1)die werwing van persone in die Republiek of elders om die genoemde PAC te ondersteun of daarby aan te sluit;
(2)die werwing van persone of nadat hulle self gewerf was, in die Republiek of elders, om deur die genoemde PAC of deur bemiddeling van die genoemde PAC militêre opleiding en/of opleiding in oorlogvoering, sabotasie en onder-myning en/of opleiding watvan nut sou kon wees vir 'n persoon wat die ingevaarstelling van die handhawing van wet en orde beoog, hetsy in die Republiek of elders te ondergaan;
(3)die verskaffing van wapens en/of ander toerusting aan persone wat opgelei is soos voormeld, welke wapens en/of ander toerusting nodig is en/of

12.

gebruik kan word vir dade van oorlog-voering, sabotasie, ondermyning en/of ingevaarstelling van die handhawing van wet en orde;

(4) die ontplooiing van persone, opgeleid en/of toegerus soos voormeld, in die Republiek met opdragte vir die pleeg van dade van oorlogvoering, sabotasie, ondermyning en/of ingevaarstelling van die handhawing van wet en orde;
DERHALWE is die beskuldigdes skuldig aan die

volgende misdade -Die formulering van aanklag 2 lui soos volg:

"Deurdat op of omtrent of gedurende die periode en te of naby die plekke vermeld in paragrawe 4 tot 7 van Bylae A hiertoe, die beskuldigdes wederregtelik en met die opset om die Staatsgesag in die Republiek omver te werp of in gevaar te stel, die dade vermeld in Bylae A hiertoe gepleeg het of gedreig of gepoog het omdit te doen."

Uit Bylae A haal ek paragrawe 4 tot 8 aan:

"4. Teen die einde van 1984 het beskuldig-des nr. 1, 2, 3 en 4 in Zimbabwe, 'n soewereine staat, bymekaargekom.

5.Gedurende die begin van Januarie 1985 het beskuldigdes nr. 1, 2, 3 en 4 van-af Zimbabwe na Botswana, 'n soewereine staat, vertrek.
6.In Botswana het beskuldigdes nr. 1, 2, 3 en 4 vir beskuldigde nr. 5 en 'n ander onbekende persoon ontmoet, en in

13.

twee voertuie vir die Republiek ver-trek.
7. Beskuldigdes nr. 1, 2, 3 en 4 het op 'n stadium die voertuie verlaat en Botswana te voet verlaat. Beskuldigde nr. 5 en die ander onbekende persoon het Botswana op 'n plek en wyse aan die Staat onbekend verlaat. In Bophutatswana, 'n soewereine staat, het beskuldigdes nr. 1, 2 en 5 mekaar weer ontmoet, en na Johannesburg in die Republiek vertrek. Daar is hulle op dieselfde dag, 30 Januarie 1985, om ongeveer 18h00 en te Parkstasie arres-teer.
8. Die oogmerk van die beskuldigdes was dat beskuldigdes nrs. 1 tot 4 deur Suid-Afrika na Lesotho sou gaan. Met 'n basis of basisse in Lesotho sou hulle vanuit Lesotho in Suid-Afrika in opereer en ter uitvoering van die vermelde sameswering en doelstelling van die PAC die handelinge soos uit-eengesit in die algemene inleiding van die klagstaat verrig het."

Dit is duidelik dat die verwysing in

paragraaf 8 van Bylae A na die handelinge van die
appellante soos uiteengesit in die algemene inleiding
van die klagstaat, 'n verwysing is na die handelinge
wat beweer word in die genommerde paragrawe (1) tot

(4) van die laaste gedeelte van die algemene
14. inleiding, soos ek dit hierbo aangehaal het. Die kern van aanklag 2 lê gevolglik klaarblyklik in paragraaf 8 van Bylae A en in paragrawe (1) tot (4) van die algemene inleiding van die klagstaat.
Die Staat se saak ten opsigte van aanklag 2 het in die eerste plek berus op die getuienis van Magwaza, en in die tweede plek, wat appellante 2, 3 en 4 betref, op bekentenisse wat hulle na hulle arrestasie afgelê het.
Magwaza se getuienis kan soos volg saamgevat word. Gedurende die tweede helfte van 1984, terwyl hy in Tanzanië was, het ene Zulu hom laat roep. Zulu het klaarblyklik 'n posisie van aansienlike gesag in die organisasie beklee, en as sodanig moes Magwaza sy bevele gehoorsaam. Zulu het hom opdrag gegee om hom voor te berei om na Swaziland te gaan. Die taak wat hy daar moes gaan uitvoer, was om by Ingwavuma wapens wat die ANC (African National Congress) daar gehad het, by hulle te gaan afneem. Behalwe dat hy geweet
15. het dat daar met die ANC "geveg" sou moes word om die wapens te buit, het hy geen ander besonderhede geweet van hoe hy sy opdrag sou moes nakom nie. Die verstandhouding was blykbaar dat hy Zulu by Ingwavuma sou ontmoet, waar hy verdere opdragte sou kry. Later is hy deur 'n ander persoon opgedra om na Zimbabwe te vertrek, waar Zulu hom weer wou spreek. Hy het toe na Zimbabwe gegaan, en inderdaad vir Zulu daar aangetref. Sy opdrag om na Ingwavuma te gaan is bevestig. Terwyl hy in Zimbabwe was, het hy op verskillende tye en plekke vir elk van appellante 1, 2, 3 en 4 raakgeloop. Hulle vyf het toe saám 'n groepie gevorm. Appellant 1 was die hoogste gesagsdraer en as sodanig die bevelvoerder van die groepie. Hy het aangekondig dat hy vooruit sou gaan na Botswana en dat hy die ander later daar sou ontmoet. Appellant 2 was die tweede in bevel en het toe die groepie aangevoer. Daarna het hulle opdragte ontvang van ene Juma, 'n lid van die PAC se

16.

"High Command". Juma se opdrag aan Magwaza was weer eens dat hy na Swaziland moes gaan, waar Zulu vir hom sou wag. Daarteenoor was Juma se opdrag aan appellante 2, 3 en 4 dat hulle na Lesotho moes gaan. Hy het beduie watter roete hulle moes volg. Hy het aan hulle (appellante 2, 3 en 4) gesê dat hulle in Lesotho saam met ene "Gqweta" sou werk, maar hy het nie verduidelik watter soort werk hulle daar sou gaan doen nie. Magwaza en appellante 2, 3 en 4 is toe geneem na die grens tussen Zimbabwe en Botswana, waar hulle afgelaai is met die opdrag om die grens te voet oor te steek en te loop na Francistown. Hulle het dit gedoen, en by 'n vesting van die PAC in Francistown weer vir appellant 1 ontmoet, asook ander lede van die PAC. Daarna het die groep bestaande uit appellante 1,2, 3 en 4 en Magwaza heen en weer in Botswana gereis en by verskillende vestings van die PaC aangedoen, waar hulle verskeie ander lede van die PAC ontmoet het. In 'n stadium het appellant 5 met sy
17. motorkar by hulle opgedaag. Hy het ook vir hulle van kos en drank voorsien. Uiteindelik het die vyf appellante en Magwaza in appellant 5 se motorkar na die grens tussen Botswana en die Republiek gereis. Appellant 1 het in sy besit 'n rewolwer en ammunisie gehad, wat toegedraai was in 'n lap. By die grens aangekom, het appellant 1 die rewolwer en ammunisie aan Magwaza oorhandig met die opdrag om dit oor die grens te neem. Die groep het toe in verskillende kleiner groepies verdeel en is op verskillende plekke en maniere oor die grens. Appellante 1, 2 en 5 en Magwaza het hulle weg gevind na Mafikeng. Appellante 1 en 5 het gaan soek na appellante 3 en 4, en teruggekeer met die berig dat appellante 3 en 4 in hegtenis geneem was. Daarop het appellant 1 gesê dat hulle, dit is appellante 1, 2 en 5 en Magwaza, in appellant 5 se voertuig na Johannesburg moes reis. In die voertuig, onderweg na Johannesburg, het appellant 1 aan Magwaza gesê om die rewolwer en ammunisie te
18. plaas onder die bestuurder se sitplek, wat hy gedoen het. Appellant 1 het verder vir Magwaza gesê dat hy, Magwaza, nie meer na Swaziland sou gaan nie. In plaas daarvan sou Magwaza die plek inneem van appellante 3 en 4. As sodanig sou hy dus saamgaan na Lesotho. Daar is egter nie aan hom gesê wat sy pligte sou wees as hy die plek vat van appellante 3 en 4 nie. Dit was nie aanvanklik die plan dat hy na Lesotho sou gaan nie. Hy sou na Swaziland gegaan het, en hy het verwag dat appellant 1, wat 'n lid van die "High Command" van die PAC was, hom nog instruksies sou gegee het oor sy presiese bestemming in Swaziland en hoe hy daar sou gekom het. Toe appellant 1 hom nou verwittig het dat hy in die plek van appellante 3 en 4 na Lesotho sou gaan, het hy nie geweet wat die oogmerk was van die groep wat op pad was na Lesotho nie. Al wat hy geweet het, was dat die groep in Lesotho vir ene "Ggekwa" sou ontmoet en saam met hom sou werk, maar watter werk gedoen sou word,
19. was onbekend. In Johanesburg aangekom, het appellante 1, 2 en 5 en Magwaza na 'n sekere huis gegaan. Appellant 1 het hulle van klere voorsien wat hy gaan koop het. Hy het ook treinkaartjies gebring vir die reis na Lesotho. Dit het egter geblyk dat die kaartjies "verkeerd" was. Die hele groep is toe in appellant 5 se motorkar na die stasie om die kaartjies te gaan omruil. Daar is al vier van hulle in hegtenis geneem. Ek kan terloops hier byvoeg dat dit uit die polisiegetuienis blyk dat 40 .38 "special" patrone in 'n lap onder die bestuurdersitplek van appellant 5 se motorkar aangetref is, maar dat geen vuurwapen in die voertuig of by die gearresteerdes gevind is nie.

