South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 34

| Noteup | LawCite

S v Khoza (48/88) [1989] ZASCA 34 (30 March 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak No 48/88

BERNARD KHOZA APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

J J F HEFER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING In die saak tussen

BERNARD KHOZA APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : JOUBERT, VAN HEERDEN et HEFER ARR. AANGEHOOR : 22 MAART 1989 GELEWER : 30 MAART 1989

UITSPRAK
_________ :

Hierdie appèl is gemik teen die vonnis van 9 maande

gevangenisstraf wat die appellant in die landdroshof van
Amsterdam opgelê is weens sy skuldigbevinding aan die besit,

.../2
2.

strydig met die bepalings van art 2(b) van Wet 41 van

1971, van 5 gram dagga. Die vonnis is gehandhaaf in 'n
appèl na die Transvaalse Provinsiaie Afdeling.

Die landdros het die volgende redes vir die vonnis
verskaf:

"Hierdie distrik is 'n grensdistrik met Swaziland, Diepdal en Fernie tuislande en veral besit van dagga in klein hoeveelhede het'n probleem geword. Volgens die beskuldigde se vorige veroordelings is dit duidelik dat hy volhard daarin om van dagga gebruik te maak en die opgeskorte vonnis het hom nie afgeskrik nie.

Aangesien die wetgewer volgens artikel l(iv)(bb) (ii) wet 41/77 'n hoë strafbepaling daarstel aan die besondere misdaad het die hof gereken dat ge-vangenisstraf van 9 (Nege) maande wat opgelê is as 'n afskrikmiddel vir andere moet dien en dat dit nie buitensporig in hierdie omstandighede was nie. Die hoeveelheid dagga naamlik 5 gram en die beskuldigde se persoonlike omstandighede was in ag geneemmet die oplegging van vonnis."

.../3
3.

in hierdie hof het die advokaat vir die Staat toege-gee dat die landdros misgetas het wat die effek van die vorige veroordeling betref. Die appellant het een vorige veroordeling: gedurende Februarie 1980 is hy skuldig bevind aan die onwettige besit van dagga en veroordeel tot 4 maande gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is vir 4 jaar. Die huidige oortreding is gedurende Januarie 1987 gepleeg d w s bykans 3 jaar na verstryking van die opskortingstermyn, en 7 jaar na die vorige een. Dit kan dus nie gesê word dat die appellant volhard het in die gebruik van dagga of dat die vorige opgeskorte vonnis hom nie afgeskrik het nie.

In die lig van hierdie mistasting is dit nou die

taak van hierdie hof om opnuut 'n gepaste vonnis te oorweeg.

Wat in hierdie verband van belang is, is die geringe

.../4
4.

hoeveelheid dagga wat die appellant besit het en dat hy

dit vir eie gebruik besit het. Gedagtig hieraan en aan

die iang tydperk wat sedert die vorige veroordeling ver-

loop het, is ek van mening dat dit gepas is om sy huidige

vonnis ook op te skort ten spyte van die ander oorwegings
wat in die landdros se redes genoem is.

Die appèl slaag dus tot die mate dat die vonnis wat

die landdros opgelê het, gewysig word deur by te voeg:

" wat opgeskort word vir 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan 'n oor-treding van art 2(b) van Wet 41 van 1971 gepleeg gedurende die opskortingstermyn nie."

J F HEFER AR

JOUBERT AR )

STEM SAAM.
VAN HEERDEN AR )