South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 117
| Noteup
| LawCite
S v Pienaar en Andere (408/90) [1991] ZASCA 117 (23 September 1991)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING
SAAKNR: 408/90
In die appël van:
JEROME PIENAAR 1ste Appellant
RODERICK BOCK 2de Appellant
STEVEN SMITH 3de Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: E.M GROSSKOPF, EKSTEEN ARR et HARMS WndAR
Aangehoor: 29 Augustus 1991 Gelewer: 23 September 1991
2 U I T S P R A A K
HARMS WndAR:
Die drie appellante was respektiewelik beskuldigdes nrs 1, 2 en 4 in die Kaap
die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling voor Williamson
R en twee assessore. Hulle
het, tesame met beskuldigde nr 3, aan 'n reeks misdrywe gedurende die nag van 1
November 1988 tot die
vroeë oggendure van 2 November 1988 deelgeneem.
Hulle, asook beskuldigde nr 3, is aan oa verkragting skuldig bevind. Die drie
appellante is tot die dood veroordeel. Beskuldigde nr 3 het vanweë sy
jeugdigheid (hy was vyftien jaar en drie maande oud ten
tye van die pleeg van
die misdrywe) die doodvonnis vrygespring. Die huidige appêl is slegs ten
aansien van die doodvonnisse.
Vir doeleindes van gerief word die beskrywing van
die
3 appellante soos in die hof a quo aangewend, behou.
Die verhoor het voor die inwerkingtreding van die
Strafregwysigingswet, 1990 (Wet 107 van 1990) plaasgevind.
Die bepalings van daardie wet is egter van toepassing op die
verhoor van
hierdie appël.
Op Dinsdag 1 November 1988 laat die aand het die eerste klaagster (mej B), die tweede klaagster (mej C), en die klaer (mnr D) 'n medewerker in die woongebied Belhar afgelaai. Op pad terug huis toe het hulle by n T-aansluiting stilgehou. n Bende jongmans het langs die pad gestaan. Die vier beskuldigdes was deel van die bende. Die vier beskuldigdes het die voertuig genader en beskuldigde nr 1 het sy hand deur die venster gesteek, die sleutel uit die aansitter getrek, 'n mes teen mej B se nek gedruk en haar opdrag gegee om die deure oop te sluit. Die vier beskuldigdes was al vier met messe bewapen. Die deur 1 s oopgesluit en beskuldigde nr 1 het voor ingeklim terwyl
4
beskuldigdes nrs 2, 3 en 4 agter ingeklim het. Beskuldigde nr 1 het begin wegry en in die ry is die klaers opdrag gegee om hulle geld en juwele aan die beskuldigdes te oorhandig. Nadat hulle vir n rukkie rondgery het, is die voertuig op n eensame plek tot stilstand gebring. Die twee dames is aangesê om die motor te verlaat terwyl beskuldigde nr 4 die klaer in die motor bewaak het. Die twee klaagsters is aangesê om op die grond te lê. Beskuldigde nr 1 het mej B met sy mes gedreig en hy het haar gestamp en geskop. Nadat sy haar op die grond neergelê het, is sy aangesê om haar rok op te lig en haar broek uit te trek. Beskuldigde nr 1 het haar daarop verkrag. Beskuldigdes nrs 2 en 3 het die ritueel herhaal. Mej C is nie verkrag nie aangesien sy beweer het dat sy haar maandstonde gehad het. Beskuldigde nr 4 het toe uit die motor geklim en mej B verkrag.
Die klaers is daarna in die motor gebondel en die groep het weer vir 'n ruk rondgery. Op hierdie stadium was beskuldige nr 2 die motorbestuurder. In die ry het beskuldigde nr 4
5
vir mej B gesê om bo-op hom te sit en hy het haar weer verkrag. Daarop het beskuldigde nr 3 haar meerdere male in die motor verkrag. Beskuldigdes nrs 3 en 4 het voortdurend die klaers met 'n mes gedreig.