Vervolgens verwys ek na die bekentenisse van appellante 2, 3 en 4. Appellant 2 meld in sy bekentenis dat hy in 1979 die land verlaat het en dat hy daarna militêre opleiding in Tanzanië en Joegoslawië ontvang het. In 1982 het hy na Lesotho gegaan, waar hy gebly het tot 1983, toe hy deur die

20.

Regering van Lesotho die land uitgesit is. Hy is
terug na Tanzanië. Later is hy daar beveel om terug
te keer na Lesotho. Hy het eers na Botswana gegaan

en daar is hy opgedra om deur die Republiek na Lesotho

te gaan. Sy bekentenis gaan dan voort soos volg:

My bedoeling was dat volgens opdragte moes ek as ek in Lesotho kom 'n tak organiseer van die PAC organisasie. Omdat daar was van ons kollegas wat gearresteer was in Lesotho was dit my plig in terme van ons organisasie om hulle daar te gaan vervang. En as ek suksesvol gewees het in Lesotho moes ek na die Ciskei gegaan het om mense daar te werf vir politieke aktiwiteite. Onsuksesvol het ek toe nie reggekom nie, ek was gearresteer voordat ek my opdragte kon nakom."

Hy meld verder dat die polisie die ammunisie van 'n .38
rewolwer in "Charles" se voertuig gekry het, en dat hy

aan die polisie gesê het dat hy die rewolwer in

"Charles" se huis in Soweto gesien het. (Dit kan

aangeneem word dat "Charles" verwys na appellant 5.)

Appellant 3 se bekentenis bevat 'n lang

relaas van hoe hy uit die Republiek na Lesotho gegaan

het, vandaar na Tanzanië en verder na Joegoslawië,

21 .

waar hy militêre opleiding ontvang het. Daarna, in
Desember 1981, het hy teruggekeer na Tanzanië, waar hy
gebly het tot in Desember 1984. Hy is toe, saam met
sewe ander mans, "oorgeplaas" na Zimbabwe. Daar het
hy gedurende Januarie 1985 opdrag ontvang om saam met
appellante 2 en 4 en Magwaza na Botswana te gaan,
terwyl appellant 1 op sy eie soontoe sou gaan. Nadat
die groep in Botswana rondgereis het, het appellant 1

(na wie hy verwys as Jan) op 'n dag instruksies aan
hom, appellante 2 en 4, en Magwaza gegee. Hy stel
dit so:

"We were briefed by Jan that we are getting into South Africa. He said that we were going with 2 cars to Johannesburg and from Johannesburg by train to Ficksburg and from there over the border to Lesotho and there we are going to meet PAC members who are going to brief us about our specific mission in South Africa."

In die res van sy bekentenis vertel hy hoe hy en sy
makkers die grens tussen Botswana en die Republiek
oorgesteek het en hoe hy en appellant 4 in

22.

Bophuthatswana in hegtenis geneem is.

Appellant 4 sê in sy bekentenis dat hy deur

Lesotho en Tanzanië na Guinië gegaan het, waar hy
militêre opleiding ondergaan het. Daarna het hy
teruggekeer na Tanzanië. Hy vervolg so:

"Vanaf Tanzanië is ek weer terug na Lesotho, met die oogmerk om weer die Republiek in te kom met wapens. Ons het egter nie ammunisie gehad nie en kon nie die Republiek van Suid-Afrika binnekom nie. 'Ons het een jaar in Lesotho gebly. 'n Beampte van Lesotho het ons genader en gesê as gevolg van die druk deur die S A se Regering op die Lesotho-regering moet ons deporteer word."

As gevolg van hierdie verwikkeling het appellant 4 na

Zimbabwe gegaan, waar hy om politieke asiel aansoek
gedoen het. Hy het daar gebly tot in Desember 1984.
Vandaar, sê hy, is "ons" nA Botswana, en vanaf
Botswana is "ek en die ander" na Bophuthatswana.
Daarvandaan sou "ons" na Lesotho gegaah het, maar

"ons" is toe gearresteer.

Geeneen van die appellante het getuienis

afgelê ter beantwoording van die Staat se saak teen

23.

hulle nie. (Getuienis is wel deur hulle afgelê in 'n
stadium van die verhoor toe die toelaatbaarheid van
die bekentenisse in geskil was; dit is egter nie meer
in geskil nie en gevolglik is die getuienis nie tans
ter sake nie.)

Na die voorgaande oorsig van die Staat se

bewerings en getuienis teen die appellante, moet die
bepalings van artikel 54 (1) (a) (ii) van die Wet nou
van naderby beskou word. Vanwee die strekking van
die betoog namens die appellante in hierdie Hof, hoef
daar geen besondere aandag geskenk te word aan die
opsetsbestanddeel van die oortreding soos vervat in
artikel 54 (1) (a) nie. Die betoog was toegespits op
artikel 54 (1) (ii). Ek sal voorts kortweg daarna
verwys as "paragraaf (ii)". Vir gemak van verwysing
haal ek die belangrikste woorde van paragraaf (ii)
weer hier aan:

"'n handeling verrig wat daarop gerig is om

so 'n daad van geweld te
bevorder of daartoe by te dra, of

24. stappe doen om so 'n handeling te verrig." Op die oog af is die trefwydte van die bewoording van paragraaf (ii) baie verreikend. Namens die Staat is daar betoog dat, in alle gevalle waar 'n mens te doen het met die optrede van 'n persoon wat 'n lid of 'n aktiewe ondersteuner is van 'n organisasie waarvan dit 'n doelstelling is om die staatsgesag met geweld omver te 'werp of in gevaar te stel, paragraaf (ii) sonder enige beperking letterlik toegepas moet word, hoe wyd die strekking daarvan ook al mag wees. Sommige van die gevolge wat kan voortspruit uit so 'n benadering tot die toepassing van paragraaf (ii) is in die loop van die betoog geopper met verwysing na hipotetiese feitelike situasies. So bvoorbeeld is daar verwys na die blote feit, sonder meer, dat 'n persoon aansluit by, en lid word van, so 'n organisasie, met kennis van die doelstelling wat ek genoem het, of die blote werwing, sonder meer, van ander persone om daarby aan te sluit en lede te word.

25.

Verder nog, is daar verwys na die geval waar 'n aantal lede wat 'n sel van so 'n organisasie vorm 'n gebou bewoon of daar vergader, en waar 'n mede-lid of ondersteuner van die organisasie bloot net die funksie vervul om die lede van die sel se kos vir hulle voor te berei of die betrokke gebou aan die kant te maak. In al hierdie soort gevalle het die advokaat van die Staat nie daarvan teruggedeins níe om aan te voer dat die betrokke persone getref word deur die bepalings van paragraaf (ii). Dit kom dus uiteindelik daarop neer dat lede of ondersteuners van so 'n organisasie wat aktief deelneem aan die bedrywighede daarvan, op watter wyse ook al, betrek word in die bepalings van paragraaf (ii). En dit sou dan so wees, ongeag watter stadium van vordering (indien enige) die betrokke organisasie al bereik het op pad na die verwesenliking van sy genoemde doelstelling.

Ek het geen twyfel nie dat hierdie betoog namens die Staat verwerp moet word. Dit is

26.

ondenkbaar dat die Wetgewer kon beoog het dat paragraaf (ii) sulke verregaande resultate sou oplewer as wat namens die Staat voorgestaan is. Die Wetgewer het terrorisme, die misdaad wat in artikel 54 (1) in die lewe geroep is, in so 'n ernstige lig beskou dat die strawwe wat daarvoor bepaal is, gelykgestel is aan dié wat vir hoogverraad geld, en wat dus die doodstraf insluit. Die betoog namens die Staat behels 'n miskenning van die erns van die oortreding wat in artikel 54 (1) daargestel is. Die betoog verloor ook uit die oog dat die Wetgewer in artikels 13 (1) (a) en 56 (1) (a) (i) van die Wet afsonderlik bepaal het dat dit 'n misdaad is, strafbaar met 10 jaar gevangenis-straf, onder andere om 'n lid van 'n onwettige organisasie te word of te bly, of om enige handeling in daardie hoedanigheid te verrig, of om op enige wyse aan enige bedrywigheid van 'n onwettige organisasie deel te neem, of om enige handeling te verrig wat bereken is om die verwesenliking van 'n oogmerk van h
27. onwettige organisasie te bevorder. Daarteenoor spreek 'n duidelike bedoeling van die kant van die Wetgewer uit die bewoording van paragraaf (ii), gelees in die samehang van die voorgaande paragraaf (i) en die daaropvolgende paragrawe (iii) en (iv) van artikel 54 (1), dat 'n element van geweld 'n grondliggende kernbestanddeel van die misdaad terrorisme is. Met die oog daarop is 'n wydstrekkende vertolking en toepassing van paragraaf (ii), soos dié wat namens die Staat voorgestaan is, onvanpas. Inteendeel is ek van oordeel dat 'n beperkende uitleg en toepassing van paragraaf (ii) aangewese is, ten einde te voorkom dat die oënskynlik wye bewoording daarvan op so 'n wyse aangewend word dat die konsep van geweld as basiese bestanddeel van terrorisme genegeer word.

