South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1990 >>
[1990] ZASCA 124
| Noteup
| LawCite
S v Visagie (460/89) [1990] ZASCA 124; 1991 (1) SA 177 (AD); [1991] 1 All SA 313 (A) (28 September 1990)
Download original files |
460/89 N v H
S W VISAGIE en DIE STAAT
SMALBERGER, AR -
460/89 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen
SOPHIA WILHELMINA VISAGIE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: SMALBERGER, MILNE, ARR,
et NIENABER, Wn AR
VERHOORDATUM: 21 SEPTEMBER 1990 LEWERINGSDATUM: 28 SEPTEMBER 1990
UITSPRAAK SMALBERGER, AR -
Die appellant is in die streekhof te Parow skuldig bevind aan drie aanklagte van diefstal. Die
...../2
2
drie aanklagte is saamgeneem vir die doeleindes van vonnis, en sy is
gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf wat in die geheel voorwaardelik
opgeskort
is. Sy het sonder welslae teen haar skuldigbevindings alleenlik na die Kaap die
Goeie Hoop Provinsiale Afdeling appèl
aangeteken. Met verlof van die hof
a quo kom sy nou in hoër beroep.
Hierdie appèl moet besleg
word aan die hand van die volgende feite wat, tensy andersins aangedui, gemene
saak is. Die appellant
was te alle tersaaklike tye 'n ervare eiendomsagent in
diens van die maatskappy Terra Beherend (Eiendoms) Beperk wat te Bellville
sake
gedoen. het as Terra Trust Eiendomsmakelaars ("Terra Trust"). Die appellant was
ook 'n aandeelhouer en mede-direktrise van Terra
Trust. Op 15 Augustus 1986, 28
Augustus 1986 en 12 Oktober 1986 was die appellant, in haar hoedanigheid as
/3
3 eiendomsagent werksaam by Terra Trust, verantwoordelik vir
die verkoop van huise aan onderskeidelik N du Plessis, T Malherbe en
A Smit. Elk
van die skriftelike koopooreenkomste het voorsiening gemaak vir die betaling van
'n deposito op die koopprys van die
betrokke eiendom. Die deposito's was
veronderstel om aan Terra Trust in trust betaal te word. Dit was 'n
vereiste
van die bepalings van die koopooreenkomste, en was in ooreenstemming met Terra
Trust se uitdruklike opdragte aan sy eiendomsagente,
dat alle deposito's van
kopers ontvang in Terra Trust se trustrekening gestort moes word. Helfte van die
rente op inbetalings in
die trustrekening sou aan Terra Trust gaan, en die ander
helfte sou die Raad van Eiendomsagente se Getrouheidswaarborgfonds toekom.
Indien 'n koper skriftelik aange.dring het op rente op sy deposito, sou die
bedrag van die deposito geplaas
/4
4 gewees het by 'n bank onder 'n trustrekeningnommer in een
of ander vorm van rentedraende belegging. Die appellant was deurentyd
ten volle
bewus van Terra Trust se voorskrifte in dié verband.
Betaling deur die
drie kopers van hulle deposito's van onderskeidelik R8 400,00, R8 000,00 en R6
000,00 het geskíed by wyse
van gekruiste tjeks wat aan Terra Trust
betaalbaar was. Die tjeks is aan die appellant oorhandig. In weerwil van haar
verpligting
om die tjeks in Terra Trust se trustrekening te stort, het die
appellant die tjeks in haar persoonlike lopende bankrekening by Volkskas
Bank
inbetaal. Nog die kopers, nog Terra Trust het aan haar magtiging verleen om dit
te doen. Toe die appellant aldus opgetree het,
het sy bewustelik die opdragte
van Terra Trust verontagsaam. Dit is hierdie optrede aan die kant van die
appellant wat tot
/5
5 die drie aanklagte van diefstal aanleiding gegee het. Die
inbetalings van die drie bedrae in die appellant se persoonlike bankrekening
(wat op 15 Augustus 1986, 28 Augustus 1986 en 21 Oktober 1986 onderskeidelik
geskied het), het die volgende tot gevolg gehad. Die
betaling van R8 400,00 het
die appellant se rekening se debietsaldo omskep in 'n kredietsaldo van R3
297,72; die bedrag van R8 000,00
het haar kredietsaldo verhoog tot R8 303,27; en
die betaling van R6 000,00 het 'n
debietsaldo in 'n kredietsaldo van Rl
523,86 verander.
