South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1990 >>
[1990] ZASCA 50
| Noteup
| LawCite
S v Mtungwa en 'n Ander (423/89) [1990] ZASCA 50; [1990] 2 All SA 344 (A) (22 May 1990)
Download original files |
423/89
N v H
S M MTUNGWA en P V SIBEKO teen DIE STAAT
W 22 "05-,990 Sf
SMALBERGER, AR :-
1
423/89 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
SIBUSISU MZAMALI MTUNGWA Eerste
Appellant
PATRICK VUZI SIBEKO Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM: SMALBERGER, KUMLEBEN, ARR,
et SMUTS, Wn AR
VERHOORDATUM: 17 Mei 1990
LEWERINGSDATUM: 22 Mei 1990
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Beide appellante is in die
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling deur VERMOOTEN, Wn R, en twee assessore skuldig bevind aan roof mét
/2
2 verswarende omstandighede (aanklagtes 2 en 3), moord (aanklagtes 4
en 5) en poging tot moord met verswarende omstandighede (aánklag
6).
Daarbenewens is die tweede appellant ook skuldig bevind aan 'n verdere aanklag
van roof met verswarende omstandighede (aanklag
1). Wat die moordaanklagtes
betref, is bevïnd dat versagtende omstandighede alleenlik in die geval van
die tweede appellant
aanwesig was. Die
tweede—appellant is op aanklag 1
tot 15 jaar
gevangenisstraf gevonnis. Beide appellante is op elk van
aanklagtes 2 en 3 tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis, en op aanklag 6 tot
10
jaar gevangenisstraf. Op elk van aanklagtes 4 en 5 is die eerste appellant ter
dood veroordeel; die tweede appéllant is
tot 12 jaar gevangehisstraf op
elke aanklag gevonnis. Die Verhoorregter het gelas dat sommige van die vonnisse
samelopend moes weesDie
gevolg was dat, benewens die
/3
3 doodsvonnisse wat die eerste appellant opgelê is, beide
appellante 'n totale effektiewe gevangenisstraf van 30 jaar opgelê
is. Die
Verhoorregter het die appellante verlof geweier om teen hulle skuldigbevindings
en vonnisse te appelleer. Hierdie Hof het
egter later aan die eerste appellant
verlof toegestaan om te appelleer teen die bevinding van die Verhoorhof dat daar
geen versagtende
omstandighede aanwesig was nie
ten opsigte van aanklagtes 4
en 5 Terselfdertyd is
verlof aan beide appellante verleen om teen hulle
vonnisse op al die aanklagtes te appelleer.
Die gebeure met betrekking tot
aanklagtes 4 en 5 is kortliks die volgende. Die appellante en twee van hulle
trawante het om ongeveer
20h30 op 28 November 1987 na die winkel Lucky Take Away
Foods in Lea Glen, Florida, gegaan. Die appellante en minstens een van hulle
trawante was met vuurwapens gewapen. Binne in
/4
4 die winkel was mnre Luis, Da Vargem en Da Luz. (Laasgenoemde twee
persone is die oorledenes in aanklagtes 4 en 5 onderskeidelik.)
Al drie was
werksaam in die winkel, en was besig om sekere take aldaar te verrig. Op 'n
tydstip toe daar geen klante in die winkel
was nie het die appellant en hulle
trawante toegeslaan. Vuurwapens is op Luis, Da Vargem en Da Luz gerig,
klaarblyklik met die bedoeling
om hulle te beroof. Toe Luis poog om sy eie
vuurwapen in die hande te kry is 'n skoot afgevuur en is hy deur een van die
aanvallers
(blykbaar nie een van die appellante nie) op die kop geslaan. Luis
het egter daarin geslaag om 'n vuurwapen te bekom en het op sy
aahvallers
daarmee geskiet. Verskeie skote is deur die gewapende aanvallers gevuur voordat
hulle op die vlug geslaan het. Hulle het
beide Da Vargem en Da Luz dood in die
winkel agtergelaat. Albei het noodlottige koeëlwonde
/5
5
opgedoen.
Die Verhoorhof het bevind dat die skote wat
die
oorledenes gedood het, deur die eerste appellant
gevuur is. Ofskoon die
tweede appellant ook skote
gevuur het, het hy blykbaar niemand raakgeskiet
nie.
