South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 33
| Noteup
| LawCite
S v Van Der Merwe (33/89) [1989] ZASCA 33 (30 March 1989)
Download original files |
SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING
In die saak tussen:
PETRUS MATHEUS VAN DER MERWE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: JOUBERT, VIVIER et EKSTEEN ARR.
Datum van verhoor: 7 Maart 1989
Datum van lewering: 30 Maart 1939
UITSPRAAK JOUBERT AR:
/Die
2
Die appellant is in die Transvaalse Provinsiale Afdeling deur J.J. STRYDOM R en twee assessore verhoor op die volgende aanklagte, nl.
Aanklag 1: Moord op sy broer Emanuel.
Aanklag 2: Moord op sy vader Petrus Mathewes van der Merwe.
Aanklag 3: Diefstal van 'n pistool en ammunisie asook R1482-48 kontant.
Aanklag 4: Verkragting van C.D.L..
Aanklag 5: Verkragting van C.D.L. te Silkaatsnek Reservaat.
Aanklag 6: Besit van pistool.
Aanklag 7: Besit van ammunisie.
Die misdade waarop aanklagte 1, 2, 3 en 4 betrekking het, sou gepleeg gewees het in 'n woonhuis te Penguinlaan 272,
/3....3
Wierda Park, Pretoria die oggend van Saterdag 31 Augustus 1985. Die appellant het onskuldig op al die aanklagte gepleit. Sy verweer was dat hy wel die handelinge gepleeg het waarop die aanklagte betrekking het maar dat hy tydens die pleeg daarvan ontoerekeningsvatbaar was deurdat hy nie die onderskeidingsvermoë gehad het om die onregmatigheid van sy handelinge te besef nie of nie die wilsbeheervermoë gehad het om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van sy handelinge op te tree nie. In die alternatief tot aanklagte 4 en 5 het hy gepleit dat C. tot die geslagsverkeer toegestem het. Sy verweer is vervat in Bewysstuk "H" (Band 15 p 1366-1369). Die appellant is deur die Verhoorregter en een assessor skuldig bevind op aanklagte 1, 2, 3 en 4 terwyl die Verhoorregter en albei assessore hom op aanklagte 5, 6 en 7 skuldig bevind het. Die Verhoorhof het bevind dat daar versagtende omstandighede aanwesig is ten aansien van
/4....
4
die twee aanklagte van moord d.w.s. aanklagte 1 en 2. Die Verhoorregter het egter sy diskresie uitgeoefen en die doodvonnis opgelê ten aansien van aanklag 1 (die moord op die appellant se broer Emanuel). Die volgende vonnisse is die appellant ten aansien van die ander aanklagte opgelê:
Aanklag 2: 10 jaar gevangenisstraf.
Aanklaq 3: 1 jaar gevangenisstraf.
Aanklag 4: 8 jaar gevangenisstraf.
Aanklaq 5: 3 jaar gevangenisstraf.
Aanklag 6: 1 jaar gevangenisstraf.
Aanklag 7: 1 jaar gevangenisstraf.
Dit is gelas dat die vonnisse op aanklagte 3, 6 en 7 moet saamloop en samelopend uitgedien moet word met die vonnis wat op aanklag 2 opgelê is. Dit beteken dat 21 jaar effektiewe
gevangenisstraf opgelê is. Met verlof van die Hoofregter kom die appellant tans in hoër beroep na hierdie Hof teen
/5...
5
al sy skuldigbevindings sowel as die opgelegde vonnisse.
Ofskoon adv. Hertzog wat vir die appellant verskyn het se geskrewe betoogshoofde in twee bundels vervat is, het dit tydens sy betoog duidelik geword dat die appèl eintlik net oor drie aangeleenthede handel. Ek sal straks aan hulle aandag skenk.
Ek sal voortaan gerieflikheishalwe na die vader van appellant as "van der Merwe sr." verwys.
Op 2 September 1985 het dr. Malan, die Staatspatoloog, lykskouings op die lyke van Emanuel en van der Merwe sr. uitgevoer. Sy bevinding was dat Emanuel 'n snywond vanaf sy linkeroor om die voorkant van sy nek tot reg onder sy regter kaakhoek gehad het. Dit het gestrek
tot aan die nekwerwels met afsnyding van die nek se weefsels en groot bloedvate. Dit het feitlik daarop neergekom dat Emanuel se keel van oor tot oor afgesny is. Daar kon meer
/6....
6
as een sny gewees het. Die snywond kon veroorsaak gewees het deur die mes (Bewysstuk 1) wat 'n lem van ongeveer 1 voet lank het. Die snywond het 'n belemmering van asemhaling asook erge bloedverlies teweeggebring. Die oorsaak van dood was belemmering van asemhaling as gevolg van die snywond aan die nek.
Wat van der Merwe sr. betref, het dr. Malan vasgestel dat sy lyk verskeie ligte snywonde gehad het,nl aan die voorkant van die linkerskouer, aan die linkerkant van die voorkop van voor na agter asook 'n oppervlakkige snywond aan die nek vanaf die regteroor na voor en dan tot onder die linkerkaak. Daar was egter 'n steekwond wat deur die linkerlong
en die hoofslagaar gestrek het. Dit het erge bloeding veroorsaak. 'n Redelike mate van geweld was nodig om hierdie steekwond toe te dien. Die oorsaak van dood was bloedverlies weens hierdie steekwond in die borskas.
/7....
7
Maandagoggend 26 Augustus 1985 het Emanuel en sy minnares C. (wat op daardie stadium 'n getroude vrou was) die appellant met sy motorkar gaan haal toe die appellant onvoorwaardelik uit die gevangenis vrygelaat is nadat hy 4 jaar en 10 maande uitgedien het ten aansien van 'n vonnis van 6 jaar gevangenisstraf. Hierdie vonnis is hom in 1981 deur 'n streekshof opgelê vir verkragting van 'n vrou wat hy met 'n vuurwapen gedreig het en teenoor wie hy geweld toegepas het. Die appellant is ook in 1979 te Oudshoorn skuldig bevind aan diefstal van 'n motorkar asook diefstal van R6 waarvoor hy 'n vonnis van 2 ½ jaar gevangenisstraf opgelê is maar waarvan helfte voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort is. Toe Emanuel en C. daardie Maandagoggend die appellant na Penguinlaan 272 neem, was die appellant eintlik 'n patetiese mislukkeling. Hy was 31 jaar oud met 'n ietwat bo gemiddelde intellek maar hy het slegs standerd 6
/8....
8
skoolopleiding gehad. Hy was nie geskool vir enige nering nie. Hy het ongeveer 26 baantjies gehad voordat hy die 6 jaar gevangenisstraf opgelê is. Hy is kort van gestalte maar is fris gebou. Sy selfbeeld was egter swak. Hy het 'n pankop en geen botande nie. Hy het dagga gerook,
hy was semi-potent, hy het nooit goeie verhoudings met persone van die teenoorgestelde geslag gehad nie en hy het nog sy bed natgemaak. Hy het slegs R43 by hom gehad.
Die verhouding tussen die appellant en van der Merwe sr. was nooit goed nie. Van der Merwe sr. het ontken dat die appellant sy kind was. Die appellant het toe totdat hy 7 na 8 jaar oud was by sy oom Lion Fourie en sy tante (sy moeder se suster) gewoon. Daarna het hy
'n deel van sy jeugjare in die destydse Rhodesië deurgebring waar sy ouers gewoon het. Vir die afgelope 14 jaar voordat hy die vonnis van 6 jaar gevangenisstraf opgelê is, was hy
/9.....