Die motor is weer op 'n verlate plek tot stilstand gebring. Beskuldigde nr 1 het mej B weer eens verkrag en daarna het beskuldigdes nrs 2 en 3 haar ook weer verkrag. Beskuldigde nr 1 het toe vir mnr D gesodomiseer. Toe is Mej B deur beskuldigdes 1, 3 en 4 gesodomiseer. Daarna het beskuldigde nr 4 weer eens vir mej B verkrag en net voor hulle in die motor sou klim, het beskuldigdes nrs 1, 3 en 4 probeer om mej C te verkrag. Vanweë haar toestand het niks hiervan tereg gekom nie.
Die rit is daarop voorgesit. Beskuldigde nr 3 het tydens die rit mej B onsedelik aangerand deur te poog om haar te verkrag, haar te dwing om hom te masturbeer en orale seks te bedryf en hy het haar ook op n onbehoorlike wyse betas.
6
Met die belofte dat as hulle geld sou kry hulle die klaers sou laat gaan, is mej B se bankkaart en kode aan beskuldigde nr 2 oorhandig en het hy toe 'n bedrag geld by 'n bankoutomaat onttrek.
Daarna was daar 'n argument tussen die beskuldigdes oor die vraag of die klaers gedood moes word of nie maar op die ou einde het beskuldigde nr 2 van sy aanvanklike siening afgesien en opdrag gegee dat die motor tot stilstand gebring moes word. Die sleutels is op die vloer van die motor gegooi en die beskuldigdes het uit die motor geklim. Die klaers het onmiddellik die deure gesluit en net toe hulle wou wegry, het die beskuldigdes teruggekeer en teen die vensters begin slaan. Die klaers was egter in staat om weg te kom en is daarop na n polisiestasie.
As gevolg van die voormelde optrede is die beskuldigdes soos volg skuldig bevind en gevonnis:
7
a) Aan die aanklag van menseroof is al die beskuldigdes skuldig bevind en die appellante i s elk tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis terwyl beskuldigde nr 3 een jaar opgelê is. b) Die beskuldigdes is skuldig bevind aan drie aanklagte van roof. Hierdie aanklagte is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die appellante het elk vyf jaar gevangenisstraf ontvang terwyl beskuldigde nr 3 vier jaar gevangenisstraf opgelê is. c) Die beskuldigdes i s, soos reeds gesê, skuldig bevind aan verkragting en die appellante is elk die doodvonnis opgelê terwyl beskuldigde nr 3 twintig jaar gevangenisstraf opgelê is. d) Beskuldigde nr 3 is verder aan onsedelike aanranding skuldig bevind waarvoor hy drie jaar gevangenisstraf
8 opgelê is.
e) Beskuldigdes nrs 1, 3 en 4 i s aan onsedelike aanranding skuldig bevind ten aansien van die sodomie op mej B gepleeg. Die respektiewe vonnisse was ses jaar, vyf jaar en ses jaar. f) Op n aanklag van poging tot verkragting op mej C is beskuldigdes nrs 2 en 4 skuldig bevind en elk is vyf jaar gevangenisstraf opgelê. g) Die onsedelike aanranding op mej C het n skuldigbevinding vir beskuldigdes nrs 1, 3 en 4 uitgelok met 'n vonnis van drie, twee en drie jaar respektiewelik.
h) Ten aansien van die sodomie gepleeg op Mnr D is beskuldigde nr 1 skuldig bevind en tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis.
9
i) Aan 'n verdere aanklag van roof (met betrekking tot di e bankkaart se gebruik) i s die beskuldigdes skuldig bevind en respektiewelik gevonnis tot twee, vier, een en drie jaar gevangenisstraf.
Om op te som is beskuldigde nr 1, benewens die doodvonnis, tot 24 jaar gevangenisstraf gevonnis; beskuldigde nr 2 het 16 jaar en beskuldigde nr 4 het 23 jaar gevangenisstraf benewens die opgelegde doodvonnis ontvang. Beskuldigde nr 3 se effektiewe vonnis is 20 jaar gevangenisstraf aangesien die vonnisse op die ander misdrywe (met n totaal van 16 jaar) met die 20 jaar vir die verkragting opgelê, saamloop.
