South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 145

| Noteup | LawCite

S v Nel (272/1989) [1990] ZASCA 145; 1991 (1) SA 730 (AD); [1991] 3 All SA 976 (AD) (27 November 1990)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 272/1989

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

In die saak tussen:

WILLEM JACOBUS NEL Appellant
en
DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, SMALBERGER et F.H. GROSSKOPF ARR
VERHOORDATUM: 11 SEPTEMBER 1990
LEWERINGSDATUM: 27 NOVEMBER 1990

UITSPRAAK BOTHA AR:-

2.

Hierdie appèl het betrekking op twee skuldigbevindings van die appellant aan minagting van die hof, en die vonnisse wat hom daarvoor opgelê is. Die sort minagting van die hof waarom dit hier gaan, is minagting wat gepleeg word in facie curiae, deur middel van die maak van beledigende aanmerkings teenoor die hof.
Die appellant het op 27 Januarie 1989 in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling in persoon opge-tree in 'n aansoek by wyse van kennisgewing van mosie, waarin hy die applikant was, en wat gedien het voor EDELING R. Terwyl die appellant die hof toegespreek het ter ondersteuning van sy aansoek het daar 'n wisseling van gedagtes en woorde plaasgevind tussen die appellant en die regter. In die loop daarvan het die appellant by twee geleenthede uitlatings teenoor die regter gemaak wat veroorsaak het dat die regter hom skuldig bevind het aan minagting van die hof. Met die eerste geleentheid is die appellant gevonnis tot 'n
3. boete van R2 000,00 of 5 maande gevangenisstraf. Met die tweede geleentheid was die vonnis een van 3 maande gevangenisstraf. Op 'n later datum het die appellant in persoon aansoek gedoen by die regter om verlof om na hierdie Hof te appelleer teen sy skuldigbevindings en vonnisse. Die aansoek is toegestaan.
Alvorens die verloop van die verrigtinge in die hof a quo van naderby beskou word, is dit dienstig om eers te vermeld wat die betoog was wat namens die appellant aan hierdie Hof voorgedra is. Die betoog-punte kan soos volg saamgevat word:

A. Albei die skuldigbevindings was regtens
ongegrond, omdat dit nie geblyk het dat die
appellant die opset gehad het om die hof te
minag nie;
B. Albei die skuldigbevindings was proses-
regtelik ongeregverdig, omdat die appellant
nie die geleentheid gegun is, voordat hy
skuldig bevind is, om die hof toe te spreek
4. en vertoë te rig in verband met die beoogde skuldigbevinding nie;
C. Die vonnis opgelê ten opsigte van die eerste
skuldigbevinding was buitensporig swaar;
D. Die vonnis ten opsigte van die tweede
skuldigbevinding is prosesregtelik op 'n
onbehoorlike wyse opgelê, omdat die appellant nie die geleentheid gegee is om die hof in diê verband toe te spreek, voordat dit opgelê is nie;
E. Die vonnis ten opsigte van die tweede
skuldigbevinding was in ieder geval
buitensporig swaar.

Elkeen van die bogenoemde betoogpunte verg, vir 'n
behoorlike beoordeling daarvan, dat die verloop van die verrigtinge in die hof a quo in oënskou geneem moet word.

Die aansoek waarin die appellant as applikant opgetree het, het betrekking gehad op die appellant se
5. toegang tot sy minderjarige kinders. Die beheer en toesig oor hulle het by die appellant se gewese eggenote berus, onderhewig aan 'n reg van redelike toegang van die appellant, kragtens 'n hofbevel wat uitgereik is toe die appellant en sy eertydse vrou van mekaar geskei is. Volgens die appellant se kennis-gewing van mosie, wat deur hom persoonlik onderteken is op 27 Januarie 1989, het hy aansoek gedoen om 'n bevel dat die kinders aan hom oorhandig word by die New Masonic Hotel (op Robertson) op 28 Januarie 1989, en dat hy hulle by dieselfde plek teruglewer op 29 Januarie 1989. Die respondent in die aansoek was die appellant se gewese vrou, maar geen kennis van die aansoek is aan haar gegee nie. In sy ondersteunende beëdigde verklaring het die appellant gesê dat hy die hof nader "om vir 'n dringende tussentydse bevel te vra" om sy kinders "te sien". Die appellant het voorts afskrifte aangeheg van briewe wat tussen hom en die respondent se prokureur gewissel is op 23, 25, 26 en 27
6. Januarie 1989, en op grond daarvan het hy beweer dat die respondent die kinders van hom weghou en dat dit "minagting van 'n hofbevel" is. In sy briewe aan die respondent se prokureur gerig op 23 en 25 Januarie 1989, het die appellant geëis dat hy die kinders by hom wou hê van 9 vm op Saterdag 28 Januarie 1 989 tot 5 nm op Sondag 29 Januarie 1989. Op 26 Januarie 1989 het die respondent se prokureur geantwoord dat daar alreeds
'n partytjie vir die oudste seun en sy maats gereel was vir die Saterdag, dat albei die kinders die Sondag na Sondagskool moes gaan, en dat dit nie genoeg was vir die appellant om slegs 'n paar dae kennis te gee as hy die kinders oor 'n naweek wou sien nie. Op 27 Januarie 1989 het die appellant die respondent se prokureur verwittig dat hy daarop aandring om die kinders by hom te hê.
Ter agtergrond blyk dit dat daar voor 27 Januarie 1989 reeds heelwat gedingvoering was tussen die appellant en sy gewese vrou oor die beheer en
7. toesig van, en die toegang tot, hulle kinders. Gedurende die verrigtinge in die onderhawige saak het die appellant self meer as een keer melding gemaak van die feit dat hy vantevore voor verskeie regters van die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling betrokke was in gedingvoering. Daarbenewens het die appellant slegs twee dae vantevore, op 25 Januarie 1989, in persoon voor EDELING R opgetree in 'n ander aansoek met betrekking tot die kinders, waarin daar gevra is om 'n bevel ter wysiging van die bevel van beheer en toesig oor hulle. EDELING R verwys na hierdie geleentheid in sy uitspraak ten opsigte van die aansoek om verlof om te appelleer in die huidige saak, ter verduideliking van wat plaasgevind het ter aanvang van die verhoor van die aansoek op 27 Januarie 1989 (soos hieronder sal blyk). Hy sê dat die aansoek van 25 Januarie 1989 voor hom in kamers gedien het; dat daar toe "onaangenaamhede" plaasgevind het; dat die appellant "beledigende aanmerkings" teenoor die hof gemaak het;

8.

en dat hy die appellant twee keer moes "waarsku dat hy
homself skuldig gemaak het aan minagting van die hof".

Vervolgens gaan ek oor tot 'n beskouing van

die gebeure op 27 Januarie 1989. Om terugverwysing te
vergemaklik, verdeel ek die uiteensetting wat volg in
genommerde paragrawe:

(1 ) Die aanvang van die verrigtinge het soos volg

verloop:

"MNR. NEL: U Edele, ek verskyn in persoon. HOF: Net 'n oomblik, ek wil net vir die Lubbe Opname-dame sê dat wat hierdie aangeleentheid betref moet die hele prosedure, al die verrigtinge in die hof moet op band geneem word.
MNR. NEL: Dankie u Edele. U Edele, alvorens ek begin wil ek u net vra vir 'n wysiging van kennisgewing van mosie. HOF: Voor u dit doen, u gaan 'n geleentheid kry om dit te doen, maar ek wil eers hê u moet nou vir die hof sê, na aanleiding van u opmerkings 'n paar dae gelede, of u tevrede is om voor hierdie hof te verskyn? MNR. NEL: In hierdie saak, ja. In hierdie saak het ek geen ..., want ek voel dat dit in belang - en dit is 'n hofbevel wat reeds is, wat ek na die hof toe kom, maar in die saak wat ek voor u was, was ek nie bereid om voor u te verskyn nie. Want u het reeds uitsprake oor daardie saak gegee. Dit het gegaan oor

9.

die bewaring van die twee minderjarige kinders.
HOF: Mnr. Nel, ek wil net vir u sê dat ek vra nie om die saak te verhoor nie, verstaan? U vra om voor my te kom, verstaan? U moet asseblief baie seker maak, want ek sal nie enige beledigings weer verdra nie, verstaan? MNR. NEL: U Edele, ek het geen beledigings gehad nie, ... (tussenbei). HOF: Nee, ek sê net ... (tussenbei). MNR. NEL: Dit wat ek gesê het is feite en ek is bereid om dit in enige hof en enige plek, en op band is ek, wil ek dit duidelik aan die hof stel dat dit wat ek gesê sal ek enige plek sê. Ek is nie bang, ek het geen beledigings nie en ek het niks aan die hof weggesteek nie. Wat ek vir u duidelik wil sê is dat ek u gesê het dat ek [u] nié vertrou omdat u my nie kan verhoor op bewaring van my twee minderjarige kinders nie en ek nie bereid is om voor u te verskyn nie. Dit is duidelik en ek stel dit duidelik en ek stel dit nou weer. Maar ek sit vandag met 'n
probleem ... (tussenbei).

HOF: Ja maar wag, laat ek nou net op rekord plaas dat hierdie hof sou nie bereid gewees het om u aan te hoor nie, dit beteken ekself, weens u houding in die verlede teenoor my

self

MNR. NEL: Ja.

HOF: Verstaan u? Maar ek doen dit slegs

omdat ek die enigste Regter is wat aan diens

is. Maar nou wil ek vir u sê u moet u

asseblief bepaal by die meriete van die saak

en persoonlikhede in hierdie saak eenkant

laat.

MNR. NEL: Dankie, dit is wat ek sal doen en

10.

dit is hoekom ek die agting vir die hof het.
Ek het groot agting vir die hof, maar wanneer
die hof fouteer glo ek dat ek die foute, die
reg het om hom te kritiseer en dit is wat ek
gedoen het. U Edele, ek het groot agting vir
die hof en dit is hoekom ek vandag in hierdie
hof is ... (tussenbei)
HOF: Meneer ... (tussenbei).
MNR. NEL: Deur die agting vir die hof wat
ek het en ek kom na u toe om vir u vir 'n
bevel te vra. Nadat ek my saak aan u gestel
het is dit u goeie reg wat u onderneem het om
vir my na die beste belang 'n bevel te gee.
Ek kom nie met beledigings nie. Ek herhaal
wat ek gesê het. Dit wat ek in die verlede
gesê het en hier in kamers - ek het u nooit
probeer beledig nie - dit wat ek gesê het,
het ek feite gesê en ek het dit voor die hof
van appél gesê.
HOF: As u enigsins ontevrede is met enige
aspek wat enige hof aan u doen, dan neem u
daardie hof op hersiening of appèl, maar u
moet nie in die hof aantygings maak wat
opgeneem kan word as dat dit beledigend is
nie, verstaan?
MNR. NEL: Ja.
HOF: Want ons moet die hoflikheid handhaaf

in die howe en ek dring daarop aan.
MNR. NEL: Dit is korrek u Edele, maar soos

ek vir u sê is, ek is nog besig met ..., ek

is na die hooggeregshof, 'n petisie gerig na
die hooggeregshof. Ek is nog aan die gang
met dit wat ek nog nie tevrede was nie, wat

aan my gedoen is in hierdie hof en ek sal dit
veg tot die laaste punt toe.