Namens die appellante is daar betoog dat 'n beperking op die trefwydte van paragraaf (ii) te vinde is in die woorde "wat daarop gerig is", in die sinsnede:

28.

"'N handeling verrig wat daarop gerig is om

so 'n daad van geweld .... te bevorder
of om daartoe by te dra ".

In die Engelse teks lui dit:

"performs any act which is aimed at
promoting or contributing towards such act
of violence ".

Die betoog was dat die genoemde woorde daarop dui dat
h regstreekse en noue verband vereis word tussen die
handeling wat verrig word en die daad van geweld wat
ter sprake is. Daar is verder betoog dat die woorde
vereis dat ten tyde van die verrigting van die
handeling daar 'n spesifieke daad, of spesifieke dade,
van geweld binne die kontemplasie moes gewees het van
die persoon wat die handeling verrig het, en dat h

bewering of die bewys van ongespesifiseerde, algemene

of generiese dade van geweld nie binne die bestek van

paragraaf (ii) val nie. Wat hierdie laaste punt

betref, kan daarop gewys word dat paragraaf (ii)

verwys na "so 'n daad van geweld"; dit slaan

klaarblyklik op 'n daad van geweld wat in die
29. voorgaande paragraaf (i) genoem word, in die
uitdrukking "'n daad van geweld pleeg ". In
paragraaf (i) kan dit moontlik wees dat 'n spesifieke daad of spesifieke dade van geweld beoog word, inaggenome die feit dat daar in 'n aanklag ingevolge paragraaf (i) die beskuldigde ten laste gelê sal moet word watter besondere daad of dade van geweld hy sou gepleeg het, en op daardie grondslag sou daar dan ruimte wees vir 'n argument dat die woorde "so 'n daad van geweld" in paragraaf (ii) 'n ooreenstemmende beperkte betekenis dra. Dieselfde oorwegings kom ter sprake by die woorde "dreig" in paragraaf (i) en "dreigement" in paragraaf (ii).
Die algemene uitgangspunt van die voorgaande betoog is na my oordeel ongetwyfeld korrek, naamlik dat daar in die woorde "wat daarop gerig is" 'n beperking opgesluit lê op die trefwydte van paragraaf (ii). Die woorde vereis sekerlik dat daar 'n duidelik bepaalbare verband moet wees tussen die handeling wat

30.

verrig word en die daad van geweld wat ter sprake is. (Dieselfde geld ten opsigte van 'n handeling met betrekking waartoe daar gepoog, ingewillig of stappe gedoen word om dit te verrig. ) Maar of die verband tussen die handeling en die daad van geweld altyd 'n regstreekse verband hoef te wees, en of die daad of dade van geweld wat in paragraaf (ii) bedoel word noodwendig 'n spesifieke daad of spesifieke dade van geweld, in teenstelling met algemene of generiese dade van geweld, moet wees, is vrae wat ek nie nodig vind om te beantwoord met die oog op die feite van die onderhawige saak nie. Dit is dus ook nie wenslik om verder uit te wei oor daardie aspekte van die betoog nie. Om tot 'n beslissing te geraak in die huidige saak is dit voldoende om te verwys na die betoogspunt dat daar 'n "noue verband" ("close connection") moet wees tussen die handeling en die daad van geweld. Ek stem daarmee saam, maar slegs tot dié mate dat die verband nou genoeg moet wees om te voldoen aan die
31. vereiste geweldskomponent wat ten grondslag lê van die misdaad terrorisme. Om dit anders te stel: die handeling wat verrig word en die daad of dade van geweld wat ter sprake is, moet nie so ver verwyder van mekaar wees dat die bedoeling van die Wetgewer ten opsigte van geweld as 'n element van terrorisme, soos weerspieël in paragraaf (ii), misken word nie. Dit is weliswaar geen presies-omlynde maatstaf nie, maar met die oog op die feite van hierdie saak bied dit 'n voldoende grondslag om die appèl te besleg. Daarby wil ek egter die volgende voeg: alhoewel ek sal veronderstel (sonder om te beslis) dat die verband tussen die handeling en die daad of dade van geweld nie altyd 'n regstreekse verband hoef te wees nie, en dat die daad of dade van geweld nie noodwendig 'n spesifieke daad of spesifieke dade van geweld hoef te wees nie, beteken dit nie dat die teenstellings tussen 'n regstreekse en 'n onregstreekse verband, en tussen spesifieke en generiese dade van geweld, geen rol

32.

speel by die toepassing van paragraaf (ii) nie; ek is

inderdaad van mening dat die genoemde teenstellings
belangrike oorwegings is wat, in die samehang van al
die feite van elke besondere geval, in ag geneem moet
word om te beslis of daar voldoen is aan die
beperkende uitwerking van die woorde "wat daarop gerig

is" by die toepassing van paragraaf (ii).

Aansluitend by die voorgaande oorwegings, is

ek van mening dat die woorde "stappe doen", wat van
die wydste strekking is in die uitdrukking

"of poog, inwillig of stappe doen om so 'n handeling te verrig",

ook op 'n beperkende wyse toegepas moet word. Die
verband tussen die stappe wat gedoen word en die
handeling wat ter sprake is, moet nie so los of vaag
wees, en die stappe en die handeling so ver verwyderd
van mekaar staan, dat paragraaf (ii) van toepassing
gemaak word op gedrag wat die Wetgewer nie kon beoog
het om te betrek binne die net van terrorisme wat in

33.

artikel 54 (1) gespan is nie. Aanvaar moet word dat die Wetgewer die net wyd wou span, en die howe is verplig om uiting te gee aan die Wetgewer se bedoeling, maar terselfdertyd is ek van oordeel dat die howe paragraaf (ii) met omsigtigheid behoort toe te pas, ten einde resultate te verhoed wat so verregaande is dat die Wetgewer dit waarskynlik nie beoog het nie. Ek dink nie dat dit moontlik is om 'n presiese maatstaf te formuleer waarvolgens getoets kan word of bepaalde gedrag binne of buite die bestek van paragraaf (ii) val nie. Al wat daar gesê kan word, is dat elke geval beoordeel moet word aan die hand van die besondere feite daarvan. (Vergelyk S v ffrench-Beytagh 1972 (3) SA 430 (A) op 457 H; S v Bacela 1988 (2) SA 665 (E) op 668 J - 669 A.)
Om dan nou terug te keer tot die feite van die huidige saak, is dit in die eerste plek nodig om na te gaan wat bekend en wat onbekend is aangaande die bedrywighede van die PAC, sover dit vasgestel kan word

34.

uit die getuienis wat die Staat aangebied het. Uit die getuienis van Sefadi en Magwaza, soos vroeër opgesom, blyk dit dat die PAC fasiliteite in die buiteland beskikbaar het om aan sy lede militêre en politieke opleiding te verskaf, en dat lede van die organisasie hulle ook op verskeie plekke in Botswana bevind. Die getuienis bied egter geen duidelike beeld van die skaal waarop lede van die PAC buitelandse opleiding ontvang, of hoe groot of klein die aanwesigheid van PAC-lede is in die lande van opleiding of in Botswana nie. Op die getuienis is dit nie moontlik om die omvang van die PAC se militêre bedrywighede te bepaal nie.
Sefadi het in sy getuienis onderskei tussen die militêre en die politieke doelstellings van die PAC. Die politieke doelstelling behels, volgens hom, die insypeling van opgeleide PAC-lede in die Republiek, om selle van die organisasie hier te stig, met die oog op die "politieke mobilisasie" van die
35. mense; dit, sê hy, beteken dat daar gepoog moet word om die vertroue van mense in die PAC en hulle politieke ondersteuning van die organisasie te verkry, wat sou insluit dat hulle "simpatie" aangewakker moet word jeens die gewapende stryd. Soos ek Sefadi se getuienis verstaan, is die politieke doelstelling van die PAC om mense ontvanklik te maak vir die aanvaarding van die gewapende stryd, maar sonder dat hulle self aktief daarby betrek sou word. In hierdie verband is dit baie insiggewend hoe Sefadi sy eie sending na die Republiek in 1982 beskryf het. Hy sê dat sy sending was om basisse hier te lande te skep om populêre ondersteuning vir die PAC te verkry. Sy sending was politiek van aard, nie militêr nie. In daardie stadium, getuig hy - en hy was daaroor baie uitgesproke - was daar geen bedoeling dat die groep wat die land binnegekom het, en waarvan hy deel was, enige geweldpleging sou onderneem nie, en daar was insgelyks ook geen bedoeling dat mense wat gewerf sou

36.

word om die PAC te ondersteun vir militêre doeleindes
gebruik sou word nie. Die gevolgtrekking is
duidelik, dat die binnekoms van militêr opgeleide lede
van die PAC in die Republiek op sigself geensins 'n
afleiding regverdig dat hulle optrede daarop gerig is
om dade van geweld te bevorder of daartoe by te dra
nie, behalwe miskien op 'n wyse wat uiters onregstreeks

is en wat uiters ver verwyder is van hulle werklike
handelinge.