'n Beoordeling oor die vraag of hierdie hof in die uitoefening van sy eie waarde-oordeel die doodvonnis moet bekragtig as die enigste gepaste vonnis vir die misdryf, verg dat al die faktore wat 'n invloed op die oordeel kan hê, hetsy by wyse van strafversagting, strafverswaring of andersins, eers ontleed word.
10
Die erns van die misdryf
Verkragting is en bly 'n geweldsmisdryf. Dit raak die wese van die vrou. Die vrou se persoonlike integriteit word ten diepste gekrenk. Die misdryf is gewooniik nie, soos ook in hierdie geval, n misdryf wat as gevolg van 'n onbeheerbare (of moeilik beheerbare) seksuele opwelling gepleeg word nie. Die trauma van die slagoffer word normaalweg oor en oor beleef. Die aflê van getuienis oor die verkragting is op sigself n nuwe trauma.
In casu was die verkragting 'n bende-verkragting. Mej B is gedurende 'n periode van 4 uur deur vier mans ten minste 11 keer verkrag. Die verkragting staan ook nie in isolasie nie. Daar was addisionele pogings tot verkragting, sy is gedwing om orale seks op een van die beskuldigdes toe te pas, sy is gedwing om een van die beskuldigdes te
11
masturbeer, sy is betas en sy is deur drie van die beskuldigdes gesodomiseer. Die hof a quo het in die verband die volgende gesê:
"In looking at the total picture and in deciding on an appropriate sentence on the rape charge, I must of course, as I do, disabuse my mind of the other offences committed by the accused f or these will be separately punished. They cannot, however, be totally ignored for they are part of the surrounding circumstances relating to the rapes and provide the context in which the rapes took place. They are also indicative of the type of person I am dealing with when considering an appropriate sentence for the rapes. Thus, although I must take care not to punish in the rape sentences f or the other offences committed, I must nevertheless look at them as forming part of the overall relevant picture."
Hierdie benadering is juridies gegrond: S v S 1991 (2) SA 93
(A) 107 B - H.
Mej B het nie besondere ernstige liggaamlike letsels opgedoen nie. Haar
beserings was kneus- en skaafwonde, vaginale swelling met
skeurtjies en anale
skeurtjies. Dit is deels daaraan toe te skryf dat sy meermaal met die dood
12
gedreig is en dat sy, in die lig van die oormag, haar nie fisies teengesit het
nie. Nogtans sê die distriksgeneesheer:
"...I will remember her forever because I never saw a woman with such damaged vagina together with such damaged anus."
Hierdie distriksgeneesheer het, terloops, in sy loopbaan
meer as 6000 verkragting- en sodomiegevalle ondersoek.
Mej B se emosionele reaksie agv die misdryf was aanvanklik een van ernstige skok en toe sy by die polisie aangeland het, het sy gedurig gehuil. Sy is daarna na die distriksgeneesheer geneem en sy was nog steeds hewig ontsteld. Sy wou nie die vernedering van die ondersoek deurgaan nie. Sy was, in die woorde van die distriksgeneesheer, "fed-up" met hom in besonder en met die manlike geslag in die algemeen.
Tydens die verhoor het sy getuig dat hoewel sy slegs twee
13 maal
sielkundige behandeling kort na die voorval ontvang het, sy glo dat sy haarself
beter kan help veral omdat sy nie daarvan
hou om haar persoonlike sake met
vreemdes te bespreek nie. Die hof a quo het tereg bevind dat sy
"seems to have made a relatively good recovery from the psychic and emotional trauma of the multiple rapes and other abuse. She seems to be a young woman of strength and calibre, yet it is obvious she still retains some significant emotional scarring and I would be surprised if the horror of her experience did not intrude on her life for many years to come, if not for the rest of her days."
Premeditasie:
Die betoog dat daar n afwesigheid van premeditasie was en dat hierdie feit as
strafversagtend aangemerk moet word, gaan nie op nie.
Beskuldigdes het as bende
die betrokke aand rondgeloop. Beskuldigde nr 1 het getuig dat hulle besluit het
dat as hulle iemand langs
die pad raak loop, sou
14 hulle daardie persoon
iets aandoen. Dit kon bv behels dat as hulle 'n sogenaamde "gangster" in die
hande kry, hulle hom miskien
met n mes sou steek. Dit het egter nie saak gemaak
wie hulle slagoffer sou wees nie. Dit is dan ook nie toeval dat, volgens
beskuldigde
nr 4, hulle met oop messe rondgeloop het nie.