HOF: Ja.
MNR. NEL: So wat ek vir u wil sê is, ek

11.

doen die regte stappe wat moet gedoen word. Ek is nie hier om enigsins die hof te beledig nie en ek wil hê dat as u [na] hierdie saak luister, dat [dit] op die agtergrond geskuif word en dit nie in u agterkop sal sit om my te benadeel nie. Maar ek is hier met 'n reg en 'n doel wat ek vir u kom vra as die oppervoog van twee minderjarige kinders om na die beste belang van hulle en almal om te sien.
HOF: Nou maar goed mnr. Nel. As u tevrede is om met die saak voor my voort te gaan, dan kan u nou voortgaan."

(2) Daarna het die appellant die hof toegespreek, met

verwysing na die briefwisseling tussen hom en die

respondent se prokureur, wat ek vroeër vermeld

het. In verband met die stelling in die

prokureur se brief, dat daar reeds 'n partytjie

vir een van die kinders gereël was op die

betrokke Saterdag, het die appellant onder andere

aangevoer dat hy weet dat "hulle baie leuens

vertel het" en dat hy gesien het "hulle soek 'n

uitkom-kans". Hy het ook die vraag gestel:

"Hoekom is ek nie welkom op 'n partytjie nie?"

Daarop kom daar toe die volgende:

12.

"HOF: Nee, dit is juis wat ek vir u vra. Waarmee is ons nou hier besig, met 'n weiering om die kinders vir u vir die naweek te gee, hetsy nou vroeg die oggend of van drie-uur se kant af tot Sondag wanneer jy hulle weer bring of 'n weiering om u toe te laat om hoegenaamd die kinders te sien, verstaan? NNR. NEL: Ja, ons het hier te doen met 'n
weiering om die kinders by my te neem. HOP: Dit is reg.
MNR. NEL: Wat .... (tussenbei).
HOF: Dit lyk vir my so ja.
MNR. NEL: Maar om hulle te sien, want ek -kyk, wat ek vir u duidelik wil sê is, die hof moet my nie op die bewyslas plaas om te sê ek soek nou 'n uitkomkans om nie vir jou 'n bevel te gee nie. Dit is weer die houding wat die hof inneem en ek stel dit duidelik op band. Want ek is nie 'n regsverteenwoordiger nie, maar ek kom duidelik na die hof toe en ek vra vir die hof ek wil my kinders sien. As dit dan hulle plig was wat regsverteenwoordig is en sê meneer ons weier nie dat jy jou kinders sien nie, maar jy kan hulle sien vir drie ure. Maar dit is woer-woer en 'n kat-en-muisspelery wat iewers ..., u edele, kan ek net klaar praat? Wat iewers stop moet gesit word. Dit is hoekom ek in hierdie hof is en dit is hoekom ek hierdie hof nie vertrou nie, met 'n uitspraak nie. En ek is reg. U kan my op band, en ek sê dit oordat ek die hof nie vertrou nie, want ek kom in eerlikheid en opregtheid na die hof toe ... (tussenbei). HOF: Is u nou klaar wat dit betref? U kan nog weer 'n kans kry, maar wat hierdie punt is wat u maak? MNR. NEL: U Edele, ek wil net my saak klaar

13.

stel, want u het my in die rede geval. Ek wil my kinders sien enige tyd en ek wil hulle saam met my neem, want dit is hulle verjaarsdag."

(3) Die appellant het toe voortgegaan om die pro-

kureur se brief te behandel, en onder meer dit

duidelik gestel dat "hulle" met hom "kat-en-muis

gespeel het" en dat "hierdie man gebruik sy

regskennis nou teen my en dit is nie meer die

f eit van die saak nie". Die appellant het ook

aangevoer dat die partytjie eers gereël is nadat

hy kennis gegee het van sy voorneme om die

kinders by hom te neem. Die regter het daarop

gewys dat daar niks was om aan te toon dat die

prokureur enigsins betrokke was by die reëling

van die partytjie nie. Die appellant se reaksie

blyk uit die volgende:

"MNR. NEL: U Edele, u sien dit is waar ons weer met die probleem kom. U is nie hier in verdediging vir die respondent nie. HOF: Nee, maar ek moet u argument verstaan. MNR. NEL: Ek dink dit is ... (tussenbei).
14.

HOF: ... (praat tegelykertyd)

MNR. NEL: Duidelik om my argument te

verstaan, want ek probeer dit vir u

verduidelik. Dit is nie nodig om die

respondent te verdedig nie. Ek kom nie hier

... (tussenbei).

HOF: Ek ver ... (tussenbei).

MNR. NEL: Dit is wat gebeur, want u sê, sê

nou maar hy het so verstaan. Wat ek vir u sê

... (tussenbei).

HOF: U maak die punt dat u vind dit

vreeslik eienaardig dat hy toe skielik kan

uitvind en ook kan praat van 'n partytjie.

Nou sê ek vir u ek verstaan nie daardie punt

nie, want hy het nie voorheen kon geweet het

van die partytjie nie. Dit beteken nie die

partytjie is noodwendig daardie middag gemaak

nie, tensy u my tot ander insigte kan bring.

MNR. NEL: Die insig wat ek u toe kan bring

is, die verloop van die saak en my brief van

die drie-en-twintigste dat hierdie man het

met my kat-en-muis gespeel. As u lees sal u

sien dat dit nie 'n regsgeleerde is wat

hierdie brief geskryf het op die drie-en-

twintigste nie.

HOF: Dit is reg.

MNR. NEL: En die feit van die saak moet ons

nie uit die ... , u is nie hier om die

respondente te verdedig nie. U is hier om na

die feit van die saak te luister en daaroor

moet u u oordeel vel "

Gedurende die res van sy betoog het die appellant
telkemale, soos 'n herhalende refrein, aan die
regter gesê, as laasgenoemde probleme aan hom
15. gestel het, dat die regter "nie op die verdediging was nie" en dat hy slegs "na die feit van die saak" moes luister. (4) Die appellant het herhaaldelik aangebied om getuienis onder eed af te lê. Die regter het keer op keer dit aan hom gestel dat die respondent geen kennis ontvang het van die aansoek nie en dat hy nie bereid was om getuienis net van die een kant aan te hoor nie. Die appellant wou dit nie aanvaar nie, en het onder meer in hierdie verband gesê dat, as hy nie sy kinders te sien kon kry nie, "dan het ek geen vertroue in enige Hooggeregshof verder nie". Die debat oor hierdie aangeleentheid het algaande al hoe heftiger geraak, soos blyk uit die volgende uittreksel uit die oorkonde (na aanleiding van 'n

bewering van die appellant dat die kinders hom oor die telefoon meegedeel het dat daar geen partytjie gereël was op die Saterdag nie):

16.

"HOF: Ek sal u nie in die getuiebank sit
nie, want dit sal hoorsê-getuienis wees.
MNR. NEL: Maar dan, as dit hoorsê-getuienis

is, dan dagvaar ons daardie twee seuns om dit
vir u te sê, want ek daag u uit om hulle dit
te vra, want hulle is ten minste nog eerlik.
HOF: Dan is die naweek verby teen die tyd
wat hulle hier kom.
MNR. NEL: Ja, maar dit is my feit. U is op
die verdediging. U is nie 'n regter nie.
HOF: Nee, ek is prakties, ek is prakties.
Ek kan nie net u kant van die saak hoor nie.
Ek sal dit nooit toelaat nie. U moet dit
baie goed verstaan. ... (tussenbei).
MNR. NEL: So wat u vir my sê, dan kan ek my
goed nou pak en loop, want u gaan nie na my

luister nie. Want u sê u gaan nie na my saak

luister nie, waarvoor ... (tussenbei).
HOF: Nee.
MNR. NEL: Mors ek my tyd dan.
HOF: Ek het gesê ek gaan nie net na u

luister nie.
MNR. NEL: Net na my luister, maar dit is
mos wat ek voor gekom het.
HOF: Ja, u kan argumenteer voor my, maar ek
kan nie toelaat dat net u getuienis gee nie,
verstaan, as u mondelinge getuienis wil gee
nie. As u ... (tussenbei).
MNR. NEL: Maar hulle tyd, hulle tyd -
ekskuus tog u Edele, maar hulle het tyd om te
antwoord daarop. Maar ek wil u oortuig dat
hier is leuens aan die gang en as die hof nie
wil inneem van alles wat voor die hof gesê
word nie, dan kan hierdie hof mos nie h

regverdige beslissing maak nie."

17.

(5) Hierna het die regter probeer om aan die

appellant te verduidelik wat hy moes

"argumenteer" om die regter te "oortuig", met

verwysing na die regsposisie met betrekking tot

die begrippe "bewaring van die kinders" en

"redelike toegang" soos dit in die bestaande

hofbevel gebruik word. Die regter se

verduideliking is onderbreek deur talle

opmerkings en vrae van die appellant. Hier lê

die direkte aanloop tot die eerste

skuldigbevinding van die appellant. Ek ag dit

nodig om taamlik breedvoerig uit die oorkonde aan

te haal. In die loop van sy verduideliking van

die regsposisie het die regter opgemerk dat

volgens die hofbevel die kinders in die eerste

instansie by hulle ma is. Dan lui die oorkonde

soos volg:

"MNR. NEL: Wat het dit daarmee te doen? HOF: Nee, gee vir my nou net 'n kans. Nou wil u hê dat ons moet 'n verandering maak van

18.

die bestaande hofbevel. U kry hulle sekere
vakansies ... (tussenbei).
MNR. NEL: Nee Edele, kan ek net u help?
HOF: Tussen die ... (tussenbei).
MNR. NEL: Nee, u is heeltemal verkeerd nou.
U tas heeltemal mis. Dit is nie my ...
HOF: Gee my net 'n kans. Tussen die
yakansies moet die kinders by haar wees, nie
waar nie?
MNR. NEL: Nee, die billikheid. U Edele,
kan ek vir u reghelp? U tas nou, u tas nou
na die onwerklikheid. Kom ek sê vir u wat
die werklikheid is.