9
nooit langer as 'n paar weke of maande by sy ouers aan huis nie. Van der Merwe sr. was 'n moeilike ou man. Hy was suinig en wou hê sy kinders moes swaar kry sodat hulle geld kon waardeer. Emanuel was 'n verkoopsman. Ofskoon hy met die binnekant van 'n gevangenis kennis gemaak het, was hy
'n suksesvolle sakeman. Hy het die huis te Penguinlaan 272 gekoop en ter beskikking van sy ouers gestel om daarin te woon. Soos verwag kon word, was Emanuel die oogappel van van der Merwe sr. Emanuel was geskei en sy seuntjie (Emanuel jr.) het saam met die familie in die huis gewoon. Johannes sy jonger broer, het ook daar gewoon. Daarbenewens het die 13 jarige Cathy Jansen en haar twee broertjies, Brian en Troy, ook in die huis gewoon. Hulle was die kinders van 'n oorlede suster van die appellant.
Gedurende die loop van daardie week sedert die terugkoms van die appellant het daar konflikte tussen
/10.....
10
hom en van der Merwe sr. ontstaan. Laasgenoemde het die appellant verwyt dat hy nie 'n werk het om geld te verdien nie. Sy moeder het beskermend teenoor die appellant opgetree soos sy altyd geneigd was om te doen. Daar was by tye spanning tussen die appellant en van der Merwe sr. maar wanneer laasgenoemde hom vloek, het die appellant nie teruggepraat nie maar weggestap. Die appellant was saggeaard en nie aggressief nie. Hy het veral goed oor die weg gekom met sy oorlede suster se kinders. Van der Merwe sr. het die appellant se plan om 'n rotstuintjie aan te lê, kras veroordeel. Daar was ook gemoedelike oomblikke tussen hulle soos bv toe van der Merwe' sr. hom sy nuwe vuurwapen gewys het. So ook toe hulle saam winkel toe gestap het en appellant vir die gesin lekkers gaan koop het.
Bewysstuk "F" (band 15 p.1361) is 'n sketsplan
van die huis te Penguinlaan 272. Aan die regterkant onder
/11.....
11
is die slaapkamer van die appellant en Troy Jansen. Links daarvan is die sitkamer terwyl die kombuis links van die sitkamer is. Links van die kombuis is die badkamer, en 'n toilet. Aan die regterkant bokant die appellant en Troy Jansen se slaapkamer is die slaapkamer van Johannes en Brian Jansen. Links van laasgenoemde slaapkamer is die eetkamer gevolg van regs na links deur Emanuel se slaapkamer, Cathy en Emanuel jr. se slaapkamer en dan die hoofslaapkamer van die appellant se ouers. Vanuit die eetkamer loop 'n gang na die hoofslaapkamer.
Die strekking van die aanvaarbare getuienis van die appellant se moeder, Cathy Jansen en C. wat vir die Staat getuig het oor die tragiese gebeurtenisse vroeg die oggend van Saterdag 31 Augustus 1985 was kortliks soos volg. Tussen 10 en 10.30 nm. het die appellant se ouers in die hoofslaapkamer gaan slaap. Cathy het tot na 12 nm.
/12.....
12
in die sitkamer na televisie gekyk. Daarna is sy na haar slaapkamer waar sy en Emanuel jr. gesels het totdat hulle aan die slaap geraak het. Die ganglig het die hele nag gebrand. Sy kon tot in die kombuis sien. Sy het die appellant gesien toe hy uit Emanuel se slaapkamer kom en na die kombuis gaan waar hy 'n bier geneem het. Die appellant is eers na sy slaapkamer en toe terug na Emanuel se slaapkamer.
Sowat 5 minute later kom hy uit Emanuel se slaapkamer en gaan na die kombuis. Hy staan langs die yskas en kyk na haar slaapkamer. Sy hoor hoe 'n laai van die messekas oopgemaak
word, iets daaruit geneem word en weer toegemaak word.
Die appellant het die kombuis verlaat en na sy slaapkamer gegaan terwyl hy iets aan sy regtersy gehou het 'n Rukkie later gewaar sy die appellant toe hy haar slaapkamer betree.
Hy het 'n handdoek om sy middellyf gedra. Hy het gesê Emanuel jr. het net so 'n groot mond soos sy pa. Hy is toe na die
/13......
13
badkamer. Sy het toe aan die slaap geraak. Cathy se getuienis is belangrik met die oog op die appellant se getuienis oor die "rock of fool's gold" waarvan ek nog melding sal maak.
C. se relaas is dat die appellant die Vrydagaand 30 Augustus 1985 by haar en Emanuel in laasgenoemde se slaapkamer was. Hulle het gesit en gesels. Die appellant het 'n "dumpy" bier gedrink. Hy het 'n klein plastiese sakkie dagga gaan haal en toe 'n daggasigaret gedraai wat hulle gerook het. Emanuel het vaak gevoel. Die appellant was egter nie vaak nie. Hy wou gesels. Hy was baie rusteloos en opgewonde. Sy wou slaap en toe verlaat die appellant die slaapkamer. Sy en Emanuel het in dieselfde bed geslaap.
Die volgende gebeurtenis is toe C. wakker word as gevolg van 'n roggelgeluid van Emanuel. Sy
/14....
14
sien die appellant sit op die bed by Emanuel en was besig om Emanuel se keel met 'n lang vleismes (Bewysstuk 2) af te sny. Emanuel het die lamp van die tafeltjie gegryp en dit teen die muur gestamp. Sy het geskree, opgespring en die lig aangeskakel. Die appellant hardloop om die bed en stamp haar met die mes se hef in haar mond om op te hou om te gil. Die goudvulsel uit haar tand het uitgeval. Die appellant se ouers het toe die kamer binnegekom. Die appellant sê toe vir hulle: "Don't worry, it is only Emanuel, he does not feel well." Sy het padgegee na die gang en later toe sien sy van der Merwe sr. lê op die vloer in die gang en roggel terwyl daar bloed agter sy skouer was.
Dit was gemene saak dat die appellant 'n pet op sy kop gedra het toe hy die misdade in die huis gepleeg het. Mev. van der Merwe en van der Merwe sr. het as gevolg van 'n geskree wat net C. s'n kon wees, opgespring
/15....
15
en na Emanuel se slaapkamer gehaas. In die slaapkamer het Emanuel op die bed gelê. Die appellant het langs die bed gestaan en C. het by die lig gestaan. Dit het vir haar gelyk of Emanuel se keel afgesny is. Die appellant het opgemerk: "Emanuel got hurt, we must get help." Sy het toe na die kombuis gehardloop. Sy kon nie die kombuisdeur oopmaak nie. Die appellant het in die kombuis gekom en haar gewaarsku om nie iets te probeer nie anders maak hy haar dood. Hy het haar in die gang geneem en digby Cathy se slaapkamer het van der Merwe sr. na hulle gestap. Toe sy haar hande na laasgenoemde uitsteek, waarsku die appellant haar: "Don't touch the dog." Van der Merwe sr. het toe in die gang geval en bly lê. Sy het bloed agter sy rug gesien.
