South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 11

| Noteup | LawCite

S v Munonjo en 'n Ander (445/89) [1990] ZASCA 11; [1990] 2 All SA 196 (A) (12 March 1990)

Download original files

PDF format

RTF format


SAAK NR 445/89

ccc

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING} In die saak tussen:

SEBEDEUS MUNONJO EERSTE APPELLANT

JEFTA MBI TWEEDE APPELLANT

en

DIE STAAf- RESPONDENT

CORAM: JOUBERT, NESTADT ARR et. NICHOLAS Wnde AR VERHOOR: 6 MAART 1990 GELEWER: 12 MAART 1990

UITSPRAAK NESTADT, AR:

Die twee appellante is in die Hooggeregs-

hof van Suidwes-Afrika aan twee aanklagte van moord (sonder versagtende omstandighede) en een aanklag van huisbraak met

2/

2. die opset om te roof en roof (met verswarende omstandighede) skuldig bevind. Hulle is op al drie aanklagte ter dood veroordeel.
Die skuldigbevindings het betrekking op 'n voorval wat op 'n plaas in die distrik Otjiwarongo in Suidwes-Afrika op die aand van 21 September 1988 gebeur het. Twee persone het die plaaswoning betree deur 'n gaasraam van 'n venster op te skuif en deur te klim. Binne die huis is hulle deur die inwoners daarvan, die 61-jarige Mnr Kretzschmar en sy eggenote, die 54-jarige Mev Kretzschmar, gekonfronteer. Mnr en Mev Kretzschmar is toe deur een van die indringers met 'n rewolwer noodlottig geskiet. Hierop het hulle sekere goed uit die huis verwyder en die plaas in die oorledene man se bakkie verlaat.

Ter aanvang handel ek met die appél teen die skuldigbevindings aan moord. Dat moord gepleeg is, is nie te betwyfel nie. Dit is voor-die-hand-liggend dat die

3/

3. aanval op die oorledenes wederregtelik was en dat dit met die nodige opset gepleeg is. Dit was ook nie in geskil nie dat die twee inbrekers die appellante was. Daar was egter geen bewys nie watter een van die twee die oorledenes geskiet het. Die enigste (onbetroubare) getuienis in dié verband was diê van die appellante self en hulle het elkeen skuld op die ander gewerp. Die grondslag waarop hulle skuldig bevind is, was dat alreeds toe hulle ingebreek het hulle 'n gemeenskaplike doel gehad het om te vermoor (in die sin van para (c) van S vs Madlala 1969(2) SA 637(A) op 640 H, dws dolus eventualis).
Ek kan met hierdie slotsom nie saamstem nie. Die appellante se onmiddellike oogmerk was om die sleutel van die voertuig en geld vir brandstof in die huis te steel. Dit is juis dat die appellante, voor hulle ingebreek het, alreeds geweet het dat daar mense in die huis was en dat hulle wakker was. Dit staan ook vas dat hulle voorsien het dat die Kretzschmars hulle moontlik sou voorkeer en dat, in

4/

4. hierdie omstandighede, en ten einde hulle doel uit te voer, dit nodig mog wees, as die appellante nie sou kon ontvlug nie, om die inwoners vas te maak. Dit is bygevolg duidelik dat die appellante se gemeenskaplike doel die moontlike aanranding van die inwoners behels het. Die vraag is egter of dit (as die enigste redelike afleiding) bewys is dat hulle die moontlikheid van hulle slagoffers se dood voorsien het. Na my mening moes die Verhoorhof hierdie vraag ontkennend beantwoord het. Van kardinale belang is die feit dat afgesien van 'n verband wat in die tweede appellant se besit was (en wat, indien nodig, gebruik sou gewees het om die inwoners vas te maak) hulle onbewapen was. Die vuurwapen waarmee die oorledenes geskiet is, was hulle s'n. Dit blyk dat dit deur die vrou te voorskyn gebring is nadat sy bewus geword het van die appellante se teenwoordigheid in die huis. Klaarblyklik is sy toe ontwapen en die skietery van haar en haar man het daarop gevolg. Onder kruisondervraging het

5/

5. beide die appellante erken dat dit te verwagte was dat plaasmense vuurwapens aanhou en teen inbrekers gebruik. Daardie risiko was hulle bereid om te loop. Maar dit volg nie (en op 'n behoorlike nalees van die appellante se getuienis en veral sekere antwoorde onder kruisondervraging is daar niks wat hieraan afbreuk doen nie) dat hulle voorsien het dat een van hulle Mev Kretzschmar sou ontwapen en haar en haar man daarna sou doodskiet. Inteendeel wat gebeur het, was 'n buitengewone wending in die verloop van sake wat nie deur die appellante beoog is nie. Soos alreeds gesê, hulle oogmerk was diefstal en ontvlugting (indien nodig nadat hulle die inwoners vasgemaak het); niks meer nie. In die omstandighede is die beginsel soos in R vs Shezi and Others 1948(2) SA 119(A) neergelê nl, dat die aanspreeklikheid van persone wat 'n gemeenskaplike oogmerk het, daarvan afhang of die gevolg, dws die dood (eerder as die presiese wyse waarop dit teweeggebring word) voorsien moet word, nie van toepassing