HOF: Nou maar u wil nou hê die kinders moet

nou terwyl hulle by hulle ma is, moet hulle
weggevat word tydens die verjaarsdag by die
ma en vir u gegee word.
MNR. NEL: Hoekom nie?

HOF: Hoekom moet ...(tussenbei).
MNR. NEL: Hoekom kan ons hulle nie deel

nie?

HOF: Maar hoekom moet hulle by u wees?

MNR. NEL: Maar hoekom moet hulle by die ma
wees, hoekom kan ons hulle nie deel nie?

HOF: Want sy sê sy het 'n partytjie gereël.

MNR. NEL: Weet u wat is die waarheid? So u

glo haar?

HOF: Nee, nee ...(tussenbei).

MNR. NEL: En ek sê u, ek plaas nou op

rekord, dat u u nie moet laat mislei nie.

Want u sê nou, sy is nie hier om dit te sê

nie, maar u aanvaar dat sy die waarheid

praat.

HOF: U het op rekord geplaas wat haar

prokureur sê, dus is daar 'n moontlikheid . . .

(tussenbei).

MNR. NEL: Maar u glo haar. 'n Moontlikheid.

19.

Maar u sê dan nou u glo haar.
HOF: Nee, ek het nie so gesê nie. Moenie
woorde in my mond lê nie. Die inligting is
dat ... (tussenbei).
MNR. NEL: U het dan gesê dat daar is h
partytjie gereël.
HOF: Nee, ek het dit nie gesê nie.
MNR. NEL: U het dit gesê.
HOF: Ek sê sy beweer ... (tussenbei).
MNR. NEL: Nee, u het nie gesê beweer nie.
Ek sê ... (tussenbei).
HOF: Meneer, ek sê nou vir u ...
MNR. NEL: Reg, u kan sê net wat u wil, maar
ek is vandag voor hierdie hof en u wil nie na
my luister nie, want u is op die verdediging.
HOF: Sy sê ... (tussenbei).
MNR. NEL: En u is nie hier om die verdedig-

ing van die respondent waar te neem nie. U

is hier om na 'n saak van dringendheid te

luister en u kan maar lag.
HOF: Nee, meneer.
MNR. NEL: U kan maar lag.
HOF: Mnr. Nel, u gaan uself nou alweer te

buite.
MNR. NEL: Nee, u gaan u te buite, want u
maak minagting, u pleeg minagting van die

reg, wat u alreeds gepleeg het in die
verlede. Ek plaas dit op rekord.

HOF: Mnr. Nel, ek het nog geen uitspraak

gegee nie. Ek sê vir u wat u probleem is en
wat u moet oorbrug, want u is die

aansoekdoener, verstaan? Ingevolge die

bestaande hofbevel is die kinders in hierdie

stadium by haar wettiglik in terme van

daardie bevel. U wil nou hê dat sy moet

saamstem of die hof moet haar beveel om hulle

vir hierdie naweek, vir die kind se

20.

verjaardag, dit is haar kind ook, moet hul le
vir Saterdag tot en met Sondag vir u gegee
word. Nou waarom is sy verplig om daartoe in
te stem? Hoe is u reg beter as haar reg?
Dit is wat u moet sê. Wat is dit wat dit so
noodsaaklik maak, waar ek inligting het wat u
self voor my geplaas het dat sy beweer of sê
dat sy het 'n partytjie gereël en dit is
ongelee om die kinders hierdie naweek vir u

te gee.
MNR. NEL: Nou aanvaar u dit sommer as die
waarheid dat ek vir u sê dat hulle leuenaars

is, sit my in daardie getuiebank en ek sê dit
onder eed dat hulle leuenaars is en gaan
bewys word en u gaan ook bewys word dat u
moet nie net aanvaar wat hulle sê nie, want
hoekom is hulle nie vandag hier nie. Hulle

is altyd hier.
HOF: Maar ... (tussenbei).
MNR. NEL: Kan ek u net antwoord?
HOF: ... (praat tegelykertyd)
MNR. NEL: Op alles wat u gesê het. Gee my
net 'n kans.
HOF: As u wil hê ek moet sorg dat hulle
hier is dan stel ek die saak uit en ek sê u
moet vir hulle 'n kennisgewing van mosie gee
dat hulle hier moet wees.
MNR. NEL: O-ja, soos u nou nie wil
uitspraak gee nie, want u speel weer woer-
woer met die feit van die saak. Kan ek u net

antwoord wat u vir my gesê het?
HOF: Meneer, u moet nie vir my so ...

(tussenbei).
MNR. NEL: U Edele, ek sê dit.
HOF: Mnr. Nel ... (tussenbei).
MNR. NEL: Ek sê dit en u kan maak net wat u wil en u kan kwaad word net soos u wil. Kan

21 .

ek u net antwoord op dit?
HOF: Ek word nie kwaad nie. Ek verbied u
om vir my te sê dat ek speel woer-woer. Ek
sal dit nie toelaat nie.
MNR. NEL: U Edele ... (tussenbei).
HOF: Ek waarsku u nou vir die eerste keer.
MNR. NEL: Edele, ek sê vir u, kan ek u
antwoord?
HOF: Ja.
MNR. NEL: Moenie vir my woorde in my mond

lê nie. Kan ek u antwoord op die feit van
die saak.
HOF: U het vir my gesê ek speel woer-woer.
MNR. NEL: Ja.
HOF: As u dit weer sê dan sal ek
dienooreenkomstig met u optree.
MNR. NEL: U Edele, u speel woer-woer. Ek sê
dit weer.
HOF: Mnr. Nel, ek waarsku u om nie so met
my te praat in hierdie hof nie.
MNR. NEL: Edele, as u my kans sal gee, as u
my kans sal gee om my saak te stel.
HOF: Ek sal u volle kans gee om u saak te

stel.
MNR. NEL: Nou maar dan wil ek nou my saak

stel.
HOF: Maar ek wil u sê u moet nie vir my so

iets sê soos dat ek speel woer-woer nie.
MNR. NEL: U Edele, ek het dit gesê en ek

sal nie daarvan afwyk nie. Ek het dit gesê

en ek sê, ek sal dit nie weer sê nie.
HOF: Se u dit doelbewus?
MNR. NEL: U Edele, ek het [dit] nie
doelbewus gesê nie, maar ek sê die feit van
die saak is, want ek verstaan hierdie hof se

houding en ek is nie gepaard gaan nie, want

ek het die reg om die hof te kritiseer as u

22.

my sleg behandel.
HOF: Het u dit per ongeluk gesê of bedoel u
wat u sê?
MNR. NEL: Dit wat ek gesê het, het ek
bedoel wat ek gesê het.
HOF: Nou goed, mnr. Nel, dan vind ek u nou

skuldig aan minagting van die hof en ek wil

vir u vra wat is u finansiële posisie?"

(6) In antwoord op die vraag wat so pas aangehaal is,

het die appellant geantwoord dat hy 'n ongerehabi-

liteerde insolvent is. Die regter het verwys na

die stukke in die vorige aansoek wat voor hom

gedien het, waarin die appellant gesê het dat hy

R3 000,00 per maand verdien, en van die appellant

gevra of dit korrek is. Die appellant het

ontwykende en vae antwoorde verskaf. Die regter

het aangedui dat die hof sou verdaag sodat die

betrokke stukke voor die hof geplaas kon word,

waarop die appellant geantwoord het: "Met

plesier. Kan ons dan aangaan met die saak?".

Nadat die regter aangekondig het dat die hof

verdaag, het die appellant gesê: "Met plesier.

23.

Ek wag in spanning". Met die hervatting van die
verrigtinge het die regter verdere vrae aan die
appellant gestel ten opsigte van sy inkomste.
Daarna blyk die volgende uit die oorkonde:

"HOF: Ja, nou wil u enigiets sê met betrekking tot vonnis alvorens ek 'n vonnis vir u oplê?

MNR. NEL: U Edele, wat ek vir u wil sê is ... (tussenbei).

HOP: Op een ... (tussenbei). Ja. MNR. NEL: Wat ek vir u wil sê is dit wat ek gesê het, dat dit die waarheid is, dat dit feit van die saak is, dit wat u beweer minagting van die hof is, maar wat 'n hoërhof sal oor besluit.

HOF: Sê u, met ander woorde dat ek met u woer-woer speel? MNR. NEL: Ja.

HOF: Sê u u het dit doelbewus gesê en met voorbedagte rade?

MNR. NEL: Ek het vir u gesê en ek herhaal dit weer - moenie woorde in my mond lê nie. Ek het vir u gesê dat dit die feit van die saak is. Ek het in die hof gestaan, ek staan hier in die hof en ek het gesien dat u met my woer-woer speel soos u dit in die verlede ook gedoen het. En ek sê dit nou weer vir 'n feit dat u besig is om met my woer-woer te speel en nie na die feit van die saak wil luister nie. En ek herhaal dit ten sterkste en ek sal dit in die hoogste hof sê dat ek die reg het om hierdie hof te kritiseer, want ek sien in die lyn van argument, soos ek vir u gesê

24.
het, soos nou die dag voor die hofsaak begin het, het u gesê ons moet nle met mekaar weer verskil en mekaar bykom nie. Maar wat ek vir u wil duidelik sê is dat ek dit gesê het en dat dit 'n feit en voldonge feit is en ek .. staan daarby en ek sal dit in die hoogste hof gaan betwis dat dit die feit is en enige regdenkende, opregte ... (tussenbei). HOF: Wil u enigiets anders sê wat dalk betrekking het op vonnis?
MNR. NEL: U Edele, die vonnis wat ..., soos ek, ek sê mos vir u, ek is besig om dit te sê. Wat ek vir u sê is dat dit wat ek' gesê het die feit is, want ek kan dit sien dat dit die houding van die hof is en ek het lank gevat - ek staan seker al en argumenteer.vir meer as 'n uur aan hierdie hof, het ek gestaan en argumenteer, maar dat ek die lyn van argument van die regter kan sien, dat hy met my woer-woer speel. Dit is al wat ek wil
sê."