Die strekking van Sefadi se getuienis word

in die skriftelike betoogshoofde van die Staat soos
volg opgesom, met verwysing na die PAC se doelwit om
die staatsgesag deur middel van 'n gewapende stryd
omver te werp:

"Om dit reg te kry, moet deur verskeie fases gegaan word, wat begin. by die politieke beïnvloeding van die gemeenskap om hulle simpatiek teenoor die PAC te maak, daarna in oorlogvoering op te lei en te bewapen en hulle daarna as 'n leër te gebruik."

Die vraag wat hieruit voortspruit, is: hoe ver het
37. die PAC gevorder, en in watter fase is hulle nou, in die beplanning van die verwesenliking van. hulle uiteindelke doelstelling? In die getuienis van die Staat in die huidige saak is daar geen suggestie te vinde van 'n antwoord op hierdie vraag nie. Sefadi het getuig dat dit deel van die beplanning van die PAC was om wapens in die Republiek in te bring en om wapens van die weermag en die polisie te buit, maar daar is geen getuienis dat dit ooit gedoen is of dat daar enige werklike vooruitsig is dat dit gedoen gaan word nie. Daar is geen getuienis dat die PAC. oor enige wapens beskik binne die Republiek, of in lande aangrensend aan die Republiek, of elders ter wêreld nie. Daarbenewens - en dit is van wesenlike belang - is daar geen getuienis dat enige daad van geweld al ooit in die Republiek gepleeg of beplan is deur 'n lid of lede van die PAC, of dat dade van geweld van die kant van die PAC in die Republiek te verwag is binne die afsienbare, of selfs die verre, toekoms nie.

38.

Sulke aanduidings as wat daar oor hierdie aangeleenthede in die getuienis na vore kom, is alles negatief. Volgens Sefadi het die PAC geen geweldpleging bewerkstellig sedert 1982 nie; as daar so-iets was, sou hy, vanwee sy samewerking met die polisie, daarvan te hore gekom het. As daar geweldpleging deur die PAC was voor 1982, sou 'n mens verwag het dat Sefadi daarvan sou geweet het en dit vermeld het; tog sê hy niks daarvan nie, en dit ten spyte van die feit dat die PAC reeds meer as 20 jaar gelede al, ingevolge die destyds toepaslike wetgewing,
'n onwettige organisasie verklaar is. Volgens die bekentenis van appellant 4 het die PAC vir die jaar lank wat hy in Lesotho deurgebring het geen ammunisie tot hulle beskikking gehad nie. Wat betref Magwaza se aanvanklike opdrag om wapens by Ingwavuma van die ANC te gaan buit, is die getuienis so skraps dat dit na my oordeel waardeloos is. Magwaza het geen benul gehad van hoe hy sou moes "veg" met die AMC om die
39. wapens te bekom nie, en toe appellant 1 op pad van die Botswana-grens na Johannesburg Magwaza se aanvanklike opdrag kanselleer, het die hele sending na Ingwavuma (gepaard met die afspraak dat Magwaza vir Zulu daar sou ontmoet) sommer net eensklaps in die niet verdwyn. Aan die hand van al die getuienis kan ek nie glo dat die Ingwavuma-sending ooit werklik enigiets om die lyf gehad het nie.
Uit die voorgaande oorsig van die getuienis blyk dit nie dat die PAC al verder gevorder het as die eerste fase van sy strategie nie, naamlik om mense deur politieke beinvloeding simpatiek in te stel teenoor die PAC en sy uiteindelike doelwit. Die Hof is natuurlik in sy beoordeling van die omstandighede aangaande die PAC aangewese slegs op die getuienis wat deur die Staat in hierdie saak voorgelê is. Volgens daardie getuienis beoordeel, is die bedrywighede van die PAC met betrekking tot die beplanning, of die vooruitsig op die pleging, in die nabye of die verre
40. toekoms, van dade van geweld, na my mening gehul in 'n newelagtige waas ván onsekerheid en bespiegeling.
Dit is die agtergrond waarteen die handelinge van die appellante wat die Staat bewys het, nou in oënskou geneem moet word.
Dit is nodig om terug te verwys na paragrawe 4 tot 8 van Bylae A en (1) tot (4) van die algemene inleiding tot die klagstaat, soos vroeër aangehaal. Die bewerings in paragrawe 4 tot 7 en die eerste sin van paragraaf 8 van Bylae A slaan op appellante 1 tot 4 se reis van Zimbabwe deur Botswana na die Republiek en hulle oogmerk om deur die Republiek na Lesotho te gaan. Dit is nie in geskil nie. Dit is wat daarna beweer word in paragraaf 8 van Bylae A en paragrawe (1) tot (4) van die algemene inleiding wat van belang is. Uit die bewoording van hierdie gedeeltes van die klagstaat, asook van die omskrywing van aanklag 2 soos vroeër aangehaal, is dit nie duidelik in hoeverre die Staat die appellante ten laste wou lê dat hulle
41 . handelinge verrig het wat daarop gerig was om dade van geweld te veroorsaak, te bevorder of daartoe by te dra, of dat hulle gepoog het of gedreig het of stappe gedoen het om sulke handelinge te verrig nie. Dit is egter nie vir my nodig om in hierdie verband die Staat se bewerings te ontleed nie. Aan die hand van wat vroeer in hierdie uitspraak gesê is, is die vraag in elk geval of die Staat bewys het dat die appellante hulle skuldig gemaak het aan optrede wat, om dit in die breedste terme te stel, in 'n genoegsame noue verband gestaan het met dade van geweld om hulle binne die trefwydte van paragraaf (ii) tuis te bring.
Die Staat se getuienis oor wat die oogmerke van appellante 1 tot 4 was met hulle reis na Lesotho is uiters karig. Wat appellant 1 betref, is daar geen regstreekse getuienis oor wat sy oogmerke was nie. Wat appellante 2, 3 en 4 betref, is daar teen elk van hulle hulle bekentenisse bewys, wat ek vroeer behandel het. Om dit net weer kort saam te vat:
42. appellant 2 het beoog om 'n tak van die PAC in Lesotho te stig en dan mense in die Ciskei te gaan werf vir politieke doeleindes; appellant 3 het beoog om lede van die PAC in Lesotho te ontmoet, wat hom verdere opdragte sou gee oor sy spesifieke sending na die Republiek; en appellant 4 het vantevore in Lesotho verkeer met die doel om die Republiek met wapens binne te kom, welke doel dit onmoontlik was om uit te voer. Elk van hierdie bekentenisse is natuurlik net getuienis teen die appellant wat dit gemaak het. Ek sal nietemin, bloot vir gemak van bespreking, die inhoud van die bekentenisse op 'n algemene grondslag in aanmerking neem asof al die appellante daardeur geraak word.
Die bewerings in paragraaf 8 van Bylae A en paragrawe (1) tot (4) van die algemene inleiding tot die klagstaat het betrekking op appellante 1 tot 4. In die volgende deel van hierdie uitspraak sal ek na hulle vier gesamentlik verwys as "die appellante",

43.

totdat ek later weer in die besonder na appellant 5 sal verwys. In paragraaf 8 word dit beweer dat die appellante met 'n basis of basisse in Lesotho vanuit Lesotho in die Republiek in sou "opereer". Ek sal aanvaar (sonder om die vraag te ondersoek) dat die appellante beoog en beplan het om die Republiek vanuit
'n basis of basisse in Lesotho binne te kom en hier handelinge te verrig (vgl die bekentenis van appellant 3). Paragraaf 8 beweer dan voorts dat die appellante die handelinge sou verrig het wat genoem word in die algemene inleiding tot die klagstaat, d w s paragrawe (1) tot (4) daarvan. Dit is dus nou nodig om in die besonder stil te staan by die beweerde handelinge wat in elk van daardie paragrawe uiteengesit word.
Paragraaf (1) verwys na die werwing van persone in die Republiek of elders om die PAC te ondersteun of daarby aan te sluit. Al wat daar hieroor in die getuienis voorkom, is die stelling van appellant 2 in sy bekentenis dat dit sy voorneme was

44.

om mense in die Ciskei te gaan werf "vir politieke aktiwiteite", volgens sy opdragte. Ek sal aanvaar dat die appellante, met hulle reis op pad na Lesotho, stappe gedoen het om handelinge te verrig wat sou bestaan uit die werwing van ondersteuners of lede van die PAC,maar slegs vir "politieke aktiwiteite". Daar is geen getuienis wat 'n afleiding kan regverdig dat hulle van voorneme was om mense te werf vir militêre doeleindes of om betrokke te word by die pleging van dade van geweld nie. 'n Bevinding in die verband sou op blote bespiegeling berus. Met verwysing na die bespreking vroeër in hierdie uitspraak van Sefadi se getuienis oor die onderskeid tussen die militêre en die politieke doelstellings van die PAC en sy eie oogmerke toe hy in 1982 die land binnegekom het, asook van die algemene bedrywighede van die PAC en die onsekerheid wat daaroor bestaan, is ek van oordeel dat enige verband wat daar sou kon wees tussen die handelinge vermeld in paragraaf (1) van die algemene

45.