Die blyk uit die getuienis dat die appellant op 23 Julie 1986 aansoek gedoen het by Rand Trust Financiers om wentelkrediet-fasiliteite ten bedrae van R20 000,00. Haar aansoek is op 3 Augustus 1986 goedgekeur, en vanaf daardie datum was die bedrag van R20 000,00 tot haar beskikking. Die goedgekeurde fasiliteit is deur haar vir die eerste keer op 17
/6
6 November 1986 gebruik toe daar 'n bedrag van R3
4000,00
daaruit onttrek is. Benewens hierdie fasiliteit het die appellant
beleggings by die Natal en Allied Bouverenigings gehad ten bedrae
van R3 000,00
en R4 000,00 onderskeidelik. Sy het ook 'n belegging van R4 000,00 by Santambank
gehad, maar dit moes dien as sekuriteit
vir die bedrag verskuldig op 'n motor
wat sy aangekoop het. Volgens. die appellant het sy ook verskeie vaste eiendomme
besit. Nie
een van die kopers het skade gely as gevolg van die appellant se
optrede nie. Sy het gesorg dat toe oordrag moes geskied die drie
kopers
gekrediteer is met die volle bedrag van hulle deposito's plus rente daarop teen
14.5% per jaar.
Die appellant het by haar verhoor aange= voer dat sy die
deposito's in haar bankrekening inbetaal het uitsluitlik om rente daarop
vir
/7
7 die kopers te verdien. Indien sy die bedrae in Terra Trust se trustrekening gedeponeer het, scm hulle geen rente ontvang het nie. Die verhoorlanddros het bevind dat die appeliant "geen goeie getuie" was nie, dat sy ontwykend was onder kruisverhoor, en dat haar verduideliking dat sy die deposito's in haar bankrekening gestort het ten einde rente vir die kopers te bekom, onaanvaarbaar was. Die appellant se getuienis is ongetwyfeld vatbaar vir kritiek. Onder meer kon sy nie 'n behoorlike verduideliking verstrek waarom sy tydens die verrigtinge in die landdroshof kragtens artikel 112(1) van die Strafproseswet (51 van 1977) op die drie aanklagte skuldig gepleit het nie. Haar getuienis by die verhoor strook ook nie met die antwoord wat sy gegee het op aanklag 1 nie (wat betrekking het op Du Plessis se geval) toe sy tydens die artikel 112(1)(b) verrigtinge gevra is hoekom sy
/8
8
die deposito van R8 400,00 in haar persoonlike bankrekening betaal het, naamlik, "(e)k moes kommissie kry wat nie na my deurgekom het nie en toe vat ek die geld vir eie gebruik want ek het geen inkomste gehad nie". Dit is ook moeilik begrypbaar hoedat die appellant kon verwag het om rente op die deposito's vir die kopers te verdien waar die deposito's inbetaal is op haar (hoofsaaklik) oortrokke rekening. Sy het probeer verduidelik dat sy die rente wat sy op haar oortrokke rekening sou moes betaal het, en wat sy aldus gespaar het, aan die kopers wou laat toekom. Haar getuienis tydens die verhoor strook daarenteen wel met die verduideliking wat sy aan die ondersoekbeampte, sersant Weideman, verstrek het toe hy haar op 27 November 1986 vír die eerste keer oor die beweerde diefstalle ondervra het. Daarbenewens het Malherbe en Smit. (met betrekking tot aanklagte 2 en 3) albei
/9
9 getuig dat die appellant hulle aanvanklik meegedeel het dat hulle rente op hulle deposito's sou ontvang, en dat die bedrag rente in verrekening gebring sou word wanneer die volle koopsom teen oordrag betaal moes word (wat wel uiteindelik gebeur het). Ek ag dit nie nodig om meer volledig op die getuienis in te gaan nie. Nietenstaaande die verhoorlanddros se bevinding tot die teendeel, is ek bereid om vir die doeleindes van die onderhawige appèl te aanvaar dat dit deurgaans die appellant se bedoeling was om uiteindelik, by oordrag van die betrokke eiendomme, teenoor elk van die kopers verantwoording te doen vir hulle deposito's, tesame met rente daarop. Die vraag bly egter steeds of die appellant se erkende handelswyse op diefstal neerkom.
'n Bondige, en aldus onvolledige, omskrywing van diefstal is die wederregtelike, opsetlike toe-eiening deur 'n persoon van iemand anders se roerende
/10
10 liggaamlike saak (vgl S v de Jager and Another 1965(2) SA 616 (A) op 617 C). In die onderhawige geval het die appellant 'n toe-eieningshandeling verrig deur, teenstrydig met haar verpligting om die kopers se tjeks in Terra Trust se trustrekening te stort, die tjëks in haar eie persoonlike rekening te deponeer (S v Kotze 1965(1) SA 118(A) op 122 E). Die appellant was deurgaans ten volle daarvan bewus dat die deposito= tjeks (en die opbrengs daarvan) nie aan haar behoort het nie, en dat sy nie die reg gehad het om tot haar eie voordeel daarmee te handel nie. Sy het ook wel deeglik besef dat nóg Terra Trust nóg die kopers haar sou gemagtig het om die tjeks in haar eie persoonlike bankrekening, in stede van in Terra Trust se trustrekening, te stort. Die vraag wat aldus ontstaan, is of sy die vereiste toe-eieningsopset gehad het.