Intussen het Cathy wakker geword. Sy het vanuit haar slaapkamer gesien hoe die appellant in die
/16....
16
gang vir van der Merwe sr. in sy rug steek. Sy het geskree. Van der Merwe sr. hardloop haar kamer binne. Na 'n rukkie het van der Merwe sr. weer na die gang gegaan waar hy neergeval het. Die appellant en mev. van der Merwe het nader gestap in die gang. Sy hoor die appellant sê vir mev. van der Merwe: "Don't touch that dog." Die appellant het Cathy gewaarsku om stil te bly anders maak hy haar dood. Daarna het die appellant vir mev. van der Merwe sowel as C. na Cathy se slaapkamer gebring. Emanuel jr. het geslaap.
Terwyl mev. van der Merwe, C. En Cathy in laasgenoemde se slaapkamer was, het die appellant by sy moeder die sleutels van sy vader se kas in die hoofslaapkamer gekry. Hy het teruggekom met sy vader se vuurwapen en 'n paar handboeie. Hy het C. en Cathy met toue vasgemaak. Hy het sy vader se lyk in Cathy se slaapkamer ingesleep. Daarna het hy sy moeder, C.
/17....
17
en Cathy na die hoofslaapkamer geneem. Hy het gesê: "Time is running out."
Die gebeurtenis in die hoofslaapkamer kan baie kortliks vermeld word. Mev. van der Merwe se hande is geboei en sy is beveel om op die bed te lê en na die venster te kyk. C. moes op die vloer lê en Cathy moes by haar kniel. Die appellant het die vuurwapen, 'n groot mes en twee knuppels by hom gehad. Hy het gedreig om 'n knuppel in C. se private dele te steek. Hy het haar toe verkrag. Hy het haar ook gedreig om haar dood te maak indien sy private orgaan weer uit haar glip. Sy was bang en het versoek dat hy haar hande' lossny. Hy het dit gedoen en sy het hom tot 'n mate gehelp maar sy het nie toegestem nie. Hy het met haar volle gemeenskap gehad terwyl Cathy haar moes soen.
Daarna het hy die boeie van sy moeder se hande losgemaak. Dit was toe tien minute voor ses-uur. Die appellant was
/18....
18
kalmer maar nog gespanne. Hy het telkens die gordyne oopgemaak om na buite te kyk. Sy moeder het hom daarop gewys dat hy reeds twee persone gedood het en dat hy nie meer persone moes doodmaak nie. Die appellant was spyt dat hy Emanuel gedood het maar nie dat hy van der Merwe sr. gedood het nie. Hy het gesê hy sal gehang word. Hy het toe met sy moeder oor assuransiepolisse vir haar onderhoud gepraat. Hy was onseker of hy homself om die lewe moes bring of nie. Sy het hom daarop gewys dat sy die polisie moes gaan vertel wat gebeur het. Sy het hom aangeraai om Rl 700 kontant van van der Merwe sr. uit die kas te neem en weg te gaan. Sy het toe vir Johannes ontbyt gemaak en daarin geslaag om met Cathy, Brian en Troy die huis te verlaat en na die polisie te gaan.
Die appellant het Emanuel se motorkar geneem en C. gedwing om saam met hom te gaan. Hulle het na Silkaatsnek Reservaat gery. Hy het steeds die vuurwapen
/19.....
19
by hom gehad. Hy het dit teen haar kop gehou terwyl hy weer met haar geslagsverkeer in die motorkar gehad het. C. het gehuil en nie toegestem nie. Toe hulle terugry, het hulle die polisie in Danville teengekom. Die appellant wou van haar weet of hy homself moes doodskiet of oorgee.
Sy het hom aangeraai om homself oor te gee. Hy het haar die vuurwapen gegee. Sy het daarmee uitgespring en gehardloop. Die appellant is gearresteer. Die vuurwapen (Bewysstuk 3) en die ammunisie (Bewysstuk 10) is beslag op gelê. In die appellant se besit is R1 482-43 gevind. C. was in 'n erge geskokte toestand volgens luitenant de Bruin. Die appellant het baie senuweeagtig en bang vir hom voorgekom. In sy hoofgetuienis het de Bruin soos volg getuig nadat hy die twee klagtes van moord en twee klagtes van verkragting aan die appellant gestel het:
/20....
20
"Die beskuldigde deel my mee dat hy wel aanspreeklik is vir die dood van sy vader en sy broer. Hy het sy vader gehaat omdat sy vader hom van kleinsaf gehaat het. Ek het hom gevra om watter rede hy sy broer se keel afgesny het. Hy het geen antwoord daarop gehad nie. Hy kon ook geen rede gegee het hoekom hy die klaagster, mev. L., aangerand en haar verkrag het nie." (Band 4 p. 296).
Hy het die appellant na Penguinlaan 272 geneem waar die appellant aan hom die stompie van 'n daggasigaret in 'n snippermandjie in Emanuel se slaapkamer gewys het asook die messe, knopkieries en toue wat as bewysstukke ingehandig is.
Daar sal bemerk word dat daar in die getuienis vir die Staat 'n lacuna is vanaf die tydstip na middernag toe Cathy aan die slaapgeraak het totdat C. die appellant gesien het terwyl hy besig was om Emanuel se
/21......
21
keel af te sny.
Vrydag 30 Augustus 1985 terwyl Emanuel gewerk het, het die appellant en C. heelwat tyd in mekaar se geselskap deurgebring. Die appellant het selfs by haar toenadering gesoek maar sy het hom afgewys. Wat vir hom as 'n besonder sensitiewe persoon diep getref het, was haar vraag aan hom: "What is wrong with you ?" Hierdie vraag het as tema gedien vir die geskrif (Bewysstuk L 1 A) wat hom tot introspeksie gedwing het omdat hy dit as "a kick between the legs" opgeneem het. "So mentally, physically and spiritually I am ruined." Hy spreek die dreigement uit teenoor C.: "I'll for once in my life truly rape her!" Hy verlang na die dood en is van voorneme om daarin te slaag om homself te dood. Dit was 'n brief aan homself. Bewysstuk L 1 B is 'n brief wat hy aan Emanuel geskryf het maar nooit aan Emanuel oorhandig het nie. Daarin verwys hy na dieselfde
/22.....
22
tema: "Your broad surely told me off today." Verder: "Mentally, spiritually and physically I have something wrong with me." En ook: "Through & through l'm a failure 1" Hy is 'n lafaard en wil 'n einde aan sy lewe maak.
Die appellant het getuig dat hy Bewysstuk L 1 A en B gedurende Vrydagoggend 30 Augustus 1985 geskryf het terwyl die Verhoorhof geneë was om te aanvaar dat hy genoeg tyd gehad het om die twee geskrifte te skryf gedurende die tydperk vroeg Saterdagoggend waarna ek as die lacuna verwys het. Al wat met sekerheid aanvaar kan word, is dat hy
die twee geskrifte geskryf het nadat hy die gesprek met C.
die Vrydagoggend gehad het en voordat hy begin het om Emanuel
te dood.
In sy getuienis het die appellant verduidelik
hoe hy hom besig gehou het gedurende die tydperk van die lacuna.
Hy het op die vensterbank in sy kamer 'n "rock of fool's gold"
/23......
