South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 92

| Noteup | LawCite

S v Ceku (8/89) [1989] ZASCA 92 (1 September 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


LAWRENCE CEKU Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

VIVIER AR.

1 .

Saak nr 8/89

MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPÉLAFDELING

In die saak tussen

LAWRENCE CEKU Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

CORAM: HEFER, VIVIER et F.H. GROSSKOPF ARR. Verhoor: 25 Augustus 1989. Gelewer: 1 SEPTEMBER 1989.

U I T S P R A A K.

VIVIER AR:

Die appellant is in die Kaapse Provinsiale Afdeling deur VAN DEN HEEVER R en twee assessore aan

2/...

2.

moord en verkragting skuldig bevind. Die Verhoorhof
het bevind dat daar geen versagtende omstandighede
by die moord aanwesig was nie en die appellant is gevolglik

ter dood veroordeel. Op die aanklag van verkragting

is die appellant tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis.
Met verlof van die Verhoorregter appelleer hy slegs
teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede
was nie en die gevolglike doodstraf hom opgelê.

Die ter saaklike feite wat nie tans in geskil is nie, kan as volg saamgevat word. Ongeveer 10 uur op Vrydagaand 22 November 1986 was Patricia Makheta in Guguletu naby Kaapstad op pad huistoe toe sy die appellant en 'n ander man wat saam met hom was, in die straat teenkom. Die appellant het haar gegryp, 'n mes teen haar nek gedruk, haar met die dood gedreig en haar na 'n oop stuk veld daar naby gedwing. Daar

3/...

3.

het hy sy maat verwilder en toe vir Patricia beveel om haar klere uit te trek en op die grond te gaan lê. Hy het sy mes in die grond gesteek net bokant haar kop. Hy het toe al sy eie klere uitgetrek en haar verkrag. Drie persone het by die toneel opgedaag terwyl die appellant besig was om vir Patricia te verkrag: Tembinkosi Magazi, Vuyisile Payi en die oorledene. Eersgenoemde twee mans het na die toneel gegaan om vir Patricia te help nadat Payi die ontvoering gesien en die hulp van Magazi ingeroep het. Die oorledene, wat sterk onder die invloed van drank was, het toevallig op die toneel gekom. Payi het gevlug toe die appellant se maat, wat nog steeds daar naby was, op hom afstorm. Magazi het uitgeroep dat hy 'n polisieman is en dat hy sou skiet. Toe sy dit hoor het Patricia die appellant van haar afgegooi, opgespring en na Magazi, wat sy
4/........

4.

goed geken het, gehardloop. Terwyl sy van die appellant

probeer wegkom het, het hy na haar gegryp en haar trui
beetgekry. Sy het ontkom deur die trui uit te trek.
Patricia en Magazi het weggehardloop. Nadat die appellant

tevergeefs in die donker na sy klere gesoek het, het
hy agter hulle aangehardloop met Patricia se trui,
wat hy voor hom gehou het, as enigste bedekking.
Die appellant se maat het hom gevolg. Ongeveer 50

tree verder het Patricia en Magazi by die werf van
'n huis ingehardloop en in die agterplaas skuiling gesoek.
Die appellant en sy maat het by dieselfde werf ingehardloop
en begin stoei om die besit van 'n mes wat laasgenoemde
op daardie stadium by hom gehad het. Die appellant
het daarin geslaag om die mes by sy maat af te neem,

en toe die oorledene kort daarna daar aankom, het die
appellant hom 'n dodelike steekwond in die bors daarmee

5/...

5.
toegedien. Magazi en Patricia het weggehardloop. Die oorledene het agter hulle aangekom maar in die straat neergeval en gesterf. Die appellant het ongeveer 2 uur daardie nag nakend by sy huis opgedaag met steeds net Patricia se trui, wat hy voor hom gehou het, as bedekking. Hy is kort daarna weer weg. Hy is die volgende dag gearresteer.
Die appellant se getuienis voor sy skuldigbevinding dat.hy die betrokke nag by'n partytjie was en niks . van die verkragting en die moord af weet nie, is deur die Verhoorhof verwerp. Hy het nie weer oor die vraag van versagtende omstandighede getuig nie.
Die Verhoornof het in die uitspraak oor versagtende omstandighede aanvaar dat die appellant wel die betrokke aand gedrink het. Oor die vraag of die appellant deur die drank belnvloed is, word in die uitspraak verwys

6/...