Dit mag wees dat die beskuldigdes nie noodwendig n aand van verkragting in gedagte gehad het nie. Wat hulle wel in gedagte gehad het, was 'n aand van geweld. Die geleentheid tot verkragting het in hulle skoot geval toe die motor langs hulle stilhou. In die lig van die voorgaande is die aanwesigheid van premeditasie inderdaad verswarend.
Vorige veroordelings:
Beskuldigde nr 1 het 'n vorige veroordeling van huisbraak met die opset om te
steel en diefstal toe hy groente ter waarde
15 van R140 uit 'n winkel gesteel
het. Hy is as jeugdige behandel en het houe met 'n ligte rottang asook 'n
opgeskorte gevangenisstraf
van 6 maande ontvang. Daarna, net vier dae voor die
verkragting, is hy aan aanranding met die opset om ernstig te beseer met 'n
stomp
voorwerp skuldig bevind. Die straf was 'n boete van R100 of twee maande
gevangenisstraf. 'n Verdere vier maande gevangenisstraf is
opgeskort.
Beskuldigde nr 2 se lys vorige veroordelings is indrukwekkend. Hy het die
eerste maal met die gereg gebots toe hy ongeveer twaalf
jaar oud was. In 1984,
toe hy ongeveer 14 jaar oud was, is hy aan aanranding met die opset om ernstig
te beseer skuldig bevind. Die
wapen was 'n mes. Gedurende dieselfde jaar het hy
huisbraak met die opset om te steel en diefstal gepleeg toe hy n vuurwapen en
juwele
uit 'n woning gesteel het. n Paar maande later pleeg hy roof. Vyf maande
later rand hy iemand aan, weer eens met 'n mes met die opset
om ernstig te
beseer. In 1986 word hy skuldig bevind aan die besit van n gevaarlike wapen en
in
16 1987 word hy weer eens skuldig bevind aan roof met verswarende
omstandighede. Hierdie keer het hy 'n vuurwapen gebruik. Dit is
gepas om daarop
te wys dat hierdie beskuldigde op 13 September 1985 tot n verbeteringsskool
toegelaat is. Hy het herhaaldelik gedros.
Beskuldigde nr 4 het geen vorige veroordelings nie, en hierdie feit kan in sy geval as versagtend aangemerk word. In die geval van die ander appellante is hulle vorige veroordelings verswarend.
Die relatiewe deelname aan die verkragting:
Beskuldigde nr 1 het die leiersrol tydens die verkragting en die reeks
misdrywe vervul. Hy self het die klaagster twee keer verkrag
en haar een maal
gesodomiseer. Beskuldigde nr 2 het, ten spyte van sy indrukwekkende lys vorige
veroordelings, die kleinste aandeel
aan die verkragting
17 gehad. Hy i s die
enigste beskuldigde wat die klaagster net een maal verkrag het. Beskuldigde nr
4, sy skoon rekord ten spyt, aan
die ander kant, het die klaagster vier maal
verkrag en een maal gesodomiseer. Die groter aandeel van beskuldigdes nrs 1 en 4
in die
pleeg van die misdryf moet as verswarend teen hulle aangemerk word.
Berou:
Beskuldigde nr 2 het nie getuig nie en daar is geen getuienis dat hy berou vir sy optrede het nie.
Beskuldigde nr 4 het weliswaar getuig dat hy berou het maar volgens die welsynswerker blyk dit dat hy min berou openbaar oor sy aandeel aan die misdade en die psigiater wat hom ondersoek het, kon geen tekens van ware berou vind nie. Dit i s ook opmerklik dat tydens die verhoor beskuldigde nr 4 se verweer 'n alibi was. Die verhoor het 'n gevorderde
18 stadium bereik alvorens hierdie verweer laat vaar is.