(7) Die regter het toe die appellant gevonnis, soos volg:

"Nadat die hof u skuldig bevind het aan minagting van die hof wil die hof dit onder u aandag bring dat dit 'n baie ernstige misdaad is en dat hierdie hof dit in 'n baie ernstige lig beskou. Indien lede van die publiek nie die hof met die nodige agting bejëen nie en nie met die nodige agting behandel nie, dan sal die handhawing van reg en geregtigheid van die gereg in hierdie land ten gronde gaan.
Die applikant het nie alleen homself

25.

skuldig gemaak aan die misdaad waaraan ek hom reeds skuldig bevind het nie, maar hy het tot in hierdie stadium geen berou daaroor getoon hoegenaamd nie, ten spyte van die feit dat die hof vir ongeveer vyf na tien minute verdaag het om sekere inligting te bekom met betrekking tot sy finansiele posisie waar-tydens hy hom tot beter besinning kon bring. Hy volhard nou, terwyl daar vir hom 'n kans gegee was om die hof toe te spreek met betrekking tot vonnis in sy houding teenoor die hof en in sy stellings teenoor die hof. As dit nie was vir die feit dat die hof bewus is daarvan en die inligting van die hof dat hy hom nie in 'n goeie finansiële posisie bevind nie, sou die hof 'n baie swaarder vonnis opgelê het wat die boete-deel betref as wat die hof in elk geval gaan oplê.
Die vonnis van die hof is R2 000,00 (TWEEDUISEND RAND) BOETE EN BY GEBREK OM DIT TE BETAAL VYF (5) MAANDE GEVANGENISSTRAF."

(8) Onmiddellik nadat die vonnis opgelê is, het die

verrigtinge voortgegaan soos volg:

"MNR. NEL: Kan u net sê wanneer dit moet

betaal word?

HOF: U moet onmiddellik betaal wanneer die

hof verdaag.
MNR. NEL: Oombliklik?

HOF: Dan moet u aansoek doen vir 'n ander

manier om dit te betaal, anders moet u maar
... (tussenbei).
MNR. NEL: Ek betaal dit oombliklik, want as

dit die houding is wat die hof inneem, wys

dit net weer wat se houding hy het, want hier

26.

gaan dit om belang van kinders wat ek probeer
veg en ek is ... (tussenbei).
HOF: Mnr. Nel, ... (tussenbei).
MNR. NEL: Ek is bereid om dit te sê dat u
hierdie kinders by my gesteel het.
HOF: Mnr. Nel, ... (tussenbei). MNR. NEL: U het hulle gesteel en ek sal dit in die hoogste hof nou, die tyd gaan kom dat die uur van vergelding nou sal kom. Moenie afsit nie dame.
HOF: Juffrou, jy moet asseblief elke woord hier afneem.
MNR. NEL: Moenie afsit nie. Die uur van ver.gelding het nou gekom, met hierdie dagvaarding het hy gekom en nou sal die feit, in hierdie hof sal ons sien wie die skelm was.
HOF: Mnr. Nel, u moet net bedaar. MNR. NEL: Nou sal ons sien wie die skelm was. Ek herhaal dit luid en opreg. HOF: Wil u graag voortgaan met die aansoek aan die hof, wil u graag met hierdie aansoek voortgaan, die aansoek oor u kinders? MNR. NEL: U Edele, ja, want om net vir ... (onhoorbaar) te wys, want ek wil vir u sê dat ek met 'n feit voor hierdie saak is en as u nou bereid is om na my saak te luister en nie met my verder woer-woer te speel nie, dan is ek bereid om met die saak aan te gaan. HOF: Mnr. Nel, sê u ek speel nou nog steeds met u woer-woer?

MNR. NEL: U Edele, ek het nie gesê steeds nie. Ek sê as u nie verder bereid is om ... (tussenbei).

HOF: Mnr. Nel, ek vra u net een ding. Die saak van die minagting van die hof is afgehandel. Wil u graag voortgaan met die

27.

aansoek met betrekking tot die kinders?
MNR. NEL: Ja, as ... (tussenbei).
HOF: Dan bepaal u u daarby asseblief.
MNR. NEL: Ja, as die hof nie verder met my

woer-woer speel nie sal ek aangaan.

HOF: U moet u onthou daarvan om sulke
aantygings, want die oomblik wat u sê verder

woer-woer speel, dan herhaal u die vorige

aantyging en dan maak u u weer eens skuldig
daaraan.
MNR. NEL: U Edele, maar wat ek nie verstaan
eers nie, ek het nog altyd gestaan ...
(tussenbei).
HOF: U moet nou ophou om dit te doen,
verstaan? Anders sal ek u weer waarsku en
dan sal u dalk uself weer skuldig maak aan
dieselfde misdaad. U moet nou ophou, u het
nou u sê gesê en u moet nou voortgaan met die
aansoek van die kinders of u moet vir [my] sê
u is nie bereid om voort te gaan met die
aansoek nie. Een van die twee. Verstaan u
vir my?
MNR. NEL: U Edele, ek verstaan u.
HOF: Nou-ja.
MNR. NEL: Maar ek het dit gesê, wat ek gesê
het, het ek gesê.
HOF: Nou gaan dan voort nou met u aansoek.
MNR. NEL: Ja. Dit help nie om daardie
houding met my in te neem nie, want as u
daardie houding inneem, kan u nie reg en
billikheid laat geskied nie.
HOF: Mnr. Nel, ... (tussenbei).
MNR. NEL: U moet u self kalmeer.
HOF: Gaan asseblief voort met die aansoek."

(9) Daarna het die appellant die regter weer

28.

toegespreek oor die briewe tussen hom en die prokureur. Wat vervolgens gebeur het, blyk nie regstreeks uit die oorkonde nie, omdat die opname-masjien vir 'n tydjie buite werking was. Uit wat opgeneem is nadat die masjien weer in werking gestel is, en uit die regter se uitspraak oor verlof om te appelleer, blyk dit egter dat die appellant weer verwys het na die betaling van die boete van R2 000,00: hy het die regter meegedeel dat hy Rl 000,00 in sy sak gehad het, wat hy onmiddellik wou betaal, en dat die oorblywende R1 000,00 by die bestuurder van sy voertuig buitekant die hofgebou gehaal kon word. Hy het die regter versoek om sy klerk, wat as griffier in die hof aanwesig was, te stuur om daardie geld te gaan haal. Die regter het geweier om aan die versoek te voldoen en het aan die appellant gesê dat hy na die afhandeling van die aansoek onder polisiebegeleiding toegelaat sou

29.

word om self die geld te gaan haal. Hierteen het
die appellant beswaar gemaak, en nadat die
opname-masjien weer in werking gestel is, sy
misnoeë met die regter se optrede "op rekord"
geplaas. Hier lê die direkte aanloop tot die
tweede skuldigbevinding. Dit is weer eens nodig
om breedvoerig uit die oorkonde aan te haal:

"MNR. NEL: U Edele, kan ek klaar praat? Ek is besig om iets aan u te sê en as u daardie houding wil inneem, wys dit net wat se standaarde hierdie hof het, want ek is reeds hier deurgesoek. Ek is op eerlikheid vandag in hierdie hof en u neem die houding in - en ek is nou ernstig wat ek sê en ek plaas dit op rekord - dat u regtig woer-woer speel en 'n

lafaard is omdat ek vir u gevra het (tussenbei).

HOF: Mnr. Nel ..... (tussenbei).

MNR. NEL: Ek het vir u gevra - laat ek

klaar praat.

HOF: Mnr. Nel ... (tussenbei).

MNR. NEL: U luister na my.

HOF: Bedaar, asseblief bedaar uself. U is

besig om aantygings te maak teenoor 'n regter

van die Hooggeregshof wat u nie mag doen nie

en ek mag dit nie duld nie. Verstaan u dit

nie?

MNR. NEL: U Edele, maar ek sê dan vir u,

want u maak aantygings teenoor my en ek het u

gevra, ek het u gevra ... (tussenbei).

30.

HOF: U sê ek is 'n lafaard?
MNR. NEL: Ja.
HOF: Herhaal u daardie aantyging?
MNR. NEL: U Edele, ... (tussenbei).
HOF: Herhaal u dit meneer?
MNR. NEL: U Edele (tussenbei).
HOF: Of trek u dit terug?
MNR. NEL: Hoekom moet ek dit terugtrek?
HOF: So u bevestig dit dat dit u houding

is, is dit korrek?
MNR. NEL: Edele, ek het u baie mooi gevra

... (tussenbei).
HOF: Is dit korrek meneer of trek u daardie
aantyging terug, onvoorwaardelik?
MNR. NEL: Ek sal dit terugtrek.
HOF: Ja.
MNR. NEL: Maar ek sê vir u ... (tussenbei).
HOF: Dan kan ons nou voortgaan met die
aansoek asseblief ... (tussenbei).
MNR. NEL: Ek rig nou ...
HOF: Met die meriete van die aansoek.
MNR. NEL: Ek rig nou 'n aansoek aan u en die
aansoek is, wat ek vir u gesê het toe dit van

band af is, wat lyk my u nie wil luister nie
en dit is nou 'n aansoek wat ek aan u rig. Ek

het hier duidelik gevra dat u u klerk moet
opdrag gee om my bestuurder wat hier buite in
my motor sit te vra om vir my die ander
R1 000,00 te gaan haal, ek het R1 000,00 in

my sak.

HOF: Ek het u aansoek van die hand gewys en

gesê u sal geleentheid kry nadat die hof
verdaag is en ek het intussen die griffier in

kennis gestel en gesê dat ek u gevonnis het

tot die betaling van 'n boete of inkarserasie

by 'n tronk by versuim daarvan om dit te

betaal. Dit beteken dat wanneer die hof hier

31.

verdaag u onmiddellik daardie boete moet betaal. As u nie betaal nie moet die polisieman u begelei na die tronk toe en moet my klerk 'n lasbrief uitreik vir. u opname, verstaan u dit? Nou wanneer die hof verdaag
het, dan kan u deur bemiddeling van die griffier en die polisie wat dan hier sal wees die nodige reëlings tref. U hoef nie in arres geneem te word nie.
MNR. NEL: Maar u edele ... (tussenbei). HOF: Ek gaan nie nou die griffier, wat my klerk is, stuur uit die hof uit nie. Ons is besig met 'n aansoek. Daardie aansoek van u word van die hand gewys.
MNR. NEL: 0, so u wys hom sommer van die hand. Dit is maar weer u, want. daar was nie eers 'n aansoek nie. U sê sommer van die hand gewys. U het nie vir my gesê hy is van die hand gewys nie. U sê dit nou. HOF: Ek het vir u gesê deur vir u te sê nee u sal moet wag totdat die hof verdaag het en wanneer hier polisiebegeleiding is indien u nie betaal nie. Dan kan u die nodige reëlings tref. Dit beteken u aansoek, dat my klerk nou moet gaan en die hof dan moet sit sonder 'n griffier nie toegestaan word nie. Verstaan u dit nie?
MNR. NEL: Ja, ek sal dit verstaan, maar dit was terwyl daar moeilikheid was met die masjien het ek dit aan u gerig. HOF: Ja.
MNR. NEL: Daar was moeilikheid met die masjien. Moenie nou maak asof dit nou, die hof se tyd nou gemors word nie. Ek het daardie tyd gevra ek sê net vir u dat dit maar 'n lafhartige optrede is. HOF: Mnr. Nel, wat is lafhartig, wie sê u

32.

is lafhartig?
MNR. NEL: U Edele, ek het hier 'n aansoek
... (tussenbei).
HOF: Wie sê u is lafhartig?
MNR. NEL: . Ek . sê dit is 'n lafhartige
optrede.
HOF: Wie sê u is ... (tussenbei).
MNR. NEL: Ek het nie gesê iemand is
lafhartig nie.
HOF: Wie se optrede is lafhartig?
MNR. NEL: Van die hele hof.
HOF: U sê die hof se optrede is lafhartig?
MNR. NEL: Ja.