inleiding tot die klagstaat en dade van geweld soos genoem in paragraaf (ii) (van artikel 54 (1) van die Wet), so vaag en ver verwyderd van mekaar staan, dat die beweerde handelinge nie na behore tuisgebring kan word binne die bestek van paragraaf (ii) as synde handelinge wat daarop gerig was om dade van geweld te bevorder of daartoe by te dra. nie, Dit is miskien gerade om in hierdie verband kortliks te verwys na 'n saak wat ek vroeër genoem het, S v Bacela 1988 (2) SA 665 (E). Daar is 'n skuldigbevinding aan terrorisme gehandhaaf ten opsigte van 'n persoon wat op pad was na Lesotho om by die ANC te gaan aansluit. Die getuienis in daardie saak het egter aansienlik verder gegaan as dié in die huidige saak: daar het dit onder andere geblyk dat besondere dade van geweld wat die ANC reeds gepleeg het, bekend was aan die beskuldigde en dat dit sy oogmerk was om een van die ANC se terroriste te word en aldus dade van geweld te pleeg (op 669 B-D). Dit is onnodig om die korrektheid of andersins van die
46. beslissing te oorweeg; dit is genoeg om te sê dat daardie saak op die feite klaarblyklik onderskeibaar is van die onderhawige geval.
Paragraaf (2) verwys na die werwing van persone om militêre en soortgelyke opleiding met betrekking tot geweldpleging te ondergaan. Hieroor hoef daar slegs gesê te word dat daar geen feitelike grondslag in die getuienis bestaan vir 'n afleiding (in teenstelling met blote bespiegeling) dat die appellante sulke handelinge beoog het nie. Daar is dus nie bewys dat hulle stappe gedoen het om enige handeling soos hier beweer, te verrig nie.
Paragraaf (3) verwys na die verskaffing van wapens aan mense met die oog op die pleging van dade van geweld. Daar is in die getuienis twee verwysings na wapens wat betrekking het op die appellante. Die eerste is dat appellant 1 'n rewolwer en patrone in sy besit gehad het, wat hy deur bemiddeling van Magwaza die Republiek ingebring het, en wat 'n mens kan aanvaar

47.

hy saam met hom na Lesotho sou geneem het. Hierin kan sekerlik nie eers 'n suggestie gelees word van enige voorneme om die wapen aan enige persoon te verskaf soos bedoel in paragraaf (3) nie. (Appellant 1 se besit van die rewolwer en ammunisie is ter sake wat sy eie posisie betref, in verband met 'n betoogspunt van die Staat aangaande die vermoede geskep in artikel 69 (6) (b) van die Wet, waarna ek later sal verwys. ) Die ander getuienis is dié wat betrekking het op Magwaza se aanvanklike sending na Ingwavuma om wapens van die ANC te gaan buit. Ek het vroeër reeds te kenne gegee dat ek skepties staan teenoor die gedagte dat daar ooit iets van hierdie sending sou gekom het. Dit is egter nou nodig om verder na hierdie getuienis te verwys, omdat daar in die uitsprake van sowel die Hof van eerste instansie as die Hof a quo waarde daaraan geheg is. Beide die landdros en HARMS R het 'n verband gesien tussen Magwaza se aanvanklike sending en dié van die appellante, wat as aanduidend beskou is van die
48. aard van die appellante se sending en van die bedrywighede wat die appellante in en vanuit Lesotho beoog het. Ek kan met eerbied nie met hierdie benadering saamstem nie. Uit Magwaza se getuienis, soos ek dit vroeër opgesom het, is dit heeltemal duidelik dat hy sy aanvanklike opdrag ontvang het onafhanklik van die appellante; daar is niks om aan te dui dat die een iets met die ander te doen gehad het nie. Uit die getuienis van Magwaza se ontmoeting met die appellante in Zimbabwe, die opdragte wat hulle daar ontvang het, hulle saamreis na Botswana, hulle bewegings daar en hulle reis na die Republiek, blyk daar ook geen suggestie dat die wapens wat Magwaza sou verkry, tot die beskikking van die appellante aangewend sou word nie. 'n Verband in dié sin tussen sy sending en dié van die appellante kan net op bespiegeling berus. Bowendien is Magwaza se sending summier deur appellant 1 gekanselleer nadat appellante 3 en 4 gearresteer is. Daardie optrede sou haas
49. onverstaanbaar gewees het indien dit beplan was dat Magwaza deur sy optrede wapens aan die PAC-sendlng na Lesotho sou besorg het. Die Staat het gevolglik nie daarin geslaag om die bewerings in paragraaf (3) by die appellante tuis te bring binne die bestek van paragraaf (ii) nie.
Paragraaf (4) verwys na die ontplooiing van persone in die Republiek met opdragte vir die pleeg van dade van oorlogvoering en ander vorme van geweld. Dit blyk uit die uitspraak van die landdros dat hy sy skuldigbevinding van die appellante op die bewerings in paragraaf (4) gegrond het. Dit is dus nou nodig om die beredenering van die landdros op hierdie aspek van die saak in oënskou te neem.

Die landdros meld in sy uitspraak dat die getuienis ten aansien van die oogmerk van die "missie" in Lesotho karig is. Daarmee is ek dit met hom eens. Hy gaan voort om te sê dat hy na die "obj ektiewe omstandighede" moet kyk ten einde tot 'n bevinding te

50.

geraak. Die omstandighede wat hy dan opnoem, is die
volgende: dit is die oogmerk van die PAC om die
Regering met wapengeweld omver te werp; vir dié doel
lei die PAC soldate op; die appellante en Magwaza is
sulke opgeleide soldate; die opperbevel van die PAC
stuur hulle om te ontplooi; die appellante moet na
Lesotho, volgens opdrag; Magwaza moet gaan wapens
bekom in Ingwavuma, volgens opdrag; en wapens word
gebruik vir dade van geweld en oorlogvoering. Na
aanleiding van hierdie omstandighede stel die landdros
sy gevolgtrekking soos volg:

"Die enigste redelike afleiding gesien in die lig van die getuienis in geheel, met die uitsluiting van enige ander afleiding, is dat die soldate ontplooi word met die doel om dade van geweld te kom pleeg in die Republiek van Suid-Afrika, wat die uiteindelike mikpunt van die PAC is.
Die beskuldigdes uit hoofde van hulle posisie in die PAC het dit inderdaad voorsien. Per slot van sake dit is waarvoor hulle aangesluit het."

Dit is die kern van die landdros se bevindings.

Alvorens ek dit behandel, behoort ek ook die slotsom

51 .

van hierdie gedeelte van die landdros se uitspraak aan
te haal. Dit lui soos volg:

"Die ontplooiingshandelinge in Bylae A beskryf is dus handelinge wat verrig is en wat daarop gerig is om 'n daad of dreigemente van geweld te veroorsaak, te bewerkstellig of bevorder of om daartoe by te dra in 'n poging om dit te doen.
Die arres van die beskuldigdes het wel die
ontplooiings van die beskuldigdes gestuit,
maar daar is genoeg uitvoeringshandelinge
verrig om 'n poging daar te stel. Die artikel
is dus oortree "

Hierdie opmerkings van die landdros openbaar, met
eerbied gesê, 'n begripsverwarring tussen die
"ontplooiingshandelinge" wat. beskryf word in Bylae A en
dié wat genoem word in paragraaf (4) van die algemene
inleiding tot die klagstaat; tussen handelinge wat
verrig is en dade van geweld wat veroorsaak,
bewerkstellig of bevorder word of waartoe bygedra word;
en tussen 'n poging wat in die een of die ander samehang

te pas kan kom. Ek ag dit egter nie nodig om die

landdros se gedagtegang in hierdie opsigte te probeer

ontrafel nie. Vir my doeleindes is dit genoeg om die
52. volgende te sê. Die bewerings in paragraaf (4) kan denkbaar beskou word as bewerings van òf (a) dade van geweld as sodanig, óf (b) handelinge wat daarop gerig is om dade van geweld te veroorsaak, te bewerkstellig, te bevorder of daartoe by te dra. Dit is natuurlik nie teen die appellante bewys dat hulle inderdaad daardie dade of handelinge verrig het nie. Wel is dit teen die appellante bewys dat hulle opgetree het soos opgesom in paragrawe 4 tot 7 en die eerste sin van paragraaf 8 van Bylae A. Die enigste vraag is dus of hulle optrede, wat bewys is deur die Staat, daarop neergekom het, in die geval van (a) hierbo, dat hulle handelinge verrig het wat daarop gerig was om die genoemde dade van geweld te veroorsaak, ensovoorts, of daartoe by te dra, en in die geval van (b) hierbo, dat hulle stappe gedoen het om daardie handelinge te verrig, in beide gevalle binne die bestek van paragraaf (ii). In die geval van (b), aangesien "stappe doen" 'n wyer begrip behels as 'n "poging", is dit onnodig om die

53.

landdros se bevinding dat daar 'n poging was in oorweging te neem.
Om terug te keer na die kern-bevindings van die landdros, soos vervat in die eerste uittreksel uit sy uitspraak hierbo aangehaal: ek kan met eerbied nie daarmee saamstem nie, om die redes wat volg.
Onder die "objektiewe omstandighede" waarop die landdros sy gevolgtrekking baseer, tel 'n bepaalde verband tussen die "ontplooiing" van die appellante in Lesotho en die sending van Magwaza om wapens te bekom in Ingwavuma. Ek het vroeër reeds daarop gewys dat 'n bevinding van die bestaan van so 'n verband na my mening nie geregverdig is nie. Die landdros het dus in sy beredenering gesteun op 'n feit wat in der waarheid nie deur die Staat bewys is nie, en in dié opsig het hy 'n mistasting begaan.