23
met 'n deursnit van ongeveer 6 duim in die maanlig sien glinster. Dit het hom gefassineer. Hy het die gedagte gekry om almal in die huis te dood, die huis af te brand en homself om die lewe te bring. Hy het die klip geneem en na sy broer Johannes se slaapkamer gegaan maar hy kon nóg Johannes nog Brian Jansen daarmee aanrand. So ook vir Troy Jansen in sy eie slaapkamer. Hy is toe met die klip na die hoofslaapkamer om sy vader daarmee te dood en selfs sy moeder indien sy wakker word. Hy kon egter nie die doodslag pleeg nie. Hy kon homself nie daartoe kry om Cathy se slaapkamer te betree nie. Hy het Emanuel se slaapkamer binnegegaan maar kon geen doodslag pleeg nie.
y is 'n tweede keer na Johannes se slaapkamer. Daar het hy die kombers oor Brian Jansen se kop getrek om nie te sien nie maar hy kon nie die aanrandingsdaad pleeg nie. Daarna het hy 'n knuppel in die eetkamer gekry. In die kombuis het hy twee messe geneem. Met hierdie wapens het hy Johannes
/24.....
24
se slaapkamer en die hoofslaapkamer betree sonder om iets te verrig. Hy is met die skerp mes na Emanuel se slaapkamer. In kruisondervraging het hy verklaar dat hy Emanuel se slaapkamer betree het met die bedoeling om hom dood te maak (Band 7 p. 574). In die slaapkamer het hy oorweeg om te steek of te sny. Hy het moeg gevoel en het lus gehad om te gaan slaap. Emanuel het op daardie stadium in sy slaap omgedraai en gehyg. Toe het hy begin om Emanuel aan sy keel te sny. Hy het geen bloed gesien nie. Émanuel skree: "You did it, why ? No." Hy het voortgegaan om Emanuel aan sy keel te sny.
Hy weet nie hoeveel snye nie. In kruisondervraging het die appellant toegegee dat hy stap vir stap kon verduidelik wat in Emanuel se slaapkamer gebeur het (Band 6 p. 574). Desnietemin kon hy nie verduidelik waarom hy Emanuel se keel gesny het nie (Band 6 pp. 520,522, Band 7 p. 592). Hy het ontken dat hy dit gedoen het omdat Emanuel sy vader se oogappel
/25.....
25
was (Band 7 p. 592).
Toe sy ouers die slaapkamer van Emanuel binnekom, het die appellant gesien dat sy vader niks in sy hande gehad het nie (Band 7 p. 575). Hy het wel daaraan gedink dat sy vader sy vuurwapen by hom kon gehad het (Band 6 p. 543). Iemand het opgemerk dat Emanuel dood is.
Toe sy vader omdraai na hom het hy sy vader aan sy keel gesny maar hy weet nie waarom nie. In die kamerdeur of in die gang het hy sy vader in sy rug met die mes gesteek. Hy het ook beweer dat toe sy vader in die gang val, het hy na hom gehaas en by hom gekniel om te sien wat verkeerd is (Band 6 p. 526, Band 7 p. 576). Hierdie bewering word nie deur die ander ooggetuies gestaaf nie en moet as onwaar verwerp word veral in die lig van die appellant se haat teenoor van der Merwe sr. Insgelyks moet sy ontkenning dat hy ooit sou gesê het: "Don't touch the dog" as onwaar verwerp word.
/26
26
Hy het ook verduidelik dat hy die lyk van van der Merwe sr. vanuit die gang na Cathy se slaapkamer geneem het sodat dit nie gesien word deur ander lede van die gesin wanneer hulle wakker word om na die toilet te gaan nie (Band 6 p. 527).
Behalwe vir die feit dat hy van voorneme was om 'n seksorgie in die hoofslaapkamer te hou toe hy sy moeder, C. en Cathy daarheen geneem het en dat hy ook na pornografiese fotos gekyk het, het sy getuienis niks noemenswaardig van betekenis oor die gebeure in die hoofslaapkamer opgelewer nie. Ek sal straks met die twee beweerde verkragtings van C. handel.
Na sy arrestasie het die appellant Bewysstukke L2 , L3 , L4 , L5 en L6 geskryf. Hulle was 'n koningsdis vir psigiaters. Bewysstuk L4 het as konsep vir sy getuienis in die verhoor gedien. Daarin het hy vir die
/27.....
27
eerste keer melding van sy optrede met die "rock of fool's
gold" gemaak. Na my oordeel het die Verhoorhof tereg sy getuienis oor die "rock of fool's gold" verwerp. Dit is onteenseglik 'n verdigsel wat in pure fantasie omhul is. Die appellant het geen vermelding daarvan aan de Bruin gemaak nie. Toe hy de Bruin na Penguinlaan 272 vergesel het om die toneel en bewysstukke uit te wys, het hy ook nie melding van die "rock of fool's gold" gemaak nie. Insgelyks het die appellant toe hy op 2 September 1985 sy pleit van skuldig in terme van art. 112 van Strafproseswet 51 van 1977 voor
'n landdros besonderhede verstrek het van die misdade hom ten laste gelê sonder om enige melding van die "rock of fool's gold" te maak. Raadpleeg Bewysstuk B (Band 14 p.1321-1324). Bowendien sou die appellant met die "rock of fool's gold" van kamer na kamcr beweeg het voordat hy die twee messe in die kombuis geneem het. Dog Cathy het gehoor toe hy iets
/28.......
28
in die kombuis neem. Gevolglik was sy nog wakker en moes sy hom gesien het toe hy met die "rock of fool's gold" in die gang geloop het (volgens sy relaas) maar sy het geen melding
daarvan gemaak nie. Dit is ook nie in kruisondervraging aan haar gestel nie. Ek het ook reeds gewys op ander aspekte van die appellant se getuienis wat onwaar is. Hierdie aspekte
was ook vervat in Bewysstuk L4 . Ongelukkig het die psigiatriese deskundiges hul bevindinge gebaseer op sy ongekwalifiseerde getuienis in Bewysstuk L4 voordat die Verhoorhof uitspraak oor die meriete gegee het.
As eerste aangeleentheid wat voor hierdie Hof geargumehteer is, behandel ek die toerekeningsvatbaarheid van die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade. Daar is 'n weerlegbare vermoede dat elke persoon wat sy geestes-vermoëns betref, normaal is. Derhalwe rus die bewyslas op 'n beskudigde om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys
/29......
29
dat hy ten tyde van die pleeg van die misdaad aan 'n qeestesongesteldheid of 'n geestesgebrek gely het sodat hy ontoerekeningsvatbaar was. Dit is erkende reg. Raadpleeg Rex v Kennedy, 1951(4) SA 431 (A) op p. 435 E-G, Rex v Harris, 1965(2) SA 340 (A) op pp. 345 G-H, 364 C. Daar word onderskei tussen drie soorte funksies van 'n persoon se geestesvermoëns, nl.
1. die kognitiewe funksie (cognitive function) slaan op
'n persoon se intellek wat hom in staat stel om waar te neem, te dink, te begryp, insig te hê. Dit is n
onderskeidingsvermoë om die regmatigheid of onregmatig-
heid van sy handeling in te sien. Hy kan tussen reg en verkeerd onderskei sodat hy kan besef dat hy weder-regtelik optree.