HOF: Dan vind ek u nou skuldig aan

minagting van die hof en ek vonnis u tot DRIE
(3) MAANDE GEVANGENISSTRAF."

(10) Hierna het die regter aan die appellant gesê dat

hy kon voortgaan met die aansoek as hy wou; die

gevangenisstraf sou eers in werking tree na die

verdaging van die hof. Die appellant se reaksie

hierop was: "dit is soos die hof met my woer-

woer speel", en hy het bygevoeg dat, alhoewel dit

"lagwekkend" was, hy tog met sy aansoek sou

voortgaan. Dit het hy gedoen deur die hof verder

breedvoerig toe te spreek. Wat hy verder gesê

het, is deurspek met uitlatings soos dat die

33.

regter "op die verdediging is" namens die

respondent; dat hy "weghardloop van die feit van

die saak"; dat.hy nie "wil verstaan nie"; en so

meer. In een stadium, toe die regter die

appellant vermaan het oor sy uitlatings, het die

appellant gesê:

"jy kan my drie jaar ook in die tronk sit. Ek gee nie om nie. Maar die belang van my kinders sal ek nie los nie."

Uiteindelik, nadat die appellant klaar gepraat

het, het die regter 'n uitspraak gelewer, waarin

hy die appellant se aansoek van die hand gewys

het.

Aan die hand van die voorgaande feite gaan ek

nou oor tot 'n bespreking van die betoogpunte wat namens
die appellant geopper is. Die eerste daarvan (genoem
onder A hierbo) is dat daar nie bewys is dat die
appellant die opset gehad het wat nodig is vir 'n

skuldigbevinding aan minagting van die hof in facie

curiae nie. Dat opset wel 'n noodsaaklike bestanddeel
34. van die oortreding is, val nie te betwyfel nie (kyk bv In re Clark 1958 (3) SA 394 (A) op 399B-D); ook nie dat die vereiste opset kan bestaan in die vorm van
dolus directus of dolus eventualis nie (vgl bv R v
Silber 1952 (2) SA 475 (A) op 483H-484E). Die betoog namens die appellant vereis dat nagegaan moet word of die aanwesigheid van opset by die appellant, as iets wat gesetel het in sy subjektiewe gemoedstoestand, die enigste redelike afleiding is wat voortspruit uit die objektiewe feite wat blyk uit die oorkonde.
Die woorde van die appellant wat sy skuldigbevindings teweeggebring het, is klaarblyklik 'n
belangrike aanwyser van sy bedoeling. Die betekenis van die woorde moet beoordeel word in die lig van die samehang waarin hulle gebesig is. Die eerste skuldigbevinding was gebaseer op die appellant se aantyging dat die regter woer-woer speel (paragraaf (5) hierbo). Woer-woer is 'n eenvoudige kinderspeletjie van ouds. Soos ek dit uit my kinderdae onthou, word h
35. stuk garing geryg deur die gaatjies van 'n knoop, sodat die garing lang lisse maak alkante van die knoop; die vingers word gesteek deur die lisse, die knoop word in die rondte geswaai, en daarna word die garing deur 'n
uit- en inwaartse beweging van die hande beurtelings styf gespan en verslap; die gevolg is dat die knoop baie vinnig heen en weer in die rondte tol, en dit veroorsaak 'n woer-woer geluid. Die speletjie bestaan dus uit die manipulering van die garing in die knoop. Die appellant het na die speletjie verwys by wyse van beeldspraak. Die letterlike manipulering van die garing en die knoop word dus klaarblyklik 'n figuurlike manipulasie van iets of iemand. Volgens HAT beteken die uitdrukking "met iemand woer-woer speel", om met iemand te "maak soos jy wil". Die woordeboek-omskrywing is egter nie in die huidige verband van belang nie; wat tel, is die appellant se eie begrip van die uitdrukking soos hy dit gebruik het, en soos dit blyk uit die samehang. Die eerste aanduiding van

36.

die appellant se bedoeling is te vind in die passasie aangehaal in paragraaf (2) hierbo. Die appellant sê dat die hof weer die houding inneem om 'n uitkomkans te soek om nie vir die appellant 'n bevel te gee nie. Daarna sê die appellant dit is woer-woer en 'n kat-en-muisspelery wat iewers stopgesit moet word. Klaarblyklik beteken woer-woer vir hom 'n manipulasie wat bestaan uit 'n onbehoorlike geknoeiery. Weliswaar volg sy vermelding van woer-woer onmiddellik op 'n
verwysing na sy gewese vrou se regsverteenwoordiger, maar dit is duidelik genoeg dat hy die hof se optrede ook daarby wil betrek, soos blyk uit die onmiddellik-opvolgende bewering dat hy die hof nie vertrou met 'n
uitspraak nie. Daarna begin die appellant met sy tema dat die regter nie daar is om die respondent te verdedig nie, maar dat hy daar is om na "die feit van die saak" te luister (paragraaf (3) hierbo), en later koppel hy sy stelling dat die regter op die verdediging is aan die bewering dat die regter inderdaad nie 'n
37. regter is nie (paragraaf (4) hierbo). Dan, in paragraaf (5) hierbo, kom hy weer terug op sy tema; en wanneer hy weer verwys na woer-woer, knoop hy dit regstreeks vas aan die bewering dat die regter nie wil uitspraak gee nie en dat hy woer-woer speel "met die feit van die saak". Laasgenoemde uitdrukking beteken klaarblyklik vir die appellant dat hy die reg het om die kinders by hom te neem en dat hy geregtig is om 'n
bevel van die hof te verkry in die verband. Op die keper beskou, kan daar na my oordeel geen twyfel bestaan nie dat, toe die appellant gesê het dat die regter woer-woer speel, hy bedoel het en beoog het om te kenne te gee dat die regter bevooroordeeld is, dat hy die appellant onbehoorlik wou fnuik in sy regmatige poging om sy reg te verwesenlik, en dat die regter weier om sy plig as regter uit te voer. Die woorde wat aanleiding gegee het tot die tweede skuldigbevinding was dat die regter 'n lafaard is en dat die optrede van die hof lafhartig is. Daardie woorde behoef geen
38. verdere bespreking nie, behalwe om daarop te wys dat hulle ook die regter toegevoeg is in sy hoedanigheid as regter en dus betrekking gehad het op die uitvoering van sy plig as sodanig.
Die gevolgtrekking uit die voorgaande is na my mening duidelik: die betrokke uitlatings van die appellant was beledigend teenoor die regter en minagtend van die hof. Hierdie bevinding regverdig 'n prima facie afleiding dat die appellant opsetlik minagting van die hof gepleeg het. Die appellant se advokaat het egter betoog dat die appellant se opset tog nie met genoegsame sekerheid geblyk het om sy skuldigbevindings te regverdig nie. Ter ondersteuning van die betoog het die advokaat die volgende oorwegings geopper: die appellant is 'n leek; hy vra die hof om hom toegang tot sy kinders te gee volgens sy begrip van wat die egskeidingsbevel beteken; hy tree op volgens wat hy dink reg en billik is; hy kry die indruk dat die hof besig is om die respondent se kant te kies.
39. onregverdiglik ten koste van die erkenning van sy eie reg; hy is emosioneel behep daarmee om sy kinders by hom te kry; die regter se weiering om hom toe te laat om getuienis onder eed af te lê, en die regter se reaksie-uitlokkende aanduiding dat hy oorweeg om die aansoek uit te stel, veroorsaak by hom 'n hewige emosionele ontsteltenis; en in die geheel, vanuit sy subjektiewe oogpunt beskou, het hy goeie rede gehad om te dink dat die regter hom probeer fnuik, en dat die regter partydig en bevooroordeeld is. Ek het grotendeels begrip vir hierdie skets van die appellant se subjektiewe gemoedstoestand, maar na my oordeel weerspreek dit nie die afleiding van die appellant se opset nie. Soos ek die betoog verstaan, is dit eintlik daarop gemik om aan te toon dat die aanwesigheid van wederregtelikheidsbewussyn by die appellant nie bo redelike twyfel bewys is nie. Daarmee kan ek nie saamstem nie. Dit blyk uit die oorkonde dat die appellant 'n heel intelligente man is, en daarby wel
40. ter tale; en dat sy vermoë om sy gedagtes te bewoord nie aangetas is deur sy emosionele betrokkenheid by die saak nie. Wat hy gesê het, wou hy gesê het. Daarbenewens blyk dit dat hy vertroud was met die betekenis van minagting van die hof, as gevolg onder meer van wat twee dae vantevore in die regter se kamers gebeur het, en soos ook toegelig word deur wat ter aanvang van die huidige verrigtinge plaasgevind het (paragraaf (1) hierbo). Dat hy ten volle bewus was van wat op die spel was ten opsigte van sy uitlatings teenoor die regter, spreek duidelik uit die hele oorkonde. Ek noem slegs een voorbeeld (uit paragraaf (5) hierbo): toe die regter aan die appellant sê hy gaan homself alweer te buite, antwoord die appellant:

"Nee, u gaan u te buite, want u pleeg minagting
van die reg " Hierdie slim woordspeling van die

appellant is op sigself al genoeg om onteenseglik aan te toon dat die appellant met sy daaropvolgende uitlatings nie alleen die opset gehad om die regter te
41. beledig nie, maar ook terdeë bewus was daarvan dat hy wederregtelik minagting van die hof pleeg.
Gevolglik word die eerste betoogpunt namens die appellant verwerp.