6/

6. is nie. En die feit dat hulle na die voorval volgehou het om met mekaar te assosieer (deur oa saam in die voertuig te ry en die vuurwapen te verkoop) dien nie (soos die Verhoorhof met 'n beroep op S vs Kramer en Andere 1972(3) SA 331(A) bevind het) as bevestiging van die nodige gemeenskaplike oogmerk nie.
Samevattend, is ek die mening toegedaan dat dit nie bewys is nie dat die appellante subjektief die moontlikheid van dood voorsien het nie en dat daar bygevolg geen grondslag is waarop die appellante weens moord skuldig bevind kon gewees het nie. Dit volg egter nie dat hulle ten opsigte van die moorde vrygespreek moet word nie. Dit is namens die appellante, m i, tereg toegegee dat die appellante as begunstigers by moord skuldig is. Ongeag dat een van die appellante die moorde gepleeg het, kan beide van hulle as begunstigers daarby skuldig bevind word (S vs Jonathan en Andere 1987(1) SA 633(A)). Ek is nie van voorneme om die ter saaklike feite uiteen te sit nie. Dit is voldoende om te sê

7/

7. dat die appellante met die nodige opset hulle met die moorde vereenselwig het en mekaar aktief gehelp het om aanspreeklikheid te ontduik. Wat vonnis betref, sal 8 jaar gevangenisstraf ten opsige van elkeen van die twee aanklagte na my oordeel 'n gepaste vonnis wees. Omdat die appellante se optrede na die moorde op 'n enkele gedragspatroon neerkom, sal dit gelas word dat die vonnisse saamloop.
Daar is geen appêl teen die skuldig-bevindings aan huisbraak met die opset om te roof en roof nie. Dit is bygevolg onnodig om te beslis of die skuldigbevindings nie dalk aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal moes gewees het nie. Wat wel aangeval word is die doodvonnis wat die appellante opgelê is. Na my mening het die Verhoorregter by die uitoefening van sy diskresie hom misgetas. Hy het versuim om in ag te neem dat die appellante die huis ongewapend binne gegaan het, nie met (in die Regter a quo se woorde) "mens rea ... by wyse van dolus eventualis om

8/

8. die twee oorledenes te dood", maar (hoofsaaklik) om diefstal te pleeg. Dit staan hierdie hof dus vry om opnuut oor vonnis te besin. Na my mening is 12 jaar gevangenisstraf eerder as die doodstraf 'n gepaste vonnis. Dit neem genoegsaam in ag nie net die appellante se persoonlike faktore nie (hulle is volkome volwassenes wat geen ter saaklike vorige veroordelings het nie), maar ook die belange van die gemeenskap en die erns van die misdaad. Wat lg betref , het ek in gedagte dat dit huisbraak van 'n geïsoleerde woning in die nag was toe die inwoners tot die kennis van appellante tuis was. Hierbenewens is dit 'n misdaad wat gereeld voorkom.
Weens die kumulatiewe effek van die vonnis is ek van voorneme om te gelas dat hulle saamloop sodat 'n effektiewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf gevel word.

Die volgende bevel word gemaak: (1) Die skuldigbevindings en vonnisse op die twee

aanklagte van moord word tersyde gestel en met die

volgende vervang:
9/
9.

(a) Beskuldiges word op elke aanklag van moord
aan begunstiging by moord skuldig bevind.

(b) (i) Ten opsigte van elke aanklag word

hulle tot 8 jaar gevangenisstraf ge-vonnis; (ii) Dit word gelas dat die vonnisse saam-loop.

(2) Die doodvonnis wat tov die skuldigbevinding aan huisbraak met die opset om te roof en roof opgelê is, word tersyde gestel en met 12 jaar gevangenisstraf vervang.
(3) Dit word gelas dat 5 jaar van die 8-jaar vonnis waarna in para (1) (b) verwys word, met die 1 2 jaar gevangenisstraf waarna in para (2) verwys word, saamloop, sodat 'n effektiewe vonnis van 15 jaar ge-vangenisstraf opgelê word.
NESTADT, AR

JOUBERT, AR )

) STEM SAAM NICHOLAS, Wnde AR)