2. die
konatiewe funksie (conative or volitional function)
het
betrekking op 'n persoon se wil. Dit is die vermoë
/30.......
30
om 'n wilsbesluit te neem deur 'n vrye keuse te maak om regmatig of onregmatig te handel onderworpe aan sy wil (wilsbeheervermoë). Dit word ook weerstandsvermoë genoem omdat dit die vermoë insluit om weerstand te bied teen die versoeking om wederregtelik te handel. 3. die affektiewe funksie (affective function) het be-trekking op 'n persoon se emosies of gevoelslewe, soos haat, woede, jaloesie ens.
Vergelyk Snyman, Strafreg, 2e uitgawe, p. 172-173. Waar hierdie drie funksies harmonieus en geïntegreerd in 'n persoon funksioneer, het ons te doen met psigiese normaliteit.
So 'n persoon is regtens normaal en dus toerekeningsvatbaar. Ontoerekeningsvatbaarheid word deur die Wetgewer in art. 78(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 soos volg gereël:
"Iemand wat 'n handeling verrig wat 'n misdryf
/31.....
31
uitmaak, en wat ten tyde van so 'n verrigting aan 'n geestesongesteldheid of geestesgebrek ly wat tot gevolg het dat hy nie oor die vermoë beskik
om die ongeoorloofdheid van sy handeling te besef nie; of
om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van sy handeling op te tree nie,
is nie vir so 'n handeling strafregtelik toerekenbaar nie."
Art 78(1)(a) het betrekking op die kognitiewe funksie, d.w.s. op die onderskeidingsvermoë, terwyl art 78(1)(b) op die konatiewe fuhksie, d.w.s. op die wilsbeheervermoë (of weerstandsvermoë), dui waar die betrokke persoon aan 'n geestesongesteldheid of geestesgebrek ten tyde van die verrigting van die betrokke handeling ly. Dit is opvallend dat die Wetgewer die affektiewe funksie geheel en al negeer by die toetse vir ontoerekeningsvatbaarheid. Sedertdien is daar
/32......
32
'n neiging in die moderne psigiatrie te bespeur wat 'n groter rol aan die affektiewe funksie by die toetse vir ontoerekeningsvatbaarheid wil toeken.
Weliswaar omskryf die Wetgewer nie die begrippe 'geesteson-gesteldheid' of 'geestesgebrek' nie maar volgens ons regspraak dui dit op 'n sieklike of patologiese versteuring van die geestes-vermoëns wat van 'n permanente of tydelike aard kan wees. Raadpleeg S v Mahlinza, 1967(1) SA 408 (A) op p. 417 D-E. Bevind 'n verhoorhof dat 'n beskuldigde ten tyde van die pleeg van die misdaad vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek ontoerekeningsvatbaar was dan word hy in terme van art 78(6) van die Strafproseswet 51 van 1977 tot 'n pasient van die Staatspresident verklaar. 'n Verklaring tot pasient van die Staatspresident moet egter nie verwar word met sertifiseerbaarheid ingevolge die Wet op Geestesgesondheid
/33.....
33
18 van 1973 nie. Raadpleeg S v Mnyanda, 1976(2) SA 751
(A) op p. 764 F.
Dit is ook moontlik dat 'n beskuldigde ten tyde van die pleeg van 'n misdaad ontoerekeningsvatbaar was weens 'n nie-patologiese toestand van 'n tydelike aard. In so 'n geval het hy weens 'n nie-patologiese toestand nie onderskeidingsvermoë of wilsbeheervermoë (of weerstandsvermoe) gehad nie. Hy was dan tydelik ontoerekeningsvatbaar ofskoon dit nie aan 'n patologiese geestesongesteldheid ofgeestesgebrek gewyt kan word nie. Raadpleeg S v Laubscher, 1988(1) SA 163 (A) op p. 167 F-G. Die afwesigheid van 'n patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek bring mee dat hy nie in terme van art. 78 (6) van die Strafproseswet 51 van 1977 tot 'n pasient van die Staatspresident verklaar kan word nie.
/34....
34
In die onderhawige geval is die appellant op 2 September 1985 deur 'n landdros in terme van art. 78(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 na Weskoppies Hospitaal verwys vir observasie en ondersoek na sy geestestoestand ten tyde van die beweerde misdade. Op 30 September 1985 het dr. Verster (Hofpsigiater) en dr. le Roux (Staatspsigiater) ingevolge art. 79(1)(b) 'n eerste psigiatriese verslag (Bewysstuk A band 14 p. 1305-1306) uitgebring. Hul psigiatriese diagnose van die appellant was antisosiale persoonlikheidsversteuring met ook skisosïede en paranoïede trekke. Volgens hulle was die appellant in staat om hofverrigtinge te volg en na behore tot sy verdediging mee te werk. Hulle het verder die volgende bevind:
"Ten tyde van die beweerde misdrywe was hy volgens die beskikbare informasie nie deur 'n geestesversteuring dermate versteurd
/35
35
gewees, dat hy nie die ongeoorloofdheid van sy handelinge kon besef nie. As bogenoemde persoonlikheidsversteuring, sy omstandighede en die moontlikheid dat hy onder die invloed van dagga was, in ag geneem word, was hy waarskynlik minder in staat om volgens genoemde besef te handel."
Op 8 April 1986 het dr. Porten, psigiater vir die appellant, sy eerste psigiatriese verslag (Bewystuk D , band 14 p. 1330-1333) uitgebring. Sy diagnose van die
appellant was : "Schizotypal and borderline personality disorder (borderline símple, latent, pseudoneurotic schizophrenia.) Dagga intoxication." Die schizophrenia het hy bestempel as synde "of the least malignant end of the spectrum." Die appellant se antisosiale gedrag het
hy nie aan "anti-social personality" toegeskryf nie maar
/36
36
aan "the consequence of his illness." Sy mening was die volgende: "He has disturbances of perception, cognition, affect, conation and volition." Sy gevolgtrekking was:
"1. The possibility exists that the accused will not be able to conduct his defence rationally. 2. At the time of the alleged crime the
accused most probably was not responsible
for his actions as the result of mental illness."
Toe die verhoor aanvanklik voor ESSELEN R en twee assessore op 16 April 1986 gedien het, het adv. Hertzog beweer dat hy geen samehangende instruksies van die appellant kon kry nie. Daar het ook reeds 8 maande verloop sedert dr. Verster en dr. le Roux hul verslag opgestel het. ESSELEN R het die verhoor uitgestel en die appellant verwys na Weskoppies Hospitaal vir observasie en ondersoek ingevolge
/37
37
arts. 77(1) en 78(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 deur die Geneeskundige Superintendent van Weskoppies Hospitaal, dr. Verster en dr. Porten ten einde hul psigiatriese verslae oor die geestestoestand van die appellant so gou as moontlik uit te bring.