Die tweede betoogpunt namens die appellant

(onder B hierbo) opper die vraag of 'n regter (of
'n landdros) prosesregtelik onreëlmatig optree as hy

iemand skuldig bevind aan minagting van die hof wat in,

facie curiae gepleeg word, sonder dat hy so iemand eers

in kennis stel dat hy beoog om sodanige

skuldigbevinding in te bring en sonder dat daar vir so

iemand 'n geleentheid gegun word om die hof toe te

spreek en vertoë te rig in dié verband. Daar is wel

gesag wat in dié rigting dui. In Cape Times Ltd v

Union Trades Directories (Pty) Ltd and Others 1956 (1)

SA 105 (N) het MILNE R, wat die uitspraak van die volle

hof gelewer het, die volgende gesê (op 125 E/F):

"In many cases where summary jurisdiction is exercised it is in respect of a flagrant contempt committed in facie curiae where the

42.

court is itself a witness to the act of
contempt. In such a case the court can and
does act immediately, though it must, of
course, inform the person whom it proposes to
punish what the complaint is against him and
afford him a proper opportunity of answering
it "

Die veralgemeende strekking van hierdie stelling (wat 'n
obiter dictum was) is egter nie vereenselwigbaar nie
met wat gebeur het in R v Silber supra. In daardie
geval het 'n prokureur in die loop van 'n verhoor in die

landdroshof 'n aansoek tot die landdros gerig om homself
te rekuseer op grond van beweerde vooroordeel. Die

landdros se reaksie op die aansoek was om die prokureur
mee te deel dat sy aantygings 'n parmantige en opsetlike
belediging van die hof was en om hom summier skuldig te
bevind aan minagting van die hof en te vonnis. 'n Appèl
teen die skuldigbevinding na die Provinsiale Afdeling
het misluk, en 'n verdere appèl na hierdie Hof is ook
van die hand gewys. In die uitspraak van hierdie Hof
het SCHREINER AR gesê (op 480F/G-H):

"The power to commit summarily for contempt

43.
in facie curiae is essential to the proper
administration of justice But it is
important that the power should be used with caution for, although in exercising it the judicial officer is protecting his office rather than himself, the facts that he is personally involved and that the party affected is given less than the usual opportunity of defending himself make it necessary to restrict the summary procedure to cases where the due administration of justice clearly requires it. There are many forms of contempt in facie curiae which require prompt and drastic action to preserve the court's dignity and the due carrying out of its functions. Here we have to deal with an allegation that the appellant wilfully insulted the magistrate in the course of the proceedings. Considered from the objective point of view, to impute bias to a magistrate is a very grave insult indeed."

Alhoewel daar verwys word na "less than the usual
opportunity of defending himself", het die appellant in
daardie saak inderdaad geen geleentheid gehad om
homself te verdedig voordat hy skuldig bevind en
gevonnis is nie, soos blyk uit die uittreksel uit die
oorkonde wat aangehaal word in die uitspraak van
SCHREINER AR op 478D-479H (kyk veral op 479E-F). Waar
daar dan verwys word na "prompt and drastic action"
44. moet dit beskou word as 'n verwysing na summiere optrede in die enge betekenis van die uitdrukking, d w s waar die skuldigbevinding (en vonnis) nie voorafgegaan is deur enige waarskuwing of geleentheid om vertoë te rig nie. Hierdie Hof moes noodwendig van mening gewees het dat sodanige optrede in daardie geval geregverdig was.
Daarteenoor het daar na R v Silber supra verskeie gevalle in die Provinsiale Afdelings voorgekom waarin skuldigbevindings aan minagting in laer howe op appèl of hersiening tersyde gestel is omdat die betrokke persone nie 'n behoorlike geleentheid gegun is om hulle optrede of gedrag wat aanstoot gegee het, te verduidelik nie: kyk bv Duffey v Munnik and Another 1957 (4) SA 390 (T) (oënskynlike dronkenskap van 'n prokureur); S v Mkize 1962 (2) SA 457 (N) (weiering van 'n beskuldigde om sy vingerafdrukke op 'n lys van vorige veroordelings aan te bring); S v Mahlope 1962 (3) SA 311 (T) (weiering van 'n tolk om 'n vraag aan 'n getuie oor te tolk); S v Foley 1968 (1) SA 694 (T)

45.

(oënskynlike dronkenskap van 'n beskuldigde). In
hierdie gevalle het die howe egter nie voorgegee om te
steun op enige vermeende algemeen-geldende reël soos
dié wat in die Cape Times-saak supra gestel is nie.
Elke geval is op grond van sy eie besondere feite
beslis. Die benadering wat in hierdie sake gevolg is,
blyk ten duidelikste uit die volgende opmerkings van
RAMSBOTTOM R in Duffey v Munnik and Another supra op

395B-D:

"In the ordinary case where there is insolence to the magistrate or disobedience to a court's ruling the incident happens then and there; the person punished knows what he has done, and he is punished for an act of which he is fully aware. But here the person was punished for conduct observed by the magistrate which caused the magistrate to think that the attorney was intoxicated, namely swaying and having difficulty in picking up a paper and the other behaviour that the magistrate noted.
It seems to me that the magistrate ought not to have punished summarily in this way without informing the attorney of what was in his mind and without giving the attorney an opportunity of explaining his behaviour. I am anxious not to lay down any general rule. To do so would be unwise."

46.

Hierdie benadering is gevolg deur die eertydse Suid-
Rhodesiese Appèlhof in R v Hawkey 1960 (1) SA 70 (SR),
met die volgende verdere kommentaar (op 71G-72A):

"There is no doubt that the court in a proper case, when an obvious act of contempt of court is committed in its presence, may summarily fine and punish the offender without conducting, as it were, a minor trial to satisfy itself that there was a contempt of court. But there are cases where the action of the person concerned may not be so unequivocal as to justify the assumption that the person undoubtedly intended to be contemptuous; and in such cases the audi alteram partem rule should be observed; and, before the court summarily convicts the person of contempt of court, that person should be given some opportunity of making an explanation and of apologising. It does not necessarily follow that the court would accept that explanation or accept the apology. An apology grudgingly given may even aggravate the contempt. But in cases when it cannot be said with certainty that the person concerned had been openly contumacious, he ought to be given some opportunity of making an explanation before being summarily punished."

Met die oog op die gedagtes wat blyk uit die

voorgaande sake, meen ek dat sekere aspekte van die
prosedure met betrekking tot gevalle van minagting in
47. facie curiae nadere toeligting vereis. Om mee te begin: 'n voorsittende regter of landdros wat van oordeel is dat iemand minagtend teenoor die hof optree, sal eers besin daaroor of dit vir hom nodig en wenslik is om iets daaromtrent te doen. Baie dikwels kan optrede wat streng gesproke minagting van die hof daarstel, gevoeglik bloot verontagsaam word, sonder om sodoende werklik afbreuk te doen aan die waardigheid of die gesag van die hof of die ordelike verloop van die regspleging. 'n Te kwistige aanwending van die hof se bevoegdheid om mense te straf vir minagting, kan die bestaansrede daarvan teenwerk. As 'n regter of landdros besluit dat die betrokke minagtende optrede nie van so 'n aard is dat dit maar net oor die hoof gesien kan word nie, dan is daar vir hom twee moontlike weë oop. Hy kan die aangeleentheid na die prokureur-generaal verwys om te besluit of die betrokke persoon in die gewone loop van sake vervolg gaan word. Dit sal die aangewese weg wees as dit nie noodsaaklik is om vinniger teen die

48.

betrokkene op te tree ter wille van die beskerming van die aansien of die gesag van die hof of die handhawing van die ordelikheid van die verrigtinge nie. Aan die ander kant, as daar wel so 'n noodsaaklikheid bestaan, sal die regter of die landdros self die aangeleentheid daar en dan in behandeling neem. Besluit hy om dit te doen, dan tree hy "summier" teen die betrokkene op, in die wye sin van die woord, d w s in teenstelling met die gewone regsprosesse wat geld by strafregtelike vervolgings. Maar hy sal in so 'n geval nogtans in die reël nie "summier" teen die betrokkene optree in die enge sin van die woord nie, d w s deur hom skuldig te bevind aan minagting sonder om hom eers die geleentheid te gee om aangehoor te word. Die gedagte om iemand skuldig te bevind aan 'n strafregtelike oortreding sonder dat hy 'n kans gegun is om vertoë te rig dienaangaande, is so 'n drastiese afwyking van die fundamenteelste beginsels van ons regstelsel dat dit nie gedoog kan word nie, behalwe in uitsonderlike

49.

omstandighede. Alhoewel daar geen onwrikbare reël is dat 'n persoon eers aangehoor moet word voordat hy regsgeldig skuldig beyind kan word aan minagting nie, is dit 'n heilsame uitgangspunt dat hy 'n geleentheid gegun behoort te word om die hof toe te spreek alvorens hy skuldig bevind word. Of 'n skuldigbevinding regtens geregverdig is sonder 'n voorafgaande geleentheid om vertoë te rig, hang af van die besondere omstandighede van elke geval. Onder meer sal daar gekyk moet word na die aanloop tot die optrede wat minagtend is en die aard van die optrede self; en daarby is dit van belang of die betrokke persoon 'n regspraktisyn is of 'n leek, en in laasgenoemde geval, wat sy kennis en ervaring is van hofprosedures. Dit is egter ondoenlik om aandag te gee aan al die bepaalde omstandighede wat ter sake kan wees en watter rol hulle kan speel. In die huidige saak het ons te doen met 'n leek wat beledigende aanmerkings gemaak het teenoor die regter, in die loop van debatvoering oor die saak wat voor die hof gedien

50.

het. In so 'n geval is ek van mening dat 'n
skuldigbevinding aan minagting, sonder 'n voorafgaande geleentheid om vertoë daaroor aan die hof te rig, geregverdig sou wees alleenlik as dit duidelik uit al die omstandighede sou blyk dat die betrokkene die regter willens en wetens beledig het, d w s doelbewus en met kennis ,daarvan dat hy 'n oortreding pleeg waarvoor hy tot verantwoording geroep kon word by wyse van skuldigbevinding en straf. Sonder voldoening aan hierdie voorvereiste sou 'n summiere skuldigbevinding (in die enge sin van die uitdrukking) in stryd wees met fundamentele vereistes van geregtigheid.
Daarmee keer ek terug na die omstandighede van die onderhawige geval. Ter aanvang is dit nodig om in die algemeen iets te sê oor die hele verloop van die verrigtinge in die hof a quo. Soos blyk uit die opsomming daarvan wat ek vroeër verstrek het, was dit wedersyds rampspoedig, van begin tot end. Die appellant het hom 'n stewige boete en ook nog gevangenisstraf op
51 . die hals gehaal, maar selfs deur dié vonnisse wat die regter opgelê het, het hy tog nie daarin geslaag om die gesag van die hof af te dwing op die appellant nie, soos blyk uit wat na die oplegging van elk van die vonnisse gebeur het (kyk paragrawe (8) en (10) hierbo). Die regter se pogings om die appellant tot orde te roep, het misluk. Dit is 'n ongelukkige toestand van sake, wat 'n mens kan laat wonder, in die kille lig van nabetragting, en in aansluiting met wat ek vroeër in diê verband gesê het, of dit nie beter sou gewees het as die regter maar net die appellant se beledigings oor die hoof sou gesien het nie. 'n Mens kan egter nie die wysheid wat kom met nabetragting toeskryf aan die regter wat opgetree het in die omstandighede waarin hy hom bevind het nie. Dit was nie geredelik te verwagte nie dat die eerste skuldigbevinding, in plaas daarvan om die appellant tot sy sinne te bring en te laat bedaar, sou lei tot 'n uittartende herhaling van die minagtende aanmerkings van die appellant (paragraaf (6)