/11
11
Die grondslag van die appellant se
verweer by
haar verhoor, en ook op appèl, was (en ek haal uit die
appellant se
betoogshoofde aan) "dat sy te alle
saaklike tye 'n likiede fonds van
genoegsame omvang tot
haar beskikking gehad het en dat sy nie die
vereiste
opset gehad het om te steel nie". Mnr Botha, namens
die
appellant, het hom in dié opsig beroep op die
uitspraak in R v
Wessels 1933 TPA 313 op 314 waar
goedkeuring verleen is aan die
stelling:
"that if an agent collects money on behalf of a principal and it is not a condition of his agency that he should pay over to his principal the identical coins collected, then he does not commit the offence of theft if he uses the actual money he has collected for his own purposes, so long as he has a fund at his disposal on which he can draw to pay his principal at all times; and that an agreement with an institution such as a bank that the bank will allow an overdraft constitutes such a fund",
onderhewig aan die voorwaarde dat die bank nie in sy
diskresie, en sonder kennisgewing, die oortrokke
/12
12
rekening-fasiliteit kan terugtrek nie. Wye erkenning
word verleen aan
waarna ek as die Wessels - dictum sal
verwys. Dit het
aanleiding gegee tot stellings soos
byv. die van Snyman: Strafreg :
2de uitgawe, op 532
(met verwysing na Wessels se saak) dat
"Waar geld deur X in trust namens Y gehou word of vir besteding volgens opdrag ontvang is, sal die aanwending van die geld deur X tot sy (X se) voordeel nie diefstal wees as X deurgaans 'n likiede fonds tot sy beskikking het waaruit hy Y se aanspraak kan bevredig nie."
Daar moet egter
daarteen gewaak word dat die Wessels-
dictum sonder voorbehoud
tot 'n regsbeginsel verhef
word. Die toepassing daarvan moet afhang van
die
omstandighede van elke bepaalde geval. Soos De Wet en
Swanepoel : Strafreg : 4 de uitgawe, op 328 (voetnoot
177) tereg opmerk, "(i)ndien mens met 'n werklike geval
van diefstal te
doen het, kan daar geen sprake daarvan
wees dat die vermoë om vergoeding te doen die diefstal
/13
13
ongedaan maak nie, selfs nie by gelddiefstal nie
...."
Die Wessels-dictum stel dus nie noodwendig 'n
volkome
verweer daar nie. Die bestaan van 'n likiede fonds
dui eerder op
'n afwesigheid van opset, en meer
besonderlik
wederregtelikheidsbewussyn. Die
bestaan van so 'n fonds waaruit betaling te
gelegenertyd gemaak sou kon word, dui daarop dat die nemer nooit van voorneme
was om die
geld wat hy geneem het, te steel nie; omgekeerd, die afwesigheid van
so 'n fonds is 'n
sterk aanduiding dat dit wel sy opset was (sien S y
Harper and
Another 1981(2) SA 636 (D) op 670).' Dit is egter nie vir die doeleindes van
die onderhawige appèl nodig om die juiste strekking van
die
Wessels-dictum te bepaal nie. Wat die trefwydte daarvan ookal mag
wees, is dit alleenlik van toepassing op die geval waar geld in trust gehou
word.
Of geld in trust aan iemand oorgedra is, is dikwels moeilik om te
/14
14
bepaal. In die onderhawige geval is tjeks aan die appellant oorhandig met die opdrag dat sy hulle in Terra Trust se trustrekening sou stort. (h Tjek is natuurlik nie geld nie, maar kan dit as die ekwivalent van geld beskou word - S v Kotze (supra) op 124 D. ) Die tjeks was alleenlik vir daardie beperkte doel in die appellant se besit en onder haar beheer geplaas. Soos mnr Downer, namens die respondent, tereg betoog het, het die appellant geen magtiging gehad, enersyds van die kopers, en andersyds van Terra Trust, om die geld hoegenaamd in trust te hou nie, d w s, in 'n hoedanigheid as trustee van die geld of in haar persoonlike hoedanigheid. Sy was deurgaans slegs in tydelike bewaring van die tjeks. Haar situasie verskil regtens nie van dié van 'n boodskapper wat bank toe gestuur word om geld of tjeks namens iemand anders te deponeer nie. 'Die Wessels - dictum is gevolglik
/15
15
nie op die onderhawige geval van toepassing nie.