In beskuldigde nr 1 se getuienis is veel gewag gemaak van sy berou. Ook sy moeder het getuig van hoe berouvol hy sou wees. Die hof a quo is nie deur hierdie getuienis beindruk nie. Die sielkundige wat namens beskuldigde 1 getuig het, staaf hierdie bevinding. Hy het nl gesê dat:
"...the. kind of remorse that is evident from the probation officer's reports and that I saw, was an immature remorse. The kind of remorse that you get in a child of three or four who is sorry because they have been caught but who's not capable of a more mature form of remorse which is remorse in terms of principles and in terms of empathy for victims."
Beskuldigde nr 1 se optrede weerspreek ook sy getuienis oor sy egte berou.
Hoewel hy beweer het dat hy homself aan die polisie wou
oorgee, blyk dit dat toe
hy na sy arres oor die
19 radio gehoor het van sy arres hy dit heel amusant
gevind het. In ieder geval, was sy bereidwilligheid om homself aan die polisie
oor te gee aan die feit dat die polisie van sy identiteit bewus was,
gekoppel.
Hoewel hy kort na sy arres 'n bekentenis gemaak het, het hy daarna in die gevangenis met beskuldigdes nrs 3 en 4 gereël dat hulle volle aanspreeklikheid vir die dade sou neem. Dit kon hy natuurlik doen omdat hy 'n Teiersrol vervul het. Tydens die verhoor het hy aanvanklik onskuldig gepleit en nadat die verhoor in 'n gevorderde stadium was, het hy sy pleit gewysig maar sy gewysigde pleit en sy erkennings het nie die volle spektrum van sy optrede gedek nie. Die berou waarvan die moeder getuig, het eers na skuldigbevinding ontstaan.
Die persoonlikhede en sosiale agtergrond:
20 Die beskuldigdes kom
almal uit 'n demoraliserende omgewing wat gekenmerk word deur bendemisdaad en
drank- en dwelmmisbruik. Daar
is in die algemeen n gebrek aan behoorlike
behuising en sosiale en ondersteunende dienste. Gesinsbande is dikwels
wankelmoedig of
afwesig. Geldnood is 'n algemene verskynsel. In hierdie opsigte
verskil die agtergrond en milieu van die beskuldigdes nie veel van
dié
van 'n groot deel van die bevolking van hierdie land, of selfs van die
wêreld, nie.
Welsynsverslae is ten aansien van al die beskuldigdes ingehandig. Die inhoud van hierdie verslae is nie wesenlik in geskil gestel nie. Wat hierna volg, i s 'n opsomming van hierdie verslae.
Beskuldigde nr 1 kom uit n huisgesin waar die vader hardwerkend is, daar geen drank- of dwelmmisbruik is nie en waar die ander kinders geen ernstige gedragsprobleme openbaar nie. Die gesin het behoorlike huisvesting maar die
21
inkomste is laag. Die beskuldigde word deur sy moeder as waaghalsig en
kort van humeur beskryf. Nadat hy twee maal n standerd gedruip
het, het hy die
skool as std 4-1eerling uit eie keuse verlaat. Hy het 'n baie swak werkrekord.
Hy ontken dat hy alkohol of dwelmmiddels
gebruik. Hy i s 'n bendelid en neem
gereeld aan bendegevegte deel. Hy het n buite-egteiike verhouding en is die
vader van 'n jong
kind. Hoewel die moeder beweer dat hy binne gesinsverband n
voorbeeldige kind is, sê sy egter dat hy binne gemeenskapsverband
probleme
veroorsaak. Die gevolgtrekking van die welsynswerker is dat hy nie emosioneel
deur sy ouers verwaarloos is nie, dat die
ouers in die gesin se basiese
finansiële behoeftes voorsien het en dat n tydelike vervreemding tussen die
ouers nie sy persoonlikheidsontwikkeling
nadelig beinvloed het nie. Beskuldigde
nr 1 openbaar sedert 1984 gedragsprobleme en voer sedertien 'n relatief doeilose
bestaan.
Hy lei n volwasse leefwyse, handel na eie goeddunke en identifiseer met
bendelede.