52.

hierbo), of dat die appellant sou volhard in sy uittartende beledigings selfs nadat hy die eerste keer gevonnis is (paragrawe (8) en (9) hierbo) en die tweede keer skuldig bevind en gevonnis is (paragraaf (10) hierbo). Die appellant se optrede getuig van 'n vreemde soort halsstarrigheid, wat op die oog af die indruk skep dat hy die regter met volharding uitgedaag het om teen hom op te tree, in die verwagting dat dit sou gebeur. Ek dink nie die regter kan dit verkwalik word dat hy nie voorsien het dat die appellant se volgehoue halsstarrigheid die oogmerk van die minagtingsprosedure sou verydel nie. Die huidige is gevolglik nie 'n geval waar dit bevind kan word dat die regter liewers nie summier (in die wye sin van die woord) teen die appellant behoort op te getree het nie, hoe 'n mens ook al in nabetragting oor die ongelukkige verloop van die gebeure mag voel. Die oorwegings wat ek in hierdie paragraaf bespreek het, het net betrekking op die beleidsaspek van die aanwending van die minagtings-
53. prosedure. Dit raak nie die regsgeldigheid van die skuldigbevindings as sodanig nie, in die samehang van die summiere aard daarvan (in die enge betekenis van die woord). Om dit te bepaal, moet daar, aan die hand van wat ek vroeër gesê het, verder na die feite van die geval gekyk word.
Die appellant is weliswaar 'n leek op regsgebied, maar soos reeds geblyk het, was hy ten tyde van die verrigtinge in die hof a quo reeds, wat betref minagting van die hof, 'n baie goed ingeligte leek. Hy is twee dae vantevore deur die regter in kamers gewaarsku dat hy hom skuldig maak aan minagting van die hof weens sy beledigende uitlatings teenoor die regter. Aan die begin van die huidige verrigtinge (paragraaf (1) hierbo) is die appellant gewaarsku dat hy nie aantygings in die hof moet maak wat as beledigend opgevat kan word nie, en dat die regter daarop aandring dat hof likheid in die hof gehandhaaf moet word. Dat die appellant goed geweet het wat minagting van die hof
54. behels, blyk duidelik uit sy reaksie op wat die regter ter aanvang van die verrigtinge aan hom gestel het, en word bevestig deur sy hele optrede daarna (paragrawe (2), (3) en (4) hierbo). In die aanloop tot die eerste skuldigbevinding (paragraaf (5) hierbo) beskuldig die appellant die regter daarvan dat hy hom te buite gaan, omdat hy "minagting van die reg" pleeg; die regter wil hom belet om te sê die regter speel woer-woer, waarop hy herhaal dat hy dit sê en byvoeg dat die regter kan maak net wat hy wil; die regter belet hom om dit te sê, waarsku hom, en verwittig hom dat as hy dit weer sê, die regter met hom "dienooreenkomstig" sal optree; hy sê daarop weer die regter speel woer-woer; en ten slotte, na nog 'n waarskuwing, sê die appellant dat hy nie sal afwyk van wat hy gesê het nie en dat hy dit bedoel het wat hy gesê het. In hierdie omstandighede is dit duidelik dat die appellant die regter doelbewus beledig het, met kennis daarvan dat die regter beoog het om hom aan minagting van die hof skuldig te bevind
55. en te straf. Die appellant het willens en wetens opgetree. Dit was dus nie vir die regter nodig om die appellant 'n geleentheid te bied om vertoë tot die hof te rig alvorens hy hom skuldig bevind het nie. Wat die tweede skuldigbevinding betref, geld hierdie gevolg-trekking des te sterker.
Gevolglik word die tweede betoogpunt namens die appellant verwerp.
Die derde betoogpunt namens die appellant (onder C hierbo) het betrekking op die vonnis wat die appellant opgelê is ten opsigte van die eerste skuldigbevinding (h boete van R2 000,00 of 5 maande gevangenisstraf). Daar is nie aangevoer dat die regter in sy uitspraak met vonnisoplegging (paragraaf (7) hierbo) enige besondere mistastings begaan het nie. Die betoog was dat die opgelegde vonnis so buitensporig swaar was dat hierdie Hof op daardie grond alleen geregtig en verplig is om in te gryp.

Ter ondersteuning van sy betoog het die
56.

appellant se advokaat klem gelê op die subjektiewe gemoedstoestand waarin die appellant hom bevind het. Ek het vroeër reeds verwys na die advokaat se betoog in hierdie verband. Kortliks kom dit daarop neer dat die appellant in 'n toestand van hewige emosionele opwelling verkeer het; dat sy subjektiewe ervaring van die verloop van die gebeure (in paragrawe (1) - (6) hierbo) was dat die regter hom telkens probeer kortwiek het in elke poging wat hy wou aanwend om die hof te oorreed dat hy geregtig was op die aangevraagde bevel; en dat hy subjektief geglo het, hoe verkeerdelik ook al, dat die regter 'n partydige standpunt téén sy saak ingeneem het en bevooroordeeld was ten gunste van die respon-dent. Dit is alles strafversagtende faktore, volgens die betoog.

Daarteenoor het die appellant se optrede ook

'n ander kant, soos namens die Staat betoog is. Dit kom kortliks hierop neer, dat die appellant se emosies klaarblyklik nie in dié mate die oorhand oor hom gekry

57.

het dat hy nie presies geweet het wat hy doen en waarvoor hy hom inlaat nie; dat hy deurgaans berakend opgetree het; dat sy siening van die regter se optrede onredelik was; dat sy growwe belediging van die regter heeltemal onnodig was om uiting te gee aan sy gevoelens; dat hy volhard het in sy minagting van die hof deur sy beledigende aanmerking te herhaal, nadat hy gewaarsku is om dit nie te doen nie; en, les bes, dat hy na sy skuldigbevinding en voordat hy gevonnis is nog weer sy belediging op 'n hoogs astrante en uittartende wyse herhaal het. Volgens hierdie betoog is al hierdie dinge strafverswarend.
Die strafversagtende en -verswarende omstan-dighede wat deur die advokate aan ons voorgehou is, moet natuurlik in ag geneem word by die bepaling van 'n
gepaste straf vir die appellant, maar na my mening is dit nie die aanvangspunt van die ondersoek na die gepastheid of andersins van die vonnis wat die regter in hierdie saak opgelê het nie. Daar is voorafgaande

58.

oorwegings wat belangriker is: hulle het betrekking op die wesenlike aard en doel van die minagtingsprosedure in 'n geval soos die huidige. Minagting wat gepleeg word in facie curiae is 'n eiesoortige misdaad; dit is
'n eiesoortige proses waarvolgens die oortreder daar en dan skuldig bevind en gevonnis kan word; en die straf wat opgelê word, het ook eiesoortige kenmerke. Ek sê dit om die volgende redes. Iemand wat minagting in facie curiae pleeg, is nie 'n gewone "misdadiger" in die alledaagse betekenis van die woord nie, en hy behoort nie aldus behandel te word nie. Die bestaansrede van die summiere proses (in die wye sin) waarvolgens die oortreding dadelik in behandeling geneem kan word, is die noodsaaklikheid dat 'n hof, as die spil waarom die regspleging draai, in staat moet wees om sy aansien en waardigheid doelmatig te beskerm en te bevorder, en om die ordelike verloop van die hofverrigtinge te verseker. Die primêre oogmerk van die aanwending van die minagtingsproses is om dis aansien en waardigheid
59. van die hof, en die ordelikheid van sy verrigtinge, te handhaaf. Dit is om daardie oogmerk te probeer verwesenlik dat die hof se bevoegdheid om die oortreder te straf, uitgeoefen word. Die vernaamste funksie van straftoemeting hier is om die hof se gesag af te dwing. Daar is geen ruimte hoegenaamd vir enige gedagte van vergelding nie. Van hervorming kan daar ook net beperkte sprake wees: meestal (uitsonderingsgevalle daargelaat) is die doel van die straf wat opgelê word, slegs om die oortreder tot besinning te bring in die einste verrigtinge waartydens die oortrsding gepleeg word. Afskrikking is insgelyks gewoonlik en in hoofsaak toegespits daarop om die oortreder hom daarvan te laat weerhou om met sy minagtende optrede voort te gaan in die verrigtinge wat aan die gang is. Die straf is nie daarop gemik om dis oortreder te krenk nie, maar om die kwetsing van die hof se aansien en gesag tot 'n einde te bring. Die omvang van die straf is op die agtergrond; op die voorgrond is dis aansien en die
60. gesag van die hof; en tussen die een en die ander is daar geen regstreekse verhouding nie. Die aansien van
'n hof is te kosbaar om dit te probeer meet aan enige straf wat opgelê word vir optrede wat daaraan afbreuk doen. Aan agting vir 'n hof kan daar nie gewen word deur beledigings teenoor die hof swaarder te straf nie.
Elke een van die oorwegings wat ek in die voorgaande paragraaf aangeraak het, dui daarop dat 'n
swaar straf in hierdie soort gevalle, in die reël, en in die gewone loop van gebeure, beslis nie aangewese is nie. Dit verklaar waarskynlik waarom in die verlede ons laer howe in die praktyk gewoonlik heel beskeie was in die straf wat hulle vir minagting in facie curiae opgelê het, soos blyk uit die gerapporteerde sake. Dit is na my oordeel 'n heilsame praktyk, wat aanmoediging verdien, en daar bestaan geen goeie rede waarom dieselfde benadering nie in die hooggeregshof toegepas sou word nie.