Op 19 Mei 1986 is 'n tweede psigiatriese verslag (Bewysstuk C, band 14 p. 1328-1329) deur dr. Verster en dr. le Roux uitgebring. Hulle het ook gebruik gemaak van die appellant se handgeskrewe notas soos vervat in Bewysstukke L2 tot L6 . Raadpleeg band 1 p. 57. Die inhoud van Bewysstuk C was in werklikheid presies dieselfde as bewysstuk A s'n behalwe vir 'n klein verandering in bewoording. Waar daar in Bewysstuk A verwys is na die appellant se anti-sosiale persoonlikheidsversteuring met ook skisoïede en paranoïede trekke is dit in Bewysstuk C vervang deur persoonlikheids-
/38
38
versteuring van gemengde aard met o.a. anti-sosiale, skisoïede en paranoïede trekke. Hierdie verandering is eintlik gedoen, soos dr. Verster in sy getuienis verduidelik het, om aan te pas by die terminologie van die D S M 111 (Diagnostic and Statistical Manual of Medical Disorders, uitgegee deur die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging) wat tans algemeen deur psigiaters in Suid-Afrika gebruik word. Verder is die persoonlikheidsversteuring wat Bewysstukke A en C meld nie 'n patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek waarna
arts. 77, 78 en 79 van die Strafproseswet 51 van 1977 verwys nie (Band 1 p. 30). Die appellant toon trekke asof hy psigoties is maar in werklikheid is hy dit nie (Band 1 p.
31,33). (Psigoties beteken om aan 'n patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek te ly. Psigotiese toestand het 'n dienooreenkomstige betekenis). Die slotsom
/39
39
was dat die appellant wel in staat was om hofverrigtinge te volg en om na behore tot sy eie verdediging mee te werk.
Die appellant het onderskeidingsvermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei ten tyde van die pleeg van die misdade.
Dr. Porten het op 30 Mei 1986 sy tweede psigiatriese verslag (Bewysstuk D , band 14 p. 1334) uitgebring wat in samehang met sy eerste psigiatriese verslag (Bewysstuk D , band 14 p 1330-1333) gelees moet word. Hy handhaaf sy vroeëre diagnose en kom tot die volgende gevolgtrekke:
"1. If it is acceptable to the Court that the accused can follow the factual proceedings and can give to the Court the concrete details of the alleged crimes then the accused can stand trial. 2. At the time of the alleged crime, the
accused could not appreciate the wrongfulness of his action and/or could not act in
/40
40 accordance with such appreciation."
Hy het dus 'n gekwalifiseerde opvatting gehuldig oor die vraag of die appellant in staat was om hofverrigtinge te volg en om na behore tot sy eie verdediging mee te werk. Verder het hy tot die slotsom gekom dat die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade nie die onderskeidingsvermoë en/of die wilsbeheervermoë gehad het nie. Volgens hom was die appellant derhalwe ontoerekeningsvatbaar.
Die appellant het by die aanvang van die verhoor op 11 Augustus 1986 voor STRYDOM R en twee assessore aangedui dat hy verstaan wat in die Hof aangaan. Die Verhoorhof het na oorweging van die psigiatriese verslae asook die getuienis van dr. Verster en dr. Porten tereg tot die eenparige bevinding gekom dat die appellant wel oor die vermoe beskik om die hofverrigtinge dermate te begryp dat hy sy
/41
41
verdediging na behore kan voer. Trouens dit blyk uit die lang oorkonde van die verhoor wat bykans drie weke geduur het dat die appellant telkens in staat was om adv. Hertzog instruksies te gee. Adv. Hertzog het dan ook tereg sy skriftelike submissie dat die Verhoorhof in sy genoemde bevinding fouteer het, laat vaar.
Wat betref die appellant se geestestoestand ten tyde van die pleeg van die misdade, het dr. Verster en dr. le Roux op versoek van die Verhoorhof 'n verkorte gesamentlike psigiatriese verslag (Bewysstuk P band 17 p. 1584-1587) uitgebring. Ongelukkig is dit opgestel voordat die aanklaer, adv. de Beer, die appellant onder kruisondervraging geneem het. Ek verkies derhalwe om te verwys na die psigiatriese diagnose deur dr. Verster en dr. le Roux, soos blyk uit hul
/42
42
getuienis wat afgelê is nadat die appellant en sy getuies getuig het. Ek vind dit net jammer dat die Verhoorregter en die advokate nie die feit voor oë gehou het nie dat die 'geestesongesteldheid' of 'geestesgebrek' waarna art 78(1)(a) van die Strafproseswet 51 van 1977 verwys 'n sieklike of patologiese versteuring van die geestesvermoëns van 'n permanente of tydelike aard is, soos ek supra aangetoon het.
Dr. Verster het as hofpsigiater getuig dat die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade wel sy kognitiewe en konatiewe funksies gehad het sodat hy wel onderskeidingsvermoë sowel as wilsbeheervermoë gehad het. Die appellant het wel sekere persoonlikheidsafwykings of persoonlikheidsversteurings getoon, soos vermeld in Bewysstukke A en C, maar hulle kom nie neer op 'n geestesversteuring nie sodat die appellant nie psigoties was nie. Die appellant
/43
43
was derhalwe nie ontoerekeningsvatbaar nie. Hy kon nie tot 'n pasient van die Staatspresident verklaar word nie. Dit is duidelik af te lei uit dr. Verster se getuienis dat volgens sy psigiatriese diagnose die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade nie aan 'n patologiese geestesgebrek of geestesongesteldheid gely het nie sodat die appellant wel toerekeningsvatbaar was. Dr. Verster het ook getuig dat die appellant tot 'n mate verminderd toerekeningsvatbaar was ten tyde van die pleeg van die misdade deurdat daar 'n vermindering in sy vermoë was om sy wil te beheer (d.w.s sy wilsbeheerver'moe) weens emosïonele aspekte (d.w.s. affektiewe aspekte) soos sy gevoelens, sy frustasies, sy interpersoonlike verhoudings (Band 8 p. 697; band 9 pp. 765, 812, 818, 819; band 10 p. 932). Hierdie verminderde toerekeningsvatbaarheid was nie die gevolg van 'n geestesongesteldheid of 'n geestesgebrek
/44
44
nie (Band 9 p. 772).
In haar getuienis as staatspsigiatriese van Weskoppies Hospitaal het dr. le Roux met die bevindinge en diagnose deur dr. Verster ten aansien van die appellant saamgestem. Sy het die toegewing gemaak dat daar, soos dr. Porten beweer, skisotipiese "borderline", paranoïede, anti-sosiale skisoiede karaktertrekke by die appellant teenwoordig is (Band 10 pp. 914, 915, 920). Die feit bly egter dat sy en dr. Verster daardie karaktertrekke genoem het wat vir hulle die mees prominente was terwyl dr. Porten
dié genoem hét wat vir hom die mees prominente was (Band 10
p. 919). Háar en dr. Verster se diagnose bly 'n persoonlik-heidsversteuring van 'n gemengde aard met verskillende karaktertrekke, soos in hul gesamentlike psigiatriese verslae aan die Hof vermeld (Band 10 p. 919). Volgens haar was
/45
45
die appellant nie psigoties ten tyde van die pleeg van die misdade nie (Band 10 p. 927). Vir haar is 'n persoon psigoties indien hy uit kontak met die realiteit is (Band 10 p. 917). Sy meen egter dat daar wel 'n mate van vermindêring van sy vermoë om homself te weerhou, was (Band 10 p. 927). (Dit beteken dat daar 'n mate van vermindering van sy weerstandsvermoë was).