22
Beskuldigde nr 2 se ouers se verhouding i s nie altyd te goed gewees nie. Die ouers is streng en die beskuldigde is by verskeie geleenthede roekeloos deur sy vader getugtig. Na een so 'n geleentheid, in 1984, het hy probeer selfmoord pleeg. Hy sien homself as die swartskaap in die familie. Drank is nie n ernstige probleem in gesinsverband nie en daar kom ook nie misdaad in gesinsverband voor nie. Die beskuldigde het sedert 1984 ernstige skoolversuim geopenbaar en pogings deur die skool se maatskaplike werker om hom te motiveer, was onsuksesvol. Hy word deur sy ouers as n waaghalsige en impulsiewe persoon met n vinnige humeur beskryf. Hy het selfs probeer om die woonhuis af te brand en toe dit nie geslaag het nie, het hy die ruite stukkend geslaan. Beskuldigde het namens 'n ander met alkohol en dagga handel gedryf en is sedert sy prille jeug n dagga-gebruiker. Hy misbruik drank en is al vir 'n geruime tyd 'n aktiewe bendelid. Hy erken deelname aan bende-misdade.
23
Beskuldigde nr 2 1 s pas na die pleeg van die onderhawige misdaad (vermoedelik in 'n ander verband) vir waarneming verwys . Volgens die verslag is sy intellektuele vermoë in die "dull, normal range" en hoewel daar "no evidence (is) of psychotic phenomena, organic impairment or mood disturbance" is daar getuienis van "a seriously disturbed personality development". Hy ly egter nie aan enige geestesiekte nie.
Beskuldigde nr 4 is die jongste van drie kinders. Die moeder is 'n onthouer en die vader het n stabiele werkrekord. Die gesin ly nie voedselgebrek nie. Hy is nie emosioneel deur sy ouers verwaarloos nie. Hoewel die vader drank misbruik, het dit nie n ontwrigtende effek op die gesinsfunksionering nie. Beskuldigde handhaaf self n negatiewe leefwyse. Hy is n bendelid en gebruik dagga. Hy is werkloos en wend halfhartige pogings aan om werk te bekom. Hy is ligsinnig maar het 'n besondere verhouding met sy moeder aangesien hy haar dikwels tuis verpleeg het.
24
Hy is deur 'n psigiater ondersoek wat tot die gevolgtrekking gekom het dat hy aan geen geestesgebrek ly nie en dat hy ook nie 'n persoonlikheidsgebrek het nie. Die misdryf is nie deur enige psigiatriese versteuring veroorsaak nie. Geen antisosiale of psigopatiese persoonlikheidstrek is aanwesig nie hoewel onvolwassenheid duidelik na vore tree. Die beskuldigde is 'n persoon wat sy sekuriteit in gnoepsverband soek.
'n Sielkundige en sosioloog, by name Giles, het ter strafversagting getuig. Hy het kort onderhoude met beskuldigdes 1 en 2 gevoer en het aan die hand van die welsynsverslae (in sy eie woorde) geargumenteer dat die doodvonnis nie van pas is nie. Sy betoog kom daarop neer dat daar sosiale, familie en persoonlike faktore is wat n invloed gehad het op die vormingsproses van die beskuldigdes. Soos hy dit stel, mens kan nie " in fairness, disregard the extremely powerful formative influences which
25
operated on the convicted. These factors ór influences I'll speak to under headings of social, familial and individual and it is my opinion that taken together, they significantly reduced the social and emotional development attained by these youngsters and attainable by many youngsters growing up in these conditions." Hy kom dan tot die gevolgtrekking dat die beskuldigdes nie alleen vir hulle dade verantwoordelik is nie omdat hulle nie uit eie keuse opgetree het nie. Die samelewing is mede-aanspreeklik vir die dade wat hulle verrig het.
Die getuie se basiese uitgangspunt is dat die doodvonnis nie deur die gemeenskap geverg word nie. Met daardie uitgangspunt is hy van oordeel dat die doodvonnis ontoepaslik is wanneer die beskuldigde n lid van die sogenaamde "disadvantaged people" is. Die verhoorhof het korte mette met hierdie standpunt gemaak in die volgende woorde:
26
"I can appreciate his viewpoint but I do not think that it has sufficient validity to detract significantly from both your personal responsibility and from the moral heinousness of what you have done."