Steeds ontstaan die vraag of die appellant
die opset gehad het om die tjeks (of die bedrae wat die
tjeks
verteenwoordig) vir haarself toe te eien, selfs
al was sy van voorneme om die
bedrae van die
deposito's, met rente, terug te betaal wanneer oordrag
moes
geskied. As ons hier te doen gehad het met geld
wat die kopers aan die
appellant oorhandig het, en wat
sy in haar bankrekening gestort het in stede van Terra
Trust se
trustrekening, was die regsposisie, soos in
die gewysdes uitgekristalliseer,
heeltemal duidelik.
In R v Milne and Erleigh (7) 1951(1) SA 791 (A) op 865
H het
SCHREINER, AR, in navolging van R v Albertyn 1931
OPA 178, hom soos
volg uitgelaat:
"Where, therefore, a person takes another's money without authority to do so and intending to consume it (actual consumption is, I think, only important as evidence of intention) he commits theft, even if he intends to return other money, if it is
/16
16
proved that he did not, when he took it, believe that he had the right to take it or that the owner, had he been consulted, would have consented to the taking.
Ofskoon SCHREINER, AR, se uitspraak 'n
minderheids-
uitspraak was, is sy aangehaalde uiteensetting van die
reg
herhaaldelik met goedkeuring aanvaar (sien R v
Herholdt and Others
1957(3) SA 236 (A) op 258 E, 258 H
- 259 A; S v Heller 1971(2) SA 29(A) op 46 A; S
v
Graham 1975(3) SA 569 (A) op 577 B). Die posisie
verskil
geensins waar daar met tjeks en nie geld te
make is nie. 'n Geldige tjek
verteenwoordig geld en
is 'n alombekende vorm van betaalmiddel - as sodanig is
dit die ekwivalent
van geld (S v Kotze (supra) op 123
H) . Die storting deur die
appellant in haar
persoonlike bankrekening van die tjeks wat vir
Terra
Trust se trustrekening bestem was, kom op h
doelbewuste toe-eiening
van die tjeks deur die
appellant neer wel wetende dat dit ongeoorloof was.
/17
17 Sy kon dus aan die diefstal van die tjeks as sodanig skuldig bevind gewees het (S v Graham (supra) op 575 H). Sy is egter nie van die diefstal van die tjeks aangekla nie, maar wel van die diefstal van geld in bedrae gelykstaande aan die gesigswaarde van die tjeks. Dié diefstal sou, na bewering, gepleeg gewees het teenoor die kopers, alternatiewelik, Terra Trust. Die aanklagte was nie, in die omstandighede, onjuis of onvanpas nie (S v Kotze (supra) op 124 D). Soos in S v Graham (supra op 576 E - 577 A) bevind, kan die opbrengs van 'n tjek gesteel word. Toe die appellant die tjeks in haar bankrekening gestort het, het sy die opbrengs van die tjeks bewustelik vir haarself toe-geëien en dit aangewend, waar haar rekening oortrokke was, vir die betaling van haar skuldeiser (Volkskas Bank), en tot die mate dat daar 'n kredietsaldo was, vir haar eie gebruik. Haar optrede in dié verband kom,
/18
18 volgens die beslissings van hierdie Hof waarna verwys is, op diefstal neer van die geld wat die tjeks verteenwoordig het. Ek is daarvan bewus dat daar van hierdie beslissings is wat vanuit akademiese kringe sterk kritiek uitgelok het. Die beslissings is egter bindend tensy hulle klaarblyklik verkeerd is. Ek is geensins oortuig dat dit die geval is nie. Daar is trouens belangrike beleidsoorwegings vir die behoud van die bestaande regsposisie. Die appellant was gevolglik tereg op die drie aanklagte skuldig bevind.
Dit is nie nodig om op die vraag in te gaan of die diefstalle gepleeg is teenoor Terra Trust of die kopers nie, want die klagstaat het albei moontlikhede gedek. Insgelyks is dit nie nodig om die grondslag waarop die verhoorlanddros en die hof a quo die appellant skuldig bevind het - wat van die benadering wat in hierdie uitspraak gevolg is, verskil - te oorweeg nie.
...../19
19 Die appèl word bygevolg van die hand gewys.
J W SMALBERGER APPèLREGTER
MILNE, AR)
) STEM SAAM NIENABER, Wn AR)