Dit was hoofsaaklik op grond hiervan dat die Verhoorhof
'n onderskeid
tussen die twee appellante getrek het en
bevind het dat in die geval van die
tweede appellant
versagtende omstandighede aanwesig was. Of dit 'n
behoorlike grondslag was om tussen hulle morele
aanspreeklikheid te
onderskei is nie tans ter sake nie.
Ofskoon dit op appèl bevraagteken
is of die eerste
appellant albei die oorledenes noodlottig gewónd
het,
bestaan daar myns insiens op die getuienis geen
redelike twyfel
hieromtrent nie. Hy het dit in sy
pleitverduideliking erken; dit is
onder
kruisondervraging van die Staatsgetuies deur sy
/6
6 advokaat toegegee; en sy eie getuienis en voorafgaande bekentenis
dui daarop. Afgesien van die feit dat hy albei oorledenes noodlottig
gewond het,
blyk dit dat die eerste appellant vir Da Vargem op 'n afstand van ongeveer 'n
meter geskiet het. Die Verhoorhof het bevind
dat alhoewel die eerste appellant
die opsetvorm dolus eventualis gehad het, sy opset aan dolus directus
gegrens het. Met hierdie bevinding kan daar nie fout
gevind word
nie
Hierdie Hof kan alleenlik op beperkte gronde inmeng met 'n Verhoorhof se
bevinding van geen versagtende omstandighede nie. Na my mening
bestaan daar in
die onderhawige geval geen basis vir inmenging nie. Die Verhoorhof het homself
nie in enige wesenlike opsig wanvoorgelig
nie, en die bevinding is nie een
waartoe geen redelike Hof kon geraak het nie. Trouens, dergelike bevindings in
soortgelyke sake
is al
/7
7 dikwels in hierdie Hof gehandhaaf - kyk bv S v Nhlapo and
Another 1981(2) SA 744(A); S v Mbatha en Andere 1987(2) SA 272 (A);
S v Rapitsi 1987(4) SA 351 (A).
Wat die vonnisse betref, is die
standpunt van hierdie Hof dat gevangenisstraf van meer as 25 jaar slegs in
enkele, buitengewone gevalle
te regverdig is (S v Morris en 'n Ander
1989(2) SA 643 (A) op 645 F). Dit beteken egter nie dat hierdie Hof sonder meer
kan
inmeng met 'n vonnis van meer as 25 jaar nie Een of
meer van die
aanvaarde gronde wat inmengihg op appèl regverdig, moet nogtans
bestaan.
In die onderhawige geval is al die misdade oor 'n tydperk van minder
as een en 'n half maande gepleeg. Die misdade was klaarblyklik
almal goed
beplan. Daar is by elke geleentheid van vuurwapens gebruik gemaak om die
appellante se oogmerke te verwesenlik. Die eerste
appellant het reeds twee
/8
8 vorige veroordelings vir poging tot roof. Op albei vorige
geleenthede was gebruik gemaak van h vuurwapen. Hy het reeds meer as 6
jaar
gevangenisstraf uitgedien. Die roof op aanklagte 2 is gepleeg slegs 13 dae nadat
hy op parool vrygelaat is. Dit is aanduidend
nie alleenlik van sy algehele
veragting van die reg nie, maar ook dat sy tydperk in die gevangenis hom
geensins verbeter het nie.
In die geval van die tweede
appellant het hy twee vorige veroordelings vir roof en
een vir diefstal. Ook hy het skynbaar nie gebaat by sy vorige gevangesetting
nie. Die feit dat twee
persone in een van hulle roofpogings omgekom het,
het
die appellante nie daarvan weerhou om hulle rooftog 'n paar weke daarna
weer voort te sit nie. Die gemeenskap moet ongetwyfeld teen
persone soos die
appellante beskerm word.
/9
9 Na my mening bestaan daar nie rede vir inmenging met die opgelegde vonnisse nie. Die Verhoorregter was behoorlik gedagtig aan die beginsels wat by straftoemeting geld en het homself nie enigsins wanvoorgelig nie. Daarbenewens is die opgelegde vonnisse, in al die omstandighede, nie sodanig dat hulle as treffend onvanpas bestempel kan word nie.
Die appèlle van beide appellante word
gevolglik van die hand gewys.
J W SMALBERGER APPeLREGTER
KULEBEN, AR )
) Stem saam SMUTS, Wn AR )