South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1990 >>
[1990] ZASCA 35
| Noteup
| LawCite
S v Collins (366/1988) [1990] ZASCA 35 (29 March 1990)
Download original files |
LL Saak No 366/1988
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèeLAFDELING
In die saak tussen:
HENRY PETER COLLINS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, VIVIER ARR et NICHOLAS Wn AR
VERHOORDATUM: 13 MAART 1990 LEWERINGSDATUM: 29 MAART 1990
UITSPRAAK BOTHA AR:-
2.
Die appellant het in die landdroshof van Johannesburg tereggestaan op 'n
aanklag dat hy artikel 2 (a) van Wet 41 van 1971 oortree
het, deurdat hy een
Mandrax tablet verkoop het aan ene Meshack Ndlela. Hy het skuldig gepleit en is
skuldig bevind. Die landdros
het hom 'n vonnis opgelê van 4 jaar
gevangenisstraf, waarvan hy 2 jaar gevangenisstraf opgeskort het vir 5 jaar op
sekere voorwaardes.
Teen hierdie vonnis het die appellant geappelleer na die
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling, wat sy appèl van die hand gewys
het
en hom verlof geweier het om 'n verdere appèl na hierdie Hof te voer.
Daarna het die appellant 'n versoekskrif gerig aan
die HOOFREGTER, ten gevolge
waarvan aan hom verlof toegestaan is om teen sy vonnis na hierdie Hof in
hoër beroep te kom.
Die appellant is 'n 37-jarige man wat geen vorige
veroordelings van enige aard het nie. Sy persoonlike omstandighede en die
omstandighede
waaronder die oortreding gepleeg is, blyk uit die
3.
volgende uittreksel uit die oorkonde, met betrekking
tot die getuienis wat
die appellant ter strafversagting
afgelê het:
"Ek is 37 jaar oud - ongetroud. Ek het 'n 13-jarige dogter. Sy woon by haar ma. Ek betaal R20,00 p.w. onderhoud. Ek smous met vrugte en lekkers by Noordgesig skoolterrein. Verdien R90,00 - R100,00 p.w. Ek woon in dieselfde huis as my ouers. My ouers kry pensioen. Ek help om kos te koop. Ek voel nie lekker oor die misdaad wat ek gepleeg het nie. Ek gebruik self dagga en Mandrax.
Ek het net een pil by my gehad. As ek nie gesê was om dit te verkoop sou ek dit nie verkoop het, maar ek sou dit vat. Dit was verkoop gedurende polisieoptrede.
V. Vir hoeveel het u die pil verkoop?
A. R4,00.
V. Hoeveel het u daarvoor betaal?
A. R4,00.
V. U het nie geweet dit was 'n polisie-
lokval nie? A. Nee.
V. Hoekom het u die pil verkoop? A. Die persoon aan wie ek die pil verkoop
het is bekend aan my. Hy het my gevra
om 'n pil aan hom te verkoop. V. Hoe het hy geweet u sal hom kan help? A. Ons werk saam - hy het geweet ek sal hê.
Geen verdere vrae deur hof."
4.
Die duidelike beeld wat hieruit na vore tree is dié van 'n andersins wetsgehoorsame man wat egter dagga en Mandrax vir sy eie gebruik aanwend, en wat op hierdie besondere geleentheid 'n Mandrax tablet wat hy by hom gehad het, verskaf het aan iemand wat aan hom bekend is en wat saam met hom werk, bloot omdat hy deur laasgenoemde gevra is om dit te doen, en teen betaling van dieselfde bedrag as wat hy self daarvoor betaal het.
In hierdie omstandighede, op die oog af
beskou, is die vonnis wat die landdros die appellant
opgelê het, een
wat my tref as 'n verrassende swaar straf. Die landdros se motivering van die
vonnis waarop hy besluit het,
blyk uit die uitspraak wat hy gelewer het tydens
vonnisoplegging. Dit is 'n baie volledige uitspraak, waarin al die tersaaklike
aspekte
van die appellant se persoonlike omstandighede en die omstandighede
waaronder die oortreding begaan is, deur die landdros in oenskou
geneem is,
asook die algemene
5.
rigsnoere wat by vonnisoplegging van toepassing is.
Uit 'n ontleding van
sy uitspraak is dit egter duidelik
dat die enkele faktor wat die swaarste
geweeg het by
die landdros, is die erns van die misdryf wat die
appellant
gepleeg het. Hy benadruk dit telkens in sy
uitspraak, op verskillende
maniere. Ek haal by wyse
van voorbeeld slegs uit een passasie aan:
"Die erns en euwel van hierdie tipe misdryf moet egter nou nie dan te gering geskat word wat [?weens] die persoonlike omstandighede van die beskuldigde nie. Die euwel van hierdie tipe misdryf is dan al ook beklemtoon in ons hoogste hof .... Dit is ook nie in die praktyk ongewoon om eerste oortreders selfs vir klein hoeveelhede dwelms betrokke gevangenisstraf op te lê nie ....".
Dit val nie te betwyfel nie dat handeldryf
met dwelmmiddels soos Mandrax 'n ernstige oortreding is.
Terselfdertyd val
dit ewe min te betwyfel dat, met
verwysing na die besondere omstandighede van
elke
bepaalde geval, die erns van die oortreding 'n baie
wye
verskeidenheid van skakerings en graderings kan
aanneem. Dit word goed toegelig deur die kommentaar en
6.
die voorbeelde wat vervat is in die uitspraak van VAN
DEN
HEEVER R in S v Serumala 1978 (4) SA 811 (NKA) op
813G-814H.