Dr. Porten, die verdediging se psigiater, het met die kliniese sielkundige, dr. Carnie, 'n gesamentlike verslag (Bewysstuk Q Band 17 p. 1588-1591) opgestel. Daarin was hul diagnose van die appellant volgens D S M 111 se terme "Schizotypal Personality Disorder" en "Borderline Personality Disorder" terwyl "Schizotypal" sinoniem met "Simple Schizophrenia" was. In sy getuienis het hy die volgende verduideliking gegee:
/46
46
"Now in schizoid and borderline personality disorder a person hovering between darkness and light, between psychosis, between insanity, and sanity, and that is a very grey area, where even at the best person is malfunctioning in life, but it is very often due to susceptibility of such person to the stresses, with this person moving further for a short while from this borderline between sanity and insanity deeper into insanity." (Band 10 p. 937).
Ofskoon hy basies met dieselfde simptone as dr. Verster en dr. le Roux handel, verskil sy diagnose van hul sh. Vir hom is 'n persoon psigoties indien hy uit kontak met die realiteit
is (Band 10 p. 945 - 946). Volgens hom was die appellant vanaf die middel van Vrydag 30 Augustus 1985 tot sy arrestasie op Saterdag 31 Augustus 1985 tydelik psigoties (Band 10 p.946). In kruïsondervraging het hy dit gestel vanaf Vrydag 9 nm.
/47
47
tot Saterdag na die eerste verkragting (Band 11 pp.1000, 1012, 1044) sodat hy nie meer psigoties was toe die tweede verkragting plaasgevind het nie (Band 11 pp. 1001, 1032, 1046). Die appellant was matig psigoties met matige versteurings van al sy funksies toe hy die misdade gepleeg het met uitsondering van die tweede verkragting (Band 11 pp.1000, 1024, 1045). Die appellant het nie die vermoë gehad om tussen reg en verkeerd te onderskei nie (Band 11 pp. 996, 989, 991). Dit beteken dat die appellant vanweë 'n patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek nie onderskeidingsvermoë gehad het nie. Insgelyks het die appellant nie die "capacity for control" en "for full appreciation" gehad nie d.w.s. die wilsbeheervermoë het ontbreek (Band 10 pp. 938, 939, Band 11 p. 1016). Volgens hom was die appellant derhalwe tydelik ontoerekeningsvatbaar behalwe tydens die pleeg van
/48
48
die tweede verkragting.
Dr. Carnie het op 14 April 1986 'n verslag oor die appellant opgestel (Bewysstuk M Band 17 p. 1556 -
1572). In sy getuienis het hy die bevindings en kommentaar van dr. Porten onderskryf (Band 12 p. 1072). Volgens hom het die appellant nie 'n onderskeidingsvermoë gehad nie (Band 12 p. 1072). Die appellant het ook nie die wilsbeheervermoë gehad nie (Band 12 pp. 1075, 1082, 1116). Die gevolg is dat die appellant tydelik ontoerekeningsvatbaar was. Dit is interessant dat hy die moontlikheid insien dat die appellant
die twee geskrifte, bekend as Bewysstuk L1 , kon geskryf het voordat hy Saterdagoggend die moorde gepleeg het (Band 12 pp. 1087, 1091 - 1092).
Die Verhoorhof het homself in die posisie bevind dat die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade
/49
49
volgens dr. Verster en dr. le Roux toerekeningsvatbaar was terwyl hy volgens die getuienis van dr. Porten, gesteun deur dr. Carnie, tydelik ontoerekeningsvatbaar was (behalwe toe die tweede verkragting gepleeg is volgens dr. Porten). Volkome tereg het die Verhoorhof die standpunt ingeneem dat dit vir hom nie moontlik was om aan die hand van die deskundige getuienis die geskilpunt oor die toerekeningsvatbarheid of ontoerekenings-vatbaarheid van die appellant te beslis nie (Band 13 pp. 1191, 1192). Die Verhoorhof was nie in staat om te oordeel watter psigiatriese of sielkundige getuienis aanvaarbaar is nie. Met ander woorde, dit was nie in staat om die tweespalt tussen die psigiaters en kliniese sielkundige getuies op te los nie. 'n Geregshof is nie 'n hof van psigiatrie om psigiatriese probleme op te los nie. Hoe nuttig psigiatriese getuienis i.v.m. 'n beskuldigde se geestestoestand soms ookal
/50
50
mag wees, is 'n geregshof nie verplig om dit te aanvaar nie. Art. 78 (4) van die Strafproseswet 51 van 1977 bepaal dan ook uitdruklik dat waar die bevinding van 'n paneeï van psigiaters nie eenparig is nie, of waar die bevinding bestry word, die hof die aangeleentheid i.v.m. ontoerekenings-vatbaarheid na die aanhoor van getuienis moet beslis. Raadpleeg R v Harris, 1965(2) SA 340 (A) per OGILVIE THOMPSON AR op p. 365 B - C:
" it must be borne in mind that
in the ultimate analysis, the crucial issue of appellant's criminal responsibility
for his actions at the relevant time is
a matter to be determined, not by the psychiatrists, but by the Court itself. In determining that issue the Court -initially the trial Court; and, on appeal, this Court - must of necessity have regard not only to the expert medical evidence but also to all the other facts of the
/51
51
case, including the reliability of appellant as a witness and the nature of his proved actions throughout the relevant period."
Verder in dieselfde trant: S v Mnqomezulu, 1972(1) SA 797 (A) op p. 798 G - 799 A, S v Laubscher, supra, p. 171 J - 172 F. Dit was dan die taak van die Verhoorhof in die onderhawige geval om aan die hand van die aanvaarbare getuienis, hetsy leke getuienis, hetsy omstandigheidsgetuienis, te beslis of die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade vanweë 'n patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek ontoerekeningsvatbaar was al dan nie. Die bewyslas om ontoerekeningsvatbaarheid aan te toon op 'n oorwig van waarskynlikhede het op die appellant gerus, soos ek supra vermeld het.
Ek het reeds supra verwys na dié aspekte van die appellant se getuienis wat na my oordeel tereg deur
/52
52
die Verhoorhof as onaanvaarbaar verwerp is.
Uit die aanvaarbare getuienis blyk die volgende oor die geestestoestand van die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade:
1. Die appellant was in staat om logies stap vir stap te getuig hoe hy die misdade gepleeg het. Hy het alles onthou omdat hy geweet het wat gebeur het. Hy het later aan de Bruin alles op die moordtoneel gaan uitwys.
2. Toe die appellant die twee vleismesse in die kombuis geneem het, het hy hulle lemme bevoel om vas te stel of hul skerp was en of hul geskik was vir wat hy met hulle wou doen. Hy was in staat om 'n beslissing oor die moord-wapen te neem.
3. Die appellant was selektief toe hy Emanuel as sy eerste slagoffer om te dood, gekies het. Hier was hy ook
/53
53
in staat om 'n beslissing te neem. Daar was geen sprake daarvan dat hy die hele gesin wou vermoor en die huis afbrand nie. Toe hy in Cathy se slaapkamer was en met Emanuel jr. gepraat het, was hy kalm. Hy het toe reeds die kombuis besoek waar hy die laai van die messekas oopgemaak het en die messe geneem het. Die appellant het geduldig gewag totdat die hele gesin slaap voordat hy sy grusame doodslag van Emanuel gepleeg het. 4. Die appellant het nooit die Verhoorhof in sy vertroue geneem wat sy motief was om Emanuel te dood nie. Sy lakonieke antwoord was elke keer: "I don't know." Materiële gewin was dit beslis nie. Met sy groot minderwaardigheidsgevoel en besef dat sy hele lewe 'n mislukking was en dat hy 'n lafaard was, kon dit dalk wees omdat hy homself wou oortuig dat hy tog 'n
/54
54
man van die daad kon wees. Dit kon selfs wees dat hy 'n grief teen Emanuel as jonger broer gehad het weens Emanuel se sukses in die sakelewe en in sy omgang met vroumense. Dit bly egter spekulasie om sy motief te probeer vasstel. Sy motief kon dalk lig werp op sy geestestoestand. Vir skuldigbevinding aan moord is motief egter nie 'n vereiste nie.