As die pasgenoemde feit buite rekening gelaat word, is die wese van die omstandighede waarop die landdros staatgemaak het vir sy gevolgtrekking, slegs
54. die feite dat dit die PAC se oogmerk is om die staatsgesag met geweld omver te werp, dat die PAC vir dié doel soldate oplei, en dat die appellante as sulke opgeleide soldate deur die opperbevel van die PAC na Lesotho gestuur is. Daardie feite staan egter nie alleen nie. Saam daarmee moet die ander agtergronds-omstandighede in aanmerking geneem word wat vroeër in hierdie uitspraak bespreek is. Dit sluit die volgende in, om dit net weer kortliks saam te vat. Opgeleide "soldate" van die PAC word wel deur die opperbevel van die PAC na die Republiek gestuur vir ander doeleindes as dié van geweldpleging, soos in Sefadi se geval gebeur het. Dit blyk nie dat die PAC, ten spyte van sy langdurige bestaan, al ooit enige geweldpleging in die Republiek bewerkstellig het nie. Dit blyk nie dat die PAC oor enige wapens beskik om sy "soldate" in staat te stel om dade van geweld in die Republiek uit te voer nie.

In al die omstandighede is ek van oordeel dat

55. dit nie die enigste redelike afleiding uit die getuienis is, soos die landdros bevind het, dat die appellante "ontplooi" is met die doel om dade van geweld in die Republiek te kom pleeg nie. 'n Redelike moontlikheid is nie uitgesluit dat die appellante se opdragte nie meer behels het of sou behels het as om die PAC se politieke doelstellings in die Republiek te kom bevorder nie, soos byvoorbeeld om nuwe lede vir die PAC te werf. Daaruit volg dit ook dat die Staat nie bo redelike twyfel bewys het dat die appellante die handelinge sou verrig het soos uiteengesit in paragraaf (4) van die algemene inleiding tot die klagstaat nie. Nou is dit wel so dat die bevordering van die PAC se politieke doelstellings en die werwing van lede vir die PAC onregstreeks en met verloop van tyd die pleging van dade van geweld in die algemeen sou kon vergemaklik, maar, soos vroeër reeds aangedui is, is dit volgens die getuienis in die huidige saak onmoontlik om te bevind of, en indien wel, wanneer,

56.

daar tot dade van geweld oorgegaan sal word. Die landdros meld dat geweldpleging die "uiteindelike" mikpunt van die PAC is, maar 'n mens weet nie hoe ver in die verskiet die verwesenliking van daardie mikpunt lê nie. Die Staat se saak word dus ook nie verder gevoer deur die landdros se opmerkings dat die appellante geweldpleging "voorsien" het en dat dit is waarvoor hulle by die PAC aangesluit het nie.
My gevolgtrekking is derhalwe dat die skakel tussen die optrede van die appellante wat die Staat bewys het, en die moontlikheid dat daar daaruit dade van geweld sou voortspruit, so vaag is, en dat die verband tussen die een en die ander so ver verwyderd is, dat daar nie bevind kan word dat die appellante stappe gedoen het of handelinge verrig het wat val binne die trefwydte van paragraaf (ii) nie.
In die Hof a quo is die kern van die uitspraak van HARMS R vervat in die volgende uittreksel daaruit:

57.

"'n Mens kan nie aanvaar dat persone wat vir vyf jaar of meer die opleiding ondergaan het wat die appellante ondergaan het, persone wat getrou is aan die doelstellings van hulle organisasie, nader beweeg aan die teiken-gebied sonder die betrokke opset wat beweer is. In die afwesigheid van enige getuienis van die appellante is ek van oordeel dat dit net ondenkbaar is dat 'n groepie opgeleide PAC terroriste vergesel van die "chief of operations" [appellant 1] op 'n onskuldige sending kon wees."

Uit die verwysing na "die betrokke opset wat beweer is"
en na "h onskuldige sending" blyk dit dat die Hof a quo
se aandag nie toegespits was op die probleme wat hierbo
in hierdie uitspraak bespreek is nie. Daardie
probleme is nie in die uitspraak van die Hof a quo
aangespreek nie.
Die skuldigbevindingsvan die appellante, op die grondslag waarop die landdros dit baseer het, kan dus nie staande gehou word nie.
In die geval van appellant 1 is daar namens die Staat in hierdie Hof aangevoer dat sy skuldigbevinding op 'n ander grondslag geregverdig kan

58.

word. Dié betoog het berus op die feit dat appellant

in besit was van 'n rewolwer en patrone, en op die
bepalings van artikels 54 (7) en 69 (6) (b) van die
Wet. Volgens artikel 54 (7) word die besit van die
wapen en ammunisie geag 'n handeling te wees, by die
toepassing van paragraaf (ii). Artikel 69 (6) (a)

skep 'n vermoede ten aansien van die besit van 'n wye
reeks soorte wapens en ammunisie, soos outomatiese
gewere, masjiengewere, granate, myne en dies meer. 'n
Rewolwer en meegaande patrone val nie onder hierdie
artikel nie. Maar artikel 69 (6) (b) bepaal dan sóos
volg:

"Indien by 'n vervolging weens 'n misdryf ingevolge artikel 54 (1) die handeling wat die beskuldigde ten laste gelê word daaruit bestaan en daar bewys word dat hy 'n ander vuurwapen of ander ammunisie as 'n vuurwapen of as ammunisie in paragraaf (a) bedoel of meer as een sodanige ander vuurwapen onwettig in sy besit gehad het, en die hof van oordeel is dat die aard van daardie ander vuurwapen of vuurwapens of van daardie ammunisie of die omstandighede waaronder die beskuldigde dit aldus in sy besit gehad het of die hoeveel-heid daarvan wat die beskuldigde aldus in sy

59.

besit gehad het die afleiding kan regverdig dat die beskuldigde dit aldus in sy besit gehad het met die opset om daarmee of in verband daarmee in die Republiek die een of ander van die dade beoog in artikel 54 (1) (i) tot en met (iv) te pleeg, word daar vermoed, tensy die teendeel bewys word, dat die beskuldigde bedoelde ander vuurwapen, vuurwapens of ammunisie in sy besit gehad het met die opset om, ten einde die een of ander van die doelstellings vermeld in artikel 54 (1) (a) tot en met (d) te bereik, daarmee of in verband daarmee in die Republiek die een of ander van die dade beoog in artikel 54 (1) (i) tot en met (iv) te pleeg."

Die betoog namens die Staat is dat, vanweë "die aard"
van "die omstandighede" waaronder appellant 1 die
rewolwer en patrone onwettig in sy besit gehad het, die
Hof "van oordeel" moet wees dat dit "die afleiding kan
regverdig" dat appellant 1 die wapen en ammunisie besit
het "met die opset om daarmee of in verband daarmee in
die Republiek" dade van geweld, of handelinge wat
daarop gerig is, te pleeg, soos beoog in paragraaf

(ii).

Die artikel is op die oog af van so 'n

wydstrekkende omvang dat 'n letterlike vertolking en 'n
60. ongekwalifiseerde toepassing daarvan klaarblyklik tot absurde gevolge sal lei. Ek is daarom oortuig daarvan dat 'n beperkende uitleg en toepassing aangewese is ten opsigte van, ten minste, die uitdrukkings "die aard van

die omstandighede", "van oordeel is", "die
af leiding kan regverdig", en "met die opset". Om in die algemeen te probeer bepaal wat die bedoeling van die Wetgewer was oor hoe die genoemde uitdrukkings toegepas staan te word, is 'n onbegonne taak wat ek nie van voorneme is om aan te raak nie. Die feite van die huidige geval maak dit onnodig om meer te sê as die volgende. As 'n gewone burger van die land, wat geen verbintenis het met die PAC nie, onwettig 'n rewolwer en patrone in sy besit gehad op 'n reis van Botswana deur die Republiek na Lesotho, is ek seker dat geen hof die vermoede van die artikel teen hom sou toepas nie. Onder meer sou aanvaar moes word dat sy besit nie verder gestrek het as bloot vir die doeleindes van selfverdediging nie. Die feit dat appellant 1 'n
61. opgeleide terroris van die PAC was wat op reis was om op die een of die ander manier te gaan deelneem aan die bedrywighede van die PAC, verander na my oordeel nie wesentlik aan die situasie nie. Kortom: "die aard
van die omstandighede" waarop die Staat steun,
regverdig na my mening nie die inwerkingtreding van die vermoede van die artikel nie.
Om nou te kom by appellant 5: sy geval kan baie kortliks afgehandel word. Sy skuldigbevinding op aanklag 2 was gebaseer op die hulp wat hy aan die ander appellante verleen het in verband met hulle reis. Aangesien 'n oortreding van artikel 54 (1) (a) (ii) nie teen die ander appellante bewys is nie, soos ek bevind het, volg dit vanself dat appellant 5 se skuldig-bevinding ook nie staande gehou kan word nie.
Namens die Staat is daar aan die hand gedoen dat die appellante skuldig bevind kon word aan 'n oortreding van artikel 54 (4) van die Wet, wat 'n bevoegde bevinding sou wees kragtens artikel 54 (6)

62.