Die landdros sê in sy uitspraak dat hy bewus
is van wat hy noem "die baie hulpvolle riglyne
met
betrekking tot vonnisoplegging vir hierdie tipe
misdrywe", wat
uiteengesit is in S v Serumala supra,
maar as daair gekyk word na die
vonnis wat hy die
appellant opgelê het, is dit moeilik om te aanvaar
dat
hy werklik uiting gegee het aan die buitengewone
omstandighede wat
die besondere onderhawige oortreding
onderskei van ander van "hierdie tipe".
By wyse van
teenstelling met handeldryf in 'n "tegniese" sin, wat
gegrond
is op die inwerkingtreding van statutêre
vermoedens, beskryf die
landdros die appellant se
optrede soos volg:
"Hierdie is 'n geval van suiwer direkte gewone handel in dwelmmiddels, geld oorhandig in ruil vir 'n pil."
Die landdros se woordkeuse dui op 'n miskenning van die
7.
ware aard van die appellant se optrede. Dit was
sekerlik
geen "suiwer" of "gewone" vorm van handeldryf
nie. Dit was 'n
geïsoleerde, toevallige verskaffing van
h enkele tablet aan 'n kollega,
bloot omdat laasgenoemde
daarvoor gevra het, en waarvoor yergoeding ontvang
is
sonder enige winsbejag.
Dat die landdros die pasgemelde belangrike
feite nie
na behore in berekening gebring het nie, blyk
uit die voorlaaste paragraaf
van sy uitspraak, watdie
sleutel bevat tot die vonnis wat hy opgelê
het. Dit
lui soos volg:
"Soos die Hof reeds gesê het met die inkomste wat u verdien is dit die Hof se opinie dat u nie die boete sal kan bybring wat die Hof in gedagte het vir 'n persoon wat direk dwelms verskaf nie. Die Hof is ook van mening vir 'n persoon wat nog steeds dwelms verskaf in die gewone betekenis dwelms verkoop dat ook 'n opgeskorte vonnis in die geheel nie vir so 'n persoon van pas is nie."
Daar is enkele onduidelikhede in hierdie
uitlatings,
maar dit is nie nodig om dit te probeer ontrafel nie.
Een ding
staan vas: die landdros se benadering het
8.
berus op die veralgemening dat 'n persoon wat "in die gewone betekenis dwelms verkoop", en wat weens sy skamele lewensbestaan nie 'n gepaste boete kan betaal nie, noodwendig gevangenisstraf moet ondergaan. Deur so 'n veralgemening het die landdros na my oordeel die uitoefening van sy diskresie by die oplegging van vonnis gekniehalter op 'n wyse wat nie geregverdig was nie, en sodoende het hy sy diskresie nie behoorlik
uitgeoefen nie.
In 'n vroeëre gedeelte van sy uitspraak het
die landdros gesê dat hy nie die erns van die misdryf
uit die oog
moet verloor nie, "sonder om dit oor te beklemtoon". Na my oordeel het die
landdros nie daarin geslaag om hom te weerhou
van 'n oorbeklemtoning van die
erns van die misdryf nie, en was die oorbeklemtoning daarvan verder van so 'n
aard, aan die hand van
wat gesê is in S v Theron 1986 (1) SA 884
(A) op 895I-896D, dat ' dit die gevolgtrekking regverdig dat die landdros sy
diskresie nie redelik uitgeoefen het nie.
9.
As ek in die eerste plek
belas was met die
taak om die appellant te vonnis, sou ek, met die oog
op
die buitengewone omstandighede waarondër die oortreding gepleeg is,
en in die besonder met die oog op die feit
dat die appellant op 37 jaar geen
vorige veroordeling
het nie, hom 'n algehele opgeskorte vonnis van 2
jaar
gevangenisstraf opgelê het. So 'n yonnis verskil so
opvallend
van dié wat die landdros opgelê het, dat
hierdie Hof in ieder
geval ook op hierdie grondslag
geregtig en verplig is om in te gryp en die
landdros se
vonnis te verander.
Ten slotte moet volledigheidshalwe genoem
word dat daar in die uitspraak van die Hof a quo niks voorkom wat ter
sake is tot die bespreking van die landdros se uitspraak hierbo nie.
Die bevel van die Hof is soos volg: Die appél slaag. Die bevel van die Hof a quo word tersyde gestel en vervang deur die volgende bevel:
10.
"Die appél teen
die appellant se vonnis
word gehandhaaf. Die vonnis wat deur
die landdros
opgelê is, word tersyde
gestel en vervang deur die volgende
vonnis:
'2 jaar gevangenisstraf, wat in die
geheel opgeskort word vir 5 jaar
op
voorwaarde dat die beskuldigde nie
weer skuldig bevind word aan 'n
oortreding van artikel 2 (a) of 2
(b) van Wet 41 van 1971 nie,
gepleeg
gedurende die tydperk vah
opskorting en ten opsigte waarvan
die
beskuldigde gevonnis word tot
gevangenisstraf sonder die keuse
van 'n
boete.'"
A.S. BOTHA AR
VIVIER AR
STEM SAAM NICHOLAS WN AR