Dit is natuurlik so dat elke mens in 'n mate die produk van
sy agtergrond is. Die mate wat die agtergrond
deterministies is van
gedrag, is egter 'n feitevraag. Giles
was nie in staat om sy gevolgtrekking
ten aansien van die
beskuldigdes as individue te motiveer nie. Hy het
bloot
veralgemeen. Die verhoorhof se evaluering van sy getuienis
is dus
gebillik.
Ouderdom:
Die onderskeie ouderdomme van die beskuldigdes ten tye van die pleeg van die
misdryf was 18 jaar en 7 maande, 18 jaar en 5 maande,
15 jaar en 3 maande en 20
jaar en 4 maande. Die hof a quo was ten volle bewus van die ouderdomme
van die appellante maar het geoordeel dat hulle relatiewe
27 jeugdigheid
slegs in n beperkte mate strafversagtend is. (Dit kan net aangemerk word dat die
doodvonnis voor die inwerkingtreding
van die Strafregwysigingswet 107 van 1990
opgelê is. Die bevinding van die hof a quo moet in daardie lig
gesien word.)
Dit behoef nie gesag dat jeugdigheid en gepaardgaande onvolwassenheid strafversagtende faktore is nie. Selfs beskuldigde nr 4 kan, vir doeleindes van hierdie vraag, as jeugdige geklassifiseer word. Die getuienis is immers dat hy besonder onvolwasse en emosioneel. onderontwikkel is.
Ek is van oordeel dat die hof a quo gefouteer het deur te min gewig aan hierdie faktor te heg. Aangesien die misdryf nie as gevolg van enige buite-invloed gepleeg is nie, kan mens met 'n mate van veiligheid aanvaar dat onvolwassenheid en grootdoenerigheid n belangrike rol in die pleeg van die misdryf gespeel het. Die herhalende verkragtings is waarskynlik gepleeg om teenoor groepgenote hulle manlikheid
28 te bewys.
Gevolgtrekking:
Dit is nie moontlik om 'n onderskeid tussen die drie appellante by die oplegging van vonnis te tref nie. Hulle was vrywillige deelgenote aan die misdryf en het hulle ten volle met mekaar se optrede geassosieer. Hoewel beskuldigde nr 4 ouer as die ander was, het hy geen vorige veroordelings nie. Hoewel beskuldigde nr 2 aan die ander kant 'n reeks vorige veroordelings het, was sy relatiewe deelname aan die verkragting die minste. Beskuldigde nr 1 het weliswaar 'n leiersrol vervul maar die ander het nie juis 'n leier nodig gehad nie. Sy deelname aan die verkragtings was ook minder as die van beskuldigde nr 4 en hy is ook jonger as hy. Dit is ook n gesonde beginsel dat deelgenote aan n misdryf in die algemeen gelyk behandel moet word.
29
By beantwoording van die vraag of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is, moet na die feite in totaliteit gekyk word. Ook moet die oogmerke van straf in gedagte gehou word. Hoewel die misdryf 'n besondere ernstige misdryf was en hoewel daar talle strafverswarende faktore teenwoordig is, is ek nogtans van oordeel dat die doodvonnis nie die enigste gepaste vonnis is nie. Vergelding as oogmerk van vonnis is in casu nie 'n deurslaggewende oorweging nie. Beskerming van die gemeenskap is wel en dit kan in hierdie geval deur 'n lang gevangenisstraf bereik word. Van besondere belang bly die jeugdigheid van die appellante en die relatiewe beperkte gevolge van die misdryf saamgelees met die feit dat 'n oormaat van geweld nie gebruik is nie. Die feit dat meer geweld nie gebruik is nie, is natuurlik nie versagtend nie maar dit bring mee dat die erns van die misdryf minder is as wat dit andersins sou gewees het.
In die lig van voorgaande slaag die drie appellante se appël teen die doodvonnis op aanklag vyf en word dit vervang met 'n
30
vonnis van 25 jaar gevangenisstraf wat met die gevangenisstraf op die ander aanklagte opgelê, saamloop.
HARMS WndAR
E.M GROSSKOPF AR )
EKSTEEN AR ) STEM SAAM