(a). As 'n kwessie van logika kan artikel 54 (4) egter vanselfsprekend nie tussen die appellante onderling enige toepassing vind nie, vanweë die feit dat elk van hulle nie skuldig bevind kan word aan die oortreding waarvan hulle aangekla is nie. Daar is gewag gemaak van ander lede van die PAC in die buiteland, en in die besonder van Zulu. Hy is die man wat opdragte gegee het aan Magwaza. Dit is egter nie bewys dat die appellante van sy bestaan of bedrywighede bewus was nie. Ten opsigte van ander lede van die PAC in Zimbabwe en in Botswana, met wie die appellante te doen gehad het, is dit genoeg om te sê dat die getuie-nis te vaag is om 'n skuldigbevinding van enige van die appellante ingevolge artikel 54 (4) te regverdig.
In die resultaat moet die skuldigbevinding en vonnisse van al die appellante op aanklag 2 tersyde gestel word.

Vervolgens behandel ek die skuldigbevinding van appellant 5 aan bedrog, op aanklag 6. Die
63. bewerings in die klagstaat, kort gestel, is dat appel-lant 5 op 30 Januarie 1985 valslik aan speurder-adjudant-offisier Du Plooy voorgegee het dat hy bekend is as Charles Odirile Mokoti, 'n burger van Botswana, en sodoende gepoog het om Du Plooy te oorreed, tot die nadeel van Du Plooy en/of die Staat, om te glo dat hy Charles Odirile Mokoti, 'n burger van Botswana is, terwyl hy geweet het dat hy in werklikheid Bonise Raymond Nkabinde, 'n Suid-Afrikaanse burger, is.
Uit die getuienis van Du Plooy blyk dit dat hy op 30 Januarie 1985 appellante 2 en 5 by die kaartjieskantoor op Parkstasie in Johannesburg in heg-tenis geneem het. Kort daarna het hy ook appellant 1 en Magwaza gearresteer, naby appellant 5 se motorkar, buitekant die stasie. Die vier gearresteerdes en appellant 5 se voertuig is geneem na die aanklagkantoor van die Spoorwegpolisie. Du Plooy het in appellant 5 se motorkar 'n Botswana-paspoort gevind, waarin 'n foto van appellant 5 voorgekom het en die naam van die houer
64. daarvan verskyn het as Charles Odirile Mokoti. Blykens die paspoort was appellant 5 Mokoti, 'n burger van Botswana. Daarna het Du Plooy die paspoort aan appellant 5 getoon. Appellant 5 het gesê dit is sy paspoort, en dat dit sy naam en foto is wat daarin voorkom.
Die Staat het dus bewys dat appellant 5 'n voorstelling aan Du Plooy gemaak het aangaande sy naam, identiteit en nasionaliteit. Uit ander getuienis, waarna ek nie hoef te verwys nie, blyk dit dat die voorstelling wat die appellant aan Du Plooy gemaak het, vals was, soos beweer word in die klagstaat.
Wat betref die element van benadeling, is daar namens die Staat in hierdie Hof betoog dat hierdie vereiste vir bedrog bevredig is, omdat die Staat potensiëel benadeel is deur die voorstelling, in soverre dat die polisie se ondersoek van die oortredings waarvan appellant 5 verdink was, daardeur vertraag en bemoeilik kon gewees het. Dit het ook die

65.

moontlikheid daargestel dat die polisie kon besluit het om die appellant na Botswana te deporteer, of om hom as 'n Staatsgetuie teen die ander appellante te gebruik, eerder as om hom aan te kla en te vervolg. Tydens die verhoor is daar nie deur die Staat getuienis aangebied wat toegespits was op die kwessie van benadeling nie, maar dit kom my voor dat, in feite altans, die moontlikheid van benadeling soos aangevoer wel inherent was in die voorstelling en die omstandighede waaronder dit gemaak was. Of die moontlike benadeling, regtens gesproke, van so 'n aard was dat dit 'n skuldigbevinding aan bedrog regverdig, is 'n ander vraag.
Die feit dat appellant 5 in die omstandighede van hierdie saak aangekla is van bedrog, is buitengewoon. Uit die strekking van Du Plooy se getuienis blyk dit dat hy besig was, onmiddellik na die arrestasie van die appellante, om op die gewone manier hulle name en identiteite vas te stel, ten einde die gegewens te verkry wat in die polisie-register ingevul
66. moes word ten aansien van die verdagtes. As dit nie was vir die feit dat die betrokke paspoort in appellant 5 se motor gevind is en dit toe aan die appellant getoon is nie (dit is 'n faktor waarop ek weldra terug-kom), sou dit 'n gewone geval gewees het van 'n verdagte wat op navraag, na sy arrestasie, 'n valse naam aan die polisie verstrek het. 'n Mens is bewus daarvan dat die verstrekking van 'n valse naam of adres in sulke omstan-dighede 'n oortreding kan daarstel van artikel 41 (2) van die Strafproseswet (51 van 1977). Dit is 'n oor-treding wat tans (na die wysiging van die artikel in 1986) strafbaar is met 'n boete van R300 of gevangenis-straf van 3 maande. 'n Mens weet ook dat 'n verdagte wat na sy arrestasie valse inligting aan die polisie verstrek, in gepaste omstandighede aangekla en skuldig bevind kan word aan verydeling of belemmering van die regspleging of 'n poging daartoe, en dat sodanige misdryf dikwels die bestanddele van bedrog behels (vgl bv S v Burger 1975 (2) SA 601 (C) op 610 E-H; S v
67. Sauerman 1978 (1) SA 1073 (N) op 1078 A en E; en in die algemeen, S v Mene and Another 1988 (3) SA 641 (A)). Maar dit is nie die praktyk om 'n gearresteerde persoon wat 'n valse naam of adres aan die polisie verstrek, aan te kla van bedrog nie. Ek moet beken dat ek nie sulke optrede, hoe laakbaar ook al, aanvoel as gedrag wat strafbaar behoort te wees as bedrog nie.
Dit is nodig om die feit dat appellant 5 in besit was van 'n valse paspoort in behoorlike perspektief te stel. Die appellant was oorspronklik, onder aanklag 6, aangekla van 'n oortreding van artikel 52 (a) van die Wet op die Reëling van die Toelating van Persone tot die Republiek (Wet 59 van 1972) - "gebruik van 'n ongeldige paspoort". Die aanklag het hom ten laste gelê dat hy wederregtelik en ten einde die Republiek in stryd met die genoemde Wet of 'n ander Wet binne te kom, die paspoort gebruik het, terwyl dit nie deur 'n bevoegde gesag uitgereik was nie, of terwyl dit nagemaak of vervals was, wetende dat dit die geval was.

68.

Die Staat is versoek om nadere besonderhede te verskaf aangaande hierdie aanklag. Uit die Staat se antwoord op die versoek blyk dit dat die Staat nie in die vermoë was om die aangevraagde besonderhede te verstrek nie. Klaarblyklik as gevolg van die Staat se onvermoë in hierdie verband, is die appellant in kennis gestel, in die antwoord op die versoek om besonderhede, dat by die verhoor twee alternatiewe aanklagte tot die oorspronklike aanklag 6 aan die appellant gestel sou word, afskrifte waarvan by die antwoord aangeheg is. Die eerste alternatief was dié van bedrog, wat nou onder bespreking is. (Die tweede alternatief was diê van 'n oortreding van artikel 41 (2) van die Strafproseswet.) Met die verhoor het die Staat nie gevra vir 'n skuldigbevinding volgens die oorspronklike aanklag 6 nie. Vandaar die skuldigbevinding aan bedrog.

Uit hierdie agtergrond blyk die volgende. In die oorspronklike aanklag was die kern van die

69.

oortreding wat teen die appellant beweer is, die feit dat hy in besit was van 'n ongemagtigde of valse paspoort. 'n Oortreding wat die besit van 'n ongeldige buitelandse paspoort behels, is van so 'n aard dat daar daarby betrokke is 'n besondere belang wat in die Staat setel om, ter beskerming van die gemeenskap en ter beveiliging van die publiek, die onwettige binnekoms in die Republiek van ongemagtigde en bes moontlik ongewenste persone te beheer en te verhoed. In die eerste alternatiewe aanklag, aan die ander kant, speel die appellant se besit van die paspoort slegs 'n
insidentele rol, wat ter sake is alleenlik in die samehang van die valse voorstelling wat die appellant gemaak het oor sy identitéit. Daardie voorstelling is gemaak nadat die appellant reeds in hegtenis geneem is as 'n verdagte terroris, en dit het slegs betrekking gehad op die ondersoek van die polisie in daardie verband, met die oog op die instelling van 'n vervolging teen die appellant en sy uiteindelike skuldigbevinding
70. aan die misdaad waarvan hy verdink was. Die oortreding, bedrog, waarvan die appellant aangekla is, was, in die besondere omstandighede van die geval, van so 'n aard dat die belang wat die Staat daarby gehad het, die algemene belang was wat in die Staat setel om toe te sien dat reg geskied, dat misdadigers aan die pen ry, verhoor word, skuldig bevind word en gestraf word, en dat die regspleging nie verydel of belemmer word nie. Die aard van die belange wat die Staat het in die twee gevalle hierbo genoem is verskillend, en die verskil is na my oordeel van betekenis, soos sal blyk uit wat volg.
Dit is wêlbekend dat die begrip potensiële nadeel in verband met bedrog in ons regspraktyk van 'n baie wye strekking is, ten spyte van kritiek wat daaroor in akademiese kringe uitgespreek is. In R v Heyne and Others 1956 (3) SA 604 (A) op 622 E/F het SCHREINER AR dit so gestel:

"Today it seems correct to say that the false
71.

statement must be such as to involve some risk of harm, which need not be financial or proprietary, but must not be too remote or fanciful, to some person, not necessarily the person to whom it is addressed."