Gemeet aan die oorwegings hierbo genoem, is

61. ek van oordeel dat die vonnis van 'n boete van R2 000,00 of 5 maande gevangenisstraf uitermate swaar is. Ek kan my, met eerbied gesê, dit nie indink dat die hof a quo op daardie straf sou besluit het, as hy bedag was op die oorwegings wat ek genoem het nie. Die afleiding is dat die regter inderdaad nie daardie oorwegings in aanmerking geneem het toe hy oor 'n gepaste vonnis besin het nie. Dit word trouens bevestig deur 'n opmerking wat die regter gemaak het tydens sy uitspraak met vonnisoplegging (paragraaf (7) hierbo). Die regter het te kenne gegee dat, as dit nie was daarvoor dat hy bewus was van die swak finansiële posisie van die appellant nie, hy die appellant "baie swaarder" sou gestraf het, wat betref die boete-deel van die vonnis. Dit blyk gevolglik na my mening duidelik genoeg dat die regter die wesenlike aard en doel van die proses waarmee hy besig was, en van die straf waarop hy in diê verband moes besluit, nie na behore beoordeel het nie, en dat hy dientengevolge nie sy diskresie met

62.

betrekking tot vonnis voigens die korrekte maatstawwe uitgeoefen het nie. Gevolglik kan sy vonnis nie staande gehou word nie en moet hierdie Hof nou opnuut oor 'n gepaste vonnis besluit.
Ek het reeds verwys na die faktore wat deur die advokate aangevoer is as versagtend en verswarend. Ek stem in hoofsaak saam met hulle voorleggings. Daar is net enkele verdere gedagtes wat ek wil byvoeg. As algemene uitgangspunt dink ek dat 'n hof toeskietlikheid behoort na te streef wanneer 'n gedingvoerder in persoon sy saak voor die hof behartig, sodat die indruk nie geskep word dat so 'n persoon nie 'n volle geleentheid gegun word om sy saak voor te dra nie. In die huidige geval het die regter gepoog om die probleme wat hy gesien het in die weg van die appellant se aansoek, aan die appellant te stel en met hom te debatteer, eintlik op dieselfde wyse as wat dit gewoonlik met 'n advokaat gedoen word. Die oorkonde wys dat die appellant die regter se handelswyse nie begryp het nie en dit dus

63.

heeltemal verkeerd vertolk het, en dat dit die aanleiding was tot die onverkwiklike woordewisselings wat daar plaasgevind het. In nabetragting dink ek dat dit vir die regter moontlik was om dit te vermy. Ek is terdee bewus daarvan hoe maklik dit is om agterna slim te wees, maar ek durf nie afbreuk doen aan die hoë eise van wysheid, begrip, geduld en verdraagsaamheid wat aan 'n regter gestel word nie, al kan ek self nie daaraan voldoen nie. Aan die ander kant het die appellant met onnodige en onverskoonbare heftigheid gereageer. Die oorkonde spreek van 'n nodelose hardkoppigheid en weerbarstigheid aan sy kant, wat net ten dele gewyt kan word aan sy emosies en sy frustrasie. Alhoewel hy hom gestel het op die standpunt dat hy geregtig was om die hof te kritiseer, wat natuurlik korrek is, het hy alle perke van redelikheid oorskry, en ek het geen twyfel dat hy wel bewus was daarvan nie. Sy ywer om sy aansoek te laat slaag, het ontaard in 'n persoonlike vendetta teen die regter. Sy optrede nadat hy skuldig
64. bevind is en voordat hy gevonnis is, soos dit blyk uit die oorkonde (paragraaf (6) hierbo), was doelbewus uittartend teenoor die regter. Die regter moes liewer nie die appellant in effek feitlik uitgenooi het om sy woer-woer belediging te herhaal nie, maar die appellant hoef ook nie eers te gesê het dat wat hy gesê het, die waarheid is nie.
Wat aangewese was, was 'n vonnis om die appellant tot besinning te probeer bring, maar nie een om hom te probeer verpletter nie. In al die omstandighede is ek van mening dat 'n gepaste vonnis om te stel in die plek van dié wat die regter opgelê het, die volgende is: 'n boete van R500,00 of, by nie-betaling daarvan, een maand gevangenisstraf.
Die derde betoogpunt namens die appellant word dus gehandhaaf, met die resultaat wat ek reeds aangedui het.

Die vierde betoogpunt namens die appellant (onder D hierbo) is dat die vonnis ten opsigte van die
65. tweede skuldigbevinding (3 maande gevangenisstraf) op 'n onreëlmatige wyse opgelê is, omdat die appellant nie vooraf 'n geleentheid gegee is om die hof in dié verband toe te spreek nie. Op hierdie punt stem ek saam met die betoog namens die appellant. Uit die bevinding vroeër dat dit nie vir die regter nodig was om die appellant 'n geleentheid vir vertoë te bied voor die skuldigbevinding nie, en dat die skuldigbevinding dus nie in daardie opsig onreëlmatig was nie, volg dit nie dat die vonnis geldig op dieselfde summiere wyse opgelê kon word nie. Die appellant het geweet dat hy hom blootstel aan 'n skuldigbevinding, maar dit kan nie gesê word dat hy geweet het dat gevangenisstraf hom in die gesig staar nie. Dit is nie vir my nodig om in die algemeen in te gaan op die vraag of, en indien wel, onder watter omstandighede, 'n persoon wat skuldig bevind word aan minagting in facie curiae sonder meer gevonnis kan word nie. Aangenome dat dit wel behoorlik gedoen kan word (vgl R v Silber supra) , is ek oortuig
4

daarvan dat gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete nie summier opgelê behoort te word nie, behalwe moontlik in hoogs uitsonderlike omstandighede. Geen sodanige omstandighede is in die huidige geval aanwesig nie. Die regter het weliswaar die appellant kort vantevore die eerste keer skuldig bevind en toe op sy finansiele posisie ingegaan voordat hy hom gevonnis het, maar dit bied nog geen regverdiging vir die daaropvolgende oplegging van gevangenisstraf na die tweede skuldigbevinding, sonder om die appellant eers aan te hoor nie, ten minste oor hoe hy getref sou word deur so 'n straf. Die regter het, met eerbied gesê, te vinnig en aldus onoordeelkundig opgetree. 'n Mens kan verstaan hoe dit gebeur het: met die vorige vonnis het die regter alreeds die appellant se geldelike vermoe om

'n boete te betaal, uitgeput, en dus was gevangenisstraf oënskynlik die enigste moontlike oorblywende straf. Maar die oplegging daavan sonder om die appellant 'n kans te gun om die hof daaroor toe te spreek, was
67. nogtans 'n verbreking van die fundamentele vereistes van billikheid en geregtigheid. Per slot van sake was die moontlikheid geensins uitgesluit dat die appellant tot besinning gebring sou kon word deur pertinent met die vooruitsig van 'n vonnis van gevangenisstraf gekonfron-teer te word nie. Die regter kon hom van daardie vooruitsig verwittig het en die saak vir 'n wyle laat afstaan het. Afhangende van die appellant se reaksie, kon die regter die oplegging van 'n vonnis tot aan die einde van die saak laat oorstaan het; of die appellant glad nie gevonnis het nie; of 'n vonnis van gevangenis-straf in die geheel opgeskort het. Blykbaar het die regter nie aan sulke moontlikhede gedink nie. In die resultaat was sy vonnisoplegging onreêlmatig, en derhalwe moet die vonnis nou deur hierdie Hof tersyde gestel word.
Die vraag is dan wat hierdie Hof nou te doen staan. Normaalweg sou die tersydestelling van die vonnis op grond van 'n onreëlmatigheid in die prosedure

68.

daartoe gelei het dat die saak na die hof a quo terugverwys word om opnuut vonnis op te lê. In die buitengewone omstandighede van hierdie geval is dit egter nie 'n aanneemlike weg om in te slaan nie, om redes wat ek nie hoef uit te spel nie. Die enigste ander uitweg is vir hierdie Hof om nou self op 'n
gepaste vonnis te besluit.

Met inagneming van al die omstandighede is ek van mening dat 'n vonnis van onopgeskorte gevangenis-straf vir die appellant nie 'n geskikte vonnis was of is nie. In die lig van die oorwegings wat ek vroeër genoem het, glo ek nie dat so 'n vonnis enige nuttige doel sou dien, wat nie ook nagestreef sou kon geword het deur 'n opgeskorte vonnis nie. As gevolg van die vermindering van die omvang van die boete wat vir die eerste skuldigbevinding opgelê is, soos hierbo aangedui is, kan 'n boetestraf nou vir die tweede skuldig-bevinding oorweeg word. By die oorweging van 'n gepaste vonnis is dit wel so dat die tweede oortreding

69.

ernstiger was as die eerste, omdat die belediging van die hof meer flagrant was, en veral juis omdat dit 'n
tweede oortreding was. Maar daarteenoor moet 'n ander belangrike faktor opgeweeg word, en dit is dat die appellant, nadat die eerste vonnis opgelê is, soos duidelik blyk uit die oorkonde (paragraaf (8) hierbo), hewig ontsteld en emosioneel erg omgekrap was oor wat gebeur het, en volgens alle aanduidings het sy drif nog nie bedaar nie toe hy die tweede oortreding gepleeg het. Daarby moet in gedagte gehou word dat die vernaamste doel en funksie van die vonnis steeds was om die appellant tot orde te probeer roep. Eerder as om die bedrag van die boete groter te maak as die van die eerste vonnis (soos nou bepaal), is ek van oordeel dat dit beter sou wees om weer dieselfde boete op te lê, maar om dit te koppel aan 'n kort opgeskorte termyn van gevangenisstraf. Alles in ag genome, meen ek dat die volgende vonnis gepas sou wees: 'n boete van R500,00, of by nie-betaling daarvan, een maand gevangenisstraf
70. plus 'n verdere tydperk van een maand gevangenisstraf, wat opgeskort word op 'n gepaste voorwaarde, soos uiteengesit word in die bevel wat hieronder volg. Die bevel van die Hof is soos volg:

(1)Die appèl teen die skuldigbevindings word van die hand gewys.
(2)Die appèl teen die vonnisse word gehand-haaf:

(a) Die vonnis ten opsigte van die

eerste skuldigbevinding word ter-
syde gestel en vervang deur die

volgende vonnis:

"'n Boete van R500,00 of, by nie-betaling daarvan, een maand gevangenisstraf."

(b) Die vonnis ten opsigte van die
tweede skuldigbevinding word ter-
syde gestel en vervang deur die
volgende vonnis:

"h Boete van R500,00 of, by
71.

nie-betaling daarvan, een maand gevangenisstraf, plus 'n verdere een maand gevangenisstraf wat opgeskort word vir 3 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan minagting van die hof in facie curiae wat gepleeg word binne die tydperk van opskort-ing nie."

A.S. BOTHA AR

SMALBERGER AR
STEM SAAM F 'n GROSSKOPF AR