6.

na die feit dat die appellant "deurentyd kopgehou

het" deurdat hy onder andere op die toneel van die

verkragting na sy klere gesoek en later van sy huis

af weggevlug het. In die uitspraak word egter ook

gesê dat die appellant vreemd opgetree het deur al

sy klere uit te trek en deur 'n onskuldige dronk omstander
dood te steek, waaruit die afleiding moontlik gemaak
kan word dat die appellant deur drank belnvloed is.
Alhoewel dit miskien duideliker gestel kon gewees het,
blyk dit tog uit die uitspraak dat die Verhoorhof
uiteindelik bevind het dat die appellant nie onder
die invloed van drank gehandel het nie. Die Verhoorhof
het verder bevind dat selfs indien aanvaar word dat
die appellant deur drank aangetas was, sy morele
verwytbaarheid nie daardeur verminder is nie. In laasgemelde
verband het die Verhoorhof verwys na die feit dat die

7/...

7.

appellant die betrokke aand op "'n pad van geweld" was en dat hy die oorledene doodgemaak het omdat hy in die appellant se pad gekom het.
Namens die appellant is voor hierdie Hof betoog dat die appellant se optred'e wel die afleiding regverdig dat hy onder die invloed van drank gehandel het. Ek kan nie met die betoog saamstem nie. Die appellant se optrsde toe hy sy maat se teenkanting oorkom het en vir Patricia oorrompel, na die veld gedwing en haar daar verkrag het, toon geen teken van beïnvloeding deur drank nie. So ook nie die wyse waarop die appellant agter Patricia en Magazi aangehardloop het en met sy maat om besit van die mes gestoei het nie. Die feit dat hy al sy klere uitgetrek het voordat hy vir Patricia verkrag het, kom my nie as noodwendig vreemd voor nie. Die verskyning op die toneel van die verkragting deur,
8/..........

8.

onder andere, die oorledene het die appellant gesteur en vir Patricia die geleentheid gegee om te ontvlug. Daar is geen basis vir die betoog namens die appellant dat hy afgeskrik was deur Magazi en dat sy verdere optrede dus inkonsekwent was nie. Uit Patricia se getuienis is dit duidelik.dat die appellant nie kon verhoed dat sy van hom ontvlug nie. Sy agtervolging van haar en Magazi en sy worsteling met sy maat om besit van die mes toon duidalik dat hy hom nie berus het in die verloop van sake nie en dat hy haar en/of diegene wat hom gesteur het wou bykom. Die oorledene was die eerste een wat hy kon bykom met noodlottige gevolge vir laasgenoemde. Daar is dus in die huidige saak geen sprake van sinnelose optrede deur 'n beskuldigde wat slegs verklaarbaar is op die basis dat hy onder die invloed van drank gehandel het nie. Daar is verder
9/........

9.

die uitdruklike getuienis van Patricia dat, hoewel die appellant na drank geruik het, hy glad nie onder die invloed van drank was nie. Patricia se getuienis is deur die Verhoorhof aanvaar. Die appellant se ouma, by wie hy gebly het, en wat hom die betrokke nag gesien het toe hy by die huis aankom, kon ook nie bespeur dat hy enigsins onder die invloed van drank was nie. Die appellant het in sy hoof-getuienis voor sy skuldigbevinding nie gesê dat hy onder die invloed van drank was nie en onder kruisverhoor het hy aanvanklik gesê dat hy nugter was.
Ek is gevolglik van mening dat die Verhoorhof tereg bevind het dat die appellant nie onder die invloed van drank gehandel het toe hy die oorledene doodgemaak het nie. Die Verhoorhof het nie misgetas in sy bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was

10/...

10.

nie en daar is geen basis waarop hierdie Hof met daardie bevinding kan inmeng nie.

Die appèl word afgewys.

W. VIVIER AR.

HEFER AR)
Stem saam. F.H. GROSSKOPF AR)