In daardie saak het dit gegaan, onder andere, om valse

inskrywings wat gemaak is in registers wat die houer
van 'n dranklisensie verplig was om te hou ingevolge die
Drankwet van 1928. SCHREINER AR het die volgende gesê
op 624G-625A (in die aanhaling wat volg, bekiemtoon ek
twee sinne met die oog op verdere bespreking
hieronder):

"That a charge of fraud may be supported by an allegation of prejudice to the State is
clear Where the State's interest is,
directly, proprietary or financial there should be no difficulty in testing for harm on the same lines as in the case of ordinary
individuals But, as has already been
mentioned, it is not only the risk of proprietary or financial harm that supports a charge of fraud. In the case of an individual, harm to his reputation may
suffice The State, on the other hand,
has interests peculiar to itself. It is unnecessary in the present case to hold that preiudice to the State's interest in upholding the law will always be sufficient. That may or may not be the position. But

72.

the Liquor Act of 1928, consistently with a
long-established tradition, treats the trade
in intoxicating liquor as one in which the
State as society's guardian has a special
interest. The Government on behálf of the
public controls the trade, and the Act lays
special duties upon the police and gives them
special powers in order that the control may
be effective. False representations,
calculated to weaken that control by
deceiving the police, are also calculated to
harm the State really and not only
theoretically. The reguirement of prejudice
is thus satisfied by the risk of harm to the
State ".

Die beslissing van hierdie Hof in die Heyne-

saak was dus gegrond op die besondere belang wat die
Staat gehad het by die toepassing yan die bepalings van
die Drankwet. Soos blyk uit wat ek vroeër gesê het,
dink ek dat die Staat 'n soortgelyke besondere belang
het by die toepassing van die bepalings van Wet 59 van
1972, waarkragtens die appellant oorspronklik aangekla
was. Sou die appellant dus, by wyse van voorbeeld,
by 'n padblokkade deur die polisie in die gewone loop
van sake voorgekeer gewees het en sy ongeldige paspoort

valslik aan hulle voorgehou het as geldig en as synde

73.

in ooreenstemming met sy ware identiteit, dan sou hy, in navolging van die Heyne-saak, tereg skuldig bevind kon gewees het aan bedrog. Dieselfde soort geval kom voor waar die bestuurder van 'n motorvoertuig deur die polisie gevra word om sy rybewys te vertoon, en dan 'n vervalste bestuurderslisensie aan hulle oorhandig asof dit eg is (vgl S v Jass 1965 (3) SA 248 (E) op 250 D/E-G). Skuldigbevindings aan bedrog in hierdie soort gevalle is bykans 'n alledaagse verskynsel in die laer howe, en word gereeld op appél of op hersiening deur die Provinsiale Afdelings bekragtig. Dit is in ooreenstemming met die grondslag van die beslissing in die Heyne-saak.

In die onderhawige saak het ons egter met 'n

ander soort geval te doen, soos ek reeds probeer aantoon het. Die belange van die Staat wat ter sprake kom by die aanklag van bedrog teen die appellant is nie van die besondere aard, samehangend met die beskerming van die welsyn van die gemeenskap en die beveiliging
74. van die publiek, voortspruitend uit statutêre bepalings, wat op die spel is by registers van drankverkope of by vervalste paspoorte of bestuurderslisensies nie. Die potensiële nadeel vir die Staat wat in die huidige saak aangevoer is, word vasgeknoop aan die polisie-ondersoek van die oortredings waarvan die appellant verdink was. Die belang van die Staat wat hierby op die spel is, soos reeds aangedui, is die algemene belang wat die Staat het daarby dat die gereg behoorlik sy gang moet gaan -"upholding the law", in the woorde van SCHREINER AR in die Heyne-saak supra. Soos blyk uit die twee sinne wat ek beklemtoon het in die hierbo-aangehaalde uittreksel uit sy uitspraak, het hierdie Hof uitdruklik die vraag oop gelaat of hierdie soort belang van die Staat, en nadeel wat die Staat kan ly in verband daarmee, 'n voldoende grondslag is vir 'n skuldigbevinding aan bedrog. In S v Van Bilion 1965 (3) SA 314 (T) is die belang van die Staat in die
75. "handhawing van die reg" in ander omstandighede as dié in die Heyne-saak as 'n voldoende grondslag vir 'n
skuldigbevinding aan bedrog beskou, maar die besondere omstandighede wat in daardie saak aanwesig was (kyk op 317 B-F), is in beginsel duidelik onderskeibaar van die feite van die huidige saak, en dit is gevolglik nie nodig om verdere oorweging aan daardie saak te skenk nie.
Die vraag is dan, uiteindelik, of die beginsels wat bespreek is in die Heyne-saak supra uitgebrei behoort te word tot die feite van die huidige saak. Volgens my beskouing is die antwoord: nee. In wese is die gedrag van die appellant waarom dit gaan, dat hy, as 'n pas-gearresteerde verdagte, aan die polisie voorgestel het dat sy identiteit iets anders was as wat dit in werklikheid is. Soos reeds aangedui, het die kwessie van die ongeldige paspoort en sy nasionaliteit maar net 'n ondergeskikte rol gespeel. Na my oordeel bestaan daar geen behoefte in ons reg om
76. die konsep van potensiele nadeel vir die Staat soveel wyer te maak dat dit op die besondere feite van hierdie saak van toepassing moet wees nie. 'n Uitbreiding van die nadeel-vereiste vir bedrog in die huidige geval kan moontlik lei tot onvoorsiene en onwenslike gevolge in ander sake wat in die toekoms mag voorkom. Soos vroeër vermeld, is die verstrekking van 'n valse naam of adres deur 'n gearresteerde persoon alreeds 'n statutêre oortreding ingevolge artikel 41 (2) van die Strafpro-seswet. Daarbenewens kan die verskaffing van valse inligting aan die polisie ook in gepaste gevalle straf-baar wees as verydeling of belemmering van die regs-pleging of 'n poging daartoe. Of die appellant se op-trede neergekom het op so 'n oortreding, hoef ek nie te bespreek nie. Ek beskou dit in ieder geval as onwens-lik om die appellant se optrede as bedrog te bestempel. My gevolgtrekking is derhalwe dat appellant 5 se skuldigbevinding en vonnis op aanklag 6 tersyde gestel behoort te word.

77.
Ten slotte is daar namens die Staat betoog

dat appellant 5 se skuldigbevinding op aanklag 6,

indien die skuldigbevinding aan bedrog nie gehandhaaf
sou word nie, verander moes word na 'n skuldigbevinding
aan 'n oortreding van artikel 41 (2) van die
Strafproseswet, waarvan hy in die alternatief aangekla
is, soos reeds vermeld. Hierdie betoog kan ook nie
slaag nie, omdat die Staat nagelaat het om een van die
voorvereistes vir die toepassing van artikel 41 (2) te
bewys. Volgens die bewoording van artikel 41 (2) kan
iemand aan 'n oortreding daarvan skuldig bevind word
slegs as hy

"ingevolge die bepalings van subartikel (1) aangesê is om sy naam en adres te verstrek."

Die tersaaklike bepalings van subartikel (1) lui soos

volg:

"h Vredesbeampte kan van iemand -
(a)wat hy bêvoeg is om in hegtenis te neem;
(b)wat redelikerwys verdink word 'n misdryf te gepleeg het of. dat hy gepoog het om dit te pleeg;

78.

(c) wat, na die oordeel van die
vredesbeampte, in staat mag wees om
getuienis af te lê betreffende die
pleging of vermeende pleging van 'n
misdryf,
eis dat hy sy volle naam en adres aan
sodanige vredesbeampte verstrek "

Uit die getuienis van Du Plooy blyk dit nie duidelik

dat hy werklik van appellant 5 geëis het dat hy sy
volle naam en adres moet verstrek nie, maar. ek sal
bloot veronderstel dat dit uit die getuienis afgelei
kan word. Vir 'n skuldigbevinding kragtens artikel 41

(2) moes die Staat egter ook bewys het dat appellant 5
iemand was wat genoem word in paragrawe (a), (b) of (c)
van artikel 41 (1). Die enigste stukkie getuienis wat
moontlik hierop betrekking kan hê, is die volgende
uitlating van Du Plooy:

"Ek het 'n voertuig opgemerk wat volgens my inligting waar daar vier terroriste hulle bevind het in die voertuig."

Klaarblyklik is hierdie vae getuienis heeltemal
ontoereikend om te bewys dat appellant 5 (alhoewel hy
een van die insittendes van die voertuig was), voldoen
79.
het aan die bepalings van paragrawe (a), (b) of (c) van
artikel 41 (1).

Die bevel van die Hof is:

(1) Die appél word gehandhaaf.

(2) Die bevel van die Hof a quo word

tersyde gestel en vervang deur die

volgende bevel:

"(a) Die skuldigbevindings en vonnisse van al vyf die appellante op aanklag 2 word tersyde gestel.

(b)Die skuldigbevinding en vonnis van appellant nr 5 op aanklag 6 word tersyde gestel.
(c)In alle ander opsigte word die appél van die hand gewys."

A.S. BOTHA AR

MILNE AR
STEM SAAM F.H. GROSSKOPF Wn AR