5. Die appellant het in kruisondervraging erken dat hy die slaapkamer van Emanuel betree het met die opset om hom te dood (Band 7 p. 574).
6. Volgens die appellant sou die feit dat Emanuel in sy bed omgedraai en gehyg het as't ware 'n impuls gewees het vir hom om 'n aanvang met die doodslag te maak. Na my oordeel was die appellant net besig om te wag dat Emanuel reg lê sodat hy 'n aanvang met die doodslag kon maak.
/55
55
Dit was nie omdat die appellant besluiteloos was nie. Hy het reeds klaar besluit om Emanuel te dood voordat hy die slaapkamer betree het.
7. Die appellant het getuig dat hy geen bloed gesien het nadat hy begin het om Emanuel se keel te sny nie. Hy was volkome bewus van wat hy besig was om te doen. Hy het doelgerig voortgegaan en deur etlike snye Emanuel se keel op 'n grusame wyse afgesny. Toe C. wakker word en gil, het hy haar dadelik gedreig sodat sy nie alarm moes maak nie. Hy het geweet wat hy gedoen het verkeerd was.
8. Toe sy ouers Emanuel se slaapkamer binnekom, het die appellant hulle probeer flous dat Emanuel nie wel voel nie ten einde sy moordaanslag te probeer verberg. Hy het geweet wat hy aan Emanuel gedoen het.
/56
56
Reeds die vorige Maandag het van der Merwe sr. sy nuwe pistool aan die appellant gewys. Dit is van groot betekenis dat die appellant gekyk het of sy vader gewapen was toe laasgenoemde Emanuel se slaapkamer binnegekom het. Toe iemand opmerk dat Emanuel dood is, het die appellant dadelik met sy aanval op sy vader begin. Hy het hom eers aan sy keel gesny en toe in die gang in sy rug gesteek. Die appellant was in staat om bewustelik en doelgerig sy aggressiewe moordslag te pleeg.
Die appellant het die lyk van sy vader in Cathy se slaapkamer ingedra en die bloed in die gang met 'n mat bedek sodat ander lede van die gesin nie onraad bemerk wanneer hulle wakker word en opstaan nie. Dit toon nie alleen dat hy volkome bewus was van die moord op sy vader nie maar ook dat hy realisties kon dink en besluit
/57
57
om die spore van sy moord te verwyder en te bedek.
In die hoofslaapkamer het hy berou getoon oor die doodslag van Emanuel maar nie van sy vader nie. Hy het ook te kenne gegee dat hy daarvoor gehang sou word. Hy het besef dat hy verkeerd opgetree het.
In Bewysstuk L1 A (Band 15 p. 1381 - 1384) het hy die voorneme om C. te verkrag, uitgespreek:
"I'll for once in my life truly rape her " Hy weet wat verkragting regtens is. In die hoofslaapkamer was hy volkome bewus van die feit dat hy geslagsverkeer met
C. gehad het. Sy optrede was doelgerig. Hy het C. met die dood gedreig indien sy private orgaan weer uit haar glip. Toe hy die tweede keer met C. in die motprkar geslagsverkeer gehad het, het hy ook geweet wat hy doen en sy optrede was doelgerig.
/58
58
Na my oordeel het die Verhoorhof volkome tereg bevind dat die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade toerekeningsvatbaar was. Dit blyk na my oordeel bo redelike twyfel uit die aanvaarbare getuienis soos ek supra ontleed het. Dit blyk daaruit bo redelike twyfel dat die appellant onderskeidingsvermoë sowel as wilsbeheervermoë gehad het toe hy die misdade gepleeg het. Daar is geen meriete in die appellant se verweer as sou hy tydelik ontoerekenings-vatbaar ten tyde van die pleeg van die misdade gewees het nie.
Ek behandel nou die tweede aangeleentheid
wat voor hierdie Hof geopper is, nl. dat C. toegestem het toe die appellant twee keer met haar geslagsverkeer gehad het. In die Verhoorhof is 'n striemende aanval deur die verdediging op C. se geloofwaardigheid en karakter
/59
59
geloods, nl. dat sy dranksugtig was, dat sy dagga gerook het en dat sy sedelik losbandig was. Die onomstootlike feit is egter dat sy Vrydag die appellant se toenadering afgewys het. Indien sy geslagsverkeer met die appellant wou gehad het, was daar Vrydag by die huis baie geleentheid daarvoor. Desnietemin was sy nie bereid nie omdat sy Emanuel se minnares was. In die hoofslaapkamer was sy met toue vasgemaak en die appellant wat pas twee moorde gepleeg het, was tot die tande gewapen. Onder dwang het sy die appellant gehelp om in sy doel te slaag. Wat die tweede insident betref, het die appellant die pistool teen haar kop gehou terwyl hy met haar in die motorkar geslagsverkeer gehad het. Na my oordeel het die Staat bo redelike twyfel bewys dat C. nie toegestem het toe die appellant twee keer met haar geslagsverkeer gehad het nie. Sy was 'n geloofwaardige getuie
/60
60
wat nie haar getuienis teen die appellant aangedik het nie.
Na my oordeel is die appellant tereg skuldig bevind deur die Verhoorhof aan die misdade waarvan hy aangekla is. Hy het die twee moorde met dolus directus gepleeg. Die Verhoorhof het bevind dat daar versagtende omstandighede was by die pleeg van die twee moorde.
Die derde aangeleentheid wat voor hierdie Hof geopper is, is die diskresionêre oplegging van die doodvonnis deur die Verhoorregter t.o.v. aanklag 1, d.w.s. die moord op Emanuel. Die Vërhoorregter het by die oorweging van sy diskresie al die belangrikste relevante aspekte oorweeg soos o.a. die appellant se vermindering in verwytbaarheid uiters gering is, sy vorige veroordeling op 27 Februarie 1981 vir verkagting waarvoor hy 6 jaar gevangenisstraf opgelê is, die pleeg van hierdie misdade 5 dae na sy ontslag uit
/61
61
die gevangenis, langtermyn gevangenisstraf is oorweeg maar sy prognose vir rehabilitasie is nie goed nie, die afskuwelikheid en wreedheid van sy daad en die belange van die gemeenskap. Alles in ag geneem, is ek van oordeel dat die Verhoorregter sy diskresie redelikerwyse uitgeoefen het toe hy die appellant op aanklag 1 die doodvonnis opgelê het. Vergelyk S v Pieters, 1987 (3) SA 717 (A) op p. 734 E - F.
Die resultaat is dat die appèl teen al die skuldigbevindings en vonnisse afgewys word.
C. P. JOUBERT AR.
VIVIER AR)
EKSTEEN AR) Stem saam.
/62